Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

14°C
29°C

7 day forecasts

Ras-tirade verander in swanesang

2009-11-15 00:09

Johann Maarman en Jan-Jan Joubert

Mnr. Jacob Maroga was op die punt om ’n witwarm rasse-dokument, verpak as ’n strategiese voorlegging, op Eskom los te laat toe die gordyn oor hom sak.
Maroga het vandeesweek bedank ná ’n rasgekleurde stryd met mnr. Bobby Godsell, voorsitter van die Eskom-raad, wat self vroeër bedank het, maar nou deur die regering gevra is om terug te kom.
Me. Barbara Hogan, minister van openbare ondernemings, het ’n gesprek versoek. Haar woordvoerder, me. Ayanda Shezi, het gesê die minister is by die beraad van die regerende alliansie, maar sal Godsell voor die einde van die naweek wil spreek.
Godsell het nie gister selfoonnavrae beantwoord nie.
In verdere verwikkelinge berig Japhet Ncube dat die Black Management Forum en die ANC-jeug­liga steeds aanvoer Maroga het nooit bedank nie en dat sy regte geskend word.
Bronne na aan Maroga sê hy sal hof toe gaan en kan miljoene ryker wees as hy wen. Maroga het nie gister hieroor kommentaar gelewer nie.
Rapport is in besit van ’n dokument van Maroga, gedateer 22 Oktober. Daarin blyk sy politieke toornigheid teen veral “wit toesighouding” by Eskom.
Maroga het gister by navraag bevestig hy het so ’n dokument geskryf, maar wou geen kommentaar lewer oor die besonderhede nie.
Sy tirade oor die “wit fenomeen” by Eskom beloop drie van die 25 bladsye en hy looi veral me. Susan Olsen, ’n konsultant wat hom vroegtydig gewaarsku het oor Eskom se energiekrisis.
“Die manier hoe status en aandag aan die Olsen-verslag verleen is, is ’n voorbeeld van die mentaliteit van wit toesighouding.
“Die Olsen-verslag is deur ’n wit persoon geskryf en deur ’n wit persoon laat uitlek aan die media en ’n politieke party. Dit het nie saak gemaak of hierdie verslag in antwoord was op reeds geïdentifiseerde swakhede wat ons sou takel nie,” skryf Maroga.
Hy vaar ook driftig uit teen ’n groep wit voormalige uitvoerende direkteure wat hulle ten doel gestel het om Eskom te adviseer en te ondersteun gedurende die kragvoorsiener se moeilike tyd.
“Op sigwaarde het ek dit aanvanklik as ’n goeie gebaar beskou, maar dit het later duidelik geword hul motivering is gedryf deur ’n mentaliteit van wit toesighouding eerder as ’n opregte begeerte om die Eskom-leierskap te help.
“Ons weë het intussen geskei en hulle het nou ’n veldtog geloods wat krities is teenoor die leierskap van Eskom en die regering.”
Maroga haal ook sy gramskap op die media uit en spyker sy verontwaardiging aan die deur van “?’n klomp mense in bestuurstrukture van Eskom wat meer geloofwaardigheid gee aan die verslaggewing van die wit gedomineerde media as aan die interne bestuursprosesse van Eskom”.
Dr. Manie van Dyk van die DA sê die verslag “ontbloot Maroga se rassistiese ondertone duidelik”.
Me. Patricia de Lille, OD-leier, meen “die gedeelte van sy dokument wat handel oor transformasie klink soos ’n persoon wat baie onseker is en dan sy toevlug neem tot veralgemenings wat nie deur feite gestaaf kan word nie”.
 

