Johannesburg

Donderdag

Broken clouds. Pleasantly warm.

13°C
27°C

7 day forecasts

Hoe minder geld, hoe groter die klas

2009-11-15 00:10

Carien Kruger

Onbetaalde skoolgeld word toenemend ’n kopseer vir skole.

Hierdie bedrag, sowel as die koste van leerlinge wat daarvan vrygestel word, beloop gemiddeld ’n kwart van skole se uitgawes. Dit maak die jaarlikse begrotings ’n fyn balanseertoertjie.

Mnr. Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), sê as skoolgeld te duur word en meer ouers betaal nie, sal ’n skool minder geld hê vir beheerliggaamposte. Klasse sal gevolglik groter raak.

’n Opname wat Fedsas onder 419 van sy ledeskole gedoen het, toon dat onbetaalde skoolgeld gemiddeld 14,23% van uitgawes beloop en vrystellings 11,72%.

Dit was die grootste uitgawes naas die salarisse van beheerliggaampersoneel, wat gemiddeld 37,56% van skole se besteding uitmaak.

Colditz sê benewens die impak van stygende elektrisiteittariewe, behoort die situasie vandag min of meer dieselfde te wees as in 2008 toe die opname gedoen is.

Beheerliggaamposte lei tot kleiner klasse, meer gespesialiseerde aandag en ’n groter verskeidenheid geleenthede.

Die opname het getoon die onderwyser-leerling-verhouding in dié betrokke skole was sowat 7% laer as in skole waar opvoeders slegs deur die staat betaal word.

Colditz sê in die Wes-Kaap was die verskil selfs tot 16% en in Gauteng 11%.

Skole se uitgawes aan munisipale dienste het in 2008 gemiddeld 6,56% beloop, maar Colditz raam dit kan aanstaande jaar tot 10% wees.

“Dit moet gesien word teen die agtergrond dat die staat se bydrae tot deelnemende skole se bedryfskoste slegs sowat 12% per jaar was.”

Volgens die opname onder die 419 hoër- en laerskole is Gauteng se gemiddelde skoolgeld die hoogste (net meer as R5 000). Die nasionale gemiddeld is R3 900.

- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-29°C Sunny. Warm. Jhb: 16-29°C Broken clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 13-27°C Broken clouds. Pleasantly warm. Pta: 12-27°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-26°C More sun than clouds. Mild. PE: 18-24°C Drizzle. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R300,000-340,000 Per Annum Cost To Company

Financial Accountant

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R260,000-300,000 Per Annum Cost To Company

Financial Manager

Gauteng - Midrand
Network Finance Menlyn
R450,000-500,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.7 Raider VVT-i D-Cab RB PU MY05
2003
R 119,900.00

OPEL

Corsa 1.7 DTi Utility Dsl MY04
2005
R 85,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Comfortline 5-dr
2009
R 139,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

CONSTANTIA

Single Residential - House R 9 250 000

FOURWAYS

Single Residential - House R 2 500 000

BRYANSTON

Single Residential - House R 4 200 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Alle Lego op Uitverkoping

Pret vir die Hele Gesin!

Besoek die kalahari.net Speelgoedwinkel en kry LEGO-speelgoed + opvoedkundige speelgoed volgens ouderdom, tema, kategorie en meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!