Johannesburg

Dinsdag

Morning clouds. Mild.

14°C
25°C

7 day forecasts

Minki en Constant wys tande vir mekaar

2009-11-07 23:00

Constant Visser en Minki van der Westhuizen.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Gavin Prins

Die model Minki van der Westhuizen en haar man, Constant Visser, se egskeidingsdrama het nóg ’n lelike wending geneem.

Die twee se egskeiding is allesbehalwe gemoedelik.

Minki en haar ma het Dinsdag by die vervreemde egpaar se huis in Paradyskloof opgedaag en die huisraad in bokse begin pak en wegdra.

Constant het egter by die huis aangekom en gedreig om die polisie te bel as sy nie ophou nie.

Ingevolge die egskeidingsproses moet ’n inventaris van die huisraad eers opgemaak word om te bepaal hoe dit onder die twee verdeel moet word.

Minki het volgens vriende met niks behalwe haar klere in Constant se huis ingetrek toe hulle getroud is.

Constant het verlede week teenoor Rapport erken die Suid-Afrikaanse krieketkaptein, Graeme Smith, het ’n aandeel gehad in die verbrokkeling van sy huwelik.

“Minki se beheptheid met geld” het ook gehelp om hul huweliksbootjie te sink.

Die polisie se beheerkamer het bevestig dat hulle Dinsdag na Paradyskloof ontbied is, maar kon nie sê of dit die Vissers se woning was nie.

Constant het egter gister gesê die polisie was nie daar nie.

Minki het verlede naweek gedreig om Constant in die media swart te smeer.

Toe hy dreig om dieselfde te doen, het sy egter haar plan laat vaar.

“Die media moet maar geduldig wees.

“As sy of haar ma begin uitpraat, dan gaan ek ook my kans kry,” het Constant in ’n SMS aan Rapport geskryf.

“Ek is net ’n gewone mens wat met ’n bekende meisie getrou het – wat seer en ongelukkig is met sy keuse van die vrou met wie hy getrou het.”

Minki wou nie kommentaar lewer nie.

- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


Francois 11/8/2009 12:38:23 AM
Snaaks. Ek het gedink Minki is 'n high-maintenance, geld-behepte, selfsugte skepsel. Maar met so 'n oulike glimlaggie, wie gee om.

Blykbaar arme ou Constant.

