Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

14°C
29°C

7 day forecasts

Deon ‘gaan na strippers omdat my vrou my slaan’

2010-01-30 23:34

Deon Opperman en Hanli Rolfes-Opperman.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Gavin Prins

Aantygings van buite-egtelike seks en ontkleedanseresse vlieg rond in die smerige egskeidingsgeding van die dramaturg en TV-vervaardiger Deon Opperman en sy vrou, Hanli Rolfes.

Rolfes (38) beweer Opperman (47) se stomende verhouding met ’n ontkleedanseres bekend as Bernadene het gelei tot die verbrokkeling van hul huwelik van sewe jaar.

Aikôna, sê Opperman gister aan Rapport.

“Ek het verlede jaar net een keer gen***. Ja, dit was met ’n stripper. En toe was ek en Hanli al uit.

“En sy moet ’n bietjie vertel van hoe sy op ’n sabbatical gegaan het in Spanje en toe ’n Engelsman gen*** het. Sy naam is Greg.”

Rolfes het net oor dié beweringe gelag en erken sy en Greg het ’n paar passievolle aande saam gehad.

Opperman het Rolfes drie jaar gelede om ’n egskeiding gevra, maar sy het hom oortuig dat hulle “weer moet probeer”.

Sy obsessie met kaaldansklubs was egter ’n voortdurende probleem.

Verlede jaar het sy die egpaar se huis van R5,8 miljoen in Johannesburg verlaat en in ’n huis net twee straatblokke weg ingetrek.

Sy “wou weer probeer”, maar hulle het onophoudelik baklei.

Die egpaar se spoghuis – wat nou in die mark is – is deel van die dispuut tussen hulle. Hy weier om enige wins uit die verkoop van die huis met haar te deel.

Hulle is buite gemeenskap van goedere getroud, maar het die huis saam gekoop.

Opperman sê hy onderhou Rolfes steeds. Hy sê hy betaal haar R30?000 kontant per maand, asook haar huurgeld en selfoonrekening. “Daarom is sy nie geregtig op die huis nie.”

Rolfes het Opperman gehelp om een van kykNET se grootste trefferreekse, Getroud met Rugby, te ontwikkel.

Intussen is Rolfes se karakter uit die reeks geskryf. In November het Rolfes Opperman by die Kommissie vir Bemiddeling, Versoening en Arbitrasie verkla oor onregverdige arbeidspraktyk. Sy eis geld wat hy haar glo skuld.

Opperman erken dat hy haar uitgeskryf het. “Ek kan nie met iemand werk wat aan ’n persoonlikheidsversteuring ly nie. Sy het al sielkundiges gesien daaroor. Ek het haar wel ’n skrywerspos aangebied.”

Hy sê Rolfes het hom die laaste drie jaar fisiek mishandel. “As sy my slaan, kan ek nie terugslaan nie. Dan gaan ek maar stripklub toe. Ek het strippers betaal om na my pyn en lyding te luister.”

Hy erken hy was gereeld by sy vriendin Gigi, wat die Lollypop Lounge – ’n ontkleeklub in Randburg – besit.

“My huwelik was ’n nagmerrie. Ek het ’n video gemaak van hoe sy my in haar dronkenskap aanrand. Daai vrou is gek in haar kop.”

Rolfes sê oor haar huwelik: “Die laaste ruk het ek besef my huwelik kan nie gered word nie. By verlede jaar se Aardklop-kunstefees het ek vir hom gesê ek is bereid om te skei.”

Opperman sê hy is nou baie gelukkig en het intussen ’n ander vrou, Marelize Landman, ontmoet.

“Sy is ’n wonderlike mens. Ons bly saam. Ek wil met haar trou en kinders kry. Ek kan nie wag om met ’n gesin te begin nie.”

Die twee is agt jaar gelede deur die filosoof Johann Rossouw aan mekaar voorgestel.

Rolfes was Opperman se tweede vrou.

- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


Rene 1/31/2010 1:43:20 AM
Genugtig! Praat van inspirasie...
Sorry! 1/31/2010 5:06:04 AM
Ag man toe ek na die foto kyk toe dog ek dis die stripper by hom toe lees ek dis sy vrou!!?? Hehehehe...moer hom!
J van Perth 1/31/2010 5:17:12 AM
So kommin soos n tuinstoel
chris 1/31/2010 5:22:41 AM
siek sê ek jou - siek!
Pragtig! 1/31/2010 6:19:15 AM
Een waar ding is geld kan nie klas koop nie! Jy kan nie besluit of sy die huis "verdien" nie, die hof sal dit doen! Hoekom loop jy toe nie toe sy jou so geslaan het nie maar nee, maak 'n video!? Jy is n f...n nar man en lees te veel k%K op die web!
@J van Perth 1/31/2010 6:20:21 AM
Vanwaar die uitdrukking bleeksiel? Waarop sit julle in Aus, op 'n skaapkop?
H V Z 1/31/2010 7:03:52 AM
Los tog die mense uit, wat pla ander mense se dinge julle so baie?
namlion 1/31/2010 7:23:30 AM
...so kommin soos twee plastic stoele in n stripclub?
Van waar gehasie 1/31/2010 7:51:34 AM
Ek wil amper sê " waar is my dae toe jy nog die sentrale vir 'n nommer gevra het"?? Die "ou " tyd?? Vaderland waar gaan die mense heen met al die tegnologie tot hul beskikking....tot binne in jou diepste seerste en swakste menswees. Ag nee julle hou op om bekendes se vuilwasgoed in die openbaar te was!!! Dit stink, wat het dit in elk geval met ons te doen??!!!
Paul.v.H. 1/31/2010 8:09:27 AM
Genugtig!Die mense het n (aan)stootlike probleem:)
AndréJ 1/31/2010 8:19:08 AM
Onmin, jaloesie, korrupsie, moord, diefstal, en selfs oorlog, noem maar op . . . . alles word aanmekaar geryg, en op een of ander manier beinvloed, deur een onuitwisbare bestandeel. Seks. Dit kan aangewend word as beloning of as vergelding, versoening of wapen. As dit nie te min seks is nie, dan is dit te veel. Vanaf die armgat op die Kaapse vlaktes tot in die Withuis en Buckinghum paleis. Die lekker ding wat die hartseer bring! Die Skepper so mooiste persent en die Satan se sterkste wapen. Niemand word ontsien nie en almal kom een of ander tyd by 'n vurk in die pad te staan. Indien jy verkeerde pad kies is daar nie omdraai-plek nie en ook nie nog 'n vurk vorentoe in die pad nie. So was dit van die bybel se tydperk en so sal dit wees tot die vlieënde pierings land. Dit is soos 'n lig wat vir ewig skyn en 'n vuur wat nie geblus kan word nie. Dit sal altyd 'n struikelblok wees vir die mens en 'n belangrike bron van inkomste vir die media.
U1 1/31/2010 8:21:42 AM
Stem saam, kommin soos min.
Wally 1/31/2010 8:21:56 AM
Alweer 'n genaaiery onder die sogenaamde "celebs"? - genoeg hiervan!!!
Elle 1/31/2010 8:26:24 AM
Was daar nie 'n paar maande terug 'n artikel in Huisgenoot oor haar waarin sy haar pragtige huis wys en vertel van haar gelukkige huwelik en die honde-kind ens nie? LOL!
peter 1/31/2010 8:35:45 AM
you stay classy, san diego.
Slim Jannie 1/31/2010 8:42:35 AM
Seks is deel van die lewe , kom dit tog asb net agter .
Dezzie 1/31/2010 8:58:01 AM
Afrikaner is plesierig en so kommin ook. Ag nee wat nou verstaan ek hoekom sy produksies ook so kommin is.
@H V Z 1/31/2010 9:03:55 AM
Jou skaap dis hoe koerante verkoop....wat jy toevallig ook lees jou po@ph#l!
Bokkie 1/31/2010 9:04:01 AM
Hoe kan 'n mens so gatlik eenvoudig wees? En as jy dan kommin moét wees, moet dit dan nie uitstal nie. Dêmmit!
Will 1/31/2010 9:07:05 AM
Net nog twee kommin afrikaners. Wats nuut?
Michelle 1/31/2010 9:20:38 AM
Julle het vrek baie om oor skaam te wees! Hang julle vuilwasgoed binneshuis op, skei en kry klaar!
anton 1/31/2010 9:56:59 AM
My innige simpatie met Deon!!!Ek weet ook hoe n lewe is saam met n vrou wat n persoonlikheidsversteuring het!GLO MY DIS HEL,en die ergste van alles is dat hulle nie hul eie foute kan of wil raaksien en erken nie!!Hulle is ALTYD reg en jy is verkeerd!
