2010-03-13 23:19
Sy ore het nog skaars opgehou met suis ná die dwarsklappe wat hy en sy Protea-spanmaats verlede maand by Virender Sehwag en Sachin Tendulkar gekry het, of Morné Morkel en ’n dosyn van sy landgenote is reeds terug in Indië – dié keer in die blink vere van hul skatryk Indiese Premierliga (IPL)-spanne.
2010-03-13 23:19
Twee jaar van klippe kou en ’n nimmereindigende soeke na die perfekte wedstryd. Dís hoe die Warriors Vrydagaabd hul tweede spogtrofee van die jaar in Port Elizabeth ingepalm en ’n 17 jaar lange wendroogte in die Baai gebreek het, sê Davey Jacobs.