Johannesburg

Dinsdag

Morning clouds. Mild.

14°C
25°C

7 day forecasts

Skietlustig, misdadig, roekeloos: en dís die polisie

2009-11-14 23:02

Verslagspan

“Dit het net een simpel opdrag gevat?… en nou is my baba dood. Is dít wat hulle bedoel het met ‘skiet om dood te skiet’?” het ’n pa gister by die oop graf van sy driejarige kind gevra.

Mnr. Vusi Mchunu het gister gerou vir sy seuntjie, Atlegang Phalane wat verlede Saterdag deur ’n polisie­beampte doodgeskiet is.

Donderdag het mnr. Fikile Mbalula, adjunkminister van polisie, in die parlement gesê: “Onskuldige mense gaan sterf?… in die kruisvuur tussen die polisie en misdadigers.”

Phalane se dood en Mbalula se woorde het politici se “skiet om dood te skiet”-opdrag aan polisielede in die kollig geplaas.

’n Ondersoek deur Rapport dui op ’n kultuur van skietlustigheid, misdadigheid en menseregtevergrype onder sommige polisiebeamptes.

Me. Jenny Irish-Qhobosheane, die nuwe sekretaris van die polisie, sê roekelose skietery deur polisielede neem al die afgelope drie jaar toe.

In ’n verslag van die onafhanklike klagtedirektoraat word “onvoldoende opleiding en skrikkerigheid” as redes aangegee.

Mnr. Peter Jordi van die Wits-regskliniek sê baie polisielede is “korrup, onbevoeg en gewelddadig”.

Oor die nuwe nasionale polisiehoof, komm. Bheki Cele, se doodskiet-uitsprake sê Jordi polisielede moet weet Cele gaan hulle nie beskerm as hulle die wet oortree nie. “Jy gaan steeds vervolg word.”

Prof. David Masiloane, hoof van die departement van polisiepraktyk by Unisa, sê Mbalula se stelling oor die onvermydelike dood van onskuldiges sal landsburgers vervreem.

“As die polisie voortgaan om te skiet soos hulle nou skiet, gaan hulle die steun van die gemeenskap in die stryd teen misdaad verloor.”

Volgens Masiloane verstaan baie polisiebeamptes nie die wet óf die “skiet om dood te skiet”-uitsprake nie.

Pres. Jacob Zuma het Vrydagmiddag sy ministers en polisiebaas se skiet-uitsprake probeer verduidelik. “Geen polisielid het die reg om verdagtes te skiet in omstandighede wat nie binne die wet val nie.”

Die regering wil artikel 49 (2) van die strafproseswet wysig om die polisie meer magte te gee om verdagtes te skiet wanneer hulle meen hulle is in lewensgevaar.

Prof. Pierre de Vos, grondwetkenner aan die Universiteit van Kaapstad, sê dis onduidelik wat aan artikel 49 (2) gewysig kan word “sonder om dit te laat indruis teen die Grondwet”.

LEES OOK:

‘Miljarde se siviele eise teenpolisie’

‘Hoekom het hulle my kind doodgemaak?'

- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


Dries 11/15/2009 12:58:02 AM
Die doodstraf is dood... lank lewe die doodstraf. Pleks dat Suid Afrika die doodstraf terugbring in die regsproses waar 'n beskuldigde sy saak voor 'n ervare, geleerde (met die uitsondering van Hlope en Motata) gerespekteerde regter kan stel en waar hy regsverteenwoordiging kan geniet. Is die doodstraf nou terug! Nou besluit 'n onnosel polisielid wat waarskynlik aan PTSD ly in die hitte van die oomblik of jy gaan leef of nie. Ek wonder hoeveel moontlike klagtes oor omkopery nou tot 'n ander uitkoms vir die potensiele klaer gaan lei.
Leslie 11/15/2009 2:27:06 AM
Die oplossing is eenvoudig. Bring terug die doodstraf. Dan hoef die polisie nie skiet om dood te skiet nie want dan gaan die moordenaars twee keer dink voordat hulle moord pleeg. Dan is dit nie die "onskuldige mense wat sal sterf" nie, maar dalk 'n handvol misdadigers? Marr nou ja, dream on....
Leslie 11/15/2009 2:27:11 AM
Die oplossing is eenvoudig. Bring terug die doodstraf. Dan hoef die polisie nie skiet om dood te skiet nie want dan gaan die moordenaars twee keer dink voordat hulle moord pleeg. Dan is dit nie die "onskuldige mense wat sal sterf" nie, maar dalk 'n handvol misdadigers? Marr nou ja, dream on....
Cornel 11/15/2009 3:41:55 AM
Wat bedoel hulle die polisie gaan die publiek se steun verloor. Dis al lankal nasy maai.
Trotse Polisie Beampte van Ouds! 11/15/2009 5:47:04 AM
Rapport het n "WAT SE JY" vraag "Moet die polisie aanhou skiet"? Ek het geantwoord: "Dalk, maar dan moet die polisiemanne beter opgelei word"

Die antwoord is 50% reg, maar voor die woord "opleiding" moet daar staan "kwaliteit"!

