Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

14°C
29°C

7 day forecasts

Jansen staan vas teen ANC

2009-10-24 23:30

Johan Maarman

Hy gaan nêrens nie.

Hierdie onverbiddelike standpunt van prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, het gister vir nog olie op die vuur gesorg op ’n reeds erg verdeelde kampus wat na aan breekpunt is.

Me. Mary Metcalfe, direkteur-generaal van die departement van hoër onderwys en opleiding, is ewe onverbiddelik en het gistermiddag aan Rapport gesê daar moet geen kortpaaie vir die Reitz-4 wees nie. “Hulle moet bewys hul berou is opreg.”

Metcalfe en Jansen was gistermiddag laat nog in gesprek met mekaar en die gevoel is Jansen moet voor môre iets doen om die krisis op sy kampus te ontlont.

Grootskaalse protes uit ANC- en studente-geledere word in Bloemfontein verwag wanneer die Reitz-4 môre in die landdroshof verskyn.

Terwyl daar druk uit regeringskringe en Cosatu op Jansen uitgeoefen word, skop hy vas: “Ek staan by wat ek gedoen het. Ek gaan nie bedank óf my besluit herroep nie,” het hy aan City Press gesê.

“Mense moenie geraas met getalle verwar nie. Dit het niks met buitestanders te doen nie. Dit is die universiteitsraad wat besluit wie aangestel óf afgedank word.”

Metcalfe, regterhand van dr. Blade Nzimande, sê weer: “Die reg moet sy gang gaan met die vier studente. Dit is klinies anders as die universiteit se besluit om hulle weer toe laat, want dit word nie op ’n emosionele besluit gegrond nie.

“Prof. Jansen is ’n bekwame persoon, maar daar kan nie kortpaaie gevat word nie. Hulle is individueel verantwoordelik vir hul optrede.”

Metcalfe het Woensdagaand ’n brief aan Jansen gestuur en uitgevaar oor sy besluit om die vier manstudente van die Reitz-koshuis te vergewe ná hul walgvideo waarin koshuis-skoonmakers verneder is.

“Nét die gekrenkte kan vergewe. Geen ander vergoeding het betekenis nie tensy ’n verskoning aangebied én aanvaar word. In die afwesigheid van ’n verskoning kan geldelike vergoeding as ’n belediging beskou word?…

“Is die regte dissiplinêre prosesse van die Universiteit van die Vrystaat gevolg? Indien nie, watter implikasies hou dit in vir enige ander student wat oor die tou trap? Is dit net wangedrag binne ’n institusionele kultuur wat vergewe sal word? Is daar ander studente geskors wat rede mag hê tot soortgelyke vergifnis? Watter presedent skep dit vir toekomstige dissiplinêre sake?”

Metcalfe vra ook vrae oor Jansen sy bestuurstyl. Sy wil weet watter bestuurstrukture deel was van die besluit en indien daar ’n verbreking van beleid was, wie met hom saamgestem het.

“Ons stem saam dat die UV die vraag moet vra wat dit moontlik gemaak het vir so ’n gruweldaad om in die eerste plek gepleeg te word.

“Ons is nie oortuig daarvan dat die institusionele vergifnis sal help om dié vraag te beantwoord nie,” lui die brief.

Jansen het sy besluit verdedig om nie studenteverteenwoordigers en vakbonde van personeellede te raadpleeg nie. Hy sê die universiteit­senaat besluit oor toelating, skorsing en hertoelating.

- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


Faana 10/25/2009 2:58:52 AM
Miskien moet Metcalfe en die ander meelopers nie net vrae oor Jansen se bestuurstyl vra nie, maar ook oor die van Leonard Chuene. Ek sukkel nogal om die kloutjie by die oor te bring.
Colin 10/25/2009 3:42:03 AM
Ongeag enigiets, prof. Jansen jy is naas Wolraad Woltemade en Naas Botha een van my drie helde.
Die feit dat jy die Reitz-4 kon vergewe vir dit wat hulle gedoen het maak jou reeds 'n besondere mens. Die feit dat jy kan opstaan en i.t.v. die onderwys 'n rigting kan aandui maak jou eintlik 'n reus. Jy herinner my aan mense wat ek geken en die voorreg gehad het om voor te werk. Voor die "ekonomiese boffins" oorgeneem en koerante byvoorbeeld in hul donner gestuur het.
Prof., jy gee my hoop. Die enigste manier dat die land homself kan laat geld is deur mense wat slim genoeg is daarvoor. Jy stel 'n voorbeeld. Dankie daarvoor.
Colin 10/25/2009 4:50:54 AM
Prof. Jansen. Jou absolute "beaut". Staan by wat jy glo. Almal het die reg op opleiding. Volgens die Grondwet. Dankie dat jy opstaan daarvoor.
Tony 10/25/2009 5:29:37 AM
Wanneer gaan die spul opportunistiese huigelaars vir Malema/Chuene vervolg vir rassisme en rassistiese uitsprake? Hoekom is die lawaai altyd net een rigting?
Deon 10/25/2009 6:46:32 AM
Daar gaan die ANC weer. Dinge loop nie volgens hulle smaak nie, nou gryp hulle in. Hoekom gryp hulle nie in waar daar groter probleme is nie. Dienslewering, korrupsie, misdaad (selfs in regerings kringe) ens. ens. Hulle is te papbroekig daarvoor, want dan gaan ek my maatjie wat so hard "gestruggle" het te na kom. Hoe gouer hierdie land in sy m%@r in gery word hoe beter. Eers wanneer dit met die man wat geld het swaar gaan, sal daar teen die regering opgetree word, nie voor die tyd nie.
Andre Scheepers 10/25/2009 8:14:46 AM
Wat gaan in hierdie land aan. Ek glo daar is ander blankes wat net soos ek, nou rerig gatvol is vir die dubbelstandaarde. Daar is op forums baie die vraag gevra: wat van al die moorde op blankes (30,000 - 45,000) sedert 1994. Hoe vergelyk dit met die Reitz 4 se "wandade". Ek wil voorstel dat daar nou saamgestaan word, opgehou word om altyd polities korrek te wees en veral dan die skuld-bagasie af te gooi. Ons kan nie meer as muishonde en tweede-klas burgers uitgemaak word nie. Kom ons doen iets.
Pieter 10/25/2009 8:17:19 AM
Prof Jansen ek haal my hoed af vir jou. Deur die besluit gaan jy die kapus red en die ou kovsie gees weer begin terugbring. Laat die ANC en Cosatu maar skree. Vir hulle gaan dit net op geraas en propaganda. Die klomp wat aanhou opstook en aanhits is baie skuldiger as die aangeklaagtes. Hulle is besig om 'n ewige wig tussen die vier en die werkers in te dryf. As die besluit van prof Jansen 'n jaar gelede geneem is en die partye het met mekaar gepraat en onverskoning gevra was die hele storie al veby en was daar baie min indien enige kwade gevoelens teenoor mekaar
Matt Heyns 10/25/2009 8:17:23 AM
Prof: Ons hou van n man wat sy man kan staan. Shalom!
Jan van Niekerk 10/25/2009 8:23:28 AM
Die ANC sondig al te lekker onder mekaar, en teenoor die hele land -- maar wee die een wat teen hulle sondig. Vir almal se sondes, behalwe hulle eie, moet wet en geregtigheid geskied. Wat gaan van hulle word wat nie ander se sondes vergewe?
Betsie 10/25/2009 8:28:44 AM