Shame.
Jannes 11/8/2009 2:27:14 AM
Arme ou Minki! Twee jaar gelede was sy nog vuurwarm van formaat, maar nou lyk sy net soos enige ander ou antie.
Phillip 11/8/2009 3:28:12 AM
Lyk my Graeme Smith kort bietjie om met n kolf by gedam te word. Lyk my sy "wilger lat " pla hom ook!!
Nog n joke! 11/8/2009 5:14:53 AM
Het al met hul troue voorspel dit sal NOOIT hou nie. Nie verbaas Graeme Smith is betrokke nie. Wonder of hy ooit uit die prentjie was. Hierdie 2 pas net nie en that's it. Ek dink Minki wou Graeme spite toe spite sy haarself. Sorry ou Constant,  jy moes geweet het MAAR dit was sekerlik n lekker jaar of so saam met daai dingetjie! Wat is volgende, n seksvideo?
Sanet Jonker 11/8/2009 5:53:50 AM
Ek weet na al die tyd nog steeds nie wat is die bohaai oor Minki nie. Sy lyk vir my net soos 'n hamster!
Ria Cronje 11/8/2009 6:31:41 AM
Moeilik as bekende mense so val. Joost moet nou aanbied om die opbrengs van die boek te skenk aan " abused women " of gee die geld vir Jerry Mansfield hy sal weet hoe om dit goed aan te wend. Lekker om geld te maak uit al jou foute. Dit kan nogal jong mense aanspoor om ook mal te gaan, 'n boek te skryf en dan te wil vergifnis vra. Genoeg om van siek te word. Wat het geword van moenie jou vuil wasgoed in die openbaar was nie.. 'n Uitdaging aan alle bekendes wat hierdie boek-bootjie ry, die X-mas wish list begin nou enige dag -- skenk daai opbrengste van julle boeke en doen bietjie goed, hoe lyk dit Steve, Joost en sommer Natasha ook. Ons het so 'n vinnige opname by die werk gedoen, dat as elke vrou daar of iemand wat sy ken wie se man ontrou aan haar was'n boek moet skryf sal ons boeke van hier af tot by die maan hê. Onthou net vertroue word verdien deur baie harde werk ! Dit word nie met geld gekoop. Skenk gerus die geld , kry meer respek van julle aanhagers en verdien julle mense se vertroue.Sonder vertroue kan julle nie eers goeie vriende wees vir mekaar......
Namlion 11/8/2009 6:38:32 AM
Aggenee! Hier kom ALWEER n Vd Westhuizen boek!
suz 11/8/2009 7:11:27 AM
Dit klink vir my Minki was die vark in die verhaal. Sy het met niks behalwe haar klere daar in getrek nie maar is vinnig om die huis leeg te maak. Soos wat ek kan aflei is Constant 'n ordentlike man, sy is nie oor Graeme nie, hoekom het sy dan getrou?? Is dit omdat hy dalk skatryk is? Sy is mooi maar sy kan ook nie doen wat sy wil nie, Constant dagvaar die arrogante Graeme as 3de party in jou huwelik.
pjv 11/8/2009 7:41:21 AM
Ok, so waneer kom Joost, Steve of Dozi in die prentjie?
christine 11/8/2009 7:44:39 AM
Constant, jy verdien baie beter. Sy was te rof vir jou. Almal het geweet sy is 'n flerrie en het gehoop dit sal werk omdat jy geluk verdien. Ek dink jy is 'n wonderlike mens en glo my, daar is baie Minki's daarbuite! Hoe jonger, hoe meer geldbehep.
Minki Fan 11/8/2009 7:50:49 AM
Hi Minki, ek is beskikbaar - los die hoës uit. Sien jy hou van geld. Ek het 'n hele paar miljoen op 'n oortrokke rekening maar kon dit onlangs op 'n vaste deposito sit en behoort ons rustig daarop te kan lewe. Gee my asb 'n luitjie - kan nie wag nie.
Francois 11/8/2009 8:00:10 AM
Vandag het mense nie meer respek vir die Huwelik nie!
Kabous 11/8/2009 8:07:12 AM
Ag nee F*K, word groot asb!
nella 11/8/2009 8:21:40 AM
Wie sê Graeme was fisies betrokke, dalk net in haar hart, dit maak hom nie die vark in die verhaal nie. Hy weet dalk nie eens hy was betrokke nie. Komaan, gee die ou 'n kans om sy saak te stel moenie sommer net begin oordeel nie. Ons het almal geweet die huwelik gaan nie hou nie, dit was maar net 'n kwessie van tyd en die tyd het vinniger gekom as verwag. Maar dan weer, hoe gouer hoe beter.
sien 11/8/2009 8:27:03 AM
Haastige hond verbrand sy mond,ek dink alle mans moet biekie spreuke 31 gaan lees voor hulle trou;constand dis jou eie skuld,ne!!! Want jy was gulsig en het seker net een iets in gedagte gehad haar lyf en sy jou geld, ook maar leke stupid julle bekendes; ek dink mense in die plakkerskampe dink beter as julle.