Toe ek met my Polisie opleiding besig was, n hele paar jaar terug, was dit kwaliteit opleiding en streng gewees. Al wat n SAP lid was kon skiet... met akuraatheid! Daar is nog van die soort Polisie beamptes oor in die diens.

Ons moes n "Street Survival Course" gedoen het net voor ek besluit het om uit die SAPS ontslag gekoop het. Daar was aktiewe Polisie lede (lede wat elke skof buite op straat werk) onder my groep en meer as die helfte was oorgewig, die ander wat nie was nie, het glo voet beseerings gehad en kon "as gevolg daarvan" nie skiet daai dag nie. Uit die paar wat toe wel kon skiet, het daar meer gedruip as wat daar deur gekom het.

Gee weer die skiet opleiding wat gewerk het van ouds af, moenie n lid op straat sit wat nie kan skiet of die kursus geslaag het nie, moet eerder nie eens vir daai lid n vuurwapen gee nie, as hy/sy nie kan skiet nie... ontslaan hom/haar uit die diens van die Polisie! Gee meer skiet oeffeninge per maand, nie net een dag elke twee jaar, soos dit nou daar gaan nie.

Ek wil net n laaste woord of ses se: Kwaliteit Opleiding!! Kwaliteit Opleiding!! Kwaliteit Opleiding!!
Kaltie 11/15/2009 6:41:32 AM
Meeste polisie lede is onbevoeg om 'n klagstaat te voltooi, wat nog van 'n vuurwapen hanteer. Hierdie idiote is 'n gevaar.
Tobie 11/15/2009 7:06:50 AM
Dis nou net hoe SA is as n polisie lid dood geskiet word dan skree almal gee meer skietregte dan as n onskuldige op straat geskiet word dan skree almal vat meer regte weg. Wat die hel wil julle he. Daar is te veel mense wat te nuskierig is as daar n skoot klap moet hulle gaan kyk. Los die polisie om hul werk te doen. As daar iemand onnodig geskiet word dan is daar mos n ondersoek en vervolging. So worry eerder oor al ons belasting geld wat gesteel word oor korrupte amptenare en bly weg by misdaad tonele. Staan jy voor n man en hy rug n wapen op jou ek wonder hoeveel SA gaan hulle broeke bek-k.
Joaniw 11/15/2009 7:30:24 AM
Ek wil nie in die skoene wees van die polisie wie kritieke besluite moet neem in n baie klein gedeeldte van n sekonde. Hulle lewens word nog baie meer bedreig as die van jan alleman.Wat die regering gedoen het aan die veiligheidsituasie van hierdie land is n SKANDE. Hulle het wette gemaak wat die misdadigers beskerm, en die KUNDIGHEID VERJAAG. Nou sit hulle en ons in n gemors. Kan ons hulle op ons kniee smeek: KRY DIE KUNDIGHEID TERUG. DIT IS DIE ONBEVOEGDHEID WAT ONS LAND SOOS N KANKER WEGVREET OP ELKE GEBIED VAN DIE SAMELEWING!!! LEI DIE POLISIE ORDENTLIK OP!!!
jaycee 11/15/2009 7:44:07 AM
En dit maak nie saak watter jakkalsdraaie die regering nou gaan maak nie, die feit bly staan hulle pak die hele kwessie van misdaadvoorkoming heeltemal verkeerd aan. As sake so bly gaan nog baie onskuldige mense doodgemaak word, nie net deur misdadigers self nie, maar nou gaan die polisie ook hulle kwota byvoeg.
Andre 11/15/2009 7:50:38 AM
Ek dink baie meer mense is in die kruisvuur al deur die rowers raak geskiet as deur die polisie. Die polisie moet voortgaan om dood te skiet. Dit kan gesien word as die herinstelling van die doodstraf, al manier op die misdaad probleem op te los en my 'n veilige lewe te verseker.
PASSOP 11/15/2009 8:08:08 AM
JA. Die polisie het byna een aand op my kind geskiet op 'n plaaspad naby my plaas toe hy gesukkel het met sy motor se hoofligte. Julle kan net Goddank bly wees julle het nie gevuur nie want ek sal daai bliksems dieselfde leed aangedoen het as my enigste seun iets sou oorkom. DOEN JUL F@KKEN WERK MAAR DOEN DIT REG EN VANG DIE REGTE SKELMS EN LOS DIE ONSKULDIGES MET RUS !!!!
Anitpas 11/15/2009 8:35:47 AM
