Johannesburg

Dinsdag

Morning clouds. Mild.

14°C
25°C

7 day forecasts

Hare waai oor skole-godsdiens

2009-09-19 20:08

Prof. George Claassen

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dis oorlog oor skole-godsdiens.

Prof. George Claassen, voorsitter van die organisasie Skepties Suid-Afrika, het die naweek formeel begin om skole te monitor ten einde dié wat Bybellees en gebed in klastye toelaat moontlik strafregtelik te laat vervolg.

Claassen, ook ’n buitengewone professor aan die Universiteit van Stellenbosch, tree op namens ’n groep ouers wat ontevrede daaroor is dat godsdiens wederregtelik in skole bedryf word. Die skole wat hy in sy visier het, sluit vooraanstaande instellings soos die Laerskool Stellenbosch en Linden se Laerskool Louw Geldenhuys in.

Skoolhoofde en onderwysorganisasies het ontstoke gereageer dat Skepties Suid-Afrika die regeringsbeleid oor skolegodsdiens waninterpreteer.

“Die Grondwet sê jy kan nie godsdiens afdwing nie, maar jy kan ewe min die afwesigheid van godsdiens afdwing,” reageer prof. Rassie Malherbe, grondwetkenner aan die Universiteit van Johannesburg.

Claassen meen onder meer dit is onaanvaarbaar dat skole soos die Laerskool Stellenbosch hulself amptelik beskryf as ’n skool met ’n “Christelike karakter” waar “Christelike waardes” onderrig word.

Volgens Claassen sou daar verlede jaar by dié skool ’n Jesusweek plaasgevind het waartydens kinders geel strikkies kon dra indien hulle gelowig was. “Dit is net omdat ouers met ’n sekulêre wêreldbeeld oor dié openlike oortreding van die nasionale beleid oor godsdiens in onderwys gekla het dat die skool die Jesusweek gekanselleer het.

“Onderwysers gebruik klastyd om Christelikheid te onderrig en ’n Christelike skeppergod te aanbid.”

Dr. Johan van der Merwe, voorsitter van die Laerskool Stellenbosch se beheerliggaam, meen Claassen beskuldig die skool verkeerdelik. Hul godsdiensbeleid “is nagesien en in orde bevind deur vooraanstaande kenners van die onderwysreg en konstitusionele reg.

“Dit is bevestig deur die direkteur van onderwys in die Wynlandstreek en die twee kringbestuurders.”

Die onderwysdepartement het glo ook al die godsdiensbeleid van die Laerskool Stellenbosch ondersoek en geen fout daarmee gevind nie.

Volgens mnr. Hawkie de Villiers, skoolhoof, is die deelname aan dié skool se godsdiensaktiwiteite “absoluut vrywillig”.

Mnr. Arrie Genis, skoolhoof van die Laerskool Louw Geldenhuys, het gesê die beskuldigings teen sy skool is feitelik verkeerd.

Mnr. Jaco Deacon, nasionale bedryfshoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole, meen die regeringsbeleid laat wel ruimte vir godsdiens in skole.

“Ingevolge die raamwerk van die Grondwet kan ’n skool steeds ’n Christelike of ’n Moslemskool wees. Die Grondwet bepaal bloot jy kan nie meer alle leerlinge verplig om aan godsdiensaktiwiteite deel te neem of mense met ander menings uitsluit nie. Skole moet begrip en verdraagsaam- heid kweek, eerder as om een siening rigied af te dwing.”

Baie skole het glo selfs ’n godsdienskomitee sodat ’n verskeidenheid kerke in die omgewing betrokke kan raak.

Volgens Malherbe, wat al artikels oor die grondwetlikheid van skolegodsdiens gepubliseer het, is enige beleid oor dié kwessie ondergeskik aan die Grondwet se beskerming van godsdiensvryheid. Regter Arthur Chaskalson van die konstitu­sionele hof het reeds in die 1990’s bevind die staat moet ’n ruimte skep waar mense hul geloof vrylik kan beoefen. Dit sluit openbare skole in, meen Malherbe.

Daarenteen beskou Claassen sy organisasie se standpuntinname die naweek as ’n ultimatum aan skole.

“Skepties Suid-Afrika oorweeg dit om strafregtelike klagte teen skole aanhangig te maak tensy dié optrede dadelik gestaak word en skole begin om die nasionale beleid oor godsdiens in onderwys te gehoorsaam. Ons woon nie meer in Nazi-Duitsland of die apartheidstaat nie.”

- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


johan 9/19/2009 11:46:00 PM
moenie die kinders weghou van my af nie (God) leer ons kinders wie god is
johan 9/19/2009 11:46:17 PM
moenie die kinders weghou van my af nie (God) leer ons kinders wie god is
JCM 9/19/2009 11:47:04 PM
Almal gun godsdienstige mense die reg om hul godsdiens privaat te beoefen.
Dit is egter betreurenswaardig dat hulle gedurig hulle godsdiens in openbare plekke so ongevraagd in ander mense se gesigte druk.
Nicolette 9/20/2009 12:25:48 AM
Die beswaarmakers is gewoonlik in die minderheid - nou moet die meerderheid buig en daaronder lei! Neem Christelike geloof uit die skole en kyk hoe sukkel julle dan met 'n jeug wat ongedissiplineerd en disrespekvol vir hul onderwysers groot word. Ek woon in Amerika en vandat die 'vryheid' van geloof/ongeloof afgedwing word deur die minderheid op die meerderheid is dit die begin van anargie en agteruitgang. Die sg. bloedhonde wat skole wil vervolg omdat hulle die kinders goeie waardes wil leer wat nou soos die ACLU in Amerika ook in SA optree onder die vaandel van 'godsdiens vryheid' wil net hul eie agenda van ateisme bevorder ten koste van ander se kinders. Christene van S.Afrika staan saam, hou jul Jesusweek en moet nie swig voor minderheidsdruk van ateiste nie. Jul is nie politieke vloermatte wat opgetrap word nie - do not be meek and mild - be bold for Jesus! or else you will loose your children!
Francois 9/20/2009 12:43:16 AM
God glo nie in ateiste nie so daarom bestaan Ateiste nie.
Marie 9/20/2009 1:16:01 AM
Good for you, na al die jare moet daar bietjie sanity kom wat die indoktrinasie van ons kinders wat net tot pyn en self-haat lei dalk kan laat eindig.
john 9/20/2009 1:21:27 AM
Ou George, as jy maar net weet hoe swaar jy eendag gaan kry ou maat. Ek raai jou aan om bietjie die bybel te lees miskien sal jy iets daarin raaksien hoe jy eendag gaan brand. Dit sal dan nie tydelik wees nie maar verewig. Sterkte ou maat, jy gaan dit nodig he.
Martin in Atlanta 9/20/2009 1:31:11 AM
Sekerlik as Christen ouer wil ek he dat my kind wel vrywilliglik aan godsdiensaktiwiteite deelneem wat strook met wat in sy ouerhuis geglo word. Die meerderheid Christene vandag sal oor kerkgrense saamstem oor die basiese geloof en moralitiet wat aanvaarbaar deur ander ouers, predikante en onderwysers oorgedra kan word. Godsdiensvryheid beteken nie dat ek moet alleen vry moet wees om alle ander se standpunte te verstaan nie - maar ek kan ook vry wees om saam met ander te (wat deel is van die Christen en meeste ander gelowe) aanbid en samesyn te ervaar in geloofsverband te ervaar. Die staat mag hom nie bo die gesag van die ouer verhef as dit by die totale opvoeding van ons kinders kom nie. Ek wil ook vry wees en wil seker maak dat my kinders ook vrywillig kan kies om deel te neem - of nie - aan sulke soort aktiwiteit nie. Hierdie het te doen met volwassenes wat met respek vir mekaar en hul kinders ruimte maak sonder om n sekere godsdiens te verplig of anders om godsdiens dan te verban. Beide houdings en pogings rym nie met of die gees van die konstitusie of meer belangrik die gees van wat Christene glo die Woord is nie. Asseblief aan die skeptici - erken my reg om my kind toe te laat om sy geloof (ook begeleid) in die skool uit te leef - dit is sy of haar se primere lewensruimte - en weet verseker dat christen "fundemetaliste" en ander weet dat hul godsdiens nie afdwingbaar water dra nie en dat dit nie reg laat geskied aan hul eie waardes nie. Ek is tans in Amerika en die pyn is allemintig waar skole verbied word om uiting te gee aan godsdiens - dit is geen paradys nie, wat my juis opval is hoe baie ouers wat nie glo nie hul kinders juis stuur na privaat christen skole - waar die etos en kwaliteit doodeenvoudig omtrent altyd beter is as staatskole. Wat sal gebeur as n geen godsdiens beleid afgedwing word is dat regeringskole van die mees betrokke en positiewe ouers sal verloor wat hul eie skole sal stig waar hulle vry kan aanbid - dit sal lei tot die verarming en versplintering van bronne en sal van almal en veral die a-godsdiesntige ouers en hul kinders armer sal maak. Onvolwassenes lewe in wit/swart werelde waar wette en reels seevier en waar daar nie plek is vir kreatiewe probleemoplossing nie. Implimenteer goeie beginsels en he respek vir die meerderheid siening in n skool en skep ruimte vir mekaar. En vir die wat dit nie wil doen nie gaan stig spesifiek christelike (ek weet uit ervaring dit werk) of dan a-godsdienstige skole. En laastens - ek het ook n hekel aan die nasionale godsdiens wat ons opgedis is in die tagtigs toe ek op skool was - ek gaan egter nie reageer teen die verlede op n manier wat my kinders en ander gaan belemmer om vrye spraak en assosiasie te beleef in hul alledaagse lewensruimte nie. Ek sien uit om weer n seisoen in SA te kom vestig en kan net hoop hierdie debat gaan nie my landsgenote verder gaan versmoor nie - as ek die nuus lees het ons groter uitdagings en het ons almal mekaar nodig. Ekstremisme, haat en n heksejag op godsdienstige skool aktiwiteite gaan ons ten beste respek vir mekaar laat verloor en te slegste gaan ons mekaar verdag maak - iets wat ons samelewing nouliks kan bekostig.
Gerhard 9/20/2009 1:33:54 AM
Wat het Christenskap in elk geval met: "Ons lewe nie in 'n Nazi-Duitsland of 'n apartheidstaat nie" te doen? Hierdie sogenaamde Prof het nie 'n idee wat Christenskap werklik is nie. Christene Suid- Afrka, hierdie is nie 'n saak om 'n kompromie te bereik nie, maar om saam te staan teen mense soos die wat ons Godsdiens vryheid van ons will wegneem. Dit is 'n walglike artikel.
Pieter 9/20/2009 1:36:32 AM
Volgens my ervaring is buitengewone professors, diegene wat nog nie die nodige vlak van kundigheid en akademiese vaardigheid bereik het om langs gewone kanale die titel professor te verdien nie. Ander buitengewone professors is diegene wat groot deursettingsvermoeë aan die dag lê op die manier, ywer en gedetermineerdheid waarmee hulle in die duisternis rondtas. En die Claassen ou is iemand van die laasgenoemde kategorie. Want iemand wat homself as professor uitgee, en nie eers weet dat Jesus, die enigste ware God is nie, is nie baie intelligent nie. Dit is nou volgens God self. Want die wysheid van die wêreld is dwaasheid voor God. En dit is Claassen; - 'n dwaas voor God. God se wysheid, is wysheid aangaande Jesus en Sy evangelie. En dit het Claassen nie. Wat 'n mors van tyd en 'n brein !
Carl 9/20/2009 2:12:10 AM
Dis 'n hartseer dag wanneer mens sien hoe satan te werk gaan en dit deur iemand wat bedoel is om 'n geleerde persoon te wees. God se woord waarsku al deur die eeue oor die doemprofete wat sal kom en hier sien mens 'n baie duidelike voorbeeld. George Claasen, maak jy en die ouers wie jy kwansuis verteenwoordig julle eie kinders vir die verderf groot en los die ander uit, of beter nog, leer eerder julle kinders van God in plaas van om hulle te breinspoel, ten minste kan hulle eendag hulle eie beluite neem, reg of verkeerd.
Michiel 9/20/2009 2:36:15 AM
Dit is jammer dat claasens hom skaam vir Jesus, ek bid net dit is nie eendag te laat vir jou claasens en dan skaam Jesus hom vir jou nie! Net een ding om oor te dink, in Australia stuur nie-godsdienstige ouers hul kinders na godsdienstige skole want daar is dissipline en kinders leer respek vir mekaar en ander. Ons bid vir julle Christen ouers en kinders!!!!
Hector Richardson 9/20/2009 2:57:48 AM
Prof George Claassen en sy trawante SAL hulle knie eendag buig!!! Ongelukkig vermoed ek dat die DEUR dan reeds gesluit sal wees, tog so jammer.
Lood 9/20/2009 3:05:19 AM
Ek wonder maar net hoeveel van die beswaar makers teen Goddiens, het geraamtes in die kas bv gay's en andere
Casper 9/20/2009 3:29:55 AM
Dis hoog tyd dat daar opgetree word teen die skole wat godsdiens afdwing. Wanneer wil die Suid-Afrikaners aanvaar dat daar NIE 'n god is nie?
dawid 9/20/2009 3:45:06 AM
Skepties SA, moenie die moslem skole vergeet nie!
Casper 9/20/2009 4:29:45 AM
Vir Nicolette van Amerika... Wat is fout met ateisme? Hoekom moet ons buig vir iets soos 'n god wat nog nie fisies bewys is nie? Word wakker vrou! Jy woon in elk geval in 'n land wat voorgee om die mees ontwikkelde land in die wereld te wees, maar heeltemal tred met realiteit verloor het.
Charl 9/20/2009 4:34:15 AM
Sal maar vir die arme man bid en vir vergifnis vra vir my lelike taalgebruik teenoor die voorsitter van...? Jammer ek het sy en die organisasie se name vergeet.
pieter dubai 9/20/2009 5:21:04 AM
wat is die die ooreenkoms met die beleid van die Sowjet Republieke en mnr George Claasen se hekse jag?
Gert Van der Linde 9/20/2009 5:37:37 AM
VF+, ACDP, Afriforum, Solidariteit en alle Kerke MOET die "mens" en sy organisasie aanvat. Dis reg wat die "mens" se "dat ons nie in Nazi Duitsland of Apartheid leef nie" Ons as Christene het die reg in die Grondwet om ons kinders by hul skool van God se almag en genade te leer!!

Ek daag die 'mens" uit om dit aan Moslem skole te probeur doen, of na Iran toe te gaan en die mense daar met die lawwe goed te dreig- man, ek sal sy kaartjie betaal!!

Nee wat, ons ouers hier sal opstaan teen die Ateiste en wys hoe groot is God se Naam!!
Kaltie 9/20/2009 5:51:14 AM
Het die man geen vrees of verstand, om God se volgelinge te vervolg nie?
Alfred Neuman 9/20/2009 6:03:57 AM
Die afdwing van die Christilike godsdiens in Suid-Afrikaanse skole kom al baie dekades. Jy was verplig om aan al die godsdiens oefenninge deel te neem tenspyte van jou standpunt hieroor. Dit was ‘n blye dag toe die nuwe regering, soos die VSA, staat en kerk geskei het. Maar nee, die fundies gaan aan en steur hulle nie aan hierdie wet van die land nie. (‘n Baie mooi voorbeeld wat aan kinders gestel word nè; “Breek maar die land se wette, dis goed so.”) En om kinders te merk wat gelowig is met strikkies, is niks minder as skreiende intimidasie teen die ongelowiges . Dit vergelyk met die Jode in Nazi-Duitsland wat die ster van Dawid moes dra.

Ek ondersteun George Claassen en sy organisasie Skepties Suid-Afrika tenvolle om ‘n einde te bring aan hierdie euwel in ons Afrikaanse skole.
,Magda Kopp 9/20/2009 6:06:49 AM
Hierdie euwel kom uit die Universiteite waar sommige professors se weg met die Bybel en weg met die Kerk. Hulle word meegesleur deur oorsese dwaalleraars wat se alle godsdienste lei na God. Hulle teiken is spesifiek die jeug. Ons moet bid vir ons jongmense want hierdie afvalligheid is al in sommige kerke in volle swang. Hulle glo nie in belydenis van sonde nie en verwerp die Kruis van Jesus. Daar word saamgewerk met die New Age en die Katolieke Kerk en ook Oosterse maniere van aanbidding. Die Bybel sal nooit verdwyn nie nie eers die magtige Katolieke kon dit tot niet maak nie want Jesus regeer en aan Hom is alle mag gegee in die Hemel en op die aarde.
JR 9/20/2009 6:19:44 AM
Daar gaan ons al weer! Ons sit in die middel van 'n resessie, Eskom is kranklik, stadsrade is bankrot en gesondheidsorg is op die rand van ineenstorting. En nou kom een of ander "slim" geleerde vreind en hou hom met absolute snert besig. Ek wonder of die prof dalk tekort aan aandag het?? Miskien moet prof Claassen dalk na die betrokke skole se slaagsyfers gaan kyk en iets daaruit neem en die skole wat so swak vaar gaan help planne maak om oms kinders beter op te voed. Dis immers ons kinders wat die land more moet dra en lei!! Nou betrek hy hulle by goedkoop politiek. Dis eintlik jammerlik dat so 'n hoogs opgevoede man hom met sulke onbenullighede besig hou. Maar dis weer een van daardie tipiese gevalle. Ons het jou nie nodig om hierdie land te bou en te vorms nie, jy breek af en verdeel, speel so saggies die raskaart en is 'n bedreiging vir eenheid ou proffie!! Dalk moet jy liewers plan uitdink om onderwysers te motiveer om vol dag onderrig te gee (verwys na pres Zuma se statistiek onlangs). Nee wat my geleerde vriend, nie eers die kruis kon Jesus stop nie. Die duiwel se kettings wag op hom en hoe meer jy die Christen onderdruk, hoe sterker gaan hy an die ander kant uitkom. Jy sal dit egter nie verstaan nie want jy ken nie jou Bydel nie!!! Pasop, jy sal eendag voor die Regter moet staan en verduidelik. EN ek voel jammer vir jou!
namfk 9/20/2009 6:27:38 AM
Ek is bly ek het Namibia toe verskuif en my kinders gaan hier skool. Hier is Godsdiens nog net so belangrik in die skool soos dit was 23 jaar terug is SA. Miskien is die rede vir SA se huidege toestand juis omdat Godsdiens 'verban' word vir die kinders.
Hendrik 9/20/2009 6:44:30 AM
Ja nee, hy is deel van die anti-christus, op pad hel toe (O koek hy glo nie in die hel nie).Kan net vir die verlore siele bid.
Henk 9/20/2009 6:46:05 AM
Ai Prof. Claassen - hou jou eerder besig met iets konstruktiefs wat tot opbou van die land is. Jy vat n groot God aan... jy gaan seer kry...
Willie 9/20/2009 7:10:04 AM
Dis nogal snaaks dat hulle 95% van die mense benadeel net om 5% te bevoordeel. Wat het van die wêreld geword ? Mense het Godsdiens nodig maak nie saak wie wat sê nie..
Coenie 9/20/2009 7:10:37 AM
Waaarom moet julle almal se geloof aanval? Kinders het leiding nodig, nie mense wat hul geloof wil afdwing op ander nie!Gee die kinders onderrig in die verskillende gelowe en hulle sal reg kies, maar om ateiste denkwyse af te dwing gaan nie werk nie.
Werner 9/20/2009 7:16:08 AM
Sonder godsdiens is ons wereld leeg..moenie in die satan se strik trap en godsdiens uit ons skole verban nie..Ons hele gemeenskap gaan daaronder ly..
Johan 9/20/2009 7:17:21 AM
Ek dring aan dat my kind christelike opvoeding op skool het, en hulle het wel, dit is ononderhandelbaar. Die antichris sal nie die rondte wen nie. JESUS SAL DAARVOOR SORG. Amen
Ronnie 9/20/2009 7:17:24 AM
Arme George, jy is ook net vlees en bloed. Jou organisasie se naam is in elk geval kinderlik, en dan is jy n professor. O genade, jy is die tipe wat vir elke gebeurtenis n wetenskaplikke oplossing soek. OOPS, dit werk nie so nie, want sien selfs jy moet erken daar is n hoer hand wat sekere goed net laat gebeur. Omdat dit nie verklaar kan word nie soek jy nou die klok wat jy hoor lui, so nou spring jy op skoolkinders en die waardes wat nodig is om die kleinlikke samelewing dalk net te kan red. Of is jy dalk te eng om mense te laat begaan. As jy naam wil maak is Godsdiens tog die een area waar jy kan? Los maar boet, jy is klein ratjie. Die stoom van die samelewing draai jou. Daarom is jy niks met niks visie en niks anders as DOM nie.
DP 9/20/2009 7:25:16 AM
Ek sukkel om die "liefde aan jou medemens" in Nicolette se skrywe te sien. Duidelik 'n selfsugtige siening wat Christendom hoogmoedig bo ander gelowe stel. Wat het Christendom met die probleme in skole in Amerika te doen. Weer eens 'n blinde afleiding van 'n iemand wat nie eers dink oor hoe ander geloofsienings se plekkie in hierdie wereld nie. Daar is baie meer orde en wedersydse respek in Moslem skole vergeleke met Christenskole.
Alta 9/20/2009 7:26:45 AM
Jesus is Koning! Die onderdrukking van die Christelike karakter van skole (soos deur Prof. Ateis)is net nog een hekkie waaroor Christene in SA moet klim. As God egter vir ons is, wie kan teen ons wees?
Gustaf 9/20/2009 7:31:24 AM
Die voortbestaan van n (by)geloof soos Christenskap is afhanklik daarvan dat kinders op n jong ouderdom geindoktrineer word deur volwassenes wie hulle vertrou. Kinders het op n laerskool ouderdom nog nie die vermoe om krities te dink nie. As kinders tot op 18 jaar nie aan gosdiens blootgestel word nie en eers daarna die belaglike Christelike stories moet aanhoor sal die Christen geloof binne n paar generasies UITSTERF. Die feit is dat geen regdenkende volwassene wat vir die eerste keer met n boek soos die bybel te doen kry eens naastenby die gevolgtrekking sal maak dat dit enige iets anders as n Joodse mite is nie!
Kobus 9/20/2009 7:33:51 AM
Prof, hoekom moet my Christelikheid van my weggeneem word teen my wil? As ek my geloof, op my manier en tussen my mense in die skool beoefen, hoekom mag ek nie? Ek dwing dit gladnie op ander af nie, dit is vrywillig. Is jy en jou spannetjie bang vir die Christelike godsdiens en wat dit aan julle vrotsige siening kan doen. Dit is miskien omdat ons God drie-enig ontken dat ons land so vinnig agteruit gaan. God aanvaar nie net 'n deel van jou lewe nie, hy red jou op grond van jou hele lewe, of hy red jou gladnie, die keuse is joune
Skepties 9/20/2009 7:36:33 AM
Van die kommentaar hierbo verwys na die feit dat christelikheid = disspline. Wel ek het groot nuus vir diegene. Van die mees gediisplineerde mense in die wêreld wat iets bereik het, is agnosties, ateisties etc, ek self is hoogs gedissplineerd en my eie waarde stelsel dryf my en ek glo nie in enige godsdiens nie. Dit gaan my verstand te bowe dat mens nog in hierdie tyd 'n baie ou boek gebruik om mens se kewe te beheer. Terloops my seun is amper aan die einde van sy skoolloopbaan, en behaal A+ 'e sonder godsdiens en is ook hoogs gedissiplineerd!
Gerhard 9/20/2009 7:37:39 AM
Dit is as gevolg van hierdie mentaliteit onder Afrikaanse skole dat meer gesofistikeerde ouers geen ander keuse het as om hul kinders na Engelse privaat skole te stuur nie. Ons almal se tyd is gemors met skriflesing, gebed en bybelversies op skool terwyl ons Engelssprekende ewekniee n gebalanseerde (realistiese) wereldbeskouing by hul kinders gekweek het. Mooi so George, dis tyd dat meer van ons opstaan.
Sevendust 9/20/2009 7:46:21 AM
Soos ek hierbo lees is daar een afleiding: mense is SIEK en SAT vir die feit dat julle geloof op hulle kinders afgedwing word! Hou julle idiotiese stellings en julle god vir julleself!
DB 9/20/2009 7:47:32 AM
Waarom is dit vir enige geloof (Christen, Moslem, Hindu en so voort) nodig om met geweld hul geloof teenoor mekaar en teenoor ander af te dwing? Geweld neem soms die letterlike betekenis van die woord aan en soms die afdwinging deur groepsdruk of die ge/misbruik van mag. Wat het minderhede met die prys van eiers te doen? Beteken dit minderhede moet polities deur die demokratiese meerderheid vertrap word? Opvoeding, geestelik of andersins, is die taak van ouers en behoort in die huis of in die gemeente gedoen te word.
Willie 9/20/2009 7:49:05 AM
Ons, Christene, Moslems en ander gelowe, het die reg om dit waarin ons glo uit te leef enige tyd enige plek. Dit is wat godsdiens vryheid beteken. In ons skool waar alle gelowe in elke klaskamer sit word daar elke oggend deur die onderwyser en kinders godsdiens gehou sonder dat daar enige klagtes is, want almal het daartoe ingestem. Dit word op so ’n manier gedoen dat niemand aanstoot neem nie. Daarom is daar in ons skool dissipline en was daar nooit in die skool kinders wat hulle nie kan gedra nie. As ons die beleid wat die Claassen groep predik volg is ons op die verkeerde pad met die jeug. Hulle moet dan maar hul kinders in die skool sit wat hul beleid pas en die meerderheid wat godsdiens vryheid aan elke individu wil gee dit wel kan doen. Ons stem vir godsdiens in elke skool. Hierdie Claassen groep, lyk dit vir my, wil nie in harmonie met hul medemens lewe nie en dit het ons land allermins nodig.
Bokkie 9/20/2009 7:50:52 AM
Ag Claassen vat jou karretjies en gaan speel buite! Het jy niks anders om oor te sanik nie? Kyk liewers of jy nie kan help om die kinders geletterd deur matriek te kry nie as om hulle te verhinder om van Jesus te leer. Of stig 'n sekte waar almal jou aanbid. (Sin verwyder - inhoudsred.)
George 9/20/2009 7:51:43 AM
My kinders is gelukkig nie meer op skool nie. Wil julle nou alles vernietig. Dalk moet julle dalk ons christene op brandstapels sit soos in die donker tye. Ek se staan op teen sulke agterlike gedrag en wys vir hulle in wie ons glo. Behou godsdiens in ons skole.
evert louw 9/20/2009 7:56:23 AM
Hy lyk soos Berea en hy klink soos Berea , gaan hy nou die islamitiese, joodse, chinese, hindu , cvo, katolieke convents en ander geloof georienteerde skole almal monitor? Prof, onthou geen geloof is ook n geloof.
Johann 9/20/2009 7:58:09 AM
Prof Claassen se ons is nie in Nazi Duitsland of in die apartheidstaat nie, so waarom moet sy minderheidsgroep dan tamboer slaan? As ek my God wil dien en ook sien dat my kinders by die skool 'n opvoeding kry wat dit toelaat dan behoort daardie reg beskerm te word. Niemand word gedwing om na 'n christelike skool te gaan nie. Ek wens die dag wil kom dat almal wat op die goeie dinge fokus en dit wil afbreek eerder op die negatiewe wil begin fokus en dit opbou sodat Suid Afrika kan vorentoe ontwikkel as een.
Dewald 9/20/2009 7:58:47 AM
My God is groot! Hy is goed, Hy IS!
Colette 9/20/2009 8:02:20 AM
George Claasen jy sal van jou troontjie onthef word en soos Nebukadnesar vir 7 jaar gras vreet totdat jy erken God lewe en Jesus is die enigste weg en waarheid en die Heilige Gees jou Leermeester. Sterkte
Theo 9/20/2009 8:02:26 AM
Prof Claassen - is daar nie iewers 'n uitdaging waaraan jy jou energie kan spandeer nie? Moenie met 'n haelgeweer uit die heup uit skiet nie. Gee vir ons jou plan - op skrif - waarin jy jou monitorprogram uiteensit. Die vereiste is dat jy alle skole in moet monitor - Christene, Moslems, Katolieke, ens. Dit sal meer wetenskaplik wees, en ook die indruk skep dat jy nie diskrimineer nie. Gaan dan voort met die strafregtelike klagte teen alle skole wat oortree - Christelik, Moslem en Katoliek. Sorg dat jy baie geld het vir regskoste - moenie die belastingbetaler se geld mors nie. Dan kan ons sien hoe jy ondergaan met jou belaglike idees. Ek vermoed jy is die tipe wat te min pak gekry het toe jy klein was, geen dissipline, waardes en respek in die lewe geleer is nie, en waarskynlik ook diensplig ontduik het. Jy het duidelik iewers van die wa af geval en jou sinne verloor. Gebruik jou energie vir 'n positiewe bydrae om van SA 'n beter plek te maak, en nie te krap waar dit nie jeuk nie. Ek neem aan jy het as kind ook jou speelgoed gebreek omdat jy nie saamgestem met oor hoe die ding aanmekaar gesit is nie, terwyl duisende ander kinders jare met dieselfde speelding gespeel het. Aan die Redakteur - U lesers het nie sulke artikels nodig nie; van mense wat net wil afbreek in plaas van bou, en die koerant gebruik vir goedkoop propaganda vir mense met verskuilde agendas en verwronge idees.
Frank 9/20/2009 8:05:03 AM
Victor Hugo het gese: "There is in every village a torch - the teacher: and an extinguisher - the clergyman". Ons Afrikaners reggekry om die twee rolle in skole saam te smelt. Wat n tragedie!
Fred 9/20/2009 8:11:13 AM
Hou godsdiens vir die huis en vir die kerk. Ons skole bestaan lankal nie meer net uit wit, Christene se kinders nie. Om hulle nou te laat strikkies dra maak die weg oop vir diskriminasie. Dit sal nie 'n boodskap van liefde uit dra nie, dit sal eerder verdeeldheid bevorder - iets wat ons op hierdie stadium in Suid Afrika glad nie nodig het nie.
WWF 9/20/2009 8:11:14 AM
Help nie om met fundamentalistiese Christene soos hierbo te probeer redeneer nie. Hulle is soos rofstoei aanhangers - glo vas dis alles werklik!
Nico 9/20/2009 8:13:53 AM
George ek kan nie glo jy wil so 'n idiotiese ding doen nie. Dit is fantasties dat kinders Godsdiens op skool het en dat hulle van die Here kan leer. Die wêreld lyk soos wat hy lyk op die stadium as gevolg van mense soos jy wat nie in die Here glo nie en dink daar is geen gevolge vir jou dade. Ek hoop van harte jy slaag nie in jou poging om die skole aan te kla nie. Ek is siek en sat vir mense wat dink hulle kan op Christene en die Here se woord trap. Onthou net die Here weet waarmee jy besig is George en jy sal eendag verantwoording moet doen vir jou dade.
bernard kuhn 9/20/2009 8:18:47 AM
Los die leerlinge en die onderwysers uit!!! Godsdiens hoort in skole en so ook by die sportdeelname. Hoekom mag hulle nie bybellees en bid in die skool nie. Suid afrika is mos godsdiensvryheid nou lyk dit vir my asof die skole soos die moslemlande is wat nie mag bybellees en bid in die skole nie. Bring net die godsdiens terug in die skole waar dit hoort en Claassen ek weet jy is anticrhis!!!
DP 9/20/2009 8:23:02 AM
Ja nee - in 2000 het ek vir die eerste keer begin te bewustelik lewe met 'n wete dat wat om my aangaan slegs gaan verbeter as ek self iets daaraan doen. Ek wonder altyd wat die arme siele doen wat net bid en hoop die kinders in Afrika kry kos. Ek is nie 'n Christen nie en ek doen ontsaglik baie vir mense waarvoor daar net gebid word. Die fundamentele christendom het nog net ongelukkigheid veroorsaak - oorloe, brandstapels, rassisme en nou leer hulle my klein kinders op skool van 'n kruis met 'n god wat van die kruis hang en bloed wat orals oor hom afloop. Die sensuurraad sal nie so iets goedgekeur het nie. My kind huil elke keer as sy die beeld sien!! Hoe verskirklik!!! En dan leer hulle van visse wat mense insluk en lewendig uitspoeg. Belaglikhede - en nou die dag kom my kind huis toe en vertel my dat evolusie bog is. Dit kan net gebeur in fundamentele skool. Weg met doktrines en spesifieke gelowe in die skool. Dit maak net mense seer. My kinders is voorbeelde daarvan!
Ateis 9/20/2009 8:24:44 AM
Soos wat die mens se wetenskaplike kennis teen n ongelooflike tempo uitbrei, raak die gapings in ons hedendaagse kennis van die heeal al kleiner en kleiner. Gelowiges gryp natuurlik gretiglik na elke gaping in kennis wat oorbly as n "bewys" van n skepper se bestaan. Ongelukkig gaan daar binnekort nie meer gapings wees nie en die "god van die gapings" gaan nie meer n wegkruipplek he nie.
Koos Karoo 9/20/2009 8:26:52 AM
Die ateistiese George Claassen storm soos Don Quixote van ouds allerhande windmeulens op sy mankoliekige perd. Hy beweer dat God nie bestaan nie, omdat dit nie "bewys" kan word nie. Wel, dan bestaan moederliefde ook nie. Verder gee hy voor om 'n wetenskapsjoernalis te wees, terwyl die man van die basiese en toegepaste wiskunde niks weet nie, en dit nooit formeel op universiteitsvlak gestudeer het nie. Sy toekenning as "Wetenskapsjoernalis" deur die NSTF verlede jaar, was 'n eenmalige toekenning wat ingestel is deur 'n "borg" wat vooraf gespesifiseer het dat dit na Claassen moet gaan. Sowat van o"everblindery het ek lanklaas gesien. Sy artikels onder die opskrif "kwakoskoop" bestaan uit lang dele van vertaalde aanhalings uit artikels wat vrylik op die internet beskikbaar is. Claassen moet ophou krap waar dit nie jeuk nie.
Ateis 9/20/2009 8:27:12 AM
Soos wat die mens se wetenskaplike kennis teen n ongelooflike tempo uitbrei, raak die gapings in ons hedendaagse kennis van die heeal al kleiner en kleiner. Gelowiges gryp natuurlik gretiglik na elke gaping in kennis wat oorbly as n "bewys" van n skepper se bestaan. Ongelukkig gaan daar binnekort nie meer gapings wees nie en die "god van die gapings" gaan nie meer n wegkruipplek he nie.
Ateis 9/20/2009 8:27:29 AM
Soos wat die mens se wetenskaplike kennis teen n ongelooflike tempo uitbrei, raak die gapings in ons hedendaagse kennis van die heeal al kleiner en kleiner. Gelowiges gryp natuurlik gretiglik na elke gaping in kennis wat oorbly as n "bewys" van n skepper se bestaan. Ongelukkig gaan daar binnekort nie meer gapings wees nie en die "god van die gapings" gaan nie meer n wegkruipplek he nie.
Itna 9/20/2009 8:32:06 AM
Hou Godsdiens in die skole,maar leer die kindertjies die waarheid oor die geloof, dat Jesus n mite is, dat God, Satan, Hel en Hemel nie bestaan nie. Die waarheid sal hulle tog agterkom later soos ons vandag dit besef. Christene beweer dat Jesus=goeie morele waardes, lees die artikel oor dominee hierbo en besluit dan self.
Joe Ateis 9/20/2009 8:32:52 AM
Soos wat die mens se wetenskaplike kennis teen n ongelooflike tempo uitbrei, raak die gapings in ons hedendaagse kennis van die heelal al kleiner en kleiner. Gelowiges gryp natuurlik gretiglik na elke gaping in kennis wat oorbly as n "bewys" van n skepper se bestaan. Ongelukkig gaan daar binnekort nie meer gapings wees nie en die "god van die gapings" gaan nie meer n wegkruipplek he nie...
Duane Bouwer 9/20/2009 8:33:45 AM
Met verbasing en ongeloof lees ek van hierdie snert wat ouers kwytraak. Hoe kan ouers hulle kinders grootmaak sonder Geloof in God en die Bybel. Joodse Mites? Ondersteuning vir hierdie idiote?? Wat gaan aan, mense? Professor George en hierdie "slim" ouers is die oorsaak van hierdie goddeloosheid wat heers in die wereld. Skaam julle voor God. en julle kinders.... kom ons bid almal vir hierdie mense wat so slim probeer wees en nie in ons God se bestaan glo nie. Gelukkig praat die Bybel van julle so ons is gewaarsku.
DP 9/20/2009 8:33:53 AM
Ek sien geen liefde in die selfsugtige Christene se veroordelende uitlatings nie. Oortree hulle eie waardes. Los die oordeel vir jou god. Leef in liefde saam met jou medemens. Godsdiensvryheid meen NIE jou godsdiens in skole op ander afdwing nie. So verwyder liewer godsdiens uit die skole. Verkondig liewe waardes soos selfrespek en respek vir jou medemens soos meeste godsdiense verkondig.
Chris 9/20/2009 8:35:21 AM
Ai Prof. Claassen, ek hoop jy gaan dieselfde konsekwentheid toepas en ook die Moslem skole teiken met dieselfde aksie. Dit sal interresant wees om te sien jou jy dan jou ouma vir 'n eendvoel gaan aansien. Jy (julle) krap nou waar dit nie jeuk nie. Ek dien 'n groot en magtige God drieenig wat nie met hom laat mors nie en terloops, mag ABBA (Vader God) jou genadig wees deur sy seun Jesus en jy soos Paulus, wat eers Saulus die vervolger was, tot bekering sal kom!
C. Martens 9/20/2009 8:38:18 AM
Vir iemand met, vermoedelik, 'n hele paar grade agter sy naam, is die proffie maar redelik onnosel...!!! Ek stem saam met iemand wat hierbo kommentaar gelewer het - die rede waarom ons land in so 'n toestand is, is omdat ons van God vergeet het, net soos die Israeliete van ouds! Prof. Claassen, daar IS 'n GOD! HY lewe en Hy slaap nie! As ons terugdraai na GOD, gaan ons 'n Suid-Afrika sien waarvan ons almal op die oomblik net droom! Dit begin in ons huise en in ons skole! Jy speel met vuur en jy gaan jou verbrand... Wat jy besig is om te doen, is ongrondwetlik! Almal het 'n reg om hul geloof uit te leef!
Piet Boet 9/20/2009 8:45:04 AM
Wel hoekom sit die ouers nie net hulle kinders in 'n ander skool wat nie Godsdiens beoefen nie. Of hulle kan hulle eie skooltjie stig, die prof kan sommer skoolhoof word. As my kind goeie onderrig kry van 'n onderwyser wat 'n Moslem is, en die onderwyser deel sy geloof siening met my kind gaan ek nie kwaad wees nie, dit gee my kind perspektief oor 'n ander geloof. Dit lê nogsteeds by die ouers om die kinders te leer wat hulle waardes moet wees en dat hulle ander ook moet aanvaar vir hulle sienings in die lewe. Niemand gaan dit reg kry om altyd hulle kinders te beskerm teen die dinge wat hulle as ouers sleg ag in die lewe. Volgens my is die bybel 'n goeie riglyn, 'n tipe van handleiding vir die lewe.
Daan 9/20/2009 8:49:12 AM
Ons bly miskien nie in Nazi- Duitsland nie maar wel in Kommunistiese Suid-Afrika. As die Christendom nie bestaan soos beweer word nie, waarom dan al die pogings om dit te "ontmasker" en "verkeerd" te bewys en watter bedreiging hou dit dan in? Al wat bedreig word is die leuen en die geskiedenis het bewys dat die leuen homself vernietig. Watter ander geloof, organisasie of wat ook al kon vir meer as 2000 jaar staande bly en steeds groei. Liewe Prof. dis nie die moeite werd om die kans te waag nie.
Alfred Neuman 9/20/2009 8:54:53 AM
“Pasop, jy sal eendag voor die Regter moet staan en verduidelik. EN ek voel jammer vir jou!”

