Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

14°C
29°C

7 day forecasts

Opponente nou tromp-op geloop oor skolegodsdiens

2009-10-17 22:48

Mnr. Hans Pietersen buite die Hoërskool Diversity waar hy die afgelope week ’n onderwyser gekonfronteer het oor godsdiensbeoefening in klastyd

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannes de Villiers

Die stryd teen godsdiens in skole word nou amptelik. Die Afrikaanse Vrydenkersbeweging (AVB) wil vandeesweek die regsargumente publiseer wat hulle wil gebruik in hul beoogde hofsaak teen skole wat wederregtelik godsdiens in klastyd beoefen – en die leiers van dié groep het begin om hul opponente (ook in skole) tromp-op te loop.

Mnr. Hans Pietersen, voorbok, het selfs Woensdag onaangekondig by ’n skool, die Hoërskool Diversity in die suide van Johannesburg, ingeval om ’n onderwyser oor godsdiensbeoefening te konfronteer.

Mnr. S.P. Grové van dié skool het vroeër op ’n internetforum verklaar “geen vak kan sonder die Bybel gegee word nie” en Pietersen, asook prof. George Claassen van Skepties Suid-Afrika, uitgedaag om in sy klas met hom te kom gesels.

Pietersen is gevolglik na die skool toe om Grové voor te lê, maar die fut was gou uit dié beoogde konfrontasie toe dit blyk dat Grové eintlik heel vriendelik is en dat die Hoërskool Diversity moeite doen om godsdienstige pluraliteit te akkommodeer.

Toe is Pietersen vort na sy volgende konfrontasie. Eers het hy met mnr. Jaco Kleynhans van die vakbond Solidariteit (uitgesproke voorstanders van godsdiensbeoefening op skool) gesels. Daarna het hy probeer om ’n vergadering met die VF+, nog ’n verklaarde opponent, te belê.

Dít alles terwyl die pogings van die voorstanders van skolegodsdiens ook versnel. ’n Tweede Wêreldbiddag vir God in Skole word Dinsdag gehou, weer gereël deur die Oos-Kaapse tiener Jessie Bester, wat soos ’n wafferse jong Angus Buchan telkens ’n paar duisend siele werf.

Op Jessie se eerste biddag het sowat 6 000 mense landwyd (en in sommige gevalle oorsee) saamgebid.

Dinsdag, wanneer ondersteuners tussen 19:00 en 19:10 die hoofde buig, verwag hy meer as 13 000 saambidders. Dit is die getal lede van sy internetgroep “Christenskap sal in skole aanbly – come hell or high water”. “En wanneer ons Wêreldbiddag vir God in Skole 3 hou, wil ons 30 000 tot 40 000 saambidders hê,” sê dié 18-jarige CSV-voorsitter van die Hoërskool Nico Malan in Humansdorp.

Jessie moes tydens skoolpouse met Rapport praat, want benewens die veldtog en radio-onderhoude die laaste twee weke moet hy boonop klasloop en vir sy matriekeindeksamen studeer.

Die AVB het intussen ook van die gebedsaksie kennis geneem. “Ons weet van die groot biddende veldtog teen ons,” sê Pietersen. “Maar ons sien nog nie die gevolge daarvan nie.”

Die argumente vir die AVB se beoogde hofsaak sal glo van die komende week af op hul webwerf (www.hulle.co.za) verskyn.

Op dieselfde webwerf het ’n lys van 43 topskole landwyd verskyn wat van nader bekyk gaan word om seker te maak skriflesing en gebed vind nie in klastyd plaas nie.

- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


Moses Woestyn 10/18/2009 12:05:06 AM
Vir Facebook intekenaars: Daar is interessante argumente waarop ek afgekom het op Skepties Suid-Afrika se groepbladsy. Die interessantste argumente verskyn onder die besprekings-titel "Skepties oor Skepties Suid-Afrika." Daar's 'n vent wat daar SSA erg kritiseer. Dit laat mens nogal dink aan die ou dae toe die kerk en wetenskaplikes sommer lekker onder mekaar ingeklim het. Nogal interessant hoe sekere wetenskaplikes oor godsdiens redeneer.

http://www.facebook.com/search/?q=skepties&init=quick#/topic.php?uid=152380918570&topic=11513
McBrolloks 10/18/2009 1:59:30 AM
He-he. Arme ou Jessie en sy maatjies. Hulle glo regtig dat 'n gebiddery hulle gaan help. As 10 miljoen mense gelyk vir dieselfde ding bid sal niks gebeur nie. Dis baie kinderagtig om vandag nog in sulke spoke te glo. Gelukkig is dit nou onwettig vir die onderwysers om die kinders vir wie hulle moet klas gee te probeer "belei". Ek het dit gehaat om godsdiens op skool te beoeffen het. En dit was glad nie vrywillig gewees nie. Ons was ook glad niks van evolusie geleer op skool nie, want dit vat mos so aan Genisis se "waarhede". Hoe lank gaan die arme Afrikaner volkie nog so vasklou aan sy spoke? Gelukkig steur minder en minder kinders hulle aan godsdien vandag. Die kerke word leer en leer. Jessie en sy maatjies kan maar lekker saam bid, maar die wind waai wes. Hulle spook kan hulle nie eers hoor nie, want hy bestaan in elk geval nie.
Sevendust 10/18/2009 2:04:38 AM
Die skrywer van die artikel het klaar gewys watter kant hy kies. VERSKRIKLIK subjektief.
Henk 10/18/2009 4:58:48 AM
Die klomp godsdiensdwepers pluk maar weereens 'n lat vir hul eie bas. Pleks daarvan dat die CSV stil-stil hul eie geloofsagenda rustig onder eie geledere uitoefen, soek hulle mos oop en bloot skoor. En skoor gaan hulle beslis kry. Hulle moenie agterna kerm as die regering sommer ALLE godsdiens uit ALLE skole verban, en alle CSV's onwettig maak op alle staatskoolpersele nie. Domastrantheid het 'n duurder prys as wat Jessie en sy meelopers dalk ag.
namfk 10/18/2009 5:57:47 AM
Mnr. Hans Pietersen moet asb. by die skole in Namibia kom kuier. Hier sal ons hom bl*&^&&s&m as hy met sulke dinge begin!!!!
Naas 10/18/2009 6:14:55 AM
Ek hou van Hans! Hans lyk vir my na net die regte man om die geskiedenis te laat herhaal.Paulus was ook eers Saulus. Dink net hoe kragdadig sal Hans vir die Here kan werk. Ek sal graag met Hans wil gesels oor hierdie moontlikheid. Hans ek nooi jou uit om my te kontak asb, want iewers is 'n misverstand tussen jou en my begrip van die doel waarvoor God ons geskape het - Groetnis.
Ollie 10/18/2009 7:34:57 AM
Ek haal my hoed af vir die AVB. Raak tog asseblief vir eens en altyd ontslae van blerrie bybelstudie stront en ander feetjies verhale in ons skole! In my dae was dit anyway net 'n vak wat ons almal gebunk het. Fee verhaaltjies hoort in kleuterskole. As jy jou kind volgens 'n feetjies boek wil grootmaak wat vertel van mense wat op water loop, doen dit by jou eie huis. Die bybel is in elk geval 'n evil boek, wat vertel van 'n god wat beslis nie 'n simbool van liefde is nie.
hans 10/18/2009 7:36:09 AM
Mooi so Mnr. Grove` - Mooi so Jesse, you Go!!

Julle tel momentum op en met die krag van gebed agter julle, sal julle slaag!! Hierdie land se ontstaan is aan Godsdiens te danke en OOK die latere onrwikkeling. Ten spyte van al die foute (groeipyne) in hierdie ontwikkelingstyd, het ons swart bevolking grootendeels (anders as die verwagting) die Christelike Godsdiens aanvaar en hulle leef dit baie wonderlik uit!! Nou onverwags, is dit onder die witmense wat die ateïstiese neigings en geluide kom om Godsdiens teen te werk - skande!! Beveg hierdie ateïstiese gees onder ons met hand en tand!! Beveg en besweer dit nou met alle mag tot ons beskikking!! Kom ons verwyder hierdie virus in ons geledere!! Ons besit heeltemal die reg on Godsdiens in ons skole te beoefen!! Godsdiens het die hele pad met ons volk saamgekom!! Dit wat die satan wat tot dusver sy bes gedoen het om die pad saam met die Here te verydel!! Ons reg op ons eie skole is nou al weggeneem, die reg om dan ten minste Godsdiens in hierdie gemengde skole te beoefen gaan onder GEEN omstandighede van ons weggeneem word nie!! Daarvoor moet alle ware kinders van God voor Bid!! Kom ons staan saam in gebed en breek die mag van hierdie werkers van ongeregtigheid!! Die Bybel sê "praat tydig en ontydig" en ja Mnr. Grove` - Bravo vir jou!! GEEN vak kan sonder die Bybel aangebied word nie!!
Fred 10/18/2009 7:52:15 AM
Los godsdiens vir die huis. Om enige godsdiens of interpretasie daarvan af te dwing op enigiemand is verkeerd. Dit is elke mens se eie besluit op die ou einde van die dag. Verskillende kulture en rasse word nou saam gegooi in klaskamers. Hoe kan onderwysers hulle siening van een of ander godsdiens afdwing op iemand as twee kerke van dieselfde godsdiens nie eers kan saamstem oor sekere kwessies nie? Laat ons eerder die ander man se geloof respekteer, maar ook net tot waar dit kom by sy teorie dat sy vrou beeldskoon en sy kinders slim is.
Manda Roux 10/18/2009 7:55:42 AM
As jy wil hê die ding moet stop moet jy ophou Rapport koop. Ek kry regtig die idee dat Rapport die ding aanblaas met al die blootstelling wat hulle aan ouens soos Hans en SSA gee - mense van wie ek nog nooit gehoor het nie en wat skielik teen die stelsel baklei. Ek sal ook kliphard skree oor alles wat my pla as die koerant my rondry en voorblad spasie gee. Ek het in Richard Dawkins se boek gelees dat koerante met godsdiens goeters op die voorblad die beste verkoop.Is dit nodig vir Rapport om die volk so te verdeel - net om koerante te verkoop?
Dok Jan 10/18/2009 7:59:37 AM
Verstommend wat nog die Afrikaner en sy klein koppie besig hou...
Abdulhalli Shittu 10/18/2009 8:06:46 AM
He,he,he.....Hansie is defnitief nie die skerpste potlood in die pakkie nie, sy geraas laat my dink aan 'n klein hondjie se pis op 'n ou buitekamer mat.....ons weet ook almal wat het van Hansie en Griekie(AVB) geword???
Abdulhalli Shittu 10/18/2009 8:13:12 AM
McBrollocks is iemand wat die bakkies van 'n bobjaan het en hy glo net aan LaLaLand se k@k en bly in Mandelatopia, die ashoop(Miskruier) van alle hope, al dra 'n aap 'n goue ring bly hy 'n aap!!!
Ray 10/18/2009 8:20:56 AM
In reaksie op die gebedsaksie se Hans Pietersen "“Ons weet van die groot biddende veldtog teen ons,” “Maar ons sien nog nie die gevolge daarvan nie.” - Is dit nie uitdagend en afwagtend op die gevolge van wat hy mee besig is nie? God is almagtig en daar is krag in gebede in Jesus se naam. Ek bid saam met Jessie & al die ander Christene dat Godsdiens op skool sal voortduur. Al die nonsens en morele agteruitgang van die samelewing het begin to alles wat nie Godsdiensdig is, aanvaarbaar begin raak het. Kyk maar om julle en sien wat is besig om te gebeur.....
Danie @ Naas 10/18/2009 8:24:43 AM
Saulus kry epilepsie op pad Damaskus toe en nou moet 'n gesonde man soos Hans met jou in kontak tree oor die 'moontlikheid' om self 'n epilepsie-aanval te kry?Kyk hoe het Ellen G White van die Sewende Dagse Adventiste na haar breinskade en opeenvolgende en herhalende stuipe aan die profeteer gegaan.Ek sal graag meer oor jou begrip oor die skeppingsdoel wil hoor. Ek wil weet hoekom 'n god wat reeds alles het, wat volmaak is, dit broodnodig vind om geselskap te skep op een uit miljarde, miljarde planete. Geselskap wat een keer 'n dag omkap, 'n paar uur later opstaan en weer aan die eet, werk en uitskei gaan. Geselskap wat as hulle nie gereeld skrop nie waks, smegma, skilfers en ander vuilgoed gaar?Sluit jou begrip oor die skeppingsdoel ook die ander 100 skeppingsgode se doele in? As Hans begrip vir joune moet hê, dan moet jy begrip vir die ander 100 hê.
Piet 10/18/2009 8:36:56 AM
Geluk mnr Pietersen. Is in nou in my dertigs en ek onhou hoe godsdiens in my keel afgedruk is. Is die Christene wat nou op hulle perdjies spring soos Jaco Kleynhans nie ook dieselfde mese wat 100 terug gese het die aarde is plat nie? Ek sluit graag by die AVB aan.
Danie 10/18/2009 8:38:39 AM
Die skape word al reeds van die bokke geskei, die regte Afrikaner van die wat gaan wat die wind waai. Ek hoop dat mense soos Hand en Kasper hulle oorlog teen God sal laat staan en ophou om hulle drek oor mense uit te probeer braak. Vir die wat nog glo in die enigste God en trots is daarop om 'n Afrikaner en kind van God te wees, staan sterk want die winter sal verbygaan en die Lig sal weer skyn!
Dirk 10/18/2009 8:50:18 AM
Jammer Jessie, maar met "global warming" kom high water dalk gouer as wat jy dink.
Dewald 10/18/2009 9:08:25 AM
Dink net hoe kragdadig sal Hans vir die Here kan werk.Hoekom kan God nie sy eie werk doen nie?
Chris 10/18/2009 9:23:01 AM
Kom ons bid vir Hans! Die bewys sal wees in sy getuienis.
Eugene 10/18/2009 9:42:17 AM
Ai, dis so jammer dat daar nog steeds mense is wat met "blindheid" deur die lewe gaan. Elke keer as ek hoor of lees hoe mense God uit hulle lewens verstoot, beaam dit slegs hoe waar die Bybel is. Die Bybel waarsku al vir eeue lank dat Christene gespot en uitgejou sal word vir hulle geloof. So laat die wat wil spot en vloek dit maar doen. Wie weet, dalk bekeer sommige van hulle nog as hulle eers die "Waarheid" ontdek. Groetnis aan al die Christene en bid maar vir die "blindes" wat nie beter weet nie.
Ray 10/18/2009 9:48:13 AM
In reaksie op die gebedsaksie se Hans Pietersen -“Ons weet van die groot biddende veldtog teen ons,”“Maar ons sien nog nie die gevolge daarvan nie.” - is dit nie uitdagend en afwagtend op dit waarmee hy besig is nie?
God is almagtig en daar is krag in die gebede in die naam van Jesus Christus. Ek bid saam met Jessie & al die ander Christene vir die behoud van Godsdiens in ons skole. Die agteruitgang en verval van morele waardes het begin toe alles wat teenstrydig is met Godsdiens & Christelike waardes, begin aanvaarbaar raak het in die samelewing. Maak julle oe oop en kyk wat om julle gebeur.... In Amerika het dieselfde ding gebeur en kyk wat se moeilikheid het hulle by hulle skole - misdaad, dwelms, onsedelikhede, ens. Hans & sy span speel in die hande van die ewele...
Boerseun 10/18/2009 9:51:12 AM
Daar's geen manier wat Christene ooit moet toelaat dat skole sonder Godsdiens bedryf word nie. Ons het ook regte en dis tyd dat ons daarop staan. As 'n kind se ouers nie wil he hy moet die onderig bywoon nie, is dit hulle keuse. Die gevolge van die godsdienslose onderig stelsel kan oral gesien word in ongelukkige en mislukte kinders. Die wat God aanval, moet gerus aangaan, die aanvalle raak nie aan ons as Christene nie, maar aan God en Hy sal self die wraak neem.
Felix 10/18/2009 10:07:55 AM
Die Anti-chris probeer al weer. Deur die eeue kon hulle nog niks van waarde bereik nie, en is maar net die gevolg van 'n swak selfbeeld. God sal altyd regeer - al probeer julle hom weer kruisig. Ek bid vir julle, aangesien julle nie self kan nie.
RdP 10/18/2009 10:08:02 AM
Hans, bring vir Julius Malema saam wanneer jy kom kuier, dan b&^%$(*m ons hele skool se kinders julle!!!!
JAC 10/18/2009 10:23:37 AM
Arme klein Jessie is self 'n produk van hierdie eenogige twak wat in skole in die onskuldige kindertjies ingeforseer word. Sy lewe is klaar waarskynlik onherroepelik geskaad deur die indoktrinasie van mense wat glo aan 'n boek met die inhoud van onder meer dat slange en donkies praat, 'n moordadige god wat op 'n keer selfs alle eersgeborenes vermoor het, kinders diere als! Om nie te praat van ander belaglikhede soos 'n man en sy gesin wat 'n boot gebou het wat alle diere op die aarde in duplikaat bevat het, ook varswatervisse en 350 000 soorte kewers...en toe vermoor die god van LIEFDE elkeen op die aarde, behalwe hierdie perd en sy gesin. Ag die klomp twak is legio, maar mense verkies om dit te glo net omdat hulle bang is om dood te gaan. Daarom skep die mens gevolglik 'n "hiernamaals", 'n hemel. En sommer 'n hel daarby. Nee o wee, om sulke gemors in skole te verkondig kan mos net mense se koppe laat raas. Geen wonder die pad van die kerk is deur die tye so gesaai van geweld en moord. As gebed werklik gewerk het, waarom gaan dit in bv. die Skandinawiese lande so goed(waar bitter min mense die chistelike god aanhang) en gelowige SA brand af? Dan doen julle god mos 'n mos nie sy werk nie, of hoe? As hy die CEO van 'n maatskappy was, is hy lankal gefire! Maak oop julle ogies en haal af die oogklappies! Ja jy ook, Jessie.
Johann 10/18/2009 10:34:46 AM
Alle eer aan Jesus Christus. Here, ons bid saam teen die duiwelse magte wat U koninkryk teenstaan. Soos daar reeds geskryf staan, sal U altyd triomfeer! Daar sal altyd teenstand wees, maar dit is van korte duur.
Christen 10/18/2009 11:09:33 AM
Snaaks dat hierdie regsargumente "gepubliseer" gaan word en nie aan 'n hof voorgehou gaan word nie. Wys jou net - dit is bloot 'n sensasie-soekery van die koerante en hierdie sg. skeptici. Maar nou ja, staatskole is buitendien op die afdraande pad en leer ons kinders alreeds die ANC se ideologiese gemors. CVO-skole - hier lê ons antwoord...
Renier 10/18/2009 11:22:39 AM
McBrollocks, jy klink vir my meer na ou Bittergal, maar daar is plek vir jou ook in God se raadsplan, as jy Hom toelaat om in jou lewe in te kom, en jy dan sommer 'n Paulus saam met Hans kan word. Henk, gelukkig weet ek GEEN regering, mag of skeptikus is groter en magtiger as God die Skepper nie, en julle kan maar "huff en puff" soos julle wil, God laat hom nie keer nie. Mag God in julle harte inkom en julle gered word uit die kloue van die vyand. En laastens: Jessie jou Doring. Mag God jou uit jou sokkies uit seën.
hans 10/18/2009 11:27:10 AM
Ge "Brokseltjie" Bedank liewers die mense wat bid, want terwyl die bidders nog bid, deel jy ook in die voordeel. God sorg vir regverdige EN onregverdige! Hy laat die son oor ALMAL skyn, terwyl net sommiges daaraan werk - soos deur te bid! Maar hoor vandag `n waarheid waarteenoor jy voorwaar eendag weer te staan gaan kom: Voor dieselfde "spook" waarvan jy praat gaan jy eendag te staan kom en jou knie gaan voor hom buig. Indien jy nie betyds tot inkeer gaan kom nie, gaan dit vir jou te laat wees en jy gaan jou ewigheid in ondraaglike omstandighede deurbring. Buig eerder jou knie nou en spaar jouself dit. Jou knie GAAN buig of jy dit nou wil glo of NIE! Mede - Christene - Kom ons wys die` man die krag van gebed en BID hom tot ander insigte!!!
Manon21 10/18/2009 11:34:24 AM
Ek is so bly dat daar Suid-Afrikaners is (insluitend ek) wat opstaan en sê "bybelperiode" moet verban word by skole. Ek onthou toe op hoërskool was, moes al die skoliere elke Woensdagoggend na die kerk langs die skool gestap het. Daar het 'n predikant jou eers goed uitgek@k oor die mens se sondige natuur en dat ons nie eintlik daardie god verdien nie. En dan was 'n sesde van die preek 'n klein bietjie oor die verlossing wat ons ontvang het en dat ons in ons passoppens moet wees, want die groot regter daar bo kyk neer op jou. So glo ons dit mos soos skape. Want van kleins af word ons geleer ons is mooi wit skapies. Die here is die herder, predikante, ouderlinge, diakens en skoolhoofde is die skaaphonde. Die skaaphonde moet kyk dat die kudde nie verdwaal langs die pad nie. Maar soms is daar 'n swartskaap in die kudde. Dit is mense wat vrae begin vra, wat sê godsdiens moet nie in skole onderrig word nie. Maar dit seker die vrae wat jou die swartse maak. Want sien, die skaaphonde het nie die verwysingsraamwerk om daardie vrae te antwoord nie, en wil dan sommer sê: "Skapie, jy verknies jou oor niks. HOU OP VRAE VRA! Jy is 'n skaap, volg en glo net!" Maar sien die skaap wil nie, want sy oë het oop gegaan. Hy wil nie meer net blindelings volg en glo nie. En dan gaan soek hy antwoorde op ander plekke wat heel te mal onaanvaarbaar is vir die skaaphonde. En dan is die skaaphonde kwaad. Hulle reël bidsessies regoor die wêreld om hierdie swartskaap, wit te bid. Geloof is persoonlik. Dit is iets wat 'n ouer aan 'n kind moet oordra. Nie 'n skoolhoof wat dit op 'n kind afdwing nie. In elk geval, almal bid nie vir die christengeloof, maar wat van die Muslems, Buddiste en ander gelowe? Al gedink dat 'n muslem kind elke vrydag uit sy skool werk gehou moet word. En ja jy mevrou wat voor in die kerk sit en jouself so la-di-da hou met jou bo blink, onder stink houding, wat gaan jy doen as daar Muslem kind in jou kind se klas is? Mors hulle dan nie mekaar se tyd nie? Want jou kind vir een uur elke week 'n periode hê vir sy god, en daardie ander kind ook vir sy god. Twee ure van kosbare opvoeding wat verlore is. Viva, mag alle godsdienstigeperiodes uit skole verband word!!
Hugo Geldenhuys 10/18/2009 11:45:02 AM
Ek sien hier 'n wenner en 'n verloorder - sonder dat my van Van Rensburg is: Pans Hietersen gaan "bloedneus" kry en, soos die gewese mees militante ateis en mal-Darwin-agterryer, Doktor Professor George Claassen die aftog blaas. Jessie gaan wen. Hy sal, want sy saak is reg!! Bring it on, jou "hans" vent!! Go Jessie go!! En Hans, jy sal nog vir God ontdek, al is dit soos Darwin, op sy sterfbed!! Anders, as jy die Stix eendag oorstap.
Linda 10/18/2009 12:11:21 PM
Ek wou al verlede Sondag kommentaar lewer nadat ek na Fokus gekyk het. Dankie dat ek nou die geleentheid het. Ons besit 'n Christelike kleuterskool. Wat ek daarmee bedoel is dat ons nie enige leerstelings aan hierdie kleuters verkondig nie. Ons leer hul bloot waardes, respek en liefde vir mense om hulle. Daar is ook aanbeveel dat alle gelowe aan die kinders en skole beken gestel moet word - hoekom - Omdat ouers hulle plig versuim om hulle kinders tuis in hulle godsdiens te onderig. Jammer vir julle wat nie hieraan glo nie, maar ons kan getuig van 'n lewende God en 'n aktiewe Satan. Ons skool het tans 'n waglys en geen ouers het nog gekla nie.
andre 10/18/2009 12:18:29 PM
Snaaks hoe vinnig christene met geweld dreig. Onthou, niemand wil jou verbied om jou geloof te beoefen nie. Jy word slegs verbied om jou geloof in ander se kele af te druk.
Stefan 10/18/2009 12:22:30 PM
Sterkte Hans en genote. Julle gaan sterk bene nodig hê. Die Afrikaner se opgekropte woede oor die verlies aan politieke mag sal nou op julle losgelaat word. Byt asseblief vas; daar is baie meer steun vir hierdie aksie as wat julle dalk sal besef. Kom ons lag maar saam vir die ongebreidelde haat en nyd wat nou losgelaat word vanaf mense wat liefde en verdraagsaamheid predik as dit hulle pas. Wat ook al die uiteindelike hofuitspraak: hierdie aksie sal Afrikaanssprekendes dwing om te besef "godsdiensvryheid" beteken iets heeltemal anders as dit wat hulle tot nog toe graag wou glo. Doe so voort en baie sterkte.
klaas 10/18/2009 1:22:34 PM
McBrolloks ek dink jy is 'n skaap op die verkeerde pad maak oop jou oe nes die vent wat die Pietersen.'n groot skaap!
Linda 10/18/2009 1:40:45 PM
So jammer dat sekere skrywers soos Naas en McBrollocks hierdie sienswyse het. Julle het klaar besluit wie julle gaan dien. Gun kinders die kans om ook hule keuse te maak nadat hulle uit die Bybel geleer het wat respek en liefde is. Kom besoek gerus ons kleuterskool was hierdie waardes aan alle tale rase en gelowe oordra. Ek hoop ook net dat ouers wat teen godsdien in skole is, die nodige waardes aan hulle kinders oordra - dit is immers die ouer se plig. Lief vir julle almal.
Pietpicasso 10/18/2009 1:45:28 PM
Voed 'n volk met 'n mieliepit. Indien die Afrikaanse Vrydenkers Beweging die minister van Landbou was, is dit wat hulle sou wou doen. Hulle weet nie waarvan hulle praat as dit kom by die waarde van Christelike opvoeding nie. In die dae net na Christus, was daar nie 'n begrip soos menseregte of menslikheid nie. Daar was geen waarde geheg aan menselewens in die Romeinse Ryk nie. Jy kon slawe in hokke voor tempels koop, en dan invat, en binne in die tempel aan jou 'gode' gaan offer. Tydens die inhuldiging van een amfiteater, of sirkus, of arena, is daar sowat 20 000 mense, leeus, luiperds, bosvarke en leeuwyfies in een maand in die amfiteater geslag. En die slagting het vir 350 jaar aangehou. Om mense voor die voet dood te maak was nie n sonde nie. Dit was 'n tyd wat beskryf as n tyd : " vir dapper mense, vir helde, vir goeie vegters, vir swakkelinge ens" Maar die grootskaalse slagting van mense was nie verkeerd nie. Vir 400 jaar nadat Christus reeds opgevaar het hemel toe, het daar n rooi rookwold bo-oor Rome gehang. Dit was die rookwolk van al die lyke en diere-karkasse wat dag en nag verbrand was. Teen die einde van die Romeinse Ryk, het die lyke net op die strate gelê, terwyl honde daaraan geeët het en die karkasse rondgesleep het. Die katakombes (grafkelders van Christene) net onder die Vatikaan, is ongeveer 1 400 kilometer lank. So ook onder ander voormalige stede van Rome, waaronder Frankryk. Eers teen die einde toe keiser Augustinus die Christelike geloof aanvaar het vir die hele Romeinse ryk, het daar n begrip van menseregte en humanisme onder die Romeine posgevat. Van toe af het die begrip van menseregte wêreldwyd begin versprei. En dit net omdat Christene vir 400 jaar hul broers en slawe anders behandel het, en vir die Romeine n voorbeeld was. Die hoogagting van mense vandag is deur Christene teweeggebring oor n tydperk van honderde jare. Daarsonder heers anargie en bloedvergieting. Ook het Protestantse wetenskaplikes die moderne wetenskap in alle vakrigtings gebring tot waar dit vandag is. Die wetenskap en die Christendom is nie onversoenbaar nie. Die moderne wetenskap vandag is te danke aan die Protestantse wetenskaplikes. Lees maar Hooykaas se boek : 'Religion and the rise of modern science". Waarom nou die Christendom uit die skole gehaal wil word, kan net deur iemand gedoen word, wat wil terugkeer na die barbaarse Romeinse tyd toe mense in hokke voor tempels gesit het, en gewag het om deur n ou met geld vir sy of haar gode geoffer te word. Dit beteken ons samelewing het n draaipunt bereik, en nou poog mense om ons terug te dwing na die dae toe lyke op straat gelê het, en dit aanvaarbaar was vir almal. Want dìt is wat die wêreld sonder Jesus en Sy evangelie was.
Cuzie! 10/18/2009 2:00:47 PM
Hans Pietersen jy staan daar soos n Helse "Bouncer"maar jy lyk eintlik soos n agter-geblewene!Gogga maak vir baba bang!!Hahahaha
Matt Heyns 10/18/2009 3:00:51 PM
Scripture is the story of struggle between True Worship and false, apostate or mixed worship. The message of the Three Messengers in Revelation 14 is a call for turning back to Yahweh. A restoration and a call for sanity. It appeals to those who have come to know their Saviour personally. Those who like us serve Yahweh with gladness and who rejoice in Yahweh always. Trust and obey for there is no other Way. The Truth will set us free! Shalom!
Pierre 10/18/2009 3:04:29 PM
Pietpicasso, slawerny is natuurlik 'n Bybelse konsep. In die Ou Testament het God self opdrag gegee dat die Israeliete mense mag verslaaf. In die Nuwe Testament moedig Paulus slawe aan om terug te gaan na hul base en nie die status quo uit te daag nie. En Jesus wat geleef het in 'n tyd wat slawerny algemeen was, het hom nooit daarteen uitgelaat nie.

