Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

14°C
29°C

7 day forecasts
Hanlie Retief

Malema - geroepe tot sweepklap

2009-10-25 00:59

Julius Malema

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Geroepe tot sweepklap
LUTHULI HOUSE. Ons sit in die Jeugliga se wagkamer. Dis grafstil. Ou koerante lê rond. ’n Kennisgewing hang skeef. Een buislig is dood. Die mat is vol kolle. Die bank ook. Langsaan gaap iemand kliphard. Almal begin giggel.

Woordvoerder Floyd Shivambo kom sê: “The President is coming now-now.” Nou-nou is 51 minute later.

Dan arriveer die President en sy gevolg. Skielik lewe die plek. Ons loer terwyl hy die gang afbeweeg na sy groot hoekkantoor. e.tv se kameras volg hom.

Het hy ’n sjarme-offensief? wonder ons. Vanoggend was hy op RSG, nou e.tv en Rapport?

Agter sy lessenaar kopknik hy stug. Sy pinkiering is vol diamantjies. Die trui revolusierooi.

Teen die muur kyk Mandela in MK-klere neer op sy Jong Leeu, sy bolwang-heethoof. Op die leërige lessenaar lê ’n Range Rover-katalogus.

Die atmosfeer is styf. Sy voet tik op die vloer.

Het hy hom toe gedra gister in Sakhile (by die betoging), soos pres. Zuma hom beveel het? vra ek ligweg.

“Wat bedoel jy?” Kortaf. “Die president het nooit met my oor Sakhile gepraat nie.”

Ek wys hom sy aanhaling in die Sowetan.

“Dis onwaar,” pomp sy vinger op die koerant. Hy lees, sy vinger volg die woorde.

“Verkeerd!”

Dis goed die mense betoog, staan op vir hul regte. Hulle was lank geduldig, sê hy.

Dié keer is die probleme darem nie apartheid se skuld nie?

Hy’s dadelik op sy perdjie.

“Dit ís! Die apartheidsregime het ons nooit toegelaat om vaardighede te leer nie, nooit blootgestel aan geldbronne nie. Nou kom ons mense in die versoeking. Ons leer in aksie. Ons regeer maar nog net 15 jaar.”

Wanneer gaan die leerproses klaar wees?

“Jy kan nie sê wánneer nie, dis nie asof ons ’n partytjiedatum bepaal nie.” Geïrriteerd.

Die Jeugliga skree namens die stemloses, sê hy. ANC-leiers wat so ingesuig word in die burokrasie, die Jong Leeus met hul plakkerskamp-politiek herinner hulle: Moenie vergeet waar julle vandaan kom nie.

“Om ’n politikus te wees, is bietjie soos ’n priester. Dis ’n roeping. Die mense roep jou.”

Wanneer roep hulle hóm tot president van die land?

“Ek wil nie president wees nie. Ek, ’n ANC-aktivis, wil sweepklap tot ek sterf.”

Gló hy al die wilde goed wat hy in die openbaar sê?

“Ja. Álles.”

Hy sál moor vir Zuma?

“Ja. Maar ek bedoel dit nie letterlik nie.”

Wat as ’n kind in Sakhile dit misverstaan en létterlik iemand gaan moor vir Zuma?

“Móénie dink ons is so onnosel om dit te doen nie! Stop dit. Hou op neersien op ons.”

Hy swaai rond in sy stoel, hande aan’t beduie, oë wild.

“Hoekom kies jy iemand uit Sakhile? Hoekom nie ’n Afrikaner-student by Tukkies nie? Dis dié mentaliteit wat ons moet verslaan!”

Dis net oor hy gister in Sakhile was?…

En dink benoud: Nou gaan hy ons uitjaag.

Dan koel die knaap af.

Dis ’n oomblik stil. Net Floyd se vingers klater op sy skootrekenaar.

En Helen Zille, vra ek versigtig, is sy letterlik ’n lelike, rassistiese klein meisietjie?
Ja, haar beleid is baie lelik.
En haar gesig?
“Sy’t gebotox! Kunsmatig!” Hy klap teen sy plomp wang. “Sy’s nie oorspronklik nie. Fake!
“Jy moet oorspronklik bly, al word jy oud. Soos Winnie Mandela, pragtig op haar ouderdom.”

Maar hy’s nog nie klaar met Helen nie.
“Sy’s ’n rassis.” Rrrracist rol hy.
“As sy kon, het sy die Wes-Kaap gekoloniseer en die toeloop van swartes beperk.”