Lewer kommentaar op dié storie


Dries 11/15/2009 1:06:47 AM
Ek hoop Bobby Godsell is slim genoeg om nie die pos te aanvaar voor die rasistiese ANC "jeug"liga en die Black "Management" Forum hom in die openbaar omverskoning gevra het nie. Indien hy dit nie doen nie is dit net 'n kwessie van tyd voor dit weer gebeur en dan is ons weer waar ons nou is, maar met selfs minder tyd om die saak te red.
Johan Erasmus 11/15/2009 2:10:51 AM
Die ou kon nie sy werk doen nie, en soos die res wat ook nie hul werk doen nie, blameer hulle nou blankes en blanke onderdrukking. Snaaks dat die wat wel hul werk doen en geloof word daarvoor is die wat nooit die vorige bedeling en witmense blameer vir alles wat verkeerd loop nie. As jy verdien om in 'n posisie te wees, jy doen jou job en jy het die kwalifikasies en kennis sal dit werk. Ongelukkig is ons regering en staats en semi- beheerde maatskappye se topbestuur almal deel van 'n boetie-boetie stelsel.
alet 11/15/2009 3:29:44 AM
Hoe vervelig is die rassekaart nie. Hulle sal alles in die grond bestuur en dan nog steeds die wittes blameer vir hul "stupidity".
Rudi 11/15/2009 5:15:03 AM
Mnr. Jacob Maroga klink vir my soos n rassis homself! Hy en Julius moet dalk trou? Hy weet hy kon nie die pyp rook van sy pos by Eskom nie en nou blameer hy die "wit" van die mense daarvoor, na van hulle hom wou help bv. me. Susan Olsen...Dis altyd gemaklik om n "geroeste spyker" weer in teslaan van rassime en die "wit-mense" wanneer hulself sien hulle het n fout begaan, speel dan net die rasse kaart en dan kom dit maar net weer teug na die ou lam-geryde woorde: "Eich... because of apartheid".
BEN 11/15/2009 5:34:41 AM
Die oomblik as MAROGA nie n antwoord het nie word die ras kaart gespeel. Die sg wit rassiste sien dit op alle vlakke van arbeider tot in bestuurs poste. ANC gemotiveerde kamerade doen so voort die tyd om in die spieel te kyk is baie naby.
alkie 11/15/2009 5:37:45 AM
Maar ek wonder nog steeds wat word weer weggesteek,want as die ras kaart gespeel word dan steek iemand iets erens weg? Ek wonder ook hoeveel geld is weg waarvoor daar nie verantwoording gedoen kan word nie? Ek wonder hoeveel geld is op duur partytjies gesandeer? Ek wonder wat het van die geld geword wat wel vir uitbreiding geoormerk was? Ek dink dit is wat weggesteek word. Laat hy eerder die geld terug betaal wat so mildelik aan hom betaal is.Vir dienste gelewer. Want dit is duidelik dat daardie dienste toe nie gelewer is nie.
Poepsakkie 11/15/2009 5:49:42 AM
So voorspelbaar soos Malema, word die rassekaart uitgepluk wanneer sommige mense met hul rug teen die muur is en 'n laaste desperate poging aanwend om iemand anders dan hom of haarself te beskuldig. Dit bekommer my egter dat hier kaart toenemend gespeel word. Neem rassisme toe?
Frank 11/15/2009 7:45:42 AM
Die oomblik toe Maroga se onvermoe aan die lig kom, toe blameer hy natuurlik weer die wittes as sou dit hulle skuld wees. Maar wat hy eintlik doen is om sy mentaliteit aan almal te openbaar. Die weet ons egter lankal al.
ouklip 11/15/2009 7:54:25 AM
Ek weet nie wanneer me. Susan Olsen die probleem uitgewys het nie, maar in 2001 was die Eskom bestuur reeds bewus wat gedoen moet word om die probleem te voorkom. Politieke besluite deur onbevoegde mense het Eskom in 'n krisis verander.
JM 11/15/2009 8:00:01 AM