Sou hierdie swartes ook so opgeruk het TEEN plaasmoorde en boeremoorde ??? Sien hoe skynheilig is SA as geheel ??? Toe, waar is al die WIT liberaliste NOU ??? Mense wat vas geglo het : "as ek net swartes goed behandel, sal hulle my ook goed behandel" ???
Jannes 10/25/2009 8:33:15 AM
Aag nonsens, man. Die "Reitz 4" het niks -- absoluut niks -- om oor verskoning te vra nie. Hulle het 'n swak poets gebak. Hulle is jonk en vol sports, en die ou skoonmakers het vrywillig deelgeneem. En die kos is met kraanwater "besmet". Word groot, Metcalfe, Nzimande en al die ander tjankbalies. Erken maar gerus dat julle enigste doelwit is om jul baasskap oor witmense ten toon te stel en hulle as 'n groep te wil verneder en op hul plek sit.
Gerdi 10/25/2009 8:46:15 AM
Prof Jansen for PRESIDENT!
Gina Duitsland 10/25/2009 9:44:11 AM
Prof Jansen, indien Malema jou houding wil inneem sien ek hoop vir SA en moet ek jou gelukwens met jou standpunt en besluite, ek keer nie die Reitz-4 se optrede goed nie, ek glo dit was studente pret wat te ver gegaan het en waar hul alle perspektiewe verloor het! Feit bly egter dat indien SA nie kan vergewe en vergeet nie het ek nie hoop vir SA nie! Die alewige ou koeie uit die sloot, die holrug geryde Apartheid en Rassisme sindroom!! Suid Afrikaners moes ook al baie vergewe het en áanbeweeg het, moord, verkragtings, regstellende aksies! Indien Suid Afrikaners nie n gees van vergifnis kan kweek nie, dan is die paadjie na die land van melk en heuning met duwweltjies bestooi en sien ek nie hoop nie!!
peet 10/25/2009 9:56:00 AM
Staan vas prof. hierdie ophef deflekteer die aandag weg van interne en dienslewering gemors. Wat het geword van die plundery met die verkiesing van Julius in Bfn. Lyk vir my rassisme is nie net wittes se wese ge-"hardwire" nie.
Edward 10/25/2009 9:56:12 AM
Prof Jansen iemand soos jy behoort president van hierdie land te wees.Welgedaan en dankie vir jou gesindheid wat jy aan die menigte openbaar.Dit gee ons weer hoop.
Johan 10/25/2009 9:56:42 AM
Dankie dat ons een persoon het wat kan opstaan vir die reg van ander. 'n Persoon wat al vir n paar jaar se dat die anc die onderwys in die afgrond neem. Vandag pluk ons die vrugte daarvan. Prof staan vas jy het baie agter jou. U moet nou net begin om die klomp wat ons geld so mors op die kampus en nie leer nie uit die universiteit te skop. Die anc kan by U kom leer hoe die goed gedoen moet word dan sal dit beter gaan in die land. Dankie daarvoor en ons bid vir u .
Hannes Jansen 10/25/2009 9:59:36 AM
Prof Jansen - jou optrede wys na die verskil tussen LEIERSKAP en BESTUUR. Dit is 'n ware leier wat bereid is om 'n besluit te neem wat redelike implikasies in hou , maar die groter prentjie daarteen verdiskonteer !! Ek wens u sterkte toe , en weet daar is meer helderdenkende mense wat u steun as wat u dalk mag besef !!
Betsie 10/25/2009 10:16:12 AM
Liewe Prof Jansen, u dae is getel. Die ANC is almagtig. Nie die gereg nie. U sal nie die einde van 2010 sien nie, vat dit van my. As u nie uitgewerk kan word nie, sal u spoedig vals beskuldig word van minstens die k-woord of (die handige etiket) rassisme. Soek solank vir u 'n ander joppie, as karwagter. Ek vermoed u is WIT ?? Indien u JA gestem het op 17/3/1992, het ons GEEN maar GEEN simpatie met u nie.
Eric 10/25/2009 10:24:53 AM
Prof. Jansen, jy is 'n held!

