'n Koning van vertalers

2010-09-04 17:17

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die meeste van ons ken die spreuk: vertaler, verraaier (traduttore, traditore). Iets kan in die vertaling verlore gaan, of die vertaling kan die oorspronklike teks verryk. En die literatuurskat van die taal waarin die oorspronklike teks vertaal word.

Koning van Katoren deur Jan Terlouw móés vertaal word, én deur ’n Daniel Hugo, wat hom al met verskeie vertalings, veral van poësie, bewys het. Sy taalvernuf, -kundigheid en poëtiese gevoeligheid skyn deur in dié vertaling.

Daar is soveel Hugoaanse taalvondse, ironie en humor in die vertaling. Hugo omskep die pleknaam Afzetterije (letterlik: bedrieërye) tot Verneukville, wat ironies genoeg ’n nederige burgemeester het. Maar ’n spel met die ironie pas Hugo soos ’n handskoen. Dit is immers een van die kenmerke van sy eie poësie.

Daar is talle poëtiese wendinge in die vertaling, byvoorbeeld: “Blou en rooi en geel sterre in die lug is beter as die sterre op soldate se skouers.” En in die “klaar gesis, gespetter, geknal, gevonk en geskitter” van die klappers en die vuurpyle speel die poësie mee.

Maar terug na die storie.

Op ’n goeie dag kom ’n seun, Stach, onverskrokke by die paleis van Katoren aan. Dit is merkwaardig dat hy in die nag van die koning se dood gebore is.

Sewe onmoontlike take word bedink om met hom klaar te speel, meen die ministers wat ná die dood van die koning oor Katoren regeer.

Juis die verstommende aard van die opdragte verhoog die spanning in die verhaal. Allereers word die leser oortuig van die onmoontlikheid van die taak en dan word dit aan Stach oorgelaat om die leser tot ander insigte oor te haal.

Dis ’n verhaal vol verrassings. Stach se eerste taak is om ’n einde aan die geskreeu van die voëls van Desibel te maak. Die dialoog in hierdie deel is so vlot dat die leser as’t ware kan saampraat.

Maar dis nie maklik nie, want die burgemeester van Desibel is die praatlustigste mens wat Stach al ontmoet het. Hugo vertaal: “Sy hande, sy lyf, sy gemoedelike dik wange, sy kop – alles beweeg, terwyl hy onophoudelik praat.”

En nou volg die een opdrag ná die ander, opdragte wat juis die verhaal sy tydloosheid verleen omdat dit kwessies is waarmee die mensdom vandag nog sukkel.

Daar is lugbesoedeling; die waansinnige wapenwedloop; die voortslepende onversoenbaarheid, hardkoppigheid, rusie, onenigheid en verdeeldheid tussen die kerke; die modder en skyn van demokrasie; magsbehebtheid en selfsug.

Daar is egter ook momente van deernis. Dit blyk onder meer uit Stach se woorde aan Pantaar: “Maar in jou vreemde hart was daar baie liefde vir ’n wrede wêreld.”

Stach triomfeer. Hy word die koning van Katoren. Die verhaal eindig soos ’n sprokie. Maar hoe laat ek aan die leser oor.
Stach mag maar die kroon dra, maar Daniel Hugo is ’n koning van vertalers. Moenie wag nie, gaan koop die boek. Dis louter leesplesier.

* Bestel die boek hier.

* Cas Vos is ’n digter wie se jongste bundel, Intieme afwesige, in Engels vertaal is as Intimately Absent deur die digter Leon de Kock.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bloem: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 TDi Comfortline Dsl 5-dr MY10
2011
R 192,900.00

LAND ROVER

Discovery 3 4.4 V8 HSE 4x4 AT
2006
R 394,995.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 133,450.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.