’n Groen spriet in dorheid

2012-05-05 12:25

Philip de Vos

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hulle leef en beef op Twitter, Facebook, MXit, webwerwe en – o, die pyngedagte – op blogs.

Die sonbesies wat soos ’n wafferse kollektief hul koeterwaals en clichés as menings in die kuberruim uitskreeu. Vir hulle het die Engelse ’n naam: “opinionistas”.

Maar elke dan en wan beur daar ’n groen spriet uit dié dorrigheid, ’n stukkie kleur met ’n naam: Philip de Vos.

Soos sy blog, is sy nuwe boek Kop op ’n blok (’n keur uit sy blogs met ’n titseltjie van sy artikels daarby) skerpsinnig, kraakvars, innig.

Dié blogs, laat val die digter Louis Esterhuizen in ons gesprek, is “die gedagtes van ’n geskakeerde persoon; nostalgies, insiggewend en deurgaans vermaaklik met daardie aweregse humor wat so kenmerkend is van De Vos”.

Einste.

Sy blogboek (of is dit boekblog?) bevat 12 afdelings en 42 hoofstukke. Baie van die stukke is outobiografies en dis heerlik om te lees oor byvoorbeeld sy vriendskap met die kluisenaar-skrywer Karel Schoeman.

Hulle is albei ou Bloemfonteiners en was saam op universiteit, waar hulle gereeld langs mekaar in die klas gesit het.

Hy onthou hoe verveeld Schoeman met die Afrikaans lesings was en hoe hy dan in ’n dik oefeningboek aan ’n Engelse roman gesit en werk het.

Schoeman het Vondel se meer as 25 dramas sommer so tjoef-tjaf deurgelees, terwyl Philip weke en weke lank met een – Jephta – geworstel het.

“Miskien sou dit veel beter wees as Ena Murray langs my in die klas gesit het,” spot Philip (gereeld) met homself.

In sy boek is nog lekker sappige staaltjies oor Schoeman, maar dit moet die leser maar self gaan ontdek.

Dan is daar die amusante stories oor die sangeres Cecilia Wessels, die skrywer Freda Linde, die aktrise Anna Neethling-Pohl en, van alle mense, die gholfspeler Gary Player.

Hy vertel oor sy grootwordjare in Bloemfontein, gee sommer ’n gemmerbierresep, ’n ystervarkie-wiegelied, gooi ’n paar limerieke tussen die bondel in en skryf met patos oor sy lewe as onderwyser, operasanger, fotograaf en skrywer.

Daar is ’n paar hartseerstories tussendeur wat jou onverwags aan die hart gryp. “My reis op die spoor van Thomas Linley” lees soos ’n kortverhaal en handel oor Linley, ’n jong violis, se vriendskap met die 14-jarige Mozart in 1770.

Hul kameraadskap is intens en heg, maar vyf dae ná hul ontmoeting sê die twee seuns totsiens aan mekaar. Albei huil by die afskeid en hulle sal mekaar nooit, ooit weer sien nie.

De Vos ontwikkel ’n belangstelling in die verhaal toe hy daarop afkom en 26 jaar lank spook Linley by hom. Hy móés meer weet. Soseer dat hy selfs die jong musikant se spore in Engeland gaan volg het.

Dit is maar een van baie onderhoudende verhale in hierdie boek. Om gebalanseerd te wees moet ’n mens seker iets krities ook oor die boek sê, anders kom jy as ’n sikofantiese groepgriet (groupie) oor, maar dis moeilik om fout te vind.

’n Ligte punt van kritiek is dat die buiteblad dalk meer opwindend of uitlokkend kon wees. Dit staan nie genoeg uit op die winkelrakke nie. Maar watwou, moenie dat dit ’n hindernis wees nie.

Daarvoor is hierdie boek net te uitsonderlik. En dit nogal vir ’n boek wat hoofsaaklik uit blogs bestaan!

Minuut met Philip de Vos


HL: Hoe het jou blog op Versindaba ontstaan?

PdV: Die blog het begin toe Louis Esterhuizen en Marlise Joubert my gevra het om ’n gereelde blog te skryf. Waarom weet ek nou nog nie, want ek het gereken ek pas nie op so ’n blad in nie. Ek is ongelukkig geensins intellektueel ingestel nie en kan nie eens aan slim gesprekke deelneem nie. Ek het ook nie werklik ’n kennis van die moderne stand van letterkunde nie.

HL: Wanneer het jy toe begin blog?

PdV: Die eerste inskrywing was op 5 Augustus 2009 (dit is ook die eerste inskrywing in my boek).

HL: Hoe gereeld skryf jy ’n blog?

PdV: Aan die begin het ek seker elke twee weke ’n inskrywing gehad; vandag heelwat minder, miskien een per maand. Ek dink ek het nou reeds my sê gesê en ’n mens moet seker weet wanneer om op te hou.

HL: Hoeveel jare of maande se blogs is in die boek?

PdV: Die blogs is vanaf 2009 en ek het dit self gekeur, maar daar is ook artikels wat ek vir koerante en tydskrifte geskryf het. Die vroegste is die artikels wat ek in 1995 vir De Kat geskryf het.

HL: Wat is die geheim van ’n goeie blog?

PdV: Ek het geen idee nie. In my geval is dit seker my soort humor en, soos Daniel Hugo gesê het, “selfspot”. Ek reken ’n mens moet jouself nooit te ernstig opneem nie.

HL: En?

PdV
: Ek moet erken dat ek die skryf van die blog baie geniet (het), veral omdat ek ook ’n fotograaf is en altyd foto’s kon byvoeg om dit op te vrolik. Ek wou eers die titel Kop op ’n blog gebruik, maar ongelukkig het iemand anders op die internet my voorgespring.

* Kry sy volledige en nuwe inskrywings by http://versindaba.co.za/­category/­skrywers-se-blogs/philip-de-vos-se-blog/

Herman Lategan is ’n vryskutskrywer van Kaapstad.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Pieter Reyneke sê... Cycil John Rhodes en andere het met leuens die situasie geskep wat oorlog tussen die Transvaalse Republiek en Brittanje, wat op daardie stadium pasifisties was, onvermydelik gemaak het. In terme van “just” en “unjust” oorlog, was die Anglo-Boereoorlog Oorlog 'n “unjust” oorlog. Brittanje was hier die voerder van 'n “unjust” oorlog. Die oorlog se doel was om regime verandering te laat plaasvind en vir Rhodes om sy hande op die goud te lê en verder was die oorlog deur leuens veroorsaak. Klink soos Irak nè. Die konsentrasiekampe was 'n wapen teen die ongewapende publiek in 'n “unjust” oorlog. Die dade wat Brittanje, Australië, Nieu Seeland, kanadese en sommige Amerikaners in die naam van 'n “unjust” oorlog gepleeg het, versterk net verder die saak dat die konsentrasiekampe die eerste menseregte vergrype in moderne geskiedenis was. Die skuldiges moes dus verhoor word en opgehang gewees het. Oorwinnaars skryf egter die geskiedenis met hulle gewillige handlangers. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 8-15°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 9-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.