Ek hou van 'n man wat sy man kan staan!
Jan 10/25/2009 10:28:10 AM
Andre: In die land is dit n groter misdaad om in n swarte se kos te piepie as om n Wit mens dood te maak. Dit is bewys met die moordsyfer van blankes en dat die polisie maar net wegkyk en nie veel uitrig nie - maar behoed jou as jy wit is en n swarte te na kom - dan daag die hele polisie mag by jou huis op om jou te kom arresteer. Hierdie land se regering is so korrup soos kan kom. Jy sien hulle wil eers die Reitz 4 verneder en vertrap om die heel eenvoudige rede dat hulle wit is - was dit swartes was alles nou al vergewe en oor en verby. Daar bestaan mos nie swart rassiste op aarde nie - glo my die grootste rasiste op aarde is swartes - hulle is net te dom om dit te erken. Dit is tyd dat die ruggraatlose wittes opstaan teen die klomp parasiete wat so korrup is. Ons as wittes moet maar net altyd vergewe en vergeet - maar daar word uit die oog verloor dat die n mes twee kant toe kan sny. Ons is besig om op n revolusie af te stuur en dit is die skuld van die ANC, SAKP en Cosatu - en daai dag moet daar nie gehuil word as dit wel gaan gebeur nie.
Koos Karoo 10/25/2009 10:46:35 AM
Die feit dat "hy nêrens heen gaan nie" is slegte nuus vir die ander histories Afrikaanse universiteite. Die Maties het bv. gehoop dat hy Stellenbosch toe sou kon gaan om die taalsituasie daar te gaan red.
Geluk aan Jansen wat hom nie laat intimideer deur die Minister en sy trawante nie. Hoe anders as die Matie topbestuur wat geswig het voor die Staande Komitee op Hoër Onderwys toe hulle onlangs soos 'n selfaangestelde inkwisisie Maties kom "inspekteer" en die US bestuur oor die kole gehaal het.
Kan Jansen nie gekloon word om die histories Afrikaanse universiteite te red nie? Hulle het hom nodig!!!!
Dirk 10/25/2009 10:58:13 AM
Andre Scheepers, ek is met jou....
Blank-en-Trots 10/25/2009 11:19:49 AM
soos gewoonlik eensydig! Chuene-Malema/et al kan maar rustig slaap (en verneder!). Wanneer gaan ons saamstaan en hierdie uitbuiting (eensydig) teenstaan? Wanneer 'n witmens gemoor/verkrag/vermink word is 'n "ek't berou" goed genoeg maar nou is dit nie vir hierdie studente nie? Laakbaar - soos die meeste ANC optredes.
Ulrike 10/25/2009 11:21:46 AM
Die GROOTSTE bedrogspul ooit. JJ word nou geprojekteer as die versoenende persoon in die Reitz-debakel terwyl dit hy is wat die situasie sonder ophou, bly aanhaal het en steeds deurlopend aanhaal. Diegene wat dink JJ is nou die engel in die verhaal moet weer dink. Hy is eerder deel van die probleem as die oplossing. Die Afrikaner moet onder druk gehou word sodat JJ en die ANC se rassistiese rassevermenging suksesvol geimplementeer kan word. Die sogenaamde "Reitz-vier" was van die begin af totaal en al buite verband geruk en was maar net 'n verskoning om volskaalse rassevermeninging te laat plaasvind en Afrikaans af te skaal.
JJ is 'n gevaarlike man. Sy kommentaar in die Engelse pers verskil hemelsbreed van sy kommentaar in die Nasperskoerante. Kortom, hy hamer op apartheid en hy haat die Afrikaner..........in Afrikaans.
Allan 10/25/2009 11:22:38 AM
F$k die ANC. "Is dit net wangedrag binne ’n institusionele kultuur wat vergewe sal word? Is daar ander studente geskors wat rede mag hê tot soortgelyke vergifnis? Watter presedent skep dit vir toekomstige dissiplinêre sake?”Wat 'n joke. Wat van die betogings van studente waar ander studente aangerand en intimideer word? Hulle word dan toegelaat on hul studies te voltooi.
Dirk 10/25/2009 11:23:20 AM
Die Reitz sage is van dag een af opgeblaas. Prof Fourie het dit probeer gebruik om aandag af te rek van die mislukte rasse integrasie strategie.

