Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

14°C
29°C

7 day forecasts
Jan-Jan Joubert

Mag en reg in die Vrystaat

2009-10-31 14:28

Die Reitz-kwessie, wat sedert prof. Jonathan Jansen se inhuldigingstoespraak as rektor van die Vrystaatse Universiteit opgevlam het, plaas die kollig op baie vrae en menings oor magsverhoudinge en motiewe in ons samelewing.

So byvoorbeeld wonder baie mense oor die mag van Julius Malema en die ANC-jeugliga, oor die magte van die rektor, om van die mag van vergiffenis nie eens te praat nie.

Dit behoort ons ook te laat wonder oor die magsverhoudings tussen diegene wat maatskaplik van ’n hoër stand is en diegene wat in ’n werksituasie aan hulle ondergeskik is. Maar kom ons kom later daarby, en kyk gou na die magsverhoudinge onderliggend aan die afgelope week se Malema/Jansen-ontmoeting.

Menige mens het seker gewonder of die ANC-jongeling enigsins daar hoort – en binne die wet of die beginsels wat universiteite redelike outonomie gee, hoort geen politieke party daar nie.

Maar een van die redes waarom ek Jansen so leer bewonder het die afgelope tien jaar is dat hy so ’n redelike denker is dat hy jou gewoonlik heel vriendelik van sy saak sal oortuig as jy met hom gesels.

Dat hy dit met Malema reggekry het bewys daardie punt, hoewel ek sowaar nie gedink het dis dié slag moontlik nie. En ja, mens moet Malema die eer gee wat hom toekom: hy was oop vir oortuiging.

Die ander, meer pragmatiese rede hoekom dit tog maar goed was dat Jansen vir Malema ontvang het, was ongelukkig die werklikheid van “mag is reg”. ’n Rustige akademiese atmosfeer is noodsaaklik. ’n Voortdurend opgeruide ANC sou dit ontwrig. Ná die Malema-ontmoeting heers ’n beter kans op rustigheid.

’n Newe-argument voortspruitend uit die Reitz-gebeure is die vraag of wit steun vir Jansen nou skielik ontstaan omdat hy gesien word as ’n teenwig tot die ANC.

Ek hoop en glo almal, ongeag ras, wat Jansen ondersteun, doen dit op grond van sy optrede en die inhoud van sy toespraak. Bepaald is dit hoekom ons hier by Rapport besluit het om die toespraak twee weke gelede so volledig moontlik te plaas – voor enige aanduiding dat die ANC daarmee ontevrede kon wees.

Enigeen wat Jansen dogmaties partypolities wil indeel is op dun ys – hy steur hom min aan magsverhoudinge in die politiek. Die regte optrede in elke geval, soos hy dit verstaan, rig sy tred.

Terwyl hierdie magskwessies almal interessant is, is daar ’n argument in Afrikaanse briewekolomme wat aandag verdien, want dis ontstellend.

Alte dikwels word aangevoer die gebeure was onskuldige studentepret waaraan die skoonmakers vrywillig en glimlaggend meegedoen het. Om dit te beweer, is om magsverhoudinge verkeerd te verstaan, hopelik nie aspris nie.

In enige professionele magsverhouding staan die mindere in ’n mate verleë jeens die maghebber. Hoe beter jy is in jou werk, hoe wyer jou opsies en hoe beter gekwalifiseerd jy is, hoe minder verleë is jy.

Daardie skoonmakers is ongeskoold, en dis vroue wat as broodwinners vir hul gesinne optree in gemeenskappe waar baie meer as die helfte van die mense krepeer te midde van werkloosheid. Daar is geen groter vrees as om die vastigheid van werk te verloor nie. Daardie werk is al manier uit die armoedeslagyster se ellende, al manier waarop jy hoop het vir jou kinders, al kans op selfrespek, al skild teen moedeloosheid.

Daarom grinnik jy maar saam vir die baas se simpel grappies, want jy moenie jou werk verloor nie. Daarom sluk jy jou trots, want jy moet net nie jou werk verloor nie. Daarom hou jy jou mond en doen mee, want jy moet net nie jou werk verloor nie.

Jinne mense, dis die werklikheid. Wie nie deernis het vir die posisie van die skoonmaker en die kwesbaarheid van haar menswaardigheid begryp nie, ignoreer die magsverhoudinge in ons land en is ongevoelig oor die aard van verontmenslikende armoede.