Die Christelike geloof leen homself volledig daartoe om mense te onderdruk. Soos enige geloof maar met die groepie ingeligtes wat weet en voorsê en die res wat luister en doen wat hulle vertel word.
Danie W @ Piet Picasso 10/18/2009 3:25:56 PM
Jy skets 'n baie mooi Christengeskiedenis hierbo.

Jy swyg egter oor dieselfde Christene wat vir twee honderd jaar kruistogte teen Moslems gevoer het. En die Slawiese mense, Russiese en Grieks-Ortodokse, Mongole en ander nasies. Daarna die verskillende inkwisisies wat vir 'n paar honderd jaar aangehou het.

Jy swyg oor Christene wat in Europa geglo het die syfer 0 het met die onderwêreld te doen, toe Moslems al lankal algebra beoefen het.

Hooykaas se boek is niks werd nie. Gaan lees die tweede resensie op Amazon. Jy is 'n dwaas as jy dink die Protestante kan al die krediet kry vir wetenskaplike vordering. Wat van Mendel, Galilei, Mendeleev, Huygens, Einstein, James Watson, Hawkins? Hulle is nie protestants nie!

Jy impliseer dat ongelowiges soos die Romeine te kere wil gaan, maar jy dink die res van ons het vergeet die Romeine was self gelowiges.

Gaan kyk wat se opgevoede en funksionele lewens die mense van die Skandinawiese lande het- sonder Jesus, sonder Evangelie, en sonder jou halfgebakte geskiedenislessie.
Stefan 10/18/2009 3:39:42 PM
Your bible is fictitious, get over it...
Joe de Doper 10/18/2009 3:52:29 PM
Wat? Steur God hom eers wanneer 30 000 of 40 000 binne 'n kwessie van tien minute bid? Dit is nie baie waffers van die Liewe Vader nie.

Dit is interessant hoe daar nooit genoem word hoe die mnr. Jessie Bester se Facebook-groep aanvanklik geproklameer het hulle sal diegene wat skolegodsdiens teenstaan "stenig" nie. Toe daar van hulle in Rapport geskryf word, toe verdwyn dit skielik van die groep se beskrywing af.

En die ateïste in kamtig militant.
Geamuseerd 10/18/2009 3:53:43 PM
Hoekom moet duisende christene bid dat hulle god hulle moet hoor ??? Kan hy nie self sien wat aangaan nie? Wil julle nie maar rookseine ook uitstuur nie ? Terwyl julle bid, bid sommer dat die VF plus 'n bietjie meer stemme trek. He - he. Na die tyd gaan die verskillende dominansies en faksies binne die dominansies, en faksies binne daardie faksies stry oor wie se gebede nou eintlik verhoor is. Ons geniet die sirkus ! Hans, dit is so, julle het meer steun as wat julle dink. Alle sterkte.Oor tien jaar sal hierdie godsdiens iets van die verre verlede wees.
hans 10/18/2009 4:14:03 PM
Abdulhali lig eintlik maar vir ons die waarheid mooi uit." He,he,he.....Hansie is defnitief nie die skerpste potlood in die pakkie nie" Kyk ons nou verder na die kommentare hier van mense wie hom ondersteun, dan hoef ons nie regtig bekommerd te wees nie - slegs weereens `n lomp leë blikke wie baie probleme kan uitlig sonder om enige oplossing te gee. Plaas dat hulle hul eie dwalings erken vanaf hulle kindertyd toe hulle negatiewe Godsdienstige ervarings gehad het. Hulle bly God "oordeel" na gelang van mense se foute en swakhede en kom NOOIT tot die besef dat die mense se swakheid en onvolmaaktheid juis Jesus se lewens en sterwensdoel uitspel nie. Hulle een - dimensionele denkwyse laat hulle al roemende in hulle dwaasheid al hoe meer sotlike dinge kwytraak!! Kom ons begin eerder net vir hierdie mense bid want hoe meer prominensie ons aan hulle gee deur te veel met hulle te praat, hoe meer laat ons hulle glo dat hulle het `n punt om op te staan. Die Bybel se "Gee aan die duiwel GEEN plek nie" Hierdie tipe mense verdien geen plek nie, want hulle is parasiete wie skielik ons skole wil oorvat met hulle denkwyses terwyl hulle soos lafhartiges al die tyd saam met die gelowiges al die voordele geniet het wat `n gelowige samelewing meegebring het!! Ek wonder hoeveel mense weet hoe die dissipline in ons skole verswak het vandat die godsdiens afgewater is in die skole? Lees asseblief julle koerante. Oud - Polisie beamptes word nou al ingespan om die dissipline te "probeer" handhaaf!! Daar is feitlik GEEN dissipline meer nie!! Onderwysers is net so skuldig want hulle is glad nie `n veel hoër vlak as die kinders nie! Ons praat nie van skynheilige Godsdiens nie, want dit is wat die duiwel met sy "meester" plan reggekry het - om die skynheilige Godsdiens voor te hou as die ware een!! ......en al wat hy nodig het is kleingeestige eensellige eendimensionele denkers soos die ateïstiese lotjie hier om sy werk vir hom voort te sit. Gekukkig tog soos Abdulhali tereg sê, is Hans Pietersen NIE die skerpste potlood nie!! Die indruk wat hy op TV maak is maar baie flou en pateties!! Waarom stig julle goddeloses nie eerder julle eie Ateïstania (Orania) nie - dan vergaan julle met julle Godloosheid daar op `n hoop! Maar julle sal nooit, want julle MOET bly teer op die Christendom se welstand, julle is glad nie lewensvatbaar op julle eie nie!! En nou besit julle nog die vermetelheid om die Christene te kritiseer ook. Ja, julle die kinders van `n vader wie die vader van alle swak selfbeelde is!!
Johan v E Bellville 10/18/2009 5:05:25 PM
Sover ek weet, is godsdiens- of Bybelklasse of -lesse nie bekeringsaksies nie. Genoeg is reeds gese oor waardes soos eerlikheid en mensliewendheid vir kinders te leer. Ek stem saam daarmee. Ek daag enige gelowige en/of ongelowige uit om na die DVD's van Louie Giglio te kyk. Dit verskyn onder die titel The Heart Of Passion. Jy hoef net na die eerste 2 van 4 DVD's te kyk om te besluit of die kruis van Christus Jesus toevallig of 'n mite was.
Dawid 10/18/2009 5:22:50 PM
Die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners is gelowiges (verwysende na alle gelowe). Nou wil 'n handjievol selfvoldane heidene vir ons kom sê wat ons mag en nie mag by die skole nie. Julle is altyd baie uitgesproke as dit by die Christene kom, maar sal dit nie waag om die Moslems aan te vat nie. Wel, dinge gaan verander- die Christene gaan julle een vir een uithaal. Soos Dawid van Goliat gesê het: "Wie is hierdie heiden,hierdie Filistyn, nogal dat hy die linies van die lewende God verkleineer?" Dink mooi voordat julle ons aanvat, want die tyd het aangebreek om die onkruid uit te roei.
McBrolloks 10/18/2009 5:34:13 PM
Mense, gaan lees gerus Max Du Preez se artikel in BY. Genaamd:

Waarom is Afrikaners so gatvas en verbete?

Dis baie goed geskryf, en hy slaan die spyker op die kop.

Mx skryf: "Toe ek op skool was, het onderwysers my geleer dat Afrikaners die uitverkore volk is wat deur God na Donker Afrika gestuur is om die barbare te tem. Apartheid kom uit die Bybel, het hulle gesê, nes die meeste dominees van daardie dae. Die Rooms-Katolieke was nie Christene nie, die Jode het Liewe Jesus doodgemaak en die Moslems was die Antichris."

Waneer gaan die Afrikaner volkie se fundie mense hulle oe oopmaak en besef dat hulle godsdiens nog maar altyd gebruik was om hulle te beheer om min of meer enige iets te doen, wat die kerk en regering begeer?

Waneer het die kerk al ooit verduidelik hoe god toe gestaan het, en hoe hy vandag staan? Julle god was een van julle grootste "wapens" om almal in SA op te donder wat in julle pad gestaan het in die ou dae. Nou wil julle weer almal opdonder wat julle nie wil toelaat om ander mense se kinders op skool te indokterneer nie.

Die beginsel is baie eenvoudig. Maar baie van julle mense begryp dit glad nie. Julle mag nog steeds vir julle spoke bid en sing en in tonge praat, maar nie in ons klaskamers nie. Julle het mos julle kerke en julle huise. Hoekom kan julle nie verstaan dat daar miljoene mense in SA is wat verkies dat hierdie nonsens nie in hulle kinders se keule in afgedruk word nie, veral nie op skool nie, en veral nie deur 'n klomp fundamentalistiese onderwysers nie.
McBrolloks 10/18/2009 5:35:55 PM
Hier is die link vir Max se artikel.

http://www.beeld.com/Content/By/Nuus/1992/7569318bd57f47aaa4b3056dbd39bda4/17-10-2009-03-08/Waarom_is_Afrikaners_so_gatvas_en_verbete
McBrolloks 10/18/2009 5:36:54 PM
Google net hierdie sin om Max se artikel te lees:

Waarom is Afrikaners so gatvas en verbete?

Deur Maz Du Preez
Wicus 10/18/2009 6:03:41 PM
Ek werk elke dag saam met Anti-christe - Emosioneel onvolwasse, emosioneel onstabiel, swak selfbeeld - voeg maar by. Dit is al waaroor die aksies teen die Christene is: Die mense wat die aksies aanvoer het omtrent al op alle vlakke van die samelweing misluk, nou probeer hulle om verlore aansien te herwin deur die tipe van laeklas aksies wat maar net wys hoe ver hulle opvoeding agter die van die gemiddelde mens op straat is. Ek dink God lag lekker vir nog 'n "toring van babel" wat besig is om te gebeur. Dit is lagwekkend hoe al die gelowe altyd die Christendom aanval ..... seker maar omdat Christenskap die standaard in die wereld stel waarteen elke ander (on)geloof gemeet word. Almal wil graag tot op die vlak van Christendom kom, maar omdat hulle dit nie kan reg kry nie, probeer hulle die Christendom afbreek tot op hulle lae vlak.
Awee Claassens 10/18/2009 6:30:50 PM
Dis verstommend om te sien hoe ons verval Hans jy en jou maatjies gaan nog lekker braai as ons ons kinders reg groot maak en sal daar minder geweld en opstande wees en kinders sal ore kry, jy kan dit maar aflag as mense vir jou bid maar eendag sal jy moet rekenskap gee van jou sotheid
TB 10/18/2009 6:39:11 PM
Het julle spul mekaar nou genoeg sleggesê? Dis nou al twee weke in n ry. Ek dink al jul boekies is nou al so vol dat ou Petrus sy poorteboek sal moet verruil vir n multi-core laptop met ten minste 2 terragig hardeskyf.
Chris Nortje 10/18/2009 7:02:00 PM
SSA (of ten minste die ateistiese sy wat die oorgrootte meerderheid van SSA verteenwoordig) is nie in hierdie debat uitsluitlik om opvoedkundige redes nie maar ook in 'n mate oor die meeste lede van SSA se geloofsoortuigings (dat hulle nie in God glo nie). Dit beteken min of meer dat SSA 'n "geloof" verteenwoordig, dat hulle wetenskap gebruik om hulle "geloof" te staaf, en dat hulle dus net nog 'n "kerk" is wat baklei om hulle "geloof" te bevorder ten koste van ander gelowe. Die meerderheid van hulle glo dat God nie volgens hulle wetenskaplik bewys kan word nie en dus 'n vermorsing van tyd is in skole waar hoofsaaklik empiriese wetenskappe bestudeer moet word. Empiriese wetenskappe sluit natuurlik die kunste ook uit, maar volgens SSA is kunste toelaatbaar in skole aangesien mens die produk daarvan kan sien, alhoewel onkunstige kinders dalk ook soos uitgeworpenes in die klas mag voel as hulle byvoorbeeld nie kan teken of sing nie. Maar volgens SSA is die kunste orraait in die klaskamer want ten minste het dit niks met 'n God te doen nie. Die wetenskaplike benadering tot Godsdiens kan nie wees dat God nie bestaan nie. Indien wetenskaplikes betrokke wil raak in die debat rondom Godsdiens sal hulle hierdie geloofsoortuiging agter moet laat en aanvaar dat die hulle eenvoudig nie kan bewys dat God nie bestaan nie maar ook dat God moontlik kan bestaan omdat ons nie kan bewys dat hy nie bestaan nie. Die feit is: Ons weet eenvoudig nie, dus kan ons nie die bestaan van God ontken of erken nie, wat dit ‘n kwessie van geloof maak. As jy egter 'n ateis is, behoort jou "geloof" ook gerespekteer te word, want dit is per slot van rekening jou besluit om nie te "glo" dat daar iets is nie, wat rofweg beteken dat jy 'n kant van die muntstuk gekies het, net soos gelowiges die ander kant gekies het. Sover dit die idee van suiwer wetenskap betref, laat dit nie toe dat enige vrae of soeke na die waarheid stopgesit word nie, ongeag wat die wetenskaplike glo. Want sien, wat die waarheid is, hang nie af van die wetenskaplike se "geloof" nie. Daar is die skynbaar ewige vraag of God bestaan. Ahoewel elke hoofstuk in enige boek oor 'n God verkeerd bewys mag word met die verloop van tyd (insluitend stories in die Bybel), is dit nie 'n bewys dat daar nie 'n God is nie, maar bloot dat mense daarvan hou om stories uit te dink as hulle iets nie verstaan nie. Aangesien sekere wetenskaplikes (lees ateiste) skynbaar nie daarin belangstel om te bewys dat God bestaan nie, is die onus skynbaar op godsdienstiges om dit te bewys. Maar godsdienstiges bewys absoluut niks deur hul opposisie te vervloek en uit te maak as satan se werkers nie. Gelowiges sal moet leer om deur wetenskaplike debatvoering ‘n saak vir hulself te maak. Per slot van rekening is dit die mens se grootste vraag (of God bestaan of nie) en dus mag die akademie dit nie ignoreer voordat die vraag beantwoord is nie, al duur dit tot in ewigheid. Daarby vorm dit 'n groot deel van baie mense se kultuur en identiteit wat 'n studie op sy eie is. Om hierdie rede is godsdiens belangrik in skole en universiteite. As 'n onderwyser in die oggend 'n stukkie uit die Bybel lees en bid vir Jesus, kan ek verstaan dat kinders wat anders glo verontreg mag voel. As die onderwyser eenvoudig voel dat daar gebid MOET word in sy klas, is die oplossing eenvoudig. Die onderwyser en daarna elke kind kan 'n beurt kry om te bid waarvoor of vir wie hy ook al wil bid. As dit die ateis se beurt is, bid hy eenvoudig nie en die dag gaan aan sonder gebed. Elkeen kan toegelaat word om te verduidelik in wat hy glo en hoekom. Daar mag selfs geargumenteer word daaroor op 'n beskaafde manier. Dis by verre meer gesond as vir die ateiste om eenvoudig te se weg met Godsdiens in skole en basta met die res! Die akademiese vraag oor die bestaan van God bly dus toeganklik by skole, op 'n filosofiese vlak en 'n Godsdienstige vlak indien die individu dit verkies. Almal se gelowe word gerespekteer. Indien 'n argument oor Godsdiens ontaard in 'n vuisslanery of 'n heksejaag, is dit nie Godsdiens se skuld nie, maar die mens se skuld wat nie 'n gesonde argument kan onderhou nie (of in hierdie geval die onderwyser wat nie objektiwiteit in sy klaskamer bevorder nie). Indien kinders of studente voel dat daar teen hulle gediskrimineer word omdat hulle nie glo nie of 'n ander godsdiens beoefen, behoort die onderwysers en kinders aangevat te word wat teen ander diskrimineer, nie die onderwerp wat bestudeer is nie. Enige Godsdiens kan teoreties nie nadelig wees vir die mens nie. Meeste Godsdienste waarvan ek weet, leer mense hoofsaaklik om nederig en vredeliewend te wees. Meeste wette wat ons "common law" noem, het hul oorsprong in Godsdiens. Hedendaagse Godsdiens leraars behoort nie "ignorance" te bevorder om hulle geloof te preserveer nie. So sal hulle net hul eie grafte grawe. Christene behoort hieroor te besin en te besef dat hulle nie ateiste weg sal kan bid nie. Ateisme is ‘n geloofskeuse en behoort net soos ander gelowe gerespekteer te word.
Sproetjies 10/18/2009 8:01:38 PM
Julle wat so baie te se het oor Godsdiens. Moet nie God uitdaag nie! Ek dank die Vader dis alles tekens van die eindtyd. Jesus Kom weer!!
Cornelius 10/18/2009 8:02:48 PM
Dit gaan nie oor godsdiensonderrig in skole nie.

Die saak gaan oor godsdiensonderrig in STAATSKOLE!

In ons sekulêre en vrye land is daar baie privaat kultuur- en kerkskole. Dis belaglik as iemand aan Hindoes, Jode, Katolieke, Moslems, en ander Christene wat met hul eie geld skole bou, wil voorskryf oor godsdiensonderrig in hul eie skole.

Godsdiens in privaatskole is ‘n absolute reg en sleutel tot toelating.

Godsdiensonderrig in STAATSKOLE is die dwaling.

In Amerika is dit verban om logiese redes.

Hoe kan daar toegelaat word dat die NG Kerk met hul Calvinistiese Protestantse ideologie hul soort leiers kweek op anders denkende belastingbetalers se rug - in STAATSKOLE!?

Dominus Iesus
Dirk Schellingerhout 10/18/2009 8:03:42 PM
Jesus leef....elke knie SAL eendag voor Hom buig en Hom, Jesus erken as God en skepper,
en as jy Hom aangeneem het as jou Verlosser, dan aleen as jou verlosser anders sal Hy jou veroordeel.. as jy Hom nie erken as jou
Verlosser nie het nou nog die kans en
geleendheid om Hom deel van jou lewe te maak.
Joh.3:16
Vlam 10/18/2009 9:03:36 PM
Ek en my huis ons sal die Here dien. Ek hou nie daarvan om mense bang te maak met eendag nie......maar dit gaan kom. Moenie dat dit te laat gaan wees nie. Moenie laat jou kinders eendag by jou graf staan en wonder oor jou nie... Sterkte. Mooi so Jessie. Ek dink jy is iemand na God se hart.
Louwrence 10/18/2009 9:58:39 PM
Kan ons so bietjie die emosies van beide kante opsy skuif en so bietjie objektief na godsdiens se funksie kyk? Godsdiens het deur die mensdom se geskiedenis ordelike gemeenskappe moontlik gemaak. Dit het ook mense aangespoor tot prestasies groter as hulself deur in iets groter as hulself te glo. Die wetenskap het bevestig dat die mens se brein die vermoe-e ontwikkel het anders verval dit in 'n staat van wanhoop en selfvernietiging. Dit is die prys wat die menslike brein betaal vir die vermoe-e om te kan beplan, verstaan, insig te toon, dinge te beredeneer, ens. Die AVB se veldtog om godsdiens uit die skole te wil laat verban is teen die menslike evolusie en natuur.