Ek het die video gesien en almal (die skoonmakers ingesluit) wat daaraan deelgeneem het, het dit in 'n goeie gees gedoen. As daar werklike diskriminasie betrokke was sou dit nie so lank gevat het vir die video om uit te kom nie.

Die ANC is te pateties om iets konkreet uit te rig, daarom gryp hulle na elke insident wat moontlik gebruik kan word vir emosionele opstokery.
thabiso 10/25/2009 11:27:15 AM
Prof Jansen, dankie vir wat jy vir die UV doen. Ek wonder nou net of die groep swart studente wat 'n paar wit eerste jaar studente gedreig het met verkragting oor die selfde kam geskeer gaan word deur die minister en die ANC. O nee, ek vergeet, hulle is net skimme in die meisies se verwronge rasistiese gedagtes. dis hoekom 3 sekuriteits wagte hulle geignoreer het. Sorry girls, hulle gaan nooit opgespoor word nie wat dit was eintlik die 7 dwergies en julle het dit gerapporteer aan die 3 varkies uit ons geliefde Slaaptyd Stories.
Karooklong 10/25/2009 11:27:46 AM
Hoekom is die storie oor prof. Jansen se boek nêrens in die internet-weergawe nie? Ek hoop ek kyk sleg.
RDP 10/25/2009 11:43:23 AM
Dis jammer dat "opvoedingskundiges" soos Nzimande en Metcallfe die rasseskeidslyne net weer duideliker trek met hul vooroordele. Het al van kommuniste gehoor wat Bybel lees. Die AVB glo ek verstaan dit ook nie.
Ek wens ons kan op skolevlak so maklik van oortreders ontslae raak soos van die Reitz-4 ontslae geraak is. Jy ROCK prof. Jansen!!!!!!
JJ 10/25/2009 11:56:36 AM
Prof. Jansen, jy is n dapper man. Baie dankie. Wanneer gaan die gesanik oor rassisme end kry??? Wanneer kan ons n kans kry om die land te begin opbou?? Ek is seker die Reitz-4 het hul les geleer! DIE ANC SKULD ONS EGTER BAIE GROTER VERSKONINGS OOR BAIE ERGER MISDADE: Meer as 2000 boere vermoor, die onleefbare misdaadsituasie oral in ons land, kapings, moorde, gewapende rooftogte, die totale verval van die onderwys, gesondheid, SABC, SAL, vrot paaie, diefstal van ons duur belasting geld by die Landbank, ESKOM, die rioollwater wat ons moet drink, onbeskaamde vermorsing op luukshede en so kan ons aangaan nimmereindigend...... Het iemand al ooit n woord van verskoning gehoor van die ANC?? Nee, hulle is so stil soos die graf oor verskonings. DIE SIRKUS GAAN MAAR NET ONGEHINDERD VOORT....En ons moet betaal met ons laaste sente en ons lewens vir hierdie mal land.
Maggie 10/25/2009 1:35:48 PM
Betsie maak eers seker van jou feite, Prof. is NIE wit nie! Sterkte
Prof Troebelgemoed 10/25/2009 1:36:48 PM
Betsie (wat vermoed prof JJ is WIT?? en hom net to einde 2010 gee voordat hy sal waai) en Ulrike ("JJ word nou gereflekteer as die versoenende persoon...."), julle was seker ook so 'n tyd gelede by die Groot Heilige Volkevergadering by Vegkop, Heilbron. En julle cheer seker baie hard vir die ontslape AWB wat weer begin kreun-en-steungeluide maak. Het julle agtergekom julle is die enigste twee droë dr*lle wat in hierdie hele gepsrek negatiewe eiers teen Prof Jansen se optrede gelê het?? Okay ja goed, ek het groot agting vir iemand wat opstaan en bereid is om sy sê te sê: maar wragtig, HOOR julle julself?? Julle sit julleself in dieslefde klas as die ANC en die Malemas. Kom by. Jonathan Jansen IS die Universiteit van die Vrystaat se "messias". Los hom dat hy dit doen wat niemand voor hom nog die leierskap en die karakter gehad het om te doen nie. "It is easy to be flexible when you're spineless." Prof. Jansen, al is ek en jy die enigste twee wat staande bly (maar dit lyk darem nie so as ek na al die ander mense se positiewe kommentaar en ondersteuning kyk nie): die f*k weet, staan sal ek saam met jou staan.
Dan 10/25/2009 1:45:23 PM
Bonfire of the vanities en Animal farm sal julle help om te verstaan wat hier aangaan. Sterkte Prof J. jou besluit is wys.
Marius Muller 10/25/2009 2:13:53 PM
Ja prof jy is beslis iemand wat sy man kan staan.Ek stem saam ,die ANC is twee -gesigte met geen morele diskriminasie nie.Al wat die ANC doen is om stemme te probeer hou en so hulle eie soustrein te verseker,arm mense word net gebruik en niks verander aan die groot meerderheid se lewens nie .Redelike mense wat regverdig teenoor almal wil wees moet saamstaan .Ons land sal nooit werk solank die ANC hulle "struggle"en "Racism" kaarte aanhou speel nie.Staan net saam asseblief ,dan sal jy sien hoe n kleiner minderheid die sogenaamde massas n ding of twee wys.Ons kort nie getalle nie,maar moed,die tipe wat Prof Jansen openbaar.
Gerrit 10/25/2009 2:50:56 PM
Malema het gesê die vrou wat blykbaar deur Zuma verkrag is het 'n lekker tyd gehad en daarmee die saak afgehandel.