 

- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


Cathy 10/31/2009 10:51:29 PM
Dit het my nog altyd dwars in die krop gesteek as die jeug nie oueres respekteer nie. En ek het geen tyd vir enige een wat iemand anders se waardigheid aantas nie.

As enige van die Reitz vier my kind was, het ek sy nek omgedraai! Sogenaamde studente pret en alkohol beneweldheid is nooit 'n verskoning vir onbehoorlike bedrag nie.

Wat prof Jansen betref is ek nie so seker nie. Hy is altoos geneig om steeds die "apartheid" lat uit te haal. Ek verkneukel my oor sy konstante verbasing as hy gewone Afrikaners teëkom wat nie rassiste is nie - asof hy verwag dat dit eenvoudig die Afrikaners (en veral die Vrystaters) se lewensuitkyk MOET wees.

Ek wens ek kon hom aan my oumas en oupas, ouers, broers en susters, sowel as my eie gesin voorstel. Meeste is/was Vrystaters; maar hy sal nie 'n rassis onder ons vind nie. En omdat ons nie rassiste is nie, behou ons ons die reg voor om die ANC aanmekaar te kritiseer vir elke enkele sotterny wat hulle aanvang. Ek laat my nie vertel dat kritiek teen 'n politieke organisasie rassisties is nie!!
Afrikaner 11/1/2009 6:41:27 AM
Daar het ons dit alweer: die "patronizing" houding van die skrywer teenoor swartmense. Die skoonmakers het laggend saamgespeel, 'n bier gedrink en dit nie eens oorweeg om self 'n klag in te dien nie. Volgens Jan-Jan is dit egter nie goed genoeg nie. Nee, met die tipiese neerbuigende houding teenoor mense wat volgens hom arm (lees "ongesofistikeerd") is, meen Joubert in effek dat hulle nie namens hulself kon besluit dat hulle te na gekom is nie. Ek vind dit ook eweneens bisar en absurd dat soveel kolomspasie verkwis word op die Reitzvoorval terwyl die ware en enorme probleem met rassisme, die tienduisende moorde, verkragtings en gewelddadige aanvalle op blankes deur lede van ander groepe, bykans ongemerk verbygaan. Waarom die dubbele standaarde? Waarom is daar nie elke dag van die week 'n aandrang daarop dat swart geweldenaars ook om verskoning moet vra nie?
Gert Van der Linde 11/1/2009 9:26:40 AM
Waarom moet die wittes altyd jammer se? Kyk na Malema voor die MRK, die Gelykheidshof, geen woordjie oor hy`s jammer nie. Niks van die swartes ( eintlik ANC JEUG) wat die 6 meisie by dieselfde Universiteit met klippe gooi en dreig om te verkrag nie!
Staan op wittes, hou op Sannie-jammergat te wees!!
Ja, Apartheid was erg; maar kyk na die spul ANC hande se rekord??
Die hele Ritz voorval is polities! Trek `n streep soos Jansen, en beweeg aan. Het iemand al gevra watse beloftes aan die swart dames gemaak was om die saak aan te blaas? Seker vertel dat hulle `n hele paar rand kan maak. So waar is die geregtigheid wat die media so aanblaas? Dis eintlik die storie maar seker nie genoeg geld op daai pad nie.
Prof Gert de Beer 11/1/2009 12:45:25 PM
Jonathan Jansen = SAKP/ANC. Dis hoekom hulle so maklik kon skik. Jan-Jan, veduidelik asb hoe die Reitz-4 die Swart werkers se werk in gedrang kon bring? Wat 'n klomp snert! Hierdie is die GROOTSTE bedrogspul ooit. JJ word nou geprojekteer as die versoenende persoon in die Reitz-debakel terwyl dit hy is wat die situasie sonder ophou, bly aanhaal. Voorheen was dit ook die Waterkloof-4, Skierlik ens. Dit was vir JJ soos manna uit die hemel. Sekere Afrikaners het uiteindelik 'n fout gemaak en nou kan ons die hele Afrikanersvolk uitkryt as rassiste. Vergeet die SAKP/ANC se daaglikse naakte rassisme. Diegene wat dink JJ is nou die engel in die verhaal moet weer dink. Hy is eerder deel van die probleem as die oplossing. Die Afrikaner moet onder druk gehou word sodat JJ en die ANC se rassistiese rassevermenging suksesvol geimplementeer kan word. Die sogenaamde "Reitz-vier" was van die begin af totaal en al buite verband geruk en was maar net 'n verskoning om volskaalse rassevermeninging te laat plaasvind en Afrikaans af te skaal. JJ is 'n gevaarlike man. Sy kommentaar in die Engelse pers verskil hemelsbreed van die kommentaar in die Nasperskoerante. Kortom, hy hamer op apartheid en hy haat die Afrikaner..........in Afrikaans.
Johannes Comestor 11/1/2009 12:52:48 PM
Rapport het in sy twee vorige uitgawes in hoofartikels Jansen se lof besing. In die eerste was die teks van Jansen se intreerede en in die tweede Chris Louw se puik, waarheidsgetroue opsomming van Jansen se boek. Dit is duidelik dat Louw se artikel geen invloed op Jan-Jan Joubert gehad het nie. Hy gaan eenvoudig voort in die trant van die Rapport-hoofartikels. Joubert bewonder nog steeds vir Jansen, noem hom 'n redelike denker en beweer selfs dat Jansen nie dogmaties partypolities ingedeel kan word nie. Ter wille van die waarheid behoort Joubert verplig te word om Jansen se boek te lees en dan aan te toon waarom Afrikaanssprekende blankes so opgetrek soos Joubert oor Jansen behoort te wees.
Matt Heyns 11/1/2009 1:29:24 PM
Joubert: Verwag jy dat etniese minderhede moet erken dat hulle nie in staat is om die mag van die meerderheid te weerstaan nie? Die Bosniese tragedie waarin na raming 200,000 mense gesterf het was onteenseglik die regstreekse gevolg van die Kroatiese meerderheid se onwil om versekerings en gekyke regte aan die Serwiese minderheid binne die nuwe staat te verleen. n Kombinasie van magsdeling en partisie het gevolg en uitdruklik erkenning is aan die regte van minderhede sodoende gegee. Sonder om n referendum te hou het die Slowake en Tsjegge af geskei en het die staat Tsjeggo- Slawakye op 01 Jan 93 op gehou om te bestaan. Etniese groepe, wat mekaar met wapen geweld pak, sorg vir plof punte waarvan jy geen kennis dra nie. Staak jou verbale maag krampe om hemelsnaam en laat die Afrikaners self na hulle belange omsien.
JVR 11/1/2009 9:43:38 PM
Jan-Jan, dink jy nie dis tyd dat jy jou verslawing aan die ANC se ideologie herevalueer nie? Op een of ander tyd moet jy moet begin erken Suid Afrika 'n Afrikaner probleem het, en dat dit opgelos kan word deur Afrikaner te vernietig. J Jansen, en die ANC werk druk aan die oplossing, en jy besef dit nie eers nie.
Cathy 11/2/2009 4:21:18 AM
Ek het gedog ek is die enigste een wat yskoud geword het toe Malema na sy kuiertjie by prof Jansen onomwonde verklaar: "Los hom! Hy's een van ons!"