Jacquess 11/8/2009 8:36:53 AM
Dude, jy moet self maar slegte oordeel he om te trou met daai brein-skenker wannabe bimbo. Sy's nog 'n goeie kandidaat vir 'n McDonalds job. En sy SUCK as n presenter, moerse irriterend.
wilma 11/8/2009 8:45:47 AM
Ek het ook niks minder verwag van Minkie nie. Sy het nog altyd voorgekom as n bedorwe ou brokkie wat haar mammie nou nog oortuig om saam te help bokse pak. Hoe pateties....
susan 11/8/2009 8:49:13 AM
Sorry Constant. Toe val jy ook vir 'n body without brains. Another one bites the dust!! Wie is volgende??
sandra 11/8/2009 9:09:59 AM
Minki is 'n geldwolf, en 'n aansitterige een! Sy praat hoe die Here haar loopbaan seen terwyl sy kaal pronk op manstydskrifte... Minki die Here seen nie vroue om WELLUS in mans wakker te maak nie. Jy is skynheilig, en ek is bly jou maksers val af. Dit is 'n skande dat PASELLA jou as aanbieder aangestel het, en dit is juis daarom waarom ons hele gesin al vir 'n jaar nie meer PASELLA kyk nie. Jy lei jong meisies in die verkeerde rigting deur hul te verwar en hull te laat dink meisies kan maar met die bybel onder die arm en die kaal borste op die tydskrif pronk. SIES Minki, ek het nog nooit van jou gehou nie! Conrad alle sterkte, ek kan glo jy het baie stories oor haar, ek sal elke woord glo.
Pilot 11/8/2009 9:21:49 AM
Wel, mens kon die tipe van gedrga al verlede jaar in Clainwilliam gesien. Windgat is nie die woord vir Minki. Dit wys jou net wat sy, as soogenaamde Christen dink van die huwelik as sy lankal rond neek. Goeie voorbeeld vir die jong meisies wat na haar "opkyk". Minki en Graeme Smit pas bymekaar...Al twee ewe windgat...
Michel 11/8/2009 9:32:42 AM
Media slet
Marcy 11/8/2009 9:37:29 AM
Genade tog, as die bekendes vir 'n ruk lank uit die "lime-lite" is moet hulle aan iets drasties dink om aandag te kry. "Aai Minkie, is koekies bak op TV nie genoeg nie" ?
Koos Karoo 11/8/2009 9:57:37 AM
Minki verdien vir Joost; dan kan sy haar van ook behou.
Pieter 11/8/2009 10:00:16 AM
Hulle lyk maar altwee vir my na lekker "fake" mense. Hulle hele Stellenbosch-celebrity mentaliteit is so oppervlakkig
Andre 11/8/2009 10:01:10 AM
Graeme, trek by haar in dan kan jy die helfte van haar meubels vat as jy loop.(Onthou net om dit terug te gee vir Constant want dit is syne).
anet 11/8/2009 10:12:20 AM
Toe die geld op raak... toe verdwyn Minki...
Rodney 11/8/2009 10:24:08 AM
Dit is 'n tragedie dat daar 'joernaliste' soos ene Gavin ook 'n stem gegee is...niks nuuts in Rapport nie.
Paul.v.H 11/8/2009 10:24:40 AM
Minki, jy kan van n myl af gelees word soos n boek! Dit staan uit soos masels wat jy "Up To Is"! Jou gesiggie en optrede spreek boekdele.
ooooops 11/8/2009 10:34:53 AM
Ne!! Ek dink die ou Constant kan maar sy eie agter end skop; hy moes mos geweet het waarmee hy te doen het; tot n gr 1 met n behoorlike opvoeding sou hom se oom jy gaan jou dinges sien, Minkie jyt jou huwelik weg gegooi met jou kaal lyf wat jy so kamma vir borskanker versprei het, ek se jou jy't geen respek vir jou self nie ook nie vir n huwelik nie; jy en Joost sit om die selfde kring hou mos van n lekker ding, skryf 'n boek vir ons Minkie, dalk kan Joos jou help; hy ken al die seer.
PieterW 11/8/2009 10:35:50 AM
Ai tog!!! Sy is SO mooi vrou!! HOEKOM? HOEKOM? HOEKOM? Pla die hormone nou weer en soek sy meer? Of is dit maar net die geld-kwessie? Constant - Laat haar GAAN!! Moenie eers jou asem mors nie... Moenie elke 2de dag 'n storie aan die koerant stuur nie... Ons het nie lus vir nog 'n van der Westhuizen herhaling nie!!!!
Susan 11/8/2009 10:37:02 AM
Hoe lui die gesegde?: maak nie saak HOE mooi die vrou nie, iewers daar buite is 'n man wat keelvol is vir haar streke... ware woorde voorwaar. En veertien jaar is 'n groot ouderdomsverskil om te oorkom as die wittebroodsfase eers verby is. Vra maar vir Dozi

