Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

14°C
29°C

7 day forecasts

Beleggers verloor R500 milj.

2010-02-06 23:17

Een wat weggekom het. Die oud-Bok Joost van der Westhuizen sê die Truckbond-beloftes was te goed om waar te wees en hy het kop uitgetrek. Hier sit hy ’n paar jaar gelede by die spesiale no. 9-nommerplaat op sy bakkie – sy trui-nommer op die rugbyveld

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Herman Scholtz

’n “Reuse-bedrogspul” het honderde mense se spaargeld ingesluk en selfs bekendes soos die oud-Springbok Joost van der Westhuizen byna om die bos gelei.

Sover bekend is R500 miljoen in dié vragmotorskema belê, maar insp. Kobus Vlok, ondersoekbeampte, het Vrydag aan Rapport gesê dié bedrag groei by die dag.

Me. Yolanda Visser (35) is die baasbrein van die beweerde bedrognetwerk, het die Pretoria-Noord-streekhof vandeesweek gehoor. Sy, haar man, Conrad (35), en mnre. Abram Fourie (41) en Carl Uys (35) staan voorlopig tereg op minstens 300 aanklagte van bedrog en diefstal.

Streeklanddros Ben van Schalkwyk het Woensdag hul aansoek om borgtog van die hand gewys omdat hulle ’n vlugrisiko is.

Die hof het gehoor hoe mense bedrae van R25?000 betaal het sodat Truckbond en/of Tswella Facilitators finansiering vir vragmotors kon reël.

Mnr. Phillip Nelson, ’n private speurder van Proselect Crime Investigations, het aan Rapport gesê hulle het op ’n ongetekende kontrak tussen die beskuldigdes en Van der Westhuizen afgekom. Dié kontrak is in die naam van JQ Bulk Carriers (Edms.) Bpk, wat aan dié oud-Bok en ’n vennoot behoort.

“Ek is ’n entrepreneur, ek kyk na sakegeleenthede en doen navorsing daaroor,” het Van der Westhuizen Vrydag aan Rapport gesê.

“Ek het Yolanda een keer ontmoet toe ek soontoe is en hulle ons mynvervoerkontrakte aangebied het. Gelukkig het ek nie ’n sent belê of ’n kontrak geteken nie. Alles was net te goed om waar te wees.

“Al wat ek verloor het, was die petrolgeld wat ek uitgery het.”

Beleggers is glo hul eie vragmotor belowe wat dan gebruik sou word om groot geld te verdien uit vooraf gereëlde vervoerkontrakte met ander maatskappye.

Vlok sê die “kontrakte” wat aan beleggers gewys is, was vals. Beleggers het ook nie hul vragmotors gekry om te begin karwei nie.

Wanneer hulle navraag gedoen het oor die oponthoud, het Visser-hulle glo selfs sover gegaan om te reël dat vragmotors geleen word om die beleggers te flous.

Die beleggers kon dan ’n foto van hulself by dié foefie-vragmotors neem en ’n glasie vonkelwyn klink op die reuse-opbrengste wat hulle sou verdien. Die vragmotors is daarna weer na die handelaars teruggeneem.

Vlok het aan Rapport gesê hy kry gereeld oproepe en SMS’e van woedende beleggers wat hul spaargeld, pensioen en selfs huise verloor het. Aan die ander kant het Visser glo tot R100 000 per dag op luukshede spandeer.

“Hulle (beleggers) wil die mense doodmaak. Dis maar goed hulle sit nog in die tronk.”

- Mense wat geld in Truckbond of Tswella belê het kan Vlok bel by 082 869 2508.

- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


Wanneer? 2/7/2010 4:46:17 AM
Wanneer gaan mense leer dat alle ryk en bekende mense nie noodwendig slim is nie!  As hulle so slim was sou hulle nie gedurig die prooi word van "slim" mense soos dié nie!  Onthou geld vat die kommingeid om domheid weg nie.  Joost seg hy is 'n entrepreneur nogal! Genugtig, kan hy daai woord spel!  Ou Josie hou jou maar by rugby en los die dinge vir grootmense.  Het jy Tolanda by Teazers gekry vir n koffietjie?
Ai! 2/7/2010 4:48:11 AM
Ai, ek het die foto en die 9 gesien toe dog ek vir n oomblik dit is sy IK maar was verlig om te lees dis net sy "Ven" se nommer.
Wit Mamba 2/7/2010 5:58:09 AM
Gierigheid - mense wil nie leer nie.
Een vinger wys vorentoe, vier wys terug 2/7/2010 6:34:14 AM
@ Wanneer? @ Ai!Die 2 persone blyk skuldig te wees presies waarvan hulle Joost beskuldig. Lees die berig weer. Die man het betyds kop uitgetrek (uhm, no pun intended). Hoe dit ookal sy, Joost met sy ego en meerderwaardige houding tot ander verdien wat hom toekom, maar gebaseer op die feite en van mense wat soos bogenoemde self-aangestelde Slimjanne nie.
Onderbroek 2/7/2010 7:27:18 AM
Joost los die nommer 9 en druk onderbroek op jou nommerplaat. Of is dit regtig jy wat daar langs die motor staan?
Santjie 2/7/2010 8:02:03 AM
Ai, ai!! Mense gaan lees asb. weer die berig. Dit gaan oor mense wat BEDROG gepleeg het, daar is mense wat DUISENDE RANDE VERLOOR het en dit het niks met Joost te doen nie, hy het nie 'n vinger in die 'pie' gehad nie. Wat doen julle?? Julle trek hom uitmekaar. Regtig, dit gaan oor mense wat ander mense bedrieg het, nie oor Joost en sy skandes ens. nie! Dalk moet julle ophou om net te oordeel as julle name soos Joost of Steve lees. Of word sommer net volwasse vir 'n slag!!
Bittergal 2/7/2010 8:15:57 AM
Nee, dis nie Joost daar op die foto by die vragmoter nie - soos die moesie op sy dingesie sal bewys.
Ansie 2/7/2010 8:15:58 AM
Ai mense hierdie berig gaan nie oor Joost nie. Gaan die berig nie oor 'n bedrogsaak met 'n vragmotorskema nie? Lewer eerder kommentaar daaroor. Kom tog nou oor Joost.
Barometer 2/7/2010 8:19:48 AM
Dit kan in die toekoms die maatstaf word, as Joost betrokke by 'n skema of ' deal is ..... BLY WEG
Nugter@Wanneer, Ai en Onderbroek 2/7/2010 8:22:45 AM
Die berig gaan nie oor Joost nie. Dit gaan oor mense wat in die tronk is omdat hulle baie mense se geld gesteel het. Julle kan duidelik nie lees nie. Ook nie behoorlik skryf nie.
Steph 2/7/2010 8:45:08 AM
Ek begin glo dat baie van ons land se mense nooit koerant lees of TV kyk nie.Oor en oor moet mens hoor/lees van hoe 'n klomp "uitgevang" is met een of ander vinnige ryk word skema. Genade mense, wanneer gaan julle wakker word en besef daar is nie n manier om vinnige ryk te word nie (dis nou binne die grense van eerlikheid).Hoeveel mense gaan nog hulle geld weggooi omdat hulle al die snert glo wat liegbekke aan hulle vertel? Ek is jammer, maar ek kan nie meer simpatie he met sulke mense nie.Ons word daagliks gewaarsku oor die skelm maniere waarop ander ons geld probeer in die hande kry. Dink sommige mense dan sulke waarskuwings is net vir ander bedoel en nie vir hulle ook nie?WORD WAKKER... en hou op huil as jy so dom was om gevang te word oor jy nie jou huiswerk gedoen het nie.
@EEN VINGER.COM 2/7/2010 8:55:57 AM
LEES die kommentaar jou urk en probeer VERSTAAN wat jy lees.Van 'n Slimjan gepraat gaan dit ok met jou!?Die man het nie om te invest nie ou Veldmuis moes hom dan uithelp proester!
mandie@wanneer 2/7/2010 9:07:46 AM
Lees die berig, maar lees mooi. Joost is nie betrokke by die skema nie, parra. Mense soos jy is nogals 'n sad case. As die mense skuldig is aan dit waarvan hulle aangekla word, hoop ek dat hulle vir 'n lang tydperk tronk toe gaan.