“Jy vat n groot God aan... jy gaan seer kry...”

So word George Claassen (en baie kinders; myne was onder hulle) gedreig deur fundamentaliste wat nie ‘n enkele bewys kan lewer dat daar ‘n God of gode is nie. En moet sasseblief nie “die natuur om jou” as bewys bring nie; die wetenskap verklaar die natuur in groot detail sonder om op God vir antwoorde staat te maak.

Al wat ons ateïste vra is dit: “Los ons kinders uit; moet hulle nie dreig en intimideer nie.” En jare lank het ons versoeke op dowe ore geval. Nou is daar gelukkig wette wat die kerk en staat skei en ons gaan van daardie wette gebruik maak om ons regte aft e dwing. Gaan beoefen julle godsdiens op plekke waar dit hoort, en nie in die skole waar hierdie godsdiens-mites nie tuis hoort nie.
Beli Kundak 9/20/2009 8:57:14 AM
Claasen, moenie 'n perd opsaal wat jy nie kan ry nie. Sal jy so dapper wees om ander dinominasies aan te val - ek dink nie so nie wat jy het nie die mannemoed nie, wat hulle sal jou opvrommel. Dit is net altyd alte gerieflik om teen die Christenne uit te vaar, want ons is bloot te ordentelik om iets te doen en jy weet dit en buit dit uit. Sies, vir 'n Prof laat jy weel te wense oor. Wat jou patetiese organisasie en gaan speel op 'n ander plek. Hier is nie plek vir jou nie. Ek daag jou uit - gaan teister die ander dinominasies ook met dieselfde bravade en kyk hoe ver kom jy. Ons sien jou in die hof.
Doc Guru 9/20/2009 9:05:27 AM
Ja nee kyk, Godsdiens is seker die grootste rede vir oorlog in die wereld. Aan Nicolette en kie, dit is jammer dat julle glo dat goeie standaarde met godsdiens gepaard gaan. Ek het twee kinders met goeie waardes SONDER godsdiens grootgemaak. So waar val julle uit met julle argumente? Die waarheid is dat ouers hulle kinders verkeerd leer deur wette links en regs te verbreek. Dink julle nie julle stel n slegte voorbeeld nie. Nou kom raas julle hier oor sogenaamde Godsdiens wat verbied word in skole die oorsaak is. Skrik wakker. Wees as ouer n voorbeeld vir jou kinders en doen die regte ding en walla, jy het kinders met waardes SONDER godsdiens. Ek glo as jy godsdiens wil beoefen, doen dit in jou eie privaat tyd. Ek is al so gatvol vir Christene wat hulle geloof heeldag in mens se kele wil afdruk net omdat hulle glo hulle is die ENIGSTE geloof wat reg is. Ek ondersteun n wet teen ENIGE vorm van godsdiens in skole en beskou sodanige praktyk as propoganda. Elke mens het die reg om te glo soos hulle wil en basta met enige geloof wat glo hulle is die enigste regte geloof. Dalk moet ons eerder n debat oor godsdiens begin sodat christene kan sien hoe hulle geloof oor die jare heen afgewater het. Vandag is iets sonde en more is dit weer reg?? Apartheid was geregverdig deur die Bybel en so ook anti-gays ens.? Wil julle nou die kinders verder deurmekaar maak? Hou Godsdiens in kerke en by jou eie huis. Leer mens OOR godsdiens maar moet dit nie beoefen by die skole nie. Lekker dag verder
Koos 9/20/2009 9:05:56 AM
Is dit hoe die gesig van satan op aarde lyk?
ChirsB 9/20/2009 9:20:35 AM
Dis vir my so snaaks dat al die ou verkramptes altyd sal maak asof n gerbrek aan Christelike geloof iets te doen het met "hoe die land vandag lyk". Ons is waar ons is omdat die meeste Afrikaners trop diere is soos hierbo wat enige iets glo wat onderwyser, dominee of politikus vir hulle se (veral in God se naam) en dan dink die feit dat die meerderheid skape saamstem maak dit die waarheid! Die Christelik nasionale Afrikanerdom het ons land se diversifiteit so wanbestuur dat ons in n krisis situsasie geraak het waar ander rasse ons glad nie meer kon vertrou nie. Niks met ateiste te doen nie!
JGP 9/20/2009 9:28:39 AM
Die naam van George Claassen se organisasie is natuurlik net verkeerd. Hy is is net so versmorend SEKER van sy geloof as die mees verwaande "Christen"-fundamentalis.
Vrydenker 9/20/2009 9:29:30 AM
Ek het ook in n Afrikaanse konteks grootgeword waar godsdiens in naiwe kinder se kele afgedruk is en onderwysers selfs die vrees vir die hel gebruik het om kinders mee te manipuleer. Gelukkig het ek op 14 n genoeg gesonde verstand gehad om die juk van godsdiens te kon afgooi - en dit was die enkel mees bevrydende gebeurtenis van my lewe, ek pluk nou nog die vrugte. Vriende van my het later in hul lewe dieselfde wonderlike ervaring gehad, maar snaaks genoeg hou hulle nog n front van christenskap voor hul ouers op om hulle nie te onstel nie "want hulle hele lewens is daarop gebou". Kan nie anders as om jammer te voel vir hierdie kinder-grootmense nie!
Willie 9/20/2009 9:34:18 AM
Ou George, ek glo ons almal wonder hoekom jy dit 'n lewensmissie maak om die Christendom so aan te vat en soveel energie daaraan te spandeer? Ek sou graag wou weet of jy soos meeste van ons Christelik grootgemaak is? Rebeleer jy of soek jy aandag en publikasie of beide? Jy laat my so half dink aan die Paulus storie. Paulus het die mense se klere opgepas wat 'n Christen met klippe doodgegooi het. Paulus se kop het later gedraai, ons wens dit vir jou toe dat dit ook met jou gebeur.
Prof 9/20/2009 9:36:02 AM
Die probleem met Mnr Claassen is dat "hy nie weet dat hy nie weet nie" en dit omdat hy regtig GLO dat hy weet, maar eintlik nie veel weet nie.
Paul 9/20/2009 9:38:31 AM
Eish!Kom ons help n paar blindes of per se (Ateiste)op die blad.Die Skrif se dat die doel van voortplanting is dat daar altyd n nageslag sal wees lees (kinders)om God te Eer,Aanbid en te Verheerlik.Daarom Mnr die Claassen is dit belangrik dat godsdiens onderrig in skole toegepas moet word tot Eer van GOD,d.w.s.as jy met jou hele wese glo daar is n GOD natuurlik?Sterkte aan die God-soekende-bewys-soekers.Hulp is net n gebed ver.
Herman 9/20/2009 9:45:02 AM
Ag moedertjie tog. Het onse Super Ateïs™ :) nog nie onse Grondwet gelees dat mens diversiteit en verskillende gelowe moet VERDRA nie? Het ons nou deesdae so min tyd en respek vir mekaar se keuses? Dit veral binne 'n bestaande raamwerk waarbinne verskillende keuses WEL uitgeoefen kan word. Sjoe, dit moet darem moeilik wees as jou missie in die lewe blyk te wees om te veg teen iets waarin jy NIE glo nie, terwyl jy nie eers jou eie geloof kan bewys nie ;) ...en dan jou die REG in volle selfsug probeer TOE-EIEN om teen die hoofstroom te beweeg.
Jan Swart 9/20/2009 9:46:19 AM
Mooi so, Prof. Claassen. Net skape het herders nodig. As mens kerk wil hou, gaan jy KERK toe. As jy Pick & Pay toe gaan, kan jy nie kla as hulle nie die Checkers special het nie. As God godsdiens in skole wil hê, stel ek voor ons wag tot Hy ons self vir ons so so sê, hard en duidelik (en nie deur middel van sy deurmekaar sesduisend jaar oue boekie nie) en luister nie intussen na sy zombies nie. Nou wag ons in spanning op Oom Angus "Die Reënmaker" se opinie...
Johann H Claassen 9/20/2009 9:48:54 AM
Godsdiens onderrig, in watter vorm ookal, hoort by die huis en nie by die skool nie. Of is dit hier ook weer 'n geval waar die ouers se plig op die skool afgeskuif word? En verder: Is dit nie waarvoor die mensdom kerke gebou het nie? Omdat godsdiens onderrig ook nie meer daar op groot skaal plaasvind nie, wil sommiges dit nou gerieflik op die skole afskuif.
Eish 9/20/2009 9:52:55 AM
En so word 'n bybelse profesie vervul.In Petrus5:8 word gewaarsku.In die geestelike stryd moet jul op en wakker wees.Julle het 'n gevaarlike vyand,die Duiwel.Hy loop rond soos 'n honger leeu wat iemand soek om te verskeur.As hy julle aanval,moet julle met julle geloof in die Here terugveg.Moenie toelaat dat hy julle geestelike fondamenteskud nie.Laat dit vir julle 'n troos wees:daar is Christene oor die hele wereldwat as Christene dieselfde dinge as julle lyomdat hulle dieselfde stryd as julle stry.'Dit is dus duidelik dat Satan se aanslaggemik is op alle instansies waar die knievir God gebuig word.Omdat Satan verslaan is deur Cristus omdat die nie vir hom wou buig nie,spits hy homnou toe op die volgelinge van Christus as die tweede prys toe.Dit doen hy dan deur die mens te oortuigdat hy nie geskep is nie maar die afstammeling van 'n dier is.Wanneer die mens eers die konsep aanvaar hetword dit makliker om grense te verskuifwant menslike wysheid vervang dan Goddelikewysheid.Wat gister dus moreel gesien taboe wasword vandag as die norm aanvaar.Omdat die meerderheid in hierdie landChristene is kan 'n mens verwag dat nieslegs blanke skole gaan deurloop nie maarook swart skole.Waarom moet ons 'n meerderheidsregeringaanvaar maar swig vir 'n ongelowige minderheid?
xxx 9/20/2009 9:53:50 AM
ai hier gaan die arme Liewe Vader se naam al weer;en dit wat ons kinders eendag uit draai;is wat hulle by jou leer;ma pa oupa ouma;ek wil ook nie he n onderwyser moet my kind godsdiens leer nie,want ken daai onie werklik die Here Jesus,hoe kan iemand my kind in die skool leer as hy of sy self nie Jesus Christus as sy salgmaker al aan geneem het nie.en ook nie in geloof lewe nie;ek se stig n klas waar kinders kan by mekaar kom en kry iemand wat werklik die Here ken soos die woord se,en bring so die woord,die wat dit wil by woon kom die wat wil weg bly bly weg;so stel ons jul almal dan te vrede;
Tyrone 9/20/2009 9:54:59 AM
God is Groot en Almagtig! Ons Christene is die meerderheid en laat toe dat die minderheid ons onderdruk soos in die dae van Egipte. Die probleem le dat te veel van ons, ons liggies onder die maatemmer wil laat skyn. Dis tyd dat ons opstaan en die mense wys dat genoeg is genoeg. Prys die Vader, Seun en Heilige Gees!!
Verban godsdiens 9/20/2009 10:05:09 AM
Ek wil beslis nie he my kind moet leer van die god in die bybel nie want hy is "waarskynlik die mees onaangename karakter wat ooit in fiksie bestaan het: jaloers en trots daarop; n kleinlike, onregverdige, onvergeeflike beheer-vraat; n wraaksugtige, bloeddorstige etniese suiweraar; n vroue-hatende, homofobiese, rassistiese, kindermoordenaar, volksmoordenaar, pes-verspreider, grootheids-waansinnige, sado-masogistiese, impulsief bose boelie". Dalk vir JULLE kinders n goeie voorbeeld - nie vir myne nie
JCM 9/20/2009 10:06:58 AM
Uit die kommentaar tot sover is dit opvallend hoe vlak onder die oppervlak die aggressie van christene werklik le.
Hulle WIL maar hul geloof in ander se gesigte druk, maak nie saak of dit met strikkies is nie. Hulle volgende stap is seker met geweld.....soos ons weet uit hul geskiedenis uit.
Hulle waan is hulle mening dat die christendom ‘n voorvereiste vir ‘n morele lewe is. Oral, soos ook in die volgende ‘link’ in Rapport, sien ons dat dit nie die geval is nie:
http://www.rapport.co.za/Content/Suid-Afrika/Nuus/2315/5ee0e91745914114b2a1d3b732343080/19-09-2009-06-19/Dominee_en_man_in_bos-seks_betrap

Adv Bradley Baron Worcester 9/20/2009 10:09:26 AM
Professor George , Die helse vuur wag vir jou.Jy sal jou moet bekeer .Elke oog sal Hom sien en elke knie sal moet buig dat Jesus die Koning is.As jy kinders het wat nie godsdienste beginsels geleer het nie, gaan hulle swaar kry deur jou dwaasheid. Skrik wakker. Ek is n advokaat , maar ek glo aan die Here.Kyk net hoe lyk die land ateis.
Mike 9/20/2009 10:22:23 AM
Dis eenvoudig. Ons woon in 'n sekule^re staat. Verbied enige godsdiens (alle gelowe) uit staats- of staatsondersteunde skole. Die wat dan hul kinders in hul geloof wil oplei, stig privaatskole sonder enige staatsondersteuning en gaan jul gang. Hoese^? O, julle is nie bereid om self vir jul geloofsopleiding te betaal nie. So gedink ja.
Wilhelm 9/20/2009 10:27:07 AM
Vader, mag U genade hulle bereik wat dit nodig het. Seen Prof George Claassen, en die vyhande van U koningkryk.
Mag God ons almal vergewe vir wat ons aan ons kinders doen....

Hy leef!!!
Madelein 9/20/2009 10:31:53 AM
Ek is skepties oor die prof Claassen en sy organisasie wat ongeloof wil afdwing op ander. Is dit nie in effek dieselfde as om geloof op ongelowiges af te dwing nie? Word almal se vryheid van geloof of ongeloof nie gewaarborg deur die grondwet nie? Hoekom dan moet ongeloof afgedwing word of voorkeur geniet?
Dirk 9/20/2009 10:45:19 AM
Mense, mense!!! Dis nie vir ons om 'n oordeel te fel oor enige iemand nie. Dis die alomteenwoordige GOD wat dit sal doen. Elkeen van ons het in elk geval die magtiste wapen wat geen muur of skans kan afweer nie. Kom ons as gelowiges vat hande in die gees saam vandag om 12H00 en vra dat die HERE onse GOD deur sy almagtige werking 'n wonderwerk kan doen om, al is dit net een, van die ongelowiges vandag tot inkeer sal bring. Ek sê dankie in JESUS se naam.
wysheid 9/20/2009 10:47:55 AM
@Casper - hoekom vra jy Capser vir mense..???. Ek daag jou uit om vir God (Jesus indien jy onseker is) te vra om Homself aan jou te openbaar as Hy werklik bestaan... Ek dare you...vra Hom om Homself aan jou te oopenbaar as Hy werklik is...
Ons sal jou een van die dae begin hoor getuig.
Laaste uur 9/20/2009 10:52:01 AM
Mense...ons leef in die eindtyd...hierdie dinge moet kom. Lees bietie Mat24. Daar gaan 'n tyd kom dat almal gedwing gaan word om die MARK te neem. Ons weet die Prof sal dit eerste he. Hierdie dinge (soos wat na die artikel verwys) is maar die begin van die dinge. Wees op julle hoede, maak julle oe oop vir die seisoene waarin ons is...en weet die Here Jesus is oppad!
Jacquess 9/20/2009 10:54:24 AM
Julle ouens moenie die arme Jesus freaks so aanvat nie - god sal julle bliksem. Onthou elke week dan bel God vir oom Angus en se: "Luister my engeltjie, gaan kry vir jou n klomp plattelandse boere bymekaar. Ek sal sorg dat die week se weervoorspelling op CNN is, gaan lees dit en voorspel reen soos dit daar staan. Ek sal soos gewoonlik myself stil en onsigbaar hou (jy weet mos dis nodig sodat ons die kleingelowiges kan uitvang). Onthou om die ingangsgeld the charge! Ons kan later die wins split"
Wiese 9/20/2009 11:09:54 AM
Dankie vir jou werk George. Dit is elke ouer se reg om tuis hul kinders op te voed in welke geloof hy wil. Los dit asb uit die skole. Ons kan nie nog 'n generasie blootstel aan ongure karakters wat die godsdiens interpreteer soos die standaard Christen doen nie. Jy hoef bloot die kommentaar van sommige Christene in hierdie verband te lees om te besef dat hierdie 'n gevaarlike groep mense is wat so ver moontlik van kinders moet wegbly met hulle eienaardige gedagtes.
alet 9/20/2009 11:14:54 AM
Ek stem saam met "verban godsdiens" se kommentaar. Ek wil nie my kinders weerhou om blootgestel te word aan die sienswyses en kulture van wereldsgodsdienste nie, maar moenie die christelike geloof as die enigste alternatief aan hulle agdwing nie. 'n Kind moet op 'n latere ouderdom die geleentheid gebied word om self hulle eie pad te vind, en indoktrinasie op skoolvlak is totaal en al ongevraagd. Veral in die lig van die barbaarse geskiedenis wat die christelike fundamentaliste op hierdie planeet gepleeg het.
Sylvia 9/20/2009 11:20:37 AM
Toe Jesus aan die Kruis gesterf het, is die uitslag van hierdie geveg reeds bepaal. Jesus is op sy troon!! Prof Claassen, waar het jy seergekry?
Skepties 9/20/2009 11:20:55 AM
Argumente hierbo dat om nie godsdiens in skole aan te bied nie ook n vorm van die afdwing van n sekere geloof (ateisme, skepticisme) is, is pleinweg nie korrek nie. Wat Klaassen vra is net dat n irrasionele geloof wat net op "persoonlike ervarings" gegrond is, nie as feite voorgehou word aan kinders in openbare instansies nie. As ouers hul kinders tuis wil onderrig in godsdiens gaan geen ateis hulle probeer stop nie. Selfs ver in die toekoms sal daar waarskynlik steeds "geloofgemeenskappe" oorbly soos die Amish in Amerika, maar die van die hoofstroom kan daar nie verwag word om grootskaalse toegewings te maak uit respek vir hulle geloof nie.
ANTON 9/20/2009 11:26:56 AM
George, George George !Jou leuens klink alte veel na die van jou vader, Satan homself. Mag Christus se lig oor jou skyn sodat jy van die duisternis na die lig kan kom. Sien, jou vader se oorlog is teen Christus alleen en daarom spreek jy jouself nie uit teen Allah of Mohammed nie.
Natas 9/20/2009 11:36:55 AM
Die verskil tussen Claassen en fundamentalistiese Christene/ander gelowiges, is dat Claassen in die gesig van werklike bewyse vir die bestaan van n god (soos in watter antieke geskrif ookal beskryf) sy siening waarskynlik dadelik sal verander en erken hy was verkeerd. Baie Christene sal aanhou vasklou aan hul geloof maak nie saak watter bewyse hulle in die gesig staar nie.
Sophia 9/20/2009 11:41:52 AM
Sjoe.....al wat ek kan sê is my God is groot en magtig. Kyk om julle rond en sien wat is besig om die jeug te gebeur.....sedert Christelike Godsdiens taboe is en werk self die sommetjies uit. Mag God julle eendag almal genadig wees!
johan 9/20/2009 11:56:56 AM
Ja nee,daar is geen Skepper nie. Die feit dat Buchan 100% reg was oor sy reén voorspelling in Upington (iets wat CNN selde regkry asook die feit dat die droogte in 'n deel van Auz gebreek terwyl Angus daar was en dit voorspel het is blote toeval. Jy wat glo dat jou oeroupa grootjie 'n poel modder was, wat deur weerlig raakgeslaan is en toevallig 'n amoeba gevorm het wat meer kompleks is as 'n NASA ruimtetuig,is 'n groter gelowige as ek. Sé nou jy is verkeerd,dat jou teorie dat die gas(wonder WIE het dit gemaak) wat ontplof het en orde(ek het nog NOOIT orde uit 'n ontploffing gesien nie) gemaak nie waar is nie, wat dan?
Derik van Wyk 9/20/2009 11:57:20 AM
Dit maak my bang om te sien hoeveel Afrikaners, 'n volk wat homself beroep op sy gelowigheid, vandag op die dwaalspoor is. Ek doen 'n beroep op almal om hulself te bekeer en God se weg te volg. Baie maak die fout om ons God as 'n liefdevolle swakkeling te sien. Eendag sal ons almal voor die Almagtige Jahwe staan, en sy toorn sal die goddelose verslind. Ons as Christene mag nie nou Sy Naam verloën en stilbly nie.
Dewald 9/20/2009 11:58:12 AM
Ou Casper, ek dag dan julle ateiste beskryf geloof as "wetenskaplik ontoetsbaar". Nou hoe wil jy dan iets soos "God" fisies bewys? Heh ou pel?

Hoe skrywe ek altyd: Ek glo liewer daar is iets (soos 'n God), en daar's dalk eendag niks, as wat ek glo daar's niks, en o bli*ksem, daar is wel eendag iets...

Kom ons kyk hoe goed die "Raad van Kerke" nou die lat wat hulle vir hulself gepluk het met die liberale grondwet hulself hieruit gaan red.

Gelowiges, staan vas. Onthou, ons kan alles verloor, maar ons geloof nooit.
pieter 9/20/2009 12:06:35 PM
Die f*kkers wat wil he almal moet alewig "God" of "gode" bewys.