As Julius Malema een oggend wakker word en daar’s niks meer wit mense nie, sal dit hom gelukkig maak?

Hy haal sy skouers op. Sê bot: maak nie saak nie. Solank daar mense is.
Al wie hý wil verslaan, is die “kinders van die kolonialiste”.

Wie’s hulle?
“Húlle. Die kinders van die kolonialiste!”

Wit Suid-Afrikaners?
“Die kolonialiste, die kapitaliste, die imperialiste het g’n kleur nie! Dis nie ’n biologiese verwantskap nie, dis nie letterlik nie.”
Nou hoe moet mense dít weet? Al wat hulle hoor is oorlogpraatjies?…
“Hoekom glo julle alles wat in die koerante staan?”

Hy word tog aangehaal?
“Ek sê nie ek het dit nié gesê nie!”

Dit donderweer oor sy lippe. “Die kolonialiste sal nooit die land regeer nie! Jy sal nooit die land regeer nie. Nie solank ons lewe nie!”

Hy skud skoon, so kwaad is hy. Hier gaat ons, dag ek weer.

“Ek het jou en jou imperialistiese agenda al drie keer by die stembus verslaan. Demokraties, nié in ’n oorlog nie.

“Ek het julle verpletter! Julle sal nooit weer opstaan nie. Verslaan!” bulder hy. “Vernietig!”

Nee, hy praat nie oor wíttes nie, wys hy my tereg.

“Jy maak van hierdie ding ’n ras-ding! Jy’s ’n rassis!

“Ek het nié gesê wittes sal nooit die land regeer nie. Ek verwys na húlle wat kolonialisme onderskryf.”

Sonder kompas dobber jy verlore in dié orator se wilde woordewêreld.

Die beste dag in Julius Sello Malema se lewe was 27 April 1994.

“En ook: Die dag toe ons pres. Zuma in die Uniegebou gekry het.”
(En: Toe hulle oudpres. Mbeki úít die Uniegebou gekry het. Maar dis ’n geslote boek, sê hy haastig. Hulle het aanbeweeg.)

Met Zuma se inhuldiging het hulle vir die heel eerste keer ANC-liedere in die Uniegebou gesing, vertel hy trots.

“Want nou is die ménse se leier daar. Ons was lief vir Madiba en pres. Mbeki, maar ons sien onssélf in pres. Zuma.

“Hy maak nie sy gevolgtrekkings uit koerante of Markinor-statistieke nie, hy beweeg na aan die mense.”

Nes sy Jong Leeu, óók ’n nie-intellektueel, vrot matriekpunte en al.

Hy lag. “Ek het darem geslaag, hê-hê, baie het gedruip.”

Hy, township-intellectual, sý graad kom van die People’s University, hý kan enige intellektueel onder die tafel in redeneer.
Al die spot en beledigings wat hy verduur (soos die Julius-handpop in ZA News en die Nando’s-advertensie), ag, dit skeel hom min.
“Dit wys mense neem kennis van Julius Malema.”

Wat antwoord hy die baie Suid-Afrikaners wat hom verkwalik oor sy vitrioeltong rassehaat aanjaag en mense polariseer?

“Daai mense is net ’n elite-groepie met dieselfde konserwatiewe agenda.”

Vererg hom weer.

“Moenie jý vir mý kom vertel van ‘baie Suid-Afrikaners’ nie. Jý ken nie baie mense nie. Jou koerant weet níks van baie mense nie. Daar kom báie meer mense na ons rallies as wat julle koerante verkoop,” trap hy my uit.

“Jy maak nie saak nie. Ek neem jou nie ernstig op nie. Julle skryf meestal verkeerde goed oor ons.”
Hoe weet hy? Hy sê dan hy lees nie koerante nie?

“Ek lees koerante!” Gooi blitsig wal: Hy sal nou nie een gaan kóóp nie, hy lees dit as iemand een onder sy neus druk.

Vir sy volle 28 jaar was die ANC sy lewe. Hy wil nie trou nie, hy’s klaar getroud – met die ANC. Meisies? Huh-uh. Hy’t ’n

“in-ti-mate” verhouding, met die ANC, smaal hy.
“Dis ’n eensame lewe, maar ’n besige een.”

Laatnagpartytjies?… “Ja!” Enkelmout whisky?… “Ek drink nie meer alkohol nie.”

