Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

14°C
29°C

7 day forecasts

Eben Venter se rentboy van die Karoo

2009-10-31 23:27

Eben Venter se nuwe roman, Santa Gamka

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johan van Zyl

Afstand.

Dié woord is ’n laatmiddag-refrein in Eben Venter se huis wat soos ’n weglê-eier aan die rand van Prins Albert se onderdorp lê.

Jy hoor dit wanneer hy sy afgesonderde studeerkamer wys, wanneer hy terugdink aan die reaksie van sommige lesers op sy vorige roman, Horrelpoot. Immer die behoefte aan afstand.

Met sy nuwe roman wou hy homself vernuwe. “Ek wou doelbewus iets ligters skryf, maar het gewonder of ek dit hoegenaamd sou kon aanpak uit die perspektief van ’n jong bruin man vir wie die skerpste tekens van apartheid die die stert-tussen-die-benegeit van sy plaaswerker-ouers is.”

Die hoofkarakter van Santa Gamka (Gamka is die San-woord vir “leeu’’) is Lucky Marais, op die drumpel van manwees. “Sy anties het altyd gesê: Jy het ná apartheid aangekom, jy is vry, hou jou kordaat,” is die openingsin.

Dis ook Eben se parafrasering van Saul Bellow se openingsin in The Adventures of Augie March (1953): “I am an American, Chicago born – Chicago, that somber city – and go at things as I have taught myself, free-style, and will make the record in my own way: first to knock, first admitted; sometimes an innocent knock, sometimes a not so innocent.”

“Daardie eerste sin karakteriseer Lucky; hy maak aanhoudend sélf daai sin waar. As hy ’n kans sien, dan vát hy hom. Ek wou hom selfversekerd maak, sjarmant-windgat met ’n konkrete speelsheid. Hoe sal só ’n outjie – iemand met ’n gawe vir taal en ’n blootstelling aan letterkunde – praat?”

Reeds ná sy heel eerste besoek aan Prins Albert in die vroeë 1990’s, nog voor Ek stamel, ek sterwe, het Eben in een van sy dagjoernale met “ ’n woordeboek” begin waarin hy spesifiek die Afrikaanse uitdrukkings en aksente van die Groot-Karoo aanteken.

Uit dié versameling, asook sy “observasies van die mooi jong bruin mans in die dorp” en die reaksie op Horrelpoot, is Santa Gamka gebore. Dis ’n Karoo-bildungsroman wat ook in gesprek tree met The Catcher in the Rye (1951) van J.D. Salinger.

Hy het dit opgedra aan sy lewensmaat, Gerard Dunlop, ’n tuinontwerper van Ierse afkoms. Dit was eers ná die voortreflike Engelse vertalings van Luke Stubbs, wat intussen aan kanker oorlede is, van Horrelpoot (Trencherman) en Ek stamel, ek sterwe (My Beautiful Death), dat Dunlop vir die eerste keer Eben se werk kon lees.

“Gerard het ’n skerpheid en speelsheid wat die dorpenaars nie altyd begryp nie, maar vir my is sy afstand en perspektief ongelooflik verfrissend. Hy raak interessante goed kwyt oor Afrikaners, oor die Afrikaansheid van die Groot-Karoo, oor die bruin mense. Soos die Iere, sê hy, is dit dalk deur taal, ironisering en humor dat die bruin gemeenskap die swaarkry van apartheid draagliker kon maak.

"Gerard identifiseer ook met die sterk gemeenskapsverbondenheid wat bruin mense onder en met mekaar het. Soos in die straat in Belfast waar hy grootgeword het, tree ouer bruin mense teenoor jongelinge op asof hulle jou ma is; hulle maak hulle nooit los van jou nie, ook nie van Lucky nie, al werk hy as ’n rent boy.”

Frieda en Bessie, Eben se twee slim honde wat nog net moet kan lees en skryf, sit die hoeveelste keer hul voorpote op sy skoot. Dis lankal verby hul staptyd en die twee juffers se geduld is óp. Later vat ons ’n stofpad wat digby sy voorhekkie begin, die honde baldadig vooruit in die dun vroegaandlug.

