Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

14°C
29°C

7 day forecasts

Bok-boek gaan die ore laat brand

2009-11-15 00:09

John Smit en sy vrou, Roxanne, by hul seun, Tyrone.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Louis de Villiers

Sporthelde se outobiografieë is maar alte dikwels veel lawaai en weinig wol.

’n Mens het egter rede om te vermoed dat die Springbok-kaptein, John Smit, ’n bietjie meer vir homself te sê sal hê – en Captain in the Cauldron, geskryf saam met die gerekende Durbanse rugbyskrywer Mike Greenaway, stel nie teleur nie.

Smit se loopbaan het meer opdraande en afdraande gehad as die meeste s’n. Sedert hy as jong vaskopstut ’n dekade gelede Suid-Afrika se o.21-span aangevoer het na die wêreldkroon in dié ouderdomsgroep, is hy as’t ware grootgemaak om eendag Springbok-kaptein te word.

Deesdae is hy een van die gewildste sportmanne in die land, maar hy het stories te vertelle oor vrot veldtogte en suksesvolles, politieke inmengery en vriendskappe soos min ander sportlui in die wêreld kan hê.

En Smit spaar nie die perde nie; ook nie homself nie.

Die uwe se oë het die wydste gerek vir Smit se taamlik volledige relase oor die berugte Kamp Staaldraad, wat afgespeel het voor die triestige Wêreldbeker-veldtog van 2003 en waartydens die koeëls oor die Springbokke se koppe gefluit het toe hulle uit ’n yskoue dam probeer stap het.

Smit se eerlike mening oor dié aangeleentheid is dat hy as persoon waarskynlik sterker anderkant uitgekom het en dat dié soort ervaring sekerlik karakter vorm, maar dat dit hoegenaamd g’n manier is om ’n rugbyspan te brei vir ’n wêreldtoernooi nie.

Daar is al gerugte die wêreld in oor die boksgevegte wat die Bokke met mekaar moes hê. Dat Selborne Boome swaar geleef het teen Danie Rossouw is seker nie ’n verrassing nie, maar die relaas oor hoe Breyton Paulse gedwing is om met Derick Hougaard af te reken sal wyer ontstel as net in Pretoria.

Die omstrede insluiting van Luke Watson weens politieke druk word ook breedvoerig bespreek en Smit vertel die meeste van wat hy daarvan weet. Watson is glo as Bok ingewy, maar eers ’n ruk ná sy eerste toets, en die versuim om dit met die intrapslag te doen was bloot logistiek. Watson loop egter deur.

Smit vertel van sy ontsteltenis toe dié losvoorspeler langs hom sit en SMS’e stuur terwyl ’n emosio­nele Percy Montgomery sy uittrede aan die span bekend maak voor verlede jaar se Ellispark-toets teen Australië.

Hy vertel ook van die spanpraatjie waartydens hy, met Watson teenwoordig, gewag daarvan gemaak het dat 21 van die spanlede mekaar as familie beskou en deur die vuur vir mekaar sou loop – en nie moes toelaat dat die 22ste ou in die groep dit vir die res bederf nie.

Hoe geheg dié besondere groep Springbokke aan mekaar is, is waarskynlik die belangrikste tema in die boek en dis dié amperse familieband, ewe veel as hul talent, wat hulle tot ’n gedugte eenheid omgetower het.

Captain in the Cauldron sal mense aan die praat kry en ’n hele paar ore laat brand.

- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


Bye bye Jono 11/15/2009 1:27:05 AM
Wel as John enige politikus of SARU lid kritiseer kan hy maar bye-bye sê vir die boktrui...AFRIKA-REELS!
margaretha 11/15/2009 2:20:36 AM
Wanneer sal die boek in Nieu-Seeland beskikbaar wees?
Johan S 11/15/2009 6:35:08 AM
Dat Smit dit nie lekker gehad het nie is nie te betwyfel nie. Ek kan aanvaar dat hy deur diep water met Strauli en Watson gegaan het. Die skade wat Strauli SA Rugby aangedoen het, het Jake White presies 4 jaar geneem om te herstel. Strauli wat van die Springboktrui 'n tipe van geskenkpakkie gemaak het en Watson wat van dag een af gedink het die "game" behoort aan hom en kan die trui gebruik as toiletware. Geoordeel aan Vrydagaand se fiasko, (op alle gebiede, van die volkslied tot die eindfluitjie), moet 'n mens miskien die krediet aan hierdie Smit gee dat hy heel anderkant uitgekom het en miskien krediet aan White wat hierdie uitsonderlike persoon op jeugdige vlak identifiseer het om die beste kaptein in Springbokgeskiedenis te word. Ek waag dit deur te sê, en ek vrees geen teenspraak vanuit ingeligte bronne se geledere nie, as dit nie vir Smit was nie, het die Springbokgroep onder Peter de Villiers lankal verkrummel, hy is miskien 'n goeie motiveringsspreker, maar sy kennis van die "game" is verdag en is ek bevrees, hy ry die rug van Jake White, nes Mallett destyds die Carel du Plessis vrugte rypgemaak het, die enigste verskil, Carel se manne het beter geraak, maar die Jake manne lyk my raak slegter. Miskien nie nie oorspronklikes nie, maar die manne wat hulle vervang se vermoë is verdag, kyk maar na van die manne wat nou daar anderkant is. Ek is nie 'n WP ondersteuner nie, maar vir 'n span wat met "niks" die seisoen begin het, het hulle besonder goed gedoen, skitterende spelers opgelewer, maar uiters min erkenning daarvoor gekry en is ek bereid deur te waag, daar is man vir man 'n beter speler in die WP span as wat daar nou nuut saamgevat is Europa toe. John ons is trots op jou en jou invloed is duidelik te sien in die groter opset van die Springbokspan. Doen so voort.
ALWEER 11/15/2009 7:05:54 AM
AG EK HOOP NET HY LOS DOOST UIT HIERIE BOEK WEG ONS KAN AL K@TS
Christo de Klerk 11/15/2009 8:14:07 AM
Iets se vir my John Smith gaan nie meer baie lank vir die Bokke speel na die boek nie. Hoe durf hy so lelik praat van pappa Cheeky se seuntjie....
Tobie 11/15/2009 8:23:23 AM
Nou daar is mos 'n bewys: as jy aansien verloor, skryf 'n boek. TV is in elk geval so k-ak jy moet maar weer leer lees.
JJ 11/15/2009 8:35:56 AM
Ek dink hulle moet dit verpligtend maak. As jy in die Springbokspan wil speel, MOET jy 'n boek publiseer.....en die opbrengs skenk vir rugby ontwikkeling...en terapie vir die ondersteuners
Koos Karoo 11/15/2009 9:18:34 AM
Nouja, nadat hy van haker na voorrystut verskuif het en daar nie die mas opkom nie, is dit seker te wagte dat John besef sy dae as Springbok is getel. Trouens, sy rakleeftyd as speler is lankal verstreke; dit is net sy kapteinskap wat hom nog die groen trui oor sy kop laat trek. Sou 'n meer gepaste titel vir die boek nie "Swanesang van 'n Bokkaptein" wees nie?
Trud 11/15/2009 9:26:43 AM
John Smit, is nogsteeds een van ons beste spelers.Beslis die beste kaptein wat ons ooit gehad het. Hy is net soos enige ander 'bekende' geregtig daarop om n boek te skryf en sy mond uit te spoel.Wel enige iemand kan dit doen , maar dit sal nie soveel belangstelling lok nie. EN voor daa weer al de 'slim' ouens is wat wil beweer , ek weet nie waarvan ek praat nie....los dit eerder, want ek is nouer betrokke as die meeste van julle.
Kaltie 11/15/2009 9:46:01 AM
Is John suur omdat hy nie 'n boek kan skryf nie? Arme siel.
pasop 11/15/2009 4:20:51 PM
Sjoe my nuwe jaar voorneming; ek gaan meer lees; dankie julle oukies
@KALTIE 11/15/2009 10:53:26 PM
Is jy gerook of op pille ou....waarvan praaaaaat jy?
Taiks 11/19/2009 3:09:41 PM
Ja Kaltie, hoeveel van daai goed het die rastaman vir jou gestuur ou!!!
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Emile Myburgh sê... @ekke. Laat ek mooi verstaan, jy sê daar is niks om te verloor deur in God te glo nie, want as jy doodgaan en jy ontdek daar is wel 'n god, dan het jy gewen? OK, my geleerde kollegas hierbo het mooi aan jou verduidelik wat verkeerd is met die logika aan daardie redenasie.

Maar ek het 'n ander probleem. Jy glo dus net in 'n god uit vrees vir die dood en wat daarna sou gebeur (antwoord: niks gebeur daarna nie, jy keer terug na die staat waarin jy vir 13 biljoen jaar was voor jy gebore was, en het daardie 13 biljoen jaar se slaap jou enigsens gepla?). Jy dien nie god uit oortuiging vir jou geloof nie, maar net om jou bets te hedge. Dit is nie 'n goeie rede om in god te glo nie. Trouens, dit is een van die patetieste redes om te glo. Ek dink ek het meer respek vir die moslem fundamentalis wat homself opblaas, ten minste is sy oortuiging opreg.

Jy, daarenteen, is in godsdiens se mag omdat jy bang is vir die dood. Dit is natuurlik en verstaanbaar, maar totaal en al irrasioneel.

Laat ek vir jou verduidelik: lewende wesens gaan dood sodat hulle nie met hulle afstammelinge kompeteer vir skaars hulpbronne nie. Daar is baie meer te sê oor hierdie onderwerp, maar ek sal hierby volstaan.

Maak die beste van die jare wat jy het om te lewe, en hou op worry oor 'n fiktiewe lewe na die dood. Dit stel jou net bloot aan emosionele en sielkundige uitbeiting deur deluded mense soos Oom Angus, Bennie Hinn, Apostel Rina en diesulkes wat net hulle eie agenda volg (o.a. Geld). Hulle het hulle eie begeertes wat hulle reken, sonder enige rede, sal vervul word indien hulle almal kan oortuig om te glo soos hulle glo. Hulle reken dat al wat tussen hulle en die vervulling van hulle eie begeertes deur hulle god staan is die bekering van almal in die wereld. Dit maak hulle 'n sieklike spul wat mense soos jy se liggelowigheid uitbuit ten einde hulle eie illusie te probeer bevorder.

Is dit nie net 'n uiters hartseer stand van sake nie? Julle gebruik godsdiens as 'n kruk omdat julle nie die lewe (wat hard en moeilik kan wees) in die gesig wil staar nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Jhb: 18-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-30°C More sun than clouds. Warm. PE: 22-27°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Club Utility
2009
R 151,039.00

HONDA

FR-V 2.0 i-VTEC MPV
2006
R 144,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr
2008
R 144,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BANTRY BAY

Single Residential - House R 27 000 000

MORNINGSIDE

Single Residential - House R 16 500 000

UMDLOTI BEACH

Single Residential - House R 6 800 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Oscars 2010 DVD' s op Uitverkoping

82 Jaar van Uitstaande Rolprente

Casablanca, Titanic, Braveheart, American Beauty, Silence Of The Lambs & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!