Aan die respondente wat al te graag altyd die onreg van godsdiens ophaal, het enige van hulle al die ergste onmenslike dinge wat in ate-istiese gemeenskappe gepleeg word in kommunistiese state beskou? 'n Mens is inherend selfsugtig om te kan oorleef, of jy nou godsdienstig is of nie. Godsdiens gee die riglyne om die selfsug in toom te hou en 'n gemeenskap te laat funksioneer.
Saamprater 10/18/2009 10:09:11 PM
Amerika het hulle UCLA, en kyk wat het dit hulle in die sak gebring. Hierdie mense moet teen enige prys gestop word.
McBrolloks 10/18/2009 10:10:53 PM
"It is the unknown we fear when we look upon death and darkness, nothing more."
~J.K. Rowling
hans 10/18/2009 10:33:50 PM
Chris, ek haal jou wworde aan:"Ateisme is ‘n geloofskeuse en behoort net soos ander gelowe gerespekteer te word" Jou lang relaas maak baie sin, maar is dit nie snaaks dat juis die Christendom deur ALMAL aangeval word nie? Die Christendom ignoreer baie maklik ander gelowe omrede ons weet dat ons bestaan selfstandig is en dat ander gelowe, selfs ateisme ons glad nie bedreig nie! Maar die ander kan ons sienings nooit respekteer nie, want hulle weet dit is die WARE siening en dit kla hulle aan, want instinktief weet elke mense dat hy `n skepsel van die ware God is en hunker na hom. Hierdie gewetenswroeging dryf hierdie verlore mens dan daartoe om sy venyn en vyandelikheid op die ware Christen uit te haal. Stop die naiwiteit asseblief, die Woord verklaar duidelik dat hulle die duiwel as vader het!! Ge - Brockseltjie - Max du Preez het weer vir Koning Mosjeshe as vader.  Dankie dat jy vir ons wys wie jou rolmodelle is!! (Verkort - inhoudsred.)
GeorgeSA 10/18/2009 11:56:48 PM
Dalk moet ssa die grondwet gaan lees. Dit lyk my ssa probeer baie hard hulle ongeloofstandpunt in ons kele afdruk. Hoekom beoefen hulle maar net hul ongeloof by hulleself nie nie en los die res van ons uit nie. Wonder maar net.
Pietpicasso 10/19/2009 1:23:51 AM
Dawie W is reg. Die kruisvaarders wat hulself 'Christene' genoem het, was die Katolieke Kerk. Die ou Romeinse Ryk het die Rooms Katolieke kerk geword. Net die bloedvergieting het nie verminder nie. Die inkwisisies was ook deur die Katolieke Kerk uitgevoer. Netso was die Nazis geskep deur die Katolieke Kerk in n poging om die Jodedom te vernietig, en so was Kommunisme ook n skepping van die Rooms Katolieke kerk in n poging om die Oosterse Christelike kerk te vernietig. <br/>In al die gevalle was dit die Jesuite priesters wat daarvoor verantwoordelik was. En die persoon wat van toe af tot nou in beheer was, is die Katolieke Kerk se "Black Pope". Op die oomblik is dit n Suid Amerikaanse pous, van ongeveer 76 jaar oud, wat die pos beklee. Kyk maar op Google. Om die rede is die aanvalle teen Israel so verbete, as een van die laaste ware gelowe in die Enigste God. Die Katolieke Kerk wil graag die enigste kerk op aarde wees. Om die rede het Herodus al die seuntjies wat in die tyd van Jesus gebore was doodgemaak. Hulle het toe al geweet hul heerskappy op aarde is verby, maar na 2000 jaar probeer hul dit steeds behou. Daar was Katolieke Priesters wat in die Vatikaan was vir 50 jaar, en die kerk verlaat het na hul die geheime van die Katolieke Kerk leer ken het. Maar julle is reg, waarom die pad van lig vir diegene aandui wat graag in die duisternis wil lewe. As iemand na 2000 jaar nog nie vir Jesus glo nie, en ook nie die profete nie, sal hulle ons ook nie glo nie.<br/> Ek dink dit is tyd dat die kinders van die enigste ware God, Jesus Christus, meer tyd aan hulself bestee, en die evangelie onder die knie kry. Los die res dat hulle in die hande van die Lewende God val. Ons gaan nie enige boodskap by hulle uitkry nie. God sal aan hulle duidelik maak hoe broos hulle lewens eintlik was. Los die laaste woorde en dade oor vir God. Onttrek en vee die stof van julle voete af. Die tyd van God is hier. Laat Hom verder praat.
Jaco. 10/19/2009 1:37:29 AM
Hallo julle, In my opinie kan dit 'n goeie ding wees om godsdiens uit STAATSKOLE te kry. Ek hou niks van die idee dat kinders bloot gestel word aan ander gelowe in staatskole nie. Ouers moet verantwoordelikheid vat om hul kinders op te voed en ook hull geloof oor te dra. Ek is self 'n Christen, en weet dat daar baie dwaal leer deur ander "christene" oorgedra word (bv. onkenning van die vleeslikke opstanding, maagdelikke geboorte, die wegraping, gapings teorie, verdraaide bybels(NAB, NIV.. ens.)Lees net jou bybel dan sal jy sien dat die leer nonsens is. Dan moet die Makro evolusie teorie, ook maar uit skole bly, of verduidelik word as 'n teorie want dit is al wat dit is. Dit is nog nie bewys nie. Soos my Professor gemaak het," dit is die teorie en dit is die probleme en tekortkominge daarvan...". Groete
Hans Pietersen 10/19/2009 6:05:47 AM
Dankie vir die ondersteuning en begrip. Moenie vergeet om by hulle.co.za 'n draai te maak nie.
Trix 10/19/2009 6:22:51 AM
Elke knie sal buig en elke mens sa erken dat Jesus Christus die Verlosser is. Laat ons maar nie ons vuiste van rebellie vir die lewende God swaai nie. Hy is ook 'n God van oordeel.
Alfred Neuman 10/19/2009 7:06:13 AM
Ek verstaan nie die redenasie vermoë van die gelowige fundies nie. Hulle kan nie redeneer nie, so as jy nie met hulle saamstem nie, gaan hulle jou pakslae gee en dreig met die hel in die een asem, en vir jou bid in die ander asem. Het hulle nog nie geleer dat geweld niks reg maak nie, en ons weet daar is nie ‘n hel (of hemel) nie. Kyk wat het hulle brereik met die kruistogte toe hulle die ongelowiges, in hulle oë, vermoor het; absoluut niks. En met al die gebiddery het hulle nog minder bereik. Die mensdom word al ongelowiger . Bid ‘n bietjie harder; miskien slaap julle gode. Maar bid sal nie help nie, so gebruik maar julle wapen van verdoem en vloek en skree; dit pas julle goed.
Geamuseerd 10/19/2009 7:24:09 AM
Ons hoor nou al vir oor die twee duisend jaar dat Jesus se koms vreeslik naby is. Elke liewe jaar is daar die wat kruistogte deur die land voer om almal te waarsku dat dit nou 'n sekond voor twaalf is.Angus en Gretha het ook 'n paar maande gelede aangekondig dat die minute nou afgetel kan word. En kyk waar trek ons nou al weer. Dit staan in julle eie bybel dat die koningkryk nie met sigbare tekens sal kom nie, maar in die mens is. Julle weet net nie watter bespotting julle van julself maak nie. Ek begeer vuriglik dat julle Jesus julle nou kom haal sodat die res van die mensdom in vrede kan voortleef.
Daniel W 10/19/2009 7:56:10 AM
Die single seven op die draaitafel krap en haak vas op "Hy is liefde, Hy kom weer." Kant B - Jy Gaan In Die Hel Brand - is al vir eeue die enigste liedjie in al 40 posisies op die Treffersparade. Luisteraars wag dat die Trio weer konsert sal hou. Die omroepers vertel elke dag van die grootste, beste Superbowl-optrede nog, elke keer met 'n nuwe datum, maar die Trio self is stil. Daar word selfs vertel dat die Pratende Donkie die voorvertoning gaan hou. Behalwe vir 'n paar platevervaardigers wat beweer hulle het al die Trio gesien, is daar geen spoor van die Trio nie. Tog stuur vasbeslote luisteraars uit Pretoria en Belville twee, drie keer per dag 'n versoekie agter op 'n toegeplakte koevert aan die Trio. Meeste reken dat die Trio Idol-beoordeelaars is en oefen solank aan hul performances wat hulle voor die Drietal gaan opvoer om beoordeel te word. Van die luisteraars het intussen oorgeskakel na Radio Realiteit wat in stereo uitsaai. Radio Realiteit word bedryf deur die SA-IK. Die stasiebestuurder van sê ten spyte van hul permit van die Suid-Afrikaanse Regering om op FM uit te saai, ontvang hulle daagliks al hoe meer dreigemente van Radio Trio-luisteraars. Die radiohoof van die Realiteit sê mense is moeg geluister na die soveelste heruitsending van Die Vrou In Die Amp, Die Swaartgevaar, Die Pienkgevaar, Die Kommunistiese Gevaar, Die Katolieke Gevaar, Die Moslemgevaar, Die Ateïstiese Gevaar, Die Jehova-Getuienis Gevaar en So Maak Mens 'n Blog Oor Evolusie. Hy sê luisteraar is moeg vir Radio Trio se hoorspel Die Einde Is Naby wat al vir 2,000 jaar lank uitgesaai word. Soos die akteurs en skrywers doodgaan, word hulle met nuwes vervang-- maar dit lyk of die einde van die gewilde hoorspel vir millennia nog uitgesaai gaan word.
Chris Nortje 10/19/2009 8:25:43 AM
Hans, ek haal jou nou aan: "Jou lang relaas maak baie sin, maar is dit nie snaaks dat juis die Christendom deur ALMAL aangeval word nie?" My antwoord: lyk my of julle maar almal mekaar aanval. Ek dink Christene moet besef dat mens nie iemand kan MAAK glo nie, en ateiste moet besef dat mens nie Godsdiens stelselmatig uit die samelewing kan verwyder nie, dat dit inbraak maak op mense se regte om in die gebrek van empiriese bewyse te glo wat hulle wil. Ook, Christene sal moet besef dat indien hulle nie daartoe in staat is om in vrede saam met mense van ander gelowe te leef nie en regs en links mense wat anders glo te demoniseer, sal hulle die hofsaak verloor. Punt. Klaar. Ons grondwet laat nie toe dat ander se gelowe onderdruk word nie. Net omdat jy 'n Christen is beteken dit nie jy het die reg om mense wat anders glo af te kraak nie. Jesus het met mense in debat getree, nie mense vervloek nie.
Heinrich Kruger 10/19/2009 8:36:49 AM
God is Liefde. Jy moet die Here jou God liefhe bo alles en jou naaste soos jouself. Liefde is die grootste gebod. Kom ons leef dit uit.
Niël Pienaar 10/19/2009 8:44:59 AM
Verstaan asb waarom Jessie e.a. bekommerd is. Dit wat vir hulle kosbaar is en belangrik is, word bedreig, Dink net aan die reaksie as die regering bv rugby in skole sou verbied oor een of ander rede. Die kinders is bang hulle sal nie meer in skole kan bid en CSV kan hou nie. Tweedens: dit verstom my dat mense kan praat en skryf oor dinge wat hulle gee ondervinding van het nie - ek praat oor die persoonlike verhouding met Jesus Christus. Dit gaan nie oor godsdiens nie. Ek het nog nooit kaviaar geëet nie. Watter reg gee dit my om oor kaviaar te skryf en te praat en selfs te sê daar is nie iets soos kaviaar nie, want ek ken dit nie!
hans 10/19/2009 9:44:20 AM
Ek haal graag McBrollocks se "Quote" aan:"It is the unknown we fear when we look upon death and darkness, nothing more." Verstaan jy dan nie waarom ware Christene die lig sien in Iemand wie die dood oorwin het nie!! Iewerste is daar `n ernstige kinkel in die kabel oor hoe julle dinge interpreteer en die kloutjie by die oor probeer bring! Pietpicasso - die Woord verklaar dat daar `n gordyn voor hulle oe sal hang en dat Hy hulle die krag van die dwaling sal stuur om die leun te glo!! In alle hierdie bose dinge deur die verleiers en die Rooms Katolieke gedoen en ook die verskillende dwalings onder baie Protestantse groeperinge, sien hulle alles ons lewende God in as die skuldige. Die satan kom verdraai die waarheid en dig dit aan God toe en hierdie verdwaaldes bepaal hulle eie verdoemende weg en gee God die skuld!! God bied redding en vir elkeen wie Hom aanneem. Aanvaar jy dit nie, is dit `n feit dat jy verlore is en in die hel gaan beland! Dit is nie die Christene wie jou daartoe veroordeel nie - jy veroordeel jouself daartoe!! Ons waarsku jou daarteen, so asseblief luister net!!

Godsdiens hoort in skole, want die meeste ouers is vandag sodanig gebreinspoel dat hulle nie self die onderig daarin gee nie!!
Dawid 10/19/2009 10:18:10 AM
Wie de dinges dink hierdie Pietersen is hy dat hy onderwysers persoonlik kan gaan konfronteer? Staan nogal soos 'n wafferse uitsmyter voor die hek! Waag dit om een van ons onderwysers te konfronteer en jy sal nie genoeg fondse hê om vir jou rekonstruktiewe chirurgie te betaal nie.
Kobus de Lange 10/19/2009 11:08:54 AM
Julle naiewe mense wat die krag van gebed aflag, kyk weer. Hier is 10 duisende mense wat saam bid en hul vertroue in God plaas. Hulle almal glo in ons Almagtige Vader, en die wat glo sal gered word.

Al hierdie dinge wat gebeur is tekens dat Jesus se koms naby is, en ek gaan saam Hom.
Mag julle wat my God se woord teenstaan in tyd gered word. Amen.
Louis Bothma 10/19/2009 11:29:34 AM
Die Roomse kerk en Christdendom is gebaseer op die Persies- Romeinse songod Mithra (Nimrod). Hy is voorgehou as die Seun van God wie gesterf het sodat die mensdom die ewige lewe kon kry. By sy geboorte is hy besoek deur wyse manne en met goud, wierook en mirre oorlaai. ens. Hy is gekruisig en opgewek uit die dood. Sy volgelinge het brood en wyn geneem wat sy vlees en bloed voorstel. Plato het gesê 'Christianity is a Pagan sun religion, the worship of which is condemned by Christianity. It is also an astrology religion, the 'evil'of which is condemned by Christianity, not at least by the pope'. Pous Leo X het na bewering gesê 'The myth of Christ has served us well'. Moenie te diep in die dinge van die Here krap nie broers en susters,(julle mag dalk net op die waarheid afkom ).
nick 10/19/2009 11:38:17 AM
Naas is reg. God verander die Hans-worse soos Pietersen in effektiewe evangeliste in 'n oogwink: vanaf 'n ongelowige Thomas soos Saulus in 'n Paulus. Halleluja !!
Marduk 10/19/2009 2:09:28 PM
Hans Pietersen: ek haal my hoed af vir jou waagmoed! Welgedaan! Onthou altyd dat dit (ongelukkig) altyd die pioniers is wat met die pyle in die rug sit. Dit was altyd van die vroegste tye af so en soos Robert McNamara in sy dokumentêr “Fog Of War” terreg ook opmerk: “human nature never changes.” Miskien sal ‘human nature’ eendag verander maar beslis nie vandag nie (of môre)!
Een vir die agies wat nog steeds hier rondhang om te sien wat ander skryf wat nie strook met dit waarmee hulle dekades lank gekondisioneer is nie: het julle nie werke nie? Sit julle nou maar net by die huis rond en wag vir die volgende repliek? Of nog erger, doen dit op kantoor terwyl julle moet werk? Daar’s ‘n word in die engelse taal vir mense soos julle!
Hier’s ‘n bietjie huiswerk vir julle: gaan doen ‘n leeswerk oor die oorsprong van wat julle die ‘duiwel’ noem. Kom, maak daardie grysstof ‘n bietjie los wat so duursaam aan julle geskenk is na honderde miljoene jare se pynlike evolusie...laat dit ‘n bietjie werk vir ‘n slag!!!



Willie 10/19/2009 2:24:06 PM
Hans, jy en jou trawante speel met vuur! Die tyd is naby, die tekens is daar. Mag die Liewe Vader julle die skille van julle oe verwyder, ek sal vir julle 'n gebed doen want so weet julle ook nie wat julle doen nie! Daar is net een God, ek se dankie dat ek 'n verbondskind is en kan nie wag om my Verlosser te ontmoet nie. Mede gelowiges in Christus staan saam, kom ons bid en wy ons tyd aan die dinge van Christus, moenie aan die duiwel en sy gesante se debatte deelneem nie, sodoende wil hy juis ons probeer ontwrig en ons energie mors, laat die Regter hierdie saak besleg, Hy is almagtig! Alle lof en eer aan Jesus Christus!!!!
Thandile 10/19/2009 2:48:05 PM
Dit is eintlik treurig dat met al die navorsing,feite en tegnologie tot ons beskikking, daar nog steeds mense is wat beweer dat God nie bestaan nie. Hoe laag moet jou IK dan wees om nie die voor die hand liggende feite te kan verstaan nie ?. Maak nie saak in wie jy glo - of nie glo nie - alles is skeppings van God.
Marduk 10/19/2009 3:49:30 PM
Louis Bothma: ek kan sien jy het ten minste jou huiswerk gedoen. Darem een ou wat 'n studie gemaak het oor die mitologiese oorsprong van die christelike 'elemente'. As ALMAL dit tog nou net wil gaan doen, dan kan hierdie 'debat' (kom ons noem dit maar dit) vinnig tot 'n einde kom. Maar nie almal is daartoe instaat nie. Om met die lepel gevoer te word (selfs as jy 'n grootmens is) is soveel makliker...
En om dit reg te kry is natuurlik makliker gesê as gedaan! Selfs die Christus in sy gelykenis van die Nou Poort het dit beklemtoon! En wie het nou al ooit ‘n diepsinnige ontleding van hierdie gelykenis gaan maak? Die gelykenis sê duidelik dat jy moet ‘hard stry’ (m.a.w. dis nie iets wat jy pasella kry nie; dis nie iets wat iemand jou GEE nie; jy moet daarvoor WERK!!) om die Ingang te vind want BAIE sal dit soek en nie vind nie! En dis nie ek wat so sê nie! Net ‘n handjievol loop hom want die pad is moeilik en swaar! En wat is heirdie ‘ingang’? Hier moet ek my beroep op die digter self:
‘God is not an ‘outside’ God but is to be sought in the very innermost recesses of our own nature-in the silent chamber, the temple, within us-and nowhere else’. Hierdie som die hoofdoel van ENIGE godsdiens perfek op. Selfs die christelike bybel bevestig HIERDIE leerstelling. Maar ongelukkig verstaan 99.99999999% van die mensdom dit nie (en dit is ook heel duidelik!).
Norman du Plooy 10/19/2009 3:56:57 PM
Ek wil myself nie uitlaat oor godsdiens onderrig in skole nie. Daar is geldige argumente daarvoor en daarteen. Persoonlik glo ek dit iets wat by die huis gedoen behoort te word. Die volgende Belofte wil ek egter deurgee aan diegene wat God en Sy Woord beledig en minag:
Jesaja 45:23 Ek sweer by Myself; geregtigheid gaan uit my mond, ‘n woord wat nie herroep word nie: dat voor My elke knie sal neerbuig, by My elke tong sal sweer.
Mario 10/19/2009 4:53:39 PM
@ Neil Pienaar
Jou inset is dom en vergelykings nog meer van die onderwerp af. Ek skat die meeste mense hier was op skool, en die meeste deur die kerk proses op skool, ongeag of hul argumente na die een of na die ander kant gaan. Jou fool almal hier het kaviaar al geproe.
Mario 10/19/2009 5:21:46 PM
@ Chris Nortje
Hi Chris ek moes nou so bietjie smile. Ek is tans besig met n nagraadse studie, en een van my vakke is research methodology. Jong het ek gespook om al daai goed te verstaan die jaar. Empirical research, explicit and tacit knowledge ensovoorts. Ooei en die research paper wat ek moes ingegee, maar dink dit sal goed gaan in die komende eksamen. Anyway, geniet die debat het seker meer vir my self gesmile oor ek so geworstel het.
Matt Heyns 10/19/2009 6:25:22 PM
Willie: Wat is jou God se naam? Is jy ook nog besprinkel of is jy werklik gedoop? Wat is jou Verlosser se naam? Waarom Christus en nie sy regte egte naam Yahshua nie? Jesus is die naam van Bacchus die son afgod. You should return to the True Worship by turning back to the Most High. The Gift of discerning of spirits must be prayed for in order to discern between the Spirit of Truth and the spirit of error. See John 4:6. Jou benadering is al vir eeue n lieg. Calvyn en Maarten L. was egte skurke maar die Protestante vereer hierdie misdadigers. Verbeel jou!
Annie Taylor 10/19/2009 8:39:56 PM
Wow, geen wonder SA is in so 'n gemors nie! Dankie Vader, dat daar nog kinders van U daar is en ons bid vir SA. Ek het al gesien hoe vinnig die grootste ateiste vir God roep as die moeilikheid kom! Mense, moenie met God speel nie. Julle is nie "groot" genoeg nie! Dankie Vader, dat U hulle nie verdelg nie, maar kans gee om hulle sake reg te maak.
Manie 10/19/2009 8:46:34 PM
Waarom moet daar altyd 'n aanval wees op die Christenskap en die beoefening van hul geloof? Mnr Hans, waarom moet jy 'n inbraak op onskuldige kinders en die toepasing van hul geloof doen. Ons verwag van die skool waar ons ten duurste betaal vir die opleiding van ons kinders om Godsdiens beoefening en dissipline teweeg te bring. Dit alles te sesame bring die nodige respek tot ander kulture en gemeenskappe van fondamente wat deur die Skole en Ouers geplaas word. Maar weereens hoe kan die grondlegging toegepas word as daar mense is wat gedurig die andere en hul Christelike beginsels tot aanval bring. Mnr Hans dit staan u vry om u en u volgelinge in Onchristelike gemeenskappe op te voed waar u en dieselfde denkings mense kan gaan huisves op jul eie beginsels en bydraes. Ons betaal 'n bydrae tot die Staat om ons kinders tot 'n ordentlike en Christelike opvoeding te laat opgroei. Dit verg meer as jou debat voering en aanvalle om die Christen gemeenskap tot 'n val te bring of om ons enigsins in ons aksies te laat wankel. Ons sal vir jou en jou dade ook bid en mag die Hemelse Vader jou vergewe vir alles wat jy kwytraak en ook die doen en late om onskuldige kinders van hul regmatige Christenskap te ontneem in die opleidings medium waar hul dit die meeste verwag. Dit is nie net by die Ouer huis wat dit verwag word om toegepas te word nie, maar ook in die skole en gemeenskap. As dit nie jul beginsel is nie dan moet jul dit nie bywoon en met jul aksies saamleef op jul manier. Laat die Christen gemeenskap met rus om hulself en hul Liefde vir GOD uit te leef. Ons sal vir jul bid, maar geen Ateis sal my ooit of my gesin laat wankel in ons Christelike geloof en die beoefening daarvan nie.Ons vergewe jou en jou volgelinge waarmee jul besig is, maar elkeen pluk eendag die vrugte van sy aksies en jou aksies sal geensins vir ons aanvaarbaar wees of ons ooit weerhou om ons geloof ten volle uit te leef nie. Aan alle Christene, staan sterk in jul geloof en bou voort met biddings aksies teen die (Storwende Santans Aksie) SSA.
Daniel W 10/19/2009 8:59:41 PM
Naas en Nick, julle besef dat as God nie Hans kan bekeer nie, het julle in die openbaar God se naam deur die modder gesleep.

Dit daar gelaat. Kom ons kyk hoe voel Christene oor goed soos gebed en vertroue in God en dan vra ons hoekom belastinggeld vir die bevordering van die geloof aangewend moet word.

God se kinders glo hy beskerm hulle, maar het ADT in Centurion se telefoonnomer op speed dial. Hulle bid dat God die kos moet seën voor hulle eet, maar vra nie dat God byvoorbeeld water, 'n vitamieninspuiting, suurstof, brandewyn of 'n nikotien moet seën voor hulle dit in- of opneem nie? 'n Christen sal op Loftus voor die skare bid voor hy die bal skop, maar nie voor hy op die strand touch rugby speel nie. Kinders moet die skooldag met gebed en Bybelversies open, maar Pa kan die dag open met 'n vuil grap in die teekamer by die werk en afsluit by die kroeg. Ma bid vir die meisie met leukemie op die e-pos, maar vertrou dokter bo God met 'n papsmeer.

