Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

14°C
29°C

7 day forecasts

Joost bieg oor seksvideo

2009-10-31 23:20

Die voorblad van boek: Joost Spieelbeeld.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Herman Jansen

“Dis ek in die seks-video. En ek is bitter, bitter jammer dat ek gelieg het.

“Asseblief, vergewe my.”

Ná agt maande van heftige ontkenning het die Springbokheld Joost van der Westhuizen (38) aan Rapport erken dis hý wat sowat drie jaar gelede skelm verfilm is terwyl hy in ’n Pretoriase huis “seksuele kontak” (soos hy dit stel) met die blonde ontkleedanseres Marilize van Emmenis (nou 24) gehad het.

In dié steelvideo snuif Joost, met net ’n onderbroek aan, ook die dwelm Cat.

Rapport het dié video onthul in dieselfde week waarin Joost en sy vrou, Amor Vittone, hul Christenskap in Vrouekeur bely het.

Van meet af aan het dié oud-Bokkaptein gesê die man in die video is iemand anders.

“Span van der Westhuizen” – met die private ondersoeker mnr. Mike Bolhuis vooraan – het dié leuen toe met mening probeer verkoop.

Daar is triomfantlik aangekondig Joost het ’n leuenverklikkertoets geslaag. Daar was dreigemente en ’n jagmakery op die videomakers.

En die publiek het aanhou twyfel of dit Joost in die video was of nie.

SuperSport het Jooste se dienste as kommentator vroeër vanjaar opgeskort, hoofsaaklik oor sy dwelmgebruik in die video.

Joost het tot in daardie stadium Maandae sy SuperRugby-program komkommerkoel aangebied – asof hy nie ’n bekommernis in die wêreld het nie.

Maar in sy boek, Spieëlbeeld, praat Joost oor die hel waardeur hy is.

“Elke oomblik van elke dag het daardie video alles in my lewe oorheers. Die feit dat ek besig was om ’n leuen te leef het my van binne opgevreet en verteer.”

Hy het ook vir Amor gelieg, het hy aan Rapport gesê.

“Sy het my mooi gevra, en ek het vir haar gejok.” Eers teen begin Augustus het Joost teenoor Amor beken. “Sy is die ongelooflikste mens. En van daar af het ons aan ons verhouding begin werk, left, right en centre.

“Tot vandag het ek myself nie eens vergewe nie. Hoe kan ek verwag sy moet my vergewe?

“Ek kan my gesin steeds verloor. Dinge is nog nie 100% met Amor nie.

“Maar ons het die hele tyd nog nie een nag in verskillende beddens of kamers geslaap nie.” ’n Egskeiding is allermins op pad, sê Joost. “Dis die grootste klomp s****t.”

In sy boek en teenoor Rapport onthul Joost ook:

;SuperSport gaan “binne dae” besluit of sy kontrak beëindig gaan word of nie. “Ek sal nie verbaas wees as hulle dit doen nie – dis die punch wat ek moet vat. SuperSport het ’n handelsmerk om te beskerm.”

;Hy, Amor en hul twee kinders het in Junie by die evangelis Angus Buchan op sy plaas by Greytown gaan kuier om raad te vra. “Oom Angus het my laat besef ek moet opstaan en die pilaar in die huisgesin wees.”

;Die video hét hom finansieel geknou, sê Joost. “Maar ek is nie uitgewipe nie, ek woon nog in dieselfde huis, het nog dieselfde werk.

“En die uitnodigings begin weer toeneem – ek tree juis Vrydagaand (eergister) op ’n manne-aand in Upington op.”

- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


Brentie 10/31/2009 11:54:40 PM
Jammer,maar se Joost se aanvanklike ontkennings het sy geloofwaardigheid meer
skade gedoen as wat hy van die begin af erken
het dat dit hy was.
Dan was die storie teen die tyd al vergete
en kon hy dadelik begin het om sy verhouding
met sy vrou te herstel.
Dit is weer 'n geval van 'al is die leuen no so snel,die waarheid agterhaal dit wel'.
Jan 11/1/2009 12:00:27 AM
Joost, uiteindelik kom die waarheid uit, en die Grootboek se mos die waarheid sal seevier. Ek haal my hoed af vir Amor dat sy by jou staan. My raad aan jou is, baklei vir jou gesin, God het julle bymekaar gesit, en geen mens kan julle van mekaar verwyder nie. Mak vrede met jou GOD, jou vrou en jouself, en vergeet wat die wereld se en bied, onthou God se kinders is alles vir HOM, en HY sal julle beskerm en krag gee
Antoinette 11/1/2009 12:04:54 AM
Wel, daar het ons nou die waarheid uit Joost (Rapport) se mond gehoor. Dis nooit te laat om te sê jy is jammer nie, Joost, en dit maak van jou ook net 'n mens soos ons ander. Ek glo jy voel op die stadium heelwat beter oor jouself, raak net van Mike Bolmis ontslae.Sterkte vir jou en Amor en die kinders
pampoen 11/1/2009 12:06:03 AM
Daarsy....nou kan ons almal aangaan met ons lewens en die koerante kan 'n bietjie geld verdien met belangriker, relevante nuus. Steve was nie die eerste nie en Joost gaan ook nie die laaste wees nie. Sterkte Joost, ek hoop jy kan jou gesin bymekaar hou. Ons is maar almal produkte van ons besluite, ne. Maar asseblief tog, iemand 'fire' tog vir Mike Bolhuis!!! P.I. se voet - hy hoort vir Julius te gaan werk.
martin 11/1/2009 12:16:04 AM
Joost jy was een van my heros!! die ding met die meisie kan ek nog verstaan....maar die dwelms!!!
petrus 11/1/2009 12:24:04 AM
Nee wat, presies soos Hansie. 1. Sê sorry net omdat jy uitgevang is. 2. Niemand sal ooit weet wat feite en wat versinsel is nie.
Beskerm ons jeug: MAG HULLE NOOIT IN DIE HERO'S MUSEUM VOORKOM NIE!
Dune 11/1/2009 12:42:27 AM
Ons ou Afrikaner nasie en hul kerk gaan stories. Ek het nie vir n oomblik sy storie geglo nie, maar die verskil is, ek oordeel nie die man nie. Dis sy saak. Dis net jammer mense wat kerk toe gaan probeer hoog heilig wees en of jy n lisensie het dat jy sonde vryspring. Die meetste SA-ners wat kerk toe gaan is vals en wil neerkyk van hulle hoe troontjie op ander mense. Julle is skynheilig man.'Kerk' mense is van die grootste hypocrites en mense wat oordeel. Ek praat nie van ware christene nie, waarvan ek nie een is nie. Mens sien deur julle.Ons almal is vol sonde en niemand is beter as ander nie. Los vir God om te oordeel, dis nie ons werk nie.
Buite die "box". 11/1/2009 12:46:53 AM
Eenmaal 'n "box", altyd 'n "box". Die bul manne sal weet wat dit beteken. Jy kan jouself nie eens uit daardie "box" probeer lieg nie, allermins as jou "pose" begin kraak.
OMG 11/1/2009 12:58:18 AM
mmm Manneaand in Uptington, hoop jy het 'n pusher daar! Jy is 'n pateet en 'n leuenaar
Betsie 11/1/2009 1:02:37 AM
Hy is net menslik. In die buiteland sou hy makliker vergewe word. Maar NIE in die louter HEL van SA se WIT, verkrampte, skynheilige, Afrikaanse, gemeenskap NIE. Nou sal Joost beslis braai in die WIT, Afrikaanse, NG-hel ......
Francois V 11/1/2009 1:07:34 AM
Joost sou NOOIT erken het nie. Wat die oog nie sien nie, maak die hart nie seer nie. Maar toe kom vergiftig die verfoeilike NG-Kerk-skynheiliges sy denke en gevoelens !!!!
TOMMY 11/1/2009 1:12:57 AM
JOOST , REGARDLESS , I WISH U THE GOOD LIFE ONLY !!!
Petrus Parra 11/1/2009 1:19:41 AM
PETRUS! Vreemd dat jy vir Hansie met Joost vergelyk.
. 11/1/2009 1:21:33 AM
Sal altyd vir Joost as rugbyspeler bewonder. Dwelms en leuens is 'n bitter pil. Maar wat van 'n ander titel vir daai boek? Wat van "Erger as 'n fox terrier". Joost jou yster!
Gerhard 11/1/2009 1:25:18 AM
Jammer Joost, jy het te veel en te lank bly lieg en ontken. Selfs onskuldige mense wat die waarheid gepraat het jy beskuldig as leuenaars en gedreig met hofsake. As hulle en jou gesin jou vergeef daarvoor dan is dit hulle saak, namens my moet jy asseblief wegbly uit die media en openbare lewe - geen kind of jongmens kan jou met reg as rolmodel en voorbeeldige sportman nastreef nie. Niemand stel verder belang in jou opinie oor rugby of enige iets anders nie, Dankie.
Piet Uys 11/1/2009 1:46:59 AM
Mooi Joost . Hier is 'n kort storie vir jou en die lesers . Klein seuntjie skiet sy pa se spoghaan dood met sy kettie . Hy dink niemand het dit gesien nie . Sy sussie het en gebruik dit om hom af te pers . " Ek gaan vir Pa sê" Na 'n maand van afpersing skottelgoedwas en leuens hoekom hy dit vir sy sussie doen besluit hy hy het genoeg gehad. Hy gaan toe na sy Pa toe en skaam en sku ,gereed vir straf bely hy . Sy Pa sê toe tot sy verbasing dat hy die eerste dag gesien het toe hy die haan geskiet het. Jannie is verbaas en wonder oor die rede . Hoekom het sy Pa hom so laat suffer. "My seun ek wou kyk wanneer jy uit jou eie na my toe sou kom sodat die waarheid jou kan vrymaak . Jy is vry Joost Geniet jou vryheid om die lewende God te dien . Toe jy die leuen sien was dit jou eerste keer maar die Vader het dit 2000 jaar terug aan die kruis gesien
Anto 11/1/2009 1:55:04 AM
Ai Joostie, sien wat kom as jy groter as die game word, jy weet as "niks iets word", as jy jou eie publisiteit begin glo? "Springbokheld", jy beledig my man! Jy is maar net 'n outjie wat 'n ovaal bal kon hanteer in 'n rugbymal nasie, niks anders. Weet jy watse grap jy en "Posh" was, lee bubbles wat 'n lee wereld verteenwoordig.Sorry boet,die hospitaal pass het jy vir jouself gepass! Terloops, nice stunt vir verkope, van ek neem aan, 'n paar useless blaaie oor jouself?
Jannie 11/1/2009 2:21:32 AM
Dune, jy slaan die spyker reg op sy kop....Ek is nie daar om te oordeel nie en het ook al baie in my lewe en doen soms nog, vekeerd gedoen, maar dis asof die so called christene altyd net jammer kan se en als is vergete. Wanneer daar geoordeel word dan staan hulle eerste in die ry. Ek se ook dat Joost en al die ander bekende sterre ook maar net mense is en ook foute kan maak, die vraag is net dat al die mense wat met Joost so simpatiseer, hul self in so n situasie gesit en daaraan gedink wat dit in hul huwelik, hul wederhelfde, familie en God doen...Nee kak storie man...hou op simpatiseer en verstaan dat dit verkeerd is en jammer is nie altyd die uitweg nie. Kom ons almal en die christene(ek glo aan God, maar daar bestaan nie christene nie)staan saam en bid sodat God ons kan red van al die sondes en versoeking op ons pad. Kom ons bid ook vir die "slegte vrou" wat saam Joost net so skuldig is, want n wors het twee punte...Nie net een kan die pakslae vat nie,al is jy n bekende ster....
Christof 11/1/2009 2:45:32 AM
Wie gee om?
chris 11/1/2009 2:50:26 AM
OK Joost, wys ons hoe jammer jy is en skenk die geld wat jy uit die verkope van die boek verdien aan liefdadigheid.
Gary 11/1/2009 3:24:38 AM
Vir my is dit nog erger as tevore. Hy het vir sy vrou gelieg, sy aanhangers en die grootste van almal homslef. Wat se rolmodel is dit vir al die laaitjies wat onder 9 rugby speel wat opkyk na hom. Jou tyd is verby Joost, jy het die kans gehad om skoon te kom met die storie maande terug. Hoekom nou?
vat so 11/1/2009 3:30:22 AM
Jy was n man na wie ek opgekyk het, toe kom al die stories uit. Almal het geweet dit is jy. Jy ook. Mike Bol het vir almal gese dit is nie jy nie. Watse aap het hy nie van homself gemaak nou nie. Raak ontslae van die ou.
Marius 11/1/2009 3:36:12 AM
Malema vir president,
Joost vir vise president.
Bolhuis vir raadgewer!
Jannes 11/1/2009 3:44:34 AM
Pleeg enige sonde en kom daarna met 'n vroom gesiggie en vertel hoe jy nou skielik deur die Here Jesus verlos is, en hoe jy nou weer kerk toe gaan. Dan hoop jy die nasie glo jou skielike en nuttige "bekering", self al verdien jy ju loontjies deur op te tree by losbandige "manne aande"... Ai, hoe maklik vang jy ons goedgelowige nasie uit met nog 'n korreljie nagemaakte vroomheid as aas. Sotterny loop darem maar diep by ons mense.
TCS 11/1/2009 4:14:38 AM
Joost baie groot respek dat jy nou uitkom met die waarheid..... dis vir my jammer dat jy wel gelieg het en almal vir die gek gehou het ..... Ek is, want ek het jou geglo.... Maar ek kan jou nie judge vir wat jy gedoen het nie die mense wat jou judge moet eers bietjie na hulle self kyk anyway... Lig jou ken en wees weer trots soos altyd man........Baie sterkte voorentoe en bly jy kan nou berusting vind in die feit dat die waarheid uit is .... Sterkte vir jou en Amor vorentoe en ek weet jy gaan weet die Voorbeeld wees wat jy altyd was vi baie mense .....
Kobus Van Wyk 11/1/2009 4:23:32 AM
Joost, deur die waarheid in die oe te staar neem baie stres van jou skouers af. Welgedaan deur te erken wat gebeur het. Maak werk daaraan om jou gesin bymekaar te hou - almal maak foute en vir die skynheiliges wat jou gekruisig het en wat natuurlik absoluut sondeloos is, gaan kyk bietjie in die spieel - julle skynheilige kerkbank verwarmers.
Suzanne 11/1/2009 4:32:04 AM
Ek het van die begin af geweet dit was Joost. Sy verskonings van "my geslagsdeel is nie so groot nie", en "ek het nie onderbroeke met gate in nie" was net te dik vir 'n daalder. Wat ek nie verstaan nie is hoekom het hy nie maar van die begin af gese "Geen kommentaar" nie. Hoekom het hy weer gelieg ( hy het mos vroeer ook gejok oor of hy en sy eerste vrou gaan skei, en weer oor of hy en Amor 'n verhouding aan die gang gehad het destyds.). Amor moet net een ding onthou: 'n man wat sy eerste vrou verneuk ( al is dit met die vrou wat uiteindelik sy tweede vrou word), sal dit met latere vrouens ook doen..

Noudat die waarheid uiteindelik op die lappe is hoop ek nie Joost word afgedank nie. Hy is 'n goeie kommentator

Ek voel wel baie jammer vir Amor, want hoe kan sy hom ooit weer vertrou. Dis een ding om haar te verneuk,maar toe laat hy haar hom in die openbaar nog verdedig ook..'n verdere vernedering noudat die ding openbaar is

Laastens hoop ek Joost le 'n formele kriminele afpersing klag teen die mense wat daai video gemaak het. Wat Joost gedoen het was verkeerd, maar net so wat die afpersers gedoen het!

jAMME
Alex 11/1/2009 4:36:23 AM
Dune as daar n verskil is tussen klein en groot sonde laat my tog weet . Want soos jy Christene veroordeel weet jy iets wat ek nie weet nie. As jy sondes bely God is getrou om jou dan te vergewe. So die ou sonder sondes laat hy maar die eerste klip gou. En begin by my wnt ek is ook n mens. Joost jy het moed!!!! Die verskil tussen jou en die ouens soos Dune is hulle is nog net nie uitgevang nie.
Wielneus 11/1/2009 5:05:21 AM
Joost probeer nou net weer geld maak uit almal wat hom moet jammer kry.
Koos 11/1/2009 5:56:34 AM
Ag nee Joost, ek is diep teleur gestel. Hoe kon jy 'n stukkende onderbroek dra?
Kom ons beweeg aan!! 11/1/2009 6:07:14 AM
Joost jy moes dit van die begin af gedoen het, maar ons vergewe jou en hoop nou net vir die beste vir jou en jou gesin. Mense kom ons sit dit nou agter ons!!!
Elle 11/1/2009 6:20:06 AM
Jaaaaaa Joost! Terwyl jy nou so eerlik is met ons, hoekom nou nie maar erken jou huwelik is op die rotse en jy is finansieel in jou mo@r in nie? Jy moes seker redelik desperaat gewees het om by Bollie geld te leen - of het hy jou gedreig in sy speedo met sy pistool teen jou kop? Jy is in 'n hoek - daarom dat jy nou maar uitkom met die sak patats - maar ook 'n maand lees ons weer Amor het jou gedagvaar vir 'n egskeiding - en dan blyk dit dat jy nog steeds hier vir almal lieg!
Ollie 11/1/2009 6:21:31 AM
Siestog, kan die man nie vir 'n paar maande sonder publisiteit lewe nie? Volgende week is Steve Stofsuier seker weer in die kollig. HAAT die Rapport so erg, maar die koerant is maar goed genoeg wanneer die kleinmannetjies bietjie media aandag soek vir die boeke wat hulle skryf. Joost, ons het ALMAL anyway geweet dis jou blerrie onderbroek met die gate in! Jy is nie die titel Pa werd nie
wehries 11/1/2009 6:32:55 AM
Joost, jy het die edel ding gedoen om te bieg. Ons het almal van die begin af geweet dat dit jy in die video was, so jy sal moet verstaan as mense negatief jeens jou voel omdat jy ons intelligensie onderskat het. Jy moes van die begin af gebieg het, maar ek weet dat ontkenning jou manier was om nie alles te verloor nie. Jou integriteit het egter nou 'n krakie in, maar solank jou vergifnis met God reg is, hoef jy jouself nie oor mense te bekommer nie. Ek vertrou dat jou vrou ook met die tyd vrede sal maak met wat gebeur het. Vir Mike Bolhuis aan die ander kant, is hierdie maar net 'n bewys dat jy totaal 'n afwesigheid aan integriteit het. Jy is 'n adder wat met jou swart hart teer op die mense in ons land. Jy is 'n lagwekkende skepsel met 'n belaglike agenda en ek hoop jy weet hoekom jy die minagting van soveel mense het. Jou berugte reputasie sal hopelik nou tot stilswye kom na hierdie flou poging van jou om met jou boewery die waarheid te verdoesel. Suid-Afrika braak oor jou naam!!!
Woodgoat 11/1/2009 6:39:03 AM
Ek was teleurgesteld dat Joost nie aanvanklik wou erken dat dit hy in die video was nie. Alles het nou egter verander met sy nuutgevonde eerlikheid.
Die lessie wat ek hieruit kan leer; praat maar altyd die waarheid. Dit is soms pynlik, maar dit hou ten minste die geraamtes uit my kas.
Ek hoop dinge werk nou reg uit vir Joost en sy gesin.
Roelf 11/1/2009 6:43:47 AM
Ek is bly dat die waarheid nou uiteindelik op die tafel is en vertrou dat Amor hom sal vergewe en dat Jooste se lewe nou kan voortgaan. Ek sou ook graag sien dat hy weer deur Supersport op hul programme gebruik word. Daar is min verslagdoeners wat vir kykers so n goeie en verstaanbare verslag kan gee. Sterkte Joost
Vry Denker 11/1/2009 6:47:01 AM
Moet tog nie vir Bol (in die broek) Huis vergeet nie. Met die uitreiking van sy en Joost se eerste verklaring het hy my aan ons Skoolhoof laat dink wat gese het "ons weet wie die hoender Maandag oggend in die saal losgelaat het maar wag dat die persoon self moet uitkom." Bolhuis....Jy werk nie met kinders nie. Grootmense kan tussen die lyne lees. Mog ek nooit van iemand soos jy se dienste hoef gebruik te maak nie, jy het die Joost sage pateties hanteer.
Hanlie Potgieter 11/1/2009 6:47:02 AM
Joost... die een van ons wat sonder sonde of foute is, laat hy die eerste klip optel om jou te stenig. Staan by Amor en jou twee pragtige kinders. Hou vas aan jou God.
Paul du Plessis 11/1/2009 6:52:00 AM
Dune beaam my blik op hierdie saak. Joost verstaan die oeroue geestelike waarhede beter en so groei hy geestelik. Ons almal is hier om geestelik te verfyn, nie om skynheilig op ander neer te sien en hulle te veroordeel nie. Amor verdien respek en Joost en sy 'n geleentheid om te heel. Gee die mense kans
Willempie 11/1/2009 6:58:34 AM
Ons die publiek weet dit al lankal. Noudat jy dit ook weet is ons bly vir jou part. Dit alleen maak die wereld makliker vir jou. Hopelik jou les geleer. Vergeet die verlede maar onthou die les. Alle beste vir jou en jou familie. Geseende week vorentoe.
TCS 11/1/2009 7:06:43 AM
Joost tel op jou ken en wees weer trots ..... jy het wel my ook gevang want ek het jou ook geglo........ Mense judge maklik maar die wat judge moet eers na hulle self kyk voor hulle dit doen..... Sterkte vir jou en Amor en ek hoop van harte alles werk mooi uit vir julle.......

Respek om dat jy nou met die waarheid uitgekom het en nou kan jy sag slaap en nie meer die stroms van n leun lewe binne jou ervaar nie.... Ek is seker die HERE het jou lankal vergewe anyway ........