bla...bla..bla... Ek is al so siek vir die tirades van die incompetent aangesteldes... Wonder waarom daar moet altyd 'n witte wees wat aangestel word net om die blaam te kry vir enigiets wat fout gaan met sy sogenaamde misrabele lewe!!! MOET ASB NIE N MENS (WIT OF SWART) IN N POS AANSTEL AS HY NIE DAAR HOORT NIE! EK HET AL GESIEN HOE VOL IS PSIGIATRIESE INRIGTINGS VAN MENSE WAT IN HOE POSTE AANGESTEL IS EN NIE KAN COPE NIE EN DAN MOET STAATMAAK OP HANDE VOL PILLE OM HULLE DEUR N DAG TE KAN KRY!!! EN EEN VAN DIE TEKENS VAN NON COPING IS OM ALLES EN ALMAL TE BLAMEER VIR JOU EIE GEVOEL VAN MINDERWAARDIGHEID OMDAT JY WEET JY IS DAAR WAAR JY NIE VERONDERSTEL IS OM TE WEES NIE EN DAN KRY JOU ANGSTIGHEID VATPLEK .. FIGHT? OR FLIGHT?? MAROGA, JY FIGHT MET DIE VERKEERDE MENSE...."MOENIE DIE HAND BYT WAT JOU KOS GEE NIE"!!!
Andre 11/15/2009 8:06:42 AM
Jacob Maroga weet dat as Eskom onder wit toesig was hy nie sy miljoene sou verdien nie. Jacob Maroga weet ook dat hy nie ooit in staat was of sal wees om Eskom behoorlik te bestuur nie. Jacob Maroga gee ook nie 'n hel om dat almal dit weet en dat die land ten gronde gaan nie. Daarom sal hy veg vir nog 'n paar miljoen. Hy is nie die eerste nie en sal ook nie die laaste wees nie.
Paul.v.H. 11/15/2009 8:43:19 AM
Ja-nee dit gaan vir hulle net oor persoonlike rykdom en rassisme. Verder geld dienslewering nie vir hulle nie.
Francois 11/15/2009 9:06:28 AM
Wit, swart, bruin, geel! Kom oor julleself asseblief. Julle vernietig die land sonder jul velkleur. Die probleem is in julle koppe en weliswaar, jammer Suid-Afika, nog 2 geslagte voordat ons oor die kleurminderwaardiheid kom. As ek swart was, sou ek trots daarop gewees het, wit of Saartjie Baardman - wees trots op wie jy is en dien die land of organisasie waarvoor jy werk. Goeiste ek dink ek het nou genoeg gehad! Vrek man!
Koos Karoo 11/15/2009 9:21:00 AM
Dit is duidelik dat Maroga besef sy tyd as bestuurshoof van Eskom is verby. Nou wil hy sy mondelingse bedanking terugtrek met die hoop om 'n multimiljoenrand skeidingspakket te beding.
gert spies 11/15/2009 9:26:30 AM
Dit maak my bekommerd as ek lees van al die mense wat hierdie goed raaksien. Gewone mense. Wit en swart. Die mense in beheer van die land wat die slimste en beleesde behoort te wees sien nie hierdie dinge raak nie, of wil dit nie raaksien nie. Dit is ons land wat ten gronde gaan ten koste van n paar hoog geplaasde idiote op n winsjag. Hulle gee niks vir die land en sy mense om nie. Vir my as gewone burger is dit die toppunt van rassisme.
Kaltie 11/15/2009 9:41:19 AM
Wat is sy punt? Ons kan mos sien hoe die land vernietig word sonder wit toesig.
Peter 11/15/2009 9:47:32 AM
Alhoewel ek oorsee werk, verlang ek baie na SA en lees al die nuus elke dag. Ek volg die ESKOM-gemors nou al lankal en stem met als saam wat julle hier skryf - rassisme loop dik onder swartes maar beskuldig wittes daarvan as hulle faal. Hier in die Midde-Ooste en oral waar ek reis, is soveel wit Afrikaanses en Engelses dis nie eers snaaks nie. Ek wonder net as daar nie meer wittes in SA oor is nie, wie sal dan beskuldig word vir hul eie geploeter? Die probleem is bloot dat daar nie genoeg swart mense met vaardighede is nie, period, dis oorsee ook die geval. Hou op kerm en kla en bou di vaardighede anders sal niks verander nie. PS: Gelukkig het Maroga nie sy vergoeding verdien met my belastinggeld nie!
Piet 11/15/2009 10:26:45 AM
Eskom het net lee koffers om te wys, geen geld en geen dienste, nes munisipaliteite, wat kwansuis ook bankrot is, maar die oorgrote meerderheid is omdat hulle nie hulle rekenings betaal nie. Hoe is dit moontlik? As ek nie my rekening betaal nie, word my krag afgesny, duhhhh.