Nee wat, as julle wil siele werf, stel 'n beter voorbeeld.
Chris Nortje 10/19/2009 11:50:05 PM
Voorspoed met jou studies, Mario. In my lyn het ons dit begin doen in tweede jaar. My kopseer was weer eerder al die statistiese formules in psychological research. Tog kon ek een ding daardeur uit figure: dat ons hier op aarde die bestaan van 'n God wetenskaplik kan bewys (of bewys dat hy nie bestaan nie) net so goed soos wat ons kop of stert kan voorspel in 'n coin flipping contest. Dus gaan dit my verstand te bowe hoekom SSA en AVB juis godsdiens wil meet as 'n empiriese wetenskap terwyl dit duidelik nie 'n empiriese wetenskap is nie! Sal ons dan nou maar estetiese studies ook afskryf saam met Godsdiens? Want wat is "mooi" nou eintlik? Kan almal dit sien in iets? Is daar regtig iets wat "mooi" is? Eish! Die wetenskaplike hy's ook maar dom partykeer!
In die kol. 10/20/2009 1:51:37 AM
Dit is verstommend hoe die Woord van God altyd tot vervulling kom. 2Pe 3:3 Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel 2Pe 3:4 en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af. 2Pe 3:5 Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God, 2Pe 3:6 waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het. 2Pe 3:7 Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense. Christene, staan sterk in jul geloof. Die aanslag is teen Jesus Christus want: 1Jo 5:11 En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. 1Jo 5:12 Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. En natuurlik word die bybel ook aangeval en baie nuwe weergawes is verdraai. Want die Woord is die swaard.
Louis Bothma 10/20/2009 7:24:14 AM
Marduk & Matt. Prys die Allerhoogste Skepper van alle skeppers. My Skepper is hier binne my, en dit is basies my geloof. Meer het ek nie nodig nie. Absoluut geen behoefte om dit wat ek glo aan enigeen op te dwing nie. Wonderlik en vry...
hans 10/20/2009 7:40:43 AM
Marduk, ek haal aan:"Een vir die agies wat nog steeds hier rondhang om te sien wat ander skryf wat nie strook met dit waarmee hulle dekades lank gekondisioneer is nie: het julle nie werke nie? Sit julle nou maar net by die huis rond en wag vir die volgende repliek? Of nog erger, doen dit op kantoor terwyl julle moet werk? Daar’s ‘n word in die engelse taal vir mense soos julle!" Jy is mos self een van die agies - daarom erken jy dit so mooi aan ander!! Die Woord se: "Salig is hy wie ek met My werk besig kry wanneer ek weer kom" So, vriend die kantoorwerk is van minder belang!!Die duiwel se oorsprong is Lucifer wat `n rebelse engel was wat met `n derde van die engele uit die hemel gewerp is! Wat meer wil jy nou gaan oplees? Ons sit darem werklik hier met `n kinderlike lotjie en die meesters van projeksie!! Wat nou subjektief in ou Marduk se kop aangaan (die feit dat hy tyd by die werk steel om hier te skryf), wil hy nou sommer op ander projekteer!! Voorwaar beslis `n amateur, weet nie daar is mense wie sommer dadelik direk deur hom kan sien nie – en ook soos Louis wie nou kamtig navorsing oor mitologieë gaan doen het!! Die Internet is `n paradys van onbewyste snert en `n heerlike teelaarde vir leunverspreiding!! Nimrod die sonkoning, die vader van Babilon, die eerste een wie kinders aan Molog geoffer het, word nou skielik die een vir wie Jesus na – aap! Nou was Nimrod skielik gekruisig terwyl ons weet dat hy deur sy oom Noag met die swaard opgekap is. Mense ons kan maar net lag vir hierdie narre en wanneer ons klaar is moet ons baie HARD begin bid!! Louis, waste tipe “Charger” gebruik jy deesdae vir jou kristalle? Daar is regtig BAIE groot fout!! Kom ons probeer weer! Daar is twee Christusse en twee Bestemmings!! Die een ry volgens die Bybel op `n wit perd met die Woord as twee snydende swaard in sy hand. Die ander een ry ook op `n wit perd, maar hy het `n boog in sy hand, maar geen pyle – teken van misleiding!! Daar is die ware Christus en daar is die valse Christus – Die Antichris!! Dit is hy wat deur middel van die satan die mense kom wysmaak dat die dade van sy volgelinge wie hulleself ook manifesteer in die rol van valse Christene dade pleeg soos die kruistogte, baie bose dade deur die Rooms Katolieke en ook baie Protestante kerke gepleeg! Ook die babetjies in opdrag van Herodus gedood in `n poging om die Christus - kind by te kom, was die duiwel se werk, en nou kry ons die vreeslike “intelligente” mense wat dit nou aan die Christendom wil toedig!! Waarom kyk julle “wetenskaplik” gefundeerde mense nie na dinge uit die verlede soos die Barthlomeas - nag toe duisende ware Christene vermoor is nie? Kyk na Nero wie Christene as menslike fakkels gebruik het! Christene is deur wilde diere verskeur om as vermaak te dien vir die skares!! Deur die eeue heen is miljoene Christene vermoor in die Oosterse en kommunistiese lande!! Maar al wat julle raaksien is kruistogte en mense soos Konstantyn wie kamtig onder die vaandel van Christendom oorlog gaan maak het. Julle praat self van die grootste Vyande van die Christendom en beskou hulle as “Christene” Ek wonder watter wetenskap kan julle onkunde en misinterpretasie van die waarheid beskryf? Julle wie so graag alles met die wetenskap wil verklaar? Wie kan jou nou steur aan hierdie arme mense?? Beledig mag jy nie want Christus het dit "nooit" gedoen nie! Wonder wie het gesê "addergeslag"?? Wonder wie het die duiwe - handelaars uit die tempel gejaag?? Marduk - jy het amper die begrip van “WERK” om die poort in te gaan!! Daar is werk voor die tyd wat baie meer daaroor gaan om God te soek en daar is werk na die tyd wat gaan oor goeie dade uit dankbaarheid oor die genade wat aan jou bewys is!! Alles gaan aan die einde van die dag oor jou verhouding met God (drie – enig) en oor Hom alleen!! Jammer maar dit Pasella, jy kan dit geensens verdien nie!! Al verdienste is jou ywer om te bly soek na Hom tot jy Hom vind !! ….En as jy Hom gevind het, gaan jou oë oop en sal jy nooit Godsdiens uit skole wil hou nie – miskien eerder net seker maak daar word `n meer suiwer Godsdiens daar aangebied!! Thandile – goeie vraag: “Hoe laag moet jou IK dan wees om nie die voor die hand liggende feite te kan verstaan nie ?. “ Ek vra dieselfde!!. Niël Pienaar se vraag:” dit verstom my dat mense kan praat en skryf oor dinge wat hulle gee ondervinding van het nie - ek praat oor die persoonlike verhouding met Jesus Christus? Som eintlik maar alles op! Hoe kan ons God bewys? Almal soek `n teken, maar verstaan glad nie die definisie van “Gelloof” nie - `n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop!! Dit gaan dan juis om te bly glo in iets wat ons nie nou sien nie, maar dit beteken nie dat ons gedurig bevestiging kry van ons geloof nie!! Dinge wat `n goddelose mos nooit sal of KAN verstaan nie!! Chris Nortje` Die Bybel sê ons moet moenie lou wees nie – koud of WARM!!
Matt – besprinkeling is die doop tot bekering! Onderdompeling word nêrens in die Bybel bewys nie! Besprinkeling is volop bewys van in die Woord! In Europa hang `n skildery waar Jesus kniediep in die Jordaan se water sit en Johannes wie water oor sy kop sprinkel! Groot doop was vir die Judaiste (en later ook ander) wies tot die Christelike geloof bekeer is. Punt!!

Of dit nou nog 2000 jaar gaan neem voordat HY kom, kom gaan Hy kom!!.....en die ergste is dat hulle nie besef dat Hy Sy koms uitstel ter wille van Hulle nie! Hoe dwaas kan ons tog nog word?? Vader vergewe hulle, hulle weet nie wat hulle doen nie!! Ons kinder MOET die waarheid leer en die WARE evangelie hoort in ons skole!!
Willie 10/20/2009 8:52:53 AM
@Matt Heyns

Gaan lees Genesis 1, Dis my God, God is God en Hy is, Al gehoor van die drie eenheid " God die Vader, die Seun en die Heilige Gees"?
Jy kan God nie in 'n kassie plaas en "toebox" nie, God is ver verhewe bo menslike verstand en ideologiee. God is die skepper van die Hemel en Aarde. Dis nou maar eenmaal van die mensdom, wil vir alles logiese verklarings he, definisies en wette sodat die menslike verstand alles begryp en verstaan. Die Jesus Christus waarvan ek praat is nie 'n mens nie, Hy is deel van die Drie Eenheid en Hy het vir my en jou sondes gesterf Matt. Daar sal in die laaste dae baie intellektuele debatte en argumente gevoer word, ek lees my Bybel, die boek van die lewe. Groot fout wat baie mense maak is dat met die wegraping, nie baie, selfs gelowiges dit nie sal meemaak nie, maar tog dan 'n tweede kans sal kry om tot ander insigte te kom en dit gaan baie moeilik wees! Die Here kom haal Sy bruid tydens die wegraping en nie die kerk nie, die Here se in Sy woord "was jy maar warm of koud, maar noudat jy lou is spoeg Ek jou uit" Nee wat ek loop oop vir my Here! Jy het seker 'n motor of twee, ek glo dit is in jou naam geregistreer om te bewys dis jou eiendom, wel ek is "geregistreer" (doop) en behoort aan my Vader wat in die Hemele is. Ek het sake met debatte en redenasies my saak met die Here is reg, ek bid, met alle respek, vir al die intellektueles en slimmes daarbuite, moenie God probeer definieer nie, Hy gaan baie toelaat maar Hy gaan nie 'n bespottng van Hom maak nie.
John 10/20/2009 9:51:21 AM
@ Daniel W
Jou kritiek is deels geregverdig, maar ek moet darem net een of twee punte uitwys. God het elkeen van ons met 'n gesonde verstand en 'n verantwoordelikheidsin geskape. Die Bybel bevat voorts vele vermanings om, onder andere, versigtig, waaksaam en manmoedig te wees. Dit gaan egter oor prioriteite: ek stel in eerste instansie my vertroue in God, want Hy alleen kan my in alle omstandighede beskerm. Ek gebruik egter ook my verantwoordelikheidsin deur redelike beskermingsmaatreëls te tref. Net so sal God sal jou met wysheid en insig seën as jy Sy hulp vra wanneer jy gaan eksamen skryf, maar jy moet steeds hard studeer en self die eksamen gaan skryf. Aangesien Christene veronderstel is om alles te vermy wat die liggaam skade aandoen, sou ek nie die vrymoedigheid hê om te vra dat God my inname van sterk drank en/of sigarette, wat 'n verslawing (bondage) is, seën nie. Vuil grappe hoort nie tuis by 'n kind van God nie en kan nooit verskoon word nie. Christene moet besef dat ons hele lewe 'n getuienis moet wees en dat ons slegs wanneer werklik nodig, mondeling hoef te getuig. Ons vergeet dikwels dat alleen die Heilige Gees iemand kan oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel - ons as mense is net geroep om van Jesus se liefde en verlossingswerk in ons lewens te getuig. Vrede vir jou.
Brentie 10/20/2009 10:06:42 AM
Die ergste van die hele debat is dat mense
baie opgewonde en amper paranoies raak oor
iets wat hul glo nie bestaan nie.
Dit is absoluuut belagwekkend dat 'n mens
nou al voor 'n skool se hek gaan staan om
iemand reg te sien wat wel glo in God.
Dit is nog erger as dit kom van mense wat
wel glo dat hul 'n dierlike oorsprong het.

Wel laat my toe om 'n knuppel in die hoenderhok kom gooi as jy nie wil he jou
kinders moet geindoktroneer word dat daar
'n Skepper God is ,moet dan nie my kleinkinders probeer indoktroneer met die evolusie teorie en die mens se dierlike
oorsprong,want net so aanstootlik soos jy
my Skepper God vind,vind ek jou evolusie
'god'.
As jy dan konsekwent wil wees verban dan altwee,dan leer jy joune omtrent hul dierlike
en ek myne oor hul goddelike oorsprong.

En so bly ons uit mekaar se hare en vuiste en
hofgedinge uit,

Leonie 10/20/2009 10:23:58 AM
Ek haal my hoe af vir jong kinders en tieners wat in hierdie dae opstaan vir Jesus. Daar is baie aanslae van die satan teen die jong kinders van vandag en een daarvan is om godsdiens in skole weg te neem. So ek sê Go! Jessie.
Louis Bothma 10/20/2009 12:12:20 PM
Uit 'The Biggest Secret' van David Icke: Everything the Christians believe about Jesus, the Romans and Persians believed about Mithra. Sunday was the sacred day for Mithraists because he was a sun god, and they called this The Lord's Day. The writer HG Wells, pointed out that many of the phrases used by Paul for Jesus were the same as those used by the followers of Mithra. When Paul says 'They drank from the spiritual rock and that rock was Christ' (1 Corintians 10:4), he was using exactly the same words found in the scriptures of Mithra. Only the names were changed. Mmm, soveel bronne soveel duisende bladsye vol bewyse... Geen bewyse kon gevind word dat die dorp Nasaret bestaan het ten tye van die sg. Jesus (verlosser)se tyd op aarde nie. Die varke wat oor die krans gestort het moes oor die 60km hardloop van die punt van beskrywing tot by die krans. www.thenazareneway.co.za. Die bybelvertalers/samestellers het deurmekaar geraak met die honderde gode en afgode en sommer almal gerieflikheidshalwe/uit onkunde saamgegooi as God en Here. Let op die meervoud van Here. Dit is hoekom God nou sê wis almal uit, en die volgende oomblik weer jy mag nie doodslaan nie. Dit is nie dieselfde god/God wat praat nie. Nou praat ons nie eers van die honderde teensprake in die bybel nie. En die heilige gees is eers hoeveel dekades na die bybel geskryf is deur die kerkvaders uitgedink. Verwyder my asseblief van die lysie van mense aan wie julle julle evangelie moet verkondig.
Hans 10/20/2009 12:41:40 PM
Brentie, jy weet mos hoe dit eintlik werk! `n Mens wie se lewe reg is kan ander aanvaar met hulle swakhede en al, want hy verstaan en kan ander akkommodeer en het gerustheid in homself. Die` een wie se lewe nie reg is nie, kan dit glad nie regkry nie - hy wil jou altyd aanvat omdat jy nie dinge doen soos hy of glo soos hy nie!! Hy het geen gerustheid in homself nie, want in sy binneste weet hy, hy is verkeerd!! Sy intuisie vertel dit vir hom!! En dan raak hy lelik en raak soos Hans Pietersen en sy handlangers hier!!
hans 10/20/2009 2:04:13 PM
Ja, die patroon herhaal homself - volstruis taktiek!! Gooi `n paar "bewyse" oor geskrifte teen `n muur iewers, dan weer `n snaakse god iewers wat eitlik vir `n soortgelyke daad as Christus verantwoordelik was, dan weer belaglike versindsels oor Nimrod, nou weer David Icke se bog!! Elke net `n paar skewe uitlatings en dan weer kop terug in die sand!! Dan weer `n paar dwarsklappe na geloof en dan weer `n Nuwe storie oor `n skepper!! Liewe Louis - begin asseblief oor iets praat wat ons kan volg!! Iets soos in `n Chronologiese eskatologiese volgorde!! Iets wat werklik kan sin maak sonder om slegs die Christelike geloof te probeer verdag maak!! Begin asseblief by stap 1 en beantwoord my vraag wat al van baie lank af kom!! Wie is jou skepper?? ....en dan probeer ons vraag 2 - Wat is die samestelling van jou kristalle?? Wetenskaplik asseblief!!

Hemel vriend dit raak nou regtig BAIE vervelig!! Jy haak vas soos `n ou "seven single"
hans 10/20/2009 2:10:41 PM
Mary, had a little Lamb, His fleece was white as snow. And everywhere that Mary went, The Lamb was sure to go. He followed her to school each day, T'wasn't even in the rule. It made the children laugh and play, To have The Lamb at school. And then the rules all changed one day, Illegal it became; To bring The Lamb of God to school, Or even speak His Name! Every day got worse and worse, And days turned into years. Instead of hearing children laugh, We heard gun shots and tears. What must we do to stop the crime, That's in our schools today? Let's let The Lamb come back to school, And teach our kids to pray!
Van nature skepties 10/20/2009 3:26:44 PM
As ons dan geen godsdiens beoefen by skole moet toe laat nie, waarom is daar niemand wat Joodse \ Moslem \ Hindu ens skole aanvat nie. Of is hierdie net 'n aanval op die Christelike aanbidding ?

As ons dan van Christelike "onderrig" moet ontslae raak waarom word lesse oor evolusie nie ook weggelaat nie. Jy glo of daar is 'n God wat alles geskape het of jy glo alles het maar net van self ontstaan. Of jy dit nou wil aanvaar of nie, evolusie is nog net 'n teorie. Daar is nog nie genoeg wetenskaplike bewyse daarvoor nie. Dus, indien ons die een teorie in ons kinders se kele afdruk, moet ons seker toelaat dat die opposisie ook 'n kans kry.

Indien godsdiens beoefening tydens klas tyd wil verbied dan MOET evolusie ook verbied word.

Hoe enige iemand kan dink daar is nie 'n Skepper nie gaan my verstand te bowe. Enige iemand wat net naastenby verstaan hoe ons liggame werk sal weet hoe groot wonder werk dit is om net hierdie te lees en te verstaan en hoe dit nie maar net van self gebeur het nie. Gaan loer gerus in by http://www.anointed-one.net/home.html
Brentie 10/20/2009 4:10:35 PM
Louis Bothma
Geen bewyse? Probeer die volgende skakel.

http://dqhall59.com/roman_era_nazareth.htm
Danie W @ Leonie 10/20/2009 5:06:54 PM
>> Daar is baie aanslae van die satan teen die jong kinders van vandag en een daarvan is om godsdiens in skole weg te neem.

Leonie, tot en met jy in 'n hof kan bewys dat satan bestaan en dat hy jong kinders teiken (hoekom sal net jy weet), het jy nie 'n saak nie. Solank as wat jy hierdie aantygings maak sonder bewyse is jy niks anders as 'n liegbek.

Ek daag jou uit. Hou op stories verkoop en gaan stel jy saak in 'n hof mét die nodige bewyse.
Gereformeerde Dominee 10/20/2009 6:46:12 PM
Brentie dankie vir jou eerlike en opregte manier hoe jy die bose magte van satan hier in die bek reuk.
Evolusie is 'n produk van die Illuminate wat aan Darwin oorgedra is net soos Marx die vlag draer van kommunisme was. In beide gevalle moes hulle eers hulle siele aan satan verkoop om later beroemdes te kon word. Hierdie sataniese beweging poog om alle kinders se siele te steel en dit uit te verkoop aan satan.
Die Hoer van Openbaring profesie is besig om voor ons oë in vervulling te kom. Die skepping is deur die enigste ware God ongeveer 7000 jaar gelede gedoen. Die aarde bestaan baie langer as dit. Satan het die eerste probeer doen nadat hy uit die hemel verban is . God het satan se werke vir ewig vernietig deur Adam en Eva (die mens) op die planeet te sit om daaroor te heers. Eers met die skepping 7000 jaar gelede het die perfekte wêreld begin met die mens as die kroon ( heerser namens God) daaroor aangestel.
Satan en sy evolusie priesters sal nooit weer beheer oor die aarde verkry nie. Ons lewe beslis in die laaste paar jare van die huige bestel voor die Here gaan kom om finaal die kaf van die koring te skei. Die wat geseënd is en die gawe van Profesie ontvang het kan saam getuig dat die Here in ons geslag gaan kom. ‘n Geslag volgens die profetiese waarheid is 40 jaar . Die profetiese klok staan op net voor 12 uur. Wees gereed om jou skepper te ontmoet , die tyd is min .
Die Einde begin op die 21 Mei 2011 .

Lees hierdie as jy nog nie gered is nie.
http://www.ebiblefellowship.com/af/may21_af.html
Brentie 10/20/2009 7:02:40 PM
Danie W
Jy rig jou uitdaging aand ie verkeerde persoon.
Gaan na die volgende skakel en daag hul uit
en laat weet ons hoe jou ontmoeting afgeloop het.
Jy hoef nie ver te gaan nie,daar is baie takke in Suid Afrika.
http://www.churchofsatan.com/
Brentie 10/20/2009 7:12:30 PM
McBrolloks
Het Max se artikel gelees,Hy het ook die kans bemeester om met baie niks te se nie.

So terloops,glo jy ook dat mense 'n dierlike
oorsprong het en as dit so is,wie sien jy
as jou voorouers in die evolusiery?
Peter 10/20/2009 8:36:07 PM
Die argument herinner my aan bybelstudie wat ons in my skool gehad het. Elke Vrydag het ons die keuse gehad om bysbelstudie by te woon. Predikante en godsdiens leiers uit die gemeenskap het elkeen n klaskamer gekry, en die skoliere wat aan die verskillende gemeentes behoort het onderrig gekry by hulle onderskeie gemeente leiers. Die wat nie Godsdiens klasse wou bywoon nie, kon apart onder toesig, tyd spandeer om op te vang met hulle huiswerk. I goeie idee in my opinie, want die wat wou kon onderrig kry, terwyl niks by ons keel afgeforseer is nie.
Niel Pienaar 10/20/2009 9:02:31 PM
@ mario
Ek is jammer as jy me beeldspraak nie verstaan nie - dit was seker 'n swak vergelyking. Al wat ek wou sê, is dat mense hierbo baie te sê het oor God, Jesus en die Bybel, maar hulle het geen belewenis van God, Jesus of die krag van die Bybel nie.
hans 10/21/2009 7:41:07 AM
Niël Pienaar se vraag:” dit verstom my dat mense kan praat en skryf oor dinge wat hulle gee ondervinding van het nie - ek praat oor die persoonlike verhouding met Jesus Christus" "Al wat ek wou sê, is dat mense hierbo baie te sê het oor God, Jesus en die Bybel, maar hulle het geen belewenis van God, Jesus of die krag van die Bybel nie" Presies die punt - dit is die kruks van die saak - al die sogenaamde nuwe kennis wat hulle van die Bybel opdoen en selfs dit wat hulle lankal weet is vir hulle nutteloos - jy Kan NOOIT die Woord verstaan sonder dat Jesus in jou hart is nie!! Brentie se aanhaling:" Die ergste van die hele debat is dat mense
baie opgewonde en amper paranoies raak oor
iets wat hul glo nie bestaan nie" - dit is maat nog altyd die bal waarmee ateiste mee uitgeboul word!!
Van Nature skepties :"As ons dan geen godsdiens beoefen by skole moet toe laat nie, waarom is daar niemand wat Joodse \ Moslem \ Hindu ens skole aanvat nie. Of is hierdie net 'n aanval op die Christelike aanbidding ?" Baie goeie vraag ne`.Danie W - ek dink JOU dwaling is dalk die beste bewys van die bestaan van satan!! Net hy kan mense so` verblind!! en laastens Brentie - enige persoon wie Max Du Preez aanhaal. ek meen "say no more - point taken" Ek dink nie mense behoort verder met sulkes te argumenteer nie, net eenvoudig tydmors!!
Danie W 10/21/2009 8:10:18 AM
Brentie, oplet in die klas!

Net omdat iemand 'n webwerf vir satan gemaak het beteken nie hy bestaan nie! Daar is 'n webwerf vir Moroni. Bestaan hy? Nee!

Brentie, vir 'n Christen om in op die internet te gaan soek, in plaas van sy/haar Bybel is 'n pragtige getuienis! Kom ons slaan jou Bybel met sy karakters waarin jy glo oop en vra: wie het die meeste mense in die Bybel doodgemaak? God het 2,391,421 vermoor, Satan 10 -- en God deel Satan se krediet omdat hy medepligtig was!

Wat betref die werklike lewe het die FBI in 1992 'n ondersoek na Christene se geteem oor ritualistiese misbruik van kinders geloods. Uitslag: al die stories oor die state heen is opgekook deur Christene. Daar is nie 'n enkele bewys dat 'n kind ooit in die VSA deur satansaanbiddery aangeraak is nie. Maar wat van al die Christene wat in Pensylvannia weier dat hul kinders bloedoortappings kry? Die 80,000 kinders wat siek geword het oor Christene ophou het om hul kinders in te ent oor celebrities hulle beveel het? Christenmammies soos Dena Schlosser wat haar baba se arms afgesny het, en ander wat hulle kinders laat sterf aan stuipe tydens duiweluitdrywings toe hulle in die hospitaal moes wees? Wat van die duisende Christen-priesters wat kinders molesteer en deur die Vatikaan beskerm word? (Ons glo in 'n Algemene Christelike Kerk, né!?)

Volgens die FBI-verslag moet net 0.1% van Christene hul kinders skade aandoen en die sataniste 99.9% vir die Christene om steeds loshande die grootste moordenaars, aanranders en verkragters te wees.

Vir 'n kerk en gelowige ouers wat so heerlik kinders misbruik, kan ek verstaan hoekom hulle 'n sondebok benodig.

* http://dwindlinginunbelief.blogspot.com/2006/08/who-has-killed-more-satan-or-god.html
* http://www.rickross.com/reference/satanism/satanism1.html



Dewald 10/21/2009 9:10:36 AM
Hoekom moet my belastinggeld gebruik word om kinders te onderrig uit 'n boek wat vertel die aarde is plat, wat die omtrek van 'n sirkel verkeerd bereken, wat vertel donkies kan praat en dat die hoogste berg net meters onder die Hemel is? 'n Boek wat die Amerikas, Australië, Ysland en Antarktika ontken? 'n Boek wat vertel dat 'n vrou van menstruasie genees is deur aan 'n Jood se rok te vat? 'n Boek wat vertel dat jy mense kan stenig oor seks? 'n Boek wat preek 'n oog-vir-'n-oog in in dieselfde asem draai die ander wang? 'n Boek wat vertel miljoene soutwaterspesies het 'n varswatervloed oorleef? 'n Boek wat op een plek vertel dat God 'n sensus aangevra het en op 'n ander plek het Satan dieselfde sensus aangevra? 'n Sensus! 'n SENSUS! Kreefetery is sonde, mense met brille mag nie in die tempel ingaan nie. 'n Boek wat vertel mense met 'n ekstra spook in hulle kan gif drink en niks oorkom nie? 'n Boek wat vertel dat Josefus Kaiafas op seker die heiligste dag van die jaar 'n hofsitting gehou het, wat sy eie kop sou kos? 'n Boek wat vertel Israel is weg uit Egipte uit Kanaän toe, in die tyd wat Kanaän in elk geval deur Egipte regeer is?! Dit is so laf om te sê die Afrikaner is weg uit Suid-Afrika en uit onder Zuma om in die Oos-Kaap te gaan woon!

Geloof is hoogstens vermaaklik. Ek betaal vir vermaak uit my eie beursie, nie uit belastinggeld nie.
Brentie 10/21/2009 9:31:46 AM
Aangesien daar nog geen reaksie is van Danie W
stel ek die Sataniste self aan die woord en
dan kan lesers self besluit.
"Welcome to the official website of the Church of Satan. Founded on April 30, 1966 c.e. by Anton Szandor LaVey, we are the first above-ground organization in history openly dedicated to the acceptance of Man’s true nature—that of a carnal beast, living in a cosmos which is permeated and motivated by the Dark Force which we call Satan. Over the course of time, Man has called this Force by many names, and it has been reviled by those whose very nature causes them to be separate from this fountainhead of existence. They live in obsessive envy of we who exist by flowing naturally with the dread Prince of Darkness. It is for this reason that individuals who resonate with Satan have always been an alien elite, often outsiders in cultures whose masses pursue solace in an external deity. We Satanists are our own Gods, and we are the explorers of the Left-Hand Path. We do not bow down before the myths and fictions of the desiccated spiritual followers of the Right-Hand Path.

Today, we continue to uphold our legacy by building on the solid foundation created by Anton LaVey, and set forth in his writings, recordings, and videos. Since we were the first organization dedicated to Satan, we have had extensive media coverage and been referred to by several names over the course of over four decades: The First Church of Satan, The Satanic Church, as well as The Satanic Church of America, yet we maintain the simplest and boldest moniker, embodied in the words Church of Satan.