Stekte
Benn 11/1/2009 7:07:06 AM
Joost, jy is nog nie by die waarheid wat werklik saak maak nie. Die feit dat dit jy was in die video is die waarheid vir die openbare arena se skare.Van nou af gaan jy 'n stortvloed van oordeel en vergifnis kry wat jou en jou gesin se dilemma nie werklik beter gaan maak nie. Dit gaan nie JOU probleem oplos nie.
Die waarheid wat tussen jou en God moet uitkom ( en Hy weet dit klaar) is die vraag " hoekom het jy by sulke dinge betrokke geraak"?
Praat met Vader daaroor en gaan vir pastorale hulp en begeleiding om by die kern, die wortel, van die probleem uit te kom.
En dit is 'n privaat aangeleentheid waarby jy selfs eers vir Vader gaan vra of jy jou gesin, jou vrou, daarby gaan betrek. Sy gaan in elk geval altyd wonder hoekom jy dit gedoen en en solank sy onseker is gaan sy gedurig agterdog moet onderdruk.
Dit gaan nie net werklike vryheid vir jou bring nie, maar dit gaan jou ook die versekering gee dat Vader deel is van jou en jou gesin se herstel proses, want Hy plaas n baie groot premie op gesinsbande . Dan gaan publieke opinie nie meer regtig saak maak nie en Jy en jou familie kan 'n kragtige werktuig in die hand van Vader wees, wat opnuut die wonderlike verlossings werk van Jesus Christus kan uitleef EN verkondig.
Baie sterkte.
Gina 11/1/2009 7:10:55 AM
DUNE....Jy het dubbele standaarde, jy kan nie kerkgangers oordeel en dan se God sal oordeel nie! Hoofsaak is Joost was grootmoedig om sy foute te besef en te erken, mens kan net hoop dat hy opreg is om sy lewe te verander en na sy familie om te sien, hulle is die belangrikste en grootste skat! Mans wat in versoeking wil kom moet hulself die vraag afvra is dit werklik alles die moeite werd?, met of sonder publisiteit! Ongelukkig is die kinders soos altyd die lydende party! Baie sterkte aan julle as gesin en familie!
fariseer 11/1/2009 7:18:36 AM
Joost ek hoop Angus gaan jou ook sommer bietjie raad gee oor stukkende onderbroeke! Want ek dink nie enige ander raad van Angus is van value nie.
magda 11/1/2009 7:32:42 AM
En daar gaan hy alweer, dis die media, die ouens wat die video gemaak het. Joost as jy nie daar was , was daar nie 'n video. IN hemelsnaam vat tog nou maar net 100% van die skuld sonder die 'maar' by.
Steve aanhanger 11/1/2009 7:37:42 AM
Sien Steve was toe reg, hy het jou tien teen een teen danseresse gewaarsku. Toe jy hom uithaal in die media daaroor het ons in elk geval geweet jy jok. Hy is net eenvoudig 'n beter mens as jy, want hy jok nie oor wat hy verkeerd doen en dan na maande kom met 'n ekskuus, vergewe my tog houding nie. Maar nou ja sterkte, ek hoop jy en Amor kan dinge uitwerk.
hanna 11/1/2009 7:37:44 AM
Ek weet nie waarom mense altyd moet krap in ander mense se lewens in nie, na al die ophef en so aan is Joost en Amor gewone mense net soos ons, nie koninklikes nie en as Joost bely het is dit nie ons wat hom moet vergewe nie, maar sy God, sy familie en die mense wat almal deur hierdie proses seergekry het. Kom ons los Joost nou uit en gee hom die regverdige kans wat hy verdien, niemand is volmaak nie anders was hierdie 'n baie ververlige lewe. Vee voor jou eie deur voordat jy voor 'n ander een sin vee. Sterkte Joost en Amor, mag julle die regte besluite neem, en mag dit net goed gaan op die pad voorentoe.
Richard 11/1/2009 7:40:19 AM
MAAR ONS ALMAL HET VAN DIE BEGIN AF GEWEET DIS JY, WAT SE BEKENTENIS IS DIE NOU? AG SHAME, DINK JY NOU JOU BEKENTENIS MAAK DIT BETER?
HEnk 11/1/2009 7:50:12 AM
Skitterende bemarkings foefie vir die boek gewees...
Leon @ DUNE 11/1/2009 7:50:28 AM
DUNE: Dankie, jou kommentaar spaar my baie skryfwerk om aan mense te verduidelik wat is ware Christenskap. Saam met jou, kuier ek graag rondom die vuur voordat ek saam met my mede "christene" kuier. Om te erken daar is WARE Christene en boonop te se jy is nie een nie.... wow. Jy is 'n beter rolmodel as Joost.
Jessie 11/1/2009 7:52:09 AM
Dankie Joost, die waarheid is nou uit. Jy kan nou op die pad van versoening met jou vrou en kinders loop. Laat die een wat sonder foute is die eerste klip gooi. Ek wonder maar net, as ou Bollie Bolhuis dan so lekker saam gelieg het, wat vang hy nie alles aan nie ?
Eric de Carlos 11/1/2009 7:53:15 AM
Wie de moer gee nou eintlik om wat Joost, die liegbek, dink? Om eers K@K te maak, dan te lieg, en dan verskoning te vra - en laaste - maar nie nie minste, kamma gelowig te word, is die pad wat al die sotte loop. Hy probeer nou natuurlik om mense te kry om sy boek te koop. En party idiote sal dit natuurlik ook doen.
Herman 11/1/2009 7:53:36 AM
Dit wat gebeur het is regtig jammer, MAAR dat hy wat sonder sonde is die eerste klip gooi! As Jesus se genade groot genoeg vir my is om my van my sonde van gister, vandag en more te vergewe, dan is dit ook defnitief groot genoeg vir Joost en elke liewe mens op hierdie aarde. Ongelukkig vergewe ons mense nie so maklik nie, so byt vas Joost en Amor.
Lene 11/1/2009 7:54:14 AM
Ja, toe Steve vir Joost se erken jy het 'n fout gemaak en maak reg, toe weet hy en Bolhuis mos van beter. Nou het die leuen meer skade gedoen as goed. Ek glo nie meer 'n woord wat hy se nie, en ja soos iemand hier bo gese het, die meisie kan mens nog probeer verstaan, maar die dwelms. Dit is regtig 'n groot teleurstelling.
Piet 11/1/2009 7:57:14 AM
Siestog. En om te dink hy het so hard gewerk om sy onskuld te verklaar toe die storie op die lappe gekom het.
Z P Esterhuizen(Bokkie) 11/1/2009 8:02:33 AM
Joost baie geluk dat jy uiteindelik die waarheid erken het ons is almal mense en maak almal foute daarom se die bybel vir ons erken jou foute en vra Ons Hemelse vader om jou te vergewe mense sal uiteindelik vergeet maar GOD sal jou onmiddelik vergewe as jy met volle berou vergifnis vra watter mens kan n klip optel en jou gooi as ons almal net mense is vol foute ek is geen ondersteuner van jou nie maar ek bid vir Jou en hoop dat die dinge jou sal laat besef jy kan nie met jou mond belei maar met jou hart begeer nie STAAN OP TEL JOU SEENINGE EEN VIR EEN EN BEWEEG VOORENTOE MET GOD AAN JOU SY EN NEEM AMOR EN JOU KINDERS SAAM MET JOU STERKTE VIR JULLE.
Bennie van der Merwe 11/1/2009 8:05:20 AM
Ek is 'n wedergebore christen. Ek is diep teleurgestel in die feit dat Joost gese het hy is 'n christen en nog steeds bly lieg het. Nadat Steve Hofmeyer vir hom gevra het kom uit met die storie. Joost en sy vrou Amor is glad nie die voorbeeld vir jongmense nie. Hul is 'n "disgrace" as glanspaartjie. Ek het my respek al maande terug vir hom verloor.
CJ 11/1/2009 8:08:42 AM
Wie is ons om te oordeel ?
Albert 11/1/2009 8:15:59 AM
Joost moenie jou steur aan al die slegte goed wat gese word nie, onthou JESUS het vir die sondaars gekom, dit beteken vir ons almal wat in HOM glo, ek glo dat jy deur jou erfarings baie ander mans kan help om nie die selfde pad te loop nie of hulle dalk raad te gee. Ek het Joost ontmoet so 5 jaar gelede to ek by sy garage n ISDN modem ingesit het, hy is n baie, baie aangename mens met geen stick ups of n idee van ek is Joost wie is jy, Joost weet dat jy vergewe is,
Marieta 11/1/2009 8:16:02 AM
Ek dink Amor het meer sterkte nodig...dis hel om aan`n verhouding met `n rokjagter te werk. Hoe vertrou jy so `n persoon?
PJV 11/1/2009 8:21:19 AM
Ag, so het hy ook destyds oor sy verhouding met Amor geswyg, en die twee is tog maar getroud. Ten minste kan hy nou weer uit sy misery bietjie pond slaan met 'n boek en 'n paar artikels. Nou die dag wou hy almal sue, nou verkoop hy die stories.
Paul.v.H. 11/1/2009 8:22:46 AM
HuH?Joost ek dag dan jy en Bolhuis ken die persoon in die video?Hau!Hoop Amor gee julle altwee gas!Jy het jou geloofwaardigheid op die spel geplaas,arme Amor.Ten minste het van Emmenis ruggraat gehad,maar jy het nie ruggraat nie.Integriteit is om te weet as jy verkeerd opgetree het en om dit dadelik reg-te stel.Eish sorry ou Joost man.Sterkte!
Hilux 11/1/2009 8:24:21 AM
So kom die waarheid uit. Toemaar ou Joost. Jy bly die beste skrumskakel ooit. Ook maar net mens.

Maar as openbare figuur waarna kinders opsien het jy ongelukkig 'n verantwoordelikheid. God het jou vergewe. Vergewe jouself nou.
PieterW 11/1/2009 8:26:57 AM
Uiteindelik Mnr van der Westhuizen!!! Wel gedaan!!! Jou eerlikheid sal seker nou nie die vrugte afwerp soos wat jy hoop nie, maar vind dit maar in jou eie hart om vrede met JOUSELF te maak... Sterkte!!!
Louisa 11/1/2009 8:27:49 AM
Mens is mens en daarom in jou hart weet ek dat die Here altyd daar is om jou sondes te vergewe al dink baie mense vandag dit is onwaar. Elkeen besluit maar self maar tot ek eendag weet probeer ek die regte ding doen. As dit dan reg was dan blydskap en as dit nie so is nie dan is dit dan so! Jooste is ook net mens en ek is seker teen hierdie tyd moet sy hart in stukke wees. As Amoe hom vergewe welgedaan en moet julle nie aan al die mense steur wat net altyd regstaan om hulleself te geniet en lewe vir sulke stories nie. En Dune God gaan beslis oordeel of ons dit nou wil glo of nie!
Koos 11/1/2009 8:29:51 AM
Laat die een wat sonder sonde is, die eerste klip gooi. Sterkte vir jou en jou gesin Joost. Ons bid vir julle.
Genoeg 11/1/2009 8:37:52 AM
Joost moet asseblief net die soos Steve al die tydskrifte blameer vir al die slegte publisiteit oor jou en Amor nie. Julle het self baie geld uit die Huisgenoot en You gemaak.
Lindi 11/1/2009 8:42:30 AM
Hoekom moes hy 'n boek skryf en gled maak daaruit as almal lankal geweet het hy is skuldig? Dis net geld, geld geld. Joost, hoekom het jy dit nie SONDER 'n fanfare gedoen nie. Sommer net skoon gekom en klaar gekry nie. Almal het dit geweet anyway. En wat van jou dwelm gebruik? Jy se nie of jy behandeling kry daarvoor nie - doen jy dit nogsteeds? En die vuurwapen voorval by jou huis so 3 weke gelede? Is dit ook nou weer 'n verdigsel of gaan jy oor 'n jaar nog 'n boek skryf as jy weer geld nodig het? Man, kruip terug waar jy vandaan kom. Dis mans soos jy wat vrouens en kinders vernietig.
Michel 11/1/2009 8:43:41 AM
Alhoewel ek nie sy apologie erken nie, kan ek ook nie help om te dink dat hy op die laaste nog 'n geldjie uit sy ontboeseming teenoor Rapport gekry het nie. Hy verdien alles wat hom toekom - goed en sleg!
Hammer01 11/1/2009 8:45:33 AM
Joost/Amore, laat toe dat Jesus julle genees. Deur verhoudings kom pyn, deur verhoudings kom genesing!!
Adrian 11/1/2009 8:48:17 AM
What a joke. Nou 's Joost religious en praat op manne aande. Lyk my enige Jan Rap en sy maat spring deesdae op 'n geestelike seepkis. Ek's bly jy bieg uiteindelik, maar hou jou by jou lees.
Niel 11/1/2009 8:49:03 AM
Mense val, wat saak maak is hoe jy opstaan. Sterkte maat.
Spikkels 11/1/2009 8:50:43 AM
Is dit nou Joost of sy "double" wat die bekentenis gemaak het ..... ?
Steph 11/1/2009 8:55:10 AM
Eindelik!! Dankie dat jy "skoon" gekom het Joost. Voorspoed en sterkte aan jou en jou gesin. Julle sal nou moet hard werk aan jul huwelik en verhoudings met mekaar. Veral jy, want daar gaan baie dae kom dat jou gesin, vriende en aanhangers in jou gaan twyfel.
Groot asseblief, in die gevolg.. hou op om na verkeerde raad te luister. Jou vriend Mike het jou groot skade aangedoen.
Elle 11/1/2009 9:06:20 AM
Wonder nou maar net of hy sommer ook oor al sy ander buite-egtelike verhoudings gebieg het by Amor - onthou julle nog bv die 'voormalige springbok atleet'? Wat sê hy in sy boek hievan? En om God by hierdie smerige storie te betrek is in uiterste swak smaak. Joost weet niemand sal sy boek koop as daar nie iets opspraakwekkends in is nie - en hy het die geld baie dringend nodig - hy skuld after all vir een van die gedugste 'loan sharks' in die land 'n handvol geld!
PieterW 11/1/2009 9:11:29 AM
Neee Spikkels!!! Moet ASSEBLIEF nou nie weer vir ou Mike Hol-Muis idees gee nie!!! Jy weet die ou het nie 'n lewe nie!!! LOL!!!
frans 11/1/2009 9:11:40 AM
Ek het gehoor die manne aand was in Teazers in Upington. Daar was duisende mans.
AJ 11/1/2009 9:15:41 AM
Die mense wat so die bybel aanhaal oor nie die eerste klip gooi nie - se die selfde bybel nie ook jy mag nie egbreek nie, jy mag nie LIEG nie?
Louis 11/1/2009 9:17:58 AM
Ok, Joost, ? Nou het jy dit erken. Nou kan ons almal, wat absoluut geen reg het op jou te oordeel nie, seker rus vir ons siele kry en jou en Amore uitlos, sodat julle kan aangaan met jul lewens. Sterkte vorentoe en ek hoop alles werk vir jou en Amore uit. Die een sonde is nie groter as die ander nie en ons almal het/maak sonde. Vra vergifnis, en werk aan jou huwelik en wen jou familie terug. Mag die Liewe Heer jou seen op jou pad vorentoe.
Kosie Kramer 11/1/2009 9:18:09 AM
Ja, ons het van die begin af geweet dat Joost jok....dit was net 'n kwessie van tyd vir waarheid om te seëvier. En nou kan ons almal ook sommer sien hoe eerlik Mike Bolhuis is. Ons het 'n persoonlike ervaring met hom gehad en hy het ons geld gesluk en net mooi niks aan die saak gedoen nie.
Mariette 11/1/2009 9:19:27 AM
Ditsem Joost.....NOU kan jy begin werk aan jouself, jou huwelik en als wat daarmee saamgaan. Dit gaan nie maklik wees nie! Sterkte!
MAN SONDER NAAM 11/1/2009 9:22:03 AM
Joost, baie geluk met jou erkenning. Die wat n splinter in n ander se oog raak sien en dus nie die bulk in sy eie nie, laat hy tevore kom en erken die foute wat hy gemaak het. Soos jy erken het, glo ek God sal jou vergewe en dat jy kan aan gaan met jou lewe. Leef oop, skoon en eerlik en jou pad sal ryklik geseend bly. STERKTE en niemand vergeet watse plesier en genot het jy al aan ons verskaf, om self te vergewe wat gedoen was nie. Aan Amor, jy is n VROU duisend, ek wil graag sien die skelm jakkalse wat self so bedrieg en lieg, of hulle so kan wees soos jy is - BRAVO - BRAVO - jy is die SUPERSTER hier.
JOHNNY s 11/1/2009 9:28:07 AM
Geen nuus vir my nie, dis net jammer dat die vark sy vrou so mislei het. Waar is die ander nou wat hom met hul lewens sou verdedig en ondersteun het. Die man is onderduims en klaar, kyk maar hoe het hy opgetree toe hy Springbok-kaptein was, vra maar vir Corné Krige. Hy is die toonbeeld van minderwaardigheid.
Danie 11/1/2009 9:28:12 AM
Baie sterkte vir jou en Amor op die pad vorentoe Joost. Ek hoop werklik julle dinge sal reg uitwerk. Los net die drank en alleen laatnag kuier by klubs ook uit. Sommer die rusies tuis met Amor en die skoonfamilie ook. Jammer om te weet dat nadat jy by oom Angus was, jy weer by sulke dinge betrokke was. Nietemin, sterkte vorentoe.
Alida 11/1/2009 9:28:45 AM
Al wat ek nie kan verstaan nie is dat Joost nie dadelik gese het dit was hy! Noudat die hele petalje al maaaaande duur kom hy uiteindelik met die waarheid uit. Jy kan blykbaar nie jou man staan nie maar is 'n "bolmuis"
Ek het geen respek meer vir hom nie - jammer
Lallie 11/1/2009 9:29:41 AM
Ai ai ai... ek wonder hoeveel van die mans en vroue wat hier so met klippe na Joost gooi staan self agter die deur? Ek weet nie hoekom die mense geniet om iemand wat hulle nie self ken so kan sleg se nie! Ek self is nie groot Joost aanhanger nie maar dit maak nie 'n verskil dat hy 'n baie goeie rugby speler was nie! Hy en Amore het soos dit reeds is helse pad geloop... eers met die affair en toe later met die media en nou die ding! Net soos met Steve als gedoen het wat almal grief sing hy nog steeds die land aan die brand! So ek weet nie wat het Jooste se erkening of ontkenning regtig met ons uit te waai nie! Maar dit is seker soos die speek woord lui... Die grote sien die kleintjie baie makliker raak! Los nou maar vir Joost en Amore en begin self dink waar was jy gisteraand! Joost en Amore baie sterkte met die herstel van julle huweluk...dit is baie harde werk!!! En verder meneer en mevrou met die klip in die hand, wie het jou die reg gegee om iemand wat JY gedink het nie foute het nie af te breek tot niks?! Gaan stop liewer jou eie onderbroek nou voor jy dalk volgende op die SON voorblad verskyn!
P.I. 11/1/2009 9:31:17 AM
Hoekom vertel Joost ons nie ook maar van die girl wat hy by Dropzone in Hatfield opgetel en toe eers die volgende oggend voor getuies afgelaai het nie! Joost vertel maar eerder net alles dan hoef jy nie meer te worry nie.
Koos 11/1/2009 9:31:20 AM
Jy is pateties, man. Ek hoop jy betaal duur vir die gemors.
Ben 11/1/2009 9:35:47 AM
Dit is die natuur Joost. Goeie bul sal ander 'n ander swak koei ruik as hy geleentheid kry! En vir die swak koei wil ek net se, dit was seker jou enigste "groot oomblik" in jou lewe is en was! Moenie dink dat enige goeie stoed bul ooit weer aan jou sal ruik nie! Jy is die swak een die keer! Joost staan sterk... dit is in jou bloed!
Selietna Klopper - Phalaborwa 11/1/2009 9:39:01 AM
Joost, hoekom het jy van die begin af gelieg? Almal het van die begin af geweet dit is jy. As jy die waarheid gepraat het van die begin af, kon jy dalk jou huwelik gered het.
MARLENE 11/1/2009 9:45:55 AM
EK KRY NET VIR AMOR BAIE JAMMER.SY IS DIE EEN WAT AAN JOOST GEGLO HET,EN HOE VERNEDER HY HAAR NOU?AMOR,GAAN AAN MET JOU LEWE,SONDER JOOST.SAD,MAAR SY LEWE DUISTER EN ONEERLIK.JY VERDIEN NIE DIE TWEE GESIG KANT VAN HOM.hoe vertrou jy hom weer???VERGEWE HOM EN GAAN AAN MET JOU LEWE.
haaiSieStog 11/1/2009 9:50:07 AM
Daar is goeie nuus vir alle sondaars wat CAT gebruik en owerspel pleeg en lieg soos matrose...gaan sien oom strontpraat Angus op sy plaas en spoel jou brein tot alles reg is en die hele land sal dan weer aan jou lippe hang en jou boek koop en jy sal jou job terugkry en jy sal manne aande kan hou en koek en tee geniet met die tannies en ooms van die NG kerk in Coligny en waar jy ook al gaan sal mense aan jou lippe hang en beaam hoe swaar jy gely het. siestog - dit was tog maar net 'n foutjie om so stoute klein onnutsige seuntjie te wees. Die mense sal weer lief vir jou wees en sal saam met jou stem dat jy en jou vroutjie nog nooit gep**p het soos perde nie. En jy is ook nie 'n matroos nie.
hans 11/1/2009 9:54:40 AM
Joost, ja jy erken nou alles en baie ondersteun jou nou te mooi en praat jou moed in en ander stenig jou nog steeds en ook uiteindelik is dit `n saak tussen jou en God. En ook Steve se stories oor die danseresse vir wie jy moet oppas ens...... Die feit bly staan dat die wêreld vol struikelblokke is omdat die duiwel rondloop soos `n brullende leeu. Jy (net soos Steve en vele ander talentvolle mense) is `n groter teiken vir die` tipe van verval. Dit is waarom ek `n teenstander is van die ophef wat van sport en vermaak gemaak word. Hoeveel sterre het nou al in die ou lewe verskiet a.g.v. dieselfde tendens. Die duiwel loop rond soos `n brullende leeu en kyk wie kan hy verslind!! Die eerste stap is om julle egos "groter as die lewe self" te kry!! - dan die arme vrouens wie om een of ander rede mislukkings van hulle lewens gemaak het, te kry om julle te laat voel julle is "special" As jy nie selfbeheersing het nie, is jy nie "special" nie en klaar!! .....en dan, "sonde baar sonde" dan val julle gou-gou van Hero to Zero in "no time" en dan volg sonde op sonde - lieg, bedrieg en ontken!!!Ek het van die begin af geweet dit WAS Joost. net soos die jongman op Rapport se voorblad van laas week, duidelik Naas se kind is!! Daar is goed wat `n mens net weet en klaar!! Ek glo glad nie Joost se berou is in elk geval eg nie. Die Duiwel het klaar die volgende troefkaart gespeel – Goed, erken dit nou maar, dis nie so` erg nie! Jy kan nou darem `n paar rand daaruit maak.........en daar trek Josie na die volgende stap van "sonde baar sonde" Rom. 6:1 " Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?" vers 2: " Nee stellig nie!! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?"
Henk 11/1/2009 9:56:32 AM
Ja Joost nou is die waarheid uit. Ek het nooit getwyfel dat dit jy was nie. Wat jy egter nou moet doen, is tel jou kop op, gaan aan met jou lewe en werk aan jou huwelik en die verhouding met jou gesin en familie, want onthou jy is die pilaar van die gesin en die een wat moet rigting gee aan jou kinders in die toekoms. Dis 'n moeilike tyd wat voorle, maar jy kan as jy wil en as jy jou krag in die Here soek, en nerens anders nie. Lewe nou 'n voorbeeldige lewe soos wat dit iemand van jou portefeulje betaam. Sterkte vir die toekoms !!! En aan die wat nou so veroordeel en klippe gooi, sies man dis tipies van ons Afrikaners, ons kan nie sien dat die son oor iemand ander se kop skyn nie!! Laat die van ons wat nie sonde het nie die eerste klip gooi !!!???
Johan 11/1/2009 10:05:22 AM
Ek hoop al die mense wat hom veroordeel is sonder sonde - heeltemal. Hy is ook net 'n mens en of hy nou eers erken dit was hy maak nie saak nie. Hy het erken, wat meer is as wat ons president gedoen het.
JJ Jordaan 11/1/2009 10:24:01 AM
Ja Joost 'n jakkals verander van hare, maar nie van streke nie of wat praat ek nou?
Penny 11/1/2009 10:28:58 AM
ai Joost....ek voel vere vir jou.
Maar my hart gaan uit na Amor en die kinders.
Hulle is groot genoeg om te weet iets is ne lekker by pa en ma nie...
En ek kan nou al vir jou sê Amor sal nooit weer 'n rustige nag as sy met jou getroud bly nie. Sy sal altyd wonder waar is jy wat doen jy....