Hallo! Wetenskap = bewyse. Geloof = geen bewyse. GELOOF in GOD kan NIE BEWYS WORD NIE. Dis mos die punt for crying out loud. Hoe dom moet 'n ateis dan wees!
Mike 9/20/2009 12:07:19 PM
"Ons woon nie meer in Nazi-Duitsland of die apartheidstaat nie" maar ons is besig om al hoe meer te transformeer in 'n Kuministiese Suid Afrika staat, met sosialisme en humanisme as die doel voor oë. Godsdiens self is nie die probleem nie, maar ons evangelie is nl. Jesus Christus die enigste redder, koning en God wat weer terug gaan kom om die wereld te oordeel. Hulle het ‘n problem met ons fandamentele siening oor God, en dat ons nie saam kan stem met julle Wereld ekumeniese godsiens siening nl. “baie weë na die selfde god” nie. Intussen dwing die wereld, die staat en nou ons onderwys 'n ander godsdiens in ons keele af nl. die "evolusie leer" WAT ‘N GODSDIENS IS en nie wetenskap is nie! Dit leer ons kinders dat daar geen absolute waarhede is nie, dat ons bestaan ‘n deel is van ‘n kosmiese ongeluk en dat hulle wat dit leer absoluut seker daarvan is dat daar geen God is nie. Maar meskien is dit presies wat ons as Christene weer nodig het, vervolging en verdrukking weer sal begin wardeer wat ons gekry het uit genade uit en weer sal begin saam staan as die heiliges van God. Die evolusie leer is ‘n “fairytale” vir grootmense en die grootste oorsaak vir rasisme, nazism, relativism wat meer mense dood gemaak het as enige ander godsdienstige oorloë ooit. Dit is tyd dat ons Christene in die land begin wakker skrik en hulle “toys” begin uitgooi. Vir meer inligting oor die skeppingsleer, die bewyse en die wetenskap gaan asb na www.creation.com, www.answersingenesis.org – Ouers dit bly jou verantwoordelikheid om jou kind van God te leer en hom/haar bloot te stel aan ander wetenskaplike sieninge. Hulle gaan dit nie leer op skool of op sondagskool nie. Prof. die hare gaan waai!
Doc Guru 9/20/2009 12:12:19 PM
Nou ja, Ek het mos gese die grootste oorsaak vir oorlog is Godsdiens. Hier is die bewys. Maar ek het een vraag. Hoeveel van hierdie skynheilige Christene is werklik Christene is die ware sin van die woord. By hoeveel van hierdie mense gaan ek "pirate software" kry? Of dalk gesteelde goedere wat eintlik aan die baas behoort? Of dalk uitstaande boetes? Die Christene is gou aan Ateiste aan te vat, maar wat hulle vergeet is dat ons onself nie "heilig" hou en dan die kat in die donker knyp nie. Dalk moet die Christene werklik leef volgens hulle EIE Bybel se voorskrifte en ons uitlos. Snaaks dat hulle profesies in die Bybel aanvaar maar alle ander voorspellings as "Satan's goed" bestempel. Ek weet in elk geval nie van Satan se bestaan nie - Geen bewyse is nog voorgele nie. Wat ek glo het nog geen Christen benaadeel nie, en ek dwing my "geloof" ook nie in ander mense se keelgatte af nie. Christene moet dalk eerder n "Christelike staat" stig en soos n vroeer skrywer tereg opgemerk het, Ons land was deur ook deur Christene regeer wat vir ons gelieg het. Dis hoekom ons in hierdie gemors sit van vandag. Vaderland, hierdie debat het my nou erg moerig. Sowat van arrogansie van die Christene maak my sommer dik vir hulle strooi. En toe moet die ANC ook nog uitwys van korrupsie in hulle eie Bybel. Genade, los ons uit. Dis ons keuse of ons wil glo of nie. Staak nou julle dubbelsinnige nonsens en gaan aan met julle lewens sonder om ons te probeer "bekeer". Ons weet die grootste en beste besigheid bly die kerk. Vat nou maar die Rhema se leier as voorbeeld. *Sug* Ek dink die kerke moet begin belasting betaal. Terloops, ek weet van n gesteelde rekenaar wat in n NG kerk is en niemand se iets daaroor nie. Die persoon wat dit geskenk het is dan n Christen.... *tsk* Basta nou met julle snert. Gaan praat julle nonsens in julle kerk en los ons uit.
Johnson 9/20/2009 12:12:22 PM
Ek wonder of die Prof Claassen gaan regkom by die Joodse Skole en die Moslem Skole en die Rooms Katolieke Skole. Miskien moet hy daar begin met sy hofsake en wanneer hy daar tweede gekom het hoop ek hy verstaan biekie meer van die lewe, kan een Professor nou so dwaas wees en so verward raak van al die boeke wat hy lees ?
Wonder? 9/20/2009 12:13:10 PM
Ek wonder waarom nie-gelowiges so veg teen gelowiges? As ons (Christene) so verkeerd is het julle mos niks om te verloor nie. Maar as ons reg is het julle als om te verloor, ek dink dit is hoekom dit so belangrik vir julle is om te veg. Onthou die Bybel leer ons hoe om in liefde saam met mekaar te leef, vreedsaam. As ons verkeerd is, is dit nie alreeds 'n groot voordeel nie? Wonder maar net..
Taksman 9/20/2009 12:13:18 PM
Ek het 'n plan. Almal wat se kinders nie godsdiens op skool mag ontvang nie, mag ophou belasting betaal. Almal wat dit nie wil doen nie, moet dan self al die staatsinstellings in stand hou. Hoe's daai.
Duane 9/20/2009 12:14:56 PM
WOW Jacquess!!! Jy is behoorlik van die pad af soos al die ander slim ateiste!! Snaaks dat jy God eers met kleinletter an dan grootletter spel. So eintlik glo jy? En jy is reg. God gaan die wat nie glo nie met sy krag soos bliksemstrale vernietig. Ek oordeel nie maar ek kan nie sulke snert hanteer nie. Ek bid dat julle tipe slimmes vergewe sal word.
Johan 9/20/2009 12:15:53 PM
Jacques om 'n bespotting van iets of iemand te maak in enige geloof is bewys van jou karakter en basiese respek. Om met GOD te spot wel ek hoop vir jou part ons Christene is nie reg nie :) (ongelukkig weet ons die waarheid so sorry)
Pieter 9/20/2009 12:19:23 PM
Geloof is n goeie ding. Dit hou die massa in van die samelewing in orde. Dis goed dat kinders gebreinspoel word met stories van God of Jesus. Dit maak hulle meer gehoorsaam, en verseker n beter samelewing.
Jan van Niekerk 9/20/2009 12:26:12 PM
Lees gerus die vlak twak wat George Claasyn kwytraak in sy "wetenskap" artikels. Lank soek hy 'n bakleiery, maar hy is net mans genoeg om met kinders te bakelei. Hy will graag kinders laat struikel, soos hy ook struikel in die donker. Vir hom sou 'n meulsteen om die nek ook beter wees.
john doe 9/20/2009 12:30:00 PM
Mense, vergeet van kritiseer. Bid eerder vir Prof. Claasen. Dis nie vir ons om te oordeel nie. Hierdie man het gebed nodig.
P 9/20/2009 12:32:45 PM
Dan moet ons vakke soos Natuurwetenskappe, tegnologie, bestuurswetenskappe ens. ook uit die skole verban. As Skepties SA regtig nie glo daar is 'n God nie, kan godsdiens mos nie skade doen nie? Dit leer dan slegs vir leerlinge 'n paar lewenslesse soos naaste liefde, talent ontwikkeling, geduld, vriendelikheid, respek, trots ens. Dit moet, uit Skepties SA se oogpunt, dan as niks minder as net nog 'n skoolvak gesien word nie, 'n tipe lewensorientering. Uit die aard van die trant van die artikel en argumente, probeer Skepties SA net publisiteit verkry waar hulle weet hulle dit gaan kry - geloof sal altyd 'n kontroversiele onderwerp wees.
Millie 9/20/2009 12:34:49 PM
Ek kan nie verstaan dat mense altyd krap waar dit nie juk nie. 'n Gebed en 'n paar lyne uit die Bybel, Koran of Tora, kan enige kind net goed doen. Skepties Suid-Afrika moet liewer kyk of hulle honger en huislose kinders kan help en die paar gebede op skool uitlos.
Etienne 9/20/2009 12:38:19 PM
En elkeen wat een van sulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My;
maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ’n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.
Wee die wêreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom.
Die Bybel: Ou Vertaling, (Suid–Afrika: Bybelgenootskap Van Suid–Afrika) 1953.
Skaam Afrikaner 9/20/2009 12:41:20 PM
Moet in ons gene wees! Of is dit net die breinspoeling van die afgelope 200 jaar? Onthou nou weer hoekom ek nie van godsdiens in skool gehou het nie - vuur wat jou gaan brand, satan wat jou met sy vurk gaan steek, die duisternis wat vir ons wag!! Het altyd gedink dat my pa beter as die mense se god is, sou nooit die goed aan een van sy kinders gedoen het nie. Dankie tog hierdie is in Afrikaans - dink net as die buitelanders dit lees! Seker soos die Afrikaners wanneer hulle van die tokkolos hoor
anthony 9/20/2009 12:41:34 PM
Georgie, word wakker en sien waarheen jy gaan1 Ons almal maak foute maar om 'n fout soos die te begaan sal jou eendag die Ewige Lewe kos! Los God se Kinders uit!
Jaco 9/20/2009 12:47:57 PM
@verban godsdiens.. JY PRAAT NIE SO OOR ONS GOD NIE!!!! Toon bietjie respek! Jou oordeels dag sal kom. GOD IS DIE SKEPPER VAN ALLE DINGE! ALFA EN OMEGA!!! Leer HOM ken en jy sal sien hoe jou lewe verander! Ek kan getuig daarvan! Jesus Christus is die beste ding wat ooit kon gebeur het!! ek kry trane in my oe om te sien hoe die mense hier teen Hom is!!
Johan M. Pretorius 9/20/2009 12:54:26 PM
sover ek verstaan maak die grondwet voorsiening daarvoor dat 'n skool byvoorbeeld 'n moslemskool of christenskool kan wees. alhoewel dit nie bestaanreg gee aan sodanige skool vanwee sy status en registrasie nie, bestaan die raamwerk wel. wat wel verander het is die gdwonge deelname aan sodanige aktiwiteite binne 'n bepaalde skool, en dan nou spesifiek mbt grodsdiensonderrig/tyd. kinders hte die reg om te kies en doen dit ook.dit is jammer dat prof Claassen gestenig word deur so baie mense, terwyl hy maar net soos baie in die verlede 'n werk en mandaat het om uit te voer. of hy nou daarmee saamstem al dan nie, is wat my betref nie tans ter sprake nie.dit is inderdaad 'n hartseer dag, omdat ons soos met baie goed, kritiseer wat ons nie ken en verstaan nie. ons as christene eien onsself ongelooflik baie goed en regte toe, juis omdat ons christene is. ek is van mening dat ons juis verdraagsaamheid moet toon teen diegene wat ons dan nou wil onderdruk, en juis met ons gesindheid van liefde en openeheid Christus se gesindheid en inklusiwiteit behoort uit te leef. sonder om nog 'n magdom kritiek op myself te vergader omdat ek "my eie mense en my afrikaner christen reg verraai, laat ek dit onomwonde verklaar ten einde alle onduidelikheid uit die weg te ruim; daar is vir my net een God, en een Here, een Jesus en een Heilige Gees. ek is van mening dat Jesus in ons skole, op ons skoolbanke, in ons kinders se harte, in ons onderwysers se gees ons enigste redding is". my persoonlike gebed is dat Mnr Zuma vir Jesus nodig het, en dat hy Hom sal ontmoet en leer ken. slegs dan het ons land, ons mense en ons kinders 'n regverdige kans.
kobus 9/20/2009 12:56:12 PM
Ag ou Mike word wakker, ek hat al dertien jaar gelede my kinders in 'n privaat Christelike skool gesit, EN self daarvoor betaal, terwyl my belasting ondermeer op jou sogenaamde godsdiens vrye skole vermors is. En ons land het natuurlik van wonderlik na fantasies gegaan ne.
Bekommerd 9/20/2009 12:56:29 PM
Dis insigewend om te sien hoeweel wyshede en teenkanting daar is as dit by Godsdiens kom...duidelik is daar baie mense bang vir die Woord van God en vir die krag wat dit dra en inhou. Wil ons dan graag ook vir die toegewyde, God's- lasterende ondersteuners se... Please TRY GOD...if you don't like it....the DEVIL will always take you BACK...! Maar moenie, die enigste kans wat die kinders in die reeds "siek" wereld het om kinders van GOD te word, nog weg vat nie...want baie van hulle "slim", ouers....leer hulle lankal nie meer van die Here nie... Baie dankie vir die Skole en ander instansies...wat wel bereid is om in te staan vir die "slim", ouers... Net so kan ons se van die algemene dissipliene en respek em selfrespek...wat lankal blykbaar onwettig is in die skole ook....en ons almal ken die resultate van dit.... Vandag se kinders...wil alle regte he...met geen verantwoordelikhede nie...soos die ouers wat ook nou so kla en neul, oor die Godsdiens in skole..., want sien...net nou beteken dit dalk net dat die selfde, "slim", ouer, dalk moet betrokke raak in die opvoeding van sy kinders...wat die leiers van more gaan wees... Onderig ons nie die kinders in die BYbel nie....maak ons SLIM DUIWELtjies van hulle... Dankie aan die Skole wat steeds waardes het....
Louis 9/20/2009 1:00:13 PM
Onthou net dat Satan enige iets sal probeer om die Christendom kleiner te kan maak. Op hier die stadium gebruik hy net vir prof Claasen om sy vuilwerk te doen. Tipies die Satan se werk, om onmin te saai onder die gelowiges, en te probeer dat ons kinders minder in aanraking kom met hulle geloof.
Heyla 9/20/2009 1:07:49 PM
Net nog 'n rede waarom ek nie my kind in 'n staat skool sal sit nie. Ten minste by die BCVO Volkskole weet ek my kind kry die Christelike Volkseie onderrig wat hom toekom. Waarheen gaan die wêreld as ons nie eens meer Godsdiens beoefen in 'n plek soos 'n skool nie? Is daar dalk al 'n meningsopname gedoen om uit te vind hoe min ouers nie wil hê hulle kinders moet godsdiens beoefen nie? Kyk wat het in amerika gebeur noudat Godsdiens uit die skole verban word, wanneer gaan ons nou metaalverklikkers nodig hê by skole, want ek neem aan dat geweld en misdaad defnetief nou erger sal wees in staat skole. Proffie, ek neem aan jy het jou siel verkoop aan Satan, soos so baie van on Pop en Rocksterre. Ek kan net bid vir jou en jou gevolg en hoop dat jy wel tot jou sinne sal kom
Jaco 9/20/2009 1:12:31 PM
Vader Vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie...
Duane Bouwer 9/20/2009 1:14:46 PM
Mense soos Jacques en DP en George en al die trawante....Christene oordeel nie as hulle in stomme verbasing reageer om belaglike stellings deur oningeligte ouers repliek op te lewer nie. Nee, dis eerder skok!! Gaan lees die Bybel, bekeer julle en laat julle doop. Dis baie beter om daardie versekering te he van 'n Ewige Lewe as die pyn van die hel!!! Doen dit vir julleself en julle kinders want julle staan verantwoordelik!! Baie ateiste het al hulle harte vir die Here gegee en bekeer. En hulle het ook gereageer soos wat hierdie ongelowiges nou doen. Doen dit voor dit te laat is, asb. Ek weet my kinders is gelukkig veilig.
PIETER-JOHN 9/20/2009 1:16:20 PM
Ek is 12 jaar oud en beslis nie geindoktrineer nie, maar will net dit vir jul almal se. "I LOST A TEARDROP IN THE SEA THE DAY I FIND IT IS THE DAY I WILL STOP LOVING MY GOD".
John 9/20/2009 1:30:42 PM
Charles, moenie dat jou beperkte denke, gesetel in 'n brein so groot soos 'n pomelo, jou hele toekoms ruineer nie. Jy en sogenaamde geleerdes (met baie kennis en bitter min wysheid) dink dat as iets nie fisies waarneembaar is nie, dit nie bestaan nie. God kan nie verklaar en in 'n boksie geplaas word nie. Die Bybel stel dit onomwonde - die ganse heelal kan Hom nie bevat nie - ook logies, want Hy is die Skepper van die heelal en alles wat daarin is. God is gees, en kan dus in elk geval nie sintuiglik waargeneem of verklaar word nie. Jy is soos 'n spreekwoordelike mier wat mens in jou hand toegevou hou - hy kan slegs die binnekant van my hand waarneem en weet nie eens van my uitgestrekte arm nie maar verklaar dan onomwonde dat ek nie bestaan nie - hoe belaglik! God openbaar homself op geestelike vlak aan dié wat Hom opreg soek en dien. Hy is 'n verhoudings-God, nie 'n onbetrokke entiteit nie. Aan Claassen en ander wat glo dat hulle van ape afstam, kan ek net sê: kyk maar wat het in Amerikaanse skole gebeur (Columbine ens) nadat God onwelkom verklaar is - hou jou heidense hande van ons kinders af!
Itna 9/20/2009 1:35:21 PM
Ons het n forum op facebook begin om die geloof te bespreek, kom deel jou mening daar, Itna Tsirhc
itnatsirhc@gmail.com
Kobus 9/20/2009 1:36:58 PM
Ateis en almal wat pleit dat godsdiens wegeneem word, jy dwing jou siening van geen godsdiens op my af, want al wil ek op my eie my Christelikheid beoefen, mag ek nie. Daarenteen wil jy my dwing om NIE my God te loof en my kinders toe te laat om dit te doen, volgens Sy bevel. Jou kinders mag maar net die klas te verlaat.
Fritz Ahrens 9/20/2009 1:41:49 PM
Daar is net een God wat ek ken . Die ander gode is van die duiwel. Ek het n doop belofte afgele , dit beteken daar is net eenskool vir my kinders nl CVO.Enige persoon wat sy kind in n staatsskool sit kom nie sy belofte wat hy in die Kerk voor God, dominee en die gemeente nie na ,dus jy wat jou kind in die staats skool sit het vir God blatant gelieg . Maak reg jy het nog tyd om jou kind in die regte skool tesit, jy is dit aan jou God verskuldig.
Andries Pretorius 9/20/2009 1:44:16 PM
As julle regtig bereid is om te buig en baie baie laag, trek Orania toe en kry 'n pak slae daar waar die sogenoemde Christene die septer swaai. Die klein dorpie wat glo die volk se siel huisves het om elke hoek en draai 'n kerk en 'n priester - elkeen met 'n ander gekleurde boodskap van liefde. Ha Ha Ha! Die "Satan" wag vir jou in Orania!!!
piet van vuuren 9/20/2009 1:55:45 PM
ek glo nie onse prof is deel van die anti-chris nie ek persoonlik dink hy is die anti-chris hom self maar ou vriend die Here kan ook even jou oe oop maak.
Sarel Gronum 9/20/2009 2:07:25 PM
Hallo Nicolette. Hoop dit gaan goed. Stem heelhartig saam met jou. "Voeg bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort". Indien jy nie wil hê jou kind moet in 'n skool met 'n christelike karakter skoolgaan nie, stuur hul dan na 'n skool wat meer versoenbaar is met jou waardesisteem. Waarom moet christen-ouers wat 'n doopbelofte afgelê het weerhou word van 'n gevestigde reg om hul kinders dienooreenkomstig hul geloofsoortuigings te laat onderrig? Nee, dit is vir my duidelik wie die ondraaglikke party in hierdie debat is!
Helena 9/20/2009 2:08:46 PM
Ek bid vir almal wat al hierdie godslasterlike uitsprake maak. Ons God is van ewigheid tot alle ewigheid, Hy leef, al forseer wie ook al Hom uit skoolonderrig, Hy sal bly bestaan, so ook die Christelike godsdiens. In lande waar die Christendom onderdruk word, kom honderde mense daagliks tot bekering. Dit is statistieke, vir die wetenskaplikes wat nie wil glo in die Onsigbare nie. Die ewolusieteorie wat as feit in skole verkondig word, is ook 'n geloof, want dit is nog steeds nie wetenskaplik bewys nie (missing link!). Wat gaan Prof Claassen daaraan doen? Mag God julle almal vergewe. En vir almal wat al seergekry het agv skynheilige "naam-christene:" Ware Christene maak nie mense seer nie, maar dra God se liefde uit in alles wat hulle doen. Moenie julle laat mislei nie.
Baie liefde in Christus
Coby 9/20/2009 3:03:48 PM
Prof, jy is reg uit die hel uit, dus mense soos jy wat die Bybel ons teen waarsku. Lees die berig hieronder en besluit vir jouself Geen rede om meer in ’n god te glo nie Is daar redes om te glo? Of is geloof en rede onversoenbaar? George Claassen, president van Sceptic South Africa, beantwoord dié vrae dadelik en direk met ’n nee en ’n ja. Nee, daar is geen enkele rede om vandag nog te glo of te moet glo nie. Daarvoor het die wetenskap sedert Copernicus en Galileo in die 16de eeu, Darwin in die 19de eeu en moderne bevindings vandag te verdoemend die sprokies wat in die Bybel, die Koran en ander heilige boeke voorkom, finaal nek omgedraai. En ja, geloof en rede is inderdaad onversoenbaar in die eeu waarin wetenskaplike bevindings en rasionaliteit die enigste meganisme is om te oorleef in ’n heelal en sonnestelsel waarin die God waarin soveel glo, duidelik nog nooit sy of haar verskyning gemaak het nie, of darem te dêm stil is wanneer die mens hom of haar die nodigste het. Ek wil as wetenskaplike en rasioneelingestelde mens met ’n gekalibreerde en aangeskakelde onsinverklikker bietjie ’n draai maak by die letterkunde, en wel by Lewis Carroll se Alice in Wonderland. Verlede jaar het die toonaangewende Britse embrioloog Lewis Wolpert juis liewe Alice en haar blootstelling aan die irrasionele denke van die Wit Koningin nadergetrek in sy briljante boek, Six Impossible Things Before Breakfast. Die wetenskapjoernalis Charles Wallace het ook onlangs daarna verwys in sy artikel in By waarin hy verduidelik het waarom neurowetenskaplikes deesdae so intens navorsing doen oor die verskynsel van religie en die mens se behoefte aan gode. Alice vind dit moeilik om in onmoontlike dinge te glo. Dit vertel sy aan die Wit Koningin wanneer hulle oor geloof praat. Maar die Wit Koningin laat haar nie van stryk bring nie. "I dare say, you haven’t had much practice. When I was your age, I always did it for half-an-hour a day. Why, sometimes I’ve believed as many as six impossible things before breakfast," vertel sy aan Alice. Nee, daar is nie ’n wetenskaplike werklikheid soos ’n God-geen nie. Die navorser wat dit eerste geformuleer het, Dean Hamer, is reeds lankal gediskrediteer en verkeerd bewys, al het die media met fanfare oor sy God-geenteorie verslag gedoen (Terloops, Time, Newsweek en Der Spiegel verkoop op hul beste wanneer hulle ’n godsdienstema op hul voorblad plaas). Praat dan liewer van ’n God-meem of godsdiens-meem. Richard Dawkins neem dié evolusionêre proses van variasie, seleksie en oorerflikheid ’n stap verder en in The Selfish Gene pas hy dit toe op menslike nabootsing en kulturele oordrag deur biologiese gene uit te brei na wat hy meme noem. ’n Meem is ’n eenheid van kulturele oordrag, of ’n eenheid van nabootsing. Gene word gerepliseer, gekopieer van ouers na nasate van generasie tot generasie. Ooreenstemmend hiermee is ’n meem enigiets wat gerepliseer word van brein na brein, via enige vorm van kopiëring, verduidelik hy. Volgens Dawkins kan meme goeie idees wees, goeie melodieë, goeie gedigte, of ook kaf, soos slagspreuke. Enigiets wat deur nabootsing versprei, soortgelyk aan die verspreiding van gene deur liggaamlike reproduksie of virale infeksie, is ’n meem. En godsdiens is vandag een van die sterkste meme wat waarneembaar is in die sosiale gedrag van mense. Die Britse wetenskaplike Susan Blackmore, vandag die leidende navorser oor memetiese verskynsels, gee ’n uiteensetting van die verskil tussen wetenskap en godsdiens. Die wese van wetenskap is die wetenskaplike metode, wat berus op die toetsing van enige idee. Godsdiens werk nie so nie. Dit bou teorieë oor die wêreld en probeer dan verhinder dat dit getoets word. Godsdiens verskaf aangename, aantreklike en gerusstellende idees, en klee hierdie idees dan in ’n masker van die ‘waarheid, skoonheid en goedheid’. Die teorieë kan dan gedy, al is hulle onwaar, lelik of wreed, skryf sy in haar boek The Meme Machine. Daar is mense, veral gelowiges wat darem erkenning aan die wetenskap wil gee, wat die Amerikaanse paleontoloog Stephen Jay Gould se NOMA-beginsel propageer. Volgens Gould is godsdiens en wetenskap twee verskillende terreine; hy noem dit Nie-oorvleuelende Magisteria. Hiervolgens moet wetenskap sy neus uit die sake van godsdiens hou en omgekeerd. Maar Gould se status as wetenskaplike het sedert sy dood in 2001 sterk gedaal en sy NOMA-beginsel word om verskillende redes deur belangrike wetenskaplikes verwerp. Vandag aanvaar die hoofstroomwetenskap eerder Dawkins, Sam Harris, Daniel Dennett, Steve Jones, Jared Diamond, Lewis Wolpert, Ernst Mayr en Victor Stenger en talle ander vooraanstaande wetenskaplikes se standpunt dat Gould se NOMA-beginsel heeltemal te akkommoderend teenoor godsdiens is, veral omdat godsdiens propageer dat wonderwerke wat teen alle fisiese natuurwette indruis, moontlik is. Stenger, ’n Amerikaanse fisikus, het juis in sy boek God: The Failed Hypothesis – How Science Shows That God Does Not Exist die absurditeit van godsdienstige aansprake in die lig van wetenskaplike bevindings aangetoon. Dawkins skryf in The Devil’s Chaplain dat elkeen van hierdie wonderwerke wat godsdienstiges verkondig, inderdaad aanspraak maak op wetenskaplikheid, "a violation of the normal running of the natural world". Om in wonderwerke te glo, is om die wette van die natuur omver te gooi terwyl dit die een wat glo onmiddellik in die veld van die wetenskap plaas. As teoloë wil eerlik wees, moet hulle ’n keuse uitoefen, skryf Dawkins. "You can claim your own magisterium, separate from science's, but still deserving of respect. But in that case you have to renounce miracles." ’n Beduidende persentasie van meer as 90% van die elite wetenskaplikes in Brittanje en die VSA stem hiermee saam. Wolpert verwys in Six Impossible Things Before Breakfast – The Evolutionary Origins of Belief na die Wit Koningin-sindroom wat so kenmerkend is by gelowiges en aanhangers van die paranormale. Volgens Wolpert wys deurlopende navorsing dat die persentasie wetenskaplikes wat in ’n god glo, sedert 1914 drasties gedaal het. Dit is opvallend dat hierdie dalende syfer juis in die vroeë jare van die 20ste eeu waarneembaar begin word het toe Darwin se evolusieteorie nuwe lewe begin kry het danksy die ontwikkeling van moderne genetika. En daarna natuurlik die geweldige vooruitgang wat gemaak is in ons kennis van die heelal deur moderne kosmologiese bevindings. Toe Darwin in 1859 The Origin of Species publiseer, het Gregor Mendel nog nie sy genetiese eksperimente in ’n Augustynse kloostertuin in Brünn, Bohemië voltooi nie. Mendel het uiteindelik sy navorsing in 1866 in ’n obskure Duitse vaktydskrif gepubliseer, maar Darwin, wat in The Origin of Species ruiterlik erken het hy weet nie waaraan die variasie tussen individuele organismes, waarop natuurlike seleksie inwerk, toegeskryf kan word nie, kon nie Duits lees nie. En was tot sy dood in 1882 nie bewus van Mendel se belangrike werk wat in wese sy evolusieteorie kragtig ondersteun en bevestig het nie. En as hy dit wel gelees het, sou hy miskien nie die waarde daarvan in daardie stadium van wetenskaplike ontwikkeling besef het nie. Eers in die vroeg 20ste eeu is Mendel herontdek en het dit gelei tot die ontwikkeling van die moderne genetika wat in 2001 ’n hoogtepunt bereik het met die kartering van die menslike genoom. Wolpert toon aan hoe wetenskaplikes van aansien stelselmatig oor ’n tydperk van byna ’n eeu, "danksy die wese van wetenskaplike bevindings en ontdekkings, minder gelowig geword het, juis omdat hulle dit as kenners eerstehands beleef, in die laboratorium, deur die lense van verkykende teleskope, in die stof van Afrika, China en ander plekke waar fossiele die evolusionêre verlede oproep," soos Charles Wallace dit in sy artikel in By stel. In twee ondersoeke in 1914 en 1933 is wetenskaplikes onder andere die volgende gevra: Glo jy in ’n God wat kommunikeer met mense en tot wie ’n mens kan bid en van wie jy ’n antwoord kan verwag? Glo jy in ’n ewige lewe? Ja, Nee en Ek weet nie was die enigste moontlikhede hoe hulle kon antwoord. Die ondersoeke is herhaal in 1996 en 1998. Tussen 1914 en 1998 het die persentasie van wetenskaplikes – dit sluit geestewetenskaplikes in – wat in God glo, konstant gebly op ongeveer 40%. Maar onder die natuurwetenskaplike elite – wenners van Nobelpryse, die Field-medalje en ander gesaghebbende natuurwetenskaplike toekennings – het net 30% persent in God geglo in 1914 en teen 1933 het dit gedaal tot net 20%. In 1998 het die elite wetenskaplikes van die Royal Society se Amerikaanse eweknie, die National Academy of Science (NAS), net 10% gelowiges gehad, waar bioloë die sterkste verteenwoordig was, verduidelik Wolpert. Dit is ’n belangrike bevinding omdat die biologie, soos ek later in ’n paar aanhalings sal toon, die wese van Darwin se evolusieteorie uitmaak. En dit is Darwin wat die skeppende godheidsgedagte in die 19de eeu sy eerste ernstige kopskoot gegee het – ’n wond wat daarna stelselmatig deur die openbaringe van moderne genetika septies geword en uiteindelik tot die dood van die Ewige Lewe-verwagting sal lei. Volgens die Larson en Witham-navorsingstudie van 1998, toon Dawkins in The God Delusion aan, wys soortgelyke getalle vir die Royal Society in Brittanje dat topwetenskaplikes wat in ’n godheid en ’n ewige lewe glo, ’n baie klein persentasie geword het. Net 3,3% van Brittanje se topwetenskaplikes het sterk saamgestem met die stelling dat ’n persoonlike god bestaan. Soos Wallace wil ek ook vra: Is hierdie oorweldigende statistiek teen dit waarvoor godsdiens staan relevant? Behoort die getalle wat ek hier genoem het, gewig te dra?Myns insiens is dié statistiek wat die menings van kundiges oor die moontlikheidsfaktor van ’n skeppende godheid in die lig van rasionele wetenskaplike bevindings weeg, inderdaad hoogs relevant en behoort ons dit ernstig op te neem. Kom ek gee ’n voorbeeld: wanneer wetenskaplikes in hofsake geroep word om te getuig oor hul bevindings, kan hul kundigheid en kennis swaar gewig dra in howe se uitsprake. Ek het geen twyfel dat as dié soort statistiek in ’n hof aangebied word deur topwetenskaplikes, dit onvermydelik sou wees dat die oorwig van getuienis deur gerekende kenners soos dié van die Royal Society en die NAS teen die waarskynlikheid van ’n Intelligente Ontwerper, die triomf van wetenskap in vandag se diskoers sal bevestig. Dawkins stel dit duidelik en ondubbelsinnig in sy hoogaangeskrewe werk, The Selfish Gene: "Die heelal wat ons waarneem, het presies die kenmerke wat ons sou verwag as daar in wese geen ontwerp, geen doel, geen kwaad, geen goed, niks anders as sinlose afsydigheid is nie ... Ons is masjiene om DNS voort te plant ... Dit is elke lewende voorwerp se enigste rede om te leef." Die Amerikaanse filosoof David Hull stel dit selfs sterker in sy verdoemende resensie van die boek Darwin on Trial deur die aartsvader van Intelligente Ontwerp, die regsgeleerde Phillip Johnson. In die tydskrif Nature haal Hull Darwin self aan wat oor ’n liefdevolle skepper-God die volgende te sê gehad het: "I cannot persuade myself that a beneficent and omnipotent God would have designedly created the Ichneumonidae with the express intention of their feeding within the living bodies of caterpillars." Hull skryf verder: "Whatever the God implied by evolutionary theory and the data of natural history may be like, He is not the Protestant God of waste not, want not. He is also not a loving God who cares about His productions. He is not even the awful God portrayed in the book of Job. The God of the Galápagos is careless, wasteful, indifferent, almost diabolical. He is certainly not the sort of God to whom anyone would be inclined to pray." Ook vir Wolpert is wetenskaplike denke die hoogste doel in die lewe: "My denke is gegrond op ’n geloof in die wetenskaplike proses, en die noodsaaklikheid vir bewyse ... Ek is verbind tot wetenskap en glo dis die beste manier om die wêreld te begryp ... Ek weet van geen goeie bewyse vir die bestaan van God nie ... Die wetenskap verskaf by verre die mees betroubare metode om vas te stel of iemand se geloofsoortuigings geldig is. Dit mag moeilik wees, omdat dit dikwels teen gesonde verstand indruis, maar sy waarde is onmeetbaar." Die beheptheid van ons Afrikaanssprekendes om dit wat ons nie kan verklaar nie aan God toe te skryf, is die maklike, onkritiese en nie-ondersoekende weg: Gideon Joubert het dit gedoen in sy topverkoperboek, Die Groot Gedagte. En ongelukkig ook Leon Rousseau in Die Groot Avontuur. En daagliks sien ons dit in die Afrikaanse media in die woorde en uitsprake van vooraanstaande Afrikaanses soos Wilhelm Jordaan, Okkie Geyser, Anton van Niekerk, Louw Alberts, Eugène Cloete, die Princeton-brigade van Sorita Baard en Wentzel van Huyssteen en ander wie se gesigte ek hier in die gehoor waarneem. Die bewyse vir evolusie het nou so oorweldigend geword dat heelwat gelowiges dit selfs aanvaar. Maar die nuwe manier om verby die aaklige werklikheid van evolusie te kom (aaklig vanuit die oogpunt van die skeppingsverhaal van die Bybel), is om die vae idee van ’n Intelligente Ontwerper voor te stel. Hierdie Intelligente Ontwerper het dan kwansuis evolusie ingespan vir die skepping om te ontwikkel. Wie hy of sy is, word nie openlik gesê nie, hoewel die Discovery Institute in Seattle, die groot propageerders van Intelligente Ontwerp, reeds in ’n onbewaakte oomblik erken het dit kan net die God van die Christelike godsdiens wees. Waar dit die arme Moslems laat met hul eie unieke Intelligente Ontwerper weet nugter alleen! Die Amerikaanse genetikus Jerry Coyne verklaar hierdie nuwe verskynsel so: "D ie werklike oorlog is tussen rasionaliteit en bygeloof. Wetenskap is maar een vorm van rasionaliteit, terwyl godsdiens die algemeenste vorm van bygeloof is." Hy gaan verder: "As die geskiedenis van die wetenskap ons iets wys, is dit dat ons nêrens kom deur ons onkunde ‘God’ te noem nie." Dit sluit aan by wat die Britse fisikus William Bowen Bonner oor die wetenskaplike metode sê: "Dit is die werk van wetenskaplikes om rasionele verduidelikings te gee vir al die gebeure in die werklike wêreld, en elke wetenskaplike wat dit aan God oorlaat om iets te verduidelik, is besig om sy taak te verloën. Dit is net so goed van toepassing op die begin van die uitbreiding (van die Heelal) as op enige ander gebeure. As die verduideliking nie dadelik gegee word nie, moet die wetenskaplike uitspraak voorbehou: maar as hy sy sout werd is, sal hy altyd vasstaan dat ’n rasionele verduideliking uiteindelik gevind sal word. Dit is die een stukkie dogmatisme wat die wetenskaplike homself kan gun – en daarsonder sal die wetenskap in gevaar verkeer om elke dag toe te gee aan bygeloof elke keer as ’n probleem vir ’n paar jaar nie opgelos kan word nie." Gelowiges gebruik aanhoudend die argument dat die wetenskap nie die bestaan of nie-bestaan van God kan bewys nie. Dit is ’n veilige skans waaragter geen rasionele en intelligente mens behoort te skuil nie. Dit is nie die wetenskap se plig en doel om God se bestaan te bewys nie. Soos die wetenskaplike van Yale-universiteit, Robert Dorit, dit in ’n artikel in Scientific American gestel het, "die wetenskap soek nie die vingerafdrukke van God nie". Dit is egter wel die plig van gelowiges om vir ons in ’n rasionele wêreld hul bewyse voor te lê vir die bestaan van die gode waarin hulle glo en waarvoor hulle aanhoudend beskerming vra teen kritiese vrae. Hieroor skryf Robert Todd Carroll, Amerikaanse akademikus, skeptikus en uitgewer van The skeptic’s dictionary: "Die argument van ontwerp is een van die ‘bewyse’ vir die bestaan van God. In sy basiese vorm lei dié argument uit die intelligente orde en geskape skoonheid van die heelal af dat daar ’n intelligente Ontwerper en Skepper van die heelal is. Kritici van die argument wys daarop dat dit aanneem wat nog bewys moet word: Dit aanvaar die heelal is ontwerp sodat bewys kan word dat dit die werk van ’n ontwerper is. Die argument onderdruk ook bewyse: Met al sy skoonheid en grootsheid is die heelal ook vol, om dit sagkens te stel, aaklighede. Om meer spesifiek te wees: babas wat sonder ’n brein gebore word, goeie mense wat verskriklik swaarkry en ly aan neurofibromatose, bose mense wat in die son lê en hul mag en reputasie geniet, ensovoorts. Vulkane wat uitbars, aardbewings wat die planeet laat skud, orkane en tornado’s wat daagliks duisende lewens eis. Om te sê, soos heelwat voorstanders van Ontwerp doen, dat dié aaklighede net vir ons aaklig lyk omdat ons onkundig is oor God se plan en visie en dat ons nie kan weet hoe goed dié aaklighede werklik is nie, is selfweersprekend. As ons nie kan weet wat goed is en wat nie, kan ons nie weet of die ontwerp, indien dit ooit bestaan, goed of sleg is nie." Die godsdienswetenskaplike en amperse kerkhervormer Sakkie Spangenberg, let wel, uitgeban as gevolg daarvan asof ons nog in die tyd van Galileo leef, bied ’n ander perspektief op die vertwyfeling wat gelowiges ondergaan elke keer as daar ’n natuurramp gebeur of mense ly: "Homo sapiens is nie die spil waarom die aarde draai nie – al wil die Christelike dogmas ons dit maak glo. Ook hierdie spesie kan soos die dinosourusse verdwyn – en dalk was die tsoenami-ramp ’n herinnering aan die moontlikheid." Nathan Bond, opgeleide teoloog en Suid-Afrikaanse sakeman en die uitgewer en redakteur van die weeklikse e-tydskrif oor die invloed van godsdiens, TART Remarks , verwys ook hierna in ’n artikel kort nadat die tsoenami van Desember 2004 almal laat probeer verduidelik het waar God dan was om so iets verskrikliks te voorkom: "Die verbouereerde en teenstrydige uitsprake van geloofsleiers oor die tsoenamiramp wil almal ’n Skepper- en Verlossergod beskerm en verskans. Maar die wetenskap se bevindings oor natuurkragte word in al die verduidelikings en verklarings misken en geïgnoreer. Die Aartsbiskop van Kantelberg het erken dat dit onder die omstandighede verstaanbaar is dat gelowiges aan die bestaan van God twyfel. Slegs die mees vergewende denker kan godsdiens se reaksie en kommentaar en verduideliking en analise van die tsoenamiramp ernstig opneem. Die godsdiens opper elke moontlike antwoord, maar die godsdiens het inderdaad geen antwoord nie. Die godsdiens se reaksie huiwer meestal tussen die waansinnige (dis oor sonde) en die venynige (dit toets ons geloof) en die gewelddadige (ná die Lissabon aardbewing van 1755, byvoorbeeld, is ketters wat God se toorn sou ontlont het, opgehang). Vir antwoorde moet ons liefs by die wetenskap aanklop: God het niks met die tsoenami te doen gehad nie. Die tsoenami is veroorsaak deur plaattektoniek-aktiwiteit – ’n aardbewing. Aardbewings is alledaags; daar is gemiddeld elke dag twee aardbewings van 2,0 of hoër op die Richterskaal iewers in die wêreld. Dit gebeur omdat die Aarde ’n dinamiese planeet is wat lewe op ’n dinamiese manier onderhou." Of soos Steven Weinberg, die Nobelpryswenner in fisika, dit gestel het: "As daar ’n God is wat spesiale planne met ons het, het Hy baie moeite gedoen om sy bekommernis oor ons weg te steek. Dit lyk vir my na swak maniere, selfs heiligskennis, om so ’n God met ons gebede lastig te val." Daar is ’n ander rede waarom ons nie meer hoef te glo nie. Gelowiges beweer ons het die morele kompas van godsdiens nodig en dat ons daarsonder deur die golwe aangeblaas deur Satan se boosheid tot niet sal gaan. Navorsing vandag toon duidelik dat godsdiens nie die alleenreg op moraliteit het nie. Marc Hauser, professor in psigologie en biologiese antropologie en direkteur van die Cognitive Evolution Laboratory aan Harvard, sê in ’n onderhoud in die 3 Maart-uitgawe van New Scientist: "What interests me is the assumption that morality and religion are synonymous. The evidence we have suggests that having a religious background makes no difference to your moral judgment." In ’n artikel wat op 20 Maart in die wetenskapbylae van The New York Times verskyn het, skryf die wetenskapverslaggewer Nicholas Wade oor onlangse navorsing onder sjimpansees en ander primaatspesies die volgende oor die mens en veral teoloë en filosowe se verkeerde aanspraak dat moraliteit ’n menslike kwaliteit is: "Some animals are surprisingly sensitive to the plight of others. Chimpanzees, who cannot swim, have drowned in zoo moats trying to save others. Given the chance to get food by pulling a chain that would also deliver an electric shock to a companion, rhesus monkeys will starve themselves for several days. Biologists argue that these and other social behaviours are the precursors of human morality. They further believe that if morality grew out of behavioural rules shaped by evolution, it is for biologists, not philosophers or theologians, to say what these rules are." Dan wil ’n mens nie eens praat oor die gruwels wat in die naam van amptelike heilige en kerklike voorskrifte steeds gepleeg word nie, ondanks die bevindings van die wetenskap. Kom ek noem net een voorbeeld, die amptelike Christelike kerk, die Islam en ander gelowe se standpunt oor gays. Onlangs was daar ‘n foto in die media van jong seuns wat op die punt was om tereggestel te word in Iran. Hul sonde: dat hulle gay is. Navorsing het reeds lankal die genetiese verband van gay-wees aangetoon, en argumente dat die mens die enigste spesies is waarin homoseksualiteit voorkom en dat ander "diere" dit nie beoefen nie, is ook blatant verkeerd. Enige primaatwetenskaplike sal kan aantoon hoe algemeen homoseksualiteit by sekere primate soos sjimpansees en bonobo’s is. Maar die wetenskap word liefs en gerieflik geïgnoreer terwyl gays in Iran en ander Moslemlande gestenig en opgehang word en hier by ons en in ander sogenaamde Christenlande deur die kerk uitgeban word. As godsdiens hierdie soort ongeregtigheid pleeg in weerwil van wetenskaplike bevindings, laat dit ’n mens geen keuse nie as om jou by Steve Weinberg, die Nobelpryswenner in fisika na wie ek vroeër verwys het, aan te sluit nie: "Godsdiens is ’n belediging vir menslike waardigheid. Met, of daarsonder, sal jy goeie mense kry wat goeie dinge doen en bose mense wat bose dinge doen. Maar vir goeie mense om bose dinge te doen, dit is wat godsdiens doen." Moet ons glo omdat, soos sommige twyfelagtige studies beweer, godsdiens sorg vir beter samelewings? Of soos Michael Shermer, direkteur en uitgewer van die Amerikaanse Skeptic-vereniging, onlangs in sy rubriek in die Scientific American gevra het: "Is religion a necessary component of social health?" Navorsing deur die wetenskaplike Gregory S. Paul wat gepubliseer is in die Journal of Religion & Society het bevind daar is "’n omgekeerde korrelasie tussen godsdienstigheid (gemeet deur geloof in God, Bybelse literalisme, en die frekwensie van gebed en kerkdiensbywoning) en maatskaplike gesondheid (gemeet aan die voorkoms van moord, kindersterftes, lewensverwagting, seksueel oordraagbare siektes en tieneraborsies en –swangerskappe) in 18 ontwikkelde demokrasieë." Paul skryf: "In general, higher rates of belief in and worship of a creator correlate with higher rates of homicide, juvenile and early adult mortality, STD (sexually transmitted disease) infection rates, teen pregnacy, and abortion in the prosperous democracies." Carl Sagan, die Amerikaanse fisikus bekend vir sy popularisering van die astronomie, het die punt beklemtoon dat buitengewone aansprake soos om in ‘n godheid te glo wat alles geskape het buitengewone bewyse vereis. "Of ons daarvan hou of nie, wetenskap is deel van ons lewe. Maar bygeloof en pseudowetenskap hou aan om in die pad te kom, lei ons aandag … af, gee maklike antwoorde, vermy skeptiese ondersoek, druk so maklik ons eerbiedknoppies en maak ons belewenis goedkoop, wat ons verander in geroetineerde en gemaklike beoefenaars sowel as slagoffers van goedgelowigheid," skryf hy in The demon-haunted world – science as a candle in the dark. Vandag sit ons in die ernstige dilemma dat terwyl Charles Darwin se epogmakende werk The Origin of Species in 2009 150 jaar gelede ons konsep van die wêreld onomkeerbaar sal verander het, daar steeds miljarde mense is wat glo evolusie is net ’n teorie, nie ’n feit nie. Maak nie saak wát die wetenskap sélf oor evolusie te sê het nie. En dat regerings en die gewone burgerry daagliks besluite op grond van hierdie absurditeite neem. Ek haal net vier wetenskaplikes hieroor aan: Jared Diamond, die Amerikaanse fisioloog en Pulitzerpryswenner, skryf, "Evolusie is die diepsinnigste en kragtigste idee wat die afgelope twee eeue uitgedink is." Dan die mening van wyle Ernst Mayr, die Duitsgebore Amerikaanse evolusionêre bioloog, waarskynlik een van die grootstes sedert Darwin, en ’n duideliker uitspraak kan jy nie kry nie: "Evolusie is die belangrikste konsep in biologie. Daar is nie ’n enkele Hoekom?-vraag in biologie wat ordentlik beantwoord kan word sonder om evolusie te oorweeg nie. Maar die belangrikheid van hierdie konsep strek veel verder as biologie. Die denke van moderne mense, of ons dit nou wil erken of nie, word radikaal beïnvloed – ’n mens word byna in die versoeking gestel om te sê, bepaal – deur evolusionêre denke," skryf hy in What evolution is. Dan die Britse bioloog, Julian Huxley: "Evolusie is die kragtigste en die omvattendste idee wat nog ooit op Aarde ontstaan het." En ten slotte die beroemde Russiesgebore Amerikaanse genetikus Theodosius Dobzhansky: "Nothing in biology makes sense except in the light of evolution." Stel hier teenoor die verstommende menings van twee kerkvaders wat ongelukkig steeds deur soveel mense vandag in vyandskap teenoor rasionele denke herhaal (en geglo) word: Eerstens die mening van die Duitse kerkhervormer, Philipp Melanchthon (1497-1560): "Hierdie mal mens Copernicus moet deur die een of ander Christelike prins onderdruk word." Of Johannes Calvyn, "Wie sal dit waag om die gesag van Copernicus bo dié van die Heilige Gees te stel?" Ek wil dit herfomuleer in die idioom van die moderne kerk en moskee: "Wie sal dit waag om die gesag van Darwin, Einstein, Penzias en Wilson, Mayr en die wetenskap bo dié van die Heilige Gees te stel?" Ek wil afsluit met vier laaste opmerkings. Die groei van bygeloof (en geloof in een of ander god is niks anders as bygeloof nie), beteken dat rasionaliteit onder beleg is. Dick Taverne, die Britse skeptikus, skryf in The March of Unreason – Science, Democracy, and the New Fundamentalism: "Die Rome wat die wetenskap gebou het, is onder beleg deur die barbare." Richard Dawkins verduidelik hierdie vasklou aan bygeloof só in The Devil’s Chaplain: "Die feit dat wentelende teepotte en tandmuise nie bewysbaar is nie, word nie deur enige rasionele mens beskou as die soort feit wat enige interessante meningsverskil oplos nie. Nie een van ons voel die verpligting om enige van die miljoene vergesogte dinge waarvan ’n vrugbare of geestige verbeelding kan droom verkeerd te bewys nie. Ek vind dit ’n amusante strategie om, wanneer ek gevra word of ek ’n ateïs is, te benadruk dat die vraagsteller ook ’n ateïs is wanneer ons verwys na Zeus, Apollo, Amon, Ra, Mithras, Baal, Thor, Wotan, die Goue Kalf en die Vlieënde Spaghetti Monster. Ek gaan net een god verder." Douglas Adams het op gelowiges se aanspraak dat die skoonheid van die natuur bewys is dat God bestaan, gevra: "Is dit nie genoeg om te sien dat ’n tuin mooi is sonder dat dit nodig is om te glo dat daar ook feetjies onder in die tuin woon nie?" Ek dink A.N. Wilson is reg in sy siening dat "die feit dat logika ons nie kan bevredig nie ’n byna onversadigbare honger vir die irrasionele in ons loslaat." Mag ek waag om in ons land waar vryheid van spraak gewaarborg word, te vra waarom godsdienste, in die lig van oorweldigende wetenskaplike bewyse wat die credo van hul geloof aantas en ongedaan maak, dan sulke spesiale beskerming geniet in ons samelewing? Godsdiens is niks anders nie as ‘n vorm van bygeloof, soos Jerry Coyne tereg aandui; waarom moet godsdienstige menings dan méér gesag en beskerming geniet as ander bygelowe en pseudowetenskaplike uitings? Ons bied nie aan mense wat glo in astrologie of in die Jeti of in gesprekke met dooies spesiale beskerming teen kritiek op hul geloof nie. Waarom dan aan godsdiens? Laat elkeen gerus sy bygeloof beoefen, maar moenie van wetenskaplikes en rasionele mense verwag om hul aansprake kritiekloos te aanvaar nie. Nee, Steven Weinberg was reg: "The world needs to wake up from the long nightmare of religion. Anything we scientists can do to weaken the hold of religion should be done, and may in fact be our greatest contribution to civilisation." Ek sluit my aan by Carl Sagan en dit het die twee beroepe wat ek in my lewe beoefen het, die wetenskap en die joernalistiek, my duidelik geleer: Skaf vir jou ’n onsinverklikker aan, sorg dat dit altyd aangeskakel is en as dit weens die drogargumente van gelowiges, bygelowiges en pseudowetenskaplikes, uit frekwensie raak, maak seker dat dit altyd gekalibreer is. Dit is ons enigste reddingsboei, nie geloof in mitiese gode of ander irrasionele hyskrane wat ons vir onsself na die hemel bou nie. · George Claassen het dié artikel gelewer as deel van Die Burger se Gespreksreeks by die KKNK, 1 April 2007. Die tema was Geen God – of God-geen?
Linda 9/20/2009 3:21:21 PM
Jesus is vervloek, gevloek, geslaan,bespot geskop,gespoeg op en sowaar hier moet Hy vandag (Sept 2009) weer die pyn en vernedering deurmaak!!
Maar soos Hy aan die kruis vir die sondaar, wat betyds sy skuld bely, het vergifnis gegee het, so sal Hy almal wat Hom nie wil ken nie ook vergewe,Hy sal nooit kwaad met kwaad vergeld nie, en Hy sal vir jou wag, maar Hy waarsku "as een soveel as een haar op `n kind se hoof skade doen, kan hy/sy net sowel `n meulsteen om sy/hy nek hang en in die see spring!" Onthou God het ons nie nodig om Hom te "beskerm" nie, Hy slaap nie, maar hierdie "geleentheid" is geskep om die wie se geestelike ore en oë nog toe is, nog `n kans te gee..........word stil en dink ernstig na oor WAT jy vandag gesê het - woorde kan nie teruggetrek word nie!EN SKEPTIES, jou seun wat so wonderlik gedissiplineerd en slim is, DIT is weereens `n bewys hoe lief God hom het en hoe graag God hom nog `n kans wil gee, moet nie daardie geleentheid van jou seun wegneem nie!
Peet Harms 9/20/2009 3:25:27 PM
ek kan nie help om in my mou te lag vir mense wat nog so primitief is om te glo in hel en hemel nie. Ai, en een nogal 'n advokaat. Dan srping hulle op hul agterpote en dreig met die groot Regter wat eendag gaan oordeel nie. Hond sonder tande, pie in the sky. Hoe't Oudominee altyd gebulder: "Gebed is 'n krááágtieghe wapen in die hand van die gelhôwighe bidder!".
Tog jammer die bidders se geloof is skynbaar nooit na god se smaak nie.
Gina Bayern Duitsland 9/20/2009 3:30:48 PM
Ek verwys na Nazi Duitsland, elke streek het sy eie instelling rondom geloof, maar in Bayern is die hoofsaaklik Katolieke geloof baie groot en word die kerklike vakansiedae hoog aangeslaan, dit is publieke vakansiedae en alles is toe, wanneer kerkdienste in die somer in die vrye natuur gehou word kom letterlik duisende mense dit bywoon! In die weste van Duitsland is die Evangeliese kerk weer sterker! Jy kry ook in elke dorpie en die kleinste plekkie een of meer kerke, en hul is nie net ornamente nie! Ouers sal soveel te meer hul kinders in Godsdiens moet onderrig! Terug na Boekevat in die aand!! Dis jammer dat Prof Claassen die instelling het, hy sal verantwoording moet doen saam met al sy ateis buddies! Ek dien n Lewende God en Sy seeninge bly nie weg nie! Hy is die Weg die Waarheid en die Lewe!!
Finaal verward 9/20/2009 3:30:49 PM
DIT is nou die pot se deksel! Die skole waar daar orde, morele waardes, karakterbou, akademiese prestasie en werksetiek is, word geteiken.... Ek het nie meer woorde vir die verwarrende tye waarin ons leef nie.
Ek wonder maar net...is daar enige ondersoek na Moslem-skole waar die geloof van die gemeenskappe waarin hulle is, beoefen word, tydens skooltyd?
Vra maar net!!
Rolf 9/20/2009 3:52:19 PM
Wat 'n pot nonsens! Prof Claassen en sy ondersteuners moet liefs hulle aandag op werklik sosiale probleme fokus, instede van geloof aan te val. Hetsy Christen of nie, Moslem of Hindu. Wat hier ter sprake is, handel rondom die "verpligte onderrig in 'n godsdiens". Indien meer aanvaarbaarheid gekweek kan word vir almal se kutlurele, sosiale en geloofsoortigings sal daar nie so baie tyd gemors word op bedrywighede soos hierdie nie, maar sal daar gebou kan word om versoening te skep tussen nasies.
Laat die skole wat die Naam ven Jesus vrylik verkondig toe - niemand word vorseer nie.
Willempie 9/20/2009 4:02:18 PM
Demokratiese besluit in elke skool mag dalk die punt beredder. Ek steun agter dat Godsdiens in elke skool beoefen word. Kyk maar hoe die Amerikaners wakker geskrik het na 911. Maar die dinge word in die Bybel bespreek en dit is jammer dat 'n prof sy onkunde so op die arm dra. Hopelik gee hy nie klas nie want ek sal my kind dadelik daar verwyder.
xxx 9/20/2009 4:06:23 PM
aan almal wat God so belaster;sal jy daar van hou as jou naam so belaster word;dink julle jul gaan weg kom met sulke snert,ja op arde wel..ek sien net dat die woord waar is;al die dinge wat ek van die mense lees wat geen respek het nie,julle maak dat ons as ware christene net meer glo,want die woord van God praat van mense soos julle;wat lasterlike taal gebruik,en almal wat se jul is Christene;raak ontslae van al julle drek in julle huise drank rook TV porn vloek en so kan ek aan gaan,en begin die tyd wat julle as gesinne so by die tv sit om huisgodsdiens te hou,soek die waarheid op leer julle kinders die warde van God;en ouers tree op dat julle kinders in jul kan sien wat is dit om n kind van God te wees;as dit nou uit die skool uit gehaal word dat kinders nie godsdiens onderig kry nie,dan is dit so;ouers dan gaan slaap julle vroeg in die aand sodat julle more ogend vroeg voor son op by die etenstafel kan sit en julle kinders onderrig in die woord kan gee;daar om gooi die tv uit;of sluit dit toe vir 1 dag n week;en soek die Here se aangesig;vir julle kinders,die regering het geen reg op jou kind nie jy is sy ma of pa jy moet jou kind die waardes leer nie die skool nie;ja as daar n tuisbly ma is begin julle by die skole bymekaar kom,en vra of julle n pouse kan kry om van die kinders onderrig in Jesus te kan gee;dink biekie wat om te doen,en hou julle nie op met fabels nie
Sophia 9/20/2009 4:12:58 PM
Gebaseer op die argument dat daar nie 'n God is nie omdat hy Hom nog nie aan ons ge-openbaar het nie kan ons dan aanneem dat hierdie argumenteerders nie 'n brein het nie want ons kan dan nie hulle brein sien nie!
Word wakker, jy wat slaap want dit is amper te laat.
Gerhard 9/20/2009 4:15:04 PM
Prof Claasen mag God jou vergewe, ek het groot geword Godsdiens in skool! Sal uitgaan om op te staan vir my geloof! mag jou oe maar oop gaan!!!
Deon 9/20/2009 4:23:09 PM
Ja , Casper.Kry jou jammer ou maat. Daar is 'n God voor wie ons almal eendag ons knieg moet buig. Ons Hemelse Vader Jesus Christus. Sal jou aanraai om jou sake in orde te bring. Die warm plek is bestem vir jou. Sterkte daar. Dis nog nie te laat om jou sondes te bely nie. God vergewe die wat hulle sondes bely. Elke liewe sin wat ek nou geskryf het kan per vers uit die Bybel gehaal word. Jy het ook seker as kind en nou die Here nog nooit ervaar nie. Jy mis wonderlike geseende tye. Sal vir jou intree by ons Hemelse Vader. Miskien kan Hy jou lewe en hart verander
Wicus 9/20/2009 4:29:00 PM
Prof. George Claassen is seker een of ander Gay reject of Satanis wat geen selfvertroue of persoonlikheid het nie, en nou soos Paulus in die Bybel die Christene wil vervolg. Miljoene voor hom het dit ook probeer, en ongelukkig vir hom, is God magtiger as al sy fantasie en siek lewens oortuigings
Estie 9/20/2009 4:35:33 PM
Vrees! Is dit al wat Christene ken? Ek wonder watter tipe god respek sal kan he vir iemand wat net in hom glo vir ingeval daar regtig n hel is. Nie juis wat ek n sterk fondasie van geloof sal noem nie! Die persone wat redeneer dat die skepping so kompleks is dat daar n god moes wees wat dit gemaak het mis die volgende punt: n god wat so n komplekse skepping eiehandig kon maak moet nog soveel meer komplekser wees as die skepsel self, en dus soveel meer statisties onwaarskynlik. Mense soos Mike wat dink dat evolusie iets met "n kosmiese ongeluk" te doen het verstaan nie die teorie nie. Dis die teenoorgestelde. Natuurlike seleksie is n stelselmatige proses waardeur klein veranderinge stapsgewys plaasvind om komplekse entiteite te vorm.
andre 9/20/2009 5:03:14 PM
Ai tog. Julle god is belaglik man. Groot god? Laat hy my uit die bloue hemel met 'n bliksem neervel as hy so groot is. Ek stap hoeka gereeld, so laat hy in sy "almag" probeer. Goeie werk Skepties SA, kry die belaglike godsdiens drek uit ons skole.
Lize 9/20/2009 5:08:12 PM
As daar in skole gepraat moet word oor die Bybel, sal ek graag wil sien dat klasse die volgende vrae moet byvoorbeeld debatteer:
- Wie het dit geskryf en wanneer?
- Hoe het hulle geweet wat om te skryf?
- Het hulle, in hulle tyd, regtig bedoel wat ons, in vandag se tyd, verstaan hulle bedoel?
- Was hulle onpartydige waarnemers, of het hule n agenda gehad wat hulle skrywes ingekleuur het?
- Kon Jesus dalk onder n (eerlike) wanindruk geleef het (dat hy die seun van god is ens)/geestelik versteurd was?
Hiedie is vrae wat denke sal stimuleer in kinders
BJL 9/20/2009 5:14:04 PM
Nou ja toe. Die sekulere fasiste is aan die marsjeer. Ek wonder hoeveel se ouers in die opbrengs van hulle kinders gaan he onder 'n ANC regering? Integrasie is mos die orde van die dag, of hoe? Dus kan ouers nie daarop aanspraak maak dat hulle kinders in 'n omgewing skoolgaan waarbinne hulle hul eie godsdiens, taal of kultuur vryelik kan be-oefen nie. Nee, hulle moet eerder geindoktroneer en verwar word met polities korrekte twak wat deur 'n kommunistiese regering aan hulle voorgeskryf word.