Die 5 swartes in die Reitz video het ook 'n lekker tyd gehad volgens hul glimlagte op die dansvloer. Daarmee is die saak ook afgehandel.
Rodney 10/25/2009 3:09:04 PM
Ditsem Prof!

Dankie tog! iemand met gesonde verstand.

Dra maar jou koeelvaste baadjie
AnnelizeR 10/25/2009 4:09:52 PM
Prof, ek staan agter jou en ek sal agter enige ander een staan wat so 'n besluit neem. Ons praat van versoening en rekonsiliasie maar dit wat ons praat en dit wat ons doen is twee verskillende dinge. Dankie Prof vir die voorbeeld wat jy stel. Ek wonder wat doen die ANC aan liewe Juliusie wat so ontverantwoordelik is met sy mond. Miskien moet Mary liewers met Juliusie praat.
Vrystaat 10/25/2009 5:36:23 PM
Ek wonder nou net toe ek die kommentaar lees of ons nie maar net bevooroordeeld is omdat dit vier arme wit seuns is nie. Dink mooi daaran, watse president skep Jansen regtig, wat gebeur as SASCO op die kampus 'n paar wit dosente vat en hulle maak dat hulle sulke dade doen? Gaan ons steeds so pro vergifnis wees? Jansen is reg deur hom nie te laat beinvloed deur poletiek nie, maar hy skep 'n gevaarlike president. Ek weet darm nie ek is nie baie slim nie ek ken nie baie van poletiek en universiteitslewe nie, al wat ek weet as swart oukies my ma ouma tannie of vrou darm so verneder het sou ek dit regtig nie goedgekr het om daardie oukies weer op 'n kampus te sien nie, maar ja soos 'n vorige persoon kommentaar gelewer het, witmense voel soos tweede klas mense in Suid Afrika, dit is net jammer om te sien hoe swartmense baie keer nie eers as mense beskou word nie, ek meen ons is bly vir die vergifnis, maar wie het nou enige kommentaar gelewer oor die slagoffers van daardie haaglike dade? Hulle werk steeds op daardie kampus so dit is nie juis Jansen wat die held is nie, maar diegene wat nog altyd die moed het om onmenslik behandel te word maar steeds die moed het om daardie plek inie oe te staar. Ek wwet ons gaan nou weer praat van die plaasmoorde, maar hoeveel moorde het daardie tannies gepleeg? Wat het hulle verkeerd gedoen om so verneder te word en dit nadat hulle deur apartheid so swaar moes kry, soos ek se x nie baie slim nie, ek vra slegs...
Brentie 10/25/2009 5:39:19 PM
Niks in Suid Afrika beweeg sonder die ANC
se goedkeuring nie (Misdadigers,hoogeplaastes
en die met die regte konneksies en geld en Malema uitgesluit).
Jy maak nie beleid sonder sanksies van die
ANC nie. Jy vergewe nie sonder die ANC se
goedkeuring nie want onder die ANC verander
demokrasie in diktatuur.