Amanda 2/7/2010 9:44:03 AM
Ai dis lekker om Joost weer te sien. Jy lyk goed van buite....Dit is vroeg in die oggend en daar is wraggies negatiewe kommentaar. Ag nee wat hou op modder gooi.Beste wens vir 2010 Joost.
Elle 2/7/2010 10:16:39 AM
LOL! Ai die mensdom darem. Julle, hierdie berig het eintlik niks uit te waai met Joost nie! Ek is ook nie 'n Joost-aanhanger nie, maar eintlik wys die berig die eerste keer iets uit wat Joost reg gedoen het sedert sy rugby-dae. Al hoekom Joost se foto by is is sodat almal heel eerste die berig sal lees - net vir ingeval daar weer 'n lekker skinderstorie is! Maar toemaar, ek lag lekker vir die kommentaar!
Boela 2/7/2010 10:44:37 AM
Onderbroek... daar staan dan onderbroek op sy nommerplaat. www. TOITS. co.za. HAHAHAHAHAHA!
Gullible 2/7/2010 10:48:06 AM
It's so comical how the greedy get caught out time and again....ook maar lekker stupid ne!!
Danie Gerber 2/7/2010 11:19:57 AM
Hoekom "figure" Joost altyd by al ongerymdhede? Is hy werklik 'n fortuinsoeker?? Is Yolanda Visser aantreklik Joost???
Willie Visagie 2/7/2010 11:24:39 AM
Ek plaas 'n vraagteken agter mense se bedoelings wat by onbekende instansies belê. Is dit dat hulle dalk die Ontvanger van Inkomste wil probeer systap? Moet SARS nie 'n bietjie na dié mense se sake gaan kyk nie?
Jammer vir Joost 2/7/2010 1:57:27 PM
Kan die mense nie maar 'n slag iets goeds van Joost sê nie......hy het tog geboet vir sy foute en wees bly vir sy part dat hy nie geld belê het nie. Wees liewer jammer vir die wat geld verloor het!!!
Skulpie 2/7/2010 6:25:36 PM
Jinne, maar mense is skelm. Ek glo daar is geen vinnige manier van geld maak nie. Hoe vinniger hoe armer stap jy daaruit.
Word wakker 2/7/2010 10:30:47 PM
Aan wanneer en Ai. Julle is seker nie ryk, slim of bekend nie. Joost se 9 nommerplaat is jou en Ai se breinselle bymekaar getel
Gatvol Nico 2/8/2010 12:28:50 AM
Moet ons al weer in Joost se gesig vaskyk? Is daar nie iemand anders wie se foto wie julle kon gebruik nie?
@Mandie 2/8/2010 1:48:57 AM
Mandie en jy moet die kommentaar lees ou bosparra!Waar seg ek dat Joost "betrokke" is?Word wakker antie Teazers het klaar jou man gevat en nou jou hero ook!
Willem 2/8/2010 6:20:35 AM
Hoekom word Joost elke nou en dan aan ons opgedring en kry hy bloodstelling. Het hy pelle in hogere plekke?
Dawie 2/8/2010 9:39:03 AM
Ek voel baie jammer vir al die slagoffers, onthou skelms kies hulle slagoffer voor hulle toeslaan. Ons almal skree oor die misdaad in ons land maar die skelms word so deur die wet beskerm dat hulle nooit vervolg word nie. Ek was deur `n versekering makelaar ingeloop wat sy eie skelm produkte van uit een van die grootste versekering maatskapy in ons land bedryf het en ons van `n miljoen rand beroof het en hy is nog op vrye voet en is vadag nog aktief in Pretoria omgewing. Ons het sonder sukses die maatskapy probeer aanvat omdat hy nie die firma se gedragskode verbreek het.
Wat nou? 2/8/2010 10:00:34 AM
Kom nou Joost,moes jy nie dalk die Toits Nissan toe gemaak het nie?Hoeveel geld het jy daar verloor.Of was alles geborg?of net advertensie blapse.
Annamarie Olivier 2/8/2010 11:15:24 AM
Kan julle nie asseblief vir Joost vergewe en hom ook 'n normale lewe gun nie die beledegings is om die minste te se afbrekend vir die afrikaners wat niemand kan vergewe nie
Ruweihdah 2/8/2010 12:42:49 PM
Los vir Joost uit, asseblief!
Sug 2/9/2010 11:23:44 AM
Julle mense wat julle so verlekker in ander se pyn en nood!! Ek ken mense wat geld bele het in hierdie skema.. Mense wat nog hulle hele lewe lank hulle alies moet afwerk om iewers in die lewe te kom!! Dit het geklink na 'n goeie plan en die navorsing het sin gemaak! Moenie 'n fout maak nie, skelms word by die dag slimmer!! Ek meen, selfs internet bankdienstes is nie meer veilig nie!!

