2010-03-11 15:15
Dit is normaal om kwaad te word, ons leef in ‘n kwaai wêreld, reken Lady Godiva. Máár...
2010-03-11 10:13
Wat was jou eerste onthou ? Wat was jou eerste lekker gedagte ?
2010-03-05 13:12
Soos ‘n mens ouer word word jou vrese meer, meer intens. Jy ontwerp jou vrese vir jouself. Een vrees ly tot ‘n volgende een, én ‘n volgende een en só word die vrees net groter en die vreesbal kry meer momentum om alles op sy pad uit te vee.
2010-03-03 14:43
Oor die tye heen bly verkragting maar eenmaal 'n woord wat by die meeste mense hewige emosie ontlok. Maar verkragting kan blykbaar verskillende dinge vir verskillende mense beteken.
2010-02-24 14:42
Wanneer my man se vriende hoor van Heidi, Aida en Olga, vra hulle hom altyd: hoe voel dit om met vier vrouens getroud te wees ? Sy antwoord: “I love them all and I sleep with all of them every night..."
2010-02-18 11:14
Ek het geleer om álles rondom my, wat dit ookal mag wees, te gebruik om te leef en te léwe. Ek het geleer om saam te leef met probleme, dood, depressie en alleenheid.
2010-02-18 14:18
An Education se tema is tweërlei: opvoeding beteken dikwels nie geleerdheid nie; en andersom.
2010-02-11 12:37
Hoe gemaak as die vaste bodem onder jou rustige lewe uitgeruk word en jy alleen met jou hartseer agterbly? Hoe nou verder?
2010-02-04 12:56
Tanya laat haar nie voorsê deur 'n Plat Gesig Dame met 'n blikstem nie; dié inhibeer tog net haar wrrroem-passie.
2010-01-26 13:07
Ek sit saam met my Ier hierdie week een aand buite. Ons kyk na die sterre en ek geniet ‘n goeie rooiwyn uit my gunsteling antieke kristalglas. Ek dink, waar is al my ideale om ‘n “lady” te wees heen?
2010-01-20 11:43
Die local pub is méér as net ‘n pub, dit is ‘n plek waar jy jou verjaarsdag vier, waar filosofieë vorm aanneem en innoverende idees gebore word...