Lyk my dinge gaan nog lelik raak...
doccie 11/8/2009 10:42:22 AM
Constant, ons is baie manne wat 'n beurt afwag met jou X. Los haar nou met rus en gee ons ook 'n kans tog....
Adri Eksteen 11/8/2009 10:58:02 AM
Ja en so het Huisgenoot bladsye afgestaan aan hul foto's soos met elke ander celebrity. En elke keer bars die bubble 'n ruk later. Ten minste het HG hul geldjies gemaak en die wat getrou het het hul name gat gemaak!
Bas 11/8/2009 11:04:37 AM
Reg van die begin af geweet dit gaan nooit hou nie...
Minki aanhanger 11/8/2009 11:29:38 AM
Almal wat so teen Minki uitvaar is net so pateties as wat hulle haar voor wil uitmaak. Gaan kry vir julle iets beter om te doen as om mense sleg te maak. Julle lees sensasie berigte in Sondag koerante en maak dan afleidings wat julle oortuigings pas. Dink julle regtig Minki het met niks in daardie huwelik gestap nie, get real. Sy is lank reeds suksesvol in haar loopbaan en het genoeg geld. Los die mense om hul eie lewens uit te sorteer.
Paul 11/8/2009 11:32:50 AM
Snaaks dat sy backtrack oor Constand swartsmeer in die media toe hy dreig om dieselfde te doen.
hendrik 11/8/2009 11:38:23 AM
Hy sy die lyf daarvoor --- wonder of Joost / Steve ook n kans gaan kry?
sandranne 11/8/2009 12:49:39 PM
Kan iemand asseblief vir my verduidelik wat die voorkoms van die girl te doen het met die berig. EN waarom moet mense in hul kommentaar altyd so morsig raak? Sies man... julle Afrikaners is darem 'n vieslike spul as dit by menings en kommentaar kom. En hier glo ek nog Afrikaanse mense word goed grootgemaak....
Tiger 11/8/2009 1:32:25 PM
Kan ek net se ek is lief vir al julle Suid-Afrikaners daar in die Suide......Ek het lanklaas so lekker gelag. Julle humor is definitief uniek! Dit het my regtig goedgedoen so op die Sondag!!!!! Hoop julle almal geniet julle dag!
Margo 11/8/2009 2:35:56 PM
Ek is baie geskok, want ek het baie van Minki gehou. Of was dit oor Minki so mooi is, miskien! Die teleurstelling tref ek en my man groot, want die huwelik is so heilig en die bekende sterre wil net aanploeter. Ons is jammer vir jou Constant.
Losvoor 11/8/2009 2:46:51 PM
Minki het nou vir Joost en Steve verby GESTEEK.!!
Sal die egte Minki opstaan? 11/8/2009 3:13:39 PM
Minki lyk soos 'n suigstokkie. Verstaan nie waaroor die bohaai gaan nie, sy was nog nooit vir my mooi nie, dit lyk of sy 'n donuts in haar kieste vergader net soos 'n hamster. En ja... sandranne - ons publiek mag maar kommentaar oor haar voorkoms. Want dit is dan haar 'claim to fame' wat in ons kele afgedruk word. Ons kyk ook nie meer Pasella nie. Sy is goedkoop en 'n skande vir ons Afrikaanse publiek! Watch... haar volgende slagoffer gaan rol in die geld!!!
hans 11/8/2009 3:15:47 PM
Minki mooi? asseblief!!! As sy 'n 34B was sou niemand haar ooit geken of van haar geweet het nie.
genoeg 11/8/2009 3:23:59 PM
Hoop Kyknet gaan ook van haar ontslae raak. Sy is nie n goeie voorbeeld vir die kykers nie.
Carel 11/8/2009 3:47:58 PM
Wys jou maar net...'n mens kan jouself nie laat kaal afneem en dink dit maak jou verhouding sterker nie. Dinge werk eenvoudig net nie so nie...Dankie vir nog 'n paartjie wat die huwelik goedkoop gemaak het,julle kan julle prys saam met Joost en Steve gaan af haal by Brad Pitt en Angalina Jolie. Oi!! Dit is om van naar te word!
Buksie 11/8/2009 4:19:51 PM
Sandranne haar voorkoms het alles te make met die hele issue! Van die begin af tot die einde
Retha 11/8/2009 4:44:29 PM
Dis tog so lekker om kommentaar te lewer oor ander mense se lewe terwyl niemand jou ken of iets van jou af weet nie. Mooi so ouens hou so aan.
@sandranne 11/8/2009 4:53:16 PM
Ha, ha. Gaan lees bietjie die engelse kommentaar op news24, praat van morsig, dan gesels ons weer.
Sonet 11/8/2009 5:06:37 PM
Ai tog dat party mense nie kan leer 'n mooi gesiggie is nie alles nie, dit wat ander sien is nie altyd wat jy dink dit is nie. Het haar Mammie dan nie kos in haarse kaste dat sy nou wragtag Constant se kos ook moet vat. Ek skaam my dood as ek 'n dogter gehad het en sy moes sulke dinge gedoen het. Ag nee wat ons weet mos darem van beter dinge in die lewe as net geld en aardse besittings.