There are others who would try to mislead you into thinking that they are in some way connected to us, have “evolved” from us, or are in some way taking our place. They are liars. At the time of his death on 29 October, 1997 c.e., Anton LaVey left the Church of Satan under the command of Magistra Blanche Barton—his consort, mother of his third child, Satan Xerxes Carnacki LaVey, and chief administrative officer of the Church for the preceding 15 years and, at that time, the officially appointed High Priestess. Anton LaVey took the preservation of his Church seriously, and thus appointed many individuals to the Priesthood of Mendes to be his Devil’s Advocates, and this Priesthood—along with the Order of the Trapezoid and the Council of Nine—continued working with Magistra Barton to forward the iconoclastic philosophy synthesized by LaVey. On Walpurgisnacht of XXXVI, High Priestess Barton appointed Peter H. Gilmore as High Priest, and Peggy Nadramia as Grand Mistress of the Temple—Magistra Templi Rex. On Walpurgisnacht of XXXVII, Blanche Barton and Peggy Nadramia exchanged positions, so that Magistra Nadramia is the new High Priestess, and Magistra Barton is Magistra Templi Rex, the chairmistress of the Council of Nine.

This site serves as a gateway into our philosophy, a resource for further exploration, a celebration of our past achievements, and a forum for ground-breaking new developments by Satanists who move with fury and grace through this current culture of rampant mediocrity.

At left you will find a guide to navigate you through our labyrinth. Herein you will find both wonder and mystery, as well as the bedrock of fact. You might also come across some hidden links—treasures for the diligent.

Please begin with the welcoming statement from Magistra Templi Rex Blanche Barton, which will prime you for your journey into our realm of magic and logic, mystery and wisdom.

Enjoy your time here, and if you find that you are one of our tribe, then it is a simple matter to affiliate and begin your journey with others who share your clarity.

We ask that you read our basic texts before asking questions, and there is much information here as well as directions to the detailed writings which will give you a full account of our philosophy and practices. If you do reach a point of misunderstanding, you may encounter some of our officials on the web, or you may contact our online representative, Magistra Peggy Nadramia at HPNadramia@churchofsatan.com.

Journalists seeking media representation may also contact Magistra Nadramia, and we will consider your project.

The adamantine Gates of Hell are hereby thrown open—boldly stride within and learn about the “Feared Religion,” or slink away in fear and ignorance. The choice is yours—let the games begin!"

As jy nog nie die Sataniste is aksie gesien het sal ek jou aanraai om eers met
dr. Jacobus Jonker, ‘n kenner van die okkulte, in aanraking te kom .
As jy dink dat dit sommer nonsens is,dan is jy
dommer as wat jy dink.Wees gewaarsku as jy
eenmaal onder die mense se invloed is gaan
jy moeilik loskom. So besin voordat jy begin.



Ou Duiwel 10/21/2009 9:56:21 AM
Brentie, hoekom kom daag jy ons nie ? Jy geniet mos al die nodige beskerming, of hoe ?
Ds Dopper, met julle het ons stewige kompetisie. Kyk wat gebeur agter julle tempels se geslote deure. Hê- hê- hê.
Brentie 10/21/2009 1:06:25 PM
Ou DuiwelJy soek aandag op die verkeerde plek.Danie W 10/21/2009 8:10:18 AMEk dink jy moet by jou self begin,want jyverstaan nie wat jy lees nie,want dan sal jynie sulke afleidings maak nie.Die hele debat gaan daar oor dat jy en ander'n 'song and dance' maak oor iets wat jul glonie bestaan.Nou met alle respek dit is daarom die laagtepunt van intelligensie om al jou tyd en aandag te gee aan nie bestaande goed.Wel ek het nuus vir jou,jy sal nie eers welkom wees in (lees die uittreksel) Satan se kerk want hul soek mense met meerbreinkrag as wat jy en jou medelopers totdusver geopenbaar het.
Jennifer 10/21/2009 4:02:02 PM
Brentie jou kop raas . Wil jy nie 'n bietjie op Kletskerk kom gesels nie my skattebol.
Danie W @ Brentie 10/21/2009 4:41:51 PM
Natuurlik maak ons 'n song en dance oor oor iets wat ons nie glo nie. Jy en jou klub (met al jul kindermishandling) wend ons belastinggeld vir bygelowige en agterlike snert aan! Die land se hoogste wet sê dat julle dit nie mag doen nie. PUNT. Jy kan ure op satan se webwerf deurbring en dit geniet, maar julle gaan nie jul sin kry om belastinggeld om kinders van spoke te leer nie. Feite troef mites/geloof/bygeloof in die hof. Die dag wat godsdiens kan besluit wie hy soos honde wil behandel is verby.

'n Laaste vraag aan die huigelaars wat godsdiens in die skool wil toelaat-- hoekom is dit vir julle so belangrik dat die kinders geïndoktrineer moet word? Hoekom vra julle nie dat belastinggeld in die weermag vir godsdiens aangewend word nie? By die SAPS? By staatshospitale? Wat van aktiewe godsdiensdeelname in die parlement? Op busdienste wat subsidie kry? Hoekom staan Parkeraad nie 'n deel van hul begroting af aan godsdiens nie? Wat van die Poskantoor. Hoekom offer die Reserwe Bank nie jaarliks 10% van ons reserwes aan God nie?

Julle teiken die kinders!
hans 10/21/2009 4:56:18 PM
Ja, ou Brentie die mense se insig en denkvermoee is regtig om van siek te word! Wat hulle nie verstaan nie is dat `n duiwelskind `n duiwelskind is en klaar!! Daar is nie iets soos `n valse en `n ware duiwelskind nie - boos is boos en klaar!! Die Woord se die` wie gered word is min!! Maar hierdie ongelowige spulletjie weet nie van hierdie dinge nie!! Hulle hou aan en aan om dieselfde nonsens kwyt te raak!! iemand wie `n Roomskatoliek/Protestant, Pinkster/Charismaat en ander Protestante almal onder dieselfde kam as "Christene" beskou is mos totaal verdwaald!! Die sogenaamde "Christene" wie nou sulke verskriklike dinge aanvang is in elk geval die satan se kinders - `n valse Christen is mos NIE `n kind van God nie!! Gaan doen jou "survey" oor en ontleed werklike bloedgewaste kinders van God se doen en late en ek sal my Christen kop op `n blok sit jy gaan `n baie verskillende prentjie sien!! Jy dig valse Chistene se dade toe aan kinders van God!! Nee sies man, tipies die satan se modus operandi!! Kry julle nie skaam om so ooglopend uitgevang te word nie - julle eie vader smokkel te lekker met julle breins!!

Ou Dewald, staak eerder jou lagwekkende poging om die Bybel verdag te maak!! Vertel eerder vir ons hoe kan dit verklaar word dat die Bybel wat so` lank gelede al geskryf is, presies jou sotlikheid reg kon voorspel!! Moenie die Bybel probeer verstaan, leer eers vir God ken!! Jy maak net `n kollosale gek van jouself en gaar getuienis teen jouself op waarvoor jy eendag verantwoording moet gaan doen!! Volg eerder dalk ou Louis se raad na - hy verdwyn kort kort en gaan vat `n paar suie aan sy kristal!! Lyk vir my die kristal sulkel bietjie om vir hom die storie mooi te vertel van wie hom geskape het! Brentie, ek sien hulle antwoord jou nie oor die dierlike oorsprong nie!! Hulle is so lief daarvoor om die aap - teorie te verkondig, maar die oomblik wat jy hulle daarvan beskuldig dat hulle van ape afstam, dan gooi hulle erg wal en ontken dit- regte aapstreke as jy my vra!! Die satan leer hulle mooi van syfertjies en statistieke maar die liefde wat God vir hulle in Sy hart het, die` verstaan hulle nie!! God het alle mense geskape - Hy gee en Hy neem!! Al is dit 1 Biljoen teen 10!! Satan, jy is 10 in die skuld!! dis nou volgens ou Danie!! Hoeveel sterf daagliks a.g.v. die satan se bose invloed? Hoeveel sterf a.g.v Haloween? Hoeveel mense se lewens word daagliks verwoes deur satan? En Danie kom met `n syfertjie van 10!! Is jou varkies almal bymekaar ou seun???
Stefan 10/21/2009 7:06:17 PM
@Gereformeerde Dominee:Jy is die domste dr*l, totsiens.
TB @ Ou Duiwel 10/21/2009 7:41:36 PM
Gaan kry vir jou n "kick" op n ander plek &^%$(vul in woord van jou keuse). Die een kan nie bestaan sonder erkenning van die ander, so "tee off". Jy is so kinderagtig deursigtig soos n heel spieel.
Tallies 10/21/2009 8:30:39 PM
Ek wil mie veel se nie, maar almal van julle wat vit God tart.Maters julle sal eendag moet verduidelik en ek kry julle bitter jammer.Ek kan nie glo wat ek hier bo lees nie.Rerig dit maak my bitter hartseer.
Student 10/21/2009 10:06:05 PM
Op 10 Augustus 2007 het die hoof van die Kerk van Satan, Peter H. Gilmore op Point Of Enquiry op rekord gegaan en erken hy glo nie in Satan nie. Hy het erken dat dit 'n parodie-geloof is. Die woordeboek beskryf parodie as belaglik makende nabootsing. Die hoof van die Satanskerk wat Brentie gebruik as bewys vir die bestaan van Satan, dink Satan is 'n grap. Die deel op die webwerf wat sê jy moet 200 dollar betaal om aan te sluit moes Brentie laat regop sit het en laat besef het die ouens skeer die gek met fundamentalistiese Christene.Luister na die hele onderhoud: http://www.pointofinquiry.org/peter_h_gilmore_science_and_satanism/
McBrolloks 10/22/2009 5:37:35 AM
@ Gereformeerde Dominee

Ja broer.

www.McBrolloks.Wordpress.com
McBrolloks 10/22/2009 5:40:06 AM
@ Dewald

Brilljant gestel. Enige iemand met 'n brein wat reg werk kan deur al daardie stront sien.

Baie goed gestel.

http://mcbrolloks.wordpress.com/
Brentie 10/22/2009 8:05:53 AM
Ek raak nou ernstig bekommerd oor DanieWse redenasievermoë. Hoekom, hy sê Christenemoenie belastinggeld vermors nie op sotlikhede nie.Nouja as tussen 60 en 70 % van hierdie landChristene is,kan 'n mens ook aanneem datdat 'n groot gedeelte van hulle ook belastingbetalers is.Of gaan ons slim Danie nou kom en vertel dat Christene nie belasting betaal nie of dat hulle (ongelowiges) meer belasting betaal?JenniferDag, maar liewer nie,want jy sien dom mensekan 'n mens iets leer,maar nie onnosel mense nie.Kom vertel my gou wie jou voorouers in diediereryk was,aangesien slim McBrollocksdie vraag ontduik?Ek raak ernstig bekommer oor mense,wat soverdit die verkenning van die heelal aangaan,oor die onderdeur loer en naarstiglik na sy oorsprong soek,ondermekaar stry en geenooreenstemming kan bereik nie,iets aanval,wat volgens hul oortuiging nie bestaan nie.Dit is tog absoluut die toppunt van sotlikheid en as jy van geld en energievermorsing praat,dan kry jy dit hier?Kom Jennifer, nou dat ek op 'n effense 'roll'waarom neem jy deel,of pla iets jou omtrentdie hele saak.Is daar iets binne jou,wat jou waarsku, 'nmens noem dit 'n gewete, dat jy jouselfbesig hou wat jy nie verstaan nie.Aan almal van julle wat die Christendom aanval,gaan terug en dink weer,Geen God,Geen Satan,Geen niks, net 'n spul ontwikkeldediere,wat waghou voor 'n skoolhek om 'n anderdier reg te sien.!Dit is nou 'n 'Animal Farm' op sy beste.Dus voordat julle die bybel afskiet en sedonkies praat nie,dink weer,julle praat danmet mense?Of is dit te hoog om te verstaan.Mc Brollocks,moenie 'n Bollocks van jouselfmaak nie.Haai, as jy werklik glo dat mense van apeafstam,sal dit beter wees as julle jullekragte saamsnoer en die vermiste skakelhelp soek,want soort soek mos soort,ofhoe Jennifer?Student is dit nie tragies nie dat menseal hul tyd en energie spandeer om ietsaan te val,wat hul glo nie bestaan nie.
Ou Duiwel 10/22/2009 8:30:41 AM
Ou Brentie,ds, TB en meelopers wil my nou weer gebruik om die breinspoelbares bang te praat. Hulle sien dat hulle bedrogspul vinnig besig is om te ontbloot, en nou word almal se aandag op die sataniste gevestig. Kyk seker lekker porn ook terwyl hy so op die inernet rondsurf. Lucifer wou homself gelykstel aan God. Die christene wil die blouwillepaparellakoors kry daaroor, maar hulle 'beat' vir Lucifer be verre. Hulle wil bo God uitstyg. Hulle VERKNEG hom. God, kom hier en seën die bord kos wat hierdie hande voorberie het, en terwyl jy hier is, maak sommer my hart dankbaar vir die voedsel wat ek gaan eet. ens. ens. ens. Lasterlik tot in alle oneindigheid... Lekker stook aan die hel wat julle geskep het, en aan ander toewens. Die tyd dat julle self soos onkruid gepluk gaan word en in julle eie bakoond gegooi gaan word is nie meer vêr nie...
Gereformeerde Dominee 10/22/2009 8:34:31 AM
@ Stefan . Op 21 Mei 2011 tref die grootste aardbewing die aarde . Miljoene ongeredde siele gaan binne sekondes gedood word . So spreek die Here. Geboue gaan soos kaarthuisies ineenstort . Mense gaan die dood soek maar dit nie kry nie . En dan met die geskal van trompette gaan die dooies wat in Christus gesterf het weer lewendig word . Jesus en miljoene engele gaan dan sigbaar vir almal op aarde triomfantlik sy bruid kom haal. Vir die wat oorbly gaan die volgende maande hel op aarde wees . Op 21 Oktober vind die wit oordeel plaas . Almal wat nie saam met Jesus weggeraap is nie gaan deur hierdie aardse hel. Satan en by priesters , evolusie gelowiges , valse Christene , hoereerders dronklappe , godslasteraars ens gaan saam met Satan ver 1000 jaar in die onblusbare vuur gegooi word.
Daar gaan ‘n geween en ‘n gekners van tande wees , magtige manne gaan hulle in vrees benat .

@McBolloks. Ek kry jou bitter jammer .Ek weet nie hoekom jy van die Here af wil weghardloop nie . Gee jou hart vir Jesus . Laat jou doop en jy sal die gawe van die profesieë ontvang . Die Here het dit op my hart gele om julle wat in evolusie glo aan te spreek en op die waarheid van die skepping soos gedokumenteerd deur die Heilige Gees in Genesis aan te spreek en te waarsku . Laster teen die Heilige Gees is ‘n onverskoonbare sonde. Die ewige Hel sal hulle se voorland wees.

Danie W , jy het geen teologiese of Bybelwetenskaplike kennis nie. Slegs deur die gawes van die Heilige Gees sal die skrif vir jou geopen word. Die fontein van die ewige lewende Water sal jou siel bevrug met die wysheid en kennis van God . Ek het ook teen God geveg, ek was ook waar jy was . Die Here het dit aan my gewys dat Hy aan jou deur klop en het iets baie spesiaals vir jou om oor te getuig.


Lees gerus meer hier , sorg dat jou sake met God reg is . Die tyd is op .

http://www.ebiblefellowship.com/af/may21_af.html
Daniel W 10/22/2009 9:08:47 AM
Christene het vir eeue name vir ander se gehad. Woorde vir Indiërs, Moslem, Swartes, gaymense. Selfs kinders buite die eg is eenkant saam met die moordenaars begrawe. 'n Paar jaar gelede moes Amerika askuus sê oor al die onskuldige vroue wat by Salem doodgemaak is, omdat die Brenties hulle hekse genoem het. Daar was Quakers wat opgestaan het en gesê het hulle laat liewers 100 hekse leef as wat hulle een onskuldige mens laat sterf, maar die Christene was bloeddorstig en het ongehinderd voortgegaan met hul misdrywe. Vandag kom die Christene soos Brentie en brandmerk mense as duiwelskinders.

Hans, die Bybel het nog niks bruikbaar voorspel nie (jul voorspellings is nog elke keer terugskouend. Ek kan Liewe Heksie gebruik om terugskouende voorspellings te maak). Kyk na die meer as veertig groot voorspellings van die afgelope 2,000 jaar dat die Aarde binnekort vernietig sal word. Julle het gelieg oor elke gebeurtenis en kom steeds daarmee weg om net die datum aan te skuif en aan te skuif. Die son het genoeg brandstof om vir nog 4.5 miljard jaar sy ding te doen, voor hy ons planeet saam met homself vernietig. 10,000 - 20,000 jaar van nou af gaan julle nog steeds teem oor die einde wat naby is en iemand gaan my brief van vandag aanhaal om te wys hoe julle kluitjies gebak het.
hans 10/22/2009 9:28:27 AM
Brentie, in jou afwesigheid het ek laas vir "siellose" (maar nie bloedloos) Jennifer met die "een - sin" skryfbeurtjies gese ek kan nie wag dat ons haar saam hier kry nie - wel, nou is ons kans - hier is sy !!! Ek dink ons moet die kans gebruik en die siel in haar bloed wakker maak waarvan sy nie eers bewus is nie!!Tallies, maak dit mens nie hartseer nie. Die nakomelinge van gelowige mense wie hier stry oor Iemand wat volgens hulle nie bestaan nie!!Iemand Wie hulle deurgehelp het tot hiertoe!! Hy Wie sy son oor hulle laat skyn elke dag. Hulle weet nie eers waarom hulle hare in die oggend so` deurmekaar is nie - God tel mos elke nag elke haar op hullese hoofde!! Dit maak mens mos hartseer en aan die lag gelyktydig!!
Stephan 10/22/2009 11:12:40 AM
Noudat julle mekaar behoorlik bygedam, beledig, met geweld gedreig het, vervloek het en behoorlik varke van julself gemaak het (Christene en andere), net die volgende: Julle is almal besig om julself kennis toe te eien wat julle nie oor beskik nie. Nie een van julle het God en Jesus of Satan al persoonlik ontmoet nie. Geen van julle argumente kan bewys word nie, beide vir of teen die bestaan van God of Jesus of Satan nie. Geloof is nie iets wat bewys kan word nie (gelukkig vir die sogenaamde gelowiges en ongelukkig vir die ander). Ek is nie instaat daartoe om die bybel, koran, tora of hindu geskrifte te glo nie aangesien almal van hulle deur die mens se hand geskryf is. Die argument dat dit goddelik geinspireer is tel ook niks nie aangesien ek glo dat enige skrywer met 'n brokkie verbeelding en baie verwysing na "current affairs" (oorlog ens.) 'n soortgelyke boek kan skryf (J.R.R. Tolkien se Lord of the Rings bv.) Ek is ook nie arrogant genoeg, soos die meerderheid van julle blyk te wees, om te glo dat ek weet hoe so 'n goddelike wese sal wees en dit/hom/haar aan te haal asof dit feitelik so gestel is deur so 'n wese nie. Ek is ook nie arrogant genoeg om te glo dat daar glad nie so 'n wese bestaan nie. Hou op om mekaar aan te vat want nie een van julle en ek self het enige bewyse vir ons standpunte nie. Die argument is slegs of gelowe (enige gelowe) in skole toegelaat moet word of nie. Die waarheid is dat skole nie kerke, tempels, sinagoges of moskees is nie. Dit is julle as ouers se plig om julle kinders geloof te leer en nie die skool en onderwysers se plig nie. Hou op snot en modder slinger en begin julle eie vuil werk doen by die huis.
hans 10/22/2009 11:33:02 AM
Daniel,

God is gister, vandag en môre dieselfde. Wat dus gister, vandag en môre verkeerd is bly verkeerd!!Buite - egtelike kinders kan nie die skuld dra vir hulle ouers se sonde nie maar gewoonlik dra hulle bloedlyn vloeke!! " Ek sal die sondes van die Vaders besoek aan die kinders" Ek sê weer, los asseblief die Woord uit totdat julle God werklik leer ken - julle bewys maar net slegs julle verwardheid!! `n Sondige geslag sal sondig bly, een ook die nakomelinge mits hulle hulself tot God bekeer!! Selfs `n sekere Egiptiese Farao het hom na God gekeer en gaan lees die beloftes wat God ten opsigte van Egipte - land maak!! Christene het beslis nou nog dieselfde name vir almal en almal het nog dieselfde name vir die Christene - wat probeer jy sê??? Wanneer maak Amerika verskoning vir die duisende Christen - Duitse vroue en kinders wat hulle doodgemaak tydens (Dresden) en na die 2 - de wêreld oorlog??? Hou liewer op feite aanhaal, want jy gaan met baie meer feite teruggegooi word!!As die Bybel duisende jare gelede voorspel het dat in die tyd van vandag mense spotters sal wees, meer liefhebbers van hulleself as liefhebbers van God, dat hulle sonder moraal, losbandig ruggraatloss sal wees. Dat hulle die leun sal glo. Aardbewings en oorstromings en ander rampe!! Dat mense die leun sal glo!!Dat alle verval wat ons om ons sien gaan plaasvind!! .........en ons sien dit gebeur - is dit dan terugskouend??? Kom ons teken prentjies: Iets is voorspel en na duisende jare gebeur dit!! Is dit terugskouend?? Het jy die begrip? As Openbaring sê niemand sal in hierdie dae kan koop of verkoop behalwe hy wie die merk van die dier op sy regterhand of voorkop kry nie - en ons sien die vordering wat daar op die gebied van "chip" - inplanting gedoen is - is dit terugskouend? veral as ons kyk na ons "barcodes" en drie lang strepies sien wat meestal genommer is 6 6 6 - en ons sien die Bybel sê, laat ons die getal bereken, dit is die getal van die mens - 666!! En ons sien VISA staan vir 666 in drie verskillende tale en 666 is die internasionale rekenaar - kode!! Ai, my vriend, wat is die waarskynlikheid (statisties)dat so` iets so` presies in vervulling kan gaan na 2000 - jaar? So` rukkie gelede het `n ander snaar 10 sogenaamde Bybelversies wat dan nou kwansuis teenstrydig met mekaar was op hierdie forum vermeld! Diyt het my 5 minute geneem om almal vir hom baie maklik te verklaar en ek is geen teoloog eers nie!! Dit het werklik julle verdagmaking van die Bybel se belaglikheid duidelik oopgevlek!! Iets soos kinderlik belaglik!! Daarna steur ek my glad nie aan julle aantuigings nie - dit is werklik nie die moeite werd nie!! Gaan soek enige ander Boek wat die toets van die tyd kan deurstaan soos die Bybel wel doen - enige ander Boek wat elke liewe aspek van `n mens se lewe kan hanteer, omskryf, verklaar en in perspektief plaas?? Nee, jy gaan dit NOOIT kry nie, want die Bybel is die handboek van die lewe soos `n Mercedes Benz sy eie boek het en `n Toyota sy eie!! Ek stem saam dat meeste wat voorspel is miskien onaangenaam is, maar daarvoor moet jy jou vader satan blameer, want hy het gesorg daarvoor met sy ongehoorsaamheid aan God!!Student - of dit nou parodie is of nie - boos bly boos! Seun, jy sal gou sien na jou universities - dae, jy is nou op `n plek waar hulle jou probeer breinspoel met allerhande mooi en “groot” woordtjies - in die regte lewe is dit baie meer eenvoudig en gaan dit maar uiteindelik net oor reg of verkeerd!! Die Here sê die wie nie vir ons is nie is teen ons, daar is geen tussenweg nie - leef vir die Here en beland in die Hemel!! Leef vir die satan en brand saam met hom die onuitbluslike vuur!! - `n werklike plek ja - een in die onderste dele van die aarde - daar waar die warm lawa van die vulkane uitkom!! DAAR`s die plek, dit bestaan!!!
Brentie 10/22/2009 11:37:34 AM
Ou Duiwel
Kies asb vir jou 'n ander skuilnaam.Jy en
ander se die duiwel bestaan,so waarom dan
jou self daarna vernoem.

DanieW.
Moenie feite selektief aanhaal nie.Duisende
Christene en ander is vanwee hul geloof vermoor.

Ja natuurlik het Christene of te minste mense
wat hulself as Christene beskou het,bv
Hitler duisende,nee eerder miljoene vermoor,
maar so ook het Stalin.

Die het self probeer om sy verlies aan soldate te oorbrug deur Super soldate te 'teel' kruisings tussen mens en aap.

Gelukkig het dit misluk.Dit gaan hier oor
meer as om telling te hou van wie die meeste mense vermoor het nie.

Dit gaan hier oor die oorsprong van die mens.
Ongelowiges se,daar was 'iets',(tot dusver
nog nie goed gedefinieer nie) wat spontaan,
dus sommer vanself tot uitbarsting gegaan
en 'n proses in werking gestel het wat
dan uiteindelik ,deur 'n onwillekeurige,
dws nie vooraf beplan nie,tot die ontstaan
van eers diere en daar uit tot mense gelei het.

Hoe die 'iets' daar gekom het word nie verklaar nie,dit was maar net daar.Dit is
dus 'iets' wat ewig en onvernietigbaar is ,want as dit geen begin gehad het,het dit ook geen einde nie.

Jy en alle ongelowiges moet dus in 'iets'
ewigs glo.

As Christene se ons 'nee' die 'iets' die
materie,was nie altyd daar nie.Dit is geskep
deur 'n Wese wat,buite die hele proses staan.
Hy het deur sy skeppingsmag,die proses in
weking gestel,dws ook alle natuurwette.
Hy is wat HY is en was altyd daar.

Nou kom julle en se bog daar kan nie,'n
Wese bestaan wat ewig is,maar terselfdertyd
moet ons julle glo dat daar wel 'iets' ewigs
kan wees,wat spontaan en onbeplan inwerking
getree het.

Enige mens met 'n bietjie verstand,sal die
onwaarskynlikheid van jou spontane en
willekeurige proses in twyfel trek, doodeenvoudig weens die onwaarskynlikheid daarvan.