Skuldigbevinding en doodstraf hoort in die hande van 'n eerbare regstelsel, nie 'n skietlustige polisieman nie. Die regsbank is teen die tyd ook al redelik afgetakel en tandloos. Die regters self in skandes betrokke. Die hof kan eenkant toe gevee en ignoreer word soos met Zuma en trawante se geval, so al wat oorbly is om op God te vertrou om reg te laat geskied. Die meule draai maar stadig en elke krimineel hoop maar om met sy misdaad klaar te wees teen die tyd dat die byl val.
MC 11/15/2009 8:47:05 AM
Misdadigers druis ook teen die grondwet. Hulle verstaan nie die term dat jy as landsburger die reg het om eiendom, roerend en onroerend, te besit nie. Hulle verstaan ook nie dat burgers die reg op lewe het nie. Hulle breek by ons huise in, steel ons goed, verkrag ons vrouens en dogters, verkrag selfs ou mense en babas van n paar maande oud. As jy in jou oprit stop of by n verkeerslig skiet hy jou eenvoudig en vat jou motor. Hy vermoor jou selfs vir jou selfoon, of die R100 in jou beursie. Die polisie moet die taal praat wat die misdadiger verstaan, EN DIT IS DIE TAAL WAT UIT DIE LOOP VAN N PISTOOL OF N R5 AANVALS GEWEER KOM. SKIET HOM VREK. Korrupte polisie beamptes moet lewenslange tronkstraf kry, maar die res het my volle ondersteuning. Die mense wat so te kere gaan oor die grondwet moet self n blou uniform aantrek en dan gewapende rowers met n wetboek of die grondwet manifes in die hand tromp-op loop. Hy sal hom bek@k as hulle op hom begin skiet, en hy is seker die tipe ou wat vir die rowers n koppie tee sal maak terwyl sy vrou verkrag word !
Jax 11/15/2009 9:34:31 AM
Ek is baie bly en is nie in die polisiemag nie, ek is baie bly ek hoef nie kitsbesluite te maak nie en ook baie dankbaar dat ek nie 'n land moet bestuur/beheer nie!
Daar is baie wat in SA moet verander en reggestel word maar om al die kla-kouse en negatiese mense met hulle vuil monde te vrede te hou, lyk vir my na 'n onmoontlike taak!
Ek hoop en sal beslis bid vir my pragtige land! Mag daar mense aan die stuur kom wat wel hierdie besluite kan neem en mag daar mense kom in posisies om hierdie besluite tot uitvoering te bring! O Heer, bring wysheid en vrede in ons mooi land! Laat U liefde heers - oor almal en in almal!
Piet 11/15/2009 9:59:19 AM
Mnr Mchunu ek is jammer oor jou kind. Ek is netso jammer vir ander duisende mense wat ook ONSKULDIG hulle lewens verloor as gevolg van kriminele, wat hulle opdring aan jou privaatheid. Ons onskuldiges is netsoos jy moeg vir die geweld in die land.
Die Polisie wat skiet, VIVA die SAP. Hulle verdien medaljes. As daar soveel ander onskuldiges vermoor word, word daar niks oor gese nie. Die kriminele het die beste behandelings in die tronke, kry verblyf, medies en kos gratis, terwyl hulle my menseregte skend. Ek was self al 2 keer aangerand, my kinders was al 2 keer gehijack en in my huis aangehou. Dis goed, skiet die gemors dood, en om dood te skiet.
Of bring die doodstraf terug en hou op om die siek d*n*rs in die tronke so goed te behandel.
Ek moes ook my eie kinders medies behandel op my eie koste, en moes self berading ontvang, wat ek betaal, terwyl die krimineel lag in die tronk. Die tronke het beter toerusting as ons hospitale vandag.
VIVA DIE POLISIE, maak nie saak of julle wit of swart of pienk of pers is nie, julle moet skiet om dood te skiet.
Tembi 11/15/2009 10:38:54 AM
Skiet die skelms dadelik dood, polisieman en vrou. Doen julle werk. Daar is nie so baie mense per ongeluk doodgeskiet deur die polisie nie. Moenie hulle net vang nie, want hulle gaan bly verniet by die mooi tronke waar hulle verniet kan kos kry, hulle sien die dokter verniet.