Jy sal 'n blerrie fool wees as jy ooit weer so iets doen. Want die land hou jou dop.

En pleks jy aan jou huwelik werk, nou publiseer jy 'n boek oor jou persoonlike lewe. Konsentreer eerder op jou huwelik en kinders. Nou gaan jy seker nog minder by die huis wees want almal wil interviews he met jou oor jou boek en praatjies. Nee wat ou maat....moenie verbaas wees as Amor haar en die kinders se goedjies vat en loop nie. Niemand sal haar blameer nie. Sy verdien beter.
Amanda 11/1/2009 10:29:05 AM
Wonderlik Joost, daar is vergiffenis vir ALMAL, selfs vir diegene wat jou so verdoem hierbo, van die mense mag jou dalk nie vergewe, maar GOD vergewe, wie is die mens? Ek bid jou en Amor Vrede toe.Haal my hoed af vir jou dat jy na Angus toe gegaan het. DIT WAS DIE REGTE DING OM TE DOEN , SOEK DIE HERE EN JY SAL HOM BY SY VERTEENWOORDIGERS KRY! Ai , my hart is bly vanoggend toe ek al die goed lees. Sterkte en Vrede. Jou openbaring is baie groter as al die rugby wat jy in jou lewe gespeel het-- jy het belê in jou toekoms in die Hemel, van die mense se kommentaar spreek duidelik dat hulle nie die Here ken nie. Bid vir hulle, hulle is verlore.
Abdulhalli Shittu 11/1/2009 10:33:06 AM
Joost jy bly 'n ster en 'n uitstekende voorbeeld vir die samelewing en ek bedoel dit opreg aangesien ek tot hierdie gevolgtrekking gekom het deur jou dade met die van die rasgebaseerde ANC narre te vergelyk vooruitstrewende manne soos Malmannietjie, Zuma, Mandela. In LaLaLand, Mandelatopia is jy TOPS!! Hou asb vol met die hoe standaard wat jy stel terwille van die jeug van hierdie land.
chantelle 11/1/2009 10:33:38 AM
Joost, uiteindelik!!!! Hoekom het jy nie van die begin die waarheid gepraat nie. Amor, baie sterkte ek dink aan jou. Onthou n jakkals verander van kleur maar nooit van streke!
Annamari 11/1/2009 10:36:17 AM
Jy wat hier so klippe na Joost gooi, bly jy in 'n glashuis? Haal liewer eers die balk uit jou eie oog voordat jy nou hier voor die hele wêreld klippe na Joost gooi. Omdat jy nie in die openbare oog beweeg nie, sal niemand ooit weet watter sondes jy alles aanvang of steeds aanvang nie! Dit is een rede hoekom ons as Suid-Afrikaners nie kan saamstaan nie, want dis mense soos jy wat altyd reg is om ander wat 'val' te stenig en te oordeel. Neem eerder saam hande en help Joost en sy gesin deur hierdie hel sodat hulle 'gesond en gelukkig' anderkant kan uitkom. Wie gee jou en al die ander hier op aarde, wat hom nou so stenig in elk geval die reg om dit te doen? Volgens my Bybel is daar nie aan ons op aarde die reg gegee om ander te oordeel of te vergewe nie. Ek stem saam, dit is 'n geweldige hartseer wat met Joost gebeur het. Dit het al met soveel bekende en onbekende mense gebeur. Sommige se sonde kom nooit uit nie, sommige betaal duur aan dit wat hulle nie kan verander nie. Is daar egter erkenning en spyt, wie is ons op aarde om hom nie te vergewe en saam met hom hande te vat, te bid en hom hierdeur te probeer help nie? Of is dit beter vir jou as mens wat so klippe gooi om liewer die wat graag sy lewe wil verander te bly stenig? Daar is ook twee pragtige kindertjies hierby betrokke, gee asb hulle Pappa vir hulle terug deur om hom te vergewe, sodat hulle hom steeds as hulle held kan ervaar? Hy hoef nie verder jou held te wees nie, jy het mos reeds jouself die reg toege-eien om hom met klippe te gooi. Ek is so teleurgesteld in jou en ek bid dat dit nooit met jou gebeur nie. Ek is oortuig in my dat God Joost vergewe het en hom hierdeur sal bystaan, ten spyte van al jou klippe waarmee jy vandag hier gooi!! Sterkte Joost, klim jou leer weer boontoe met Sy hulp en nie met al die mense wat jou stenig nie. As jy jouself vergewe het, kan jy werk aan jou toekoms. Ek glo in jou en sal altyd opkyk na die held wat jy in my oë is.
Pieter 11/1/2009 10:37:33 AM
Kan ek nou asseblief my POLO onderbroeke terugkry???
Johan 11/1/2009 10:40:49 AM
Mike Bolhuis Het Nie n aap Van Homself Gemaak - Hy Is , Was En Sal Vir altyd een wees , Dis Hy Wat Joost Oortuig Het Om So Lank Te Lieg-Hy En Sy Tipe Teer Op Ander Se Probleme En Swakhede . Hoop Alles Is Nou In Die Ope Joost.
whatever 11/1/2009 10:42:36 AM
WIE GEE REGTIG OM!!!!!?????
JACQUES 11/1/2009 10:46:52 AM
Vergeet en vergewe se die woord - so sal ons jou ook vergewe Joost!
William 11/1/2009 10:51:00 AM
Is dit nou nie toevallig dat hy alles 'erken' net voor sy boek gepubliseer word nie...? Daar deur hoop hy mense koop nou sy boek, anders gaan hy moet trek uit sy spoggerige huis uit. Joost, jy is a pateet en jy verdien alles wat na jou toe kom. Ek hoop Amor se ogies gaan oop en sy skop jou onder jou gat.
WIELE 11/1/2009 10:55:04 AM
Ag JOOST moenie meer slegvoel nie. Ek weet van baie meer skoolhoofde, dominees, prokureurs, onderwysers, skooljuffers, sekretaresses, baljus, elektrisiens, ens wat al rondgen@@i het. Jy is maar net een van die wat uitgevang is en omdat jy 'n seleb is soos Steve Hofeier, lees almal in die koerant en Huisgenoot van julle. Bedaar, kalmeer, en sondig nie meer openlik nie, want almal loer nou vir julle. Doen dit meer in die geheim.... jul leef tog net een keer
Gert van Qatar 11/1/2009 10:56:45 AM
Hey almal maak foute. Jy het dit erken. Dis nie asof jy geld gesteel het nie. Mense moet jou uitlos, dis tussen jou en jou vrou.
jm 11/1/2009 11:03:10 AM
Mooi Suid-Afrika mooi...!!! net weer n bewys dat die Here en die wat te nagekom is kan jou vergewe maar Suid-Afrika??? ......NOOIT NIE!!!
Craig 11/1/2009 11:13:33 AM
Julle straights is mos lief om ons gays van losbandigheide uit te kryt. Hoe lyk dit nou met die straight getroude dominee van Coligney wat met die mannetjie gevroetel het. Straight Steve wat teel soos 'n konyn en Joost wat snuif en vroetel? Dit is nog maar net die oortjie van die seekoei. Siesa! Dan wil julle vir ons kom vertel wie mag trou en wie mag nie trou nie. Skaamte! Siesa!
free2fly 11/1/2009 11:16:55 AM
Joost jy kan net sterker hier uitkom... eerlik skuld jy niemand verskoning of verduidelik oor wat in jou privaatlewe aangaan nie... almal het foute..maar deurdat jy die grootstap gevathet.. se meer van jou as mens.. Sterkte vir die pad vorentoe. vir jou Amor, kinders en gesin... Ja jy is 'n rolmodel, maar baie ouers moet tog besef, hul moet self 'n rolmodel vir hul kinders wees, en kan nie verwag dat 'n baie bekende rugby ster dit vir hul moet doen nie.. hoe gou kan mense dan vergeet vir al die goed wat jy al vir sport gedoen en beteken het... ja kinders het baie rolmodelle, en veral onder rugbyspelers, maar hul moet tog onthou dat hul almal ook maar mens is, met foute. Mag jy eendag wel dit in jouself vind om jouself ook te vergewe, dan kan die pad van volkome herstel begin.. sterkte...
Moeg vir nonsens 11/1/2009 11:18:04 AM
Ek sal maklik die eerste klip optel want ek het nog nooit dwelms van 'n hoer se boude gesnuif nie. Maak nie saak hoe julle dit afmaak nie, dis nie normale gedrag vir 'n getroude man nie en jy word dit nie toegelaat omdat jy 'n man is nie. Hy is ook niks aangedoen nie, hy was nie 'n slagoffer nie. Aan al die skynheiliges die wat probeer skuil agter die Bybel - onthou wat die Here gedoen het met Sodom en Gomorra.
Zorro 11/1/2009 11:22:49 AM
Jaloesie. Die hele wereld spyker rond ek weet van dokters, prokureurs, skoolhoofde, skoolhoofde van tot in Bloemfontein, polisiemanne, skooljuffers, baljus, ens., ens wat rondspyker maar omdat Joost en Steve uitgevang word, word hul veroordeel. BEWEEG AAN.....
SvanA 11/1/2009 11:27:56 AM
Ek kry vir Amor bitter jammer. My hart is stukkend vir haar. Ja, ons moet vergewe. Hoe kan mens vir jou wederhelf so jok? Ek vir haar, in besonder dat sy krag kry om hierdeur te kan gaan. Sy is merkwaardig. Die oordeel kom ons nie toe nie, maar laat wel 'n bitter smaak in die mond.
George 11/1/2009 11:30:25 AM
Beslis nes ek verwag het, leuens het kort bene , en ja dit vat n man om jou foute te erken en reg te stel ,  betaal nou maar vir Bolstront sy 700 000 Rand wat hy se jy skuld hom sodat jy ook die gevreesde nikswerd organisasie uit jou huwelik kan hou , wat leuens verkoop aan die publiek ,se mos hy kan net sy tuinwerker ondersoek. Ek dink Joost jy het jou te veel opgehou met kaf, sterkte vir jou huwelik en mag dit ook so n daad van ontrouheid oorkom. Se vir ons Joost was dit die eerste keer of het jy die 11 de gebod oortree? Sorg dat jy nie gevang word nie .....
annette 11/1/2009 11:32:54 AM
Jammer om jou te verloor JOOST jou lus was groter as jou verstand!!!!!!!!!!!
Dikkes 11/1/2009 11:34:39 AM
Ja ou Joost , As laaities het ons saam gespeel en ek het die wereld van jou gedink toe jy dit groot maak ,Die kere wat jy daarna verby my gestap het en nie eers terug gegroet het nie het ek geweet , net 'n kwessie van tyd....... Hier is dit nou ! Bolhuis , jy was nog nooit veel in die SAP lede gewees in Pretoria nie want ons ken al jou sondes ,ons het dadelik geweet dis 'n twak storie toe jy betrokke geraak het . Ek weet jy weet van nog baie meer dinge wat Joost in Hatfield aangevang het ,dan sit en lieg jy ook vir Amor. Lekker man , wys my jou vriende dan wys ek jou wat jy is.....
Gerhard 11/1/2009 11:35:11 AM
Laat die een wat sonder sonde is en nooit vergifnis nodig het nie, die volgende negatiewe kommentaar pos...
Suzanne 11/1/2009 11:41:57 AM
Almal weet die hele tyd dat die man skuldig is. Kom ons los almal nou die klipgooiery. Gee die mense kans om hul lewe in orde te kry. Wie het nog nooit gelieg nie?
Dup 11/1/2009 11:46:03 AM
Joost, If you have a setback, don't take a step back because God already prepared your come back. Bely jou sonde aan die Here en Hy sal jou vergewe, dan kan jy jouself vergewe. Wees sterk en staan vir jou gesin. Ek glo Amor sal jou vergewe.
Werner 11/1/2009 11:46:21 AM
Man kyk. Laat ons nou maar eerlik wees. Ek self is 'n Afrikaanse bok, ek en vroutjie en die 3 kinders was vanoogend in die NG kerk waar ek nogal 'n diaken is. Nou laat ek maar ook bieg. Gisteraand na die rugby het 'n paar manne van ons vir 'n paar girls daar naby Loftus gaan kuier. Al 6 van ons buiten een natuurlik getroud. Na 'n paar doppe het die klere gewaai en ons het gemaak soos Joost, net sonder die poeiertjies natuurlik. So ja, ek gooi nie klippe nie want dis maar in ons Afrikaner manne se bloed om maar dinge te toets. Werner
Ambisinister 11/1/2009 11:56:38 AM
Sal julle almal asseblief ophou aangaan oor die eerste klip! Ek "oordeel" glad nie vir Joost nie, alles wat gebeur het is sy saak. Maar die feit dat hy vir almal gelieg het tydens die media-herrie toe hy sy eerste vrou gelos het vir Amor, en nou weer met die video, veroorsaak bloot dat ek sal buitentoe stap en self kyk as Joost sê die lug is blou. En as enigiemand vir my sy boek persent gee sal ek dit gebruik om my braaivleisvuur aan te steek.
Hennie 11/1/2009 11:59:35 AM
Joost, wat jammer is, is die feit dat jy vergeet sal word dat jy die wêreld se beste skrumskakel was, maar onthou sal word vir die reuse fout wat jy gemaak het. Mag jy die genade ontvang om jou vrou en kinders in die oë te kan kyk.Vergeet n bietjie van"EK JOOST"
Duane 11/1/2009 11:59:59 AM
Joost maak nie ssak wat jy geboen het nie, kyk nou net voorentoe respekteer jou vrou en wees lief vir jou kinders. Almal maak n fout nou en dan dit maak nie saak hoe groot of hoe klyn dit is nie. En onthou jy bly n hero vir die meeste van ons, STERKTE my vriend.
Andries 11/1/2009 12:03:47 PM
Joost is beslis nie die skerpste potlood in die pakkie nie, maar hierdie bekentenis is 'n meesterlike strategie om nou weer die media tot sy voordeel in te span...daar's mos nou 'n boek wat verkoop moet word.

In 'n sekere sin word Rapport en ander dus nou reg bewys, maar Joost (deur sy bankbalans) gaan die eintlike wenner wees...hy't julle gespeel soos 'n kitaar!

Dit sal my glad nie verbaas indien hy (dalk ook Amor na sy die waarheid uitgevind het) bewustelik besluit het om die geheim in die sakkie te hou tot 'n boek op die rakke kan verskyn nie.

Hierdie is g'n scoop vir Rapport nie - dis 'n scoop vir span-Van der Westhuizen.
LIDA 11/1/2009 12:19:49 PM
Laat die een sonder sonde die eerste klip gooi!! Ek kan verstaan dat hy gejok het want hy het besef hy kan sy vrou verloor. Hoekom hy dit gedoen het, sal net hy weet, maar hoeveel ander doen dit en word net nie uitgevang nie. Amor, indien jy dit in jou hart vind om hom uit die diepte van jou hart te vergewe, haal ek my hoed vir jou af. Werk aan jul huwelik en besef dat ons almal in sonde gebore is en hard moet werk om nie in sonde te verval nie. Joost, ek haal my hoed vir jou af dat jy nou die waarheid vir almal vertel, nie dat dit enigiemand anders aangaan behalwe jou vrou nie, ek kry nou nuwe respek vir jou as man. Die geheim is, moet nooit sonder mekaar na plesier gaan soek nie, maar gaan altyd saam as 'n paartjie, want julle is mos veronderstel om na die huwelik "een" te wees.
rus in vrede 11/1/2009 12:23:06 PM
Joost, ek is jammer vir julle as gesin,ek dink net jyt nou meer skade as goed gedoen,die onsedelike saak wat jy aan gevang het;het mos niks met ons en die media uit te waai nie. Dis iets wat jy van die begin tussen jou en jou ouers en skoon ouers plus jou vrou moes uit solteer het,en nooit eers kommentaar gegee het op die hele ding nie;volgende keer as jy weer aan vang of enige sport held,asb hou julle gemors vir julle self;ons kinders gaan ten gronde weens julle gefuif;en dis goed wat kinders praat en onder mekaar bespreuk,sies sal jy daar van hou as jou kinders eendag sulke goed doen,nee of dalk ja,want dis die voorbeeld wat jy stel aan ons kinders;ek wens julle sterkte toe,en hou julle verskille in julle huise asb dis genoeg dat ons nog elke dag na moor en geweld in koerante sien,ons wil nie die sogenamde stere se gefuif en gekuif hoor nie;
Naomi 11/1/2009 12:27:06 PM
Ek verstaan nie hoekom Joost en Amor se lewens so op die voorblad vertoon moet word. Almal wat die artikel lees en wie se tone krul van lekker kry - word groot! Almal maak foute! Hoe sal jy voel as al jou geheime en drama's op die voorblad moet wees en op so baie mense se lippe moet wees? Los vir Joost en Amor uit! Hulle het genoeg moeilikheid! Maar bleikbaar nie so baie soos die siek mense wat die goedkoop en lees nie!!! Julle het almal hulp nodig!!!
Morne & Fanie 11/1/2009 12:31:28 PM
Al die dinge is maar net die wiel wat draai, Amor het met Joost gevry terwyl hy nog getroud was. Nou wil almal haar jammer kry????? Selfs Madiba het bomme geplant en is nou n wereld figuur. Herchelle Gibs is ook meer tussen die verkeerde geselskap, maar hy bly in SA span.Zuma slaap saam met vrou(teen haar wil) en is president. Mnr Januarie drink en bestuur, maar is nou op die polisie se soeklys. Graeme smith is ook n haan onder die henne maar bly SA kaptein, en die sharks kan nie rugby speel, maar ondersteuners bly glo in hulle, kots Watson mag kots op sy trui, maar hy bly WP kaptein en verwelkom op nuwe(sonder-beker)land. Go Bulle, maak al die bulle bokke....... wat se al die oranje draad sitters nou na die oorwinning???
Fred 11/1/2009 12:33:55 PM
Elke mens word 'n tweede kans in die lewe gegun. Hou moed alles sal weer regkom. Solank jy dit net erken het.
Hennie 11/1/2009 12:34:24 PM
Miskien wonder ons waarom mense sulke dinge doen.Vat nou vir Steve genade was dit nou iets om te hoor nou is dit JOOST waar eindig die sondes.Kom ons begin in die verlede van die MENSE wat nou alles soo oop vlek en ky of daar nie dalk n beter storie uitspring nie. Haal eers die balk uit jou eie oog dan die splinter uit die ander se oog .AAN MY KOM DIE OORDEEL TOE. of het ons dit gerieflikheids halwe vergeet?
Joe de Doper 11/1/2009 12:43:09 PM
Wie gee nou eintlik 'n duit om? Dis nie asof enigiemand hierdeur verras word nie.

