Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

14°C
29°C

7 day forecasts
Jacob Rooi

Die ander kant: Is die doodstraf nie-amptelik terug?

2009-11-14 15:46

Dis maklik om te praat. Talk is cheap.

So was dit in Maart verlede jaar maklik vir mnr. Fikile Mbalula, toe ANC-jeugligaleier, om sy afkeer van die doodstraf uit te spreek. “Ons (die jeugliga) steun nie die herinstelling van die doodstraf nie, want dit is onmenslik en ondermyn die reg op lewe.”

’n Mens sou toe kon aanvaar hy gee om vir die wreedste misdadigers, en dat hy hulle die lewe gun. Hy sou hulle nie wou sien hang nie, selfs nie nadat hulle deur ’n hofproses gegaan en skuldig bevind is nie.

’n Ander Mbalula het Donderdag, in sy nuwe hoedanigheid as adjunkminister van polisie, voor die parlementêre persgalery gepraat. “Ons hou by ons uitspraak: Skiet die wetters!” is hy deur koerante aangehaal.

Mbalula meen ook dis aanvaarbaar en “onvermydelik” as onskuldige mense in skietgevegte tussen die polisie en misdadigers hul lewens verloor.

Nee, mnr. Mbalula, ons aanvaar dit nie! Nie vir een oomblik nie. Van die swak opgeleide polisielede word nog meer dalk deur dié uitspraak skietlustig en roekeloos.

Maar, laat ek nie hier bewys skryf is ook goedkoop nie.

Die feit dat Mbalula juis in sy jeugliga-dae so sterk gevoel het oor misdadigers se reg op lewe en nou klaarblyklik van deuntjie verander het, is seker ’n aanduiding dat die ANC uiteindelik besef hoe koelbloedig die misdadigers is wat onskuldige burgers teister.

Lesers sal onthou so twee jaar gelede het die polisie transitorowers naby die Carousel, noord van Pretoria, doodgeskiet. Al 11 van hulle.

Dit was asof die land ’n diep sug van verligting gegee het. Geen politikus, geen menseregteaktivis, niemand, het iets te sê gehad nie. Dit was nog voor die onlangse “skiet om dood te maak”-uitsprake van die Zuma-bewind.

Onlangs, op 14 September, is ses swaar gewapende transitorowers noordoos van Pretoria doodgeskiet en verlede maand is vier vermeende rowers tydens ’n transitoroof-poging in Kuilsrivier afgemaai.

Die rowers skiet terug – en die polisie móét hul eie lewens beskerm, maar my vraag is: Hierdie “teregstellings” – is dit nie eintlik maar die selektiewe toediening van die doodstraf nie?

Dit blyk of dié onmiddellike en finale straf al hoe meer aanvaarbaar raak.

Maar onskuldiges sterf ook. En een van die redes vir die verwerping van die doodstraf is die feit dat daar later ontdek is onskuldiges is galg toe gestuur.

Iets klop nie.

As mense so maklik in polisieoptredes sterf – hoe sal ons weet of die polisie se lewe werklik bedreig is – moet die die doodstraf nie terugkom nie? Die vraag is wat dan van die ander wrede moordenaars en verkragters wat ingevolge art. 11 van die Grondwet hul “reg op lewe” behou?

Sou Mbalula nog voel die doodstraf is “onmenslik” en “ondermyn die reg op lewe”?

Art. 11 moet dalk ’n amendement 11.1 kry wat lui: “Enigiemand verbeur dié reg op lewe as hy/sy iemand anders doelbewus die reg op lewe ontneem?…”

Nou ja, dalk ís skryf net so goedkoop soos praat.

 

- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


Cathy 11/14/2009 6:06:44 PM
Jacob Rooi is reg - die doodstraf is terug! Net, nou is dit nie meer nodig om eers deur die howe skuldig bevind te word nie. Die polisie is sommer die laksmanne ook.

Die doodstraf MOET terug. Geen regering kan dit bekostig om die laagste skuim van die land vir dekades lank te versorg nie. Maar dan moet dit ordelik geskied en regters moet die oordeel fel.
Leon 11/14/2009 9:54:29 PM
Jy is reg Jacob in die skryf,“Enigiemand verbeur dié reg op lewe as hy/sy iemand anders doelbewus die reg op lewe ontneem?…” Maar kom ons las nog ander goed ook by soos "jy verbeur die reg tot ALLES wanneer jy die keuse maak om teen die landswette te gaan.
Attie 11/15/2009 1:35:38 PM
Ek was nog altyd n voorstander van die doodstraf.Mense beweer dat,siende dat individue nie die reg het om lewens te neem nie,die regering ook nie daai reg het nie.Nogtans het die regering n kollektiewe verantwoordelikheid en aanspreeklikheid om die reg toe te pas en te regeer!Menseregte word immers toegeken by geboorte en nie wanneer jy tronk toe gaan of die lewensreg van andere ontneem nie-tans is dit die situasie orals in lande wat menseregte onderskryf.
Wim Kotze 11/15/2009 3:02:02 PM
Ja nee Leon, jou byvoegsel sal beslis TV lisensie gelde vorder en spoedoortreders hok slaan...
Leendert van Oostrum 11/16/2009 6:34:02 AM
Cathy, so jy dink die doodstraf moet terug - en die regters moet die oordeel fel? Dis nou regterlike manne soos die styfgesuipte iRegter Motata in Gauteng en Regter Hlope die Onaantasbare in die Kaap (wat skynbaar - volkome regmatiglik - ekstra sakgeldjies kry van mense wat voor hom verskyn, en wat van ander vreemde - maar volkome regmatige - regterlike handelinge verdink word)?
Abe 11/16/2009 9:27:53 AM
Viva die doodstraf...skiet die wetters! Jammer vir 'n enkele onskuldige hier en daar. Mooi manne in uniform, MAAK hulle bang vir julle...boesem vrees in. Elke "teregstelling" spaar miljoene aan hofkostes en dekades se vry losies in tronkhotelle. Ignoreer die gebla-bla van sensasievrate in die pers. Die hele land slaak reeds 'n sug van verligting oor die paar "peste" wat ge-elimineer is. Uiteindelik sal die boodskap tref. Skiet die bliksems! Hulle hou 'n land gyselaar.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Jhb: 18-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-30°C More sun than clouds. Warm. PE: 22-27°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Director (AA)

KwaZulu Natal - Durban
Network Recruitment CA- Centurion
R850,000-950,000 Per Annum Cost To Company

Tax Accountant

Mpumalanga
Frontline Gauteng (Head Office)
R275,000 Per Annum Cost To Company

Corporate Governance Manager

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R350,000-450,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2007
R 205,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2009
R 123,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE
2005
R 84,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ASSAGAY

Single Residential - House R 7 500 000

GORDONS BAY

Single Residential - House R 11 500 000

FANCOURT GARDENS

R 4 100 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Oscars 2010 DVD' s op Uitverkoping

82 Jaar van Uitstaande Rolprente

Casablanca, Titanic, Braveheart, American Beauty, Silence Of The Lambs & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!