As mense jou beroof of verkrag, doen hulle net wat hulle wil en jy as landsburger moet stilbly en doen wat hulle se. Hulle tas jou menswaardigheid aan. Kyk hoeveel ander onskuldiges is al doodgeskiet deur die kriminele! Die onskuldiges het ook regte in Suid-Afrika.
Paul.v.H. 11/15/2009 10:40:53 AM
Ja ek stem saam dat vuur met vuur beveg moet word.Maar akkuraatheid moet as n dissipline ingeprent word.Die probleem is dat van die lede self nie wapen vaardig is nie.Hulle skiet wild en wakker met die hoop hulle tref die teiken.Die geheim is om sekuur te wees tydens aanvalle.Om die doodstraf terug te wens gaan ook nie werk nie,die regering en cosatu sal op die einde van die dag sorg dat misdadigers Begenadig word.So daar gaan ons met lof verloor!Die oplossing is dus Dissipline wat beslis nie in ons Land toegepas sal/kan word nie.
Wolfie 11/15/2009 11:26:42 AM
Dit is hard maar..... As die skelms dieselfde kind geskiet het was dit dalk nie eers in die nuus nie. Ont net,die polisie word gedwing om so op te tree want daar is 'n moerse klomp gewetenlose bliksims daar buite. Ons almal sit met die dilemma. Dit is baie hartseer dat onskuldige mense sterf deur 'n koel van die polisie. Hulle moet tog ons as gemeenskap beskerm. Die teendeel is ongelukkig ook waar. Die regering MOET volhou in hul huidige siening dat die polisie hulself, ons as gemeenskap moet beskerm. Ongelukkig het die skelms daar buite , of ons dit wil weet of nie, AK47'S, 9MM'S EN ENIGE IETS ANDERS WAAROP HULLE HULLE HANDE KAN LE. SOMS WIL DIT BLYK DAT HULLE OOK KINDERS AS "HUMAN SHIELDS" gebruik. Ek stem saam...lei die polisie op en gaan gaan voort met jul siening...In die langtermyn GAAN DIT LEWENS RED.!!!!!
Louis 11/15/2009 12:40:08 PM
Wanneer gaan hierdie regering weer luister na sy wetsgehoorsame burgers?
Ons se bring die doodstraf terug dan sal dit nie nodig wees dat die polisie die keuse moet maak tussen lewe en dood nie.
Was dit miskien nog in die ou dae, waar daar nog polisie lede was met integrieteit en selfbeheersing, polisie wat deur die publiek vertrou kon word sou dit gewerk het maar ongelukkig is van die polisie lede ook maar nie betroubaar nie.
Jammer aan die lede wat nog glo in die wet. Ek weet hoe dit voel om oorval te word met al hierdie regstellende aanstellings wat nie vertrou kan word met 'n vuurwapen in die hand nie. Dit is hulle wat 'n vraagteken oor hierdie nuwe wet sal laat hang.
Dit is ook tyd dat justisie hulle werk moet begin doen, maar weereens die probleem van regstelling.
dw 11/15/2009 12:51:50 PM
Is die polisie diens besig om te verval met rassisme,korrupte en onbevoegde amptenare? As dit die geval is maak skiet opleiding hulle net meer gevaarliker. Want as Piet in die nag ry en skielik is 'n kar met 'n blou lig agter hom; sal hulle verstaan dat hy polisie stasie toe ry of gaan hulle dadelik begin skiet as hy nie stop nie? As die polisie nie op hom skiet nie sal die rowers met die blou lig.So die persoon gescrew beidekante toe. Die ergste is dat nie eers die kommisarris van polisie 'n direkte antwoord kan gee van wat om te doen in so geval nie.
Carl Muller 11/15/2009 1:17:32 PM
Veg geweld met geweld. Wat moet die arme polisielid doen as hy in 'n situasie is met 'n misdadiger wat op hom skiet.
Daar is 'n beleid dat daar nie met terroriste onderhandel word nie. Nou wil die publiek dat daar met misdadigers onderhandel word terwyl hulle die publiek en SAPS roekeloos skiet.
Val plat as daar mense met vuurwapens begin skiet.
Die SAPS moet elke persoon wat 'n vuurwapen het en dreigiend lyk vrekskiet.
Op die langtermyn sal die misdaad stop.
JG 11/15/2009 2:46:44 PM