Klink vir my maar asof Hanli ook maar n los tipe vrou is!!Nee wat Deon,jy is baie beter af sonder so n vrou!Geen man sal by haar hou nie!En watter normale man wil elkgeval so n vrou he??
sies 1/31/2010 10:21:43 AM
Het die man en vrou geen skaamte vir hulle self nie? Sies julle en hoeveel klein kinderkies lees ook vandag julle storie in die koerant, hoogmoed kom voor die val, en dis hoekom jy en jou "vrou" se lewe uit mekaar val, julle het gin respek vir mekaar nie, nog minder vir 'n huwelik wat vir onderstel is om n heilige insteling te wees voor God, sê my julle het geen repek vir niemand nie, dis hoekom dit so gaan in julle lewe, julle is niks beter as advokaat Barbie en haar minnaar nie, kry virgifnis by die Hemelse vader bekeer jul van jul slegte weë. En wees 'n voorbeeld van hoe 'n lewe saam met jou verlosser moet wees Heilig in jou hele lewens wandel. Sterkte en ek hoop julle begin julle gedra soos ordentlike opgevoede mense, en nie soos barbare nie, soek en vind die Here in julle lewe, asb daar is vergifnis te kry, by Jesus wat vir ons sondes aan die kruis gesterf het. Soek en julle sal dit vind.
S T Potgieter 1/31/2010 11:02:34 AM
Indien Deon se vrou inderdaad n persoonlikheidsversteuring (personality disorder) het, het hy 'n probleem in die hof - tot in die Hoogste Hof van Appel sukkel hulle om die deskundiges oor die siekte se getuienis te verstaan...
IDJ 1/31/2010 11:09:40 AM
Geld koop nie klas nie!
Suzi 1/31/2010 11:10:42 AM
Klink my die man het mos gesmeek om gedonner te word!
peet 1/31/2010 11:34:53 AM
Hoe lyk dit met 'n reeks 'getroud met boks'
Pypie 1/31/2010 11:36:33 AM
In die lewe in! Nou toe, ek sien hierie is vir 1ste klas dappies!
L N 1/31/2010 11:40:06 AM
Weereens bo bont onder vol str.....
Abdulhalli Shittu 1/31/2010 12:06:11 PM
En ek was onder die indruk dat katte kan rondloop, dankie vir al die verwysings van name en plekke, ek en my vriendekring sal dit nagaan en bevestig of die meisies en clubs wel bestaan. Deon jy kon haar op die grond gegooi het en geskop het, jy sou nie as 'n vroue slaner gesien geword het nie, skryf asb 'n boek en vertel ons al 3 kante van die storie, jou kant, haar kant en die waarheid en dan verdwyn net asb! Die boek se naam (HELP - My vrou %&#@* my, elke dag!)
peet 1/31/2010 12:27:52 PM
Hoe het hy dit reggekry om 'boetman' se de-bliksemgeit te verwoord? HVZ as jy jou uitgee vir 'n toffie.....!
Eric de Carlos 1/31/2010 1:57:03 PM
Dis die jasse, broers en susters, dis die jasse.
Kyk 'n bietjie na die swart jasse wat hulle aan het. In al die vampire moewies dra die bloedsuiers sulke jasse. Hulle kom in die nag uit en gaan na stripklubs, waar daar vreeslik gesuie word.
Party van die mans, wat nie genoeg deur hul vrouens by die huis gemoer word nie, betaal dan die gesellinne om hulle goed op te donner. Deon behoort blykbaar tot hierdie groep. Sy vrou het meer body putty aan haar gesig as die ou 1966 VW beetle wat ek gehad het.
@Anton 1/31/2010 2:02:06 PM
Jy is in jou mo@r broer!Hardloop die fillistyne,hoere en towenaars is op jou!Get a life boet!
Troepie 1/31/2010 2:17:19 PM
Hey Korporaal Opperman!! Dit klink nie vir my soos dieselfde ou van ons Oudthoorn dae!! nie.
Letitia 1/31/2010 3:11:14 PM
"Lots of money, no breeding"
charo 1/31/2010 3:12:17 PM
Gelukkig skinder almal nou oor die 2 ape en ek hoef nie al die twak oor Steve en Joost te lees nie.
Proffie 1/31/2010 5:17:34 PM
Joost...Steve...Tiger...Jonty..nou Deon. Wonder wie's volgende? The doings and the screwings of SA celebs. Ja nee wat mense, trek uit en geniet.
Koekie 1/31/2010 5:25:57 PM
Julle beledig nou regtig ons "kommin" mense -wys jou net buite blink, binne stink. Ag sies man.
Charlie 1/31/2010 5:34:50 PM
So kommin soos brood, die tweetjies.
Kaeraad Mhambi 1/31/2010 5:37:41 PM
More is 'n lang nag!