Reg 10/25/2009 6:12:22 PM
BETSIE...net ter inligting Prof Jansen is uit die Kleurling gemeenskap nie dat dit n verskil maak nie, ek lig my hoed vir hom en is bly dat hy standpunt inneem!!
piet 10/25/2009 6:16:36 PM
Jansen speel net sy kaarte reg. Ek dink nie hy is eerlik met sy vergifnis nie. Hy probeer punte aanteken - dis al! Hy is 'n strategiese opportunis.
Chris 10/25/2009 6:44:31 PM
Sterkte prof Jansen. Dit is verblydend dat daar nog mense is wat vir hul oortuigings opstaan
hans 10/25/2009 7:24:32 PM
Miskien moet ons ag gee op Ulrike se insig! Die Afrikaner is gewoonlik bitter naief en val maklik vir grappies! Die Reitz - vier het beslis ons Afrikaners se name goed met `n plank geslaan en ons kan nooit verdedig wat hulle gedoen het nie, maar die venyn op hulle is baie erger as op swartes wie blankes vermoor!! Wanneer begin die rekonsiliasie kommitee in werking wat die Zoeloes voor stok gaan kry oor die moorde op Retief en die` by Bloukrans, Weenen en moordspruit!!
Willie Nel 10/25/2009 8:18:32 PM
Prof Jansen - volg. Romeine 8 is dit net hulle wat hulle deur die Gees van God laat lei, wie kinders van God genoem kan word. Dankie dat jy jou deur God se Gees laat lei en nie deur die skreeuende lawaaimakende skares nie. Wat die Reitz 4 na bewering gedoen het is verseker verfoeilik maar beslis vergeeflik "...en vergeef ons ons sondes soos wat ons die wat teen ons gesondig het, vergewe..." Waar sou ons as mense (insluitende die klipgooiers en vergeldingsoekers)gewees het as God ons nie deur Sy liefde en genade deur Sy Seun Jesus Christus se kruisdood onvoorwaardelik vergewe het nie. As ons eers moes gestraf gewees het - watse straf sou toepaslik wees? - Sekerlik die dood? Dankie dat jy vir die wereld 'n voorbeeld is - hulle het dit so dringend nodig (ek inkluis). moet asb. nie daarvan afwyk nie. Tydens jou gesprek in "Rian" op Kyknet het jy genoem dat jy met die vier wil "broodbreek". Weet die wereld wat die betekenis is daarvan? - dit is die veteenwoordiging van Christus se liggaam wat vir ons gebreek is - daardeur het daar vir ons genesing gekom. Sy liggaam is gebreek vir elkeen wat Hom aangeneem het sodat ons deel kan wees van een liggaam - maak nie saak van ras, kleur of nasie nie. Doen so voort en wys die wereld wat ware oorwinning en vrede bring. God Bless you, guide you and protect you. Amen
Abdulhalli Shittu 10/26/2009 12:01:51 AM
Dis jammer dat die rasgebaseerde ANC altyd 'n lawaai maak soortgelyk aan die van 'n trop bebejane wanneeer daar blanke Afrikaners betrokke is maar nie 'n woord sal rep wanneer blanke Afrikaners verkrag, gemartel en vermoor word nie en dit grens aan die grootste rasgebaseerde diskriminasie 1000 keer meer as wat apartheid ook kon verig - gelukkig sal die boere eendag opstaan en dit nie langeR duld nie - ons sal dan net die geraas hoor wegraaK agter die berge!!!
emiel 10/26/2009 2:38:13 PM
Goed om te sien dat daar nog mense soos Ulrike, Jannes an Andre Scheepers is wat nog nie gebreinspoel is deur die media nie. Jansen het geen geheim gemaak dat om Afrikaners te bevry van hul sogenaamde ingebore rassisme dit nodig sal wees om hulle van hul taal en kultuur af te breek.
Jean-Pierre 10/26/2009 6:56:35 PM
Hoekom word Chris Louw se artikel nie elektronies beskikbaar gestel nie? Hierdie selferkende voormalige wit ANC-kader het die mees realistiese artikel nog geskryf oor Jonathan Jansen; die swart ANC-kader. JJ haal daardie mombakkies af sodat almal kan sien wie jy werklik is: 'n ANC-kader wat Afrikaans moet vernietig op die UOVS.
Eddie 10/27/2009 11:45:39 PM
Ek's 'n kleurling. Nie dat dit saak maak nie. Ek wil net se aan diegene wat hier die prof afkraak, spesifiek met betrekking tot sy houding teenoor afrikaans, slaan die bal ver mis. Lees gerus sy inhuldingstoespraak. Ek skat daar sal maar altyd 'n paar rassistiese bittereinders wees?
Eddie 10/28/2009 12:04:34 AM
JANSEN!!! :)
Wit mens 10/28/2009 1:34:10 PM
Prof. Jansen het a) die menswaardigheid van die universiteit se werknemers - wat sy eerste prioriteit moet wees - verder aangetas; en bewys dat ouer swart vroue se menswaardigheid minder geld as die van bevoorregte jong wit mans en b)weereens versoenend opgetree teenoor wit mense - soos wat swart mense al oor en oor in die verlede gedoen het, en steeds duur daar 'n kultuur voort dat wit rassiste oor en oor vergewe moet word om versoening tewee te bring. Wanneer gaan wit mense pa staan vir die gruwelike rassistiese oortredings van hul volkgenote en ophou om sulke barbaarse jong wit mans (oja, daar is mos 'n Waterkloof-4 ook) te verdedig. Wanneer gaan wit mense sê: ons veroordeel die gedrag van die Reitz-4. Punt. Sonder 'n MAAR.(ag, en spaar my al die vergelykings met die boere wat vermoor word -dit het niks met rassisme te doen nie)
Darius 10/29/2009 10:38:43 AM
Stem saam met Andre, Daar word vinnig opgespring deur die jeugies van die ANC vir n stoute en ja kinderagtige daad, maar daar word doodstil gesit en kyk hoe die in sy m%^&r in dood gemaak word.
Nonsens man, ek is gatvol.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Emile Myburgh sê... @ekke. Laat ek mooi verstaan, jy sê daar is niks om te verloor deur in God te glo nie, want as jy doodgaan en jy ontdek daar is wel 'n god, dan het jy gewen? OK, my geleerde kollegas hierbo het mooi aan jou verduidelik wat verkeerd is met die logika aan daardie redenasie.