Dit bly egter skreeusnaaks.
Dina 11/1/2009 12:44:27 PM
Sjoe, dalk is ek oningelig, maar uit die bogenoemde kan ek nie mooi agterkom waarom Dune en andere so kwaad is vir die christene nie. Ek lees nie van baie christene wat oordeel hier nie (ek praat slegs van die relevansie HIER), maar eerder van mense wat praat van hoop. Die wat oordele uitdeel het nie eens God se Naam genoem nie. Waar die NG-kerk in die prentjie kom slaan my ook dronk. Lyk my die NG-kerk raak nou net soos die Apartheid-storie: skuldig of onskuldig, vat die pak vir alles! Onthou tog dat oordeel nie dieselfde is as 'n teregwysing nie. As een christen 'n ander met opregte bedoelings vertel dat wat hy doen verkeerd is, is dit 'n blote teregwysing. Oordeel is iets heeltemal anders. Joost, ek is dankbaar vir jou en jou gesin dat die waarheid nou seëvier sodat die heling kan begin. Almal maak foute en berou is iets wat respek afdwing. Baie mense wat jou as held vereer het is vies oor jou leuens, want hulle is eintlik vies oor hulle van 'n mens meer as 'n mens wou maak. Hulle wou jou op die troontjie hou. Dit sal ook met tyd verbygaan. Sterkte!
hyla 11/1/2009 12:51:06 PM
Ag nee Joost! Het nogals gedink jy is gevang met n trick en nou wragtig erken jy dat dit wel jy was wat die gemors aangevang het. Hoe kon jy? Amor is pragtig - wat de hel gaan soek jy met jou snuif en al by die ander vrou(ens)?? Ek kry skaam vir jou arme vrou en kinders se part.....
Poeksie 11/1/2009 12:53:15 PM
Is dit nie pateties hoe die bekendes hulle na die 'Godsmanne' van die uur wend sodra die k(*& spat nie?
Wat kan 'oom Angus' nou doen?
Joost moes van die begin af die waarheid gepraat het.
Ek is SO DONNERS gatvol vir die storie.
Volgende ...!
Dorothy 11/1/2009 12:55:04 PM
Sonde is sonde, laat die ou wat sonder sonde is die eerste klip gooi...
clive botha 11/1/2009 12:56:46 PM
Ons het geweet hy lieg.Ons noem sulke ouens "tappets" Net jammer jou naam is nou in sy moer by party mense. Anyway Joost.. moenie ophou spyker nie, maar los die dwelms en die liegery, spyker daar waar niemand jou ken nie. En asb.. moenie so na die ou dominees en "reborns" toe hardloop nie, hulle is van die grootste leuenaars. Van hulle kan jou dalk ;n paar tips gee om skelm te spyker, veral die ou dominees.
Ek hoop alles werk uit, en die ou konserwatiewe tannies en omies vergewe jou.
Bietjie raad; Moet nooit op die voorblad van 'n tydskrif verskyn, en se jy is 'n gesinsman, as jy in die donker spyker nie.
En asb.. moet nou nie na 'n kerk, of christen boek, of televisie program toe hardloop om jou saak te stel nie.
Bly uit die pers, en doen jou ding, jy het die looks, die lyf en 'n paar lekker hammers, doen die die ding.
PieterW 11/1/2009 1:25:51 PM
P.I. - het jy ook 'n "secret-video" gemaak van die gedoente met die girl in Dropzone? seker nie... of gaan ou hol-muis dit later by jou "vind" en bewys dit was nie hy nie...??? Soveel mense hier se "Sterkte aan Joost en Amor met die herstel van hulle huwelik"... As 'n bok een maal die draad gespring het - SAL hy dit weer doen - of doen sy ou vroutjie dieselfde????!!!!
Jofranie 11/1/2009 1:27:44 PM
Joost is 'n mens en 'n Christen. Mense bly mense, maar geen Christen was nog ooit Christus nie. Almal van ons is so sondig dat ons die hel verdien. Mag God my genadig wees dat my grootste sondes nie op koerante se voorblaaie uitgeblaker word nie. EN dan moes hy nog daarop reageer. Hoekom? Wat het dit met ENIGEEN van ons te doen? Sterkte Joost en Amor. Mag Christus as Oorwinnaar van hierdie saak uitgelig word.
Pieter 11/1/2009 1:30:26 PM
Ek is seker Rapport en al die ander koerante en boeke kon beter stories geplaas het met al die gemors in Suid Afrika as om n man se lewe te verwoes. Hy was goed genoeg toe dit goed gegaan het maar nou nie meer nie. Hy is ook maar net mens maar al veskil is elkeen wat nou oordeel se skandes word nie aan die wereld verkoop nie. "Jammer Joos en gesin" sal van pas wees.
Jen 11/1/2009 1:31:12 PM
Hartseer!!! Sal nooit vergeet hoe Amor jou op Kyknet verdedig het nie, met trane in haar oe. Hoe spyker jy n ho@r wat dieselfde dag deur ander mans bygekom is,en dan gaan slaap jy weer saam met jou vrou?
jo 11/1/2009 1:36:05 PM
Mooi man nou kan die liewe Marelisie aan gaan met haar lewe! Gaan hy vir haar ook jammer se dat haar naam deur die modder gesleep is? Nee wat mense, skrik wakker.
Philip 11/1/2009 1:36:28 PM
Al wat almal in die toekoms sal onthou is Pinochio se "lang neus" in die seksvideo. Weereens leuens Joost! Bolhuis het nie gewerk, nou hoop jy die publiek koop in met "Oom Angus" as jou kruk. Jou ego is te belangrik. Daarom sal jy die publiek melk vir die wat so dom is om duisende rande te betaal vir jou "optredes" en die boek wat eintlik niks sê nie. Verdwyn liewer uit die openbare oog voor jy verder 'n gek maak van jouself. Wat is volgende, 'n besoek aan Ray McCauley, die Pous of Nelson Mandela?
Johan 11/1/2009 1:38:27 PM
Hoekom meng almal so in met Joost se lewe?! Los die man uit! Wat hy in sy persoonlike lewe doen, het niks met enigeiemand anders te doen nie!
Selma 11/1/2009 1:42:20 PM
Elkeen slaap in die bed wat hy vir homself opmaak.
AS 11/1/2009 1:50:21 PM
Ek stem saam met jou Chris!!! Skenk die geld aan liefdadigheid! Joost ons almal maak foute, ek wens jou en jou gesin voorspoed, vinnige herstel na hierdie hele affere en lewe en liefde in Jesus in oorvloed!
Bollie 11/1/2009 1:52:38 PM
Wat 'n pielaar is hy nie.
Karlien 11/1/2009 1:55:05 PM
DIE WAT NIE SONDE HET NIE, MOET MAAR KLIPPE GOOI!
Kobus 11/1/2009 2:01:34 PM
"Ek kan mislukking aanvaar, want almal misluk van tyd tot tyd, maar wat ek nie kan aanvaar nie, is om nie te probeer nie. Of jy misluk of sukses behaal, jy moet ten minste probeer om dit wat jy wil hê in die lewe, te bereik." n Aanhaling deur JOOST VAN DER WESTHUIZEN:1996
Elaine 11/1/2009 2:04:50 PM
Joost en Amor vir beide van julle wil ek se al die klipgooiers het ek nuus, julle kan nie deur mens geoordeel word nie, so laat hulle begaan, elke mens het in sy of haar lewe foute germaak, ek weet ek het ook al foute gemaak en vir 2jr 'n leuen gelewe, maar ek het weer troos gevind by Allan Bagg Ministries op TBN kanaal 341 het ek my troos gevind dat Godse genade so groot is dat hy sy seun vir ons gestuur het om aan die kruis te sterf, en sodoende vir ons die geleentheid te bied om eendag die ewige lewe te beerwe. So hou om julle te steur aan wat wie nogals te se het. Ek glo God het julle al vergewe en dis genoeg, ek het my leuen aan my man geopenbaar en vir wat dit werd is dit was nie maklik om terug te veg nie, maar glo my dit is moontlik, God se tog werp al julle bekommersisse op my. Sterkte en baie seen vir julle.
Mooi So 11/1/2009 2:11:15 PM
Ek gaan eendag lekker vir julle almal lag ten minste alhoewel na ruk erken Joost sy fout pasop julle 95% wat hier skryf julle gaan brand maar darem daar is nog tyd.
MATT HURTER 11/1/2009 2:14:26 PM
I wonder if the going up was worth the comin down?
Sarie 11/1/2009 2:23:10 PM
Die wat sonder sondes is, tel op en stenig Joost en Steve. Maak nie saak hoe groot of klein dit is. Immers word dinge erken en kan mense aangaan. Vergifnis is altyd daar, ons as mense moet dit net gebruik, dis knie lengte ver van jou af.
Jantie 11/1/2009 2:36:54 PM
Al het dit te lank geneem, en al het jy waarskynlik twyfelagtige raad gekry by Bolmuis, kan ek verstaan hoe moeilik dit moet wees om te erken jy het gelieg. Almal weet lankal jy het gelieg, maar dit vat iets groots om te erken.Nou kan jy mense in die oe kyk, want jy erken jou fout aan mense , en nie soos miljoene vromes wat dit vir 'n priester of in 'n binnekamer aan jouself bieg nie.Dit tel meer punte om in die openbaar te doen, en dit is nooit te laat nie.
Ek is geen fan nie, maar dit vat nogal 'n man om so iets te erken, nadat almal reeds weet jy is so vals soos tien.
Eerstens , raak ontslae van Bolmuis, en tweedens, moenie die fout maak om nou steeds op die geloofswa te spring nie. Dit sal nog meer vals wees, alhoewel dit nogal baie vir kollekte-borde kan verrig daar in die Ooste.
leilanie 11/1/2009 2:41:08 PM
Die tydsberekening van die belydenis is interessant - 'n paar dae voor SuperSport besluit oor sy toekoms. Probeer hy hul simpatie wen, of wat?
frikkie botes 11/1/2009 2:46:29 PM
Ja nee ou swaer. By 40 behoort Joost weer die lewe vol in die gesig te kan kyk. Almal maak maar foute in die lewe. Dit is wat jy daarna doen wat tel. Joost moenie jou steur aan die wat jou wil kruisig nie, hulle is die farriseers.
Johann 11/1/2009 2:58:38 PM
Joost, ek hoop jy doen die eerbare ding en skenk al die geld wat jy maak uit jou boek anoniem aan liefdadigheid. God alleen hoef dan te weet soos hy reeds geweet het toe ons almal geraai het!!
chris Aust. 11/1/2009 3:01:42 PM
Ag ou Betsie, jy weet nou nie waarvan jy praat nie! "11/1/2009 1:02:37 AM Hy is net menslik. In die buiteland sou hy makliker vergewe word. Maar NIE in die louter HEL van SA se WIT, verkrampte, skynheilige, Afrikaanse, gemeenskap NIE. Nou sal Joost beslis braai in die WIT, Afrikaanse, NG-hel ......"
Pieter 11/1/2009 3:07:00 PM
WTF..pla my nie..dis sy saak...
JP 11/1/2009 3:12:29 PM
Is dit n WARE "jammer se" of is dit nou net weer 'n publisiteits foefie om sy nuwe boek te verkoop om hom uit die finansiele verknorsing te kry????
Morne 11/1/2009 3:14:24 PM
Dis hartseer dat ons Afrikaners ons so verlekker in die val van ander - is dit jaloesie, trots of minderwaardigheid wat ons dit laat doen?

Ek stel nie belang in rugby nie, ek plaas nie mense op platvorms nie, want NIEMAND van ons is perfek nie - ALMAL maak foute.

Joost, jy het fout gemaak - dit gebeur, ons is maar dom wesens - party sal jou vergewe en party nie - gaan aan met jou lewe, maak nie saak wat nie. Kry krag van die mense wat groot genoeg is om jou te vergewe, ignoreer die kleinlikes wat beoordeel.

Aan Supersport kan ek net se, as die Joost goed is in sy werk, hou hom daar, kyk na ons regering - hulle maak erger foute en word nie ontslaan nie - en ons het genoeg idiote by SABC wat nie weet wat aangaan nie - erken sy talent, nie sy foute nie.

Aan die pa's wat voel Joost het hul seuns teleurgestel, wees JY 'n rolmodel vir jou kinders en moenie die verantwoording op ander plaas nie.

Aan die mense wat so wonder oor jou huwelik en finansies, kry 'n lewe van jou eie, wat de hel het 'n ander mens se lewe met jou uit te waai.

Alles van die beste Joost, dit gaan 'n swaar pad wees om te stap, maar jy GAAN daardeur kom, net soos soveel ander wat ook al daar was.

Sterkte!!!
Henry 11/1/2009 3:23:38 PM
So what? Is daar nie iewers 'n werf etter wat met kinders lol wat uitgevang moet word nie?

Dit is kommerwekkend dat 'n Sondag koerant so ver kan sink.
Marina 11/1/2009 3:30:50 PM
Joost en Amor hou moed en onthou- Jesus se bloed reinig 'n mens van ALLE sondes. PUNT.En dan kan en mag niemand jou meer beskuldig nie...moenie eers luister na hul beskudigings en kritiek nie ... en dat hy/sy wat nou klippe na jou gooi bewys hul het geen sondes in hul lewens nie. Ons bid vir julle om Jesus se ware vergifnis te ervaar en 'n nuwe lewe saam met Hom te begin. Dis die duiwel wat sommer jul lewens wil omkrap- staan hom tee en hou vas aan Jesus!! (Sal iemand wat Joost en Amor persoonlik ken asb seker maak hierdie boodskap kom by Joost en Amor uit?)
NE 11/1/2009 3:31:24 PM
Almal maak foute en het gesondig. Vergifnis is verniet, vat dit en werk daarmee.
Potch Mamma 11/1/2009 3:35:59 PM
Die Here het ons AL ons sonde vergewe. Joost, jy is vergewe. Die moelikste ding bly egter altyd om 'n mens self te vergewe. Geen mens kan jou judge. Ons almal maak foute/pleeg sonde. Ek wonder of almal verstaan wat dit beteken om 70 x 7 keer te vergewe, en dat God ons sonde vergewe en van ons verwyder so vêr soos die ooste van die weste en NOOIT weer daaraan dink nie. Hoekom kan ons "mense" dit nie ook doen....
Linda 11/1/2009 3:51:47 PM
Ai, Joost mens wil nie oordeel nie maar waar is die grysstof tog? Jy erken jou foute, bieg dat jy GEEN verskonings wil maak vir jou verkeerde besluite, baie mooi jy word stadig mooi volwasse, (daar is baie grootmense wat nog nie volwasse is nie) maar net daarna beskuldig die media vir jou verkeerde besluite....ai, ai neem verantwoordelikheid vir jou talle verkeerde besluite ou seun en moet nie ander blameer vir jou besluite nie...leuens is maar 'n genaakbare en harde leerskool!
Johan 11/1/2009 3:55:27 PM
Iemand vertel my vanoggend toe ek wakker word die BLOU BULLE het gewen. Hoop dit was Joost, want dan het hy miskien gelieg!! Leef daai kaalkop bagasiemeester nog??
Koos 11/1/2009 3:58:23 PM
Joost my ou mater. Ek het Amor verskeie kere sien optree en dink sy is baie oulik. Ek dink verder dat 'n man soos jy wat nou erken dat jy verkeerd was, haar regtig verdien . Laat die eiegeregtige mense wat nie bereid is om te vergewe nie, die eerste klip gooi. Ons wag maar net vir hulle misstap; maar omdat hulle nie so bekend as jy is nie, sal ons nooit daarvan hoor nie. Ek bid vir jou en Amor - mag die satan nie julle huwelik vernietig nie. Ek is lief vir julle. Sterkte!!
heksie se besem 11/1/2009 4:00:30 PM
Veels geluk Joost, jy is selfs stadiger as Chuene. Wie gee om?. 8mnde te laat. As jy dit vroeer bely het was dit al lank vergete. Wat van Charmaine Weaver?. Erken sommer alles wat jy gedoen het nou.Dit lyk nog steeds of Joost in ‘n mate in ontkenning lewe. Hy gee Bolhuis die skuld en die media. Hy en Amor het juis ‘n handelsnaam probeer vestig in die media. Jy moet die lekker en die sleg daarmee saamvat as die media jou uittrek. En die wit poeier wat hy gesnuif het?. Dit is goed dat hy dit erken. Want uiteindelik so ding kan soos kanker aan mens vreet. Hy sal nou moet werk daarvan maak om sy huwelik te probeer red
Maggie 11/1/2009 4:03:31 PM
Joost jy verdien nie Amor nie. Ek stem saam met haar ouers dat sy jou moet skei om met jou verlede saal te leef is nie maklik nie. Ek glo altyd "`n leopard cannot change his spots" As jy nie uitgevang was nie sou jy nog steeds met jou onsinlike lewe aangegaan het. Amor jy verdien beter.
Etienne 11/1/2009 4:05:46 PM
Great dat jy nou die waarheid praat Joost - my raad aan jou is om als wat oor die jare gebeur het met God, Amor en jouself uitsorteer. Sou jy ooit uitgekom met die storie as die media dit nie oopgevlek het nie? Amor - vra hom reguit of daar nog iets is wat jy moet weet, dat Joost kan wys of hy karakter het. Dit hoef nie in die media te beland nie, maar kan tussen julle op jul kniee vergewe word. Wees 'n man Joost en praat die waarheid - jou vrou sal nie weer hier kan deurgaan nie. My vermoede is dat baie vrouens binnekort hul storie gaan vertel - almal gaan se hul wil net geldmaak en soek net aandag, maar Joost kan nou die skade onder sy dak met die krag van Jesus herstel.
belinda 11/1/2009 4:07:01 PM
Ai Joost, jy bieg maar met verskonings... as mens opreg erken maak jy nie verskonings nie. Jy gee die media nou skuld vir jou Delila-versoekings en Esau-besluite. Dit klink daar broei maar nog baie leuens as erkennings met verskonings gepaardgaan in jou lewe. Jy gee die meisie in die seks-video die skuld dat sy wou geld maak van Rapport, sy was ten minste eerlik maar wat doen jy nou? Jy is op Rapport se voorblad PLUS 'n boek waarin jy bieg. Wie maak nou die meeste geld en wie lieg nog met rente??
amanda 11/1/2009 4:27:51 PM
Ek hoop jou gewete ry jou, jy het jou vrou, die Here en die hele wereld bedrieg oor jou origheid! Ek hoop Amor los jou vir n eerbare en opregte man!
Christa de Waal 11/1/2009 4:32:20 PM
SUID-AFRIKA ONS HET NIKS TE SE NIE!!!! JULLE HARTE WORD ONTBLOOT DEUR DIE GEMORS EN STANK VAN JULLE EIE HARTE!!!! LAAT JY WAT GOD SE GENADE VIR JOU NIE NODIG HET NIE EERSTE IN DIE BRES STAAN EN 'N ANDER SONDAAR VEROORDEEL. EK DAAG JULLE UIT. GOD IS HEILIG, EN IS EEN VAN JULLE NIE SKULDIG AAN DIE HELE WET NIE - WANT HY WAT NA 'N VROU KYK OM HAAR TE BEGEER IS SKULDIG AAN EGBREEK - EN ALMAL HET SAAM GEDWAAL. AS JY NIE JOU SKULD VOOR 'N 3 MAAL HEILIGE GOD KAN SIEN NIE - IS DIT JY WAT LEES WAT MOET UITROEP, ANDERS SAL JOU WOORDE TEEN JOU GETUIG. KOM VROUE EN MANNE, DIE WET VERLIG NET DIE JOU POSISIE - SKULDIG (JY VERDIEN NIKS ANDERS AS OORDEEL NIE - NET HULLE WAT SIEN DAT HULLE SELF SKULDIG IS KAN DIE WAARDE VERSTAAN VAN BEKLEE JULLE MET CHRISTUS. DAAR IS NIKS EDELER AS 'N SONDAAR WAT ROEP OM GENADE IN BEROU NIE. ELKEEN VAN JULLE HIERBO GAAN ONDER DIESELFDE OORDEEL VAL. BEDRIEGLIK IS DIE HART BO ALLE DINGE, JA VERDORWE WIE KAN DIT KEN.

CHRISTENE IS VIR SOMMIGE SKAARS - EN JY'S REG. CHRISTENE IS HULLE WAT SE SONDES DEUR BEROU GEWAS IS IN DIE BLOED EN DIE GEES LEER ONS WAT REG IS OF NIE. EN ALMAL UIT DIE GEES SAL MET MEKAAR GETUIG EN ALMAL WAT DIT NIE VERSTAAN NIE - DIS JY WAT JESUS NODIG HET. Lees Rom 2:1, Rom 7;14,15, Rom 8: 1, Rom 9:16 en 18. Staan dan in hierdie lig.
Marnus 11/1/2009 4:40:59 PM
Wie van ons het die luuksheid om 'n ander te oordeel? Dit maak nie saak of jou naam Joost, Koos of Jan is nie, ons almal doen iets iewers in ons lewens waaroor ons later spyt voel. Die probleem is net dat iemand soos Joost en Amor se elke beweging onder 'n vergrootglas dopgehou word. Daarom word hulle foute aan die wereld verkondig, terwyl die res van ons lekker onder die radar vlieg met ons foute. Meeste van ons is eers bereid om ons foute in die gesig te staar as ons daarmee gekonfronteer word. Joost almal van ons word iewers in ons lewens plat geslaan die sleutel is egter om weer op te staan. Noudat jy die waarheid leef kan jy weer jou eie lewe dag vir dag begin terug kry.
Ufix 11/1/2009 4:46:24 PM
Who said: ¨As ek nou doodgaan gaan ek reguit hemel toe¨.
Angie 11/1/2009 4:56:41 PM
Petrus, los Hansie uit hierdie saak uit asb!!!!
Johann 11/1/2009 5:03:11 PM
Ek reken om Joost te vergewe en aan te gaan is seker net so maklik as om die ANC van moord te vergewe en as die heersende party te verkies. As jy wil sal jy, as jy nie wil nie, die lewe gaan aan, vergeet van wat die ou nou gedoen het en onthou wat hy wel vir SA Rugby gedoen het. Dit was alles verkeerd, hy het nou so erken , vergeet dit en gaan aan.
jetwest 11/1/2009 5:11:15 PM
Ons gaan gal af oor die patetiese stand van sake met die huidige "leierskap"-skap in die land.Maar nou het ons eie full house. 2 Springbok kaptein-skelms. En dit alles in die naam van godsdiens. Hierdie "hoof-van-die-huis" en "die manne" mentaliteit maak my siek. Manne,as julle nie julle p**le in julle broeke kan hou nie, moenie lieg daaroor nie. Die "kersie op die koek" vir Vd Westhuizen sal 'n WWJD-armband wees. Dit sal die prentjie pragtig voltooi. Ek is skaam om 'n Springbok-ondersteuner te wees.
Jaco 11/1/2009 5:11:35 PM
Was self nog nooit 'n Joost "fan" nie, maar ek verstaan nie die bohaai nie. Wat Joost gedoen het word daagliks deur derduisende mense gedoen. Ons is almal sondaars. Vergewe nou maar die man, mense.
R.R. 11/1/2009 5:24:00 PM
Mag jy en Amor nou in vrede die skerwe optel en voortgaan met jul lewe. Laat die wat sonder sonde is die eerste klip optel. Werk aan jul huwelik vir julle self en vir jul kinders. Niemand is sonder sonde nie en het geen reg om 'n oordeel te fel nie. Sterkte aan jou, Amor en jul kinders.
JENNY 11/1/2009 5:39:11 PM
Hoe mense so kan oordeel en veroordeel, dit is ongelooflik, aangesien Jesus juis vir sondaars aan die Kruis betaal het en nie vir regverdiges nie. Ons het almal sonde, as jy se dat jy nie sonde het nie, mislei jy jouself en die waarheid is nie in jou nie!!!
Jesus leer ons bid :- "Vergewe ons ons sodes, soos wat ons die vergewe wat teen ons oortree." Wanneer Jesus ons vergewe, doen hy dit onvoorwaardelik en dink nooit, ooit weer aan ons oortredinge nie.

Dune, waarom haat jy Christene so, dis nie 'n waarborg dat jy sonder sonde gaan wees wanneer jy Jesus aanneem nie, selfs Paulus skryf dat hy wil graag die goeie doen, maar as hy hom kon kry het hy weer die verkeerde gedoen.