Dries/ Leslie ens... Waar kom julle aan die idee dat die doodstraf enige afskrikmiddel is mmhh? Ek was daar...betrokke...en weet jy wat het gebeur? As die gevangene dood verklaar word deur die dokter op site en jy haal sy boeie af, dan is sy duim tussen sy middel en wys vinger (n toffie). Dis wat van die gevangenes vir jou en wie ook al gevoel het. Buiten dit, hulle sit 1-10 jaar voordat hulle tereggestel word en smokkel voort. Met n polisie diens wat korrup is, wat dink julle gaan in tronke aan mmhh?? Die bewaarders is nog meer korrup en is deel van die bendes. Ek was in Medium C gevangenis. In die geskiedenis het 1x persoon ontsnap en hy het nie eers ver gekom nie. Nou die anderdag het daai reeks verkragter ontsnap...DIS ONMOONTLIK sonder hulp. Ek het nie die oplossing nie, maar ek weet wat daar binne aanggaan. Moet darem byse...daar was van hulle wat hulle harte vir Jesus gegee het daarbinne. Haleluja.
@PASSOP 11/15/2009 3:19:56 PM
Dit klink vir my die polisie het net hul werk gedoen toe hulle 'n voertuig onder verdagte omstandighede op 'n plaaspad gesien het. Ek dink omdat hulle verantwoordelik opgetree het is jou seun nie geskiet nie. As dit gewapende rowers was het jy waarskynlik weer die polisie geskel omdat hulle nie die bliksems geskiet het nie. Jy kan nie jou brood aan beide kante gebotter hê nie.
Wouter 11/15/2009 7:22:30 PM
Julle wat so lekker tekere gaan en die polisie steun in hulle nuwe cowboy styl van werk wees dankbaar dis nie juo kind of vrou of man wat moes sterf nie magtig man dink bietjie verder as wat julle neuse lank is. Wag tot dit met jou gebeur dan praat ons weer.
Oswald 11/15/2009 8:08:37 PM
Wil net weet met die skiet ding van die ministers en pres. hoekom gee hulle nie ook dieselfde toestemming aan landsburgers om hulle self en hulle eiendom ook so te beskerm nie. As n persoon 2 uur in die oggend in my erf is kom hy nie tee drink nie, sou ek hom skiet moet ek kan bewys hy wou my skade aandoen, m.a.w. ek moet hom eers gaan vra wat sy modus operandi is.
Jakes 11/15/2009 8:15:15 PM
Die polisie kon volgens Art.49 nog altyd skiet indien hy/sy/ander se lewe bedreig is en daar geen ander uitweg is as om dood te skiet nie. Dit was nog altyd so, is nogsteeds so en moet al rede wees vir die neem van 'n ander lewe: die bewaring van 'n ander, onskuldige bedreigde lewe. Dit is nie wild skiet nie, dit is wetstoepassing.
Ek lees en smile 11/15/2009 11:04:32 PM
Elke keer as ek(en dis n paar keer per dag)sulke stront in SA koerante lees smile ek van verligting nie van lekkerkry nie.Ek smile want ek weet dan die hartseer toe ons weg is uit daai land was en is die moeite werd.Mense in SA besef nie hoe vinnig dinge agteruit gaan nie.Ek is nou amper 10 jaar weg en was al 3x terug.Ek is elke keer geskok in wat daar aangaan.Ek is nog meer geskok in wat ek daagliks hoor en lees van SA.MOERTOE is die beste woord en julle kan my maar n wegholler,banggat of wat ookal noem ek lag vir julle wat so sê.Daar is GEEN toekoms vir my kinders in daai plek nie.Inteendeel daar is nie n toekoms vir enige-een daar nie.Pasop julle wat so juig oor die Polisie se magte.Onthou hul is in meeste gevalle betrokke en net so skelm soos die skelms!Moenie huil as jou eie mense onskuldig doodgeskiet word omdat die Polisie GEDOG het hul doen iets verkeerd nie.Nou is dit maklik.As jy nie n ou like nie kontak n skelm polisieman en betaal hom n paar rand om jou "vyand" legal uit te vat!VIVA SA VIVA! VIVA JUSTICE VIVA! VIVA SOUPPOT COUNTRY VIVA! VIVA MALEBE VIVA MY BROER....
THE BELIEVER 11/16/2009 10:57:40 AM
