Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

14°C
29°C

7 day forecasts

Katvoet tot in lesersharte

2009-11-14 23:00

Katvoet

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

J.C. Kannemeyer

Katvoet is ’n titel wat ’n geluidlose en versigtige beweging, maar ook ’n wakker waaksaamheid suggereer en is Riana Scheepers se agtste versameling kortverhale en die eerste in tien jaar.

Die dekade tussenin was egter allermins leë jare, want naas die skryf van rubrieke en jeugboeke en die samestelling van bloemlesings het sy haar aktiwiteite uitgebrei na hulp aan minderbevoorregte skrywers. Dié sosiale deernis en meelewing het haar skryfkuns verruim.

In Katvoet kry die leser weer die subtropiese wêreld van KwaZulu-Natal, die familiefigure van haar jeug en die onafhanklike vroue van vroeëre verhale terug, maar nou brei sy haar ervaringswêreld uit tot die Tankwa-Karoo en die Kalahari, maar veral, soos vroeër P.H. Nortje, tot die dorp Wellington waar sy haar intussen gevestig het.

Die bundel open met ’n verbeeldingsvlug na ’n vorige lewe, met die see en Afrika as dominante, en die viertal verhale hierna het iets van ’n outobiografiese aanslag deur die opdiep van dele uit die familiegeskiedenis.

Dis opvallend hoe sekere gegewens in een segment op ’n ander wyse, en dikwels vanuit ’n ander perspektief, in ’n latere segment terugkeer, sodat daar ’n interafhanklikheid tussen die verhale kom.

So is dit in “Kleinkind”, waarin die verteller krities staan teenoor haar ouma wat in die voorafgaande verhaal haar twee kinders met nadelige gevolge in die sorg van ’n huishulp gelaat het om sendingwerk in die Diamantveld te gaan doen.

Ook die verhaal “Erfporsie” sluit op soortgelyke wyse by ’n vroeëre verhaal aan en bring die gegewe tot ’n bevredigende oplossing en eindpunt, soos die terugkeer van die “geheim” van Antjie Marja se wonderbaarlike resep eers aan die einde van die bundel, feitlik as slotakkoord.

Die vraag in watter mate die afsonderlike verhale nog onafhanklike eenhede is, en of die interafhanklikheid nie hul sogenaamde selfgenoegsaamheid teenwerk nie, is eintlik slegs van teoretiese en akademiese belang en versteur nie die leser se ervaring van die bundel as ’n geheel nie.

Wat wel as ’n beswaar kan geld, is dat sommige van die verhale weinig meer as episodes of sketse word wat ’n onaf indruk maak, soos die yl gegewe van “Die skoolhoof luister” en die flou “My lief vlieg weg”. Dieselfde soort beswaar geld “Martiens Langasem” en “Riano”.

“Ry, en ry, en ry” het ’n boeiende vaart, maar die oplossing vir Lukas se drif om telkens met ’n motor weg te ry, werk darem met ’n al te maklike stukkie psigologie as ’n verrassende slot. En die identiteit van die geheimsinnige figuur in “Man in die tuin” as ’n soort Christus doen werklik geforseerd aan.

Tog is sommige van die verhale werklik voortreflik.

As ’n mens die slot van “Smirre” nog as ’n opsetlike mistifikasie aanvoel, oortuig die kontras tussen die voorskrifte vir die maer maak en die barokke oordaad van die smullekker resepte in “My naam is Anastasia” – ’n pragtige verhaal met die suggestie van die dood in die “hemelse geur” en die verskyning van ouma Mien aan die slot.

Teenoor die eensaamheid van die hoofkarakter in die mooi “Amulet teen die koue” in die winterse wêreld van Pole op ’n Oukersaand, is daar die gejaagde prosa in “Ek is op pad. En ’n hond” met die soet musiek van plekname in die rit deur die Karoo.

“Die braamsloot”, met sy bevredigende opbou tot die “verlossing” aan die slot, is een van die beste verhale in die bundel.

Die titelverhaal handel oor ’n vrou wat – amper soos een van die feekse van ’n vorige Scheepers-bundel – in die nag op haar en haar man se Kalahari-plaas soos ’n kat rondloop en bloedig geboorte skenk, met die gemsbokke wat haar wakend omsingel en teen die gevaar van ’n dreigende wolf beskerm.

Wat ’n mens telkens in Katvoet tref, is die vaart van die vertelling en die beheerste taalgebruik. Wanneer die sprekende ek ’n kind van ’n waterdood wil red, sê sy: “Die lyfie is slap en willoos, maar dit is oneindig moeilik om op te kom met die kind teen haar bors, bo die wateroppervlak deur te breek. Die water gee moeilik, loodswaar, sy ligte vonds terug.”

Dit is prosa wat die leser deur die fyn woordgebruik en die ritme bevredig.

* J.C. Kannemeyer
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Jhb: 18-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-30°C More sun than clouds. Warm. PE: 22-27°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Head of Finance: CA(SA)

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R700,000-990,000 Per Annum Cost To Company

Department Head - Treasury

Gauteng
Bridgena Barnard Personnel Group

Senior Finance Manager: CA(SA)

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R700,000-990,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Passat 1.9 TDi Dsl
2005
R 129,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2009
R 176,989.00

TOYOTA

Corolla 1.6 Professional MY09
2008
R 149,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BRYANSTON

Multiple Unit - Cluster R 20 000 000

SOUTHBROOM

Single Residential - House R 8 685 000

HOUT BAY

Single Residential - House R 5 950 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Oscars 2010 DVD' s op Uitverkoping

82 Jaar van Uitstaande Rolprente

Casablanca, Titanic, Braveheart, American Beauty, Silence Of The Lambs & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!