Joost en Amor, hou vas aan die Here, HY het vir al ons sondes betaal, dit wat ons gedoen het en wat ons nog steeds gaan doen, dit is die Evangele. God wil ons nie straf nie, maar ons vergewe en SY genade is so groot dat ons mense dit nie kan verstaan nie. Ek dank GOD dat hy nie is soos ons mense, wat altyd klippe gooi nie, nee, HY se vir die mense, "LAAT DIE WAT SONDER SONDE IS DIE EERSTE KLIP GOOI."
Daar is altyd vergifnis by die HERE. Sonde is sonde, maak nie saak of dit in ons oe klein of groot is nie, maar HY vergewe ons wanneer ons Hom vra.

Mag julle ook die GENADE van die HERE ervaar, ek ervaar dit elke dag wanneer ek my lewe in oenskou neem, dan dank ek GOD vir SY GROOT GENADE!!!
Wessie 11/1/2009 5:43:15 PM
Die mens is die respek teenoor God en die lewe verskuldig. 'n Mens se ouers het jou groot gemaak om met dissepliene en respek deur die lewe te gaan. Jy gaan nie jou naam wil weg gooi vir "peanuts" nie. As jy wel jou goeie naam wil weggooi is dit jou saak en niemand anders se skuld nie. In Joost se geval sal hy rehabilitasie moet deurgaan om vas te stel waar die probleem is. Geen mens is volmaak nie maar om voor seks of dwelms te swig moet daar 'n gebrek in die persoon wees wat herstel moet word. Dit kan wees dat jy nie opgewasse is om die groot verantwoordlikhede van die lewe te kan hanteer nie en dan soos 'n stout kind uitkoms soek vir afleiding, of jy het verveeld geraak met jou lewenswyse en baie geld, of jy besef nie dat jy geseënd is met wat God jou geskenk het nie en roekeloos met God se Seëninge speel. As jy voor 'n beproewing te staan kom moet jy sterk genoeg wees om,om te draai en na jou gesin en God terug te keer. Dus veroordeel ons nie Joost nie maar probeer raad gee. Die herstel proses kom nie goedkoop nie, maar die uiteinde is verlossing en hoop vir die toekoms. Sterkte Joost en Amor, van 'n Van-genoot.
Amanda 11/1/2009 5:49:32 PM
Wat se Darren Scott nou? Hy het so tekere gegaan oor almal wat Joost verdink en het die meisie en koerante almal skerp veroordeel! Jou maat het vir jou gelieg, Darren! En ongelukkig is daar nog so baie wat moet uitkom. Hy moes nooit toegelaat het dat Amor blootgestel word in elke tydskrif en vertel het watter gelukkige, Christelike gesin hul is nie want dis die rede waarom mense dit geniet dat sy skandes geopenbaar word.
Jennifer 11/1/2009 5:57:57 PM
So ou Joost , snuif jy nie meer nie ?
Jennifer 11/1/2009 6:00:26 PM
@ Brentie
Die waarheid haal jou inderdaad, net soos die godsdiens ook aan die kaak gestel word.
Wat Joost gedoen het is NIKS teenoor wat die kerke vertel.
Dalne 11/1/2009 6:06:42 PM
Ek hoop Joos praat hierdie keer die waarheid, die jong meisies sien hom nog steeds uithang waar hy nie hoort nie, Joos die land is klein, gedra jou soos n getroude man
Leah 11/1/2009 6:07:19 PM
Kom ons vergewe, spreek hom vry en seen Joost en sy gesin. Dit is wat Jesus sou doen.
PPV 11/1/2009 6:08:21 PM
Ek het altyd geweet Joost is skuldig aan wat hy beskuldig is. 'n Boodskap aan Joost. Jy weet, jy het 'n pragtige vrou. Vir wat gaan soek jy elders wat jy tuis kan kry. Ken jy nie die spreekwoord wat se "You can look at the Menu but eat at Home." Jammer ek is bitter teenoor jou, maar ek is een van daardie vrouens wat verneuk is, en ek sal nie my eks vergewe nie, want later het ek net meer en meer uitgevind. Een keer 'n jakkals, altyd 'n jakkals. Ek voel jammer vir Amor... Hardloop Meisie hardloop want hy gaan dit weer en weer aan jou doen. Jy het dit nie nodig in jou lewe nie. Ek stenig jou nie Joost, maar jy moes geweet het wat jy doen. Jy is tog 'n man met hare orals, en nie 'n kind nie.
Gustaff 11/1/2009 6:12:31 PM
Ten minste het hy Angus Buchan gevind! Ha ha! Maar ernstig nou, hierdie Joost sage is net matiglik bevredigend vir ons as publiek se dors na bloed. Net n baie pynlike openbare egskeiding wat uitloop op n familiemoord sal enigsins aan ons verwagtinge voldoen. Stop asb hierdie karige oorskiethappies oor reeds lankal verorberde "has beens" soos Joost en Steve en hulle aanhangsels - Ons het VARS BLOED nodig! Nie opgewarmde oorskiet van reeds verrotte maaltye nie. Ek eis dat die media dadelik 20 jong "sterre in wording" se loopbane begin volg (sangers en rugbyspelers is n vertroude resep), verskieslik van 12-jarige ouderdom, sodat ons stadig en deeglik hulle kan verorber totdat daar niks oorbly nie (soos Steve en Joost). Dit sal ook help as hulle bietjie slimmer is hierdie keer sodat ons gerus kan wees dat hulle die volste spektrum van emosionele pyn en vernedering kan beleef (nadat hulle aanvanklik opgehemel en aanbid is deur die media vir twyfelagtige "talente" natuurlik). Kom rapport - ons publiek eis nuwe sappigge slagoffers! Gee dit vir ons of ons draai om en verslind Gavin Prins in hulle plek!
david 11/1/2009 6:13:05 PM
Jetwest jy het n k*knaam,wees eerder skaam vir jou naam
Pierre Groenewald 11/1/2009 6:13:32 PM
Mensdom ,maar kry jy selfsugtige mense in die lewe,tipies maar hoe die afrikaner volk is,ek werk oorsee was jare polisieman in SA,maar wragtig,selfs waar ek hier wegwerk,kom dit nog na vore...die boere kan maar net nie saamstaan nie,klein handjievol wat kan en kyk daar is Angus,groot evangelis en hy staan by,maar julle klomp patete wat kommentaar lewer...'jul het mos nooit eers na n ander vrou geloer/probeer skelm vat of selfs n ou sweetie vasgele nie ne?...siestog,foeitog,f@ktog...engelkies van geboorte af..julle gaan sekerlik dink die LIEWE VADER is ook pateties he...want HY vegewe en Hy gee Joost die krag om na vore te kom en die beste ...HY gee Amor die geloof om saam deur als te gaan...en julle wil oordeel..wed jou jy sal vd 'heilige' mense iewers in Pretoria vang iets aanjaag en more wil hul voor in die kerk sit...sterkte vir jou en jou gesin,en onthou die duiwel los niks ,moet hom egte nooit wee die geleentheid bied nie...be safe!
Martiens 11/1/2009 6:17:39 PM
Tjek die mooi breë trouring en die Sondagskoolgesig. Sit 'n brandende kersie by en Ma se krismiskaart is klaar!
moom 11/1/2009 6:18:53 PM
Al loop die leun hoe snel die waarheid agterhaal hom wel.. Joost red wat te redde is seun
Muis 11/1/2009 6:22:24 PM
Terwyl Joosie so aan't biege is: wat van die atleetjie en ander blommetjies of moet ons nog agt maande vir die 'ek's jammer' wag? Of is dit in sy boek? Mooi man, dalk nie 100% reg hanteer nie, maar tenminste het jy nou met die sak patats voorendag gekom en kan jy die skerwe hopelik optel.
melkbos 11/1/2009 6:22:28 PM
Ja nee toe moet die uiteindelike erkennig van skuld met groot fanfare in 'n boek geskied waarmee jy seker hoop om 'n klomp geld te verdien. Nie 'n sleg plan vir 'n ou sonder'n job in die middel van 'n resessie nie. Amor, Amor leer asseblief tog nou iets van ander hoereerders soos Steve H. 'n Rondslaper verander nie sy gedrag nie!! Nooit nie! Moenie jare van jou lewe weggooi voor jy uiteindelik, soos Steve se vrou ,jare later tog maar losbreek van so 'n siek verhouding en dan jou selfbeeld moet herstel en verlore jare moet probeer inhaal nie. Vat die gap girl!!
Muis 11/1/2009 6:27:14 PM
Nee, mooi, Rapport: Die currie beker eindstryd, wedstryd van die jaar, ons het verwag julle voorblad is blou, nie lig blou van `n vergane bloubul wat aanjaag nie!! Enige iets om `n koerant te verkoop, al is dit nou Joost se rooi gesig!
Franschoa Frey 11/1/2009 6:36:11 PM
Joost, ek onthou soos gister die dag toe jy langs Martin my oorlede broer se seuntjie se kis gestaan het en eer bewys het in 1995. Ek dink vir al die goeie dade wat jy aan ander gedoen het en jou nederigheid kan jy jouself maar vergewe en de hel met wat die wereld van jou se. Ek glo en vertrou dat jy weer gelukkig sal wees
Beste groete
Franschoa
Riaan 11/1/2009 6:42:41 PM
Ag nee Joostie, ek het regtig gedink dit was Luke Watson.
tsooj 11/1/2009 6:51:03 PM
Ag, wat, kon erger gewees het, kon Robbie Klay in die video gewees het! Ag, Joost, se tog jou huis hulp aan om AL jou stukkende onderbroeke weg te gooi! Gucci op die gatsak (of Polo op die sokkies) maar pampoene op die dak!
mkp 11/1/2009 6:51:04 PM
Die waarheid is uit. Nou kan niemand jou dreig of vingers wys nie! Mooi! Die Here wys die regte pad deur ons vergewens gesindheid.
Dok Jan 11/1/2009 7:04:07 PM
Twyfel of Joost en Amor dit gaan oorleef... Hoe gat kan jou naam in die openbaar gemaak word voor jy die pad vat? Amor het voor ALMAL verklaar sy glo in Joost, hy is onskuldig, daar is "magte" wat hulle wil verwoes...!!! Poppie, sal graag jou matriekpunte wil sien... En die "magte" kruip toe al die tyd in Joost se broek weg. Vat die gap, vat die pad, slaan hom vir die helfte van die boek. NOU, terwyl daar nog iets oor is.
Cheeta 11/1/2009 7:04:25 PM
Was vandag se Joost Rapport-storie nie net reklame op sy boek nie? Vra maar net.
Muis 11/1/2009 7:06:51 PM
Haai, wonder nou net, Amor, gaan jy ook nou `n boek skryf? Dalk word dit `n nuwe mode, mans jaag k@k aan, skryf `n boek en arme skoondier kom agterna met nog `n blits verkoper!
SPikkels 11/1/2009 7:06:53 PM
OK, hier is die opsomming vir die ouens wat nie lus is om alles te lees nie. Joost is vergewe. Hy moet nou net die balk in sy broek hou (of is dit nou die splinter). Die regering is net so skelm (beteken dit ons moet nou almal rondslaap en snuif?) O ja, as dit die beste is waarmee die grootste Afrikaans koerant in die wêreld vorendag kan kom is ons redelik geskroef (niks met Steve te doen nie). Amen.
TB 11/1/2009 7:10:54 PM
Ai,ai julle simpel goed. Kan jul nie sien hierdie was net reklame vir sy 'outobiografie" nie? Wie sou nou in elk geval die simpel boek wou koop sonder n geraamte of twee in die kas?
Francis 11/1/2009 7:24:45 PM
Ons almal maak foute. Ek dink jy was vas gevang in 'n siele wroeging en het ontvlugting gesoek. Staan op en begin van vooraf. Die mense wat jou veroordeel, is juis die outjies wat self agter die deur staan. Baie sterkte!!!
xxx 11/1/2009 7:25:08 PM
Voorwaar, voorwaar Ek se vir julle,as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie,bly dit alleen;maar as dit sterf,dra dit veel vrug.wie sy lewe liefhet,sal dit verloor;maar wie sy lewe haat in hierdie wereld,sal dit bewaar vir die ewige lewe. As iemand My dien, laat hom My volg; en waar EK is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien,sal die Vader hom eer. Joh 12 vers 12-19
FOEITOG 11/1/2009 7:25:50 PM
Mense miskien was die wit poeier net Johnsons babapoeier wat vroue lief is om d@@r te gooi,. Vergewe die man nou hoeveel is daar nie wat ook dieselfde skuld het nie? Ook ander professionele mense lees gereeld jou koerant... los die man nou dit was sy beurt en gaan aan met jul lewens.
Marinda van der Merwe 11/1/2009 7:30:51 PM
Ai Joost, dit vat 'n man om te erken, die nadraai van bieg is om te leef met die gevolge daarvan, maar jy bly 'n merkwaardige mens. Sterkte!!!!!
geluk en sterkte 11/1/2009 7:37:57 PM
JOOST JY HET DIE GROOTSTE STAP GEDOEN DEUR VERGIFNIS TE VRA.
AMOR EK HOOP EN BID DAT JY HOM SAL VERGEWE EN HOM SAL BYSTAAN. EK WEET JY SAL EN IS TROTS OP JULLE
Doreen 11/1/2009 7:38:31 PM
Joost, jy is 'n teleurstelling!!!! G'n wonder die wereld is so 'n gemors nie...dis omdat ons rolmodelle soos jy het!!!!
Ja Joost! 11/1/2009 7:40:12 PM
Jy bly maar n simpel mannetjie al sê jy wat.Sien dit erken MAAR dit en MAAR dat en ag tog die Here word ook weer ingebring.Wonderlike Joost is nou n kind vd Here...dog hy was nog altyd net soos sy BB pelle Bakkies en kie!?"Oom Angus(wat sy naam ookal is)...asseblief man die ou is n Engelsman watse "oom" sêery is dit tog nou weer.Noem die man op sy flippin naam!joost sal altyd n arrogante,windgat bloubul wees!Dankie vader hy is gone!
Denise 11/1/2009 7:54:01 PM
Wie is ons om te oordeel. Hoop net hy en Amor kan dinge uitwerk.Vir 'n vrou is egskeiding hel.
daisy 11/1/2009 8:01:32 PM
En as hy dit dadelik erken het? Dan het almal laaaaaaaaaaankal vergeet, BRILJANTE stunt vir publisiteit, hoe hard het Amor geknor toe sy dit hoor?
Burger 11/1/2009 8:03:24 PM
Joost toe jy die driee vir die Springbokke ingeruig het was jy SA se eiendom, die beste, ons Joost, maak een klein foutjie en hulle spoeg jou uit! Tipies! n Mens mag foute maak in die lewe, maar wanneer jy daardie foute bely, is jy vergewe! Niemand is perfek, veral nie die mense wat met die klippe in die hande staan met hulle kommentaar nie! Sterkte!
Annelize 11/1/2009 8:05:03 PM
Money makes the world go round - wat sal mens doen uit desperaatheid?
Catharina 11/1/2009 8:14:21 PM
Ek is bly die waarheid het uitgekom Joost gaan nou aan met jou lewe dit is verby.... almal maak foute en dit vat 'n man om dit te erken maar ek kan aflei dat die raad wat Angus julle gegee het julle op die regte pad sal hou. Jy en Amor moet tog nie dat hierdie gedoente julle onder kry nie en skei is nie 'n oplossing nie .... Amor jy het jou man al soveel keer bygestaan en julle sal dit uitwerk ek weet!,moet tog net nie dat ander mense vir julle besluit nie. Wees sterk en hou julle koppe hoog.
Pagel 11/1/2009 8:18:25 PM
Their marriage shouldn't survive this - an affair is one thing, but lying when your wife look you in the eye and asks for the truth and she then telling the world she saw the truth in your eyes ... Can't see you recover from that, but maybe that is just me.
Rina Roberts 11/1/2009 8:30:13 PM
Bravo Joost!!! Moenie verder skuldig voel nie. Jy was aan niemand enige verduideliking nodig nie. Geen mens mag oordeel nie,die oordeel kom God toe. Jammer dat soveel mense die werke van God wil oorneem. Markus 2:17 "Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars" Dis goed dat jy jou jou binneste gereinig het, maar jy het dit nie vir die publiek, die klipgooiers gedoen nie, eerstens om 'n nouer band met jou God te hê, tweedens vir jou eie menswees en ook vir jou vrou en kinders. Lig jou kop op en kyk die wêreld vierkantig in die oë. Ek dink jy is 'n man duisend om dit in die openbaar bekend te maak. Daar sal spoedig iemand anders wees wat die media uitmekaar gaan trek. Sterkte vir jou en jou pragtige gesin.
Fransman 11/1/2009 8:33:26 PM
Jammer Joost het gelieg van die begin af. Ek dink natuurlik die hele ding is 'n wonderlike bemarkings foefie vior sy nuwe boek! Briljante konsep!!
Ek is egter baie jammer vir Amor en sy gesin wat betrokke is by die hele storie. Ek hoop sy kan dit in haar hart vind om hom te vergewe... Ons almal is maar sondaars.... Sterkte aan Amor!
Fred 11/1/2009 8:44:33 PM
Ja Joost is n hero: Dit vat n MOERSE brawe man om na 6 maande te "erken" nadat hy al klaar OP VIDEO gevang is, elke ding in die boek probeer het om hom daaruit te LIEG (maar uiteindelik besef hy kon net sy brein-skenker vrou oortuig) en nou n boek probeer smous - Ja moenie jou aan die negatiewe kommentaar steur nie, jy is vergewe omdat jy vir 10 jaar lank suksesvol agter n bal kon aanhardloop soos my hond
peggy 11/1/2009 8:46:48 PM
Common bly maar common. Maak nie saak of jy n groot rugby speler was of nie. Net jammer vir die familie wat sulke dinge moet deurgaan. So, hou jou gulp en jou lippe toe!!!
Heyn 11/1/2009 8:51:53 PM
Dit is altyd lekker om die kantlyn te sit en ons bek te rek, maar julle almal moet versigtig wees wat julle nou se van Joost, soos julle nou oordeel sal oor julle geoordeel word. Los die man uit en maak maar of julle so perfek is. Dit nis `n garantee as die helfde van julle raasbekke se skandes uitkom sal julle erger geoordell word. Joost wees sterk en kyk na jouself en familie, moet jou nie steur aan wat die res daar buite se nie. Hier is waar die woorde inkom van lag en almal lag saam, maar huil en jy huil alleen.Sterkte met jou en jou familie.
nella 11/1/2009 9:05:18 PM
GAAAAP, BORING. Volgende!!!!!!
JANNIE 11/1/2009 9:07:03 PM
SO WHAT. LAAT HOM EN AMOR MET RUS. DIS HULLE LEWE. HY HET 'N FOUT GEMAAK SO WHAT. NIEMAND IS PERFEK NIE. ALMAL WAT SO GAL BRAAK ... JULLE. JOOST WEES STERK JY EN AMOR.
Eben P 11/1/2009 9:07:03 PM
Wonder of Mike Bolmuis ook gelieg het oor die R700 000 wat Joost by hom geleen het? Of was dit vir sy dubbelganger. Die vraag ontstaan, het Bolmuis nie vir Joost begin afdreig om te begin betaal aan die R700 000 en logies kan Joost nie meer en sodoende hom (Joost) begin afdreig om die 'waarheid' te vertelle.