Is dit nie die logiese uitkoms waarop FW de Klerk se teenstaanders destyds gewaarsku het nie?
Eish 9/20/2009 5:16:38 PM
'Uitdaging aan DocGuru.
Beste dok jy glo aan geen God of sy gebod nie.
Daarvan ly ek af dat jy se dan in dieselfde asem se,dat die mens nie geskep is nie maar die afstammeling van 'n dier is en dat die mens dus 'n dierlike oorsprong het.
As dit waar is,dan is die mens nie meer as 'n
baie slim ontwikkelde dier,wat na homself
as 'mens' verwys.
Reg sover Doc? As ons aanvaar dat dit so is
waarom word die dood van jou mede 'ontwikkelde slim diere', beskou as manslag,moord ens. en gaan
jy daarvoor tronk toe en in sommige lande
ontvang jy die doodstraf.
Reg so ver Doc?
Nou hoekom word die dood van minder ontwikkelde diere vir voedsel,as slag beskou en waarom word sommige vir studie en navorsing en proefneming gebruik en ander in dieretuine aangehou net omdat hulle dan nog nie sover op die pad van evolusie gevorder het nie?
Wie gee jou en ander dan die reg om so oor die minder ontwikkelde diere te besluit,
want jyself is tog net 'n gelukkige 'dierlike' uitvloeisel van evolusie ?