Verder gaan julle en beskuldig Christene
en beskuldig hulle van indoktronasie,maar
as julle Christene in die beskuldigde bank
wil plaas,rus die bewyslas dat God nie
bestaan op julle, of is dit nou mode dat
die beskuldigdes hul onskuld moet bewys
en die aanklaers van bewyslas ontneem word.

Gaan sit nou rustig en oordink alles weer
stadig en logies en jy sal besef dat die mens
meer is as 'n ontwikkelde dier,wat 'n 'lucky
draw' op die evolusieketting gekry het.


Stefan 10/22/2009 1:33:48 PM
@Gereformeerde Dominee:

Jy's delusional my ou maat.

Ek hoop liewe jesus kom haal al julle godiote binnekort, die wereld sal 'n beter plek wees sonder al die fundies.
Spookvanger 10/22/2009 1:48:27 PM
'n Woeste spook het aan my verskyn en aan my geopenbaar dat daar in die laaste dae 'n Anonieme Gereformeerde Ds gaan opstaan en vir moerse groot vermaak gaan sorg. En hier gebeur dit toe werklik ! Miskien kan ons eerder van die wegrapsing praat as ons sien hoe daar deur die eeue heen in kerkkringe geraps word. Die Here spreek dat miljoene siele binne enkele sekondes gedood gaan word, maar aan die anderkant spreek die Here dat mense die dood gaan soek maar nie gaan kry nie. Ek dog nog al die jare verlore siele gaan hel toe. En as 'n sondaar se siel nou dood is kan dit mos nie hel toe gaan nie ? Ongelooflik, verbysterend ,'scary' dat daar sulke mense soos jy in die samelewing rondloop,en dit as 'n 'leier' van die gemeente.
Louis Bothma 10/22/2009 2:19:53 PM
Gereformeerde dominee. Aangesien al die dinge nou baie binnekort gaan gebeur, stuur asb. vir ons die bewyse dat jy werklik geloof het in dit wat in die drome aan jou geopenbaar is, en: Stuur vir ons bewyse waar jy jou kerk versoek om jou pensioen onmiddellik op te skort. Ook bewyse dat jy al jou langtermynbeleggings opgesê het. Ook die versekering dat jy al jou besittings op die 20ste Mei 2011 te gelde sal maak en die opbrengs in my bankrekening sal deponeer. En oops!!! Julle bybel se Genesis staan net so opgeteken op stadsmure wat oor die 4 duisend jaar ou is. Ek tree lekker af op die 20 Mei 2011 met die allerheerlikste meevallertjie wat ek ooit van kon droom...
Danie W 10/22/2009 2:53:31 PM
Hans, dit is absoluut laakbaar dat iemand al die roem in die wêreld aan sy eie fiktiewe wêreld en helderyk toeskryf en al die swaarkry toedig aan die opposisie wat weier om aan jou siek speletjie mee te maak.

Terloops, ek wonder hoeveel skynheiliges hier hou nog een of twee keer 'n dag as HELE gesin SAAM godsdiens by die huis? Vir 15 tot 20 minute? 'n Uurtjie? Of is 7de Laan en kykNet belangriker? Te hel met godsdiens by die huis, die skool sal daarvoor sorg? Ons kyk liewers na Charmaine en Hilda.
TB 10/22/2009 3:56:12 PM
Ja. Na aanleiding van al hierdie kommentare, moet ek saamstem dat godsdiens in skole verbied behoort te word. Dis gevaarlik. Ek vertrou Gereformeerde Dominee is nie n onderwyser in disguise nie. As ek hom naby my kinders vang, sal hy beslis nie 21 Mei 2011 haal nie.
Chris Nortje 10/22/2009 4:22:35 PM
Dis vir my baie interessant hoe die Bybel hier nou alreeds stukkie vir stukkie uitmekaar gehaal is en elke hoofstuk bewys is as verkeerd. Dit mag alles waar wees: dat die Bybel van Genesis tot in Openbaring niks anders as mites is nie. Mens kan ook lekker lag vir sommige Christene wat alles daarin glo sonder twyfel, wat empiriese bewyse ignoreer. Hier en daar duik daar selfs 'n paar profete op wat net so lagwekkend kan wees vir die meer skeptiese lesers. Nietemin sukkel ek om te verstaan hoe enige van die bogenoemde gesien kan word as 'n bewys dat God nie bestaan nie. Dit lyk vir my asof die meeste ateiste hulle tans hier vasstaar in die gedrag van gelowiges en weersprekings in die Bybel, en aanvaar dat dit 'n bewys is dat God nie bestaan nie. Ek daag enige ateis uit om vir my empiries te bewys dat God nie bestaan nie. Die beste plek om te begin, sal 'n verduideliking rondom die bestaan van energie wees. As een "iets" teen 'n ander "iets" gebots het iewers in die heelal, wat het die aanvanklike beweging van die twee "ietse" veroorsaak? Hoe was alles iewers in die time space continuum stil en leweloos en toe skielik begin "iets" vanself beweeg? Wat se die wetenskap vir ons omtrent energie? Dink so bietjie daaroor as julle skynbaar rassionele denkwyses daardie vlak van denke kan bereik. Julle dink julle is slim, maar julle is maar net op 'n meer gesofistikeerde wyse onnoseller as 'n gelowige persoon. Sover dit die bestaan van God betref, beteken julle kennis tot dusver niks. Net soos wat gelowiges geen empiriese bewyse kan vind dat God bestaan nie, net so kan julle geen empiriese bewyse lewer dat Hy nie bestaan nie. In beide gevalle is dit per slot van rekening 'n kwessie van geloof. Julle ateiste "glo" dat daar niks is daarbuite en/of in ons nie, en die gelowiges "glo" daar is iets. Om mekaar te beledig en aan te val is soos om vuis te slaan oor die score van 'n rugby game nog voordat die spelers op die veld gedraf het. Selfs Einstein het geglo dat daar 'n God kan bestaan. "In view of such harmony in the cosmos which I, with my limited human mind, am able to recognize, there are yet people who say there is no God. But what really makes me angry is that they quote me for the support of such views. I'm not an atheist and I don't think I can call myself a pantheist. We are in the position of a little child entering a huge library filled with books in many languages. The child knows someone must have written those books. It does not know how. It does not understand the languages in which they are written. The child dimly suspects a mysterious order in the arrangements of the books, but doesn't know what it is. That, it seems to me, is the attitude of even the most intelligent human being toward God."
Gereformeerde Dominee 10/22/2009 5:50:25 PM
@Spookvanger
Jesus die Messias het duidelik in die geskrewe Woord gestel ; Gee die Keiser wat hom toekom . Rakende jou onduidelikheid oor wat gebeur tydens die wegraping kan ek jou verwys na die Woord van God . Die groot aardbewing lui die finale trompet geskal in . Duisende , miljoene ongeredde mense gaan op daardie oomblik die lewe verlaat . Hulle gaan saam met die ander ongeredde siele net voor die wit oordeelsdag op 2 Oktober 2011 uit die dood opgeroep word. Dit is ongeveer 6 mnde na die wegraping . In die tyd gaan die wat op die aarde oorbly deur die grootste verdrukking . Die wat die merk van die dier het kan net daarvan ontslae raak deur die liggaamsdeel letterlik af te kap waarop die dier se teken – die 666 – op verskyn. Die anti - Chris gaan letterlik saam met Satan op die aarde heers in die paar maande. (Lees gerus Daniel en Openbaring )

@Stefan
Jy merk op dat ek delusional is . Mense wat delusional is lees Dawkins en Darwin se boeke . Die wetenskap het miljoene mense se lewens al geneem . Mar tog anker jy jou hoop op die wetenskap wat homself al miljoene male verkeerd bewys het. Jy sou ook seker geglo het dat die Titanic onsinkbaar was. Wetenskap verblind die mense en plaas hulle hoop op die werke van mense en Satan. Evolusie wat “wetenskaplik” is is die werke van Satan wat die mens weglei van die ewige waarheid . Die post moderne wêreld wat so graag spog met al die nuutste tegnologiese wonders is ‘n teelaarde vir rampe en duisende miljoene mense is al gedood deur die valse wetenskaplike geloof.
Brentie 10/22/2009 5:51:40 PM

Spookvanger 10/22/2009 1:48:27 PM
Waar kruip jy uit? Waar kom jy aan die nonsens dat siele doodgaan.
Dit is vir jou en alle ongelowiges net nie
moontlik nie,want 'n siel is iets wat voortbestaan na die vleeslike dood.

Nouja julle glo nie aan die lewe hier na nie,want julle het nie volgens julle beskouinge siele nie.

So waaroor die bohaai.Sjoe van wanneer af is
die 'hel' (weet jy wat die ander name daarvoor is ?) 'n plek waar jy brand,soos deur 'n aardse vuur?

Geen wonder jy en Danie en al die ander skryf
sulke twak nie.Nee jou hel is die plek van die grootste verlatenheid,al sal jy ook tussen jou geestesgenote verkeer.

Mense wat op hierdie aarde al in die donker put van depressie beland het,sal weet waarvan ek praat.

Dis erg as mense jou verlaat en jy hulpeloos
en alleen voel.Dit is onbeskryfbaar erger as
God jou verlaat en nie meer aan jou dink nie.

Nouja aangesien 'God" volgens julle nie bestaan nie,behoort die hel en verlatenheid
nie vir julle 'n probleem te wees nie.

Sover dit die Ds. se voorspellings aanbetref
hoop ek vir julle onthalwe dat dit nie gebeur
nie.

Vir my is dit nie 'n probleem nie,want die
sterwe is vir enige ware gelowige 'n wins
en vir 'n ongelowige 'n verlies aangesien
alles daar vir hom/haar eindig.

Wat 'n troostelose vooruitsig!!

DanieW,
Ai,Ai .Die mens is geskape as 'n aktiewe
en nie passiewe wese.Hy is so toegerus dat
hy as bestuurder die aarde tot sy voor of
nadeel kan bestuur.

Dit is natuurlik net as jy aanvaar dat jy
nie van ape afstam,want anders gaan jy net
soos 'n aap en nie mens redeneer nie.

So kom nou wat is jy,'n geskape mens of
afstammeling van 'n dier?
Student 10/22/2009 7:08:38 PM
Kyk, Godskinners weet alles. Hulle kan in detail vertel die Hemel het hekke, wat gebruik word vir die paving, wie links en wie regs van God aan die troon sit. Ja, God sit op 'n troon. Hy sweef nie. Hy sit al vir 6,000 jaar op die troon en daar gaan hy vir nog 'n paar miljard, miljard, miljard jaar daar sit. Kerkmense weet Jesus lyk soos soos 'n Italianer met 'n sexy baard, ferm pecs en swart borshare. Satan is rooi en sy horings is 16cm lank. Hulle ken die verskil tussen gerubs en serafs en hulle weet selfs die Heilige Gees verkies 'n kitaar en 'n lekker stel dromme bo 'n kerkorrel. Gelowiges kan vir jou vertel wanneer die einde is en kan selfs Godtyd omskakel na menstyd soos mens hondejare bereken. Jip, wie by die hek van die Hemel staan, wat Woensdae op die spyskaart is in die Hel, wie die antichris is, wat met geaborteerde baba's gebeur, hoe lank mense in vagevuur deurbring, wie Valhalla toe mag gaan. Vra wie die Posmeestergeneraal van die Ewige Leuen, ek bedoel die Ewige Lewe is, dan antwoord al die oogappels dat dit Gabriël is. Godskinners kan selfs vir jou sê dat familielede in die Hemel nie mekaar gaan herken nie, so Pa se eerste en tweede vrou gaan nie mekaar se oë uitkrap voor die troon nie.Maar vra vir 'n kind van die Here die heel belangrikste vraag en hulle staan mek 'n bek vol tande: "Hoekom het God die Heelal geskep en het vas geglo dit is goed en 'n oogwink later tot sy eie verbasing berou hy dit en word hy vies vir dit wat hyself beplan en laat gebeur het? Ek meen, net 'n doffel se meesterplan kan so skeefloop.Vra jouself af. Hoekom moet jy boet omdat 'n kinderagtige God sy alie vir homself in 'n krul geruk het. Julle karring oor nagmaal-shooters en grootdoop, maar kyk die pienk olifant in die kamer mis.
hans 10/22/2009 7:28:37 PM
Danie W en Marduk - meesters van projeksie en albei ewe deursigtig!! Wat hulleself doen projekteer hulle op ander. Marduk gebruik sy werkstyd om op hierdie forum te skryf en Danie W weet subjektief waaraan hy sy tyd by die huis spandeer - 7 de Laan, en nou gooi hy dit op die Christene hier wie nou kamtig nooit huisgodsdiens hou nie - vervelige tipiese veralgemening met sy eie subjektiewe gedagtes waarin hy liewers mense in wil verplaas van wie hy eintlik `n hoë dink het, maar hy wil dit nie erken nie, want dit laat hom sy eie hopelose situasie erken. Naelstringloos - die Godloses!! Presies wat die satan wou gehad het - `n eens baie gelowige volk sit nou met `n beduidende getal gevoellose, koue, leë gebreinspoelde mense vir wie die waarheid na `n leun klink en lyk ! (“Ek sal hulle die krag van die dwaling stuur om die leun te glo”)Klinies het hy sy werk goed en deeglik gedoen!!. Die` wie die onderskeiding van die gees het besef 100% hoe en waar hulle dwaal!! Hier is `n baie goeie vooorbeld, ek haal Stephan se woorde aan:"Julle is almal besig om julself kennis toe te eien wat julle nie oor beskik nie. Nie een van julle het God en Jesus of Satan al persoonlik ontmoet nie" Ek was `n 21 - jarige verlore verwaalde Christen kind (soos alle gebore Christene maar op `n stadium) toe die Here my kom "gryp" het en ek met `n Damaskus - pad bekering tot inkeer gekom het!! Nadat ek al van 13/14 jarige leeftyd geswoeg het met myself om van `n sondige lewe ontslae te raak, kom keer die Here my lewe met `n hand - omkeer om. Vir die eerste keer in my lewe kry ek dit reg om vir al die verkeerde dinge nee te se, ek kry dit reg om te oorwin en my lewe begin rigting kry.Ek het van toe af `n persoonlike verhouding met God!! Na 26 jaar gaan my geestelike lewe van krag tot krag – elke lid in my gesin is gered. Ons bluf nie onsself nie, ons is ook nie foutloos nie, maar ons lewe elke oomblik met Hom, toegedek onder sy bloed. Nou moet ek hoor niemand hier het God al ontmoet nie!! Hoe kan ek dan nou anders as om simpatie met jou te hê oor die snert wat jy kwytraak!! Jy sal mos nie weet wat ek ervaar nie - jy ken my mos nie!! Jy sien nie hoe verbaas ou skoolmaats is as hulle my na al die jare sien nie - verbasing op hulle gesigte - hulle sit almal tipies (en ook geregverdig) met hulle eie gevormde idees oor my wat jare gelede op skool gevorm is en hier sien hulle skielik `n wonderwerk!! DIT IS WAT DIE GENADE VAN GOD IS!! As jy dit eenmaal ervaar het, kan niemand dit mos van jou wegneem nie! As jou ware Skepper jou aangeraak het WEET jy dit mos! Jy erken mos jou Vader se roepstem net soos `n kalf sy ma se roep erken!! Tragies ons volk - ons het die pas so` mooi begin met ons volksplanting - wonderwerke soos Vegkop en Bloedrivier meegemaak onder die vertroue in God die skepper Nederig met geboë hoofde die Vader gevra vir uitkoms wat Hy gestuur het!! En nou? Nou hoor ons hier stemme opgaan van mense wie dieselfde God wie ons uitgered het, spot!! Wat moet ons maak? julle uitroei onder ons geledere uit of wag dat die onvermeidelike gebeur - die straf wat God oor julle sal bring indien julle gaan volhard in julle sonde! Spookvanger - jy is geestelik DOOD as jy ongelowig is - jou siel gaan nie die hel vryspring nie, jy is net dood vir die waarheid en vir die egte lewe - jou hel het klaar begin, want hoe moet dit nou voel om sonder `n naelstring te lewe?? Julle verlang na die naelstring, daarom hou julle aan om te redeneer met mense wie in "spoke" glo, grappe volgens julle wie aan `n dooie god glo!! My vriend, as ek belaglikes langs my pad teëkom, gaan ek hulle verby. Ek argumenteer nie met `n dooie hond wat langs die pad lê nie - `n dooie ding stink gewoonlik! Maar julle bly die lewende God en sy kinders aanval- soos `n dronkie of `n Bobbejaantwak - roker wat nie sy ding graag alleen wil doen nie!! Hy soek altyd "company"

Ware Christene het nie werklik nodig dat hulle kinders Godsdiens op skool kry nie - my kinders help die ander kinders meer oor Jesus leer!! Maar daar is baie ander kinders wie nie die regte lering by die huis kry nie!! Soos julle naelstringloses byvoorbeeld!! beslis het julle nie die waarheid by julle huise geleer nie!!Nog `n duidelike voorbeeld van onkunde: Stephan se woorde: "Ek is ook nie arrogant genoeg, soos die meerderheid van julle blyk te wees, om te glo dat ek weet hoe so 'n goddelike wese sal wees en dit/hom/haar aan te haal asof dit feitelik so gestel is deur so 'n wese nie. Die Heilige Gees - Christus se beste vriend is agtergelaat om ons meer oor Hom te leer!! So wat is jou probleem dan as ons baie van Hom weet? Dit gaan maar net oor hoe graag ons meer van Hom wil leer!! Ja, dit is waarom ons vir julle bly bid - ons gun jullem ook wat ons besit! "Vader vergewe hulle, want hulle weet nie........"

O ja, en dan kom ons laastens by ons kristal vriend....iewers rukkerig kom daar `n paar vibrasies deur, maar regtig BAIE flou!! Vriend, hier is goeie raad!! "Die wat op die HERE wag KRY NUWE krag!!" Los daai kristalle uit, hulle "vibes" is lankal uitgewerk!!
Marie 10/22/2009 8:37:18 PM
Ag, gereformeerde ds, hoekom ruil jy, Brentie en Hans nie adresse uit en dan stig julle nog 'n die-aarde-is-plat-die-bybel-se-so-verengiging nie? Waar en wanneer het die wetenskap "miljoene mense se lewens al geneem"? (uit die eerwaarde ds. se versinsels hier bo geneem.) Jy praat seker van die christelike kerk oor twee eeue heen, daar was heelwat vernietigde lewens daar agtergelaat. Magtie, julle het mense doodgemaak wat durf beweer het die aarde is rond! Ek ken 'n klompie dopperdominees, ek stem nie met alles wat hul glo saam nie, maar sowaar, jy is totaal en al verward. Ek glo glad nie jy is 'n ds. nie. For what it's worth.

Mense soos julle sal beslis mense verder wegdryf van die kerk en sy twak af. My geduld is op met al die dom argumente wat ons hier moet aanhoor van oningeligte, grootbek-fundamentaliste. Hardkoppig, moedswillig en uiters dwaas.
Danie W 10/22/2009 9:21:57 PM
Raait, Chris wil hê ongelowiges moet bewys dat Elohim (die Kanaänietiese afgod heel voor in die Bybel), sy partner Jahweh (later in die Bybel), sy grilfriend Maria en hul buite-egtelike seun Yeshua, sy oom Die Gees en sy neef Niek nie bestaan nie.

Maar Chris loop self met sekerheid rond dat Brahma, Osiris, Vishnu, Mithras, Diana, Mbombo en Rod nie bestaan nie sonder om dit empiries te bewys? Hoe werk dit?

Ek weet nie van watter planeet Chris Nortje kom nie, maar op Aarde is die onus op die een wat bewerings maak om dit te bewys, nie op diegene wat hul daaraan afvee nie.

Dit is so maklik soos dit: Gaan wys God aan die judge en ons kan heeldag ons kinders van God in die skole leer. Misluk julle daarin, gaan die kinders wiskunde, biologie, taal en boekhou op skool leer.

Die oomblik as al die gode, duiwels, spoke en engele hul magic Harry Potter cloaks uittrek, kan ons lekker skoolgaan vir die Here.
Brentie 10/22/2009 10:54:58 PM

Student
Sjoe,dit is darem 'n mondvol veral as jy jou
afleidings van beeldspraak maak.

Die antwoord op jou vraag is tog heel eenvoudig.Eenvoudig om dat daar 'n verskil is
tussen 'wil' en 'weet',waar 'weet' vooraf kennis is.
Nog eenvoudiger,as jy eksamen skryf,is die
eksaminator se doel nie om jou vas te vra nie
en te laat dop,nee hy 'wil' jou kennis van die vak toets, maar hy 'weet' dat as jy jou
agterent afgevee het aan wat hy gese het en eerder jou tyd in die kroeg as in sy klaskamer deurgebring het gaan jy druip.

So het God ook geweet,het Hy voorkennis gehad
dat die mens ongehoorsaam gaan wees en die
gehoorsaamheidstoets gaan druip.

Maar net so min as wat jy beskuldigings na die dosent kan slinger en hom verwyt dat
jy gedop het, net so min kan die mens dieselfde beskuldiging na God slinger.

Maar anders as in hierdie lewe ,waar mense
as hul iets 'geskep' het en dit werk nie,
dit op die ashoop gooi en opnuut begin,het
God die mens 'n tweede kans gegee.

En dit student is kern van die evangelie.
So volgende keer dink asb. voordat jy ink,
anders staan jy met 'n mond vol tande.

Het iemand jou nog nie geleer dat by mense
ons praat van,hande,voete en hoof,maar by diere van koppe,sterte,bekke en pote.
Is dit miskien by jou so omdat jy aanvaar dat jy die afstammeling van 'n dier is?

As dit die geval is ,dan verstaan ek jou.
Stefan 10/22/2009 11:02:54 PM
@Gereformeerde Dominee

Ag gaan preek tog vir jou gemeenskap toe, ek het nie krag vir die tipe nonsense nie.

"Mense wat delusional is lees Dawkins en Darwin se boeke"
Op wat baseer jy dit? Net omdat dit jou holy book contradict nou is dit false, al ooit gedink dat daai boekie in jou hand net n storie is?

"Die wetenskap het miljoene mense se lewens al geneem"
Ek is seker, amper net soveel soos die inquisition, crusades en enige ander geloofs geinspireerde oorlog.

"die wetenskap wat homself al miljoene male verkeerd bewys het"
Dis wat so awesome is... Een idee kan nie claim le op n konsep en niemand mag dit ooit bevraagteken of verkeerd bewys nie, nie soos godsdiens nie.

"Evolusie wat “wetenskaplik” is is die werke van Satan wat die mens weglei van die ewige waarheid"
Ja, daar is een moerse conspiracy aan die gang teen julle. Die feit dan 90 - 95% van alle wetenskaplikes evolusie aanvaar reg oor die wereld is alles deel van satan se plan

Jy laat my dink aan daai redneck ma in die fliek Waterboy (Kathy Bates). Alles is die duiwel...
"little girls are the devil...", "Ben Franklik is the devil...", "Foozeball is the devil..."

Word groot man en begin daai verstand wat "god" vir jou gegee het gebruik.
Brentie 10/22/2009 11:20:33 PM
Stephan
Het jy al vir Jan van Riebeeck ontmoet?
Hoe weet jy dat hy 'n werklike persoon was
en nie net sommer 'n opgemaakte persoon nie.
Student 10/23/2009 6:38:03 AM
Brentie,

Die dag as die mens anders as diere kan wakker bly sonder om moeg te raak, voort kan plant sonder sperms en eiers, kan leef sonder om plante en diere te eet soos ander diere, kan jy 'n stiekertjie op die linkerbors dra wat sê God het jou van spoegies en klei gemaak en dat jy nie deel is van die boom van lewe nie. Jou genoom sal ook wys jy is nie 'n dier nie, maar 'n spoegie-en-klei zombie. Terwyl jy soos diere suurstof, water, plant- en dieraardige kos benodig, en jou kinders aan jou drink, hou jou fantasie vir jou en jou sielkundige. Ek meen God is nie eers seker in Genesis 1 en 2 of hy voëls van grond of water gemaak het nie. Selfs Jesus het 4,000 jaar later vergeet om te vertel watter een van die skeppingsmites eintlik die naaste aan die werklikheid is.
hans 10/23/2009 7:12:18 AM
Student, ja ek was self `n student vir ses voltydse jare en goed.........kom ek vra jou eerder om die lewe in te gaan as volwassene voordat jy verder saam met die grootmense praat. Jou argumente is tipies die` van student. Terwyl pa nog vir jou sorg en jou studies betaal kan jy maklik enige iets kwytraak! veral dit wat die manne met die dik brille jou leer. Universteite was nog altyd altyd die teelaarde vir leuns en die plek waar studente gebreinspoel word. Sterkte vir jou!! Marie, ja vir jou is daar regtig nie baie te sê nie, behalwe dalk dat ons beslis nie een iets oor die plat of ronde aarde kwytgeraak het nie. Dit is iets daai wat dalk vir jou `n twispunt is. Ons raak ook nie die onderwerp van plat koppe aan nie, so` ek gaan jou vir eers ignoreer. My doel is baie beslis om mense uit baie van die kerke uit te dryf want die kerke is by verre die meeste in die greep van die satan, so` bewys maar weer jou insig, dankie!! Ek behoort glad nie aan `n Drie - susters kerk nie en jy sal my net sommer outomaties saam met die Gereformeerde Ds. in een kraal kan gooi nie. Ek en die Ds.sal oor `n hele aantal onderwerpe moet gesels voordat ek myself met sy sienings sal kan identifiseer. Sovêr klink hy ten minste meer ontwakend as die gemiddelde Drie - Suster lidmaat!Noem my wat jy wil, fundamentalisties ens. - ek is `n bloedgewaste kind van God en jy besit beslis geensens die "papiere" om my te oordeel nie! Beskryf vir ons jou siening van dinge, dan steur ek my dalk aan jou! intussen hang jy slegs tussen niks en nêrens rond en al wat jy doen is om ander af te skiet! geen verdere positiewe bydrae!!