Deon het 'n menage-a-trois met 'n trilogie verwar.
Lag maar net.... 1/31/2010 5:58:37 PM
Maplotters - Geld kan nie dit eers dit wegSTEEK nie
Ou Koos 1/31/2010 6:05:32 PM
Die een enkele grootse teleurstelling wat ek in die lewe ervaar het buiten die ANC is seker die blanke Suid Afrikaanse vrou. Gelukkig het ek jare terug van myne ontslae geraak.
Spoor 1/31/2010 8:16:01 PM
Tiger is nie 'n SA celeb nie!!! En ek vermoed ons ou Afrikaner Celebs het geen ander keuse as om hulle vuil wasgoed in die openbaar te was nie, veral as hulle geld nodig het, kan nie soos ander mense ordentlike werk doen nie!!!Volgende is 'n boek, ons is maar regtig 'n snaakse nasie, maar dit maak vir baie amusante afleiding!!!
anton 1/31/2010 8:54:21 PM
AAN die ''moroon'' wat n aanmerking op my oppinie gemaak het....miskien moet jy net eers n paar breinselle kry en dan terselfte tyd n bietjie guts om tenminste jou naam by te sit maar duidelik is jy te commin en te slapg@t om dit te doen!!!!!!!!
Willempb 1/31/2010 9:22:52 PM
Ek onthou hoe Meyer een aand op TV uitgevaar het teen die vorige bedeling en die feit dat hy in die weermag moes dien. Dit lyk my hy kan nie eers sy eie huishouding dien nie - ek kry die idee hy is maar n slapgat met een of ander skrywers talent.
Brolloks 1/31/2010 9:38:47 PM
Deon, jy moet maar vir jou 'n n@@imasjien aanskaf.
petros 1/31/2010 11:25:14 PM
DIS HOE DIT WAS DEEL 2!
Santie 2/1/2010 12:01:47 AM
Nog nooit eens van die mense gehoor nie - vertel nog?
Alet 2/1/2010 12:06:11 AM
Hoe lyk dit met 'n dik 'comic strip-boek' van al die celebs se manewales? Sluit sommer die kreti en pleti se kommentare daarby in, dan kan almal in hierdie gekke land van ons heerlik lag en al ons stres in 'n blik druk!
Asseblief!!!!!!!!!!!!
Wou mos sê! 2/1/2010 12:53:32 AM
Wou mos al die jare sê daar is fout met die arme man se gevreet.  Ek het geweet hy kon nie so gebore gewees het nie hy is so gemoer!  Hy het "xactly disease" sy gat lyk exactly soos sy gesig!
LA ROUX 2/1/2010 9:36:19 AM
LYK MY DIE CELEBS HOU BAIE VAN SEKS...
Sukikaki 2/1/2010 10:44:01 AM
Is dit nie die common auntie met die blou tandvleise en die tattoo op die tietie wat destyds in die sepie GENERATIONS gespeel het nie ?
Siestog 2/1/2010 2:22:57 PM
Dessie' Ek wil net vir jou een ding sê, as jy dink Deon Opperman se produksies is kommin, jong dan kry ek jou jammer. Het jy "ONS VIR JOU" gesien? Ek stem nie met sy persoonlike lewe saam nie, maar wragtig sy produksies is PUIK. Dan wil ek net graag vra: Die wat so kommentaar lewer.......Is julle kaste skoon van die geraamtes?
vlokkie 2/1/2010 4:24:00 PM
Bo blink onder stink..Wys jou, hy kon toe nie eers beter kies nie. Sy vrou moes n beter job met die moerdery gedoen het. Hoekom n stripper? Hanlie lyk self of sy in n ry kan staan.........
AnneR 2/1/2010 5:28:42 PM
Ai toggie! Hier kom nog 'n boek! Alles is beslis nie maanskyn en rose nie.
Marie 2/2/2010 3:50:49 PM
Haai Pietie, ek dink jys verkeerd. Hierdie mense kry min aandag;daarom op die verkeerde manier aandag trek. Die ou wasgoedjies word gehang waar almal dit kan sien....nou wat nou....
Wonna 2/3/2010 9:59:48 AM
As jy die meesterbrein is agter 'n reeks soos Getroud met Rugby dan is daardie brein net so korrup soos die storielyn. Pateties verby. Geen jas of rykdom koop klas en styl nie.
MAC 2/4/2010 2:50:59 PM
Etiquette exists for people with no breeding and fashion for women with no taste
two apples 2/6/2010 8:19:11 AM
O donner nog 'n ou man wat n string kinders wil maak klink dit nie bekend??? dag ek vra maar. lol
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Emile Myburgh sê... @ekke. Laat ek mooi verstaan, jy sê daar is niks om te verloor deur in God te glo nie, want as jy doodgaan en jy ontdek daar is wel 'n god, dan het jy gewen? OK, my geleerde kollegas hierbo het mooi aan jou verduidelik wat verkeerd is met die logika aan daardie redenasie.