Almal bitch en teef oof Joost, maar deur watter hel moes die meisie self gaan omdat almal geglo het sy het gelieg? Jaaaaa ou Joost so kom alles uit, maar kry vir jou!!
JANNIE 11/1/2009 9:08:50 PM
SO WHAT HY'T GELIEG. WIE IS DIE MENSE WAT SO EERLIK SAL WEES VAN DIE BEGIN AF. LOS HOM EN AMOR UIT. DIS HULLE LEWE. GO JOOST EN AMOR WEES STERK
Teleurgesteld van Phalaborwa 11/1/2009 9:25:06 PM
Dis net jammer Joost het nie aan sy familie gedink die dag toe hy sover gegaan het nie, ek dink dis bietjie laat,maar ek wil graag sy gesig eendag sien as die kinders begin vra-vra,onthou hulle bly nie klein nie.
Ek hoop hy is besig om antwoorde bymekaar te kry,want ek dink dit gaan please en explain kos vir hulle.
Sterkte vir jou Joost,ek hoop jy word nou groot,en kan dalk n eerlike en ervare PA vir jou kinders wees,dis ook te se as Amor jou gaan vergewe.
JANA 11/1/2009 9:26:01 PM
Almal se kommentaar waar hulle Joost so stenig en sleg maak moet ook maar tot 'n einde kom. Asof die publiek nie kan wag om skinner nuus oor Joost en Amor te kry nie. Hulle is maar net mense wat ook foute begaan. Ons almal is sondaars en ek wens net die Joernaliste kan die Van der Westhuizen familie in rus en vrede laat. Miskien moet mense eerder na hulle eie foute omsien as om "JOOST" die heeltyd sleg te maak. Ek se nie wat hy gedoen het reg is nie, dit is laag na hy 'n beeldskone vrou en 2 pragtige kinders by die huis het, maar ons almal maak foute en meer mense daar buite hoer en remoer asof dit geen sonde is nie. Wie is ons JOOST te oordeel.
Reitz van Skommel 11/1/2009 9:33:49 PM
Ek glo nie hierdie epos sal gedruk word nie, maar ek het oor die laaste paar maande heel keelvol geraak vir die standaard van hierdie skinderblad, beter bekend as die Rapport-koerant, wat 'n klomp k@k, nuuswaardig, neewat, nie die moeite werd om hierdie koerant se blad oop te maak nie.Die meeste lesertjies kan nie eens behoorlike afrikaans praat, skryf of verstaan nie, l.w. afrikaans met a klein ou lettertjie.Swak, Swakker, SwaksteCNN liefhebber, Casper de Vries Bo!Vaarwel, en vir die wie nie Afrikaans verstaan nie, koebaai!, soos in koe vir koe-ksister en baai vir Mossel-baai.
Emmie 11/1/2009 9:38:28 PM
So wragtig, as ek nog een keer moet lees van "klippe gooi", dan bedinges ek myself. Kan julle nie asseblief meer oorspronklik wees nie - dit is tog nou al so afgesaag. En al julle skynheiliges wat so skreeu ons mag nie oordeel nie, hoekom oordeel julle ons dan? Kan iemand ook net vir my verduidelik hoe vergifnis werk - want ek verstaan dit nie so mooi nie. Is dit okay om jou vrou met "strippers" te verneuk, owerspel te pleeg, almal om jou te belieg en bedrieg, die hele wereld te vertel hoe 'n groot Christen jy is en almal as die leunaars uit te maak? Net so lank jy vanaand op jou knieë gaan en om vergifnis smeek, maar more doen jy weer presies dieselfde ding, en al wat jy hoef te doen is maar net weer vir God om vergifnis te vra. Is dit hoe dit werk? Want so wragtig as julle dit glo, is julle niks anders as klip christene nie. Joost is bekend as 'n rokjagter en sal nooit sy streke laat staan nie en so draai die wiel ook vir Amor. Sy het met Joost rondgeflenter terwyl hy nog 'n getroude man was. Sy was die oorsaak van hulle egskeiding. Het sy nou regtig gedink sy is so "special" dat hy nie dieselfde met haar sal doen nie? Kry net die kinders jammer.
Charl 11/1/2009 9:56:52 PM
Hoekom donner mense in die moeilikheid altyd na 'n bliksemse evangelis toe?? (EK WORD NAAR!)
Sannie 11/1/2009 10:25:17 PM
Wat is dit met vd ouens wat Joost gelukwens met sy uiteindelike bieg sessie en sterkte toewens? Die ou lieg, en hy lieg weer en weer, - sterkte vir weer lieg? Huh? Ag en 'n klip sal ek gooi, as hy sy boek kan skryf, kan ek hom mos kritiseer as ek wil! Sterkte ou Voos, hoop jy het hier en daar ook so bybelversie ingesleep vir al die 'gullables" en ons goedgelowiges!
Frans 11/1/2009 10:39:39 PM
Joost: Bely jou sondes, al het jy dit reeds gedoen. As jy glo dat Jesus se Kruisbloed ook
van jou sondes gereinig het, lees dan in jou Bybel saam met Amor: Heb.10:17,18. Vergewe nou jouself en dan sal ook Amor jou vergewe.
God het julle altwee steeds lief want Hy weet niemand is sonder sonde nie. En as julle huweliksbootjie nog skommel,moet albei van julle ter wille van julle kinders die boot met albei hande vasgryp en stabiliseer en die res sal Ons Skepper vir julle doen.
Henry 11/1/2009 10:47:35 PM
daar is beslis nie genoeg tyd om al die kommentare te lees nie, na die eerste 10 of wat kry mens die idee van wat hier aangaan. Die hele aferente is maar net weereens 'n bewys dat ons as mense, mense 'vereer" in plaas van God eerste te plaas en al die ander mense as gelykes...nie een van ons is beter as die volgende nie, dis 'n verkrampte volk wat glo hulle is beter as ander. Hierdie hele konsep van "helde" is 'n kaarthuis wat wag om inmekaar te voeter, en daar is kwansuis soveel wat teleurgestel word,maar more is daar 'n ander held. Hou op om mense so te verafgod, dan sal julle nie so verontreg voel of die drang he om te kritiseer nie.
onbekend 11/1/2009 10:51:14 PM
What's new???. Joost gebruik nou hierdie om sy nuwe boek te verkoop. Wat my die kwaadste maak is dat hy mens se intelligensie onderskat. Almal het geweet dit is hy op die seksvideo. Dit is darem baie toevallig dat daar so identiese dubbelganger kan wees. Ek voel ook nie jammer vir Armor nie, want ek sal nie verbaas wees as sy die ander vrou was toe Joost nog getroud was nie. Nee wat hoe bome vang die meeste wind. Ek is nou moeg vir al die celebs se skandes. En Mike Bolhuis.... wat 'n joke? Ek dink daar is 'n paar mense in hierdie hele sage wat lkr met rooi gesigte rondloop. Joost moes van die begin af erken het dat hy 'n fout gemaak het, dan was hierdie hele belaglike storie al lankal vergete. All en all het ek geen simpatie met Joost of Amor nie.
Sonja 11/1/2009 11:24:38 PM
Ons as mens het GEEN reg om ander persone te oordeel nie! Dit is veronderstel om 'n private aangeleentheid te wees vir die van der Westhuizen huwelik en gesin. Mag hierdie negatiewe situasie omswaai in 'n positiewe en leersame situasie. DIT IS KLAAR BESIG OM TE GEBEUR!
inlonden 11/2/2009 1:42:16 AM
Jislaaik ek kan nie ophou lag nie. Volpunte vir al die comments hierbo!
Jean 11/2/2009 2:49:03 AM
Laat die van julle wat nog nooit gelieg het aangaan met die veroordeling....die res van die skynheilige kermgatte los die man nou uit. Ek glo nie daar is iemand sal aanhou nie.....
JOHAN (QATAR) 11/2/2009 6:10:34 AM
JOH 8:1-11

As julle klaar gelees het sê dan iets
JOHAN (QATAR) 11/2/2009 6:14:39 AM
JOH 8:1-11
Lees eers en lewer dan weer kommentaar
Vonna 11/2/2009 6:44:40 AM
Ons almal maak foute maar dit word nie in die media uitgelap nie. Ek dink Joost was baie bang en het nie geweet wat die regte ding is om te doen nie. Miskien sal hy nou berusting vind en probeer om sy gesin bymekaar te hou want wat die mense buite dink of doen is nie belangrik nie. Mense wat in glas huise bly moet nie klippe gooi nie kom ons wens hulle alles van die beste toe en los hulle in vrede. Joost en Amor sterkte!
René 11/2/2009 7:16:55 AM
Ag nee, moes ons die almal gister die bulle en die cheetahs se wonderlike rugby gevier het nie? Nou kyk ek hierin vas in Rapport. sommige mense.... dink ook net aan hulleself!
Zelda 11/2/2009 7:24:17 AM
Nou is hy ons nuwe nasionale held...gedra jou soos 'n vark en almal sal mos maar vergewe.
Geamuseerd 11/2/2009 7:27:33 AM
As 'n Christen 'n ou foutjie maak en dit erken, is hy 'n held der helde. Joost weet dit en gebruik dit om die klomp idiote te kry om sy boek te koop. Christa de Waal, as jy by die voordeur staan om my te kom 'bekeer' en die duiwel staan by die agterdeur, hardloop ek agtedeur toe.
Charlie 11/2/2009 7:35:15 AM
Kommin bly maar kommin.....
Alwana Du Plessis 11/2/2009 8:02:30 AM
Plek jy het maar net erken dit was jy, nou 8 maande later word jy steeds gestenig. Nietemin is jy mans genoeg om jou foute te erken. Ek het nog nooit van jou gehou nie, nie as mens, blou bul of springbok nie, jou ego en arrogansie was groter as die mensdom, miskien sal jy ook nou maar net Joost wees, wat ook van vlees en bloed gemaak is.
Lappe 11/2/2009 8:11:37 AM
Snaakse goeters gebeur op dieselfde naweek. Joost begin te praat en bieg en die curriebeker "" pop"" uit op Loftus.
fransie 11/2/2009 8:18:35 AM
Weet jy as Joost net van die begin af eerlik was met wat gebeur het sou die nie so erg gewees het nie. Maar nou is dit als net vir sensasie, ek vat niemand se kant nie maar die persoon wat uitgegaan het om die video te lek tot by joost wat daar oor gelieg het en dan die klein slet wat soveel plesier uit al hierdie publisiteit getrek het was almal verkeerd. Wys jy vir my een persoon wat sonder enige sonde is, dat hy die eerste klip gooi. Hierdie hele storie maak my siek!!!! Dink aan die kinders want hulle is die wat die meeste daar onder gaan lui.
CHEZ 11/2/2009 8:22:08 AM
Ja A,or wat jy saai.... Onthou jy wat jy aan Joost se eks vrou gedoen het. Dit kom jou toe.
Lidia 11/2/2009 8:25:57 AM
Ja.. as 'n hond lê skop hom, sies dis lelik julle sal hom stenig, gaan lees liewer julle bybel,want jy mag nie oordeel. Ja Joost was verkeerd totaal verkeerd, maar almal sal nou aanhou. Maar daar is 'n PAAR van julle wat ook agter die deur staan. Los hierdie mense nou uit, hulle het genoeg hartseer, laat hulle kan optel en weer begin lewe, Amor en Joost ek voel so jammer vir julle, Joost jy het harde werk om te doen, en Amor ek weet dis so swaar on te vergewe, maar net JY sal weet hoe om dit beter te maak. Sterkte Amor, en Joost ek weet nie !!!!!!
Zet 11/2/2009 8:38:15 AM
In gewone Afrikaans: Mense soos Joost maak my die bliksem in! Mense wat maak dat ek nie my voete in 'n kerk wil sit nie. Ek skaam my vir julle! Almal het geweet Joost lieg. Die kersie op die koek is dat hy eers strategies moes lieg om hom genoeg tyd te gee om gou 'n boek aanmekaar te slaan wat deur die sensasiebeheptes opgeraap gaan word sodat Joost met 'n pot vleis kan wegstap. Belaglik! Negatiewe publisiteit is en bly steeds publisiteit.
Andre Andre 11/2/2009 8:40:35 AM
Die kern van Joost se probleem is sy vriendskap met gomtor Steve Hofmeyr
namlion 11/2/2009 8:42:42 AM
Geen vrou (met selfrespek) behoort by so n soort man/muis te bly OF hom te vergewe nie, en ook nie ter wille van kinders nie.. Vergifnis is NIE n uitveer nie, dis maar net nog n ge-ykte woord..
Net nog 'n comment 11/2/2009 8:43:16 AM
A nee a, hoekom moet Joost nou vir die meisie in die video jammer se? Dit is immers sy wat die video gemaak het, was dit nie? Sy verdien elke klip wat na haar kant toe gaan, om 'n man so te verlei om geld en vernedering uit 'n video te maak, sy het haar eie naam deur die modder gesleep.
EG 11/2/2009 8:52:13 AM
'n Blou Bul schnarf nie vannie vloer af nie! Hy gebruik 'n CD cover!
Betsie 11/2/2009 9:00:21 AM
Rapport!!!!! Ek het n appeljie met julle te skil...... HOE OP AARDE KAN JULLE DIE BULLE SE OORWINNING VERRUIL VIR JOSIE OPPIE VOORBLAD>>>>A NEE A MAN KRY JULLE PRIORITEITE REG.... BULLE GLINSTER OPPIE ENGELSE VOORBLAD.....
Betie 11/2/2009 9:05:26 AM
Joos halwe waarhede gaan nie jou n beter mens maak nie.....vertel die hele waarheid al is dit net aan Amor.... Jy gaan net weer jouself siekmaak en wonder wanneer gaan jy weer in iemand raakloop wat jou split...Come on Boy,,,go clean!!!
Wilna 11/2/2009 9:26:18 AM
Ek dink dit is nou tyd dat die publiek Joost en Amor uitlos om deur hierdie ding te werk. Daar is twee klein kinders betrokke. Dit is nie vir ons as publiek om die klippe te gooi nie. Wie van ons is nie dalk ook skuldig aan soortgelyke of ander sondes nie... Joost, nou is die tyd om ALLES vir Amor te vertel. Laat niks uit nie. Slegs dan kan julle bou aan julle huwelik. As ek n voorstel kan maak... Vat jou vrou en jou kinders en jul Bybel en gaan iewers waar niemand julle ken nie en werk daar aan jul gevoelens en jul huwelik. Hier is SA gaan die publiek julle nie toelaat om dit te kan doen nie. Staan voor Abba Vader en vra Hom om julle te help. n Huwelik gebou op die Rots, Jesus Christus, KAN en SAL slaag. Amor, as Jesus dit in Sy hart kan vind om Joost te vergewe, kan jy ook. Joost, die pad vorentoe sal moet wees sonder die sondes in jou verlede anders gaanjy jou vrou enkinders verloor.
jo-ann 11/2/2009 9:33:36 AM
Verkeerd is nie reg solank niemand daarvan weet nie!! Joost, al gehoor van iets soos integriteit???
Emmakoelema 11/2/2009 9:58:31 AM
So DIS waar die Engelse gesegde "WHITE TRASH" vandaan kom!!! Keep it zipped, Joosded**s, dis in elk geval te klein om so rond te swaai. Toe Amor hom van sy eerste vrou afgevat het, was dit goedso, nou huil sy? Die wiel draai..... En Taddada! Hier kom die volgende stap, if all else fails: probeer geloof! "Ek sal my tot God wend, en dan is al die pyn wat ek veroorsaak het sommer dadelik vergewe." Wat 'n gomg**.
Belinda Rogers 11/2/2009 10:02:17 AM
Ek wens net die mense wat so gou wil "judge" moet gaan kyk of hulle sonder enige foute sit. Ons almal het al leuens vertel, ons almal het al foute gemaak, en ten minste vat Joost nou verantwoordelikheid vir sy dade. Ek hoop rerig dat alles sal uitwerk vir hom en sy familie, want op die ou einde is dit al wat belangrik is. Joost: Jy was beslis nie op my top lys van hunks of rugby spelers nie, maar kom nou, almal maak foute, en daar is groter foute daar buite maar net omdat jy 'n celeb is: lyk dit erger!!! Vergeet van almal en konsentreer op jou vrou en kinders, want dis waar die goud le, by jou familie. Alle Sterkte.
Rachel 11/2/2009 10:07:41 AM
As Joost van die begin eerlik met sy vrou was, kon hulle dalk deur die ding gekom het. Nee, vat die kort pad en lieg ... hoe moet sy hom ooit weer vertrou nadat hy in haar gesig gelieg het. Dit sal sy verdiende loon wees as sy vrou hom los. Jy kan jou brood mos nie aan 2 kante gebotter wil he nie !!!
Ann 11/2/2009 10:11:11 AM
Nie dat ek dink iemand het getwyfel nie... Maar ek het wel 'n kleintjie dood daaraan dat jy destyds Godsdiens gebruik het om die publiek te manipuleer in jou eie agenda. Die seks en dwelms is jou eie saak, maar as ek jy was sou ek daaroor 'n paar slapelose nagte gehad het.
Jenny 11/2/2009 10:27:46 AM
Joost het dalk n goeie vrou nodig om na hom te kyk. Hy dwaal snags rond in klubs, hy snuif dwelms, hy drink hopeloos te veel, sy onderbroeke is stukkend, sy voete stink het die meisie gese, Hy het ook lelike vuil plakkies aangehad. Hy soek seks by vrouens en dit lyk asof dit n straf vir hom is om huis toe te gaan. Is hy ooit by die huis? Daar moet iets wees wat hom daar uit dryf. Moenie net vir Joost blameer nie. Soek eerder waarom hy altyd op die vlug is. Kry hy kos? Kry hy ontferming en aandag? Nee daar's beslis fout. Charmaine Gayle moet vir Rapport kom vertel watter redes hy vir haar gegee het waarom hy haar geselskap en lyf soek!Elke storie het twee kante.
Mari 11/2/2009 10:35:27 AM
Ek is seker joost is jammer omdat hy gelieg het want na 8 maande se harde werk het min mense hom geglo en het hy seker soos 'n gek gevoel. Of hy regtig jammer is oor wat hy gedoen en of dit is omdat hy uitgevang is, is 'n ander saak ...Dis in elk geval sy saak maar wat wel sal jammer wees, is as hy nog geld uit sy boek moet maak. Ek hoop hy skenk alles vir liefdadigheid sodat iets goeds darem uit die hele ding kan kom.
Gabriella 11/2/2009 10:39:05 AM
Die kinders moet dadelik by voogouers geplaas word want altwee ouers het n obsessie om graag in die kalklig te wees. Ma en pa wil graag voor die kameras en videos en "audiences" wees. Dalk het dit nou n wedywering geword wie word die meeste afgeneem. Soos hulle se, die een beweeg verby die ander en dan begin die kompetisie tussen man en vrou!Hulle is nie meer n glanspaartjie nie. Al die borge het onttrek. Hulle moet nou elkeen op hul eie veg vir die spotlight. Wanneer sal ons ouers net ouers bly en nie al hierdie gejaag na roem nie!
Jackie 11/2/2009 10:49:24 AM
Mense, mense, luister vir God en lees Sy Woord! Wie is ons om enigsins te oordeel?!!! At the end of it all it is between Joost and God (or your instance, you and God!). "Be still and know that I am God". Blessings.
Polla 11/2/2009 10:54:26 AM
Suid-Afrika was swaar getref met die nuus dat een van sy grootste rugbyhelde van die pad af gedwaal het, maar nog groter is ons skok dat hy dit erken het nadat hy gelieg het oor sy betrokkenheid by die sekskapades. Ek voel net dat Joost van die begin af openlik moes wees en soos 'n man moes erken het hy het 'n fout gemaak - dan was die vergifnes alreeds na sy kant gebaan. Ons moet net onthou - Joost is 'n mens en net soos baie van ons was hy in versoeking gely. Ek wed julle om dit te erken - baie van ons het geraamtes in die kas, en sal met daardie geheime graf toe gaan. Niemand sal nooit ooit daarvan uitvind nie, maar net omdat Joost 'n openbare figuur is (soos baie ander bekendes) word hulle kwade dade, en ja as hulle gelukkig is, soms ook hul goeie dade die wereld ingestuur vir mense om hulle daaroor te verheerlik. Siesa Suid-Afrika, julle is 'n veroordelende nasie wat wragtig geen mens sal uitlos wat 'n misstap begaan het nie. Ek is eintlik so skaam om deel te wees van 'n nasie wat vinnig is om te oordeel, maar NIEMAND het ooit 'n hand na die gevallenes uitgesteek en gevra of hulle kan help en van raad bedien nie. Nee almal kry te lekker, want Another One Bites R=The Dust. Ek hoop nie een van julle wat so gou oordeel, moet eendag ook voor julle vriende en families staan om te bieg oor die foute wat julle gemaak het nie.