Jer.10:2 " So sê die Here: Maak julle nie gewend aan die weg van die Heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie" Vers 5: " Soos `n voelverskrikker in `n komkommertuin is hulle: hulle kan nie praat nie; ja hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle kan geen kwaad doen nie, maar daar is ook geen goed-doen by hulle nie"

Naelstringloses - het julle enige bron waaruit julle ons kan beskryf? Enige grondlegging waar julle ons uit kan beskryf soos ons julle hier uit `n boek geskryf duisende jare terug? Wie is nou die fundamentaliste? Wie is nou dom - en wie is lagwekkend? Ons daag julle uit - kom met iets op!! Waarop staan julle behalwe op belediging en verdagmaking??
Spookvanger 10/23/2009 7:37:23 AM
Brentie,stuur asb vir my foto's van jesus en die heilige gees. Jy sien hulle mos elke dag. En ja, ek hoor al hoe weeklaag die dwepers. In die laaste dae sal ons gespot word. Ja, julle word gespot, want julle is een groot bespotting. Hande op, al die christene wie hulle kinders in die sorg van Brentie, Hans en Gereformeerde ds. wil laat ?
Chris Nortje 10/23/2009 7:51:23 AM
@ Danie W. Jy maak die bewering dat God nie bestaan nie, teenstrydig met wetenskaplike bevindings gebaseer op Einstein se Theory of Relativity dat 'n God wel kan bestaan. Die onus is dus op jou om die Theory of Relativity en Einstein se gevolgtrekkings oor die moontlikheid dat God bestaan, verkeerd te bewys. Wat my interesseer is dat jy nou weer net voort ploeter om Gode se name te noem en die Bybel aan te val met die hoop dat jy so kan bewys dat God nie bestaan nie. Miskien sukkel jy om te konsentreer, maar dit is presies waarop ek ateiste gekritiseer het in my vorige inskrywing. Kom ek bring die konsep tot op jou vlak van redenasie. Is Jan Van Riebeek of Hitler 'n geskiedenisboek? As iemand 'n paar duisend jaar later op grond van oorvertelde stories 'n boek oor jou skryf -- sal jy die boek wees? Dan, is God 'n boek? Neem al jou name vir verskillende gode weg, vergeet van die Bybel en van Christene, Budiste en Moslems. Kyk na die strukture en wisselwerking van die natuur rondom jou, hou in gedagte dat daar wetenskaplik bewys is dat daar 'n begin was, dat ons steeds nie kan verklaar hoe die heelal begin het nie, en bring vir my dan jou bewyse dat God onmoontlik bestaan. Ek vrae jou nie die vraag omdat ek actually 'n antwoord soek nie. Dis ook nie 'n kwessie dat dit eerder die gelowiges se werk is om met bewyse na vore te kom nie. Ek stel bloot die uitdaging om te bewys dat die mens nie in sy fisieke vorm ooit enige empiriese bewyse van God sal kan kry nie, of dit nou is om te bewys hy bestaan of anders om. Dit is wat dit 'n kwessie van geloof maak en 'n filosofiese onderwerp soos min ander. En dit is hoekom 'n vorm van godsdiens in skole hoort. Christene en Budiste en Moslems kyk soms om hulle en sien die wonders van die aarde en die heelal, hoe alles in mekaar steek, hoe een organisme 'n ander organisme kan help om voort te plant en/of te oorleef, hoe ons as mens daartoe in staat is om hierdie dinge te begryp en te verklaar. Dit alles toon tekens van 'n doebewuste skeppingswerk soos die mens struktuur en wisselwerking verstaan. Gelowige mense sien dit as genoegsame bewys dat daar iets groter as ons moes wees wat alles doelbewus geskape het. Die ateis glo dat alles toegeskryf kan word aan chaos en toeval. Ongelukkig bereik mens op 'n stadium 'n punt waar jy begin word soos hoe jy alles rondom jou sien. Anders gestel: jy raak nie net die produk van jou omgewing nie, maar meer 'n produk van hoe jy jou omgewing ervaar. Vir chaos om struktuur te kritiseer? Wel, op daardie vlak raak dit makliker om te besluit in wat mens wil glo oor God. Erken ten minste die moontlikheid dat jy absoluut verkeerd kan wees oor die bestaan van God, want per slot van rekening kan ons almal verkeerd wees oor Sy bestaan en sy karaktereienskappe, soos jy reeds bewys het deur die Bybel af te breek in stukkies.
Stefan 10/23/2009 8:05:14 AM
@Brentie,

Haai, dis mos nou 'n dom vraag. Daar is verskeie bewyse dat hy wel bestaan het, as jy daai bewyse wil vergelyk met die bybel vat jy 'n vet kaans. Staan sy boot nie iewers ge-park nie of is dit Dias s'n?
Gereformeerde Dominee 10/23/2009 8:41:45 AM
@Marie . Dit is nie Dopperdominees wat met my moet saamstem of verskil nie. Hier gaan dit eerstens oor wat die Heilige Geskrifte deur die Heilige Gees ( God) aan ons geopenbaar het . God se woord staan op die fondament van absolute onverganklike waarheid. Sy Woord kan nie verander word nie. Vandag in die post moderne samelewing is elke Jan Raap en sy maat besig om liberale slinkse duiwelse en valse verdraaiings van die Ewige Waarheid te maak. As die dopperdominees wat jy ken dit doen is hulle in groot gevaar .
Brentie is ‘n gesant van God en doen belangrike voet werk vir die Koningryk. Persoonlik ken ek hom nie maar deur die kennis en sekerheid van die geestelike werklikheid is ons siele een in Jesus .Die ongekende vraag na sekerheid en kennis is ‘n teken van die laaste dae van die bestel. Die gawes van die Gees dek die hele spektrum van saligheid. Ek is bevoorreg om die gawe van Profesieë te , Brentie het bv die gawe van grondlegging . Hy het bv ‘n uitstekende kennis van die geskiedenis van die Christelike geloof. Baie NG’s het so ‘n kennis . Ek neem aan hy is in die Ng Kerk as ek hom lees.Die meeste NG lede wat nie wedergebore – groot gedoop- is nie verbeur die gawe uit onkunde . Sulkes kan net terug kyk en die bestaande kennis van God oordra soos bv Brentie. Die wat wedergedoop is ontvang ander gawes direk van die HG . Net soos in die OT was almal nie profete nie. Slegs die wat die Profetiese uitleg ontvang het kan oor toekomstige dinge namens God profiteer en uitlê.

@ Stefan . Om te kleineer en te af te kraak met godlasterlike woorde onderstreep maar net jou ateïstiese fundamentalisme . Dit is jammer dat satan jou oë verbind het . profete was en sal nooit gewild wees onder die blinde samelewing nie. Mense soos jy sal en kan nooit verstaan hoe en waardeur die Heilige Gees ons uitverkorenes gebruik om die Boodskap van die Almagtige Hemelse Vader te verkondig nie .
Brentie 10/23/2009 9:35:13 AM
StefanEn wat se Stefan.Stefan se niks,want diekanse is baie groot dat hy nie eers sy oupase ouers ontmoet het nie.Nou hy weet hy dan dat hulle bestaan het.Eenvoudig elke mens van vleeslike oorspronghet 'n vleeslike vader en moeder.Die bewys dat hy self bestaan is primere bewys daarvan.Dus as sy voorgeslagte,afhangende van wanneerhul hier aangeland, kan wel iemand wees wat'n persoon ontmoet het wat vir onse Jan gekenhet.Ons maak dus op geskrewe en mondelingeoorvertellings staat om dit te bevestig.As daar dan nog tekeninge,skildere of soiets is, of iets wat 'n tasbare bewys soosdie kasteel,dan aanvaar almal dat onseJan werklik geleef en bestaan het.Nou wat Stefan aanbetref.Ek het hom nog nooitontmoet.Trouens ek het nog niemand op hierdieblog in lewende lywe ontmoet nie.Ek moet in goedertrou aanvaar dat hul werklike lewende 'mense' is en dat ek nie met 'n slim rekenaar besig om 'n gesprek te voer nie."n Rekenaar wat so geprogrameer is dat hy onder verskillende skuilname antwoord endie wat werklik lyk uit sy Cyberduim gesuighet.Dus aanvaar ek alle bloggers se 'bona fides', vertrou ek dat hul bedoelings opreg is, dat hul is wie hul se hul is.So leer ons dan ook vir Christus uit diebybel deur oorvertellings en getuies wat daarwas,wat sy wonderwerke aanskou het.So net so min as wat daar lewende persone iswat kan se dat hul onse Jan in lewende lyweontmoet het,kan ek se se dat al Christus inlewende lyf gesien het.Maar dit is nie nodig nie net soos Janvan Riebeeck 'n nalatenskap het en 'n volkstigter was wat tot die oorsprong van'n blanke volk gelei het, so was Jesusook 'n volksplanter en stigter.Maar Christus se nalatenskap is anders.Met sy vertrek het hy die Trooster gestuuren dit is die Trooster wat jou oortuig enin jou hart werk.Ja ek kan vandag in die kasteel in Kaapstadgaan rondloop, so ook kan ek Israel toe gaanen in die voetspore van Jesus stap.Ek sal nie Jesus of van Riebeeck ontmoetnie,maar wel hul nalatenskap.Orals waarek loop sal ek Christene,navolgers van Christus ontmoet en elkeen sal getuig vansy wonderlike verlossing en wat Hy in hullewe beteken.En dit Stefan sluit dan my bydrae op hierdieblog af.Wil jy graag vir Jesus ontmoet,koopvir jou 'n bybel en ontdek Jesus.Maar wees gewaarsku net soos jy jou voetekan stamp as jy sommer onse Jan se kasteelbinnestorm,so kan jy ook oor Jesus struikel,want Hy is die hoeksteen.Hoekstene was in die ou tyd en soos vandagdie belangrikste steen en daarvolgens is aldie ander stene gele en gerig. In ou gebouehet dit effens uitgestaan,so as jy sommer om die gebou storm,is die kanse groot dat jou voet gaan vashaak en jy gesig eerste in die stof gaan beland.
Chris Nortje 10/23/2009 9:50:06 AM
Om aan te sluit by my vorige inskrywing:

Om godsdiens by skole te verbied is nie in die gees van die wetenskap nie. Daar is 'n vraag wat beantwoord moet word: Bestaan God of bestaan Hy/Sy/Dit nie? Daar is dus twee argumente, 'n eue oue vraag wat die wetenskap nie mag ignoreer nie. Indien die akademie die een kant van die argument verbied in skole, aanvaar dit noodwendig die ander kant van die argument (dat God moontlik nie bestaan nie en dus nie van akademiese belang is nie) sonder dat dit TANS empiries of filosofies bewys kan word. Tans is wetenskaplikes reg oor die wereld druk besig om die onstaan van die heelal te probeer ontdek. Die kern van hulle belangstelling is die ope vraag of God bestaan of nie. Verwyder die onderwerp by skole (noem dit godsdiens of godsdiens filosofie of wat ook al) en julle verwyder die grootste vraag sover kennis strek van die silabus af. Dis so goed ons verbied navorsing hipoteses by universiteite vir emosionele redes.

Om die Bybel te kritiseer is orraait volgens my. Ons ontdek elke dag iets nuut wat vorige teoriee nietig maak. Maar in wetenskap het ons nog nie naastenby die punt bereik waar ons God kan afskryf as 'n "storie" nie. Inteendeel, wetenskap begin al hoe meer wys in die rigting van 'n skepper, 'n begin van alles en moontlikhede van 'n einde in die vooruitsig. Daar word selfs gespekuleer dat die heelal in homself kan implode, en WOEPS is ons terug by niks. Die teorie van relatiwiteit het ateisme so te se die mees verspotte geloof in die ganse heelal gemaak. Ek se dit nie om enigiemand bang te praat nie. Ek se dit om aan te toon dat hierdie debat rondom die bestaan van God en die skepping van alles ons oor die eue aangespoor het om te soek na waarheid, en dat ons tot dusver meer antwoorde gekry het wat die bestaan van 'n God bevestig as die teenoorgestelde.

Ek glo persoonlik nie in die Christene se God, die Budiste se God of die Moslems se God nie. Soos julle ateiste tereg wys, is daar gans te veel foute en weersprekings in die Bybel, maar tog is daar ook waarhede, kultuur en opvoedkundige waarde.

Ek was vir die grootste gedeelte van my lewe self 'n ateis. Maar daar is net te veel ontdekkings rondom my, wonders wat ek nie kan verduidelik met my beperkte kennis nie, wat my oortuig dat daar iets doelgerig is wat groter is as ek. Alhoewel ek nie 'n spesifieke geloof beoefen nie, hou godsdiens en die beoefening van geloof my brein aan die gang. Chaos verduidelik nie vir my die struktuur in alles nie. Vir die ateis verduidelik chaos egter stuktuur, wat nie logies moontlik is nie.
Chris Nortje 10/23/2009 9:51:41 AM
In kort is dit my bewys dat God bes moontlik bestaan.
Spookvanger 10/23/2009 12:01:32 PM
Dit is vir die dwaalpriesters en hulle skoothondjies doodeenvoudig te groots om te besef dat hulle dae van leuens verby is. Verby is die dae dat almal gedink het dominee is net 'n haarbreedte onder God, en ouderling is nou weer net 'n haarbreedte onder dominee. Die ds. probeer homself terg deur voor te gee dat profete maar bestem is om gespot te word. As jy twak praat sal jy gespot word. Ek wonder wat gaan 'surf' die dominee en Brentie en kie in elk geval op die internet as alles in hulle bybel te vinde is. Gaan lees maar in die boek "Bloedvlag oor Prieska" oor die visioen van Jesus waar hy soos 'n dier uit die aarde verrys, 'n paar kilometer in die lug instyg, bebloed en nie 'n mooi gesig om te sien nie. Hy sal al sy bloedjies wat hom so vuriglik verkondig kom gryp. En hy gaan hulle beslis nie fliek of 'hemel' toe neem nie.Gelukkig is ek nie 'n Jesus bloedjie nie. Geniet julle sirkus totdat julle 'verlosser' ons van julle kom verlos .
Stefan 10/23/2009 12:15:46 PM
@Gereformeerde Dominee,

Gelukkig is laster 'n "victimless crime"

Om nonsens te versprei soos dat die aarde tot 'n enide kom op 21 Mei 2011 en dat die aarde 7000 jaar oud is onderstreep vir my jou christenlike fundamentalisme. Ek sal baie graag jou telefoon nommer wil he sodat ek jou kan bel op 22 Mei 2011 en vir jou kan lag.

Het jy jouself al voorberei vir wat jy vir jou gemeente gaan se as daar niks gebeur op die 21ste Mei nie? As ek jy was sou ek maar solank aan iets begin dink.

Ek het geen probleem met christene wat vir hulle self kan dink nie, ek het wel 'n probleem met julle fundies en veral die young earth creationists wat nie wetenskaplike bewyse kan aanvaar nie omdat dit bewys dat julle geloof nonsense is.

@Brentie,

In daai geval het mohammed regtig op 'n perd met vlerke hemel toe gevlieg. Daar was tog baie ooggetuies wat die koran geskryf het? Of lieg hulle almal maar almal wat die bybel geskryf het praat die waarheid? Hoe is ek veronderstel om te onderskei watter geloof nou eintlik die ware een is dan? Watter bewyse lewer die een wat die ander een nie doen nie?
Kobus de Lange 10/23/2009 12:28:55 PM
Hoe sal ek verduidelik dat God bestaan? Ek kan nie die gevoel en vryheid wat in my hart is omdraai in woorde nie.

Net soos wat jy die nag moet beleef om te verstaan wat die dag beteken, net so kan ek nou my tyd wat ek ongered was vergelyk met hoe dit voel om 'n kind van God te wees.

Ja ek het geen fisiese bewyse om aan ongeredde mense te wys nie, maar dit is immers hoekom dit "geloof" genoem word, en nie "sig" nie.

'n Ongelowige persoon moet self daardie besluit neem om die deur van sy hart oop te maak vir Jesus, en dan sal jy besef Hy is 'n werklikheid. Vir solank as wat jy fisiese bewyse gaan najaag, gaan jy nie redding kan ontvang nie.


Geamuseerd 10/23/2009 1:00:57 PM
Groot Beskeie Dominee. 'n Profeet van God kan mos nie naamloos deur die lewe gaan nie. Wys vir my een voorbeeld daarvaan in die bybel. Laat weet ons tog wat jou naam is, groot asseblief. Ons soek jou handtekening ! Dink net die jillende en gillende massas wat aan jou wil raak ! Ek sien al die NG ouens moet hulself nou dringend groot laat doop, of is dit nou eintlik laat groots doop sodat hulle ook so groots soos jy kan wees? Eintlik 'n belediging vir ou Brentie, maar hy is tog te bly vir die bietjie aandag, dat hy dit nie eers agterkom nie. As jy eintlik 'n gekskeerder is, doen jy 'n moerse goeie job...
Gereformeerde Dominee 10/23/2009 1:22:32 PM
@ Stefan

die HG openbaar die Byebel vir my . Ek se niks , ek luister en profeteer wat in die Woord vir my se.

Google net 21 Mei 2011 . Die Here het iets baie spesiaals vir jou . Luister na Sy stem ! So Spreek die Here Here .
TB 10/23/2009 1:28:16 PM
Na die verwagte afgewaterde kommentaar wat soos normaalweg in n bekgeveg ontaard het of daar n skepper is of nie: Moet goedsdiens in skole (staatskole)toegelaat word? Daar is n baie goeie brief van ene TA van Wyk in Beeld vandag: "Dis net goeie rede dat kerk en staat geskei word". SA is n sekulêre staat - staat en godsdiens is geskei. Meeste skole, met uitsondering van privaatskole, behoort aan die staat. Die Grondwet bepaal volle godsdiensvryheid sonder enige diskriminasie op grond daarvan. Alle vorme daarvan.(Loop lees die volledige brief sorgvuldig). Voor enigiemand onnadenkend antwoord, neem kennis: Satanisme is ook n godsdiens.
Student 10/23/2009 1:44:03 PM
Hans, ek betaal my eie deeltydse studies, dankie. Ek werk al jare en maak goed geld. So, up yours!

Ek moet tog die argument dat God deur die realitiwiteitsteorie bewys kan word, na ete aan die mense by Fisika gaan vertel, sodat ek hul reaksie kan sien! Ek meen goeie genade, God kan deur gravitasie bewys word? En die Heilige Spook deur magnetisme? Zvi Shkedi slaan sy naam met 'n plank op elke forum op die internet, hy glo nie eers in Hiesus Gristus nie, maar sy storietjie oor die relatiwiteitsteorie word deur verkoop as die waarheid?

@ Kobus. Ek het lank genoeg my hart oopgehou vir Hiesus en my verstand toe. Ek weet vandag dat daai gevoeletjie wat Gristene het dat Hiesus in hul harte is, twak is. Die liggaam produseer self daardie gevoel.
Danie W 10/23/2009 3:11:34 PM
Slaap TB tydens die les?

Satanisme is 'n spotgeloof. Dit is 'n parodie. Jy betaal $200 om aan te sluit en wanneer jy bedank kan die raad besluit of hulle jou met $100 gaan refund. WORD WAKKER. Dit is 'n grap. Die ouens geniet hulle gate uit, omdat julle Amish-agtig deur die lewe gaan en dink dit is ernstig. Die Kerk van Satan is vir dekades al 'n komedie-sukses omdat sotlike mense dit met hul agter-die-hand-bang-maak-praatjies dit die moeite werd maak.

Gaan kyk na die 1992-FBI verslag oor Satanisme in die VSA. Die Christene wat die sake aangemeld het, was mense met gedragsprobleme en ander sielkundige afwykings.

Dit is mense wat skrik vir koue pampoen wat so bang is vir die gotte en die duiwels!

Nou vra julle nog hoekom mense soos rotte van die sinkende geloofskip afspring.
hans 10/23/2009 3:21:02 PM
Brentie, dit sal nie help om met die spulletjie enigsens oor "bestaan" te redekabel nie. Hulle vat die lewe waarvan hulle maar eers omtrent op 8 maande van bewus geword het, die naampie, haarkleur, geslag nasie ens. en leef daarmee voort sonder om enigsens ooit `n verklaring te soek mbt waar dit vandaan kom. Dan wil hulle nog boonop die Skepper kom voorskryf oor wanneer Hy Sy seun moet laat terugkom! Stofkorreltjies in `n onmeetlike groot heelal waarin hulle onbeduidend is. Hulle waag dit om die God van hierdie onmeentlike groot heelal uit te daag!! Dit laat my gedagtes totaal uit"bom", want aan groter dwaasheid kan ek myself nie indink nie! Die Woord verklaar duidelik aan ons dat wat bestaan is baie diep en wyd, wie sal dit ooit verstaan? Hulle verstaan dit ook nie, maar weet self nie waarin hulle glo nie - kan niks konstruktiefs in die` lyn beskryf nie, maar gaan in hulle dwaasheid voort!! Student noem homself "student" omdat hy duidelik nog `n student van die lewe is - of hy nou self betaal of nie. Ek meen "up ....ours" sies ouboet, word groot en kom praat dan saam met die ooms!! Wie wil nou `n foto van Jesus en die Heilige Gees he?? Nee man , by ons gaan dit oor Geloof!! "`n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop" Nee seun ons soek nie fotos - egte ervarings is baie beter!!!Danie W en Marduk - meesters van projeksie en albei ewe deursigtig!! Wat hulleself doen projekteer hulle op ander. Marduk gebruik sy werkstyd om op hierdie forum te skryf en Danie W weet subjektief waaraan hy sy tyd by die huis spandeer - 7 de Laan, en nou gooi hy dit op die Christene hier wie nou kamtig nooit huisgodsdiens hou nie - vervelige tipiese veralgemening met sy eie subjektiewe gedagtes waarin hy liewers mense in wil verplaas van wie hy eintlik `n hoë dink het, maar hy wil dit nie erken nie, want dit laat hom sy eie hopelose situasie erken. Naelstringloos - die Godloses!! Presies wat die satan wou gehad het - `n eens baie gelowige volk sit nou met `n beduidende getal gevoellose, koue, leë gebreinspoelde mense vir wie die waarheid na `n leun klink en lyk ! (“Ek sal hulle die krag van die dwaling stuur om die leun te glo”)Klinies het hy sy werk goed en deeglik gedoen!!. Die` wie die onderskeiding van die gees het besef 100% hoe en waar hulle dwaal!! Hier is `n baie goeie vooorbeld, ek haal Stephan se woorde aan:"Julle is almal besig om julself kennis toe te eien wat julle nie oor beskik nie. Nie een van julle het God en Jesus of Satan al persoonlik ontmoet nie" Ek was `n 21 - jarige verlore verwaalde Christen kind (soos alle gebore Christene maar op `n stadium) toe die Here my kom "gryp" het en ek met `n Damaskus - pad bekering tot inkeer gekom het!! Nadat ek al van 13/14 jarige leeftyd geswoeg het met myself om van `n sondige lewe ontslae te raak, kom keer die Here my lewe met `n hand - omkeer om. Vir die eerste keer in my lewe kry ek dit reg om vir al die verkeerde dinge nee te se, ek kry dit reg om te oorwin en my lewe begin rigting kry.Ek het van toe af `n persoonlike verhouding met God!! Na 26 jaar gaan my geestelike lewe van krag tot krag – elke lid in my gesin is gered. Ons bluf nie onsself nie, ons is ook nie foutloos nie, maar ons lewe elke oomblik met Hom, toegedek onder sy bloed. Nou moet ek hoor niemand hier het God al ontmoet nie!! Hoe kan ek dan nou anders as om simpatie met jou te hê oor die snert wat jy kwytraak!! Jy sal mos nie weet wat ek ervaar nie - jy ken my mos nie!! Jy sien nie hoe verbaas ou skoolmats is as hulle my na al die jare sien nie - verbasing op hulle gesigte - hulle sit almal tipies (en ook geregverdig) met hulle gevormde idees oor my wat jare gelede op skool gevorm is en hier sien hulle skielik `n wonderwerk!! DIT IS WAT DIE GENADE VAN GOD IS!! As jy dit eenmaal ervaar het, kan niemand dit mos van jou wegneem nie! As jou ware skeppr jou aangeraak het WEET jy dit mos! Jy erken mos jou Vader se roepstem net soos `n kalf sy ma se roep erken!! Tragies ons volk - ons het die pas so` mooi begin met ons volksplanting - wonderwerke soos Vegkop en Bloedrivier meegemaak onder die vertroue in God die skepper Nederig met geboë hoofde die Vader gevra vir uitkoms wat hy gestuur het!! En nou? Nou hoor ons hier stemme opgaan van mense wie dieselfde God wie ons uitgered het spot!! Wat moet ons maak? julle uitroei onder ons geledere uit of wag dat die onvermeidelike gebeur - die straf wat God oor julle sal bring indien julle gaan volhard in julle sonde! Spookvanger - jy is geestelik DOODas jy ongelowig is - jou siel gaan nie die hel vryspring nie, jy is net dood vir die waarheid en vir die egte lewe - jou hel het klaar begin, want hoe moet dit nou voel om sonder `n naelstring te lewe?? Julle verlang na die naelstring, daarom hou julle aan om te redeneer met mense wie in "spoke" glo, grappe volgens julle wie aan `n dooie God glo!! My vriend, as ek belaglikes langs my pad teëkom, gaan ek hulle verby. Ek argumenteer nie met `n dooie hond wat langs die pad lê nie - `n dooie ding stink gewoonlik! Maar julle bly die lewende God en sy kinders aanval- soos `n dronkie of `n Bobbejaantwak - roker wat nie sy ding graag alleen wil doen nie!! Hy soek altyd "company"

Stefan 10/23/2009 3:48:37 PM
@Gereformeerde Dominee:

Nee, die HG openbaar niks aan jou nie, jy praat met jouself dus hoekom ek dink jy mal is.

