Johannesburg

Dinsdag

Tstorms late. Afternoon clouds. Mild.

14°C
24°C

7 day forecasts

Waar kan jy jou dampie in vrede slaan?

2009-11-15 00:09

Erna van Wyk

Onduidelikheid heers onder rokers oor die bepalings van die jongste veranderinge aan die rookwet.

Sedert die nuwe wetgewing op 21 Augustus in die Staatskoerant gepubliseer is, is die bestuurders van werkplekke en openbare areas soos restaurante, kroeë en kuierplekke ook onseker oor hoe ver ’n roker van ’n ingang na ’n openbare plek moet wees.

“Daar is elemente van die nuwe wetgewing waarna nog gekyk moet word,” sê me. Christa Hugo, omgewingsgesondheidspraktisyn van die Stad Kaapstad.

Die nuwe wetgewing bepaal dat die minister van gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, self moet besluit hoe ver rokers in openbare plekke van deure, ingange en vensters af moet wees.

Motsoaledi het nog nie ’n aankondiging hieroor gedoen nie. Ook nie oor wat die rookbeperkings is in ander openbare plekke soos sportstadions, bushaltes, spoorwegstasies en plekke waar openbare optredes gehou word nie.

Hugo sê die wet is wel duidelik dat daar nie in openbare plekke onder enige dak of ’n gedeeltelike dak gerook mag word nie, behalwe in rookkamers wat aan die wetgewing voldoen.

Alle openbare plekke wat verbind word met volgende jaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi sal ook rookvry wees.

Die minister moet ook nog aandui wanneer die verbod in werking sal tree wat sigaretvervaardigers verbied om na sigarette te verwys as “lig”, “matig” of “lae teerinhoud”.

Die wet verbied ook die gebruik van chemiese stowwe in sigarette, soos mentol of ander geurmiddels. Die datum waarop dit in werking tree, is nog onseker.

- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


John Josling 11/15/2009 6:07:57 AM
Ek het vir 30 jaar gerook en besef nadat ek 55% van my longe verloor het hoe gevaarlik is dit ek ondersteun die nuwe wetgewing ten volle. Mense besef hoeveel sterf aan rook ja daar word gese sigarette het nog nooit huwelike opgebreek nie, maar baie lewens geeis niemand weet regtig hoeveel nie.
Roker 11/15/2009 7:20:18 AM
Rook is nou die nommer 1 probleem in Suid Afrika, mense moet net by kom dit is nou as hulle wakker skrik en besef daar is baie erger probleme........"CATCH A WAKE UP"
fdt 11/15/2009 1:15:44 PM
So, as ek dit nou reg verstaan, is dit 'n misdaad om in 'n onder-dak parkeerarea te rook, maar ons hoeders het geen probleem daarmee dat mense wat in so 'n area rondbeweeg voertuie se uitlaatgasse moet opsnuif nie. Dis belaglik.
fdt 11/15/2009 1:19:16 PM
...o ja, amper vergeet ek, ek mag ook nie meer tabak of tabakverwante produkte per pos bestel nie - hulle is seker bang ek gaan 'n bom maak.
LUKAS GROBLER 11/15/2009 1:22:16 PM
EK rook al 20 jaar ek koop my eie sigarette so asb mense los ons rokers uit ons wil in vrede sterf
Louis Bothma @ Roker 11/15/2009 4:32:38 PM
Maak nie saak hoe erg die ander probleme in die land is nie. Dit is ONAANVAARBAAR dat jy jou giftige rook in ander se longe inblaas. Hoeveel mense het al gesterf a.g.v tweedehandse rook inaseming ? Hou op rook of eet jou sigrette !!!
Francois Kotze 11/15/2009 9:43:46 PM
Hierdie regering van ons donner baie dinge op.....maar hierdie keer kry hulle iets reg!!. En ja jy is reg, jy koop jou eie sigarette en ek los jou uit....laat my ook toe om in vrede vars lug te asem!!, daarom, niemand se jy mag nie rook nie...doen dit net baie ver van ons gesonde mense af. Geniet die long probleme...!!
Johan 11/15/2009 10:39:30 PM
Sal net graag wil weet waar om iemand te verkla as hul die wet oortree? Met vorige geleentheid het die polisie en gesondheids departement hul skouers net opgetrek??
TEXAN 11/16/2009 8:39:36 AM
Aggenee al die flippen bohaai oor dampies. Mense rook en drink al Bybeltyd af. Ek ken predikante wat rook. Dit maak ons nie sondebokke nie. Ja ek stem om op bepaalde4 plekke te rook. Maar wat van die lokasie se steenkoolrook wat my plaas so besoedel as die oostewind waai in die winter dan kry ek geen asem nie. Wat van drankmisbruik >>> ek dink dis 'n groter sondebok. Ek is elkgeval niou te oud om op te hou al maak hulle allerhande wette. VERSKOON MY MAAR EK VERKIES OM TE ROOK .. TEXAN
Bielie 11/16/2009 9:55:00 AM
Wanneer gaan die polisie die rokers begin aantree wat die wet oortree. Baie van die sport klubs, kroee, eetplekke meen dat indien hulle nie asbakkies uitsit nie, dan kan hulle nie beboet word nie.
Nie-roker 11/16/2009 2:11:12 PM
Ek lig ook my hoed vir die regering wat die klomp selfsugtiges nou ordentlik vasvat.As ek 'n wind moet los onder jou neus gaan jy dink ek is onbeskof(alhoewel dit jou nie siek maak of jou klere laat stink nie). Die argument oor drank is belaglik-daar is 'n wet daarteen en dronkbestuur word vervolg. Gaan rook waar ons ander nie benadeel word nie.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-27°C High level clouds. Mild. Jhb: 16-26°C Sprinkles early. Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-24°C Tstorms late. Afternoon clouds. Mild. Pta: 15-28°C Showers late. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 22-30°C Afternoon clouds. Warm. PE: 19-24°C Sprinkles late. Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R300,000-360,000 Per Annum Cost To Company

Financial Manager

Gauteng - West Rand
Network Finance Menlyn
R300,000-400,000 Per Annum Cost To Company

Energy Engineer - Africa

Western Cape - Cape Town
CME Recruitment

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Std
2004
R 99,000.00

ISUZU

KB250 DTEQ LE Ex-Cab Dsl PU MY07
2008
R 195,900.00

FORD

Ikon 1.6 Ambiente MY09
2007
R 99,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ILLOVO

Single Residential - House R 10 950 000

SALT ROCK

Single Residential - House R 15 500 000

HYDE PARK

Multiple Unit - Cluster R 7 900 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Oscars 2010 DVD' s op Uitverkoping

82 Jaar van Uitstaande Rolprente

Casablanca, Titanic, Braveheart, American Beauty, Silence Of The Lambs & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!