Wat glo jy DocGuru en wat se die ander
ongelowiges op hierdie blog daarvan?
'n Geskape mens of 'n evolusioner hoogs
ontwikkelde dier?
Onderwyser 9/20/2009 5:42:09 PM
Werk daagliks met kinders , met en sonder goeie waardes , met en sonder godsdiens , almal maak een of ander tyd die verkeerde keuse.Wie "survive" ? Die wat liefde en aanvaarding kry al het hulle gefouteer.Dit is wat geloof veronderstel is om te beteken.
Coenraad 9/20/2009 5:51:55 PM
Kan duidelik op die foto sien dat die "Prof" van die ape afstam, die dat hy nie in die Skepper glo nie!
Pierre 9/20/2009 5:57:16 PM
My kinders se skool moet voortbou op dit wat ek hulle by die huis leer. As ouers nie wil hê dat hulle kinders blootgestel word aan die liefde en ondersteuning van Jesus nie, moet hulle maar vir hulle ander skole bou. Ons Christene en ons ouers het hierdie skole opgebou en hou hulle ook so instand. Moet nie argument soek waar daar geen argument is nie.
Simsi 9/20/2009 6:13:26 PM
Ai , proffie , jy wil tog nou net weer polemiek ontketen. Waar op aarde sal 'n regter nou vir jou gaan beslis of daar 'n God is en dat Hy afgeskaf moet word omdat jy so sê ? Een man het op 'n kol dit so mooi uitgedruk: Every time I stare reality in the face , I tell myself that it is unreal." proffie , ek het gelees dat jy klaar veroordeel is . Maar God se genade is groot. Jy sal beslis jou Damaskus-rit ondervind as jy God in die howe ook wil aanvat. Glo my daar is andere wat dit al probeer het ... en boonop is dit sommer net geldmors , seuna.
frikkie botes 9/20/2009 6:19:29 PM
Sekere godsdiens word bedryf om massas aan te hits om in opstand te kom.Godsdiens word verkeerdelik in die wereld beoefen. Godsdiens word gebruik om mense in pit bullterriers te verander. Liefde word glad nie in godsdiens verkondig nie, daarom dat daar soveel oorlog in die naam van die ego god gemaak word, die ego god wat op die troon van die skepper geplaas is
Simsi 9/20/2009 6:21:43 PM
Nou ja, prof , 'n slimmer man as jy het gesê: the more I look reality in the eye , the more I deny it ...
Beli Kundak 9/20/2009 6:25:02 PM
Vir Casper. Jy het regtig hulp nodig. Waar dink jy kom jy vandaan? Jy kon nie uit lug uitgeval het nie, want God het beide die lug en swaartekrag geskep. Word wakker man. Jy dink jy is baie braaf, onthou net een ding - die ewigheid is BAIE lank!!!!!!
Danie 9/20/2009 6:32:41 PM
Hoekom minag Christene hul leermeester Jesus se beginsel dat daar 'n defnitiewe skeiding tussen kerk en staat is? Daar is 'n boek genaamd die Nuwe Testament. Lees dit. Skole is instellings van die staat, nie die kerk nie. Of kan Christene Jesus se leerstellings navolg of minag soos dit hulle pas?
gawie 9/20/2009 7:01:56 PM
Ek is 'n onderwyser wat daagliks met die Woord van God in sy klas begin en afsluit. Ons ouers wil hê daar moet godsdiens onderrig en uitgeleef word. In Namibië is ons vry om te doen soos dit goed is - daarsonder is ons hulpeloos. Prof. Claassen het die basiese beginsels vergeet. Sterkte aan SA-ouers.
susarah 9/20/2009 7:26:17 PM
Ai, skepties jy klink soos Hitler. Menseregte bestaan in SA. Se jou se, maar los ander mense uit om hul regte ook uit te leef.
Gerhard (Die Christen Een) 9/20/2009 7:27:16 PM
Die Evangelie of 'The Gospel' beteken 'Die goeie nuus' Van wanneer af is dit om die waarheid en die goeie nuus te verkondig indoktrinasie?
Herma 9/20/2009 7:41:52 PM
Ek voel vreeslik jammer vir mnr.Claasens, want eendag sal hy besef dat hy stoksiel alleen in hierdie wereld is, sonder ons God en dit sal 'n droewige dag vir hom wees. Soos die spreekwoord se, spyt kom te laat. Maar ek sal vir jou bid sodat jou oe kan oop gaan. Wat ons skole baie dringend nodig het is juis ons Godsdiens (daarom is ons land in so 'n penarie, want ons is goddeloos). So baie kinders smag na Bybels en nie net ons wit kinders nie maar ook ons swart kinders. Ons is altyd bereid om sendelinge oor die waters te stuur maar wat van al die kinders wat nie Bybels het nie. Ek is onder andere 'n onderwyseres aan 'n swart skool, en hierdie leerlinge smag na die woord van God. Die grootste tragedie is dat hulle nie verstaanbare Bybels het nie, hulle benodig Engelse Bybels. Dis tyd dat ons Christene, maak nie saak wat ons kleur is nie saam staan en dan vir onder andere mnr.Claasens 'n ding of twee wys.
CARINE B 9/20/2009 8:14:04 PM
Elkeen het sy mening, maar daar sal 'n dag kom dat elkeen sy knie voor die G-d van Israel sal buig en ELKEEN se tong sal bely dat HY die Enigste G-d is!Mag ons Hemelse Vader al die Kindertjies in die wereld beskerm!
johan 9/20/2009 8:29:27 PM
Ek persoonlik het geen probleem met die sogenaamde professor se uitlatings nie, want ek en ons kerk was al die jare voorstanders van Christen uitgebaseerde skole. Soos ons almal weet was die meeste skole voorheen CHO Skole wat intussen geanekseer is deur al wat n ander geloof is wat nie sy eie skool kon bekostig nie. Ou proffie laat ek jou een ding vertel ek weetnie hoe en waar jy grootgeword het nie maar God van die ASfrikaner laat nie met hom speel nie, miskien moet jy die Beatles gaan vra!!!!maar God haat ander gode en miskien moet ons maar maak soos God se ''as jou oog jou pla ruk hom uit en gooi hom weg'' dus moet ons as Cristene meer maak soos Moslems maak en miskien jou uit ons sisteem kry..jy is in my oe n tipiese "useful idiot"ek het net een woord vir jou boeta en dis totsiens dit was n plesier om jou tesien gaan. Los God en sy werke uit dit sal jou suur bekom!!!..ek weet nie hoekom daar nog so mooi met jou gepraat word nie!!!! En dan julle wat God se werk sogenaamde indoktrinasie noem... leer jou kinders niks want jy indoktrineer hulle.. elke dag.. met respek gese "Idioot"
Ulrike 9/20/2009 8:37:43 PM
Die kommuniste is in beheer.
suzie 9/20/2009 8:39:29 PM
Ek is by n skool waarvan die leerlinge hoofsaaklik swart is. Wat n vreugde om elke Maandagoggend te luister hoe die junior kindertjies sing. Hul prys die Heer en sing uit volle bors! Dit maak my dag en my hele week. Byvoorbeeld "He's got the whole world in his hands" Ag nee man los ons uit in die skole dit is wonderlik om te sien hoe die kindertjies die Here loof en prys!
xxx 9/20/2009 9:00:45 PM
aan andre; wat so glad is met sy mond; pas op wat jy voor vra; jy vra so met geloof vir die weerlig wat jy van praat, in my bybel staan daar als wat jy voor vra in die geloof sal jy kry; en jy is baie oortuigend, mens so pas op as jy so rond stap; en die weer kom so op met sy weerligstrale; hulle kom soek jou dalk; ons sal weer van jou lees; in die koerand; sterkte ou andre; my God laat nie met hom bespot nie; en dit geld vir elk wat so Godslasterlik is;
stephen 9/20/2009 9:08:59 PM
Vir hierdie ateiste wat wat God so afkraak en se dat Hy n bliksemstraal kan stuur en al die ander gemors wil ek net se dat julle elke dag die bestaan van God en Jesus erken. Dink n bietjie wat julle skryf as julle die datum skryf. Dit is die jaar 2009. As dit die jaar 2009 is moes daar tog iets 2009 gelede gebeur het. Raai wat was dit?
Willem Rabie 9/20/2009 9:42:02 PM
Lyk my elke ou wat meer as tien boeke gelees het verbeel homself dat hy die bestaan van God kan wegredeneer. So asof net dom mense aan die Here glo. Eendag sal die waarheid aan almal openbaar word.
Matteus 8 vers 13 en 14 "Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en die wat daardeur ingaan is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en die wat dit kry, is min"
Paul@Andre,en Verban Godsdiens! 9/20/2009 9:47:13 PM
Julle bring die oordeel oor julle-self deur die Almagtige uit te daag.Sy Toorn is n onblusbare vuur. Mag God ons genadig wees terwille van Sy Liefde.
Verstaan ek reg? 9/20/2009 9:58:16 PM
Was Jesus maar hier om die Afrikaner-Farriseërs en -Sadduseërs te herinner om in hul binnekamers te loop bid en nie in die skole waar almal dit kan sien nie.
Martin Schoeman 9/20/2009 10:17:26 PM
George, ou maat, dit is so opsigtelik hoe ons (veral) kinders agteruitgegaan het wat die basiese respek, opvoeding en liefde vir medemens verswak het vandat die leëringe van my God, Onse Vader uit die skole uit gevat word. Jy het seker nie kinders nie, en as jy het, ek voel jammer vir hulle, en hoop nie jy dwing jou siening op hulle af nie, want dis mos diè afdwing ding waarteen jy so gekant is, nie waar nie. Jou kinders moet dan tog seker maar kan maak soos hulle wil. En arme Dirk Koekemoer, my ou maat, as jy 'n volgeling van Jesus is by die huis, dan soek jy mos reeds na 'n skool waar christilike waardes aan die orde van die dag is, of hoe meneer? Hoe kan jy by die huis 'n volgeling van Jesus wees, maar by die skool is jy skaam om te sien Jesus speel 'n rol in hulle opvoeding? Ek verstaan dit nie. As 'n moslem nie daarvan hou nie, dan moet hy mos na 'n moslem skool toe gaan. My God voorsien die hele wêreld, sonder uitsondering van geloof, en selfs aan al die nie-gelowiges, van een of ander voedsel, wat in die natuur groei, deur Sy krag. Ek weet van GEEN wetenskaplike, wat al selfs 'n mieliepit, kon namaak en dan kon laat groei nie. Hoekom nie????? Seker omdat dit vir hulle belangriker is om af te breek, as om op te bou. Ek aanvaar George en almal wat hier so agter hom staan, is voorstanders vir 'n wettelose en ongedisiplineerde omgewing, waar moord, diefstal, bedrog en ander dinge hoogty vier. Ek wonder of daar vir die ateiste en hulle kinders, enige soort van dissipline bestaan, want dis dan Bybels. Dis tog die fundamentele waardes wat ek uit die Bybel uit geleer het, wat dan nou in hulle oë so verkeerd is.
ANDRE 9/20/2009 10:43:09 PM
Ek is darem baie bly ek en George Claasen gaan op 'n ander plek beland as diegene wat ons so tot die hel verdoem!
Gert van Schalkwyk 9/20/2009 10:53:48 PM
Aan al hierdie ateiste net die volgende: "Moenie die kindertjies verhoed om na My te kom nie" Julle gaan vir julle kry. Ek kan maar net julle bid: "Vader vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie"
ANDRE 9/20/2009 10:55:09 PM
Aan al die galbrakende gelowiges: Lees al julle kommentare op hierdie berig. Kom julle agter hoe middeleeus brandstapelrig julle is? Dit is juis teen julle wat die weerlose kindertjies beskerm moet word.
Chris 9/20/2009 10:58:53 PM
Ongelooflike Godslastering en dit nogal deur 'n sogenaamde belese persoon. Ek stel my voor dit is hoe die duiwel lyk, soos enige een, net baie meer ddk. Georgie, ons bid vir jou siel wat gaan braai en skole wat sal aanhou met godsdiens.
weer chris 9/20/2009 11:12:48 PM
Word kind prof en sien die grootheid, die almag en die skepping van God deur die oë van 'n kind, dan sal jy gered word. (Verkort - inhoudsred.)
Hans 9/20/2009 11:46:08 PM
Ek het nog altyd gewonder hoe lyk Satan, .... nou weet ek.
Dirk 9/20/2009 11:55:39 PM
Prof. Claassen en al sy meelopers. Jy het jou mes in vir die Christene. Net soos ek, is geen Christen (of ander mense - wat jou natuurlik insluit -) volmaak nie. Pasop dat jy nie teen God opstaan nie. Julle gebrekkige kennis van God Drie-enig se reddingswerk en helende genade op wêreldskaal, is absoluut ongelooflik. Waar jy die deure probeer toemaak, sal God deure maak waar nou nog mure is. Gaan lees gerus op die webblaaie van Gospel for Asia, American Bible Society,en ander Bybelgenootskappe. Julle het geen idee met wie julle te doene het nie. In plaas van op hullseself roem, roem Christene op God wat hierdie dinge gedoen het. O ja, moenie te veel aanhaal en pyltrek op die Nasionale Kurrikulum Verklaring nie as sou dit nou as sodanig die rigsnoer en standaard wees nie. Skole moes lankal self die gate toestop wat dit gelaat het in die akademie. Onderwyskundiges is daarvoor bekend dat hulle werkende goed lostorring. Lees maar jou eie SA koerante.
Prof Claassen, wat het Skepties SA al bereik, behalwe om gebroke gemeenskappe verder te verwar.
Aan die ander kant Prof, jou uitsprake het die kapasiteit om louwarm Christene vuurwarm te maak. Hiervoor sê ek vir jou dankie.
Leendert van Oostrum 9/20/2009 11:59:01 PM
Prof Claassen en die ander skeptici gaan dit ongelukkig baie moeilik vind om sy veldtog te laat slaag, en sal dit miskien nooit regkry nie want ons grondwet is nie so envoudig as wat hy dink nie (hy het skynbaar nie op wetenskaplike wyse daarna gekyk nie!) Dit is baie jammer, want die heel beste ding wat kan gebeur is dat Christene in groot getalle hul kinders uit die staatskole haal. En veral middelklaschristene. Daarvoor is die regering so bang soos die duiwel vir 'n slypsteen want, as genoeg middelklaskinders uit die staatskole verwyder word sal daardie die hele goor stelsel in duie stort. Dit gebeur reeds in groot dele van die platteland - gaan kyk maar!
Jaco 9/21/2009 1:15:07 AM
Dink dit maar mooi oor George.
Mat 18:6 maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.
talita 9/21/2009 3:25:09 AM
Wat het godsdiens te doen met n apartheidstaat of nazis. apartheid maak my al naar. ek besef maar net weer ook wysheid het niks met grade te doen nie.
Doc Guru 9/21/2009 6:15:32 AM
@Eish. As jy eendag jou "feetjiefase" afgeskud het, behoort jy daardie vrae self te kan beantwoord. Sien dis moeilik om iemand wat so diep gebreinspoel is te red. Breinspoeling is n realiteit. Onthou, die natuur is n realiteit en diere maak mekaar dood om te kan oorleef. Aangesien jy glo ons slim diere is, maak ons reels om te keer dat ons onself uitwis. Antwoord dit jou vraag? @stephen onthou ons gebruik die regstelsel afgelei van die romeinse reg, so dit maak seker sin dat ons datums ook van die Noorde sal kry. Dit kan ook wees dat ons die datum gekry van die dag toe die ou mense besluit het om n eenvormige kalender saam te stel. Weet julle dat die mense in die verre ou dae maar primitief was, hulle het bygelowe ens gehad en enige snaaksheid sou in daai tyd hoofopskrifte gehaal het. En soos ons reeds weet word dit heeltemal uit verband geruk met tyd. Kan ons dan aanvaar dat wat daai mense destyds ervaar het werklik feitelik in die bybel opgeneem is? Is dit nie net n geval van hoorse getuienis nie? Dis redelik algemene kennis dat primitiewe n heel ander uitkyk as ons op die aarde gehad het. Vir die Christene wat my dus uitdaag, hier is n uitdaging vir julle. Gaan op die net en soek vir inligting oor hoeveel keer die Bybel ditself weerspreek ens. In enige hof word getuienis uitgegooi as dit weerspreek word. Hulle noem dit dan redelike twyfel. Vra maar die advokaat hierbo. Waarom hou julle dan nog so vas aan die Bybel. Maar dan weet ons almal dat min Christene waarde heg aan ons regstelsel(Al staan dit duidelik geskryf dat hulle onderdaning aan die keiser moet wees), vandaar die anargie in ons land. Mense, dit gaan nie oor of die Bybel reg of verkeerd is nie, dit gaan oor die feit dat elke kind die reg het om opgevoed te word sonder om te glo een geloof is beter as n ander. Elke kind behoort SELF op daai stadium daai keuse te kan maak. Ek reken hier moet eerder gehou word by die saak wat nou heeltemal uit verband geruk word. Stif Christelike skole nes die Islams, Moslems, Jode ens. Terloops, Boedhisme is ook n baaaaie ou geloof en dit word nie in ons kele afgedruk nie, en moslems probeer ons ook nie elke dag "bekeer" nie, so waar val die Christene uit?. Dis hoekom n mens daardie gelowe maklik kan respekteer. Uit al die "Christelike" argumente hierbo lei ek af dat die Christene eerder hulself probeer oortuig dat hulle reg is. Ek vind dit veral vreemd dat die Jode wat betrokke was in daai gebeurtenisse nie glo in Jesus se opstanding nie. Dit verskaf my met meer as genoeg bewyse om te glo dat Christelike gelowe net ander n vorm van n sekte is. Mense, baklei asseblief die saak, nie die boodskapper nie. Kan iemand vir my vertel wat is die oorsprong van die woord "Ateis" of is dit ook deur n "Christen" uitgedink?
Willie 9/21/2009 7:43:40 AM
Hierdie tipe stellings en aksies is 'n baie duidelike bewys dat die vyand reeds ongemaklik is en nie meer weet watter kant toe om te gaan nie. Die vyand in, in enige verband, neem altyd drastiese besluite of aksies, as hulle sien hulle is vasgekeer in 'n hoek. Duidelik is die vyand nou in 'n hoek en dit is vir ons as Christine baie goeie nuus want nou weet ons dat JAHWEH besig is om Sy plan uit te voer. Wat is hierdie plan - die uitwissing van satan en sy volgelinge. Hierdie tipe aksies is niks anders nie as 'n haat veldtog teen Christene in Suid-Afrika. Die Christen jeug is baie belangrik en daarom word die aanval op hulle in skole al hoe meer verskerp.
Dit het tyd geword dat Christen ouers 'n daadwerklike besluit begin neem oor hulle kinders se opvoeding - die stryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen die bose geeste in die lug. Die enigste manier oor hoe ons ons kinders gaan vry maak teen hierdie aanslae is om hulle uit enige vorm van staatskool te verwyder en in skole te sit waar daar slegs gekonsentreer word op Christelike normes en waardes. Solank as wat daar 'n regering is wat JAHWEH geen plek gee nie sal daar ook in die res van die land, waar hulle beheer het, geen plek wees vir JAHWEH nie en sal Christene gestraf word soos in die kommunistiese Rusland van destyds. Vervolging teen Christene sal verskerp word hier in Suid-Afrika want soos reeds genoem hulle raak nou desperaat en weet nie meer wat om te doen nie. Die goeie nuus is Christene sal nie uitgerooi word nie en ons sal opstaan vir JAHWEH al kos dit ook wat. Kom vriende staan op en beveg hierdie satannistiese aanval teen ons kinders - JAHWEH het ons nog nooit in die steek gelaat nie en Hy sal dit ook nie nou doen nie. Soek eers die Koningkryk van JAHWEH en Hy sal vir ons al die ander dinge byvoeg. Aan die gene wat dit durf waag om op te staan teen die kinders van JAHWEH - wees gewaarsku Sy toorn gaan op julle neerkom en daar sal 'n geween en gekners van tande wees.
Vrye Denker 9/21/2009 8:01:20 AM
Dit alles goed en wel dat julle klomp argumente rondslinger oor hoekoem godsdiens welkom is op skole al dan nie, maar veral die ateiste vergeet gerieflik dat die grondwet WEL vrywillige deelname aan godsdiens by skole toelaat. Dus is hulle vry om na sint Darwin te bid, sou hulle so voel.
DP 9/21/2009 8:11:52 AM
Ek is verbaas oor die Christene se veroordelings - wat die Bybel as bron gebruik en dan uitsprake maak dat dit God se woorde is - belaglik. En alles gebaseer op 'n boek wat binne in homself skryf dat hy die waarheid is. Dit is so goed ek skryf 'n boek oor dat moord reg is en dan skryf ek in die boek dat die woorde daarin die waarheid is. Wat amazing is - dit is wat die Bybel doen. Oorlog is geoorloof. God vermoor derduisende onskuldige mense oor 'n ander mens se fout en vele sulke belaglikhede. En dan is dit mooi om Laban se dogters te verkrag. Christene - dit is die waarheid - dit is wat die Bybel uitspreek - dit is reg om dogters van 'n ander man te verkrag. En imagine net 'n onderwyser wat met die Bybel geslaan is vertel dit vir jou kind.
Eish 9/21/2009 8:11:52 AM
Doc Guru
Hou op om agter ellelange nikseggende
verduidelikings weg te kruip.
Se net reguit,ek verwerp God en aanvaar dat
ek 'n produk van evolusie is,wat deur 'n
gelukskoot,nie doelbewus of doelgerig,
van 'n dier afstam,waarvan my naaste genetiese eweknie,die sjimpansee is.
Ek DocGuru is dus 'n uiters ontwikkelde dier,
wat na myself as 'n mens verwys,maar nogtans
'n dier en bly dus op die 'planeet van ape'.
Kom nou alle julle ongelowiges,kom help vir
DocGuru dan weet ons waar ons met mekaar staan.
Julle hoef nie bang te wees nie,want as julle
aardse bestaan verby is dan is daar tog
niks verder daarna nie,of hoe?
Louis Bothma 9/21/2009 8:15:38 AM
Ek wonder maar net altyd hoekom die christene so tekere gaan oor elke klein ou bedreiginkie.  Dan besef ek altyd maar weer: Dit is omdat hulle 'n god aanbid wat ruimtetuie nodig het om van punt a na punt b te beweeg, menslike offers en menslike tiendes nodig het om te oorleef, en mense nodig het om namens hom te praat. En sommer vreeeeslik baie te praat ook. Om te dreig, en te beledig en so aan. Maar hulle het hierdie superieure houding dat hulle god die Skepper van hemel en aarde is.Hulle 'vervaardig' meer ateïste as wat China 'lucky packets' vervaardig met hulle 'liefdevolle' houding. Die ergste lastering is dat hulle hulself christene noem, want die Christus figuur is nie in hulle nie. Nodeloos om aan hulle te verduidelik dat hulle hele godsdiens op andere vroeëre sg. heidense godsdienste gebaseer is. Ja,Doc Guru, om gebreinspoel te wees...
Jaco 9/21/2009 8:17:02 AM
Net nog 'n voorbeeld van hoe waglik die liberaal is. As hy christene dan nie kan verdra nie, moet ek dan hom as ateis dan verdra? Godsdiens kom uit vrye wil, nes ateisme. Soek vir jou 'n ander skool as jy 'n probleem het.
Marie 9/21/2009 8:17:32 AM
Verfris bietjie my geheue: is Satan nie ook die gevalle engel Lucifer wat die engel van lig was nie? Dan is dit moes 'n groot kompliment vir George dat die Christene dink hy lyk soos die duiwel... lol
Awesome 9/21/2009 8:23:04 AM
Net nog 'n voorbeeld van hoe walglik die liberaal is, inderdaad 'n unieke spesie onder ons. Claassen verdra nie Christene nie, moet ek regtig hom verdra? Geloof is uit vrye wil, nes ateisme(Ook 'n geloof?). As jy nie van 'n skool hou nie, gaan soek 'n ander skool.
Jo-Anne 9/21/2009 8:25:45 AM
Ou George, moenie jy of jou trawante en die "siek" ouers wat jou navolg vir my voorskryf nie. My kinders sal leer van God in die skool en nie een van julle of selfs 'n hof sal vir my voorskryf nie. Want ek en my man het 'n belofte voor Sy Troon afgele dat ons hulle sal opvoed in Sy Woord! Nie een van julle was naby nie. Mag Skepties SA en sy volgelinge brand in die ewige vuur. Julle dag sal nog kom en ja Sy komste is baie naby. Ek hoef nie ver te gaan kyk nie, ek kyk net ja jou siek organisasie!!!!
Annette Coetzee 9/21/2009 8:26:31 AM
Mense, die regering, wie ookal kan maak wat hulle wil, maar niemand sal my VADER van my wegvat en in my hart en gees kan verander hoe ek voel oor my godsdiens nie. Julle probeer verniet om God van ons weg te neem, nee, wat dit sal nie werk nie. Vader help die mense want hulle weet nie wat hulle doen nie. GOD bless.
Johannes 9/21/2009 8:33:12 AM
Mat 18:6, wat n verandering het hier plaasgevind? As jy 2 Konings 2:23-24 lees:Bere wat 42 kinders verskeur omdat hulle kattekwaad aanvang met n ou man. Sou n goeie loesing nie dalk die ding hier gedoen het nie? Ek het nie gedink n almagtige skepper sal sy "mind"so kan verander nie. Vir die laste 2000 jaar is God se planne al besig om tot die waarheid te kom en niks gebeur nie, al wat ek sien is dat lande soos Skandinawieë baie goed aangaan sonder godsdiens. Ongelukkig sal die fundies nooit buite hulle feëverhaal boks kan dink nie.
John 9/21/2009 8:37:12 AM
Doc Guru, jou mensekennis laat jou in die steek. Dink jy nou regtig dieselfde mense wat Jesus gekruisig het omdat hy hul geloof en waardestelsels omgekeer het, gaan Sy opstanding verkondig? Daar was terloops meer as 500 mense wat eerstehands kontak met Jesus gehad het na Sy opstanding. Almal wat eers wil sien voordat hul glo, mis ongelukkig die boot. Jesus het herhaaldelik vir mense gesê: GLO jy dat ek jou kan genees; GLO jy dat Ek is wie Ek sê ek is? Dit is 'n geloofsaak, uit en klaar. Die mens is ongelukkig geweldig arrogant: as hy nie iets met sy uiters beperkte kennis, vermoëns en breinkrag kan verklaar nie, dan bestaan dit glo nie. As jy die dag sterf, gaan die bewysreg en wetenskap (wat terloops niks anders is as 'n studie van God se skeppingswerk nie)jou nie help nie. Selfs nie eens vir vals christene nie - Jy kan God nie 'fool' nie. Christene is deur Jesus beveel om die goeie nuus van redding aan almal te verkondig, daarom sal ons nooit stilbly nie. Ons moet egter GEtuig en nie probeer OORtuig nie - slegs die Heilige Gees kan laasgenoemde doen. Die Bybel is duidelik - alvorens God iemand na Hom trek, is sy verstand verduister (dis duidelik uit vele van die kommentare hierbo)en kan hy nie die lig sien nie. Wees ook maar versigtig met die uitsprake, want elkeen SAL eendag verantwoording doen oor elke woord wat hy op aarde gespreek het.
Sonja 9/21/2009 9:06:14 AM
@ Casper. God bestaan. Hy staan ook vir alles wat goed is. Dit is so wonderlik dat mense kan glo dat die aarde gevorm is deur die "Big Bang" en evolusie, maar nie deur God nie. Ek sien hom elke dag in my gelewe en my gebede. So jammer jy is so sinies en mis uit daarop.
Dalene 9/21/2009 9:26:32 AM
Hi julle.
As daar dan nie n God is nie hoekom maak julle so n bohaai oor hom?
Mens kan net vir iets bang wees as jy weet dit bestaan. As die Bybel dan net n boek vol stories is hoekom moet hy verban word?
Sekere dinge maak julle bang. Julle weet dit is waar maar wil die teenoorgestelde bewys wat julle nie gaan regkry nie.
Ek bid vir julle almal wat nie wil glo nie.
Vir ewig is baie lank.
Heloise 9/21/2009 9:33:40 AM
Geagte prof, wanneer 'n skool onderskei word as 'n skool met ’n “Christelike karakter” waar “Christelike waardes” onderrig word en dit is nie waaraan jy glo nie, moenie jou kind daarin skryf nie, so maklik soos dit! Moenie jou ongeloof op ander afdwing nie, daar sal wel verskeie ander skole wees waarheen persone soos julle, julle kinders kan stuur. Los die skole met goeie Christelike waardes dus vir ons wat ons kinders volgens ons geloof grootmaak. Hou die skole vir julle so 'n bedreiging in???? Waarom sou ek graag wou weet? Volgens die Grondwet het elkeen die reg om sy geloof (ongeloof) uit te oefen. As jy as "ingeligte" dan verkies om by jou oortuigings te hou, vermy dan die skole wat nie aan jou "waardes" on gebrek daaraan voldoen nie! Gun elkeen persoon sy reg om sy eie keuses te maak! GOD IS GROOT EN ALMAGTIG EN SY GENADE ONBESKRYFLIK GROOT! Ek sal bly bid vir julle want my GOD verwag dit van my! Selfs vir jou sal daar genade wees indien jy net sou vra!

Ella 9/21/2009 9:37:55 AM
Hoe hartseer dat Suid Afrika agter die res van die wereld aanloop en altyd wil doen soos hulle. My kind sal Christelik grootgemaak word, al se wie ook wat,want dit is my geloof en leefwyse en sonder God die Vader is ons niks. Moenie julle ateistiese beginsels op ons Christene afdwing nie!
Heloise 9/21/2009 9:42:26 AM
Geagte prof, wanneer 'n skool onderskei word as 'n skool met ’n “Christelike karakter” waar “Christelike waardes” onderrig word en dit is nie waaraan jy glo nie, moenie jou kind daarin skryf nie, so maklik soos dit! Moenie jou ongeloof op ander afdwing nie, daar sal wel verskeie ander skole wees waarheen persone soos julle, julle kinders kan stuur. Los die skole met goeie Christelike waardes dus vir ons wat ons kinders volgens ons geloof grootmaak. Hou die skole vir julle so 'n bedreiging in???? Waarom sou ek graag wou weet? Volgens die Grondwet het elkeen die reg om sy geloof (ongeloof) uit te oefen. As jy as "ingeligte" dan verkies om by jou oortuigings te hou, vermy dan die skole wat nie aan jou "waardes" on gebrek daaraan voldoen nie! Gun elkeen persoon sy reg om sy eie keuses te maak! GOD IS GROOT EN ALMAGTIG EN SY GENADE ONBESKRYFLIK GROOT! Ek sal bly bid vir julle want my GOD verwag dit van my! Selfs vir jou sal daar genade wees indien jy net sou vra!

Johan 9/21/2009 9:45:52 AM
Hierdie debat gaan vir my daaroor dat daar 'n aanslag is op mense en hulle geloof. Weliswaar die skool is nie die plek waar kinders oor God en Jesus onderrig behoort te word nie, dit is die OUERS se plig. Elke ouer neem verantwoordelikheid vir sy of haar kind. God (nie 'n boom of eensellige organisme nie)het hom/haar vir jou gegee. Die feit dat daar nou 'n aanslag op geloof kom wys maar net vir my dat Jesus se woorde reg was: "in die laaste dae...". Dit sê maar net dat alles begin gebeur soos Hy dit voorspel het. Mense moenie mekaar aanval nie, dit vermors kosbare tyd. Wees lief vir mekaar en vervul so die Groot Gebod. As daar dan geen god is nie, het ons as gelowiges niks verloor nie, maar as daar wel 'n God is (en daar is!!), wat het jy dan, wat in niks glo nie, verloor? Mense God het niemand nodig om vir Hom te veg nie, Hy doen dit self want dit staan mos iewers geskrywe: "die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie." Voorts dink ek dat elke Skoolbeheerliggaam die keuse moet uitoefen wat tydens skooltyd plaasvind. Elke ouer wat dan daarmee tevrede is met sodanige uitdrukking van geloof/godsdiens skryf sy/haar kind dan self by die skool in. As ek Moslemwaardes aanhang skryf ek my kind by die plaaslike Moslemskool in, maar as ek Christenwaardes aanhang skryf ek my kind by die skool in wat sodanige waardes uitleef. Wat is nou so moeilik daaraan. Prof. los ons waardes en sisteme uit. Ons mooi land, en AL sy mense, gaan gebuk onder moeilike omstandighede. Kom ons probeer eerder soos Jesus gemaak het by verskeie geleenthede, ons gee kos aan die wat honger is, liefde en genade aan hulle wat dit so nodig het.
Johan 9/21/2009 9:47:39 AM
Hierdie debat gaan vir my daaroor dat daar 'n aanslag is op mense en hulle geloof. Weliswaar die skool is nie die plek waar kinders oor God en Jesus onderrig behoort te word nie, dit is die OUERS se plig. Elke ouer neem verantwoordelikheid vir sy of haar kind. God (nie 'n boom of eensellige organisme nie)het hom/haar vir jou gegee. Die feit dat daar nou 'n aanslag op geloof kom wys maar net vir my dat Jesus se woorde reg was: "in die laaste dae...". Dit sê maar net dat alles begin gebeur soos Hy dit voorspel het. Mense moenie mekaar aanval nie, dit vermors kosbare tyd. Wees lief vir mekaar en vervul so die Groot Gebod. As daar dan geen god is nie, het ons as gelowiges niks verloor nie, maar as daar wel 'n God is (en daar is!!), wat het jy dan, wat in niks glo nie, verloor? Mense God het niemand nodig om vir Hom te veg nie, Hy doen dit self want dit staan mos iewers geskrywe: "die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie." Voorts dink ek dat elke Skoolbeheerliggaam die keuse moet uitoefen wat tydens skooltyd plaasvind. Elke ouer wat dan daarmee tevrede is met sodanige uitdrukking van geloof/godsdiens skryf sy/haar kind dan self by die skool in. As ek Moslemwaardes aanhang skryf ek my kind by die plaaslike Moslemskool in, maar as ek Christenwaardes aanhang skryf ek my kind by die skool in wat sodanige waardes uitleef. Wat is nou so moeilik daaraan. Prof. los ons waardes en sisteme uit. Ons mooi land, en AL sy mense, gaan gebuk onder moeilike omstandighede. Kom ons probeer eerder soos Jesus gemaak het by verskeie geleenthede, ons gee kos aan die wat honger is, liefde en genade aan hulle wat dit so nodig het.
Cruel 9/21/2009 9:55:33 AM
Ag asseblief, dit is nog net 'n verdere teken van morele verval wat in SA verkondig word. Hou steeds godsdiens in die eerste periode vir diegene wat Christene is . die Moslems en ander gelowe kan in daardie tyd gaan speel, of hulle godsdiens beoefen op die manier waarop hulle wil .. hoekom nou die Christene altyd teiken - of is Christene STEEDS die grootste bedreiging? Daar is genoeg Muslim en nie-godsdienstige skole . sit die kinders daarin as hulle 'n probleem met Bybellees het. Ons is nou moeg daarvoor dat elke ateis en muslim skole wil teiken. Ons betaal helse bedrae geld 'n maand (gelykstaande aan sommige privaatskole) vir ons kinders ONS wil ook 'n se he .. nie net Prof Claassen wie de hel hy ookal is nie ..
Louis Bothma 9/21/2009 10:23:37 AM
Jaco, jy MOET die ateïs verdra omdat dit 'n bybelse opdrag is. Draai die ander wang, loop 'n ekstra myl met die vyand, betaal die keiser (wat jou as christen minag) wat hom toekom, bewys liefde aan almal... Jesus los sy getroue skapies net so om die heidene te gaan soek. Misjien moet jy jou sondagskoolgeld gaan terugvra...
Bennie 9/21/2009 10:57:05 AM
So interessant dat mense Jesus wil uithou oral, terwyl die evangelie nie skade bring nie maar net lewe, vrede en vreugde.
Dawie Louwrens 9/21/2009 11:14:35 AM
Ek wil net begin deur te sê: Julle wat so onder skuilname Christenskap laster, is lafaards. Al wat ek kan sê is: "NO GOD, NO PEACE. KNOW GOD, KNOW PEACE!!" Julle almal wat alles probeer uitredeneer deur julle "slim" en "geleerde" praatjies, wat elkeen net meer geleerd as die vorige een wil klink, doen julself 'n guns, voordat julle weer julle volgende boek lees wat een of ander mak nar uitgedink het omdat hy niks beter het om te doen as om sulke snert mee op te kom nie, vat die Bybel, en begin sommer net met die nuwe testament en lees n paar boeke. Tot die dag wat julle die Lewende Almagtige God ervaar het, sal julle nie weet wat n ware Christen van getuig nie. Julle kan dink wat julle wil, maar soos Jesus gesê het: "Die wat nie n hart van n kind het nie, sal my nooit sien nie." En, ja, Christene maak ook foute, ons almal is mense, net soos julle, ons is ook gebore in 'n sondige wêreld, net soos julle wat so oordeel uitspreek oor ons. Ons ervaar dieselfde begeertes en drange soms, net soos julle, maar dis waarvoor Jesus vir ons aan die kruis betaal het, sodat ons verloste mense kan wees. En dis hoekom Jesus die Heilige Gees vir ons gestuur het met Sy hemelvaart, om ons te lei in ons daaglikse lewens om meer en meer soos Hy te word, om nee te kan sê vir dinge/begeertes/praktyke van die dood, en ja te kan sê vir Jesus! My gebed is dat God julle sal oordeel soos julle ons, Sy kinders veroordeel, want dit is nie my plek om enige oordeel oor julle uit te spreek nie. SPREUKE 12:23 'n Verstandige mens loop nie te koop met sy kennis nie; dwase basuin hulle dwaasheid uit. SPREUKE 14:24 Wyse mense word bekroon met rykdom; die dwaasheid van dwase mense lei na meer dwaasheid. SPREUKE 15:7 Wyse mense versprei kennis met wat hulle sê; dwase het verdraaide opvattings.
Johannes 9/21/2009 11:27:27 AM
Shame! 'n Christen sal NOOIT buite sy boks van feëverhale kan dink nie: Laat die kindertjies na my toe kom...want my pa het eenkeer 2 bere gestuur om 42 stoutgatte op te vreet.
Judith 9/21/2009 11:37:47 AM
Dit is omdat daar omtrent geen godsdiensonderrig in skole is nie en omdat daar nie meer lyfstraf toegedien word dat kinders so rebels is en geen respek vir hulle medemens of hulleself het nie. Hierdie Prof Claassen se dag gaan kom!! en hy gaan spyt wees!!
Judith 9/21/2009 12:02:39 PM
Dit is omdat daar nie meer godsdiens in skole beoefen word en nie mer lyfstraf toegedien word nie dat kinders geen respek het vir ander mense nie, ook nie vir hulleself nie. Hierdie Prof Claassen gaan nog spyt wees!!!
John Fox 9/21/2009 12:08:57 PM
Ek sal met ‘n Smile op my gesig Tronk toe gaan solank ons kinders kan Godsdiens hê. “Bring it on”. Prof volgende keer bring maar vir jou n Ipod met Slipnot op of gaan sit en slyp jou Ninja swaard buite die saal terwyl ons open met skriflesing en gebed. Weet net een ding. God is lief vir jou en al jou soort. Ek sal elke dag vir julle bid. Ek vra dan ook dat elke ouer bid dat die dinge nie ons kinders se voorland is nie. Vir die mense wat sê ons glo net in God omdat ons bang is ons gaan hel toe. Wel, ek het nog nooit van ‘n mens gehoor wat op sy doodsbed lê en skreeu: Bring vir my Satan nie, ek het ‘n fout gemaak ek wil graag hel toe gaan nie. Maar julle brawe manne skreeu gereeld bring vir my ‘n Dominie as julle op julle doodsbeddens lê. Ek het n fout gemaak, vergewe my Here. En die mooi ding dan is dat julle dan net soos ons arme “Jesus Lovers” ook in die hemel gaan wees. Dit is wonderlik. Ons skole is onder die bloed van Jesus. Niks sal by dit uitkom nie. Prys Sy Naam veraltyd en ewig. Amen Amen Amen
Piet Potgieter 9/21/2009 12:42:52 PM
Vryheid van assosiasie.As ek nie wil gay wees nie assosieer ek nie met gay mense nie. As ek Christen wil wees, assosieer ek my met Christinne, as ek my kind in 'n Goddelose skool wil plaas dan doen ek dit uit my eie vrye wil, en indien ek my kind in 'n Christen gebaseerde skool wil plaas dan doen ek dit uit my eie vrye wil, en indien jy nie jou kind volgens christelike waardes wil laat skoolgaan nie dan gaan stig jy jou eie skool en gaan doen jou ding daar, anders val jy in en doen wat die ander doen en hopelik word jou Siel daardeur gered.
Johan 9/21/2009 1:10:48 PM
Prof George Claassen, ek dink jy het teen hierdie tyd die boodskap DUIDELIK gekry. Of jy gaan tyd kry om al hierdie kommentaar te lees, weet ek nie, want jy moet jou bemoei met onbenullighede en hierdie kommentaar tel nie daaronder nie. Weet jy George, my kind sal vir jou bid, soos hy geleer is by die huis en binne die gemeenskap waar hy opgroei en daaronder tel sy skool ook - of dit nou Moslem of Christelik is, of watter godsdiens ook al ter sprake.
Geertruy 9/21/2009 1:28:25 PM
Arme ou George. Hy wil graag by Stalin, Lenin, Voltaire, e.a. aansluit. Nou wil hy ons kinders en kleinkinders saam met hom op satan se vuurwa laat ry. Hoe sotlik.
Pieter Carstens 9/21/2009 1:38:28 PM
Baie dankie aan al jul onderwysers en skoolhoofde wat by jul beginsels hou. God is regverdig en sal altyd sorg dat die wat Sy Naam aanroep, aangehoor en beskerm sal word. Kerke, Christene, kom ons bid AANHOUDEND vir ons skole om hul Christelike waardes te behou. Begin vandag Leraars en Pastore. Ons staan mos bokant die twak uit. Die Here Seën julle in Jesus wonderlike naam.
Liewe Heksie 9/21/2009 1:44:33 PM
Gewonder hoe lank sal dit neem voor idiote soos "Prof" Claasen aan die stuur sal kom. Nuus vir jou, "Prof": hierdie is veronderstel om 'n demokrasie te wees, NIE Nazi-Duitsland nie, en ook nie die ou Rusland nie. Elkeen is vry om sy geloof te beoefen. Ek is nie 'n Christen nie, WEL 'N KIND VAN GOD. Die verskil? 'n Christen glo in God se bestaan, maar 'n Kind van God volg hom deur op die Woord te vertrou en daarin te wandel. En ja, ons het ons eie privaatskool gestig, en ja, ons betaal self daarvoor, en nee, die onderwysers kry bitter min, want ons net net gewone salaristrekkers. "Prof", as mense vat ons jou aan in die land se hof, daarvan kan jy seker wees. Wat gaan jy egter eendag in die Hoogste Hof se?
Wisdom @ Johannes 9/21/2009 2:00:53 PM
Gaan kruip terug in jou boks boetie
Magdalena 9/21/2009 2:05:14 PM
Meng jou met die semels,dan vreet die varke jou op. Of glo die ateiste ook nie die Afrikaanse idiome nie? Ek het ook 'n ongelowige vriendin wat deur 'n baie moeilike tyd gaan ,nou vra sy vir my om vir haar en haar kind te bid. Dat sy nou ook aaneen bid, waar kom dit vandaan? Die Here raak haar deur haar kind , wat sy ook sonder die Woord van God grootgemaak het, aan. Ek het al by die sterwensbed van 'n ateis gestaan en toekyk hoe hulle geworstel het met die dood. Nadat 'n katolieke priester gebid het vir die persoon se siel het daar rustigheid gekom en die persoon is stil heen. Daardie dag het ek weer die kragtigheid van die geloof ervaar. Gelukkig is elke mens verantwoordelik vir sy eie siel, en ons as ouers is verantwoordelik vir ons kinders se opvoeding, opleiding en ook geloof. Kies julle maar julle dwaalwee, maar onthou dat ons Bybel dit baie duidelik stel dat die kinders 'n geskenk van God is. Hierdie prof reject, retard en Casper en Kie het seker ook nie 'n probleem met die kinderverkragters in die land nie.Met geen morele standaarde nie, wonder ek maar net????
zelda klopper 9/21/2009 2:21:00 PM
Die ou "professortjie" is te lui om 'n ordentlike werk te doen, nou loop en beledig hy die Here en almal wat in Hom glo. Het enige van ons met "strafregtelike" prosedure teen hom en sy trawante gedreig net omdat hulle kies om satan se instrument te wees? Geniet jou oop pad hel toe.