Eskom hoort op die ashoop, nes die munisipale dienste wat nie bestaan nie. Eskom behoort ontbind te word, want ons as belastingbetalers moet nou weer skielik meer opdok vir hulle foute. Indien topbestuur nie presteer nie, behoort hulle nie vergoed te word nie en summier in die pad gesteek word, sonder GOLDEN HANDSHAKES. Eskom se Raad weet van hierdie foute, en hulle moet dit bekendmaak. Hulle dobbel met ons belastingbetalers se geld. Hoe verwag hulle ons moet net meer en meer opdok, en dit gaan net in hulle eie koffers in? Dink SA behoort nou groen te gaan, sonder besoedeling, en ons belastinggeld behoort in son en windenergie, sonder Eskom, bele word. Laat Europese mense ons bietjie kom wys hoe goedkoop dit regtig is. Eskom lei mense om die bos met hulle hoe infrastruktuur tot goedkoper krag.

Dis uiters swak smaak, dan praat hulle altyd van ons blankes wat rassisties is, wie is nou rassisties ? Hoekom die wittes altyd die skuld kry vir swartes se eie k*k wat hulle op hulle stoepe los gaan my verstand te bowe.

Indien daar bewyse is hoekom word dit nie aan die publiek en aan die buitewereld bekendgemaak sodat gesien wie veroorsaak die gemors nie?