So what? Ek kan "UFO" ook google en "bewyse" kry. Ek luister maar hoor niks :(

Ek het iets spesiaal vir hom ook, 'n masiewe lys vrae.
Chris Nortje 10/23/2009 5:58:38 PM
@Student, jy is so toe soos 'n plastiekpop se gat of jy kan eenvoudig nie lees nie. Ek het op geen stadium gese dat die relatiwiteitsteorie 'n bewys is van God nie, maar dat dit die moontlikheid van 'n God toelaat.

"In 1915, Albert Einstein had concluded that the universe could not be static because of calculations based on his recently-discovered theory of relativity (thus anticipating the conclusions of Friedman and Lemaitre). Shocked by his findings, Einstein added a 'cosmological constant' to his equations in order to 'make the answer come out right' because astronomers assured him that the universe was static and there was no other way to make his equations match such a model. Years later, Einstein was to admit that his cosmological constant was the biggest mistake of his career." "...Our universe came into being as the result of the explosion of this point-mass that had zero volume. This explosion has come to be called the 'the Big Bang' and its existence has repeatedly been confirmed by observational evidence. There was another truth that the Big Bang pointed to. To say that something has zero volume is tantamount to saying that it is 'nothing'. The whole universe was created from this 'nothing'. And furthermore this universe had a beginning, contrary to the view of materialism, which holds that 'the universe has existed for eternity'."

Snaaks genoeg het ateiste aanvanklik die materialistiese teorie gebruik om hul geloof te bewys en toe vinnig op die "big bang" teorie gespring toe die materialistiese teorie in 'n SEKERE OPSIG (let asb op my woordgebruik) ongeldig bewys word deur die relatiwiteitsteorie. Tog is altwee ewe moontlik, en daarom sukkel ons tot vandag toe om te verduidelik van waar af die aanvanklike energie gekom het om die "big bang" te veroorsaak. Dis waar geloof en God by die agterdeur kan inglip.

Jy kan glo dat dit net 'n random event was of jy kan glo dat iets wat wel geen begin of einde gehad het nie, wat wel deur die materie wet toegelaat word, 'n proses begin het wat die "big bang" tot gevolg gehad het. Die materie wet in wisselwerking met die relatiwiteitsteorie gee dus ons verbeeldings spasie vir God. Dit bewys egter nie dat God bestaan nie, en dit bewys ook nie dat Hy nie bestaan nie.

Die besluit of jy in 'n "iets" glo wat doelgerig alles laat begin het, hang af van of jy kan glo dat daar struktuur bestaan in chaos (random events). As jy glo dat daar struktuur bestaan in chaos, sal ek graag die naweek se lotto nommers by jou wil kry.

Dit is egter vir my ('n eenvoudige mens op aarde met verstandelike beperkings) onlogies dat daar logiese strukture en selfbewuste, relatief logiese kreature soos mense kan ontstaan het in 'n suiwer random event. Dis soos om bene op die grond te gooi en te se jy kan die toekoms akuraat sien in die random patroon wat die bene vorm. Daar is eenvoudige geen logiese struktuur of plan in suiwer random events nie. Is dit bloot 'n kwessie van aanpassing by jou omgewing soos Darwin gemeen het? Kan wees, maar steeds: wat het die "big bang" veroorsaak? Hoe verduidelik ons dat daar NIKS was en toe skielik IETS?

Vir my maak God sin. Dis die res van die goed wat ons rondom Hom/Haar/Dit uitgedink het, al die profetiese voorspellings en bonatuurlike wonderwerke, wat nie vir my sin maak nie. En ek dink dit is min of meer wat vir meeste ateiste nie sin maak nie, wat hul besluit om nie te glo nie, voer.

Om te maak asof ek 'n idioot is omdat ek glo in 'n doelbewuste skepping, is soos om almal wat al ooit 'n coin in die lig op geskiet het onnosel te noem.

Julle kies heads, ek kies tails. Nog 'n random event waaroor ons kan stry.

As jy hierin nie die moontlikheid van 'n skepper kan sien nie, is jy dalk net te lui om daaroor te dink.



Chris Nortje 10/23/2009 6:54:23 PM
Om my opinie oor die kwessie van godsdiens in skole af te sluit, wil ek graag voorstel dat die mens dalk eerder moet poog om te onderskei tussen die bree definisie van die term akademie en empiriese wetenskap. Dit is so dat empiriese wetenskap nie geloof daarin nodig het om die bestaan van 'n fisiese fenomeen te bewys nie. Iets wat fisies bestaan, kan bestaan sonder ons geloof daarin. Die mens kan egter geen waarheid ontdek sonder geloof of nie-geloof daarin nie. Om hierdie rede het die akademie empiriese wetenskappe sowel as godsdiens nodig om vooruitgang te maak. Indien godsdiens nie wetenskap ondersteun nie, bevorder dit wetenskap definitief in die opsig dat dit ons konsepte van realiteit uitdaag, en vice versa. Dis soos die ying-yang. Sover dit die mens se belangstelling betref om die waarheid omtrent God te ontdek, kan die een nie sonder die ander oorleef nie. Ek weet van weinig wetenskaplikes wat lewensvatbare ontdekkings oor die heelal en die aarde gemaak het wat nie deur godsdiens gemotiveer is nie, al was dit om die bestaan van God te betwis. In sekere vorms van empiriese navorsing, sal 'n nuwe hipotese geen betekenis he as dit nie 'n teenstrydige hipotese het om te verwerp nie.

Godsdiens hoort in skole bloot omdat dit soms lei tot die wetenskaplike ontdekkings wat dit betwis. Nie almal in 'n skool gaan eendag 'n Hawking, Darwin of Einstein word nie. Sommige mense gaan glo in God en ander gaan nie. Mense sal tot in lengte van dae argumenteer oor die bestaan van God. Maar net soms, lei hierdie argumente tot ondekkings wat die mensdom verstom. Vir hierdie rede, en indien dit vir hierdie rede alleen is, behoort die filosofiese debat rondom God en die bestaan van die heelal in skole te bly.
Brentie 10/23/2009 10:36:29 PM
Stefan
Glad nie daar word betoog dat niemand ,wat tans hier skryf al vir Jesus ontmoet het en dus nie eerstehands kan getuig dat hy wel bestaan het.

Daarom my vraag aan jou?

TB.Jypraat van 'n sekulere staat.Sekulere
in sy oorspronklike vorm beteken van die wereld teenstaande die kerk.
Dus bepaal die staat wat is goed en wat is kwaad.Die staat se norme tov moraliteit is
nooit konstant nie en dit is juis die grensveskuiwings wat tot die ondergang van
die volk Israel en daarna alle groot ryke
daarna gelei het.

Daar is net een maatstaf en dit vind jy in
die bybel en die 10 gebooie is 'n opsomming
daarvan.

Dit is opmerklik dat geen ryk op aarde ooit
staande gebly het en dat die verskuiwing van
grense tov wat is goed en wat is kwaad vir die mens die kern was van die agteruitgang
en ondergang van ryke nie teenstaande kortstondige periodes van oenskynlike
rykdom en vooruitgang.

Al die land in Europa ondervind 'n morele
verval en is lande soder moraliteitsgrense,
lande waarin alles aanvaarbaar is.

Dit is opmerklik dat in Suid Afrika soos
doe moraliteitsgrense al verder geskuif word
seksueel oordraagbare siektes hand oor hand
toeneem en dat die dodetal van veral vigslyers beraam word op 500 000 jaarliks.

Dit kan ook nie anders nie want die jongste
voorstel is seksuele onderrig aan vyfjariges
en hoef 12 jariges nie hul voogde se toestemming tot aborsie te he nie.
Ook sien 'n mens in Amerika dat na die afskaffing van godsdiens op skole die morele
verval hand oor hand toeneem.
Stefan.
Wat Mohammed aanbetref is jou waarnemings
nie korrek nie.Mohammed is 632 oorlede
en 6 jaar later is die visioen gesien.
Dus geen direkte waarneming nie.

Dit is dus die verskil tussen die Koran en die bybel.
Marduk 10/24/2009 6:55:25 AM
Was Maandagaand laas op hierdie bladsy en is weens werksdruk weerhou om verdere besoeke te maak asook replieke. A ‘humdinger’ of a week as they always say! Dit is egter nou naweek, ek het nou net die gras klaar gesny, my hondjies gevat op ‘n rustige stappie deur my buurt en ‘log’ nou aan vir die eerste keer om te kyk wat sedert Maandagaand hier aangegaan het. Dit wil vir my voorkom of die res van die manne baie 'besig' was in die week! Daar's sekere karakters hier wat lyk my permanent op hierdie bladsy sit! En nou het ons nog 'n dopper dominee ook wat by die partytjie aangesluit het. My the plot thickens! Ek sien Hans beweer dat die 'hel' 'onder die aarde' sit en dit is hoekom ons vulkane het. ‘n Merkwaardige ontdekking! Ek wonder wat die geofisika daarvan sal dink! Ek sal jou nomineer vir die volgende Nobelprys in Fisika! Of Hans, miskien het jy nie mooi opgelet in die wetenskap en aardrykskunde klasse op skool nie. Nee, ‘ignorance is not bliss’! So terloops, Hans, ek dink jy moet weer die gelykenis van die Nou Poort gaan lees (en hierdie keer staaaaaaaaaaaadig). Want dit lyk vir my jy verstaan steeds nie wat daar geskryf is nie. En as jy nie eers jou eie bybel se dieper waarhede kan begryp nie, hoe kan jy dan bybelverse aan ander aanhaal om jou saak te ‘versterk’? Weet jy hoe kom jy voor vir my? Hoe meer verse jy aanhaal, hoe onsekerder klink jy van jou saak. En geagte dopper dominee - is dit die goed wat hulle jou leer op kweekskool? Nog altyd gewonder wat maak julle ouens so lank op universiteit. Google net 21 Mei 2011? En as ek nie wil nie, wat dan? Wag, laat ek dit nou mooi probeer verstaan: op 21 Mei 2011 eindig die planeet? En nie op 20 of 22 Mei nie? En net jy weet hiervan (omdat jy dit ‘gegoogle’ het vooraf?). Ek kan nou begin verstaan hoekom kerke leeg loop... Dominee, moet jy nie werk aan Sondag se ‘preek’ nie? Is dit nie waarvoor jou arme gemeente jou betaal nie? En beteken dit dan dat daar nie ‘n volgende Rugby Wêreldbeker gaan wees nie? The Kiwis will not be impressed!
En nou vir die koek en die kersies: Einstein se Algemene Teorie van Relatiwiteit asook sy Spesiale Teorie van Relatiwiteit ‘bewys’ dat daar een of ander ‘god’ bestaan. Man, ek leer elke dag iets nuuts! Soos byvoorbeeld dat ‘n klein bietjie kennis uiters gevaarlik kan wees! Hierdie bladsy (oftwel sommige se bydraes daartoe) is eintlik beter as enige van my gunsteling komedies op TV (“Big Bang Theory”, “Two And Half Men”...).

Gereformeerde Dominee 10/24/2009 9:57:35 AM
@Geamuseerd
Brentie doen baie spesiale werk vir die Here . Dit is nie dat hy minderwaardig is voor God omdat hy nie die gawe van Profesie het nie. Brentie is soos die Romeinse soldaat wat in die voorste linies veg . Sulkes verstaan nie noodwendig die groterprentjie wat die keiser in gedagte het nie. Maar daar is niks daarmee verkeerd nie .Die soldaat is lojaal aan sy leier en dis al wat belangrik is. Die Hg het weer vir my ander gawes gegee. Soos Brentie ‘n soldaat of onderkorporaal is , is ek ‘n Generaal. Die Generaal moet net so getrou aan die keiser wees as die soldaat . Al verskil is , is dat ek net nader aan God is en meer verstaan oor die groterprentjie en wanneer watter veldslae beplan en uitgevoer gaan word. Dit is hoekom die heerskappy van God ‘n Koningryk is . Daar is ‘n hiërargie met vleeslike persone in diens van die RYK. Dit is wel so dat die groter massas aan die onderpunt van die hiërargie is , maar elke siel is belangrik. Ek kan die Here net dank dat Hy my as nietige swakkeling gekies het om sy wonderlike raadsplan aan julle te kan meedeel. Ek vra julle nederig om soos soldate julle skilde op te neem en gereed te wees op die 21 Mei 2011. So spreek die Here Here.
Brentie 10/25/2009 1:59:41 PM
Dankie Dominee.In die army het ek genoeg troepe se agterentegeskop om hul in beweging te kry.Dus is dit vir my 'n groot plesier om te sienhoe rond en bont die spul spring as jy hulleoor hul herkoms uitvra.Gaats,vir mense wat God en sy Gebod afskryfis hul darem besonder skaam om by die beginte begin.Ek wag nou nog vir 'n antwoord daarop.
Brentie 10/26/2009 7:23:18 AM
Ek gaan my nie uitlaat oor die akkuraatheid
van Gereformeerde Dominee se voorspellings
nie.

Dit is vir my nie belangrik nie. 'n Christen
behoort so te lewe asof vandag sy laaste
dag is.

Daarom sien ek Gereformeerde Dominee se
voorspelling as 'n ernstige oproep tot
bekering.

Glo ek dat jy heeldag met 'n droewe gesig moet rondloop met die bybel onder jou arm asof jy nou op pad is na of van 'n begrafnis
afkom ?.

Nee natuurlik nie.Ware Christene, dus die
wat Jesus as hul enigste Verlosser en Saligmaker aanvaar het, is die enigste mense
wat met 'n glimlag kan rondloop en voluit
lewe.

Want hulle weet die dag wat hul hierdie
aardse tentwoning, met al sy skete en tydelikheid, verlaat wag daar 'n onbeskryflike lewe saam met hul Verlosser anderkant die graf op hulle.

Hulle is dus die enigste mense wat rede het
om te juig en te jubel, want hul weet hul
Verlosser leef.

Vir die wat glo hul is gebore uit en dat
hul is afstammelinge van die dier is , het die lewe 'n troostelose einde,want vir hulle eindig alles by die graf.

Dit is dan ook die hoofrede,waarom hulle se
'kom laat ons drink en vrolik wees,want more
sterwe ons en dan is alles verby'.

Die vraag is dus wat moet die maatstaf wees
in hierdie lewe, menslike wysheid uit en van
die wereld,dus sekuler, wat self bepaal wat
'goed en kwaad' vir die mens en waarin en
waardeur die grense van moraliteit soos moeg
gekoude kougom al verder uitgerek word?

En as dit nie die gewenste uitwerking het,dus sy smaak verloor het, word dit uitgespoeg of erens onder 'n restaurant se tafel vasgeplak en nuwe vars stukkie kougom uit die pakkie van menslike wysheid gehaal, soos die kougom van meneer Dawkins.

As dit dan gekou en gerek is en sy smaak
verloor het, wel daar sal wel 'n nuwe Guru sy verskyning maak tot dat hy/sy ook in onguns verval.

En so strompel die mensdom dan van geslag
tot geslag voort en steeds ontwyk die oplossing hulle en verdwyn en verskyn regerings daagliks.

Daar is net een regering wat nooit wankel of
struikel nie en een Regeerder wat sy opponent
vir goed verslaan het en dit is die regering
van Jesus Christus.

Sy opponent loop soos alle slegte verloorders rond en maak sy oorwinnaar sleg
en kraak hom af en loop dan in bybelse terme
'soos 'n briesende leeu rond wat soek om te
verslind' omdat hy weet dat sy dae getel is
en al oortuig hy ook duisende dat hy die
oorwinnaar is, weet hy dat sy 'oorwinning'
hol is en daarom moet hy as die vader van
alle leuens, opnuuut nuwe pakkies kougom
vervaardig.

Dit doen hy dan ook om die 'lewend makende
woord van God' soos dit in die bybel geopenbaar,verdag te maak en te betoog dat dit sleg vir die mens is en dus op alle terreine verban behoort te word en in die
plek daarvan nuwe pakkies kougom onder die skyn van 'n nuwe kurrikulum aan die mens as die 'final solution' voor te hou.

So besluit maar self waarmee jy wil meet.
Die woord van God, die Woord wat vlees geword het en onder ons kom woon het, of
Dawkins (voeg jy gunsteling se naam hier in)
se pakkie kougom.

Wat jy ook al doen die keuse is joune. Net een versoek as jy klaar gekou het, moet dit nie onder restaurante se tafels en stoele vasplak of op die strate uitspoeg ,sodat ander mense daarin trap nie.

Gooi dit asseblief in 'n asblik,want dit is
waar dit behoort. Maar as jy kougom soek wat
nooit sy smaak verloor nie, koop vir jou 'n bybel.Daarin sal jy kougom ontdek wat nooit
sy smaak verloor nie, wat altyd vars bly,
wat jy kan kou en herkou,wat jy nooit hoef
uit spoeg nie.

Dit staan ook bekend as die 'lewende water'
wat as dit gedrink het, jy nooit weer dors
sal word nie'.

So watter 'kougom' gaan jy aan jou kinders
gee om aan te kou, die keuse is joune.

Malherbe 11/18/2009 4:14:18 PM
Ek het hierdie forum van bo tot onder gelees en weereens met 'n skok besef hoe agteraf ons ou Afrikanervolkie is. Het ons dan niks geleer uit die onlangse verlede nie? Brentie, ou vrind, al wat jy heeltyd doen is veroordeel en verdoem. Besef jy nie dat jy jou mede Christene se naam met 'n yslike plank slaan nie? Apologie dat ek jou nou uitsonder, want die meerderheid van jou mede Christene se kommentaar dra dieselfde klad. Doen jouself 'n guns en raak rustig. Lees dan met 'n oop gemoed wat iedereen hierbo geskryf het en doen dan 'n evaluasie van waar jy staan. Probeer om nie emosioneel te reageer nie - wend eerder 'n ernstige poging aan om met gesonde verstand 'n mening te vorm. Ons weet tog almal dat emosionele reaksies selde die korrekte is. Indien jy dit kan regkry, let daarop dat heelwat van die individue wat nie jou geloofsoortuigings deel nie, eens op 'n tyd ook gelowig was en wel die Bybel goed ken. Baie van ons was troepe op die grens, het die wreedheid van oorlogvoering en die rol wat indoktrinasie daarin gespeel het, eerstehands ervaar. Ja, en miskien is van ons die outjies na wie jy so vermaaklik verwys as diegene wat jy onder hul alies geskop het. Met alle respek ou Brentie, maar uit jou kommentaar wil dit voorkom of jy nie veel gegroei het sedert die 80's nie. Wil jy my werklik vertel dat selfs met die destydse weermag as agtergrond (ek neem aan uit jou skrywes dat jy hierdie ervaring deurgemaak het), dat dit nog nooit by jou opgekom het dat waar populistiese en religieuse ideologiee gekombineer word, en boonop deur die massas ondersteun word, die massas deur die geskiedenis heen omtrent altyd verkeerd bewys is? Die voorbeeld van jou Jesus wat deur die massas gekruisig is kan as voorbeeld dien. Die destydse apartheids ideologie dien natuurlik as die beste voorbeeld vir ons volkie - onthou jy hoe die oorgrote meerderheid met die goedkeuring en propaganda van die kerk, hierdie bestel gesteun het? Wil jy my werklik vertel jy het NIKS hieruit geleer nie? Jammer ou maat, maar ek het. Ek het geleer dat ek niks sal glo slegs omdat iemand sê "dit is so" nie, of omdat 'n boek wat 2000jaar gelede geskryf is, dit voorskryf nie. Of omdat dominee so sê, of Meneer by my skool, of een of ander omie wat geld maak uit die massas nie. Nee Brentie, ek het op 'n baie laat ouderdom (tot my spyt) tot die besef gekom dat slegs feite tel. So wat is die feite? Dis 'n feit dat die aarde rond is, dat gravitasie die appel van die boom aftrek, dat die aarde miljoene jare oud is, dat ons mensewesens miljoene jare terug baie anders daar uitgesien het.....en dat die Bybel ongelukkig NIE 'n feiteboek is nie, maar 'n mitiese boek met stories wat van geslag tot geslag oorgedra is. Daar bestaan egter 'n sterk moontlikheid dat daar nog vir lank deur die oorgrote meerderheid van die mensdom aan hierdie boek (asook die Koran) vasgeklou gaan word. Hieraan kan ek en ouens soos ek min doen en om eerlik te wees het ek nie noodwendig 'n behoefte om iets daaraan te doen nie. Nee, anders as Christene wat alles en almal om hulle wil bekeer, wil die meeste ongelowiges net nie hê dat jul geloof deel van skoolopleiding word nie. Julle is die eerste outjies wat aanvoer dat geloof presies dit is, m.a.w. 'n "blinde glo soos 'n kind". Hieruit volg dit tog sekerlik dat dit tuishoort in die kerke, sinagoges of huishoudings wat dit aan kinders wil aanbied. Jy sal tog saamstem dat instellings soos skole en universiteite feitelike inligting moet oordra. Indien nie, staan jou begrip van die definisie van skool- en tersiêre onderrig op wankelrige bene. Wat vir my verstommend is, is dat dit enigsins vir my nodig is om aan jou uit te wys dat deur die geskiedenis heen die kerk nog altyd verkeerd bewys is op die feite hierbo genoem (aarde rond, gravitasie, heliosentriese teorie, en vele meer). Dit opsigself behoort die rooi ligte by jou te laat aangaan. Dit behoort jou die vraag te laat vra: "Is ek nie dalk verkeerd nie?" Wat my bekommer is dat jy skynbaar nie hierdie vraag stel nie......en dit liewe Brentie, is genoeg bewys vir my dat ons huidige skoolstelsel produkte produseer wat soos 'n klomp moggels (lekker "army" uitdrukking)niks bevraagteken nie en net aanvaar omdat Juffrou of die Bybel so sê. Ek verkies dat my kinders bevraagteken. Dat hulle nie die maklike roete van van die skaaptrop volg nie, maar vir hulself dink.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Emile Myburgh sê... @ekke. Laat ek mooi verstaan, jy sê daar is niks om te verloor deur in God te glo nie, want as jy doodgaan en jy ontdek daar is wel 'n god, dan het jy gewen? OK, my geleerde kollegas hierbo het mooi aan jou verduidelik wat verkeerd is met die logika aan daardie redenasie.

Maar ek het 'n ander probleem. Jy glo dus net in 'n god uit vrees vir die dood en wat daarna sou gebeur (antwoord: niks gebeur daarna nie, jy keer terug na die staat waarin jy vir 13 biljoen jaar was voor jy gebore was, en het daardie 13 biljoen jaar se slaap jou enigsens gepla?). Jy dien nie god uit oortuiging vir jou geloof nie, maar net om jou bets te hedge. Dit is nie 'n goeie rede om in god te glo nie. Trouens, dit is een van die patetieste redes om te glo. Ek dink ek het meer respek vir die moslem fundamentalis wat homself opblaas, ten minste is sy oortuiging opreg.

Jy, daarenteen, is in godsdiens se mag omdat jy bang is vir die dood. Dit is natuurlik en verstaanbaar, maar totaal en al irrasioneel.

Laat ek vir jou verduidelik: lewende wesens gaan dood sodat hulle nie met hulle afstammelinge kompeteer vir skaars hulpbronne nie. Daar is baie meer te sê oor hierdie onderwerp, maar ek sal hierby volstaan.

Maak die beste van die jare wat jy het om te lewe, en hou op worry oor 'n fiktiewe lewe na die dood. Dit stel jou net bloot aan emosionele en sielkundige uitbeiting deur deluded mense soos Oom Angus, Bennie Hinn, Apostel Rina en diesulkes wat net hulle eie agenda volg (o.a. Geld). Hulle het hulle eie begeertes wat hulle reken, sonder enige rede, sal vervul word indien hulle almal kan oortuig om te glo soos hulle glo. Hulle reken dat al wat tussen hulle en die vervulling van hulle eie begeertes deur hulle god staan is die bekering van almal in die wereld. Dit maak hulle 'n sieklike spul wat mense soos jy se liggelowigheid uitbuit ten einde hulle eie illusie te probeer bevorder.

Is dit nie net 'n uiters hartseer stand van sake nie? Julle gebruik godsdiens as 'n kruk omdat julle nie die lewe (wat hard en moeilik kan wees) in die gesig wil staar nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Jhb: 18-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-30°C More sun than clouds. Warm. PE: 22-27°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Proposals/ Project Engineer

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Senior C#.NET Developer JP20494

Gauteng - JHB North/Sandton
E-Merge IT Recruitment
R500,000-600,000 Per Annum Cost To Company

HR Manager

Gauteng
Crabtree & Evelyn
R 15, 000 - R 20, 000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES

S350 AT MY06
2009
R 849,995.00

AUDI

TT Coupe Quattro 3.2 DSG
2006
R 289,990.00

BMW

328i Individual (E36)
1997
R 59,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ASSAGAY

Single Residential - House R 7 500 000

GORDONS BAY

Single Residential - House R 11 500 000

FANCOURT GARDENS

R 4 100 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Oscars 2010 DVD' s op Uitverkoping

82 Jaar van Uitstaande Rolprente

Casablanca, Titanic, Braveheart, American Beauty, Silence Of The Lambs & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!