Maar ek het 'n ander probleem. Jy glo dus net in 'n god uit vrees vir die dood en wat daarna sou gebeur (antwoord: niks gebeur daarna nie, jy keer terug na die staat waarin jy vir 13 biljoen jaar was voor jy gebore was, en het daardie 13 biljoen jaar se slaap jou enigsens gepla?). Jy dien nie god uit oortuiging vir jou geloof nie, maar net om jou bets te hedge. Dit is nie 'n goeie rede om in god te glo nie. Trouens, dit is een van die patetieste redes om te glo. Ek dink ek het meer respek vir die moslem fundamentalis wat homself opblaas, ten minste is sy oortuiging opreg.

Jy, daarenteen, is in godsdiens se mag omdat jy bang is vir die dood. Dit is natuurlik en verstaanbaar, maar totaal en al irrasioneel.

Laat ek vir jou verduidelik: lewende wesens gaan dood sodat hulle nie met hulle afstammelinge kompeteer vir skaars hulpbronne nie. Daar is baie meer te sê oor hierdie onderwerp, maar ek sal hierby volstaan.

Maak die beste van die jare wat jy het om te lewe, en hou op worry oor 'n fiktiewe lewe na die dood. Dit stel jou net bloot aan emosionele en sielkundige uitbeiting deur deluded mense soos Oom Angus, Bennie Hinn, Apostel Rina en diesulkes wat net hulle eie agenda volg (o.a. Geld). Hulle het hulle eie begeertes wat hulle reken, sonder enige rede, sal vervul word indien hulle almal kan oortuig om te glo soos hulle glo. Hulle reken dat al wat tussen hulle en die vervulling van hulle eie begeertes deur hulle god staan is die bekering van almal in die wereld. Dit maak hulle 'n sieklike spul wat mense soos jy se liggelowigheid uitbuit ten einde hulle eie illusie te probeer bevorder.

Is dit nie net 'n uiters hartseer stand van sake nie? Julle gebruik godsdiens as 'n kruk omdat julle nie die lewe (wat hard en moeilik kan wees) in die gesig wil staar nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Jhb: 18-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-30°C More sun than clouds. Warm. PE: 22-27°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Proposals/ Project Engineer

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Senior C#.NET Developer JP20494

Gauteng - JHB North/Sandton
E-Merge IT Recruitment
R500,000-600,000 Per Annum Cost To Company

HR Manager

Gauteng
Crabtree & Evelyn
R 15, 000 - R 20, 000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Passat 1.9 TDi Dsl
2005
R 129,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2009
R 176,989.00

TOYOTA

Corolla 1.6 Professional MY09
2008
R 149,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BRYANSTON

Multiple Unit - Cluster R 20 000 000

SOUTHBROOM

Single Residential - House R 8 685 000

HOUT BAY

Single Residential - House R 5 950 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Oscars 2010 DVD' s op Uitverkoping

82 Jaar van Uitstaande Rolprente

Casablanca, Titanic, Braveheart, American Beauty, Silence Of The Lambs & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!