En dan wil ons die SOKKER 2010 aanbied, dis Pateties swak.
Hari Kiri 11/15/2009 10:27:32 AM
Vraag: Waarom is dit so, dat sommige persone in die regering, semi-staatsinstellings en ander organisasies al ewig die rassekaart moet speel en in soveel gevalle, maar net self verantwoordelik is vir hulle eie tekortkominge en daarop volgende fiaskos. Daar is baie sulke voorbeelde. Is dit 'n geval van 'n miderwaardigheids-kompleks, uiteenlopende kulture, gebruike, lewensbeskouinge, verwysings-raamwerke en spesifieke regeringsbestelle. Veral dan in 'n land soos Suid Afrika.
Matt Heyns 11/15/2009 10:46:11 AM
"Indien MY party tweede kom in die huidige verkiesing is EK daarvan oortuig dat hy die grootste party aan die einde van die 1999 verkiesing sal wees en Ek wil die NP daartoe lei" het n benoude en senuweeagtige knaap, ook as ou slaphandjies bekend, op 2 Mei 94 bewerig geblêr. Hy en Sy mickey mouse party is toe deur missies niger se tiger op gevreet vir brêkfis en kyk hoe lyk ons nou? JM se ou ligte mistakie is peanuts in vergelyking met die gemors wat n rare maar nare nar en sy gatlakeie aan gevang het. Ons benodig groot praters nie groot skrywers nie.
JOOP VENTER ( EX sake skool prof.) 11/15/2009 10:56:16 AM
Eskom se debakel is die gevolg van 'n tekort aan bestuurskundigheid in die RSA. Voor 1994 was daar reeds 'n tekort en na 1994 kom daar 'n oorvloed sogenoemde bestuurders na vore waar eie belang voor op gestel word. hulle ervaring en kwalifikasies is onder verdenking!!Groete aan 1 milj, opgeleide Suid Afrikaners in die buiteland, rsa mis julle.Oom joop (77)
Flip 11/15/2009 12:02:57 PM
Ja hierdie mense is uiters incompetent, gaan kyk maar na enige land noord van ons. Malawi, Zimbabwe, Zambia, Kongo Kinshasa, Kongo Brazzaville, Kenya........die hele klomp het uitstekende infrastruktuur 40 jaar gelede gehad,ten minstens so goed soos Suid Afrika s'n. Nou is daardie lande sommer gedaan en flenters. Is dit die finale beeld vir ons land? Ons woon in Afrika mense, pas aan of trek, die toekoms is baie donker.
Abdulhalli Shittu 11/15/2009 12:45:32 PM
Anders as die rasgebaseerde ANC regering en ESKOM (Energie Soekende Kommunistiese Mag) en die BMF (Swart AWB)verdoesel wit mense nie die feite nie en het die wit raadgewers gestreef om ESKOM te help, maar o wee, dit het nie gehelp nie omdat daar nie die nodige bevoegdheid in ESKOM is/was om sodanige raad uit te voer in die praktyk. En die ANC jeugliga sit soos 'n klomp vinke op 'n draad en raas.
Danie Gerber 11/15/2009 1:44:55 PM
Net soos in die Chuene debakel bespeur ek weereens die invloed van Julius Malema by die omstrede kwessie. Elke keer as Julius betrokke raak, voorspel dit die spelpatroon....so voorspelbaar en gemanipuleerd! Die gemeenskap sal hulle almal uiteindelik uitsorteer met die trigger-happy POLISIEMAG as bemiddelaars. Die land stuur klaar af op 'n katostrofiese ramp...dit is onafwendbaar!! Maak julle gereed vir die heropbouproses, want eers as alles afgebreek is sal hulle tot die besef kom dat hulle ons nodig het en dat ons 'n nasie kan bou...Matthew Posa stel dit so absoluut korrek dat son en reën nodig is om die reënboog te vorm en ten einde dit raak te sien, die mens by taal en kleur verby moet kyk ten einde die majestiteit daarvan te kenmerk. Tiperend van die mens om op dieselfde manier seer te maak as waarop jy seergekry het...dit is ongelukkig nou payback time!!! Min van hulle is op die vlak van Matthew Posa en Jonathan Jansen....en dit sal hulle 'n dekade neem om op daardie vlak te kom!!!
Afrikaan, Amsterdam 11/15/2009 2:31:47 PM
Laat staan tog nou in hemelsnaam julle "hulle-ons" mentaliteit. Dit hoort in die tyd voor 1994 waarna te veel van julle nog na terugverlang (lees, Heyns, lees!) As julle die moeite sou doen om die rubriek van Max du Preez te gaan lees, sou julle die volgende sien: "Mantashe, Baleni en Vavi het al drie dié week sterk verklarings uitgereik waarin hulle enige suggestie dat Godsell ’n rassis is, ergerlik verwerp het."
Julle is skuldig aan wat Maroga, Malema en Mugabe skuldig is, en dit is om almal wat wit is oor dieselfde kam te skeer. Dit is so tipies van sommige Afrikaners om dit te doen, lees maar hierbo: "almal deel van 'n boetie-boetie stelsel." ALMAL? "Hulle sal alles in die grond bestuur..." HULLE? Die propaganda van die apartheidsregering word NOG STEEDS geglo, sonder om behoorlik objektief en binne die konteks van kolonialisme se verkragting en apartheid se legacy na Afrika te kyk. So nee Flip, die onlangse geskiedenis van Afrika (onder swartes) is veel minder donker as die verlede (onder wittes). Dink aan slawerny byvoorbeeld. Suidelike Afrika as voorbeeld: Gaan tel die demokrasiee nou teenoor 1985. (Insluitend SA se diktatuur van toe!) Die wiel draai, soos Max skryf, en soos ons rondom ons kan sien met die vooruitgang. Die Chinese sluit ten minste nie die Afrikane in kampe/tuislande/'lokasies' op nie. Saam met Mantashe, Baleni, Godsell en Vavi bou ek, baie wittes en Afrikaners die nuwe SA, saam met Mugabe, Maroga, Terreblanche, Roodt en Malema verhinder julle die proses.
Dave 11/15/2009 3:53:42 PM