Maar ek het 'n ander probleem. Jy glo dus net in 'n god uit vrees vir die dood en wat daarna sou gebeur (antwoord: niks gebeur daarna nie, jy keer terug na die staat waarin jy vir 13 biljoen jaar was voor jy gebore was, en het daardie 13 biljoen jaar se slaap jou enigsens gepla?). Jy dien nie god uit oortuiging vir jou geloof nie, maar net om jou bets te hedge. Dit is nie 'n goeie rede om in god te glo nie. Trouens, dit is een van die patetieste redes om te glo. Ek dink ek het meer respek vir die moslem fundamentalis wat homself opblaas, ten minste is sy oortuiging opreg.

Jy, daarenteen, is in godsdiens se mag omdat jy bang is vir die dood. Dit is natuurlik en verstaanbaar, maar totaal en al irrasioneel.

Laat ek vir jou verduidelik: lewende wesens gaan dood sodat hulle nie met hulle afstammelinge kompeteer vir skaars hulpbronne nie. Daar is baie meer te sê oor hierdie onderwerp, maar ek sal hierby volstaan.

Maak die beste van die jare wat jy het om te lewe, en hou op worry oor 'n fiktiewe lewe na die dood. Dit stel jou net bloot aan emosionele en sielkundige uitbeiting deur deluded mense soos Oom Angus, Bennie Hinn, Apostel Rina en diesulkes wat net hulle eie agenda volg (o.a. Geld). Hulle het hulle eie begeertes wat hulle reken, sonder enige rede, sal vervul word indien hulle almal kan oortuig om te glo soos hulle glo. Hulle reken dat al wat tussen hulle en die vervulling van hulle eie begeertes deur hulle god staan is die bekering van almal in die wereld. Dit maak hulle 'n sieklike spul wat mense soos jy se liggelowigheid uitbuit ten einde hulle eie illusie te probeer bevorder.

Is dit nie net 'n uiters hartseer stand van sake nie? Julle gebruik godsdiens as 'n kruk omdat julle nie die lewe (wat hard en moeilik kan wees) in die gesig wil staar nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Jhb: 18-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-30°C More sun than clouds. Warm. PE: 22-27°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Department Head - Treasury

Gauteng
Bridgena Barnard Personnel Group

Senior Finance Manager: CA(SA)

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R700,000-990,000 Per Annum Cost To Company

Bookkeeper

Western Cape - Cape Town
Calibre Brand Solutions

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Club Utility
2009
R 151,039.00

HONDA

FR-V 2.0 i-VTEC MPV
2006
R 144,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr
2008
R 144,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BRYANSTON

Multiple Unit - Cluster R 20 000 000

SOUTHBROOM

Single Residential - House R 8 685 000

HOUT BAY

Single Residential - House R 5 950 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Oscars 2010 DVD' s op Uitverkoping

82 Jaar van Uitstaande Rolprente

Casablanca, Titanic, Braveheart, American Beauty, Silence Of The Lambs & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!