Waar is die mooi woorde van die verlede nou ek dink HG lag al die pad bank toe en as al die dinge werklik uit kom kry ek die hamster baie jammer.
Meisie 11/8/2009 5:54:49 PM
Ek lees feitlik nooit koerant nie en kyk selde TV. En raai wat. Ek het vandag vir die lste keer in 'n baie lang tyd die koerant gelees en besef en het niks gemis die afgelope tyd nie. As hierdie 2 mense doodgewone mense was met huweliksprobleme: hy met 'n bietjie geld en sy met 'n mooi gesiggie dan het dit nie eens by die koerant uitgekom nie. Los tog die arme mense uit en besef iewers het iemand ook dalk seergekry in die verhouding en al wat almal kan doen is net modderkoeke gooi en elkeen 'n vrot eier le. Nie een van ons was in hierdie verhouding nie so nie een van ons weet wat her verkeerd gegaan nie. Spandeer eerder julle tyd en energie op iets beter en hou op om genot te put uit ander mense se privaatsake.
Anti Minki 11/8/2009 6:45:04 PM
Julle ken daai gesegde van hoeveel treine al deur Johannesburg stasie was - Dis nou Minkie
Pieter 11/8/2009 7:06:09 PM
EK WENS SO DIE KOERANTE WIL MENSE SE PRIVAATHEID LOS EN MEER KONSENTREER OP DIE DINGE SOOS MOORD WAT IN DIE LAND AANGAAN . LOS MENSE UIT DIS HULLE SAAK EK WIL NIE HOOR VAN ANDER SE PRIVAAT LEWE NIE
Paul.v.H. 11/8/2009 9:27:07 PM
Pieter ou Pieter, hoekom lees jy dan van die mense se privaatheid? Ek dink daar was al baie gesê oor die "Topic" in die ander redaksie blaaie! As jy nie hou van wat jy lees nie gaan verby,die mense het geglinster op die voorblaaie van koerante en tydskrifte,met hul Huwelike nie waar nie? Nou moet hulle maar daar ook sterf of hoe my maat! Dan is die Glans-Sirkel mos voltooi "of hoe "Pieterjie!Hau!Minki vir Loslyf!!?
Ingrid 11/8/2009 10:12:13 PM
Liewe Sandra, jy is verseker ook nie 'n Christen nie, en ek sidder om te dink wat se voorbeeld jy aan jou kinders stel, deur iemand so sterk te veroordeel.
Brisbane 11/8/2009 11:11:41 PM
Wat is nou die moeilikheid ? Of jy lees die dem artikels , of jy lees bo-oor. En wat jy ookal doen , los ander mense sodat hulle kommentaar lewer - hou net op om altyd vir die wat kritiseer te preek.Julle Afrikaners wat so ' skuins-heilg' is...mmmmm ...lyk my die gesegde is waar : Ons is almal prostitute , ons kibbel net nog eers bietjie oor die prys..
Tewie van der Westhuizen 11/8/2009 11:26:47 PM
Joost ek is trots op jou. Om op nasionale TV te erken jy het 'n fout gemaak en vergifnis te vra maak van jou 'n groter hero as wat jy is. Ek wonder hoeveel in SA het die moet wat jy het. Laat die wat klippe kan gooi maar gooi. Glo my in hierdie land is baie geraamtes in die kas, maar baie van hulle is nie bekend soos jy en Amore nie. In die geval van Minki - waar mammie betrokke is pasop, kyk maar na Charlize Theron.
Almal 11/9/2009 12:40:23 AM
Laat dit vir julle 'n les wees manne, maak nie saak hoe mooi n vrou is nie, na so twee weke, gee alle vroumense dieselfde k*k.
Raykie 11/9/2009 5:28:00 AM
Lyk my Graeme Smith se dun lippe gaan weer werk.
Piet Skite 11/9/2009 7:22:51 AM
Daar word nog vuurwarm sms'e tussen Minki en Graeme gestuur en Constant het dit toe gesien.
hester 11/9/2009 8:11:03 AM
Ek het nog nooit van Minki gehou nie, nog altyd gedink sy is 'n broekjagter, en agter die ouens se gel., Sy sal haarself maar moet ondersoek om uit te vind wie sy werklik is. Ek dink die koppie het bietjie groot geword. Sies vir jou, jy kon Graeme nie kry nie toe gryp jy die tweede beste, wat eintlik beter kwaliteite het.
Johan 11/9/2009 9:14:14 AM