Tag, maar julle is vervelig..! Lees nou reg van voor af al hierdie briewe en mense hou net aan om dieselfde te sê in verskillende woorde. Probeer tog om iets oorspronklik te sê..
Marius v Zyl 11/15/2009 4:28:58 PM
Ek dink Maroga is die grootste rassis in SA. Hy en sy broer Julius Malema.
heinkrug 11/15/2009 5:22:31 PM
Rassisme is die holrug geryde misleidings argument om jou eie onvermoe te probeer verberg. Wolf, wolf skree raak nou afgesaag en gaan uiteindelik werklike belhamels laat wegkom
Andre Scheepers 11/15/2009 7:17:43 PM
Afrikaan.Amsterdam. Tyd en spasie laat my nie toe om volledig op jou bydra te reageer nie. Ieder en elk van jou bewerimgs / stellings hierbo is aanvegbaar. Jy val ook in die slaggat van veralgemenings en in ‘n groot mate, soos dit blyk, ‘n beperkte kennis te hê van die wêreld, Afrika en dan veral Suid Afrika se geskiedenis alternatiewelik - geselekteerde geskiedenis. Die ongesubstansieerde aanval op die Afrikaner is ook totaal onverdiend. Die een stelling wat jy maak: Die Chinese sluit ten minste nie die Afrikane in kampe/tuislande/'lokasies' op nie. Daarmee stem ek hoofsaaklik saam – hulle raak ontslae van hulle. Ek glo dat die Chinese menseregte wandade behoorlik gedokumenteer is. Was dit nie Mao Sedong wat as die wêreld se ergste/wreedste dikator bekend staan. Daar word beraam dat hy verantwoordelik was vir die dood van tussen 47 en 78, miljoen mense. Dit is ‘n voldwonge feit dat China die volgende kolonialiseerders van Afrika is. Tussen hakies, dit is nie Afrikaners wat die eerste apartheids-wette in Suid Afrika gepromulgeer het nie – daar is baie wanbegrippe en absurdhede wat mettertyd aanvaar is as die waarheid. Hoe lui die spreekwoord. As die leuen lank genoeg vertel word word dit later as die waarheid aanvaar. Daar is een ding wat soos ‘n paal bo water staan en dit is: daar was wet en orde voor 1994. Alles het gewerk Evkom (eskom), hospitale, onderwys, plaaslike regerings ens ens. Nietemin – niemand is so blind as die wat nie wil sien.
Gert van Schalkwyk 11/15/2009 9:22:30 PM
VIVA anc en bmf VIVA! HULLE (anc en bmf) breek af en ONS (witmense) sal weer opbou!
Pieter Carstens 11/15/2009 11:18:48 PM
So tereg wat Danie Gerber hierbo aanvoer. Wees bewus van wat aangaan en wat die ondertone is. Daar word net te veel haat uitgespreek teenoor wittes, ongeag wat die bedoeling is, en dit nogal van "top" persone wat in posisies is om opsweping te bewerkstellig. Wat wil met hierdie prosesse bereik word?
Willie 11/16/2009 9:12:57 AM
Hoe gouer ons mekaar gryp, hoe gouer kan die land weer heropgebou word deur die wat dit aanvanklik opgebou het. Hoeveel meer en wat wil hierdie swape nog vernietig? Nee wat , maak oop julle oe, hierdie mense is besig om ons ondergang te bewerkstellig, dit moet gestuit word! Soos hulle kan maak en se wat waar en hoe hulle wil, raak nou eens te veel!
Tinneke 11/16/2009 11:25:31 AM
Eendag as die hele land met al sy infrastrukture eindelik ten gronde gegaan het aan die hand van die ANC en al die eenvoudige mense sal dit seker ook die "wit mense" se skuld wees... dis al so afgesaag- gaan hierdie gekke OOIT verantwoordelikheid vat vir enige van HUL EIE tekortkominge???? UITERS LAGWEKKEND EN ABSURD!!
Willy 11/17/2009 12:46:56 PM
Afrikaan - is dit hoekom jy in Amsterdam sit? Ek neem aan Nederland het hulleself nooit skuldig gemaak aan enige rassisme nie ne? Bly daar en moenie terugkom nie .. dit is duidelik jy het 'n wanpersepsie van wat tans in SA aangaan ..
Lydia 11/17/2009 2:25:21 PM
When, in heaven's name, are they going to stop blaming everything on racism ie from constipation to AIDS. Do you wonder why there is still so much hatred and with Malema's continued hate-speech it does not bode well for peace in our country. If you want me to ask for forgiveness for the next 48 years I will but please stop all this hatred. The government must stop their obsession now with the "equality" thing. Just give the job to the person who is the most skilled whether they are black or white and then we won't have all these companies being terribly mismanaged or billions being lost to fraud.
Fanie 11/21/2009 2:43:33 PM
Dit was Maroga wou doen het al mode geword die afgelope 15 jaar in feitlik elke deel van die SA sameleweing, van sport, opvoedkunde tot politiek en hle openbare lewe. Ons het almal vreeslike stories om te vertel, maar bly stil omdat ons en ons families met ons lewens gedryg word. Die voorbeelde is legio, maar ons wil graag in hierdie wonderlike land bly waar daar nog baie "goodwill" in al die bevolkingsgroepe is. Die slange sal ons in alle oerwoude kry, party se sterte is net langer
Kaltie 11/21/2009 8:00:19 PM
Noem dit by sy naam. Maroga was onbevoeg en dom astrant onverantwoordelik. Maar volgens ANC standaarde het hy 'n puik werk gedoen.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Emile Myburgh sê... @ekke. Laat ek mooi verstaan, jy sê daar is niks om te verloor deur in God te glo nie, want as jy doodgaan en jy ontdek daar is wel 'n god, dan het jy gewen? OK, my geleerde kollegas hierbo het mooi aan jou verduidelik wat verkeerd is met die logika aan daardie redenasie.