Vir die armsalige ou ouers wat hulle kinders ingeskryf het in die skool wetend wat die beginsels is; loop gaan soek vir julle 'n gomgat skool waar julle hoort.
Skouperd 9/21/2009 2:22:38 PM
LOL!
pop 9/21/2009 2:33:13 PM
As jy nie aan God glo nie, glo jy nie aan die Bybel nie, en as jy nie aan die bybel glo nie, glo jy nie aan die morele en standaarde daarvolgens voorgeskryf nie (10 Gebooie ens). Gevolgtrekking, alle ongelowiges kan kaal rondhardloop en moor, steel, belieg ens., want hulle glo nie aan die waardes wat die bybel voorskryf nie. Waar kom die ongelowige se waardes dan vandaan?
Johann 9/21/2009 3:10:11 PM
In die laaste dae sal dit so wees...... Liefde aan almal vir en teen die argument, onthou - die liefde bly stil oor ander se foute... Ons sal weet, eendag wie was reg en wie nie, ek is eerder gelowig as nie. Ek sal dus alle kinders om my ook aanraai om so te wees, dis my reg. Dis jou reg om dit nie te doen nie, moenie ons reg om dit wel te doen wegneem nie. Ek is jammer vir die wat verskil en is ook van opinie dat hulle kinders nie vervolg moet word nie, maar in liefde behandel word, dit sal tog meer waarde laat as om te baklei. Vir die wat saam stem - dis jou reg ook om die wat nie glo nie na die lig te lei - in liefde.
Johann 9/21/2009 3:10:16 PM
In die laaste dae sal dit so wees...... Liefde aan almal vir en teen die argument, onthou - die liefde bly stil oor ander se foute... Ons sal weet, eendag wie was reg en wie nie, ek is eerder gelowig as nie. Ek sal dus alle kinders om my ook aanraai om so te wees, dis my reg. Dis jou reg om dit nie te doen nie, moenie ons reg om dit wel te doen wegneem nie. Ek is jammer vir die wat verskil en is ook van opinie dat hulle kinders nie vervolg moet word nie, maar in liefde behandel word, dit sal tog meer waarde laat as om te baklei. Vir die wat saam stem - dis jou reg ook om die wat nie glo nie na die lig te lei - in liefde.
Nicky 9/21/2009 3:25:30 PM
Ek wil graag hê my (goed gedissiplineerde) kinders moet eendag in staat wees om vir hulself te dink en besluite te neem. Ek wil hulle leer van alle gelowe, waarvoor hulle staan, die evolusieleer, buddhisme, ensovoorts, ensovoorts en dan kan hulle self besluit wat hulle navolg. So ek ondersteun vir Prof. Claassen 100%.
Wat my bang maak is die reaksie van al die sogenaamde Christene die oomblik wat jy enige woord durf sê oor godsdiens. Gaan die Christelike geloof nie primêr oor vergifnis en naasteliefde nie?
Wonder maar net...
Anoniem 9/21/2009 3:25:58 PM
Beste Prof. George Claassen, die gebed van die regverdige het groot krag en ek bid vir jou. Ek bid dat God self Hom aan jou sal openbaar, want dan sal jy nie anders kan as om juis godsdiensonderrig in skole te bevorder nie. Ek bid van harte dat jy soos Saulus van ouds 'n afspraak met God sal hê en dat die skille ook van jou oë sal afval en jy dan soos soos Paulus 'n bres vir God sal slaan. Seën vir jou!
Louis Bothma 9/21/2009 3:39:39 PM
Pop, gaan kyk bietjie hoe uitstekend gaan dit in die Skandinawiese lande waar omtrent niemand in die bybel glo nie. Waar kom die gelowiges(lees christene, want sommige oningeligtes glo net christene kan gelowig wees) wat almal so bedonner se waardes vandaan ? Waar kry die talle dominees wat so lekker rodspyker hulle waardes vandaan ? Uit die bybel uit ? Jou argument is uiters belaglik om die minste daarvan te sê.Hoe meer Liewe Jesus plakkertjies iemand op sy aktetas geplak het, en hoe meer die bybelversies wat by sy mond uitvloei, hoe groter die gevaarligte, aldus my ondervinding...
DB 9/21/2009 4:17:16 PM
As ongelowige versoek ek die ander ongelowiges wat op n disrespekvolle manier kommentaar gelewer het(gelukkig die minderheid), om asseblief aan al die gelowiges maar ook aan ons ander ongelowiges wat op n respekvolle manier kommentaar gelewer het, om verskoning te vra. As ongelowige respekteer ek enige geloof en sy aanhangers.
Dankie aan die gelowiges wat op n respekvolle manier kommentaar gelewer het (ongelukkig nie almal nie).
In die staat se skole behoort geen geloof beoefen te word nie. Die staat se skole behoort neutraal (by voorbeeld: a-polities en agnosties) te wees. As gelowiges van watter geloof ook al sterk genoeg voel oor hul geloof kan hulle, hulle kinders in n privaatskool van hul keuse plaas. Die gelowiges wat dit nie kan bekostig nie moet maar net verlief neem met die feit dat die staat se skole nie daar is om sy geloof vir hom te versprei nie.
Sebastiaan 9/21/2009 5:39:11 PM
Mnr Claassens sê ons lewe nie meer in Nazi-Duitsland nie. Dit is 'n belaglike stelling, want Nazi-Duitsland het juis godsdiens uit skole verdring en vervang met staats- en leieraanbidding. Sy metodes om te spionier en almal verdag te maak wat nie sekulêr genoeg is nie ruik juis na Nazisme, of kommunisme, eintlik maar net twee kante van dieselfde munt. Bestuudeer die Franse Revolusie, waar Claassens se geestelike voorgeslagte godsdiens uitgedryf het. 'n land wat God uit sy openbare lewe weer, verval in die ergste barbarisme denkbaar. Nazi-Duitsland, kommunistiese Rusland, Sjina ponder Mao, Kambodsja onder die Rooi Khmer ens is voorbeelde. Al wat Suid-Afrika nog kan red is onbeskaamde godsdiensuitlewing. Ons het meer godsdiens en meer God in ons skole nodig, en ons het nie mense soos Claassen nodig nie.
Danie 9/21/2009 5:39:53 PM
Was Jesus nou maar hier om die Farriseërs en Sadduseërs wat aan hierdie gesprek deelneem te herinner om in die binnekamer te loop bid en nie by die skole waar almal hulle kan sien nie.@ Pop : Antieke beskawings het reeds voor die oordra van die 10 gebooie waardes gehad. Jou argument is ongeldig. God het in die Ou Testament sy volk toegelaat om te plunder en te verkrag. Noem jy dit morele geskrifte?
Staat se Skole 9/21/2009 6:02:20 PM
Dit is nie die staat se skole se plig om enige geloof te versprei nie. Die staat se skole moet neutraal wees. Indien dit vir gelowiges belangrik genoeg is kan hulle hul kinders in privaatskole van hul keuse plaas waar hulle tevrede is met watter geloof ook al daar versprei word. Daar sal gelowiges wees wie nie die privaatskole kan bekostig nie, hulle hoef nie bekommerd te wees nie: God sal voorsien. Indien hul medegelowiges of dan God self nie voorsien nie sal hulle moet verlief neem met die feit dat die staat se skole nie daar is om sy of enige ander geloof te versprei nie. Hoekom is julle dan van die staat afhanklik om julle geloof te versprei en nie van God self nie?
Ns. Uit respek vir julle as my medemens skryf ek god met n hoofletter hierbo.
Kwaad 9/21/2009 7:23:11 PM
Pop, ek skaam my vir mense soos jy wat met soveel onkunde christene se naam sleg maak. Daai was die belaglikste gevolgtrekking wat jy daar gemaak het. Ongelowiges kan ook hou van vrede, bang wees vir die wet en dus nie moor of steel nie. Moenie nonsens praat daar waar mense sit en wag vir dom opmerkings soos dit om teen alle christene te hou nie.
Realis 9/21/2009 7:44:43 PM
Hierdie ou klompie ateiste wil nou maar eenkeer nie erken dat daar 'n God is, wat die Skepper van alles wat bestaan, is nie, want dan moet hulle Hom as oppergesag erken en dan is Hy ook soewerein en die eienaar van alles. Hy kan dan ook dikteer en niemand kan hom teëgaan nie. Jy sien - hulle wil alleen baas wees en daarom duld hulle ook geen ander opinie nie. Hulle hoef ook aan niemand moreel verantwoording te doen nie, want hulle bepaal elkeen hul eie moraliteit. Dit is so belaglik want wie kan dan vir iemand anders voorskryf wat reg of verkeerd is - elkeen mag doen soos hy wil. Inherent is dit maar net rebelsheid. (Dieselfde eienskap wat jy kry by hulle vir wie Jesus gesê het: "Julle het die duiwel as vader, en sy werke wil julle doen") Jy sien: Hy (hul vader), het dieselfde eienskap - en dit het hom duur te staan gekom.

Noem dit maar 'n feëverhaal, spot maar daarmee, maar weet dit: tot verantwoording SAL jy geroep word. En jy sal geen verskoning hê nie.
Hendrik V 9/21/2009 9:57:56 PM
Suid-Afrika, my Suid-Afrika is nie net 'n plek vir 'n klomp teïste (die Christene, Moslems en Jode)nie. Daar is ook nou plek vir ander mense. Hoekom moet 'n kind gemarginaliseer by 'n skool as hy nie Christen is nie? Die land is my land en ook andere se land. As my kind sy geloofsonderrig by die huis moet ontvang (want die Christelike skole maak uit hulle verwaandheid nie plek vir hom nie), dan kan Christen ouers ook maar hulle luiheid laat staan en godsdiensonderrig by die huis doen.

'n Publieke skool is 'n plek vir akademiese opvoeding opvoeding. Kerke vir godsdiensopvoeding. En Parlemente om wette te maak. Goed om te hou om hierdie dinge uit mekaar te hou.

Die sogenaamde "oppergesag" (as daar ooit so iets was) van die Christengeloof moet beëindig word. Natuurlik kan Christene vrylik hulle geloof beoefen, MAAR op hulle eie tyd en op hulle eie plek. Soos ander skrywers het ek baie nie-Christene gesien wat meer moraliteit as 'n hele kerk Christene gehad het. So daardie is nie 'n argument nie.

Baie dankie Prof Claassen! Waar kan ek ek by Skepties Suid-Afrika aansluit?
Charlotte 9/21/2009 11:04:18 PM
Na aanleiding van die berigte in “Rapport” van Sondag, 20 September 2009, iv.m. godsdiens in skole net die volgende paar opmerkings. Daar word verwys na Wet 27 van 1996. Die enigste gedeelte daaruit wat oor religie handel lees as volg:
“4. The policy contemplated in section 3 shall be directed toward-
(a) the advancement and protection of the fundamental rights of every person guaranteed in terms of chapter 3 of the Constitution, and in terms of international conventions ratified by Parliament, and in particular the right-
(vi) of every person to the freedoms of conscience, religion, thought, belief, opinion, expression and association within education institutions;
(vii) of every person to establish, where practicable, education institutions based on a common language, culture or religion, as long as there is no discrimination on the ground of race;”
Nou vra ek my af: as ‘n skool ‘n Jesus-week hou waarin kinders ‘n strikkie kan dra indien hul in Jesus glo (dit klink vir my vrywillig), is dit nie vryheid van assosiasie wat duidelik beskerm word in die wet nie? Vir my lyk dit of die wet wel voorsiening maak vir skole gebaseer op ‘n gemeenskaplike geloof, mits dit nie afgedwing word op alle leerders of ras-gebaseer is nie.
Verder het ek as ouer ‘n ernstige probleem met die siening van in die artikel ”Aweregs” nl. Ouers het nie die reg om die inhoud van ‘n leerplan te bepaal nie. Hoewel dit sin maak in die geval van spesialisvakke, is dit beslis nie waar wat betref religie nie. ‘n Ouer het volgens my ‘n ononderhandelbare reg om seggenskap hieroor uit te oefen. Net so verkeerd as wat dit dus sou wees om van ‘n Moslemkind te verwag om onder dwang Bybelklasse by te woon, net so onaanvaarbaar is dit om ‘n jong kind teen sy ouers se wense in onder dwang as deel van die sillabus aan ‘n verskeidenheid van godsdienste bloot te stel. Die skrywers van die artikels reken skole met ‘n Christelike karakter laat hul aan die ou Suid-Afrika dink, waarheen ons nie kan terugkeer nie. Wanneer die staat egter die ouer seggenskap oor sy kind se religieuse opvoeding ontneem, laat dit my weer aan ‘n kommunistiese staat dink - wat, soos ons almal weet, wêreldwyd klaaglik mislik het.
Dit is so dat daar foute, ook deur Christene, gemaak is in ons land se verlede. Maar ek is self ‘n onderwyser en kan persoonlik daarvan getuig dat in al die skole waar ek betrokke was nog altyd (ja,selfs in die bose ou Suid-Afrika!) ruimte was vir kinders wat weens geloofsbesware nie godsdiensbeoefening wou bywoon nie. EN ek kan getuig van vele gebroke kinders wat oneindig gebaat het by dit wat Christen-onderwysers vir hulle beteken het.
Dalk moet hierdie beswaarde skrywers daarteen waak om nie die kind met die badwater uit te gooi nie. Moet veral nie vir Christus verwerp omdat sommige van sy volgelinge jou teleurstel nie. Maar dalk is hierdie artikels ook ‘n broodnodige “wake-up call” vir elke Christen-ouer: dit is in die eerste en laaste plek JOU taak om deur woord en daad ‘n lewens-en wêreldbeskouing by jou kind te vestig, ons het beslis in die verlede te veel hierdie taak afgeskuif op die staat en kerk.
Marius 9/22/2009 8:30:33 AM
George ek sal baie hard vir jou bid my vriend. Hoe kan enige mens n kind weg hou van die liefde van Jesus Christus. Gelukkig George het Jesus vir almal gesterf, weet jy wat, dit sluit jou in. Waar die probleem in kom, soos in die geval van Saulus, hoe gaan jy jou kennis gebruik. Is dit tot voordeel vir die Koningryk van God ons Vader of in die hel. Dit het niks te doen met wette nie dit is n morele waarde en verpligting wat ons het teenoor Jesus Christus. Wonder maar net wat het skeef geloop in n professer se kop dat hy sulke nonsens kwyt kan raak. Sal glo dat jy geleer het oor dit wat saak maak. Slegte nuus vir jou.....en jou Skeptiese Suid Afrika waarin jy glo. Ek en vele ander daar buite glo en vertrou op die Woord. Jy is besig om n oorlog te begin wat jy gaan verloor. Net n jammerte dat jy nog nie besef het, dit is n oorlog teen God nie. Aan al my mede gelowiges, staan sterk en vertrou dat Jesus die arme siel aan sal raak. Onthou net dat elke knie sal buig. Wat gaan jou antwoord wees. "Staan op vir Jesus Christus"
Danie 9/22/2009 8:38:26 AM
Ek wonder hoe gaan die Christen-Taliban soos van die skrywers hierbo eendag aan hul God verduidelik hoekom hulle die Keiser se geld gebruik het om hul doopbelofte na te kom. Hoekom moes hulle gelowiges en ateïste se belastinggeld aanwend om hul kinders volgens die Bybel te skool as dit 'n binnekamer saak was? Hoe gaan die Christene verduidelik dat hulle hul eie Jesus wou skep in die vorm van 'n regering wat elke aspek van 'n staat regeer?

Hierdie sogenaamde Christene verwerp alles wat hul Leermeester oor staat en belasting gesê het. Dit lyk my die Christen-Taliban is steeds die magsbehepte blankes wat ons tydens Apartheid leer ken het: "Ons het opperreg en te hel met die res."
Ander Johan 9/22/2009 8:50:04 AM
Dankie vir die deel van almal se gevoelens. Dis immers 'n demokratiese land waarbinne ons in vrede wil saamleef. Ek dink net George Claassen moet hom dalk bemoei met strafregtelike vervolgings van dinge wat buite die landswette lê. Sodoende kan ons almal help bou aan 'n beter Suid-Afrika. Ag nee George, jy stel ons werklik teleur. Ons ken jou en jou siening oor die lewe en die mens se sogenaamde "bygelowe" (volgens jou). Maar nou gaan jy darem 'n bietjie te ver vir 'n intellegente mens, of onderskat jy dalk die Suid-Afrikaners se intellegensie? Die grondslag vir godsdiensonderrig lê by die huis en kerk; die skool se taak is bloot om die godsdiensonderrig wat die kind tuis ontvang te bevestig deur ‘n omgewing te skep waarbinne die kind daardie waardes kan ervaar. Solank dit nie in ‘n oordrewe vorm is nie, en in kinders se kele afgedruk word nie, het ek geen probleem daarmee nie; o ja, en dan die kwessie van verskillende geloofsoortuigings waarvan daar uit die aard van die saak deeglik kennis geneem moet word binne skoolverband ten einde almal se lewenswyses binne geloofsverband (of is dit nou "bygeloofsverband") te erken. Ek het ook hierdie met my kind bespreek, en sy antwoord was dat Juffrou dit duidelik vir hulle gestel het dat hulle almal, soos hulle ouers, ‘n sekere geloof beoefen en dat hulle ook geleer het van al die ander gelowe wat almal regte egte gelowe is (ook George se "geloof". Dit ken en erken my kind reeds op sy vroeë ouderdom – dus is die grondslag daar (ook danksy die skool). Dis duidelik dat satan ‘n “gap” in George se mondering sien, arme man, ons kan net vir hom bid; my kind ook!
Chris Mostert 9/22/2009 10:16:15 AM
Christene moet dankbaar wees vir ouens soos die prof- dis aksies soos hierdie wat ons weereens bewus maak van die konstante bedreiging van satan en sy trawante. Dit moet ons aanspoor om op alle terreine ons Christenskap uit te leef, en om die onmisbaar positiewe invloed wat dit op ons almal, en veral die jeug het, te beskerm met alles tot ons beskikking.
lolla 9/22/2009 10:17:05 AM
Dit is net weer eens 'n bewys dat die eindtyd naby is. Hou julle oë op die Here gerig. Sterkte aan alle SA ouers ons in NAMIBIA DINK AAN JULLE.
Kobus de Klerk 9/22/2009 12:10:55 PM
Dit is inderdaad ’n goeie idee van George Claassen en sy Skepties Suid Afrika om skole waar Bybel gelees word en gebid word, strafregtelike te laat (probeer) vervolg – nie vir die redes wat hy dink nie, maar vir heel ander redes. Solank hy/hulle net ook bereid is om die gevolge te dra.
Jul sien, as mens iemand ’n ander laat vervolg, strafregtelik of andersins, oor kwelsugtigheid sonder goeie gronde - dit is nou soos in die geval van Claassen se dreigement - dan is die vervolger agterna ook sivielregtelik en andersins aanspreeklik vir die eisoorsaak genaamd kwelsugtige vervolging – en die uiteinde kan beteken dat Claassen en sy miniatuur groepie ateïste wat die Grondwet net een kant toe kan lees, op die ou end skadevergoeding sal opdok en só die Bybellesende en biddende skool se skoolfonds ’n aansienlike hupstoot gee.
Vanwaar kan ’n minderheidsgroep soos ateïste meen dat hulle die grondwet kan misbruik om slegs hul eie siening, ten koste van miljoene ander Suid Afrikaners wat Godsdienstig is, te wil afdwing, wat daarop sal neerkom dat net hulle hul sin kry, en dat daar inderdaad geen Godsdiensvryheid, wat die vrye beoefening van Godsdiens insluit, sal wees nie – dit is vêrregaande.
Om die waarheid te sê, Claassen se kaperjolle soos berig, koms straks neer op haatspraak teen Godsdienstiges.
Claassen en sy Skepties SA groepie is besig om ’n soort van Jihad te word vir fundamentele ateïste – sodra hulle al die regsweë uitgeput het, en nie daarmee regkom nie, wat sal hulle dan bereid wees om te doen?
Dit het tyd geword dat die reusagtige hoeveelheid Godsdienstiges in hierdie land, van alle rasse en kulture, hul stem begin dik maak teen die klein toontrappertjies soos Claassen en sy miniatuur gevolgie, en vir hulle leer dat opgevoede kleintjies nie op grotes te tone trap nie, en as hulle dit doen, dan nie sonder reperkussie nie.
Die Godsdienstiges sien nou wat word van hulle binnekamer-Godsdienstigheid… hulle word geboelie deur onverdraagsame ateïste soos Claassen. Tyd dat die binnekamer- Godsdienstiges hul slappigheid laat staan en opstaan waarvoor hulle glo.
Demokrasie beteken nie dat kleintjies die grotes mag boelie nie, andersom wel. Soms, eintlik al te dikwels, word hierdie belangrike onderskeid in hierdie land vergeet, en dit lei tot baie konflik.
Ateïste het geen reg om hulle kinders en ander se kinders, blootstelling aan Godsdiens te ontsê nie, net so min soos wat hulle die reg het om die buurman sy Godsdiensbeoefening te ontsê, óf vir ’n ander om die Godsdiens op ’n onwillige kind af te dwing. ’n Kind het die reg om self mettertyd te besluit of hy Godsdienstig wil wees al dan nie, en sy ateïs ouer mag hom nie daardie reg ontsê en ontneem nie – dit is ook ’n vorm van mishandeling deur misbruik van ouerlike mag oor ’n kind.
Godsdiens beoefening by alle skole behoort ’n instelling te wees, en dié kinders wat self besluit (en nie omdat hulle ouers hulle dwing nie) dat hulle dit nie wil bywoon nie, het die Godsdiensbeoefening tyd vry.
Ek daag Claassen uit om te kom bewys dat ’n gebed sy kind of ander se kinders kan skaad of kwaad aandoen.
Ek daag Claassen ook uit om te kom bewys op watter goeie gronde ’n kind verbied of verhoed mag word om blootgestel te word aan Godsdiens, sodat die kind mettertyd self 'n ingeligte besluit daaroor sal kan neem.
Claassen word ook uitgenooi om te kom sê watter blootstelling, indien enige, hy self aan Godsdiensbeoefening as kind gehad het.
Terloops, waarom maak die betrokke skoolhoofde hoegenaamd verskoning? Julle oefen julle grondwetlike regte uit, solank daar geen dwang is nie. Enige departementele beleid en wetgewing wat hiermee inmeng, moet summier aan die toetsing deur die howe en die Grondwetlike Hof, indien nodig, onderwerp word, vir suiwering. Tyd dat gelowiges, die sluimerende totale meerderheid, op hul regte aanspraak maak.
Kobus de Klerk.
Kobus de Klerk 9/22/2009 12:31:00 PM
Dit is dalk inderdaad ’n goeie idee van George Claassen en sy Skepties Suid Afrika om skole waar Bybel gelees word en gebid word, strafregtelike te laat (probeer) vervolg – nie vir die redes wat hy dink nie, maar vir heel ander redes. Solank hy/hulle net ook bereid is om die gevolge te dra.

Jul sien, as mens iemand ’n ander laat vervolg, strafregtelik of andersins, oor kwelsugtigheid sonder goeie gronde - dit is nou soos in die geval van Claassen se dreigement - dan is die vervolger agterna ook sivielregtelik en andersins aanspreeklik vir die eisoorsaak genaamd kwelsugtige vervolging – en die uiteinde kan beteken dat Claassen en sy miniatuur groepie ateïste wat die Grondwet net een kant toe kan lees, op die ou end skadevergoeding sal opdok en só die Bybellesende en biddende skool se skoolfonds ’n aansienlike hupstoot gee.

Vanwaar kan ’n minderheidsgroep soos ateïste meen dat hulle die grondwet kan misbruik om slegs hul eie siening, ten koste van miljoene ander Suid Afrikaners wat Godsdienstig is, te wil afdwing, wat daarop sal neerkom dat net hulle hul sin kry, en dat daar inderdaad geen Godsdiensvryheid, wat die vrye beoefening van Godsdiens insluit, sal wees nie – dit is vêrregaande.

Om die waarheid te sê, Claassen se kaperjolle soos berig, koms straks neer op haatspraak teen Godsdienstiges.

Claassen en sy Skepties SA groepie is besig om ’n soort van Jihad te word vir fundamentele ateïste – sodra hulle al die regsweë uitgeput het, en nie daarmee regkom nie, wat sal hulle dan bereid wees om te doen?

Dit het tyd geword dat die reusagtige hoeveelheid Godsdienstiges in hierdie land, van alle rasse en kulture, hul stem begin dik maak teen die klein toontrappertjies soos Claassen en sy miniatuur gevolgie, en vir hulle leer dat opgevoede kleintjies nie op grotes te tone trap nie, en as hulle dit doen, dan nie sonder reperkussie nie.

Sommige Godsdienstiges sien nou wat word van hulle binnekamer-Godsdienstigheid… hulle word geboelie deur onverdraagsame ateïste soos Claassen. Tyd dat die binnekamer- Godsdienstiges hul slappigheid laat staan en opstaan vir waarin hulle glo.

Demokrasie beteken nie dat kleintjies die grotes mag boelie nie, andersom wel. Soms, eintlik al te dikwels, word hierdie belangrike onderskeid in hierdie land vergeet, en dit lei tot baie konflik.

Ateïste het geen reg om hulle kinders en ander se kinders, blootstelling aan Godsdiens te ontsê nie, net so min soos wat hulle die reg het om die buurman sy Godsdiensbeoefening te ontsê, óf vir ’n ander om die Godsdiens op ’n onwillige kind af te dwing. ’n Kind het die reg om self mettertyd te besluit of hy Godsdienstig wil wees al dan nie, en sy ateïs ouer mag hom nie daardie reg ontsê en ontneem nie – dit is ook ’n vorm van mishandeling deur misbruik van ouerlike mag oor ’n kind.

Godsdiens beoefening by alle skole behoort ’n instelling te wees, en dié kinders wat self besluit (en nie omdat hulle ouers hulle dwing nie) dat hulle dit nie wil bywoon nie, het die Godsdiensbeoefening tyd vry.

Ek daag Claassen uit om te kom bewys dat ’n gebed sy kind of ander se kinders kan skaad of kwaad aandoen.

Ek daag Claassen ook uit om te kom bewys op watter goeie gronde ’n kind verbied of verhoed mag word om blootgestel te word aan Godsdiens, sodat die kind mettertyd self 'n ingeligte besluit daaroor sal kan neem.

Claassen word ook uitgenooi om te kom sê watter blootstelling, indien enige, hy self aan Godsdiensbeoefening as kind gehad het.

Terloops, waarom maak die betrokke skoolhoofde hoegenaamd verskoning? Julle oefen julle grondwetlike regte uit, solank daar geen dwang is nie. Enige departementele beleid en wetgewing wat hiermee inmeng, moet summier aan die toetsing deur die howe en die Grondwetlike Hof, indien nodig, onderwerp word, vir suiwering. Tyd dat gelowiges, die sluimerende totale meerderheid, op hul regte aanspraak maak.

Kobus de Klerk.
BJL@Danie 9/22/2009 12:38:48 PM
Probeer jy 'n punt maak of wou jy maar net die woord "Christen-Taliban" gebruik. Dit is maklik om met sulke gelaaide hibried-terme vorendag te kom eerder as sinvolle argumente. Dit is nie net julle "Ateis Staliniste" wat dit kan doen nie.
Kobusde Klerk 9/22/2009 2:39:57 PM
Dit is dalk inderdaad ’n goeie idee van George Claassen en sy Skepties Suid Afrika om skole waar Bybel gelees word en gebid word, strafregtelike te laat (probeer) vervolg – nie vir die redes wat hy dink nie, maar vir heel ander redes. Solank hy/hulle net ook bereid is om die gevolge te dra.Jul sien, as mens iemand ’n ander laat vervolg, strafregtelik of andersins, oor kwelsugtigheid sonder goeie gronde - dit is nou soos in die geval van Claassen se dreigement - dan is die vervolger agterna ook sivielregtelik en andersins aanspreeklik vir die eisoorsaak genaamd kwelsugtige vervolging – en die uiteinde kan beteken dat Claassen en sy miniatuur groepie ateïste wat die Grondwet net een kant toe kan lees, op die ou end skadevergoeding sal opdok en só die Bybellesende en biddende skool se skoolfonds ’n aansienlike hupstoot gee.Vanwaar kan ’n minderheidsgroep soos ateïste meen dat hulle die grondwet kan misbruik om slegs hul eie siening, ten koste van miljoene ander Suid Afrikaners wat Godsdienstig is, te wil afdwing, wat daarop sal neerkom dat net hulle hul sin kry, en dat daar inderdaad geen Godsdiensvryheid, wat die vrye beoefening van Godsdiens insluit, sal wees nie – dit is vêrregaande.Om die waarheid te sê, Claassen se kaperjolle soos berig, koms straks neer op haatspraak teen Godsdienstiges.Claassen en sy Skepties SA groepie is besig om ’n soort van Jihad te word vir fundamentele ateïste – sodra hulle al die regsweë uitgeput het, en nie daarmee regkom nie, wat sal hulle dan bereid wees om te doen?Dit het tyd geword dat die reusagtige hoeveelheid Godsdienstiges in hierdie land, van alle rasse en kulture, hul stem begin dik maak teen die klein toontrappertjies soos Claassen en sy miniatuur gevolgie, en vir hulle leer dat opgevoede kleintjies nie op grotes te tone trap nie, en as hulle dit doen, dan nie sonder reperkussie nie.Sommige Godsdienstiges sien nou wat word van hulle binnekamer-Godsdienstigheid… hulle word geboelie deur onverdraagsame ateïste soos Claassen. Tyd dat die binnekamer- Godsdienstiges hul slappigheid laat staan en opstaan vir waarin hulle glo.Demokrasie beteken nie dat kleintjies die grotes mag boelie nie, andersom wel. Soms, eintlik al te dikwels, word hierdie belangrike onderskeid in hierdie land vergeet, en dit lei tot baie konflik.Ateïste het geen reg om hulle kinders en ander se kinders, blootstelling aan Godsdiens te ontsê nie, net so min soos wat hulle die reg het om die buurman sy Godsdiensbeoefening te ontsê, óf vir ’n ander om die Godsdiens op ’n onwillige kind af te dwing. ’n Kind het die reg om self mettertyd te besluit of hy Godsdienstig wil wees al dan nie, en sy ateïs ouer mag hom nie daardie reg ontsê en ontneem nie – dit is ook ’n vorm van mishandeling deur misbruik van ouerlike mag oor ’n kind.Godsdiens beoefening by alle skole behoort ’n instelling te wees, en dié kinders wat self besluit (en nie omdat hulle ouers hulle dwing nie) dat hulle dit nie wil bywoon nie, het die Godsdiensbeoefening tyd vry.Ek daag Claassen uit om te kom bewys dat ’n gebed sy kind of ander se kinders kan skaad of kwaad aandoen.Ek daag Claassen ook uit om te kom bewys op watter goeie gronde ’n kind verbied of verhoed mag word om blootgestel te word aan Godsdiens, sodat die kind mettertyd self 'n ingeligte besluit daaroor sal kan neem.Claassen word ook uitgenooi om te kom sê watter blootstelling, indien enige, hy self aan Godsdiensbeoefening as kind gehad het.Terloops, waarom maak die betrokke skoolhoofde hoegenaamd verskoning? Julle oefen julle grondwetlike regte uit, solank daar geen dwang is nie. Enige departementele beleid en wetgewing wat hiermee inmeng, moet summier aan die toetsing deur die howe en die Grondwetlike Hof, indien nodig, onderwerp word, vir suiwering. Tyd dat gelowiges, die sluimerende totale meerderheid, op hul regte aanspraak maak.Kobus de Klerk.
Danie@BJL 9/22/2009 3:10:37 PM
Ek probeer 'n punt maak. Enige kommentaar op die Christene wat so mildelik kus-en-keur watter van Jesus se leerstellings hulle aanvaar en verwerp? Want "gaan na die binnekamer en bid daar" en "gee die Keiser wat hom toekom" is duidelik nie op die fundamentaliste se lys nie.
Pierre Horak 9/22/2009 4:12:52 PM
Hierdie is n duidelike aanduiding van wat in VADER SE WOORD vir ons geopenbaar word, ons moet ons gereed maak vir die eindtyd en weet maar hierdie is nog net die begin, ons as gelowiges gaan nog erg vervolg en onderdruk word. Dit is juis nou dat ons as gelowiges openlik sal erken wie ons is en wie ons HEMELSE VERLOSSER is. Ek is jammer vir prof Claassen en sy sogenaamde geesgenote indien jy nie in dieselfde GOD glo as ek nie waarvoor vrees jy dan. Mag ek die eer he om jou te seen in die kosbare bloed van die LAM wat ook my lewe vir my vir ewig omgekeer het.
Henrietta Klaasing 9/22/2009 4:34:52 PM
‘n Godsdiens-neutrale skool is ‘n oksimoroon...

Die algemene fout wat mense maak, is om te dink dat die nuwe onderwystelsel “neutraal” is. Ek het nuus vir hulle : Geen opvoeding van kinders , by die huis of skool of waar ook al, kan neutraal wees nie. Dit is altyd waarde-bepaald. Opvoeding is in wese nie bloot net die oordra van kennis of vaardigheidsontwikkeling nie, maar ook (en veral!) karaktervorming. Om ‘n karakter te vorm beteken om gesindhede, houdings en waardes aan te leer, om te kan onderskei tussen reg en verkeerd.
En dank die Heer, by die oorgrote meerderheid Afrikaanse model-C skole is ‘n groot getal onderwysers nog uit die ou geslag en doen hulle dit nog só... elke minuut van die eerste tot die laaste klok se lui... (en raai waar kry die ou geslag onderwysers hulle waardes?).

As Bybelse waardes nie by skole geleer mag word nie, watter “mens” se waardes stel ateïste in die plek daarvan voor? Hitler? Stalin? Marx?
‘n Paar vragies aan die ateïste :
1.As God nie bestaan nie, is daar mos geen regverdiging van morele waardes nie, en dus geen rede waarom enigiets of enigeen as boos te veroordeel nie?
2. As God nie bestaan nie, is die Christelike geloof ‘n “papiertier” in julle oë – waarom dan so heftig daarteen baklei?

Wanneer ‘n mens met volle vertroue glo in die betroubaarheid van ‘n idee, kan dit as “geloof “ beskou word. Anders gestel : geloof is iets waaaroor mens sterk oortuigings het. Is ateïsme dan nie ook ‘n geloof nie?( Wie is die ateïs se outoriteit as dit nie God en Sy Woord is nie? Die mens, dus aanbid ateïste die mens, is hulle humaniste en humaniste beskou die mens - en dus die kind- as basies goed, en in staat om self die regte keuses te maak.... behoed en bewaar ons tog van so ‘n siening! ).
Danie@Henrietta 9/22/2009 11:45:31 PM
Henrietta, jou plasing getuig van jou onkunde oor ongelowiges.Vraag 1: Kyk na die ongelowige Noord-Germaanse lande se lae moord-, verkragting- en aborsie-syfers teenoor die Amerikaanse Bybelgordel se hoë sysfers. Geloof in God is géén waarborg vir waardes nie. Hitler het ondermeer homoseksueles gehaat. Wie is vandag nog teen gays? Die ongelowiges of die Kerk? Vraag 2: Baie van ons ongelowiges was self onlangs nog sulke vurige Christenvegters soos van julle. Maar kan jy jouself in die vrydenker/skeptikus se skoene plaas? Ek kan vir jou vra: As Mohammed nie die ware profeet is nie, as't ware 'n "papiertier", waarom nou nog so heftig téén die sogenaamde 10-40 venster bid?Ongelukkig het bogenoemde zero met die onderwerp te make. Die beginsel waaroor ons almal saamgestem het toe ons 'n demokratiese bestel mét sy tradisies aanvaar het is dat staat (waaronder openbare skole hoort) en kerk geskei is en dat belastinggeld onder geen omstandighede aangewend kan word om een geloof ten koste van ander of ongeloof te bevorder nie.Ek vra weer hoekom ignoreer julle jul eie Leermeester se uitsprake dat julle liefs in die binnekamer moet bid en nie waar almal julle kan sien nie, en dat daar 'n defnitiewe skeiding tussen sy koninkryk is en die van die Keiser, wat terloops nie ondermyn moet word nie? Ek kan net raai dit is omdat Christus twee goed gesê het wat die fundamentalistiese Christen nie pas nie.
Lewis 9/23/2009 12:10:33 AM
Henrietta het gesê: (en raai waar kry die ou geslag onderwysers hulle waardes?).