Prof Jansen is, net soos talle ander in die Afrikaanse gemeenskap, 'n doodgewone herontplooide ANC kader. Ons sien wat sy kollegas in die Afrikaanse pers en ander Afrikaanse (Afrikaner) tersiëre instellings doen. Hulle voer hulle opdraggewers se instruksies tot op die letter uit:

Vernietig Afrikaner instellings.

Maak Afrikaners belaglik.

Klassifiseer al hulle voorbehoude as rassisties.

Bevraagteken die bestaan van 'n Afrikaner groep of volk en benadruk dat soiets nog nooit bestaan het nie.

En "transformeer" alles wat vir die Afrikaner kosbaar is, so gou moontlik. Vernietig die Afrikaner!!
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Jhb: 18-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-30°C More sun than clouds. Warm. PE: 22-27°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

Gauteng - West Rand
Network Finance Menlyn
R600,000-650,000 Per Annum Cost To Company

Senior Audit Manager(AA)

Gauteng - Pretoria
Network Recruitment CA- Centurion
R850,000-950,000 Per Annum Cost To Company

Financial Director (AA)

KwaZulu Natal - Durban
Network Recruitment CA- Centurion
R850,000-950,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Passat 1.9 TDi Dsl
2005
R 129,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2009
R 176,989.00

TOYOTA

Corolla 1.6 Professional MY09
2008
R 149,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BRYANSTON

Multiple Unit - Cluster R 20 000 000

SOUTHBROOM

Single Residential - House R 8 685 000

HOUT BAY

Single Residential - House R 5 950 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Oscars 2010 DVD' s op Uitverkoping

82 Jaar van Uitstaande Rolprente

Casablanca, Titanic, Braveheart, American Beauty, Silence Of The Lambs & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!