Sy skop kry hy uit die politiek. Selfs sy selfoon-luitoon skree “Viva Frelimo!”

Die klubs, die Sandton-huis, die Mercedes E35O – nee, dis nie vertoon nie, dis ’n voorbeeld vir die armes “dat die ANC ’n townshipman se lewe kan verander”.

Hulle het hom immers arm en honger sien grootword in Masakeng-township in Seshego, Limpopo.

Hy’t nooit sy pa geken nie. Dit pla hom niks. “Dis soos ’n selfoon, as jy nie een het nie, mis jy hom nie.”
Sy ma, ’n huisbediende, is dood. Hy’t grootgeword by sy ouma, Sarah, en hul verhouding is heg. Hy bel haar elke liewe dag, vertel hy stadig, vir ’n oomblik ontwapen.

“Al hierdie dinge wat mense so oor my sê, pla nie vir haar nie.”

Hy haal sy pet af en vryf sy gladde kop. “As die oues struggle-liedere gesing het in die township, dan’t ons kleintjies agterna gesing, saam getoyi-toyi,” swaai hy bolyf agter die lessenaar.

Amper getoyi-toyi voor hy kon loop?

“Wát bedoel jy?” Veg hy sommer weer. “Ek kón al loop op nege!”

Op 12, toe smokkel Julius homself in ’n bus in om sy held Chris Hani se begrafnis te kon bywoon. “Ek’t eers halfpad uitgekruip, want toe kon hulle nie meer omdraai nie.”

G’n kinderlewe gehad nie. “Nooit speelmaats van my eie ouderdom nie. My lewe was die ANC.”

Altyd die jongste, altyd haastig, altyd heethoof. Vra hom oor Jonathan Jansen en die Reitz-4, dan pluk hy die raskaart uit:

“Jansen is net versoenend oor dit wíttes is.”

Eisj, president, jy’s mos nou rassisties!

“Nee, dis die wáárheid! As Africans daai video gemaak het, sou julle (wittes) gesê het: ‘Hierdie korrupte Jansen is swart, daarom vergewe hy sy swartes warra-warra.’ Dis hoe júlle Afrikaner-koerante daaroor sou skryf. Dis wat julle nog altyd oor ons sê.

“As ’n swarte parool kry, sê julle mos nie dis herintegrasie in die samelewing nie. Nee. Julle sê: ’n Gevaarlike misdadiger is vrygelaat, wat ’n korrupte regering!

“Maar as dit ’n witte is wat rrrrreconciliation kry (die erre rol sarkasties) dan moet ek smaail en hande klap!”

My oog vang weer Mandela se vaderlike glimlag bokant hierdie jong militant se kop.

Wat máák Malema met sy reënboognasie?

“Jy bou nie ’n reënboognasie met lieg en voorgee nie. Stop dit! Ek konfronteer reg in die gesig: Wittes, waar wás julle met

Semenya se terugkeer? By die werk, antwoord julle. Aanvaar sommer ons swartes is werkloos!”

“Ek konfronteer: Waar’s jy, wit mens, as ons Vryheidsdag vier? 16 Junie? Madiba het julle mooi uitgenooi. Mbeki en Zuma ook.
“Julle kom nie. So?… ek is meer aggressief.”

Dan skakel hy af. Tjoeps. Die kraan draai toe. Hy groet ongeërgd. Kyk vir ons, maar sien nie meer raak nie. Buite Luthuli-huis beur ons tussen die straatverkopers deur tot by die kar, dié’s darem nie gesteel nie.

Colonialist?… hoor ek sy woorde skree in my ore, rrrracist?… eggo dit terug.


binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Jhb: 18-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-30°C More sun than clouds. Warm. PE: 22-27°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior C#.NET Developer JP20494

Gauteng - JHB North/Sandton
E-Merge IT Recruitment
R500,000-600,000 Per Annum Cost To Company

HR Manager

Gauteng
Crabtree & Evelyn
R 15, 000 - R 20, 000

Financial Manager

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R700,000-800,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2007
R 205,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2009
R 123,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE
2005
R 84,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BRYANSTON

Multiple Unit - Cluster R 20 000 000

SOUTHBROOM

Single Residential - House R 8 685 000

HOUT BAY

Single Residential - House R 5 950 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Oscars 2010 DVD' s op Uitverkoping

82 Jaar van Uitstaande Rolprente

Casablanca, Titanic, Braveheart, American Beauty, Silence Of The Lambs & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!