As jy ware berou het en onvoorwaardelik wegdraai van die bose pad wat jy gevolg het, dan is God in beheer en HY sal oordeel. NIE JULLE NIE!!!!!!
WILLIE 11/2/2009 10:59:16 AM
Al wat waarskynlik van Joost waar is, is dat hy hoogs onwaarskynlik 'n moffie is.
Annette 11/2/2009 11:03:03 AM
Nee niemand is sonder sonde nie ,dit is reg . Maar... Toe Joost rondgeloop het ,het hy geweet dat daar by die huis twee pragtige kinders en n vrou vir hom wag. Hy het verkies om rond te loop . Niemand het hom gedwing nie. So moenie net die vrou beskuldig nie. Ja sy was natuurlik ook verkeerd elke keer as sy met Joost geslaap het(want dit was nie net een keer nie) Maar sy het hom nie gedwing nie en sy het nie n man en kinders gehad wat by die huis wag nie. Hy sal dit weer en weer doen want hy lieg nog steeds.
Jackie Williams 11/2/2009 11:10:29 AM
Danki tog... nou kan ons aangaan.... wonder wie se lewens gan hulle volgende om krap... Snaaks hoe mense genot vind in ander se ongeluk.... Sterkte Joost.. Hoop jy het iets geleer uit jou voute, en Amor.. hoop jy doen wat reg is vir jou en jou kinders.
Lionel 11/2/2009 11:39:26 AM
Joost het 'n baie bold stap gedoen wat ek glo nie in enige man se broekspype is nie. Ja, hy het vir maande gelieg en was oneerlik met sy vrou, maar hy het NOU gekies om met die waarheid te lewe en nie meer met die leuen nie. Better late then never. Hoë bome vang ongelukkig die meeste wind. Joost, jy het die regte ding gedoen. Ons moet almal daarna poog om as bevryde mense te lewe en as rolmodel te wys wat die regte stap is om te volg indien een van ons andere ook so kan struikel en val. Geen mens is te goed om sleg te word nie. Geen mens is ook nie te sleg om goed te word nie. Ek vertrou dat die Here waarin jy glo, vir jou en jou gesin sal deurdra. Hou vas aan Hom as die anker. Onthou, groter is HY wat binne in ons is as HY wat in die wêreld is. Ek bid vir julle as gesin en julle huwelik. All Black Kameraad.
Tiewiet 11/2/2009 11:46:56 AM
Ons "held" het klaar 'n nuwe boek in die pyplyn: 'n Hygroman, met die titel:"Die Tert en die Perd met die Hol(e)y onderbroek!"
Die engelse noem sulke mense White Trash, dis so beskrywend. Ek stem saam met CHEZ, die wiel draai..... en die laaste uitweg is nou die kerk. If all else fails, try religion. Shame.
SUKIKAKI 11/2/2009 11:55:06 AM
JA, en nog steeds lieg die man. Verbeel jou, dit was die eerste en enigste keer dat hy sy vrou verneuk het. Is dit dieselfde man wat gesê het hy en sy vrou het 'n oop verhouding? Een keer 'n kooipister, ALTYD 'n koopister. Wil net by Emmie hierbo aansluit en vra, waar word die streep getrek met vergeet en vergewe? Smeek vandag om vergifnis en more doen jy maar net weer dieselfde sonde? Sal ook bitter graag die verduideliking van al die heiliges hierbo wil hoor!!! Ons almal maak foute, maar ons LEER daaruit. Joost het sy eerste vrou vir Amor gelos, is dit nie al genoeg bewys dat die man NOOIT sal verander nie?
Bluntpiro 11/2/2009 12:36:17 PM
Ek is nou al 60, maar ek het lankal geleer, moenie lieg nie! Dit haal jou in en dan lyk jy net stupider. Niemand is perfek nie, maar wees mansgenoeg om dit te erken. Jy het nou wel so gemaak (laat) maar beter laat as nooit. Laat die puris-onskuldige die eerste klip gooi. Mooi so Joost!
Bloutrein 11/2/2009 12:37:34 PM
neewat .. Joost en Amor het geld uit dieselfde mense gemaak vir wie hulle gelieg en bedrieg het .. natuurlik mag sy helde omgekrap, bedrieg en vernederd voel, en natuurlik mag hulle hulleself uitspreek . julle verwar dit met die woord oordeel .. en ongelukkig het hy big time drooggemaak .. en hy het dwelms gebruik wat van hom 'n krimineel maak . en dit is iets om oor geoordeel te word . deur 'n HOF!! toet toet !
Boggerof 11/2/2009 12:48:41 PM
Die einde is nog lank nie in sig. Daar sal seker nog 'n fliek ook wees!
Freda 11/2/2009 12:50:09 PM
So Joost sal maar nou n nuwe een moet begin uitdink as hy weer uitgevang word. Die storie dat mense hulle wil opbreek gaan nie werk nie.Joost van die begin af het niemand jou geglo nie.En moenie vir die meisies "shhht" as hulle jou groet in die klubs en jy nie veronderstel is om daar te wees nie. What's the point? As jy n swakheid het vir dwelms,drank en vrouens moet jy net geheel en al van die klubs wegbly! Onthou jy kan nie jou brood al kante gebotter he nie. As jy getroud is gaan jy nie na n dansklub toe as n single nie.
namlion 11/2/2009 1:05:10 PM
Ons kry leuens en dan kry ons die statistieke....statistieke bewys dat twee derdes van alle huwelike in SA sal faal..die Voortrekker garde het dit beter gehad...geen bordele en geen dwelms....of hoe?
Niel de Villiers 11/2/2009 1:05:51 PM
Die Joost debakel: alles kom verhoed geword het as hy van die begin af gebieg het, teen die tyd sou Amor hom al vergeef het. Ek oordeel nie Joost, maar baie sterkte vir jou en jou familie.
Kobus 11/2/2009 1:10:32 PM
Joost en Amor, julle moet mekaar vergewe en aangaan ongeag die media. (WWJD) Doen dit vir julself en ter wille van jul kinders. My gebed is dat julle nie sal negatief raak nie maar sal vorentoe kyk en mekaar sal bystaan soos jul belofte aan mekaar toe julle getroud is. Die Here aleen kan genees. Glo en vertrou op Hom. Hy sal jul nooit in die steek laat nie. Gee baie liefde en drukkies vir jul kinders. Baie sterkte !!!
jean 11/2/2009 1:10:59 PM
Joost, as ons as mense God om vergifnis vra en glo ons kry dit, dan werk dit andersom ook. Jy het Amor om vergifnis gevra en ook vir God. Jy moet jouself ook nou vergewe. Die verskil is dat jou sonde aan die klok gehang het terwyl ander dit nog weg steek of maak asof hulle nooit 'n fout gemaak het nie. As jy reggemaak het met jou ouers en familie dan stop dit nou daar. Spandeer nou al jou tyd en energie aan Amor en kinders. Indien jy twyfel wat reg of verkeerd is, vra jouself af waat Christus sou gedoen het. Ek stem saam met Lionel.Geen mens is te goed om sleg te word nie. Geen mens is ook nie te sleg om goed te word nie. Ek vertrou dat die Here waarin jy glo, vir jou en jou gesin sal deurdra. Sterkte en mag julle as gesin baie gelukkig wees.
Heilige 11/2/2009 1:14:43 PM
Die 'wie kan klippe gooi ?' is inderdaad nou al holruggery. Die wat kla dat ander klippe gooi, gooi die wat klippe gooi met klippe ! White Trash inderdaad ! 'n Klomp heidene kan net lag vir sulke naïewe gelowiges. Môre kom josie met nog 'n klomp bekentenisse uit, dan word hy eers deur die Oom Angus brigade gecheer. Polla, julle klomp dwepers wat sommer so namens God vergifnis en raad uitdeel slaan julle name met 'n plank.
Mimi 11/2/2009 1:36:37 PM
Ek hoop sy los hom!
Gerhard 11/2/2009 1:54:11 PM
Joost, dis so jammer om te sien dat ek en jy die enige onperfekte mense in die wereld is. Al die mense hierbo het nog nooit iets gedoen waaroor hulle spyt is.
Maar maak nie saak wat hulle sê, hulle sal nooit van jou kan weg vat die feit dat jy een van die beste rugby spelers is nie.
Gerhard 11/2/2009 1:57:48 PM
Jy't self vanoggend gese jy't dit verkeerd behandel want jy was nog nooit in so situasie. Na al die kommentaar hierbo, lyk dit my, die mense is heeldag in die situasie, aangesien hulle almal weet hoe jy dit MOES hanteer het. Ps. Jammer om te se, maar Rapport en Beeld gaan jou vir `n rukkie nie uitlos, jy's die een wat koerante verkoop. Om te sien hoe steel almal in die staat ons geld afgesaag, en hulle weet dit.
Hester 11/2/2009 1:59:39 PM
Mense hou tog op om ander mense te kruisig. God se die oordeel kom ons nie toe nie. Kom ons vat liewer hande in die Gees en bid vir hierdie familie. Dit kan mos met enige van ons gebeur, en Jesus het mos aan die kruis vir ons almal gesterf. Almal maak foute en almal het 'n verlede, hoekom soveel lelike kommentaar terwyl die episode 3 jaar gelede afgespeel het. Hoekom soveel verkeerde raad en aanmerkings. Het Amore nooit iets gedoen waarvoor sy moet skaam kry nie. Amor onthou asb jou huweliksbeloftes aan God en vergeet die verlede, God sal genesing bring en volgende week skinder die publiek weer oor iemand anders. Liefde en sterkte aan jul huisgesin.
Leslie 11/2/2009 1:59:44 PM
Kom nou mense. Los die man nou uit. Ons het sekerlik beter dinge om te doen as om ons neuse in ander se sake te steek. Niemand worry oor SA wat besig is om n Zimbabwe te raak nie.
Jan 11/2/2009 2:34:54 PM
Gaan hy darem die ordentlikheid he om vir die girl in die video om verskoning te vra nadat hy en sy span hul bes probeer het om haar te probeer diskrediteer al het hulle die waarheid geweet?
Soapbox 11/2/2009 3:08:34 PM
Joost, verkoop die video!!!
"The comings and blowings of Joost". Dit moet 'n paar pennies werd wees.
Eugene 11/2/2009 3:08:44 PM
Ek wonder altyd oor die mense wat so gou hardloop om die sondes van ander te probeer goedpraat. Klink maar vir my asof hulle self 'n paar geraamtes in die kas het om weg te steek!

Komin bly maar komin! Joost jou lekker two faced jakkals.
Marius 11/2/2009 3:14:18 PM
Elke hond kry sy dag?Wat vir my siek is,is dat die mense sy boek gaan koop want nes die koerante kan ons mense nie wag om alles van ander mense te weet nie.So as ons dit koop dan regverdig ons dit.As ons dit kan lees kan ons maar die boek van Satan ook lees.En Bolhuis wonder wat dink jou kliente van jou as jy so skelm kan wees.Kom Suid Afrika om jou vrou te verneuk kom met n prys so moet hom nie ryk maak dalk snuif hy weer??????
Suzyque 11/2/2009 3:23:23 PM
Ag nee mense, ek het lekker gelag vir alles wat julle geskryf het en daar is selfs 'n paar oulike se goed soos"Joost gee asb my onderbroek terug. Mooi man. 'n bietjie humor. Mense kom ons los mekaar uit dit is nie die moeite werd nie. Kom ons kyk na ons eie lewens in plaas om na ander te kyk. Ons is almal sondaars, daar is nie een wat nie sonde doen nie. Laat die man en sy vrou hulle eie heil uitwerk.
Andre 11/2/2009 3:27:58 PM
Dit is goed om te sien dat Joost soveel ondersteuning geniet. Net jammer Supersport wou hom nie ook ondersteun nie.
Snuifie 11/2/2009 3:33:26 PM
Kan nou nie mooi verstaan. Almal wil net hê Joost moet erken dat dit hy in die video is. Wat ek wil weet het hy dit darem geniet. Siestog dat jy nou eers moet snuif voordat jy dit kan geniet. Wie gee nou om oor wat hy doen. Ek dink dit is skande vir ons rugby. Ai Joost, jy is nou een van die rugby ouens wat nie kan dink nie. Amor jy sal nie weer rustig kan slaap nie. Kan jy glo dat jou eie man wat se vrou nog boonop swanger is so iets kan doen. Het jy hom so afgeskeep? Dit wys jou net. Jy kan nie in hom glo nie. As hy nou vir ons almal so kon lieg saam met balsak. Kan ons ooit weer glo wat hy sê.
Geamuseerd 11/2/2009 3:49:11 PM
Kyk hoe vergewe die mensies sommer nou namens God ! Moenie worry nie, God, ons het sommer klaar jou werk vir jou gedoen ! Laster in die ergste graad denkbaar...
John Bruwer 11/2/2009 5:01:30 PM
Hoe lekker rol Rapport weer in die str*nt rond.
Dok Jan 11/2/2009 5:10:34 PM
Volgens Mike Bolhuis is die gelieg nog nie verby nie... Josie moet nog die volle waarheid vertel. Sien, Josie, die mense het jou destyds gewaarsku teen Bolhuis maar jy wou nie luister nie.

Jy (en jou maatjie Steve) het 'n deep seated insecurity, dis die dat julle so rondneuk. Kanse is skraal dat dit gaan verander maar oorweeg dit tog om hulp te kry. Miskien is Sex Addicts Anonymous 'n goeie begin.
Sonja 11/2/2009 5:42:03 PM
Ons harte...ons moet ons harte ondersoek!
Joost moet leer om maar liewer stil te bly 11/2/2009 5:57:54 PM
Ai Joost, ek sidder elke keer wat jy jou mond oopmaak. Nou erken jy dis jy in die video,(wat meeste van ons geweet het in die eerste plek!) maar sweer hoog en laag dit was die eerste keer. Kom nou man, ons almal weet jy lieg weer. Selfs Steve se een skelmpie (Janine) het 10 jaar lank stil gebly tot Steve haar "popster afleiding" genoem het, en toe kom sy - en andere- na vore. Deur nou so hewig te beweer dit was die eerste keer gaan jy net die ander vrouens ook sover bring om na vore te kom. Wie is jou prokureur dat hy/sy jou nie aanraai om net stil te bly oor intieme vra soos hierdie nie?? Ek weet die versoeking is groot, maar bly maar liewer net stil, of se agter my aan "Geen kommentaar, geen kommentaar, geen kommentaar"!!!!Sterkte aan Amor, die vernedering is groot. Dis een ding dat hy gejok het- vir die soveelste keer- maar die omvang van wat hy bereid was om te doen om sy leuens te verberg( private ondersoeker en all...) is eers skokkend. Dis duidelik Joost sal net die waarheid erken wanneer daar geen ander uitweg meer is nie. Wie kan ooit weer so 'n man vertrou? Maar nou is daar twee pragtige kindertjies betrokke en ek hoop vir hulle part kan die huwelik tog nog gered wordEn iemand moet vir Joost- en Steve-vertel van AIDS
Haha 11/2/2009 6:08:34 PM
Hoekom gaan almal so aan oor "Moenie oordeel nie"?? Die man het gelieg- herhaaldelik!! En ook nie vir die eerste keer nie. Onthou almal die gerugte destyds dat Joost en sy eerste vrou-Marlene- gaan skei? Joost het dit hewig ontken. Maar toe is hulle al REEDS geskei. En toe kom die gerugte Joost het Marlene met Amor verneuk. En wat se onse Joost: "Nooit, gee vir my Amor se foon nommer dat ek haar om verskoning kan vra", of so iets. En toe het hulle al die tyd 'n verhouding aan die gang, en trou selfs. En nou die leuens oor die video, kompleet met private ondersoeker en all. Nou gaan julle seker se dis nie my besigheid nie. En dalk is julle reg. MAAR die man het verkies om te antwoord op die beweringe: nie deur te se "Geen kommentaar" of "Mind your own business" nie, hy het gelieg, oor en oor en oor. Dit maak dit my besigheid, veral 'n man wat die "gesinsman" tema holrug gery het om sy eie beeld te bemark en beursie te vul. So, ek SAL oordeel

Having said that, ek is ( genadiglik) nie die man se vrou nie, so ek sou nie omgegee het as Supersport hom as kommentator behou het nie, en sal hom ook nie op enige manier boikot nie. En dank die Vader ek hoef nie in my alledaagse lewe op Joost se eerlikheid- of gebrek daaraan- staat te maak vir my siele heil nie

Ek wonder net wanneer mans ooit sal leer dat "trailer trash" soos die van Emmenis meisie leef daarvoor om manne soos Joost te trap- met gepaardgaande publisiteit ( ja, ek weet is takes two to tango, Joost is ewe skuldig). Maar sal hulle OOIT leer?? Nee...
Petro 11/2/2009 6:15:33 PM
As dit kom by my man verneuk of dwelms gebruik kan ek 100% eerlik se ek het dit nog NOOIT gedoen nie, en dus SAL ek klippe gooi na iemand wat nie net sy eggenote ( eerste vrou ook..) verneuk het ( waarskynlik herhaaldelik, wie kan tog glo wat hy se na alles..), dwelms gebruik het, en tot die uithoeke van die aarde gegaan het om daaroor te lieg, tot die stres hom amper sy dood gekos het.

Dis beteken nie ek sal hom nie vergewe nie, net dat ek nooit weer sal glo wat hy se nie. Komaan mense, hoe kan mens hom glo? Gelukkig ken ek nie eers die man nie. Maar ek voel wel jammer vir Amor.
sharon 11/2/2009 6:35:56 PM
Ek dink almal wat iets negatiefs het om te se moet regtig 1 Kor 13 gaan lees. 'n baie belangrike deel Liefde hou nie boek van die kwaad nie
gerrie 11/2/2009 7:26:21 PM
Hierdie is dieselfde ou nonsens as destyds met Bill Clinton: ek keur niks goed wat die ouens gedoen het nie; wat my net soveel pla soos hulle skewe dade is die onbybelse veroordeling wat een mens het oor n ander-dis kinderagtig en pateties-ons almal sondig, maar elke keer wat dit by seks kom is dit sonde nommer een. Daar is niks so irriterend as mense wat heel dag en aldag sondig en dan n ander veroordeel nie. Buiten dit voel ek het Joost se privaat lewe niks te doen met die kwaliteit van sy kommentaar oor rugby nie. Dis nie vir ons om hom te vergewe nie-los hom en sy familie uit dat hulle die saak regstel met mekaar.
sharon 11/2/2009 8:09:16 PM
Ek wil nie eens oor Joost praat nie, voel net jammer vir sy vrou en kinders. Ek dank die Here vir my man elke dag as ek sulke stories te lees kom. Dit moet n bitter pil wees om te sluk. Alle voorspoed Amor, jy sal weet wat die regte ding is om te doen. Bid vir jou.
Nog iets te sê 11/2/2009 8:32:59 PM
Ek is maar half sku vir hierdie nuwe uitkom met die 'waarheid' Ek is die eerste om te kan vertel hoe die Here mens se lewe kan omdraai nadat jy alles opgemors het. Ek is net nie so rustig oor wat ek sien en hoor nie. Hoekom die tydsberekening? Hoekom 'n Sondagkoerant - smerige, sensasionele gemors wat dit is? Hoekom nou eers, as hy al in Julie by Angus was? Die bloed van Jesus reinig van alle sonde, maar party mense maak daardie bloed goedkoop. Dis wat baie ongelowiges teen ons as Christene het. Ja, julle ongelowige ouens daarbuite, julle is reg! Ons is die baddies. Die gesondes het nie die geneesheer nodig nie! Joost, ek het nie illusies oor hierdie saak nie. As jy nie BAIE meer doen as net jammer is en bely en stunts trek nie, gaan ons 'n ovolgverhaal lees. As dit die houvas van die duiwel op jou lewe is, gaan jy moet bevryding kry en heinings om jou huwelik en lewe bou. Jy sal elke oomblik moet waak en bid - wat net goed kan wees. Julle sal ook 'n paar harde besluite oor julle gesinslewe moet maak - dit klink maar vir my uiters ongesond. ... en dan, kry liewer vir Angus om teenoor 'accountable' te wees en begin 'n pad van Godsvrug. - en hou jou mond oor jou groot geestelikheid totdat jy sterk is in die Here en die tyd bewys het jy is ernstig. Jy het nou al reeds genoeg skietgoed gegee vir die vyande van die kruis! Ek waarsku jou, jy kan nie vir God manipuleer nie en God laat hom nie bespot nie. Jou skande en selfverwyt is betekenisloos as dit jou nie op jou kniee dwing - en daar hou nie. As jy bossies saai, gaan jy bossies maai en dit vat lank se bossies uittrek en goeie saad saai voordat die draaipunt kom! Ek bid vir jou dat die duiwel jou nie sif nie.
Coppies 11/2/2009 9:51:09 PM
Ai Amor & Joost: Kruip weg, ignoreer die publieke oog/media en leer om nie kommentaar te lewer nie. Julle het al hierdie onnodige publisiteit oor julself gebring.. verdwyn vd kollig, & sak jul kop in skaamte. Jul name is erg gat gemaak!
Kobus 11/2/2009 10:13:46 PM
Mense, hierdie is vir kommentaar. As julle wil preek gaan dit op die regte plek.
Die feit bly staan soos 'n paal bo water: Joost het publisiteit gesoek en dit gekry. En hy lieg nog steeds.
Ook hierdeur 11/2/2009 11:32:59 PM
Ek wil meer as ooit vir Joost en Amore sê: VERGEWENSGESINDHEID is die wagwoord. Ja, ONS het ALMAL foute en sonde. Daar gaan NIE EEN GROOTBEK wees wat nie soos 'n WURM gaan kruip as hy/sy NOU voor die regterstoel moet staan nie. CHRISTUS het juis die grootste voorbeeld van VERGIFNIS gestel. Christene is JUIS nie perfek nie, maar ons het die GUTS om te erken dat ons AFHANKLIK IS van GOD en Sy groot GENADE. Julle moet juis nou wys dat julle IN DIE WêRELD is, maar NIE VAN DIE WêRELD NIE. Moenie huiwer om hulp te soek nie, maar KIES om te vergewe en julle huwelik te herstel. DIS DIE VERSKIL tussen die Christene en die nie-Christene. Ek weet waarvan ek praat. . . . . B A I E S T E R K T E en ek BID uit die diepte van my hart dat julle bymekaar gaan staan en STERKER hierdeur kom. God het nie maanskyn en rose belowe nie, maar dat HY daar is in die diepste donker uur. Ja, MENSE maak oordeelsfoute, maar met opregte belydenis is daar VOLLE VERGIFNIS. Sterkte.
izak 11/3/2009 4:56:48 AM
die 'brand name' van christenskap het darem heelwat slae gevat met die een! As ek die CEO van christen PTY LTD was, was jy nou sonder job,Joost!
Rachel 11/3/2009 7:24:42 AM
Dit is so hartseer, dat mense vandag nie die son oor iemand anders se kop sien skyn nie.
Wat jy verkeerd doen in die lewe is vir jouself om reg te maak met God. Ek weet nie wat die mense wat hierdie onthulling gedoen het daaruit bereik nie. Hulle moet net onthou, wat jy aan 'n ander doen kry jy dubbel terug. Sterkte Jooste die Here het jou reeds vergewe.
Vat dit op die ken 11/3/2009 9:46:56 AM
Ja, ek kan glo hy is jammer. Elke liewe een van ons weet dat daar bepaalde gevolge is vir elke aksie wat wat ons gaan uitvoer. Jy bereken die risiko en dan besluit jy of jy iets gaan doen of dit verby gaan laat gaan. Ek dink dat sommige mense se ego's egter so groot is dat hulle dink hulle kan met enige iets weg kom, ongeag die skade wat hulle aan hulself en hul geliefdes aanrig.
Lulie 11/3/2009 10:11:26 AM
Jy is vergewe verlore seun en welkom terug! Die waarheid is nou uit en die waarheid maak jou vry. Joost, jy kan tog nie nog verder val as plat op jou gesig nie - ‘n gebroke toestand is ‘n wonderlike tydperk waarin mens tot jou volle potensiaal kan groei.
Mense vergewe nie maklik nie en die pad vorentoe sal nie altyd rooskleurig wees nie, maar vasbyt – hierdie seisoen sal en moet verby gaan.

Amor, vergewe en vergeet is nie maklik nie want jy was verraai, verneder, deur baie mense misverstaan en gegesel terwyl jy heeltemal onskuldig was. Ek glo jy moes in wanhoop baie van jou jongmeisie drome sien sterf. Wat mense vir kwaad of die uitklop-hou bedoel het, het jou laat ontwikkel in ‘n sterk meisie met ‘n pragtige karakter.
As jy kan vergewe sal Joost nou baie goeie huweliks materiaal wees. Dis ‘n groot besluit wat jy sal moet neem. Ek glo dat beide van julle ryp en vrugbaar uit hierdie nederlaag sal tree en Suid Afrika sal nou kan sien van watter stoffasie julle gemaak is.
Ek hou julle dop. Sterkte.
denise 11/3/2009 10:43:19 AM
Sal almal nou vit Joost alleen laat, hy het n fout begaan en dit wys maar net dat hy ook maar net mens is. Wie van die mense wie hom nou steunig se lewens is volmaak? Maak ons nie almal een of ander tyd n fout en is later jammer. Joost is nog steeds dieselfde held vir wie ons destyds gekree het tydens rugby wedstryde. Hy het nou baie om uit te sorteer in sy huwelik en met sy kinders. Kom ons gin hom die kans om sy lewe uit te sorteer en die stukke op te tel. Ek woder net oor ons as Christinne, ek is seker God het Joost lankal vergewe, hoekom kan ons as mens nie en wie is ons om sy Christenskap te bevraagteken? Dit bly immers n saak tussen hy en sy skepper!!!!
Susie 11/3/2009 11:47:01 AM
Wie gee ons as mens die reg om te oordeel of om oor hulle te skinder? Dit is Joost en Amor se private lewe hoe hulle die sitsuasie hanteer is tussen hulle. Wens die mens wil ophou om na sensasie te soek. Daar is 'n spreekwoord wat lui haal die balk eerder uit jou eie oog voor die die splinter in iemand anders se oog soek. Laat Joost en Amor met rus en vrede.
net mens 11/3/2009 12:26:35 PM
Ook maar mens, ook maar kens...soos die res van ons, party hanteer dit net beter...!
Rita 11/3/2009 12:34:38 PM
Joost stuur op selfvernietiging af, veral omdat daar soveel veroordeling en aandag op sy lewe is en natuurlik deur sy eie toedoen. Ek wil net graag weet wie die seksvideo gemaak het en met watter doel? Het hulle hul doel bereik? Ek kan nie glo dat 'n mens so 'n lokval vir iemand stel met die wete dat dit hom gaan vernietig nie! Kan 'n mens nie meer te wete kom van die vervaardigers van die video nie?
INA 11/3/2009 3:04:17 PM
JOOST SE BIEG....
As ek so na al die giftige en wrede kommentaar kyk - dan kan ek nogal verstaan hoekom joost aanvanklik besluit het om te jok. hy het goed geweet dat hy lewendig op 'n brandstapel gegooi gaan word...en dat die mense wat die vuurhoutjies gaan trek almal REIN en SONDELOOS en PERFEK is! hiermee praat ek nie sy aksies goed nie - ek beskou net nie myself as GOD om te oordeel nie. Joost het nou gedoen wat hy van die begin af moes gedoen het en dit is net menslik en regverdig om hom sy kans te gee. Kom ons los nou eers die tyd voor die BIEG en kyk wat gebeur na die BIEG.
Ons moet hom en sy gesin kans gee om hulle lewe uit te sorteer en hul besluite te neem.Wat die boek betref....hy kan net daaruit ryk word as mense die boek KOOP.Ek kan julle die versekering gee - in sy posisie sou ek eerder selfmoord oorweeg het as om myself so vir die wolwe te gooi. JA JA ek weet hy moes dit in die eeste plek nooit gedoen het nie, maar wragtig ons almal is sondaars. en hoerrredery en verneukery en dwelmsnuif en maak asof jy hoogheilig is ....is NIE groter sondes as oordeel nie.
J. 11/3/2009 6:04:20 PM
Toe Theuns Jordaan se "liefdeskind" vroeër die jaar opskrifte gehaal het, het hy erken dat dit dalk sy kind kan wees. Niemand het hul verder daaraan gesteur nie. Indien Joost 'n ruggraat gehad het en sy fout dadelik erken het, sou niemand hul veel aan die storie gesteur het nie.