Maar ek het 'n ander probleem. Jy glo dus net in 'n god uit vrees vir die dood en wat daarna sou gebeur (antwoord: niks gebeur daarna nie, jy keer terug na die staat waarin jy vir 13 biljoen jaar was voor jy gebore was, en het daardie 13 biljoen jaar se slaap jou enigsens gepla?). Jy dien nie god uit oortuiging vir jou geloof nie, maar net om jou bets te hedge. Dit is nie 'n goeie rede om in god te glo nie. Trouens, dit is een van die patetieste redes om te glo. Ek dink ek het meer respek vir die moslem fundamentalis wat homself opblaas, ten minste is sy oortuiging opreg.

Jy, daarenteen, is in godsdiens se mag omdat jy bang is vir die dood. Dit is natuurlik en verstaanbaar, maar totaal en al irrasioneel.

Laat ek vir jou verduidelik: lewende wesens gaan dood sodat hulle nie met hulle afstammelinge kompeteer vir skaars hulpbronne nie. Daar is baie meer te sê oor hierdie onderwerp, maar ek sal hierby volstaan.

Maak die beste van die jare wat jy het om te lewe, en hou op worry oor 'n fiktiewe lewe na die dood. Dit stel jou net bloot aan emosionele en sielkundige uitbeiting deur deluded mense soos Oom Angus, Bennie Hinn, Apostel Rina en diesulkes wat net hulle eie agenda volg (o.a. Geld). Hulle het hulle eie begeertes wat hulle reken, sonder enige rede, sal vervul word indien hulle almal kan oortuig om te glo soos hulle glo. Hulle reken dat al wat tussen hulle en die vervulling van hulle eie begeertes deur hulle god staan is die bekering van almal in die wereld. Dit maak hulle 'n sieklike spul wat mense soos jy se liggelowigheid uitbuit ten einde hulle eie illusie te probeer bevorder.

Is dit nie net 'n uiters hartseer stand van sake nie? Julle gebruik godsdiens as 'n kruk omdat julle nie die lewe (wat hard en moeilik kan wees) in die gesig wil staar nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Jhb: 18-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-30°C More sun than clouds. Warm. PE: 22-27°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Support Engineer (Standby Required)

Western Cape - Cape Town
MC²

Proposals/ Project Engineer

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Senior C#.NET Developer JP20494

Gauteng - JHB North/Sandton
E-Merge IT Recruitment
R500,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Club Utility
2009
R 151,039.00

HONDA

FR-V 2.0 i-VTEC MPV
2006
R 144,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr
2008
R 144,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BRYANSTON

Multiple Unit - Cluster R 20 000 000

SOUTHBROOM

Single Residential - House R 8 685 000

HOUT BAY

Single Residential - House R 5 950 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Oscars 2010 DVD' s op Uitverkoping

82 Jaar van Uitstaande Rolprente

Casablanca, Titanic, Braveheart, American Beauty, Silence Of The Lambs & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!