Seker op dieselfde plek waar die 'Untouchable skoolhoof ná agtien jaar' sy waardes gekry het!!!
Buchan@Upington 9/23/2009 3:59:37 AM
Die volgende punt het te make met Christenskap hoewel nie met die berig wat hier bespreek word nie. Dit handel oor die berig: Buchan voorspel, toe reen dit. Dit is nie ongewoon dat dit hierdie tyd van die jaar plek-plek in die Kalahari reen nie. Toevallig kon ek niemand op of naby Upington raakloop wat weet waar dit gereen het nie. Een ding is seker: aangesien die Kalahari gewoond is aan baie min reen tel die mense die druppels (tong in die kies) en praat almal oor waar die druppels geval het. As Rapport se berig korrek is moet hulle asseblief tog vir ons aandui waar in die Kalahari die ses druppels reen geval het. Iemand wat wel by Buchan se optrede was beweer dat hy nooit tydens sy optrede voorspel of aangedui het dat dit sou reen nie. As Rapport se berig foutief is versoek ek hulle hiermee om asseblief die berig reg te stel – tot dan is Buchan maar net nog ‘n nar met die Bybel onder die arm op ‘n verhoog.
Brentie 9/23/2009 9:04:59 AM
Danie jy kapittel Henrietta oor haar onkunde
oor ongelowiges,maar niemand op hierdie blog
omskryf wat die Christelike geloof uiteindelik beteken nie.
'Wel dit is al omskryf soos volg:
'Geloof behels dat 'n mens jou vertroue stel op dit wat Christus reeds vir jou gedoen het.Dit behels egter ook dat jy jou hoop vestig op dit wat Hy nog in die toekoms vir jou gaan doen.
Geloof werk dus ten opsigte van die beloftes van God in jou lewe soos 'n transportakte
van eiendom werk:dit waarborg jou dat jy 'n besitter is van God se beloftes.Soos wat 'n transportakte geld al het jy ook nog nie die eiendom gesien,so ook God se beloftes oor die heerlike dinge wat ons nog nie gesien het nie.'
'n Mens moet egter in die geloof volhard soos 'n atleet,slegs diegene wat die wedloop voltooi,dus die geloof behou,sien vervulling van God se beloftes.Jesus staan by die wenpaal.Dit moet jou aanmoedig om nie uit te sak nie.Jy moet aanhou tot dat jy verby die wenplaal is.
Ongeloof in teenstelling daarmee is die
verwerping van God en sodoende ook sy beloftes.
Ongelowiges rangeer God dus uit hul verhouding tot alles en almal uit en stel
die mens as plaasvervanger,maar vergeet dan
dat in Psalm 146 soos volg gewaarsku word:
Moet op prinse nie vertrou ie,by wie niemand heil kan vind,op die mens jou hoop nie bou,want as God hul gees ontbind,keer hul na die aarde weer en hul raadslag stort terneer.
Hoop die inhoudsredakteur sal die bydra uitlos en nie soos die van ander met aanhalings verwyder nie.
Gaan ook die bydrae op aweregs probeer pos.
Henrietta Klaasing 9/23/2009 9:46:48 AM


Danie, my antwoord op jou antwoord 1. Feitlik die hele ou Europa het ‘n ryk Christelike agtergrond – hoe gaan mens ooit kan bepaal watter van hulle hedendaagse waardes nie hierna teruggevoer kan word nie? Wat die sg. Bible belt betref: derduisende mense van nie-Christelike agtergrond het Amerika binne gestroom. Gaan kyk gerus na die statistieke: minderhede is die oorgrote meerderheid in Amerikaanse tronke ( Lees gerus weer Eks 5-6 oor geestelike nalatanskap). Antwoord 2. Oor jou opmerking oor gebede vir Moslems : as ek kyk hoe heftig lande soos Nederland en Frankryk deesdae teen Moslems tekere gaan, is gebed ‘n heel gematigde opsie... ( Jou aanmerking oor my onkunde: ek is ‘n afgetrede senior-onderwyskundige, met ‘n passie vir kinders en die onderwys en 'n leeftyd in die onderwys).

Lewies, jou “antwoord” ontwyk my vrae .
Hier is hulle weer:
1.As God nie bestaan nie, is daar mos geen regverdiging van morele waardes nie, en dus geen rede waarom enigiets of enigeen as boos te veroordeel nie?
2. As God nie bestaan nie, is die Christelike geloof ‘n “papiertier” in julle oë – waarom dan so heftig daarteen baklei?
3. Wie is die ateïs se outoriteit as dit nie God en sy Woord is nie?
Kobus de Klerk 9/23/2009 10:19:16 AM
Danie@BJL,

Jy vra kommentaar op die Christene wat so “mildelik kus-en-keur” (seker maar kies en keur) watter van Jesus se leerstellings hulle aanvaar en verwerp, en dat "gaan na die binnekamer en bid daar" en "gee die Keiser wat hom toekom" nie op die “fundamentaliste” se lys nie...

Daar is geen “fundamentalistiese” gelowiges nie, lees eerder “ware gelowiges”.
Antwoord nou vir jouself – waar in die Bybel vind jy dat Jesus Christus by enige beduidenis aangedui het dat die siel en gees van kindertjies aan die keiser behoort? Die teendeel is waar, en dié kan ek maklik vir jou uitwys! En, Godsdiens by die skool gaan juis oor die kindertjies se siele.

Wat beteken die opdrag van Christus dat die evangelie verkondig moet word, as almal net in hul binnekamer moet bid? Jy sien, daardie verwysing na die binnekamer was juis ’n teregwysing aan fariseërs wat ’n punt daarvan gemaak het om in onopregtheid en geveinsdheid op die straathoeke te staan en bid, sodat hulle deur mense geëer kon word, en nie omdat hulle ’n persoonlike verhouding met God wou hê nie (hulle het dit juis nié gehad nie). Jesus Self het voortdurend in die openbaar gebid, en selfs mense gelei daarin, en ook die Woord verkondig, en dít verwag Jesus van almal wat Hom liefhet. Mense wie vir Jesus Christus, die Woord van God, liefhet, skroom nie om daarvan te getuig nie, nes Jesus hulle leer, nie.

Ek dink jy verstaan nie mooi wat in die Bybel staan nie, want jy sal net kan, indien jy met die Gees die Bybel lees, Wie dit aan jou sal openbaar. Omdat jy dit nie weet nie, maak jy mense te maklik as “fundamentalisties” af.

Kobus de Klerk
Louis Bothma 9/23/2009 12:51:55 PM
O hemeltjie tog my liewe aarde, hoe kan daar 'n hel wees as Jesus vir almal se sondes gesterf het ? Aan die ander kant, Sapekoe het sy produksie met 100 000 % opgestoot. So iemand het BAIE brandhout bestel...Aan al die dreigende christene : Dit is nou die tyd om al die polisse te kanselleer, al julle besittings te gelde te maak, julle beroepe op te gee, en julle kinders onmiddellik uit die skole te haal ! Wat help nog 'n bietjie Wiskunde, Aardryskunde, Geskiedenis en bybelklassies tog as die groot wederkoms in elk geval op ons is ? Komaan, bewys julle geloof en DOEN dit net!!!
Alida 9/23/2009 1:28:11 PM
Henrietta, jy vra: 'As God nie bestaan nie, is daar mos geen regverdiging van morele waardes nie, en dus geen rede waarom enigiets of enigeen as boos te veroordeel nie?'In hierdie vraag vervat jy die presiese rede waarom ek my gedistansieer het van die kerk en baie van die 'kerkgelowiges'. Ek het meer respek vir 'n ateïs wat volgens humanistiese waardes die planeet en die skepsels op dié planeet respekteer en pro-aktief meedoen om hierdie wêreld 'n beter plek te maak. Glo my, ek ken tientalle sulke mense persoonlik. Kan ek jou 'n teenvraag vra: Hoekom het die gemiddelde gelowige Christen 10 gebooie, en die kerklike tug, en 'n vrees vir 'n ewige vuur, en 'n troosprys van 'n ewige paradys (met goue strate, nogal!) nodig om ordentlike mense te wees? Hoekom kan julle nie doodeenvoudig Jesus se leringe navolg en in liefde met jul naaste saamleef nie, omdat dit DIE REGTE DING is om te doen.Julle sê julle het God, en Jesus, lief, maar julle moet met hellevuur gedreig word om moreel te leef!Ek het ook 'n beskuldiging: baie van die gelowiges wat ek ken, het 'n afgod gemaak van 'n antieke boek wat wel waardevol is in sekere opsigte, maar wat feitelik en natuur-wetenskaplik totaal verouderd is en nie meer net so van toepassing gemaak kan word op die mens van vandag nie. Soos Job sê: soek God in die natuur en binne jouself, waar Jesus gesê het die Koninkryk gevind kan word. Bedink waar jy vandaan kom en weet wie jy is. Dan kan jy dalk leer om God te vertrou en lief te hê - en op te hou om mitologiese legendes te gebruik om ander mense 'op hul plek te sit' -- iets wat gelowiges tog so graag doen.Daar is soveel geestelike hoogmoed en ongelooflike meerderwaardigheid daarin om vir ander te sê: jy ken nie die Bybel nie, jy ken nie vir God nie, jy gaan in die hel brand, ens. ens. Hoe liefdeloos!
Meaty 9/23/2009 9:14:24 PM
Damn!!! Maar hier is darem vir jou 'n klomp "geleerdes"
Andre Brink 9/23/2009 10:41:08 PM
Dit bly my verbaas dat mense oorspronklik hulle reg om besluite te neem weg gegee het en nou wil kla dat ander hulle voorskyf. dit is my mening dat ons ander mense of prosese in beheer plaas en danagterna nie saamstem met wat die uitkoms is nie. Ek veralgemeen, want dit vind die net op n geloof basis plaas nie dit is in alle gebiede van ons lewe. Dit is altyd maklik om n vinner te wys en na die konstitusie te verwys as ons bedryg voel. Ek staan op en neem lyding in my eie lewe, sou iets of iemand my nie aangaan nie, verwyder ek myself eenvoudig. Ek het nie die goed keuring van ander nodig nie en neem ook niks persoonlik op nie. Ek neem niks as vanselfpreeklik aan nie, en asgevolg weet ek ek net waar ek staan wanneer ek vra. Op daardie VANDAMENTELE basis, hou ek niemand verantwoordelik vir my keuses nie. Ek is die leier van my eie lewe en weet dat ander hulle eie opinie het. Ek respekteer dit en weet dat dit vir hulle werk net soos myne vir my werk. Met so n uitkyk van geen reg of verkeerd, en niet wat werk vir my of wat nie vir my werk nie is daar geen oordeel van enige knt nie. liefde is tog waar ons almal vandaan kom. moet nie kla oor die besluite wat jy self geneem het nie.
Brentie 9/24/2009 9:43:31 AM
Alida
Jou begrip van die hel is verouderd.
Jesus was letterlik in die hel,toe Hy aan die kruis uitgeroep het:My God,my God,waarom het U my alleen gelaat.'
As God jou alleen laat dan is jy alreeds in
die hel,oorgelaat aan jou eie wysheid en begeertes.Jesus se verniet in Markus 10:
Niemand is goed.Net God is goed.
Die tien gebooie is die grootste konstitusie
ooit geskryf en reel jou verhouding met
God en jou medemens en word met liefde
vervul.
Die bybel,wat jy beskryf as 'n antieke boek,
is belangrik omdat die GOd van die bybel
belangrik is en sy verlossingsplan daarin
geopenbaar word.
Ek weet van geen ander boek wat so'n God
en plan bevat nie.Ek het die Koran deur gelees van hoek tot kant en as jy die waarheid oor die profeet Mohammed weet,sal jy besef dat die Koran nooit die bybel kan vervang nie.
Willem 9/24/2009 2:33:33 PM
Ek is so moeg dat geloof in almal se kele afgedruk word!

Moraliteit en geloof is twee verskillende goed. Gaan lees bietjie jou bybel om te sien watter verskikkings daarin is: goedkeuring van slawerny, verdoeming van nageslagte oor die vader se sondes, dat jy jou kinders moet doodmaak as hulle ongehoorsaam is - en menslike offers - ie. Abraham!

Sies, ek wil nie my kinders daaraan blootstel nie.
Frik 9/24/2009 2:36:25 PM
@Verban godsdiensEk stem heeltemaal saam met jou.Hoe weet julle almal dat julle god die ware skepper is? As julle in Islam grootgeword het sou dit seker Allah gewees het?
Johannes 9/24/2009 2:41:01 PM
"The word god is for me nothing more than the expression and product of human weaknesses, the Bible a collection of honourable, but still primitive legends which are nevertheless pretty childish."
-Albert Einstein

Is God willing to prevent evil, but not able? Then he is not omnipotent.
Is he able, but not willing? Then he is malevolent.
Is he both able and willing? Then whence cometh evil?
Is he neither able nor willing? Then why call him God?

Epicurus
Willem@Pieter 9/24/2009 3:02:16 PM
Ja, uit jou taalgebruik is dit duidelik net watse hypocrite jy is! Die bestaan van god kan nie bewys word nie want hy bestaan nie. Julle claim god bestaan want die bybel se so - en god het die bybel geskryf. Dis nou soos om 'n passer te redeneer - al om dieselfde punt
Jaap 9/24/2009 3:03:52 PM
Almal wat vra: as god nie bestaan nie hoekom gaan al die ateïste so tekere daaroor - die rede is oor julle christene dit in ons kele afdruk! Oor al die hartseer, pyn en kwaad in die wereld - alles oor geloof: kyk na 9-11, Israel/Palestina, etc etc etc
Leendert van Oostrum 9/24/2009 4:11:15 PM
Fooitog! Ek sien Don George Quichotte-Claassen het koue voetjies gekry, en "Skepties Suid-Afrika" het sy aanval op godsdiensbeoefening in skole laat vaar. Kwansuis oor “persoonlike aanvalle, beledigings en lasterlike bewerings deur Christene wat nie ordentlik debat voer en die saak aanspreek nie”. Tog jammer ek het so daarna uitgesien dat Chrsitene hul kinders aan die voos staatskole onttrek sodat die stelsel uiteindelik in duie kan stort.
DP 9/24/2009 7:36:23 PM
@Leendert - Hoe liefdevol is jou verdoemende hoop. As ek Prof Claassen was sou ek ook onttrek het want Christene is barbaars! En ek skeer alle Chrsitene onder dieselfde vaandel want nie een Christen het die barbaarse Christene in hierdie forum aangevat nie. So dan is alle Christene, barbaarse, onopgevoede, aggressiewe, liefdelose veroordelaars wat met swepe rondloop. Maar ja - Jesus het ook 'n sweep gebruik - so dan is dit mos geoorloof.
Jacques Mare 9/24/2009 8:32:02 PM
mmmm.....ek wonder hoekom christene so graag wil he dat skole hulle werk vir hulle moet doen....Is dit dalk omdat hulle te lui is om hulle kinders self godsdiens geletterd te maak nie.

Dit klink vir my soos morele uitkontraktering...Miskien moet julle ouens bly wees indien godsdiens uit skole verwyder word....dan het julle mos beheer oor die kwaliteit van die mites wat julle vir julle kinders kan leer...

Face it...ons weet die onderwys departement is nie in staat om die mandaat wat aan hulle toevertrou is na te kom wat basisse onderrig aanbetref nie, hoe dink julle gaan hulle vaar met jou weergawe van teisme....

Ek wonder maar net...

O so van die os op die jas, moenie kla as jou kind eendag huistoe kom en sy bed op verfblikke sit omdat die skool hom geleer het van tokoloshes nie....
Des 9/25/2009 6:02:50 AM
Leendert van Oostrum; Inderdaad! Ek is eerder van mening dat die arme man nie opgewasse is om feitlik die/sy standpunt te verdedig nie, soos ek op n ander blog gevra het, Wat anders kan as riglyn gebruik word, want soveel mense soveel standpunte - ook toe die Bybel as standaard riglyn gebruik is was skool standaarde hoog en onbesproke - die chaos het ontstaan nadat dat christelike geloof in skole gekelder is. Nou is skole rigtingloos en vol groot onbeheerbare probleme! Ek wat onlangs woedend toe ek uitvind dat kinders op laerskoolvlak geleer word van komdome en eksplisiete inligting oor manlik en vroulike seksuele organe - n Siek, siek samelewing, met standaarde gelyk aan die dierlike.
Willem@Leendert 9/25/2009 8:59:47 AM
Jy behoort jou te skaam want duidelik is die probleem hier dat christene geensins ander mense se standpunte kan insien nie. Asb, ontrek tog al julle kindertjies van staatskole!
Dis tyd vir god stories om te gaan 9/25/2009 9:10:07 AM
Geloof en Godsdiens is bespotlik. Leendert van Oostrum , die tyd dat jou geslag uitsterf het lankal aangebreek .

Claassen gebruik enkele voorbeelde van fundamentalisme in ‘n paar skole. ‘n Laerskool in die Wesrand bv , maak die onderwysers die kinders bang oor mites soos die HEL , omsendbriewe is besmet met preke en Bybeltekste en die amptelike tema van die skool is Die Koning Kom Weer .

Kobus 9/25/2009 9:59:49 AM
Jaap,

Jy verwys na 9-11, Israel, Palestina, ens. Hierdie mense het die Christelike beginsels nagevolg nie, en hulle optrede kan nie aan God en Christen toegeskryf word nie. Ons as gelowiges verwys na die leer en voorbeeld van Jesus Christus. Jesus is teen geweld, en het die doodmaak van mense vir geloofsredes, stopgesit. Alles wat gebeur het sedertdien, waar mense ter wille van religie en sulke tradisies gedood of beseer is, of gemartel is, al het diegene dit nou in die naam van die kerk (daar is ’n yslike verskil tussen die kerk en Jesus Christus, omdat baie kerke van Jesus se leer afgewyk het) gedoen, het hulle opgetree strydig met die leer van Christus, en nie as Christene nie.

Dit is een ding vir ’n persoon om homself Christen te noem maar heel iets anders om Christen te wees, leef en doen. Julle moet leer onderskei.

Iemand anders vra, na aanleiding van Einstein/epicurus:

“Is God willing to prevent evil, but not able? Then he is not omnipotent.
Is he able, but not willing? Then he is malevolent.
Is he both able and willing? Then whence cometh evil?
Is he neither able nor willing? Then why call him God?”

Só ’n mens vra sulke vrae uit onkunde. Mense vergeet – God woon in die Hemele, en ons op aarde. God het alles geskape, ja, maar ook die riglyne neergelê hoe om suksesvol hier op aarde te lewe. Mense het egter vir eeue al afgewyk van dié riglyne, met hulle gebrek aan insig en kennis omtrent die breëre raamwerk van dinge, en dra dus die regverdige gevolge. Mense is nie robotte en lewelose masjiene nie, hulle het intelligensie, verstand en vermoëns wat die res van die sigbare skepsels hier op aarde nie het nie. Deel van daardie intelligensie is die sin vir verantwoordelikheid om te weet dat daar by riglyne gehou behoort te word, en dat die gevolge van nie-nakoming, noodwendig sal volg. Talle mense ignoreer God in sulke omstandighede, en ander weer, roep God aan vir uitkoms uit die onheil wat deur ander onagsames veroorsaak is. Eersgenoemde is aan hul eie lot oorgelaat, en vra dan uit onkunde en moedeloosheid vrae soos hierbo genoem. Laasgenoemdes weer, weet wat aangaan, en antwoord dan soos ek nou doen. Ons ken God se almag, want ons maak staan op God se beloftes. Julle ken God nie, en kan derhalwe na regte geen ingeligte opinie oor God uitspreek nie. Om van God te gehoor het, en selfs van Hom te geleer het, beteken nie dat jy God ken nie. Om God te leer ken, moet mens met God saamleef, soos ware gelowiges doen. Dan leer mens elke dag iets omtrent God, en weet hoe om die kaf van die korrels te skei.

Hierdie proses begin op skool, by die huis, by die klaskamer, en op die speelveld.

Nou die vraag – julle wat teen God gekant is – watter van Jesus Christus se leerstellinge, of beginsels ,wat intermenslike verhoudinge aanbetref, sal julle of julle kinders op enige wyse benadeel? Hier is dit saamgevat vir julle:

“Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Jy moet nie aan jou naaste doen, wat jy nie wil hê, dat jou naaste ook aan jou moet doen nie”.

Is dit sleg om julle kinders daardie beginsels te laat leer? Kom, spel dit uit – en as jul nie kan nie, besin oor waarmee jul besig is. dan sal julle besef julle blaas teen die stormwind in. Hoe eerder die liefdevolle en vredevolle Christelike beginsels vir alle kinders geleer word, by die huis nè by die skole, oral, hoe eerder sal die haat en die geweld en alles wat daarmee gepaardgaan, die wyk neem. Ek is seker selfs ateïste kan dit nie betwis nie.

Kobus de Klerk.
Jaap@Kobus 9/25/2009 10:55:41 AM
Kobus,

Ek verstaan heeltemaal jou punt oor die feit dat daar 'n groot verskil tussen die kerk en jesus is. Onthou net die voorbeelde wat ek genoem is is punte teen geloof in die algemeen. Maar kom ek noem 'n paar teen christene:
1. 'n Kind sterf voor hy 'n wedergebore christen word. Volgens die bybel gaan hy hel toe want ons is in sonde gebore en die sondes van die vaders word ons toegereken - maak nie sin as god liefde is nie.
2. Crusades van die middeleeue
3. Die vervolging van duisende vrouens oor heksery.
4. Verdoeming van homoseksuele mense wat deur die einste god so geskape is!
Onthou net - god het volgens jou alle geskape. So god het lucifer geskape, en god weet alles, en alles wat gebeur is god se wil. Dit beteken god het lucifer geskape WETENDE dat hy sal val. God het die sonde dus geskape. Watter 'loving god' sal so iets doen? Watter loving god sal mense verdoem hel toe oor hulle nie die heeltyd sy ego streel deur hom te aanbid nie?

Jesus het self gese in die nuwe testament dat hy die wet (maw die out testament) "uphold". Nou gaan lees bietjie daai ou testament. Dis vol vieslike veskrikking en haat.

Julle glo want as jul nie glo nie gaan julle hel toe - dis nie regtig vrye wil nie - want dis uit vrees wat jy jou besluite neem. Hoekom moet die hel bestaan as god dan kwansuis so liefdevol is?

Mbt tot jou laaste punt: die nadeel wat dit inhou is om 'n kind bang te maak met 'n hel waarin hy/sy vir altyd gaan brand as hy nie glo nie. 'n Lewe wat vermos word om geld/effort te sit in iets wat nie bestaan nie. Die feit dat die bybel vol slegte dinge is: slawerny, menselike offers, moord, haat van gays, teen vrouens etc etc

Nou kom ek vra jou: hoekom kan jy nie self verantwoordelikheid vat vir jou kind se opvoeding in geloof nie? Hoekom moet dit in publieke skole gesit word waar my belastingsgeld by betrokke is?
Willem@Les 9/25/2009 10:58:39 AM
So jy is geskok oor kinders op laerskool leer van kondome en seks? Hello?! Meeste kinders het deesdae seks op laerskool en met vigs is dit net verantwoordelik dat kinders leer daarvan!!

En... as jou god seks ook geskape het hoekom is dit vuil en sleg om van te leer? As jou kinders reg grootgemaak is sal hulle mos nie begin seks he bloot oor hul leer van seks op skool nie!
Alida 9/25/2009 11:01:53 AM
Siestog Brentie, is jy bietjie stadig van begrip of wat is fout dat jy nie verstaan wat jy lees nie?

Ek het mos nooit gesê die Koran is meer geloofwaardig as die Bybel nie. Ek sê wel dat mense vandag nie antieke geskrifte -- al is dié geskrifte (soos die ou en nuwe testamente van die Bybel, die apokriewe boeke, die Koran, die Bhaghavad Gita, die Tanakh, die Boedhistiese heilige geskrifte, ens.) ook hóé gevul met wysheid en interessante inligting oor vervloë gewoontes -- kan gebruik kan word om bv. evolusie as onwaar te bewys nie.

Go figure, die redes is tog voor die hand liggend.

Verder, ek het geen "begrip van hel" nie, ek glo doodeenvoudig nie daaraan nie. Daar was 'n plek net buite die ou stede genaamd Hades waar vullis weggegooi is en waar vure gesmeul het -- dis aan die hand daarvan dat die mite oor die "hel" as 'n fisieke plek ontstaan het.

Ook om kinders en "sondaars" bang te maak vir die straf wat wag as hulle nie die knie buig nie. Of dit nou met of sonder God is, daar bestaan nie so 'n straf nie.

Jesus het in sy sterwensnood moontlik gedink God het hom verlaat, ek sou ook as ek in pyn aan 'n kruis moes hang.

Ek vra weer: Hoekom het die gemiddelde gelowige Christen 10 gebooie, en die kerklike tug, en 'n vrees vir God se toorn en straf, en 'n "prys" van ewige lewe in 'n hemel nodig om ordentlike mense te wees? Hoekom kan julle nie doodeenvoudig Jesus se leringe navolg en in liefde met jul naaste saamleef nie, omdat dit DIE REGTE DING is om te doen. Julle sê julle het God, en Jesus, lief, maar julle moet gedreig word om moreel te leef! Ek het ook 'n beskuldiging: baie van die gelowiges wat ek ken, het 'n afgod gemaak van 'n antieke boek wat wel waardevol is in sekere opsigte, maar wat feitelik en natuur-wetenskaplik totaal verouderd is en nie meer net so van toepassing gemaak kan word op die mens van vandag nie.

Natas 9/25/2009 11:09:51 AM
"We must question the story logic of having an all-knowing all-powerful God, who creates faulty Humans, and then blames them for his own mistakes."
-Gene Roddenberry

"The human race is just a chemical scum on a moderate-sized planet, orbiting around a very average star in the outer suburb of one among hundreds of billion of galaxies"
-Stephen Hawking
Brentie 9/25/2009 11:30:52 AM
Op die ander blog is die stof besig om te sak
en omdat dit oor dieselfde onderwerp gaan,'spoeg en plak' ek wat ek daar gese het ook hier met 'n enkele toepaslike wysiging:

Brentie 9/24/2009 10:46:20 PM
Kom ons verval nie weer in die (sleg se)tipe debat nie.In die beleid wat neergelê is (sien skakel)word daar ondermeer gese:
(aanhalings uit beleidsdokument).
'2. We do so also in the recognition that there have been instances in which public education institutions have discriminated on the grounds of religious belief, such that greater definition is required. In many cases pupils of one religion are subjected to religious observances in another, without any real choice in the matter. The policy is not prescriptive, but provides a framework for schools to determine policies, and for parents and communities to be better informed of their rights and
responsibilities in regard to religion and education. The policy genuinely advances the interests of religion, by advocating a broad based range of religious activities in the school.'
Ek dink 'n mens moet ook onderskeid tref tussen die formele en informele aanbieding van godsdiensonderrig.Die beleidsdokument wys daarop waar dit ingesluit is in 'n vak moet dit deuropgeleide onderwysers aangebied word en word alle godsdienste gelykhandig hanteer.As dit informeel aangebied word,waar leerlinge in 'n aktiwiteitsperiode of pousesinformeel bymekaar kom,kan ek nie sien waaroor die bohaai is nie.Trouens onder die vorige regering was in die weermag daar ook 'n keuse.Skole weerspieel die gemeenskap waarin die skool gelee is en as die meerderheid ouers die Christelike geloof beoefen,kan ek nie sien waarom daar nie informele godsdiensonderrig op 'n vrywillige basis kan plaasvind nie.
Brentie 9/25/2009 8:01:27 AM
Nou dat die stof gaan le het en die prof,
hom ontrek het is dit duidelik dat hy die verkeerde perd opgesaal het.
Uit die beleidsdokument is dit ook duidelik
dat die Staat 'n samewerkingsmodel gekies
het omdat soos dit gestel is,daar:7. This policy links religion and education with new initiatives in cultural rebirth (the African Renaissance), moral regeneration, and the promotion of values in our schools. Religion can play a significant role in preserving our heritage, respecting our diversity, and building a future based on progressive values.'
Dit is dus duidelik dat selfs die Staat van mening is dat religieuse onderrig 'n
belangrike rol kan speel,solank in
formele onderrig alle gelowe ewewigtig hanteer word.
Diegene wat dus 'godsdiens' uit die skole
wil verban sal dus die staat moet oortuig
dat dit 'n ongwenste euwel is.'n Poging
wat mi gaan misluk,want selfs in die skolewet
word voorsiening gemaak vir openbare skole
wat op privaat grond gelee is,om hul
'godsdienstige karakter' te behou mits
daar aan sekere vereistes voldoen word.
Die staat se houding blyk dus op die oomblik
'neutraal' te wees want soos dit gestel
word :We do not have a state religion. But our country is not a secular state where there is a very strict separation between religion and the state.'Verder verklaar
die beleidsdokument:The Policy is neither negative nor hostile towards any religion or faith and does not discriminate against anyone.... Rather it displays a profound respect towards religious faith and affirms the importance of the study of religion and religious observances.
Professor Kader Asmal.'
Miskien moes Prof. Claassen eers met Prof.
Asmal gesels het voordat hy op sy 'Crusade'
gegaan het en 'n klomp mense met hom saamgesleep het.
Ek kon nie vasstel of die Staat se posisie
intussen verander het nie.


Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*

Verskaf asb 'n geldige e-posadres.
Teken in vir ons daaglikse nuusbriewe...
Teken in vir daaglikse selfoonkennisgewings...

Submitting...Kommentaar word gestuur...
Louis Bothma 9/25/2009 11:42:10 AM
Laat 'n onskuldige man wat nog net goed gedoen het wreed vermink en vermoor word sodat barbaarse geweldenaars en moordenaars vrygelaat kan word ! Kruisig hom sodat ons sy bloed kan drink en sy vlees kan verorber ! Verag die Kosmiese Wet van Oorsaak en Gevolg (wat jy saai sal jy sèlf maai)Alte lekker, ons het 'n slaaf wat 24/7 'n dag agter ons loop en skoonmaak. En die slaaf kry nie eers 'n honger loon nie. Sê maar net elke keer, jammer slaaf, ek sal nie weer nie. En die poorte van die hemel lê wyd oop... Groot verrassing: Wanneer jy eendag aan 'die anderkant' kom sal jou lewe soos 'n film voor jou afspeel, en jy sal self verantwoording doen vir elke gedagte, woord en daad wat jy gepleeg het. Niemand se bloed gaan jou so skoon soos super gekonsentreerde Omo was nie.
Kobus de Klerk 9/25/2009 11:55:21 AM
DP, en ander ateïste wat vir Claassen ondersteun,

Jy maak die bewering dat alle Christene barbaars is.

Wat noem jy dan die voorgenome optrede van Claassen om vryheid van Godsdiens, uitdrukking en spraak met dwang te wil probeer kortwiek? Boonop het ek uitgenooi dat mense moet kom aandui waarom die universele Christelike interpersoonlike verhoudingsleer, naamlik:-

“Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Jy moet nie aan jou naaste doen, wat jy nie wil hê, dat jou naaste ook aan jou moet doen nie”

nie in skole geleer mag word nie – wat is verkeerd daarmee, selfs vir die kind van ’n ateïs?

Toe, uit daarmee. So nie, moet julle besin, en erken dat dit eintlik die ateïs is wat uiters onverdraagsaam en voorskriftelik is, en nie werklik belangstel in liefdevolle menseverhoudinge nie, want dít is presies wat Jesus Christus se leer behels.

Kobus de Klerk.
Willem@Kobus 9/25/2009 1:09:05 PM
Kobus, jy kan darem maar aangaan oor presies dieselfde punt!!Jou stelling:“Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Jy moet nie aan jou naaste doen, wat jy nie wil hê, dat jou naaste ook aan jou moet doen nie”Dit is gewone morele waardes. En ja, dit kan aan kinders geleer word. Hou net geloof daaruit. As jy geloof wil inbring doen dit in JOU huis en nie in 'n publieke skool met belastinggeld nie.Is julle christene so onseker oor julself dat dit nie net by die huis geleer kan word nie maar ook in skole?Selfs die hele opstandingsmite van jesus was in hoeveel ander bronne te vinde! Gaan lees bietjie op daaroor.Nie alle ateïste glo alle christene is barbaars nie, maar ek is seker meeste ateïste is lekker moeg om die heeltyd geloof in ons kele af te kry.Jy kies en keur lekker oor watter punte jy aanvat op die forum, net die wat jou pas. Kom ons gesels bietjie oor die probleem van "evil" in geloof en die mite van vrye wil.Wys vir my histories bewysbare feite van jesus se wonderwerke.@Alida - dankie vir 'n baie goeie post.@Brentie - die ander forums wil nie comments post mee nie - dis al rede oor hoekom dit stil begin lyk
Kobus de Klerk 9/25/2009 3:13:44 PM
Jaap,

Dankie vir jou brief.

Die dinge wat jy daarin noem, is meer as ’n bekvol om mee te handel. Uiteraard kan ek dit net baie kortliks op dié forum aanraak.

Jy beskuldig God en Jesus vals.

Daar is hoofsaaklik twee gebooie, wat die ander almal vervat, ook dié in die Ou Testament. Hulle is, benewens die en wat ek reeds vermeld het, ook dat jy God met jou hele hart, siel en verstand moet liefhê. Hierdie liefhê is ’n agting en respek liefde, en ’n verwysing na die hel, kom in geeneen van hulle (die Gebooie) ter sprake nie.

Ek het my kinders opgevoed, sonder om een maal van die hel melding te maak. God se genade gaan juis nié poor die hel nie. Daarom het die hel as uiteindelike spirituele tuiste, vir my as gelowige, geen relevansie nie.