Ingrid, wie veroordeel nou? Daar is te veel verwarde boodskappe wat die rondte doen, en dit skep verwarring by ons kinders. Ons kinders luister na 'n rolmodel op TV (wat deur Pasella opgedis word) en die volgende oomblik sien hulle haar kaal op 'n manstydsrif. Wat leer dit ons kinders? Hulle bewonder saam die mooi troufotos in die Huisgenoot, en hoor 2 jaar later hoe sy weghardloop toe die geld opdroog. Weereens... wat leer dit ons kinders? Ons kinders word beinvloed deur die media en deur rolmodelle wat die media 'opdis'. Daar is 'n groter verantwoordelikheid van die media se kant om optehou valse/skynheilige celebs op troontjies te plaas. As hulle val, wel... dan kan ons mos nie anders as om vrae te vra rondom die rede nie. Dit is nie oordeel nie. Dit is 'commin sense'. Kyknet, skrik wakker. Minki besluit is jy 'n Finesse meisie of 'n FHM pop? Jy verwar ons almal.
Lillian 11/9/2009 1:49:14 PM
Lyk my al die van der Westhuizens het 'n klap van die windmeul weg! Constant kan vir hom 'n baie beter vrou losslaan, Minki het hom gebruik om Graeme jaloers te maak en sy het Graeme is gebruik vir publisiteit, wanneer dit haar gepas het! Word Groot Minki! (Altyd gedink jy en Constant is 'n onpaar).
JC 11/9/2009 3:49:14 PM
Hi, Mienkie ek het n paar biljoen kom kuier vi my in VSA
Charmaine 11/9/2009 4:29:19 PM
Ja, sulke dinge gebeur as mens net vir aansien en geld wil trou!! As jy nie God in jou huwelik het nie sal daai huwelik nie werk nie!!!
Marietjie Koekemoer (Swanepoel) 11/10/2009 6:10:19 PM
Ek dink dit is verreggaande om mond te spoel oor die wat julle nie eens persoonlik ken nie!!! dit is pure sensasie en wraggies- het julle nie iets anders om te doen as om julle te bemoei met ander se sake wat julle nie eens aangaan nie . Kom ons vee liewer voor ons eie 'stoep" Siesa- Rapport lesers!
Vriendin 11/10/2009 11:03:40 PM
Ai Minki ek dink jy is dit aan die media van Suid Afrika verskuldig om uit jou kassie te klim en die eintlike rede vir jou egskeiding te gee. Een of ander tyd sal dit uit kom en dan is dit mos nou 'n Joost storie. Ons het gedink omdat Constant ouer is sou hy gouer deur jou plannetjies gesien het, maar dit is mos nou nie wat tel nie .
Marlene 11/14/2009 1:04:48 PM
Ja nee ek het nie gedink dit sal hou nie in die eerste plek glo ek nie daar was liefde betrokke nie maar net goeie ??? en geld en toe raak dit suur en Constant raak moeg en Minki ... Wat sal ek se en moet nie eers praat van die krieket-kaptein nie. Julle gooi ons mense se naam weg dit klink of ons land net uit seks en geldsoekers bestaan. Waar is die liefde en geloof kan julle nog julle kindergebed onthou? Nee... net geld en seks en waar kan ons die volgende een in die rug steek geen wonder ons land in in sy m..r nie!!!!!!
my vriendin 11/14/2009 7:22:58 PM
DIE WAT NIE SONDE HET NIE MOET MAAR DIE KLIPPE GOOI!
Robert 11/17/2009 3:25:38 AM
Minkie moet net besef Graeme is nog mammie se seun. Mams en paps gaan oral saam waar Graeme gaan, skep selfs sy kos in die openbaar so sy kry miskien al die faam maar dit kom teen n prys sy sal tweede viool moet speel...maar op die oog af lyk dit asof die twee mekaar verdien...dit moet die geld wees want hy het die sex appeal van n baksteen!
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C Sunny. Mild. Jhb: 17-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C Morning clouds. Mild. Pta: 18-31°C Sprinkles early. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 22-31°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SENIOR IT AUDITOR / AUDITOR IN CHARGE X2

Gauteng
MultiChoice Africa

INSTRUCTIONAL DESIGNER FOR ONLINE CONTENT

Gauteng
MultiChoice Africa

Financial Director

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R750,000-800,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Attraction Dsl MY09
2010
R 367,592.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr Tiptronic
2008
R 139,900.00

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09
2009
R 326,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

EVERTON

Single Residential R9,500,000

BEACON BAY

Single Residential R3,650,000

SALT ROCK

Single Residential R2,950,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!