Ek voel baie jammer vir die mense wat so baie verloor.. Van julle sit vandag sonder 'n werk, 'n huis, 'n kar, kos en het miskien honger kinders wat julle in die oe kyk!! Sterkte en mag God julle dra deur hierdie moeilike tyd.

Vir die res van julle wat nie deur so iets gaan nie of voel julle het meer common sense as ander om te val vir so iets.. ons sal sien hoe voel julle as dit met julle gebeur en hoe sal julle reageer as die ander julle net oordeel!! Hierdie mense wou maar net 'n beter toekoms vir hulself en hul kinders bied.. Nie almal in SA het geld vir luxuries nie.. selfs 'n ou speel dingetjie vir hul kinders is soms 'n luuksheid!!

In plaas daarvan om te judge, kyk eerder hoe kan jy jou medemens help.. O ja, ek het vergeet.. Dis SA hierdie, elkeen vir homself!!!
L.M. du Plessis 2/9/2010 3:50:28 PM
Die onnoselheid van die Blanke Afrikaans sprekende Suid Afrikaners het geen einde nie.
Joost het nie die blerrie lorrie of lorrie skema gespyker nie,los hom uit
Stef 2/9/2010 5:15:44 PM
Jy kry darem stupid mense... Ek praat van die wat vir Joost so afkraak. Lees weer die berig, hy was amper 'n slagoffer, nie deel van die bedrogspul nie.
Ek wonder hoeveel van die wat so gal braak is Stormers......
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Jhb: 18-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-30°C More sun than clouds. Warm. PE: 22-27°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Director (AA)

KwaZulu Natal - Durban
Network Recruitment CA- Centurion
R850,000-950,000 Per Annum Cost To Company

Tax Accountant

Mpumalanga
Frontline Gauteng (Head Office)
R275,000 Per Annum Cost To Company

Corporate Governance Manager

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R350,000-450,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB 300 TDi FLEETSIDE AC PU SC
2007
R 123,413.00

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2007
R 89,995.00

PROTON

Gen 2 1.6 GLX 5-dr
2006
R 69,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BANTRY BAY

Single Residential - House R 27 000 000

MORNINGSIDE

Single Residential - House R 16 500 000

UMDLOTI BEACH

Single Residential - House R 6 800 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Oscars 2010 DVD' s op Uitverkoping

82 Jaar van Uitstaande Rolprente

Casablanca, Titanic, Braveheart, American Beauty, Silence Of The Lambs & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!