Aan "Ek lees en smile" Jy maak asof elke polisieman en vrou in hierdie land n krimineel is. Ja, daar is n paar vrot appels, en dit gaan so in enige beroep. Dokters, Prokureers, Rekenmeesters ens. Selfs daar waar jy nou sit is ook korrupte mense by jou werk en in daai land. Ja, jy is n wegholler en n moffie. Dit neem n hele volk om n land op te bou. Die hele SA lag vir JOU, want daar waar jy is, is jy ook net n bywoner en n immigrant. Aan al die hardwerkende en eerbare SAP lede, ek is trots op julle, en ek is trots SUID AFRIKAANS. Gaan voort om hulle vrek te skiet. Ek lees en smile sal seker eerste hier wees om die room te skep as julle al die kriminele vrek geskiet het. Dan wil hy weer die room kom skep sonder dat die moffie n vinger verroer het om hierdie land n beter plek vir almal te maak. Jy se die land is moer toe ? Jy is "moer en gone" toe en bly sommer daar !
Adriaan 11/16/2009 1:53:20 PM
Ek smile nie daaroor nie, ek sak in vrees! Ons kan ook seker banggatte genoem word, want my familie sit reeds oorsee ek gun hulle die geluk, voorspoed en sekuriteit wat hulle het. Die probleem is net nie almal kan oorsee gaan nie! Ek dink ook ons polisiemanne is onbekwaam om sommer net te skiet soos hulle dink, maar minstens probeer ons nou iets aan die haglike omstandighede in SA doen. Ek hoop net daar word sommer duisende skelms geskiet, sodat ons land weer ons (die gewone mens op straat se) land kan wees.
Ook net 'n Cop 11/20/2009 1:50:00 PM
Ek is tans in die Polisie Diens (Mag?) Ek dien reeds vanaf 1991. Die ou Art 49 was nie 'n cowboy wet wat die reg gegee het om net te skiet na wellus soos almal dink nie. As jy daardie tyd iemand geskiet het was daar ook 'n deeglike ondersoek en jy moes 'n werklike poging aangewend het om eers te arresteer voor jy kon skiet. Indien jy 'n onskuldge raakgeskiet het in die proses was jy maar ook in 'n onaardige gemors. Ek het laas week 'n "street survival kursus" bygewoon waar die huidige Art49 uiteindelik aan ons verduidelik is. ( Terloops, my groep het heel goed gevaar en daar was 'n paar baie goeie skuts)Dit is regtig nie so erg soos almal wil laat blyk nie. Jy kan steeds skiet as jou of 'n ander persoon se lewe in gevaar is, net nie meer vir eiendom ens nie. My gevoel is dat die Rig Van Vuurwapen wet verander behoort te word sodat ek my wapen op enige verdagte persoon kan rig en gereed kan wees sodat ons die voordeel het wat dit aanbetref. Op die oomblik moet ek eers besef daar is 'n vuurwapen betrokke voor ek my wapen op die persoon kan rig. Ek haat dit om altyd na die Amerikaners te wys maar dit is 'n wet wat ek dink hulle polisie 'n groot voorsprong gee op misdadigers. Ons land het uitstekende wetgewing, dit word net nie reg toegepas deur die polisie en howe nie. Ek stem saam, die lede het baie beter kwaliteit opleiding nodig en dissipline moet weer opgeskerp word. As dit kan gebeur kan ons die stryd teen misdaad wen.
Kaltie 11/21/2009 7:39:02 PM
Dit is jammer dat polisie lede, van hoogs gespesialiseerd, tot totaal krimineel, korrup en onbevoeg wissel. Dan kan jy mos nie vir almal die selfde magte gee nie. Tot onlangs het Zuma nog gesing, give me my machine gun. Ons weet dit het geweld geimpliseer. Terwyl Zuma sy korrupsie klag vermy, en Shaik op vrye voet is, gaan die korrupsie en misdaad kultuur bly.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C Sunny. Mild. Jhb: 17-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C Morning clouds. Mild. Pta: 18-31°C Sprinkles early. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 22-31°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Attraction Dsl MY09
2010
R 367,592.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr Tiptronic
2008
R 139,900.00

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09
2009
R 326,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

EVERTON

Single Residential R9,500,000

BEACON BAY

Single Residential R3,650,000

SALT ROCK

Single Residential R2,950,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!