Dit is juis omdat mense van God se Liefdesgebooie afvallig geraak het, en selfsugtig, hebsugtig en eiegeregtig begin optree het, dat dinge so skeefgeloop het.

Die Bybel is ’n eerlike boek, die doel is spiritueel van aard, nie wetenskaplik nie, en daarin word geskryf wat gedoen moet word, maar ook hoe dinge nié gedoen moet word nie, aan die hand van talle voorbeelde.

Jesus Christus het juis gekom om vir almal te wys hoe daar wél geleef moet word, en hoe die reëls van God, in praktyk toepassing vind.

God is alwetend en almagtig. Dit beteken nie dat Hy alles wat mense en spirituele skepsels kan doen, vooraf reeds gepen (beplan) het nie, dit beteken gewoon dat God in geen situasie sal kom, waarin Hy nie weet watter kant toe nie. As dit daaroor gaan dat mense Sy liefdes-ordereëls oortree en die reperkussies daaroor ly, dan het God reeds voorsiening gemaak deur ’n stelsel van verootmoediging en vergifnis, om die saak in orde te stel. Mense is geen masjiene nie, hulle het intelligensie en die gepaardgaande verantwoordelikheid. Gelowiges het geen probleem om dié dinge te verstaan nie, maar ek kan my indink dat jy as ongelowige ernstige begripsprobleme daarmee sal hê, bloot omdat jy jou van dié dinge distansieer en dus onkundig is daaroor. Onkunde, sal jy seker saamstem, is almal se grootste vyand, in die wetenskap en elders.

Kindertjies, hoewel in die ouers se sonde, ontvang en gebore, is rein voor God. God reken nie die sonde van die vader aan die seun toe nie. God verg rekenskap van elke mens vir sy eie sonde (Esegiël 18). Dus sal die afsterwe van die kindjie geen gevaar van verdoemenis vir die kindjie inhou nie.

Daarbenewens is God ook onbegryplik genadig en vergewensgesind.

Het reeds met die kruistogte en die vervolgings gehandel in my vorige brief – tipies ’n menslike optrede in die naam van die kerk, maar direk strydig met die Liefdesleer van God, Jesus Christus. Jou lewe bepaal jou ware Christenskap, nie die feit dat jy jouself so mog noem nie. Jesus red mense van die dood, Hy maak hulle nie dood nie. Elkeen wat ’n ander in die Naam van Christus doodmaak, doen onberekenbare sonde, nie net teenoor sy mede mens nie, maar ook teenoor Jesus Christus (Johannes 12:47; Lukas 9:54-56). Jy kan dit dus nie aan Christene toedig nie.

Daar is geen bewys hoegenaamd dat God mense homoseksueel skape nie. Die teendeel is eerder waar - God skape mense nie so nie. Dié kwessie is baie meer ingewikkeld as wat dit voorkom, en verg ’n selfstandige antwoord. Kortliks is daar selfs sekulêr talle onsekerhede oor die werklike oorsaak van homoseksualisme. God gee ’n verklaring vir dié verskynsel (Romeine 1). Om te sê God skape iets, is ’n spirituele begrip met fisiese manifestasie. God se skeppingsplan vir mense is perfek. Daar is egter die menslike faktor ook wat ter sprake kom. Dit is waar probleme intree. Dan is die kwessie wat verbied word, nie homoseksuele neiging per se nie, maar wel homoseksuele praktyke. Dit is egter verkeerd wat jy sê – God skape mense nié homoseksueel nie.

Ek dink julle as ateïste het ’n ding met die hel – waarskynlik omdat julle die geborgenheid en verkwiklike nabyheid van God nie kan aanvoel nie? Julle verwerp God dan, hoe anders? Vir ware gelowiges kom die hel nie ter sprake nie. Niemand, maar niemand, glo omdat hulle bang is vir die hel nie. Dié wat werklik in God glo, sal vir jou kan getuig dat dit ’n verruklike ervaring is. Die gedagte van die hel is baie, baie vêr daarvan verwyderd.

Kom ek vertel jou iets van die hel, Jaap – Jy sien, God is ten volle betrokke in die heelal soos ons dit ken, God is die lewegewende energie en krag wat alle dinge in stand hou en laat regenereer. Met groot liefde en geduld en onmeetlike lankmoedigheid en goedertierenheid, onderhou God almal – ja, ook vir jóú, Jaap. Maar, daar kom ’n dag, dat God Hom aan dié stelsel sal onttrek. Daarmee saam sal God se lewegewende en regenererende Krag (energie) óók onttrek. En dít, Jaap, sal hel wees, die lewe geheel en al sonder God. Nie eens jy kan sê hoe dit is nie, want al voel dit vir jou jy is sonder God, is God steeds met jou! Slegs diegene wat God voortdurend wil wegstoot, sal dit deelagtig wees. Vir ons as gelowiges, is dit nie ’n vooruitsig nie.

Dalk het jy meer van God in jou, as wat jy dink, Jaap (dink maar aan sy twee Gebooie...).

As gelowiges kom ons, ons verantwoordelikheid na, deur ook hierdie dinge met ander soos jy, te deel. Kan dit jou enigsins kwaad doen?

Kobus de Klerk
Leendert van Oostrum 9/25/2009 3:39:52 PM
@DP et al: Ja, Christene is inderdaad barbaars, aggressief en 'n klomp ander nare goed. Net soos ander mense. Dit is net die genade Gods wat hulle van die verdiende straf daarvoor onthef. Maar dit lyk my ons slim professor moes seker agtergekom het hy gaan nie hond haaraf maak met sy dreigemente van regsoptrede nie. Hy het skynbaar nie sy regsposisie behoorlik nagevors voordat hy op sy kruistog uitgevaar het nie. As hy het sou hy agtergekom het hy het geen afdwingbare regsgronde vir so 'n klag nie. Erg onwetenskaplik van hom.
Agnostiese Onderwyser 9/25/2009 5:46:49 PM
Ai, die oneerlikheid van (sommige) Christene darem. By my skool, hoor ek feitlik daagliks aanteigings soos: "Hulle wil God uit die skole uit haal"; plus gebede in die lyn van: "Dankie Here dat ons dit dag in u naam kan begin, en dit nog kan doen".

Wat eersgenoemde aan betref: Sovêr ek weet, staan die duidelik in die Bybel dat "waar twee of drie in my naam vergader, dáár sal ek in die midde wees". Glo Christene nie meer hierin nie? Waar is die geloof dan? Sou julle nie reken daar is minstens "twee of drie" wat gereeld in skole in God se naam byeen kom nie? Glo julle wraggies dat 'n minderheid ateiste, sekulêres ens "God uit 'n skool kan verwyder"?? Indien so, is ek geskok oor julle geloof.

Tweedens wil ek baie graag weet hoe ek of enige persoon ooit daarin sal slaag om iemand te stop wat die dag "in God se naam" wil begin. Om die waarheid te sê, bemerk ek 'n baie groot mate van oneerlikheid by Christene wat hierdie twee tipes van stellings aan betref (en ander stellings ook - hierdie is maar voorbeelde).

Dit het nog NOOIT gegaan of Christene hulle geloof in skole mag beoefen nie. Daar is NIKS wat 'n groepie leerlinge, of onderwysers stop om op vrywillige basis byeen te kom nie - miskien pousetyd; miskien in afperiodes; miskien voor skool; na skool; ens. Liewe aarde - ek het nie eens 'n probleem in dien daar (sê) 30 minute van skooltyd afgeknyp word vir vrywillige aanbidding nie. Nee, dit het nog NOOIT hieroor gegaan nie.

Waaroor dit nog ALTYD gegaan het, is dat Christene die reg wil hê om te prosileteer, te evangeliseer, aan 'n gevange gehoor. (captive audience).

Die probleem is dat by BAIE skole daar met Christelike gebed, skriflesing en dikwels "sermon-style" lesse begin word, terwyl die versuimwaarde (default) is dat die kinders dit SAL bywoon. Verseker, hulle kan vra om verskoon te word - en hierdie versoek sal nie geweier word nie.

Dit is HOOG TYD dat hierdie nonsens gestaak word in staatskole. Christen onderwysers in staatskole, moet eerder hulle buitemuurse tyd spandeer om klubs te stig soos "SCA", dalk bybelstudie klasse vrywillig aan te bied ná skool of in pousetye. Sover EK weet, maak die wet ten volle hiervoor voorsiening. Niks stop hulle dan om ook hulle maatjies hierna uit te nooi nie; en niks stop die maatjies om te weier nie.

Christene, asseblief - moenie oneerlik wees nie! Julle weet net so goed soos ek dat dit wat julle REGTIG wil hê, is die reg om KLASTYD te gebruik om julle EIE GELOOF aan 'n gevange gehoor te evangeliseer.
Kobus de Klerk 9/25/2009 6:32:14 PM
Willem, Willem,

Daar is te veel antagonisme by julle ateïste te bespeur. Kyk na jou brief. Moet ek ook antagonisties wees? Ek kan, hoor! Maar dit sal ons nêrens bring nie.

Ek is bevrees dat jy, en ander wat soos jy dink, baie bevooroordeeld is. Aanvaar maar, om werklik te begryp wat met die Christendom aangaan, moet jy darem bereid wees om jou eie spiritualiteit ’n kans te gee, Willem. As jy niè daartoe bereid is nie, is jy in geen posisie om met ons gelowiges daaroor te wil redekawel nie, want jy sal net al vêrder en vêrder agterraak. Nes enigiets wat mens moet oefen, is dit ook die geval met mens se spiritualiteit. Dis maar dieselfde soos met ’n mens se empiriese intelligensie – dit verg oefening, ander stagneer dit. Só het mens ook spirituele intelligensie, en moet dit geoefen word, anders bly jy agter. Oefen dit, en jy sal die vrug geniet. Skeep dit af, en jy sal stagneer en vervalle raak. Ek is bevrees, lyk my julle ateïste doen nie veel moeite in dié verband nie. Besluit dan nou maar selfs waar jy heen gaan met dié dinge. Antagonisme en beledigings moet altyd vir mens die aanduiding wees dat jy die einde van ’n sinvolle gesprek bereik het.

Vergeet van waar Jesus Christus vandaan kom. Jy ken Hom duidelik nie goed genoeg nie. Ek het vir jou Jesus se beginsels vir ’n suksesvolle lewe uitgestip, en jy het hulle woordeliks weer vir my aangehaal. Natuurlik is dit morele waardes! Morele waardes is juis spirituele bates, Willem. Al daardie dinge kom juis van God, van Jesus, maar daaroor hoef jy jou nie te kwel nie. Leef daardie beginsels uit, werklik uit, en los die skinderpraatjies oor Jesus uit (niemand wie Hom ken, sal oor Hom skinder nie) – sulke praatjies verwar jou net. Mens moet Jesus ken en ervaar en Sy beginsels uitleef. Om van Jesus Christus te lees en te leer is nie genoeg nie – implementering is die antwoord. Sodra jy werklik Jesus se (morele) waardes jou eie maak, sal jy nie teenoor my óf teenoor Jesus antagonisties wees nie. Ons sal dan in vrede saamgesels – let wel, saamgesels.

Leer hierdie beginsels vir jou kinders. Hoop maar dat dié beginsels ook vir jou kinders by die skool geleer word, instede dat kinders, juis vanweë die grootskaalse morele (Goddelike waardes) verval mekaar deesdae met messe, swaarde, skêre en skietgoed toetakel by die skole, asook hul onderwysers.

Willem, ’n mens sonder morele waardes, is ’n mens sonder enige Goddelikheid in hom. Daarom glo ek - hoe mislei, bevooroordeeld, antagonisties en jeukerig jul as ateïste ookal mag wees, julle het meer van God se gees in julle as wat julle maar wil besef.

God is eintlik graag jou Vriend, moenie van 'n Vriend 'n vyand probeer maak nie. Sal dit nie dwaas wees nie? Waarom sal jy dan jou kinders so wil leer?

Kobus de Klerk.
DP@Christene 9/25/2009 6:59:47 PM
Ja wel, steeds wurg die Christene hulle godsdiens in ander se kele af. Amper sonder uitsondering. En ander godsdienste moet stuikel voor die mag van Christene se selfsugtigheid. Net hulle mag godsdiensvryheid ervaar. En daar mag in die oggend geopen word voor die hele skool met Christelike rituele. Die skille voor julle oe is afgryslik dik. Maar as daar geen Christelike rituele in ons graad eens se kele afgewurg word nie, dan is dit verkeerd - of hoe se julle christene. SIEK LOGIKA. En moet my nie se dit gebeur nie - dit is aan die orde van die dag en daar is geen vryheid van assosiasie nie - die grondwet word gerieflikheidshalwe net op hulleself toegepas. SIEK! Jesus sou vroer gesterf het as hy geweet het wat christene in sy naam aanvang.
Leendert Visscher 9/26/2009 12:25:19 AM
Ek nooi mense uit wat sê "Daar is geen god nie" om met kernenergie-wetenskaplikes te praat. Hoe meer hulle van hul vakgebied leer hoe meer verwonder hulle hulself aan die skepping. Baie van die deeltjies wat ons vermoed bestaan het ons nog nie eers gesien nie. Prys God se Naam vir Sy interessante Skepping. Glo jy dat alles toevallig gebeur het met die "Big Bang"? Net met Jesus Christus se liefde in jou kan jy vrede in jou hart hê en in vrede met ander mense lewe. Ervaar God se grootheid! Ware Christen wees gaan nie oor vrees nie maar oor die vrugte van die Gees. Spreek die Duiwel skerp aan en hy sal van ons af wegvlug. Julle moet Christene nie onderdruk nie net soos ware Christene ongelowiges nie onderdruk nie. Behandel jou naaste soos wat jy graag self behandel wil word. Leendert Visscher
Louis Bothma 9/26/2009 9:18:06 AM
Kobus, ek sien jy ken vir Jesus. Stuur asb. vir my sy besonderhede dat ek hom ook kan kontak asb. Ek wil hom vertel dat ek Spiritueel en moreel kan lewe sonder sy hulp en leiding. Dit is duidelik vir jou te groots om te besef dat baie eeue voor die sg. Jesus op die toneel verskyn het, mense reeds morele waardes gehad het. Bly mooi soet, en jy kan in die Desmber vakansie vir Rooikappie en die drie varkies gaan kuier.
Brentie 9/26/2009 9:35:12 AM
Die hele debat se kern is nie 'mag dit of mag dit nie'.Die kern van die saak is,dat daar agter al die mooi woorde en verduidelikings daar 'n stryd tussen gelowiges en ongelowiges aan die gang is.Gelowiges wat aanvaar dat hul as die kroonvan God se skepping op die aarde geplaas ismet die doel soos dit in Genesis uitgestippel word:Gen.1:22 'God het toe die mens gemaak/En die mens het iets van God in hom gehad.God het 'n man en vrou gemaak.28:God het hulle geseen en vir hulle gese:" Wees vrugbaar en kry baie kinders,so baie dat julle oral oor die aarde sal bly.Tem die aarde en heers daaroor.Heers oor die visse van die see,die voels in die lug en al die diere op aarde."Uit die gedeelte is dit duidelik dat allesonder die beheer van die mens geplaas worden dat hy alle aktiwiteite as 'n bestuurderen nie as eienaar vervul nie.Dus moet hy in alles wat hy doen erkenning aan sy Skepper gee aan wie hy ook in die dag van die opstanding verantwoording moet doen.Die mens ontvang dus sy regeer mag van Goden sodoende ook die owerhede.Om God dus uit sy aktiwiteite uit te rangeeren op 'n sylyn te plaas ,is dan ook muiteryen 'n opstand teen God.Die muiters gooi die kaptein oorboord enneem die skip oor.Die ongelowiges sê 'daar is geen God,die mensis die opperwese en sal besluit wat reg enverkeerd en moreel aanvaarbaar is.Daarmee ontken die ongelowiges hul skeppingen soek hul oorsprong in die evolusieteorieen verkondig dan dat daar uit 'n dierlikeoorsprong 'n wese ontstaan het wat na syvoorouers onder verskillende name verwys hetmaar later na homself later as 'n moderne mens" verwys.Die mens het dus 'n dierlike en nie 'nGoddelike oorsprong nie.Vir laasgenoemdes is daar geen hiernamaalsnie en hoef hul geen verslag oor hul doenen late hierop aarde aan 'n hoër gesag te doen nie,want hul is hul eie gesag en aanniemand 'n verduideliking verskuldig nie,behalwe aan diegene wat hul bo hul in diehiërargie staan.Jy lewe en sterwe en dit is die einde,finish and klaar.In die stryd tussen geloof en ongeloof tussen'geskape mens' en 'diermens' is daar ookaanvoerders nl. Christus en Satan.Satan die gevalle Engel Lucifer,wat nadathy die stryd verloor het,soos 'n verskeurendeleeu op die aarde rondgaan om te kyk wiehy kan verslind.Soos Christus sy dissipels uitstuur opalle terreine om mense te oortuig vanGod se verlossingsplan,so gebruik Satanook mense om sy plan in werking te stelen uiteindelik God na sy kroon te steeken heerser van hierdie aarde te word.Die 'verbanning' van godsdiens op alleterreine is maar net nog 'n veldslagin die oorlog tussen geloof en ongeloof,waar daar uiteindelik net net een Oorwinnaar kan wees en die is die opgestane Christus.
Eish 9/26/2009 2:19:25 PM
Louis Bothma
Kry vir jou 'n bybel of bring hulde aan jou
die verskillende 'homos' waar jy uit ontstaan
het.
@Leendert 9/27/2009 9:12:25 AM
So Leendert, hoekom behandel die Christene my nie soos hulle hulle mede-christene behandel nie. Christene onderdruk non-christene op skool; dit is 'n feit! Kleingelowig glo jy dat alle Christene goed is - lees net wat Christene in hierdie blog gebraak het...
Kobus de Klerk 9/27/2009 11:59:53 AM
Mense, die vlak van aggressie wat by ateïste te bespeur is, is geweldig hoog. Daarbenewens is daar ook onverdraagsaamheid, liefdeloosheid en haat. Daar is julle orakel George Claassen se ongegronde, ondeurdagte dreigemente met pseudo-geweld (om die regsproses te wou misbruik) en die hele webtuiste van sy Skepties Suid Afrika se inhoud, ’n sprekende voorbeeld. Hy het kamstig die gelowige skole voor ’n “ultimatum” gestel, stel jy jou iets meer aggresief, kort van fisiese geweld, voor!Dan beweer Claassen dat Christene dinge nie “kalm” uitpraat nie? Hy bring in in die virtuele bokskryt in, en meen dan dat ons daar moet staan dat hy en julle, sy paar ondersteuners julself op ons kan moegslaan? Hy ken nie Christene nie, en ken ook nie vir God , nie. Dit is mos duidelik. Nes Hitler destyds, en dan sê hy nogal ons woon nie meer in Nazi Duitsland nie – lyk my hy en julle wat hom ondersteun meen ons leef in Nazi ateïste-land!Die voorskriftelike bombasme waarop julle jul indie openbaar teen gelowiges laat probeer geld, is die aanduiding dat julle deur geloof en ware Godsdiens bedreig voel. Mense, ontspan asseblief! In die eerste plek, as julle, ter wille van jul eie argument, sou reg wees, dat God nie bestaan nie, waarom bedreig voel deur iets wat nie bestaan nie? Julle wéét God bestaan, maar leef in ontkenning, mense – en dit is skandelik. Julle sal mos nie wil kom beken dat julle sulke kruistogte teen gelowiges van stapel wil stuur op grond van ’n “illusie” nie? Dit is omdat die delusie van ateïsme julle s’n is, en die werklikheid van God, ons kennis is, en julle weet dit.Kyk, God leef, en sal altyd leef. God hou júlle aan die leef, nie ape nie, God! Daarom is julle sinneloos besig om teen julle eie bron van lewe te probeer stry, en is julle gedoem tot nederlaag. Spaar julle dit, asseblief - weet julle dan nie waarmee julle besig is nie? Klaarblyklik nie! Julle kan dus ontspan, want God is liefedevol en barmhartig. Die kwaad in die lewe word gedoen deur diegene wat van God verwyderd raak.Louis Bothma en ander wat soos jy redeneer – jy maak jouself as spiritueel onkundige ’n swaap uit. Jy leef, en het die asem wat jy kan intrek en uitblaas, en elke ander seëning aan Jesus Christus te danke. Dat julle, wat só min van Jesus weet, so teen Hom kan uitvaar, is werklik ’n verleentheid vir julle. Julle is bykans almal aanhangers van die empiriese wetenskap – dit is julle religie. Dan behoort julle ook te weet, dat mens nie opinie uitspreek van iets waarvan jy kennelik te min of selfs niks weet, en ook nie wíl weet nie! Só is julle met God – julle ken Hom nie omdat julle Hom nie wíl ken nie! Julle ondersoek die dinge van God nie deurdringend nie, omdat julle vrees wat julle sal vind, naamlik dat julle lewens op ’n groteske leuen - dat God nie bestaan nie – gebaseer is. Daar is spesifieke redes voor, waarop ek nie nou kan ingaan nie.Jesus Christus, in Sy hoedanigheid as Woord van God, bestaan al van alle tye af, lank voor Hy in die inkarnasie van Jesus die mens, aarde toe gekom het. Jesus het ons kom wys dat God liefdevol, goedertieren en barmhartig is, en Hy het ons kom wys dat die Goddelike reëls, wat die hele wêreld as moraliteitsreëls en reëls van natuurlike geregtigheid, aangeneem het, goed is vir die lewensbestaan van die mens, én dat dit die mens nader aan Hom, God, bring.Natuurlik kan niemand stry dat Jesus se gebooie net goed en bevorderlik is vir mense nie, en daarom is dit goed dat dit op skole aan almal geleer word. Ateïste wat hiermee stry, staan dan maar seker vir die teenoorgestelde, naamlik haat en geweld en dit wat afbrekend en selfsugtig is.Laat staan nou julle nonsens, ateïste! En, as julle antwoord, probeer dit sinvol en ordentlik doen, asseblief.Kobus de Klerk
Willem@Kobus 9/30/2009 8:35:01 AM
Kobus, Kobus, Kobus...

Ek en jy kan aangaan en aangaan maar nie een van ons sal die ander een oortuig nie.

Met alle respek maar al jou posts verval terug in 'n skaamtelose "conversion attempt".

Ek was al waar jy nou is - ek was 'n christen.

Gelowiges is baie lief daarvoor om te sê dat jy nie die bybel sal verstaan as jy nie gelowig is nie want god openbaar dit slegs aan jou as jy die heilige gees in jou hart het.

Ek kan myself nie vereenselwig met 'n god wat mense sal hel toe stuur nie. Hy het dan sogenaamd alles geskape - insluitend die hel, satan wat hy geweet het sal val (hy is mos alwetend).

".Laat staan nou julle nonsens, ateïste!" - is dit nonsens as ons nie jou geloof meer in ons kele afgedruk wil hê nie? Ons moes dit elke dag hoor in die ou bedeling - toe dominees apartheid uit die bybel uit goedgepraat het.

"naamlik dat julle lewens op ’n groteske leuen - dat God nie bestaan nie – gebaseer is"
en jou lewe is gebaseer op 'n steentydperk mite dat god wel bestaan - hoe weet jy dat jou god die ware god is? Wat van al die duisende ander gode?

"Dat julle, wat só min van Jesus weet, so teen Hom kan uitvaar, is werklik ’n verleentheid vir julle"
Soos ek reeds gesê het - ek was 'n christen. Ek weet genoeg om my naar te maak.

"ulle wéét God bestaan, maar leef in ontkenning, mense – en dit is skandelik"
... en hoe weet ons dit? Net oor jy jouself oortuig het dit is jou waarheid maak dit nie waar vir almal nie. Wat van al die vrae in jou hart oor god - dis seker maar die duiwel daai wat jou laat wonder? Of wonder jy nooit?
Willem@Leendert Visscher 9/30/2009 8:38:00 AM
En ek nooi jou uit om vir my te verduidelik hoe jy weet dat jou god die ware god is - tussen duisende ander gode - godsdienste wat baie ouer is as christendom - hoe is jy seker?

"Baie van die deeltjies wat ons vermoed bestaan het ons nog nie eers gesien nie"

Dit is werklik nie 'n goeie argument nie. So oor die wind nie gesien kan word nie bestaan dit nie?

Alweer 'n tipiese "god of the gaps" argument
Jaap@Kobus 9/30/2009 8:40:43 AM
"Ek het my kinders opgevoed, sonder om een maal van die hel melding te maak. God se genade gaan juis nié poor die hel nie. Daarom het die hel as uiteindelike spirituele tuiste, vir my as gelowige, geen relevansie nie."
Wel, dis goed van jou om hulle nie bang te maak daarmee nie. Maar die hel is 'n werklikheid in jou geloof! Hoekom juis is dit nodig as god so liefdevol is?

"Question with boldness even the existence of a god; because if there be one he must approve of the homage of reason more than that of blindfolded fear."
-Thomas Jefferson
Jaap 9/30/2009 8:53:51 AM
http://www.evilbible.com/
Brentie 10/1/2009 10:05:39 AM
Willem
Ek hoop ek vertolk dit wat jy se,korrek.
Jy se jy was (verlede tyd) 'n Christen.
'n Christen is tog in die eerste plek 'n
navolger van Christus.
In die 2de plek stuur God nie mense hel toe nie.As jy afgesny van God lewe is jy reeds
in die hel,oorgelaat aan jou eie swakhede
en wysheid.
Toe Jesus aan die kruis gehang het,het Sy Vader hom losgelaat en vir Hom was dit amper een te veel en daarom het Hy uitgeroep
'My God,MY God waarom het U my verlaat.'
Die hel is nie 'n plek waar jy gaan brand
met teer en vuur vasgemaak aan 'n paal nie,inteendeel dit is die plek van die grootste verlatenheid.'n Mens is nooit
so verlore as wanneer hy alleen is en vasgevang is in sy eie wereld en gedagtes.
Die hel staan ook bekend as die doderyk
dit is dus 'n plek afgesny van God waar jy nie meer tot bekering kan kom nie.
Hoe weet ons dat daar 'n God is?
Eenvoudig,God het in die vorm van Jesus
tussen ons kom woon en gese as jy Hom gesien het,het jy die Vader gesien.
Jesus is juis gekruisig nie omdat hy die Koning van die Jode was nie maar omdat hy gese het dat hy die Seun van God is.
In Mat.26 lees ons dan ook:65: Dit is waarvoor die Hoepriester gewag het.Hy staan toe op en skeur sy klere sodat almal kan sien hoe ontsteld en woedend hy was. (Let op wat hy se)"Nou het jy te ver gegaan! Jy het die eer van God aangetas.Vir wat soek ons nog aanklagte?Julle almal het mos gehoor watter verskriklike dinge hierdie man kwytraak.Hy het selfs God seergemaak met wat hy hier durf se het.66:Dink julle nie ook so nie?"
Daar was egter een klein probleempie.Die
Romeine sou iemand nie gekruisig het nie
as hy kom vertel het dat hy die seun van
god was nie,want daar was immers baie gode.
Dus moes Jesus se aanklag omskep word ineen
wat wel 'n bedreiging inhou.
So word Jesus die Koning van die Jode en
'n bedreiging vir die Romeinse heersers
al kon hul hom nie skuldig vind nie.
As jy gou jou agterent in die tyd wou sien
moes jy dit durf waag het om in opstand teen
Rome te kom.
Mense verwar ook God se alwetendheid met
God se wil.
God het nie mense geskep as robotte nie
wat net instruksies uitvoer nie.Nee Hy het
hulle geskep as bestuurders van die aarde
en sy skepping,soos dit in eenvoudige taal
in Genesis verduidelik word.
As 'n bestuurder is jy dus verantwoordelik
(jy moet die taak na die beste van jou vermoe
uitvoer) en ook aanspreeklik,dws jy moet
verslag doen oor jou doen en late,oor jou
mislukkings en suksesse.Enige menslike bestuurder het gewoonlik 'n 'gut' feeling of iemand die mas gaan opkom of nie.
God het egter geweet dat die mens gaan
struikel en gaan afwyk van sy opdragte
en gou die besigheid (aarde) vir sy eie gewin
gaan bestuur.
Maar anders as die menslike bestuurders het
God ook 'n reddingsplan gereed gehad in die
vorm van Jesus Christus.God het dus nie nodig
gehad om eers 'n plan te maak nie.
Die reddingsplan het behels die herstel
van die bande tussen God en die mens en
tussen mense onderling.Daarvan getuig die
talle beloftes vervat in die ou testament.
Dit is dan in 'n neutedop,die evangelie wat
elke navolgeling van Christus moet verkondig.
Dit is jammer dat jy daarvan afgesien het.
Brentie 10/1/2009 10:55:38 AM
Jaap
Jy verwys mense na.http://www.evilbible.com.
Laat my sommer met die deur in die huis val
en se dat 'n mens die gebeure wat as 'evil'
beskryf word nie kan wegskryf nie.
Die vraag wat dan onstaan is,hoekom en weereens hoekom kon die God van Liefde dit
toelaat.
'n Mens moet kyk na die omstandighede waaronder dit plaasgevind het.Die bybel
is geskryf in geweldige tye en samelewings
wat vir ons vandag onaanvaarbaar sou wees.
Die steel van bruide van ander stamme was
ook nie ongwoond in Afrika nie.
As jy bv. 'Bride kidnapping' google gaan jy
'n hele klomp webblaaie oor die onderwerp
kry.
Onthou die gebeure wat beskryf word met
gepaard gaande opdragte het ongeveer 1200vC
plaasgevind.Om dit dus te beoordeel 3000
jaar later en teen vandag se aanvaarde waardes te beoordeel is 'duiwels'.
God het dus op 'n heel praktiese wyse orde
probeer skep in 'n wanordelike samelewing.
Onthou ook dat Israel se vyande daarop uit was,om soos vandag Israel te vernietig.
Sou dit gebeur het sou Jesus nie gebore gewees het en kon God se verlossingsplan
nie in weking tree nie.
Tog snaaks dat mense wat so die Bybel en die
God van die Bybel so veroordeel stilbly
oor die onmenslikheid van slawerny in redelik
moderne tye.Wanneer slaweskepe vroeer agter gekom het dat vlootskepe op hul hakke is,het
hul die mense vasgeketing oorboord gegooi
en het die gewig van die mense en ketting
die res uit die ruim saam gesleep en in
die dieptes van die see verdwyn.
Ons voorouers het maklik ongehoorsame matrose
aan die mas vasgebind en geslaan met 'n kats
dat die bloed loop.Of nog erger hulle gekielhaal.'n Tou is onder die kiel van die boot deurgetrek en die arme siel is dan vasgebind en onder die kiel deurgetrek.
Omdat die skepe solank op see was ,was die kiel oorgroei met skulpe en as jy nie verdrink het nie was jy fyn en flenters
gesny.
.n Mens moet dus oppas om nie meegesleur te
raak deur die 'Bible bashers' nie,hul motiewe
is nie suiwer nie en is 'n poging om die
mens van sy Skepper los te maak.En dit is
iets waarin hul heel goed slaag,soos ook
die bydraes op hierdie blog van getuig.
Ben 10/20/2009 2:11:37 PM
Ek dink dit is tyd dat ons 'christene' ons 'jammer ons leef' en 'kom ons los dit liewer daar' houdings los...en vir al die ander nie-christene in hul moer in stuur en vra dat hul liewer almal saam onder 'n boom op hul gat gaan sit en shaddup. As daar nie 'n God is nie...waarvoor is jul dan bang? As daar nie 'n God is nie...waarvoor hou jul jul dan so op met sulke stront soos die? Is Ou Nick dalk bewus dat sy en sy trawante se einde naby is en daarom probeer hy nog vir oulaas lede werf? Ek dink ons moet dalk meer 'openbare gebede en skriflesings' hou...die wat nie daarvan hou nie...tuff luck!
Liné Els 10/21/2009 1:58:16 PM
In party lande leer die kinders net in die skole van die Here maar by die huis ken die ouers nie eers vir Hom nie!! So kan almal van ons Christene word! Godsdiens begin in die huis maar somtyds in die skool.
Ernst P Jordaan 11/10/2009 2:51:15 PM
Na 2000 jaar se bestaan kan kerkteoloë nog nie eers Genesis 1 vers 1 sinvol verduidelik nie en nog minder dit geologies of atropologies bewys. Hoe kan ons verwag dat Christene sal agterkom hulle word gebreinspoel? Wat dra die Christelike boodskap uit? Die onskuldige moet sterf sodat die moordenaars, rowers en korruptes vry kan wees. Klink dit na `n regverdige God wie so iets toelaat? Suid-Afrika is Christelik, want die onskuldiges moet sterf sodat die skuldiges vrugespreek kan word. Geen wonder ons staan op die rand van `n Burgeroorlog nie. Wakker word Christene, wakker word. Ernst
Hugo 11/13/2009 3:06:13 AM
George ken die Bybel goed... ek reken hy ken die Bybel beter as baie Christene hier.
Daniel van Niekerk 1/28/2010 8:29:42 PM
Ek stem 100% saam met George Claassen. 'n Privaat skool kan maak wat hulle wil maar 'n staatskool het absoluut geen reg om enigsins enige geloof voor te trek nie. As jy wil hê dat jou kinders in 'n skool moet wees waar christenskap beoefen word moet jy hulle in 'n privaat skool gaan sit. Jou geloof is jou keuse en jy kan dit privaat beoefen, los dit uit die skool uit. En vir almal wat sê dat Prof. George Moslem skole en Katolieke skole moet monitor, onthou, dis nie staatskole nie. Prof. George Claassen se groep probeer om geloof uit publieke staatskole te hou, daar waar dit ongelowige of mense met 'n ander geloof seer maak. Word asseblief wakker Christene en besef dat julle nie die enigste mense op aarde is nie en dat julle geloof nie die enigste op aarde is nie!
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C Sunny. Mild. Jhb: 17-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C Morning clouds. Mild. Pta: 18-31°C Sprinkles early. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 22-31°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Attraction Dsl MY09
2010
R 367,592.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr Tiptronic
2008
R 139,900.00

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09
2009
R 326,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BRYANSTON

Single Residential R5,000,000

WHITE RIVER

Single Residential R10,900,000

SUNNINGHILL

Multiple Unit R2,750,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!