Die man wat sy lewe so volledig aan woorde wy, praat nou oor die tweede groot uitdaging van Santa Gamka: om die “kabale” tussen Lucky en sy sewe kliënte onder woorde te bring.

“Miskien was dit so moeilik omdat seks vir my – en ek vermoed vir baie wit Afrikaanse mense – nog ’n ‘ding’ is, ’n ‘geweldige ding’.”

Santa Gamka se werktitel was eers princealbert. “Een woord, met kleinletters – dit verwys nie na die dorp nie, maar na die penis piercing waarmee prins Albert (na wie die dorp genoem is) glo gespog het. Maar daardie titel het te veel klem op die seks geplaas?…”

’n Sug.

“Ek’s verskriklik versigtig vir veralgemenings, maar ek vind tog die bruin gemeenskap fisiek meer?… vrygewig. Of openlik? Groot gesinne wat noodgedwonge in eenvertrekhuisies leef?… dis asof seks onder bruin mense van jongs af nie so ’n big deal is nie. Ek het baie jong outjies op die dorp raakgesien met iets geweldig seksueel uitlokkends aan hul houding – sonder dat hulle daarvan bewus is óf dit bewustelik gebruik. Dis asof hulle, nes Lucky, vry voel, gemaklik en trots binne hul vel.”

Terug by die huis, die eerste sterre reeds helder in die hemelruim, maak hy ’n bottel sjampanje oop om die stapeltjie eerste eksemplare te vier wat vroeër die week afgelewer is.

“Ek het myself nog nooit as volledig deel van enige groep of bende beskou nie. Dit was op skool al so?… hierdie wil om van buite af binnetoe in te kyk, om afstand te kry van die wit gemeenskap, selfs van hierdie dorp, maar sonder om myself aan te matig as ’n vreemdeling wat nêrens hoort nie. Om die waarheid te sê, identifiseer ek meer as ooit tevore met my wortels, met Afrikaans en my Afrikaansheid, maar sonder dat dit my afrem soos in die verlede.’’

Nietemin. Hy’t besluit om die Prins Albert-huis nou vir ’n jaar te verhuur en hom weer by Gerard in Nieu-Suid-Wallis aan te sluit.

Ek vra grappenderwys of hy hom uit die voete maak voordat party van die dorpenaars dalk hulself in die roman “herken”, of dink dat hy en Gerard agter die wêreldse karakters Eddy en Eamonn sit, ondanks die “alles-is-fiksie”-vrywaring voor in die boek.

“Ek gee regtig nie om wat hulle dink nie,” sê die seun van Maureen en wyle Willem-Frederik (onmoontlik om te glo hy’s reeds 55).

“En hiermee probeer ek nie sê ek gee glad nie om vir die mense nie – Prins Albert het my nog altyd net op die hande gedra.

Maar ek het lankal geleer dat lesers ’n boek lees presies soos hulle wil. Soos al my ander romans bevat Santa Gamka baie van my eie belewenisse en aspekte van my werklikheid, maar dit is beslis nie die werklikheid nie. Dis tog wat skrywers veronderstel is om te doen: om ’n kombers van verbeelding oor die werklikheid te trek.”

* Johan van Zyl is die redakteur van die tydskrif Visi.

** Santa Gamka is uitgegee deur Tafelberg. Prys: R195

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Jhb: 18-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-30°C More sun than clouds. Warm. PE: 22-27°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior C#.NET Developer JP20494

Gauteng - JHB North/Sandton
E-Merge IT Recruitment
R500,000-600,000 Per Annum Cost To Company

HR Manager

Gauteng
Crabtree & Evelyn
R 15, 000 - R 20, 000

Financial Manager

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R700,000-800,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES

S350 AT MY06
2009
R 849,995.00

AUDI

TT Coupe Quattro 3.2 DSG
2006
R 289,990.00

BMW

328i Individual (E36)
1997
R 59,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BRYANSTON

Multiple Unit - Cluster R 20 000 000

SOUTHBROOM

Single Residential - House R 8 685 000

HOUT BAY

Single Residential - House R 5 950 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Oscars 2010 DVD' s op Uitverkoping

82 Jaar van Uitstaande Rolprente

Casablanca, Titanic, Braveheart, American Beauty, Silence Of The Lambs & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!