Nie net het Joost nie waardes vir sy geloof of huwelik nie, maar ook is dit duidelik dat hy nie kan pa staan vir sy foute nie.

Dit sal 'n groot fout wees om so iemand as voorbeeld vir jong mense voortehou.

Nog 'n Kans 11/3/2009 6:42:30 PM
Wil maar net vra waar was God in Joost se lewe toe hy hom opgehou het met dwelms en drank en lustige vroue? Dit lyk tog so maklik. Doen net wat jy wil - lieg en bedrieg, drink jou dronk en verneuk jou lewensmaat en een twee drie dan word alles uitgevee as jy die dag besluit om tot bekering te kom. Wel vir baie mense is daar nie 'n môre nie. Hulle sterf terwyl hulle besig is met 'n lewe so in stryd met wat God wil. Joost jy kan bly wees jy kry weer 'n kans. Gebruik dit nou net.
Pastoor Doppies Kleydeman 11/3/2009 7:06:11 PM
Joost ou seun . Jy het agter die blink ligte van die wêreldse genot aangehardloop. As briljante seun het jy jou naam op die groen weivelde van die Springbokke verewig deur uitnemendheid. Hoe naby was dit nie of jy het die Wêreld Beker vir Suid Afrika in jou kapteins hande gehou .
Maar tog het Satan homself ingewurm in jou roem. Jou eerste vroutjie ( en hoe lieflike kind was sy nie) het die jaloesie van Satan ervaar deur julle ewige trou aan die skepper met ‘n rooi kaart in die hof verjaag.
Hierdie episode met jou swanger vroutjie wat opgewonde op jou koms huis toe wag , terwyl jy jouself oorgee aan die danspassies van Jesebel toon duidelik hoe onvoorbereid en onweerbaar jy is teenoor die slinksheid van Satan.
My seun , ek weet jy gaan deur ‘n beproewing . Alles maak nie sin nie want jy het nog nie tot die besef gekom dat Jy alleen verantwoordelik is vir die slegte keuses wat jy gemaak het nie. Jy moet innig en opreg vir jouself kyk en vra :
Joost waarmee is ek besig.
Joost wil ek hê mense moet iets van my dink wat ek in my hart weet ek nie is nie ?
Joost voel ek minderwaardig as jou vrou meer aandag en roem het as jy ?
Joost hoekom probeer ek van my verlede af weghardloop ?
En dan ou seun , as jy daai gevoel in jou bloed kry wat voel of daar borrels in jou bloed is moet jy net sê ; JA HERE JESUS EK NEEM JOU AAN. MAAK MY DEEL VAN JOU HUIS.EK LAAT MY SONDIGE LEWE NOU AGTER . MAAK MY JOUNE VIR ALTYD. DANKIE JESUS , DANKIE JESUS
Ou seun , gaan en laat jou doop , word wedergebore in die werklike lewe waar jy deel van GOD se wenspan kan wees.
Jesus praat met Joost en maak sy hart oop vir U . In die naam van Jesus .Amen
Denise 11/3/2009 11:05:08 PM
Hou op klippe gooi! Daar is nie groot sonde en klein sonde nie. Ons het nie die reg om te oordeel nie. Niemand van ons is sondeloos nie. Hy het 'n fout gemaak en het dit nou erken en verdien om vergewe te word. ASB!! Hoe kan die Liewe Vader ons vergewe vir ons sonde as ons nie vir Joost kan vergewe nie?
petro van wyk 11/4/2009 6:49:46 AM
Joost . Amor moes weet wat sy haar inlaat jy het jou vrou gelos vir Amor en sy het geweet so mense soos jy verander nie hulle los hulle lewens maat aanhoudend vir n ander ek weet ek is deur dit kyk vir steve jy hou jou nie op met mense soos julle nie Amor jammer maar jy kan Steve en Joost nie verwyt nie julle dames moet weet sulke mans verander nie hulle kan nie al wil hulle xxxx
Michelle de Jager 11/4/2009 7:48:02 AM
My hart bloei vir Amor en die biejie respek wat ek vir Mnr van der Westhuizen gehad het is ook in die drein af. Hoekom het hy nie aan sy vrou gedink toe hy betrokke geraak het by ander vroue nie het hy nie gedink wat dit aan haar sou doen nie hoe seer sy gaan kry nie maar soos Joost gesê het hy het gehoop dit gaan weg, glo my jou verlede haal jou altyd in al vat dit 10 jaar en almal moet maar betaal vir hulle foute jy wat Joost is betaal net baie duur, en dan is hierdie hele gemors in die publieke oog. Dit is nou te laat vir trane Joost jy moes voor die tyd gehuil het. Ek weet jou vrou moet jou vergewe want ons verwag God moet ons vergewe vir ons sondes en foute, maar of sy gaan vergeet en jou ooit weer gaan vertrou is 'n totale ander storie en om te dink jy het alles oor jouself gebring omdat jy jouself nie in toom kon hou nie. Geen mens weet hoekom jy een van die mooiste vroue so kan verneuk nie ek is seker al jou varkies is nie op hok nie. Amor vir jou wil ek net sê sterkte vriendin dit is seker die moeilikste tyd in jou lewe en ek bid jou alle krag en wysheid toe om die regte besluite te neem.
Hesther 11/4/2009 11:08:36 AM
Wie is ons om te oordeel? Almal wat Joost nou veroordeel onthou net een ding - Ons almal woon in glas wonings. God sien elkeen vir wie ons werklik is. Die oordeel kom net God toe. Joost jy is klaar vergewe toe Jesus op die kruis vir jou gesterf het. Amor God het julle saam gevoeg en al wat hy vra is vergifnis en Hy sal die heeling doen in julle huwelik.
Anna 11/4/2009 12:22:44 PM
Joost het geen self respek, respek vir sy vrou, vir sy kinders of sy ouers nie. Amor, los hom. Hy sal nooit verander nie. En dis nie 'n kwessie OF jy hom moet los nie, net wanneer jy hom moet los. Wanneer hy jou die eerste keer verneder, die tweede keer, of die hoveelste keer. Want hy gaan nooit verander nie.
Klippies 11/4/2009 1:24:26 PM
Kan julle wat so klippe gooi dit tog nie met terte vervang nie asb ! As ek nog eenkeer moet lees van 'wie kan klippe gooi...'Pastoor Doppies spel skepper met 'n klein 'essie' maar Satan met 'n groot 'S' Nou kan mens maar net wonder... Joost moet hom seker tot pastoor Doppies se gemeente bekeer anders het hy in elk geval nie 'n kans nie... Stem saam met Izak. Die CEO van christen (PTY) LTD moet sommer al sy bemarkers in die pad steek.Satan met 'n groot 'S'lag lekker vir sulke 'kompetisie'.
Gatvol 11/4/2009 3:23:34 PM
Lyk of pastoor Doppies ook n dop in het of dalk iets soortgelyks soos wat seun Joost geneem het.Opium vir die volk??
Emiele 11/4/2009 3:36:29 PM
Aan almal wat nou vir ons wil preek omdat ons kwansuis nie vergewe en net oordeel: Hier is die feite...Ek het nog altyd gebly by my storie dat Joost skuldig was, dat hy ons IK totaal onderskat, dat breindood mense hom geglo het, dat ek nie sal vinger wys as hy bely...kry julle die prentjie mense of is sommige van julle nog te heilig of totaal breindood? Dink bietjie vir julle self. En ja, die Here sal Joost nou kan vergewe...mits hy opreg is en nie net boekverkope wil opjaag nie. Ai ai
Pastoor Doppies Kleydeman 11/4/2009 7:51:35 PM
Klippies , naas God is Satan die magtigste god wat daar is. Jy moet vir geen oomblik vergeet dat Satan alles wil vernietig wat God daarstel nie. Of jy sy naam met 'n klein of groot 'S' skryf , dit is nie die punt nie. Hierdie Satan is opsoek na sensasie. Daarom teiken hy volkshelde soos Joost en ander.Ek het al baie geeste uit mense gejaag deur die krag van Jesus . Laat ek jou vertel , as jy jou laat doop het is jy werdegebore en Satan is bang vir jou. Dis hoekom ek so graag vir Joost wil doop . Man ek dink God het spesiale planne met Joost. Joost is 'n gebore leier en vegter. Hy lwas die generaal in die springbokspan . Hy laat my baie aan Dawid dink. Jy weet Dawid was ook 'n stout mannetjie , net soos Joost , maar God het hom baie lief gehad. Die Afrikaner het 'n Godman nodig en ek glo Joost kan dit word.
SONJA 11/4/2009 10:52:45 PM
Het Joost werklik gedink hy kan wegkom met die leuen. Daar was vanaf die begin geen twyfel dat dit wel hy in die video is nie. Ek voel ongelooflik jammer vir Amor, wat vir maande 'n front moes voorhou, terwyl die twyfel haar waarskynlik opgevreet het. INSTINK my girl..... Om als te kroon is dit beslis nog nie die einde van die sage nie. Nog maar een 'minnares" het na slegs 'n paar dae 'confess'. Maar mense, jammer om te erken, maar ek ken persoonlik 'n 'dame' wat nou betrokke was by die m-net uitsendings, wat reeds 'n jaar en half gelede vertel het dat sy en Joost in 'n hotelkamer gebly het, en .... die res ... figure it out.
Ek sal nooit die eerste klip gooi nie, want ek weet maar al te goed hoe maklik mens faal, en ons almal maak foute. Maar Joost - terwyl jy nou "met die hele waarheid" tevoorskyn kom, doen dit nou en kry klaar. Jou pragtige vrou en kinders verdien NIKS minder nie. Spaar hulle die verdere vernedering en publieke vuil wasgoed was. Doen dit voordat die gewillige dames een vir een te voorskyn kom. Al doen jy dit in die binnekamer met net jou vrou en God as getuies - is dit al wat saakmaak. Amor verdien die HELE WAARHEID!!
Kobus 11/5/2009 8:46:58 AM
En daar kom Charmaine toe nou ook na vore. Waaroor het Joost nog gelieg?
Louis Bothma 11/5/2009 1:14:48 PM
Pastoor Doppies, dit klink so al of jy gekskeer ! Vir ingeval nie: Die doop, ofte wel afwas van sondes is reeds eeue voor die christendom al toegepas. Toe 'n Spaanse kruisvader opgemerk het dat die Askete eitlik nie heidene is nie, omdat hulle ook mense gedoop het, is hy summier tereggestel. So, Josie ou stoutseun, bly tog maar weg van die pastoor Doppies totdat jy al die feite agtermekaar het. Enige persoon wat sterk dwelms gebruik en daarna soek sal met kreature van die laer dimensies 'kennis maak'. NIKS met die kerkgeskepte satan te doen nie...
Rebbeca Loos 11/5/2009 1:38:52 PM
Niemand verduidelik dit beter as Francoise Campbell wie vanoggend in die Times skryf onder die opskrif: " Joost's book proves he's not sorry." Joost and Amor have been the ultimate self publicists over the years,expertly milking the media to boost their careers and egos.
Publishing a smutty book of his unsavoury sexual exploits and incidents of substance abuse doesn't seem to be the mark of a contrite man,and the contents will embarrass his children in the future.
If Joost was genuinely remorseful for cheating on his wife and family and lying to the public, a genuine humble apology to all concerned would have sufficed.
And if a money-generating book had to be launched, Joost could have donated part or full proceeds to a worthy charity,perhaps catering for the rehabilitation of narcotics abusers or wayward sports stars.
Kosi 11/6/2009 11:37:58 AM
Waar's die dominee van OFM nou??? Bied hy nog die oggend godsdiens aan, of gaan sy kontrak behou word :-)))))
... 11/6/2009 2:17:47 PM
Ek het nogals gedink hierdie een gaan baie comments kry, maar sjoe. Mag ek my 5c ook hier ingooi. Ek is ‘n “kind van God”, ‘n “christen” as jy wil, maar ek persoonlik hou nie van daardie woord nie reeds oor die konnetasies wat daaraan geheg word. Wat vir my verskriklik is, is hoe mense “christene” aanval oor iets wat hierdie verdwaalde jong man gedoen het. Is Joost ‘n christen…? ek kan nie sê dat hy die vrugte van ‘n christen dra nie, maar ek kan ook nie sê hy nie christen is nie. Dit wil vir my voorkom of hy dalk een van daai “lou” christene is. Ek weet almal gaan nou weer op en af spring oor die lou christene maar het jy al ooit gewonder wat ‘n lou christen is. ‘n Lou christen is ‘n ou want dink hy is ‘n christen (omdat hy sê hy is, en omdat hy kerk toe gaan, en omdat hy aan ‘n sel groep behoort, o en omdat hy uit ‘n christen huis kom, ens) maar eintlik ken hy glad nie die Here nie, ken nie die woord nie, het eintlik geen verhouding met God nie nie en stel ook nie regtig belang daarin nie, maar hy sê hy is ‘n christen. Kom ons wees eerlik, as jy vir 80% van (wit) Suid Afrikaners vra waste geloof hy is, sal hy vir jou sê hy is ‘n christen al was hy 23 jaar laas in die kerk. Hy sien himself as ‘n christen…. miskien is dit iets uit ons verlede kom… miskien is ons so geleer ek weet nie. Gaan so ou gered word NEE glad nie. Ek glo dat dit reeds hulle is wat God uit sy mond sal opbring/uitspoeg soos wat Hy sê in Openbaring. En vir die wat so aangaan oor ons mag nie oordeel nie Moet Matteus 7 baie mooi gaan lees, die hele ding en nie net ‘n paar versies nie. Ons MAG oordeel, maar AS ons oordeel gaan ons deur dieselfde kam geskeer word. As God reed ‘n oordeel uitgespreek het oor die tipe van dinge wat Joost aangevang het. Wie is ons as christene om nie saam met Hom te stem daaroor nie. Is dit nie reeds die plek van ‘n christen om vir ‘n ander ‘christen’ te sê “sies man, jy kan nie sê jy is ‘n christen en sulke dinge aanvang nie!” Ek vra maar net. Jesus was baie vinnig om te oordeel en mense se sondes uit te wys VOLGENS WAT IN DIE WOORD STAAN. Ok ok dis genoeg, ek sal ophou. Julle kan nou maar my uitskel, verkramp noem, sê ek is ‘n konserwatiewe wit Afrikaner etc, etc. O ja verskoon my spelling my huistaal is engels.
JJ 11/7/2009 12:30:39 AM
Bolhuis...jou Chop!
Henk 11/7/2009 9:20:06 AM
Julle almal wat vir Joost so negarief oordeel.Julle almal vergeet een van die goue reels wat God vir ons daar gestel het."jy mag nie oordeel nie" So dames en kerels,pasop dat jy nie eendag moet verduidelik nie.Joost , jy hoef nie vergifnes by die publiek te vra nie.Dit is net God wat jy vergifnes hoef te vra en dis wat saak maak.Sterkte en ek hoop jy kan dit regkry om jou gesin bymekaar te hou.Aan almal wat sulke negatiewe dinge oor Joost te se het,watse geraamtes het julle in die kas?Los Joost nou uit dat hy sy lewe uitgesorteer kan kry.Baie sterkte Joost.
Irma 11/7/2009 3:44:12 PM
Ek wil net een ding weet - hoe jammer is Joost nou eintlik?? Hy se vandat die video gemaak is (so 3 en half jr terug) was hy op die 'reguit' pad. Charmaine se dat hulle tussen 2004 - 2007 'n verhouding gehad het. Drie jaar terug was 2006 maar die verhouding met Charmaine het aangehou tot 2007. Dan...'n maand nadat hy so verskriklik jammer was teenoor Amor (begin Augustus)het hy aan 'n Matriek meisie se agterstewe gevat. En intussen (in Augustus 2009) het hy Charmaine skelmpies gebel om te ontken teenoor Amor dat dit sy was in die Huisgenoot. Wanneer gaan die leuens ophou? En hy praat nou so oortuigend met die publiek, net so oortuigend het hy heeltyd gelieg. Nee wat Joost, sal jou nooit weer glo nie!!!
Ronny 11/7/2009 5:06:00 PM
Die wat so teen Von Emmenis uitgevaar het en vir haar allerhande name genoem het,onthou dis Joost wat na haar woonstel toe gegaan het, en meer as een keer. Ek dink julle skuld haar n verskoning.Joost erken self hy het sleg gelewe. Hoekom het Amor nie die video gekyk nie? Want sy het geweet dis Joost. Hoekom het sy nie von Emmenis genader nie? Want sy het geweet dis Joost.
Sien die ding 11/7/2009 9:01:18 PM
Die ou kort pensioengeld. Hy't 'n boek om te verkoop. Niks verkoop soos skande nie. Vra Stefaans Hofmaker. Jan & San Publiek skinder & koop saam. Presto! Josie kan aftree. Moet nie verbaas wees as Hurie Else en sy speelmaatjie ook rykword boeke op die rak het nie. Koop dit!
Sonet 11/8/2009 12:51:19 AM
Joost,Lees wat sê Piet Uys. Die storietjie van die hoenderhaan en die kettie...That is it!
Fanie 11/15/2009 8:52:48 PM
Joos my vriend ek is nou bly dit is uit lees nou Jesaia 1 vers 18 ondou almal moet een of ander manier by die Here uitkom dis gunstige tuie dan jou beurt gekom het gebruik dit .Dit is altyd ons manier nie maar dit is tog die beste.Stekte en ons as groot sport mense waardeer jou baie
bullet 11/15/2009 9:08:21 PM
joost vir n man dink ek jy is slapgat om jou vroue te verneuk sies man ek kry skaam om te dink dat jy my hero op n tyd was jy maak my naaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaar
eerlik 11/26/2009 2:30:49 PM
Soms gebruik die Here iets wat soos die 'sleg' gebeur het om die 'goed' te laat gebeur.Ek weet hierdie is die begin van 'n gesonde goeie huwelik, skoon soos God dit wil hê. Wie van ons kan in elk geval 'n klip gooi. Ons almal maak foute. Ek's jammer mense is so onvergewensgesind. Ek kan sien jy het werklik berou, en dit maak jou vry. Trots op julle Joost en Amor. Terwyl almal naywer en onvergewens gesindheid wil sien, wys hulle die teenoorgestelde.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Emile Myburgh sê... @ekke. Laat ek mooi verstaan, jy sê daar is niks om te verloor deur in God te glo nie, want as jy doodgaan en jy ontdek daar is wel 'n god, dan het jy gewen? OK, my geleerde kollegas hierbo het mooi aan jou verduidelik wat verkeerd is met die logika aan daardie redenasie.

Maar ek het 'n ander probleem. Jy glo dus net in 'n god uit vrees vir die dood en wat daarna sou gebeur (antwoord: niks gebeur daarna nie, jy keer terug na die staat waarin jy vir 13 biljoen jaar was voor jy gebore was, en het daardie 13 biljoen jaar se slaap jou enigsens gepla?). Jy dien nie god uit oortuiging vir jou geloof nie, maar net om jou bets te hedge. Dit is nie 'n goeie rede om in god te glo nie. Trouens, dit is een van die patetieste redes om te glo. Ek dink ek het meer respek vir die moslem fundamentalis wat homself opblaas, ten minste is sy oortuiging opreg.

Jy, daarenteen, is in godsdiens se mag omdat jy bang is vir die dood. Dit is natuurlik en verstaanbaar, maar totaal en al irrasioneel.

Laat ek vir jou verduidelik: lewende wesens gaan dood sodat hulle nie met hulle afstammelinge kompeteer vir skaars hulpbronne nie. Daar is baie meer te sê oor hierdie onderwerp, maar ek sal hierby volstaan.

Maak die beste van die jare wat jy het om te lewe, en hou op worry oor 'n fiktiewe lewe na die dood. Dit stel jou net bloot aan emosionele en sielkundige uitbeiting deur deluded mense soos Oom Angus, Bennie Hinn, Apostel Rina en diesulkes wat net hulle eie agenda volg (o.a. Geld). Hulle het hulle eie begeertes wat hulle reken, sonder enige rede, sal vervul word indien hulle almal kan oortuig om te glo soos hulle glo. Hulle reken dat al wat tussen hulle en die vervulling van hulle eie begeertes deur hulle god staan is die bekering van almal in die wereld. Dit maak hulle 'n sieklike spul wat mense soos jy se liggelowigheid uitbuit ten einde hulle eie illusie te probeer bevorder.

Is dit nie net 'n uiters hartseer stand van sake nie? Julle gebruik godsdiens as 'n kruk omdat julle nie die lewe (wat hard en moeilik kan wees) in die gesig wil staar nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Jhb: 18-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-30°C More sun than clouds. Warm. PE: 22-27°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Tax Accountant

Mpumalanga
Frontline Gauteng (Head Office)
R275,000 Per Annum Cost To Company

Corporate Governance Manager

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R350,000-450,000 Per Annum Cost To Company

External Audit manager

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R350,000-450,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Passat 1.9 TDi Dsl
2005
R 129,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2009
R 176,989.00

TOYOTA

Corolla 1.6 Professional MY09
2008
R 149,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BANTRY BAY

Single Residential - House R 27 000 000

MORNINGSIDE

Single Residential - House R 16 500 000

UMDLOTI BEACH

Single Residential - House R 6 800 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Oscars 2010 DVD' s op Uitverkoping

82 Jaar van Uitstaande Rolprente

Casablanca, Titanic, Braveheart, American Beauty, Silence Of The Lambs & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!