Johannesburg

Vrydag

Sunny. Pleasantly warm.

14°C
29°C

7 day forecasts

'Kwasterige ou kêrel' was onvoorspelbaar, maar 'n lojale leeu

2009-10-03 22:35

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Louis de Villiers

Die laaste slag in die Spaanse Burgeroorlog is beëindig in 1979, veertig jaar ná die val van Madrid, in ’n pastorie in Kaapstad, toe Rina en Jacques de Villiers die Falangiste, verteenwoordig deur Izak de Villiers, en die Republikeine, verteenwoordig deur my, fisiek uitmekaar moes hou oor dié reeds lank vergange Iberiese slagting.

Ek en my pa was kwaai lief vir mekaar, maar ons kon oor álles baklei.

Polities het ons saamgestem dat ruimtereise en kernkrag wenslik is en dat die Universiteit van Stellenbosch Afrikaans moet bly. Ons het ook albei gedink Edith Piaf was wonderlik en dat jy vaskopstutte eerste kies en dat binnesenters moet verstand hê en reguit hardloop.

Amper alles anders was slagveld. Maar ons het nooit aan mekaar getwyfel nie.

My oukêrel was so lojaal dat dit ’n tekortkoming was.

Hy is uitgekryt en aangeprys as ’n liberalis en ’n rassis, ’n fascis en, waaragtig, ’n kommunis; verkramp en verlig, en het hieroor – tot my ontsteltenis – geskaterlag. Hy het sulke simplistiese kategorieë met oortuiging verag en mense op hul eie getakseer.

Ons is grootgemaak om goeie straatveërs te respekteer en vrot professors te minag.

Izak de Villiers het my sy lewe lank verras met sy voorkeure en ek kon nooit voorspel watter van my vriende hy sou waardeer nie. In my middeljare het ek naderhand min of meer uitgemaak dat uitgesprokenes met goeie maniere treffers sou wees, hoewel daar plek was vir skames en ongeskiktes ook.

Hoe was my pa?

Vrygewig, lojaal, moedswillig, bedorwe, snaaks, lojaal, egosentries, onmoontlik, melancholies, lojaal, sterk, sieklik, lojaal, vrydenkend, vroom, vasberade, lojaal, te lief vir applous, stroom-op, aggressief, empaties, verdraagsaam, onverbiddelik, lojaal, ongeduldig, nuuskierig, ongeskik, liefderik en, het ek al gesê lojaal?

Mooeeeiiii-lik.

Pret.

Reaksionêr? So sê sy teenstanders, maar ek sluk swaar hieraan, want hoewel ons oor amper niks saamgestem het nie, het ek sy mening meer gerespekteer as die mening van 90% van dié wat dieselfde boksies as ek tik.

Reaksionêr se voet – hy had ’n broertjie, ’n oom, ’n tannie en hul hond dood aan ondeurdagte konsensus, ’n onchristelike minagting van gatkruipers. As almal oor iets saamgestem het, het hy onraad geruik.

Windgat? Hy sou hierop beslis met ’n glimlaggende sweempie swier skuldig pleit, mits windgatgeid beteken dat jy wéét jy’s nogal goed met wat jy doen en jy ook nie eens die geringste poging aanwend om weg te steek dat jy dit weet nie.

Hy was beslis nie te windgat om te weet dat ons in ’n groot, groot heelal woon en dat ons g’n kans staan om ’n benul te vorm van wat ’n ewigheid dalk behels nie.

As hy vir die sterre gekyk het, was hy die nederigste van almal. Hy het geglo almal gaan eendag hemel toe, maar party sal ’n bie­tjie moet braai vir die voorreg.

Izak de Villiers se geliefdes, waarvan daar baie is, het verlede week swaar gesluk aan hul trane. Ons wêreld was onmiddellik stiller sonder sy gebulder. Verveliger sonder dié kwasterige ou kêrel, die vriend wat jy wis vir jou ’n koeël sou vat.

Izak de Villiers se vyande, waarvan daar baie is, wag vir sy lyk om koud te word om op sy herinnering te spoeg. Ek en my broer, Jacques, en my suster, Chérie, wag op ons beurt vir hulle om te probeer.

En ons is die kinders van ’n leeu.

* Louis de Villiers is senior rugbyskrywer by Rapport.

) ?Louis de Villiers is senior rugbyskrywer by Sport24.

 

Lewer kommentaar op dié storie


Cathy 10/4/2009 3:18:57 AM
Ek het eendag vir hom 'n briefie vanuit Kanada geskryf en hy het my dadelik geantwoord. IZAK DE VILLIERS wou dit op die volgende vergadering van die Akademie vir Wetenskap en Kuns voorlees! So was hy, almal se mening het saak gemaak. Ek het gewonder waarom my briefie van twee weke gelede onbeantwoord gebly het. Nou weet ek...
George 10/4/2009 10:49:20 AM
Ag, nou ja toe. Kinders van 'n leeu???
Johan H 10/4/2009 1:02:32 PM
Aartjie na sy Vaartjie. Louis se blinde lojaliteit vir WP oortref alle logika..
Marie 10/4/2009 3:25:10 PM
Moet bieg ek was nooit 'n fan nie. Maar ek het wel die ongelooflike flinke brein en skeppende vermoe met die digkuns opreg gerespekteer. Louis, jy het darem sowaar 'n besondere pa gehad, en jy het lekker geskryf oor hom, ek is seker hy sou dit ook geniet het. Sterkte vir jou en jou ma, broer en sus!
spietz 10/4/2009 5:22:34 PM
Is hierdie artikel omtrent my pa en ek, of my seun en ek. Ons is ook Viljees.
Alta 10/5/2009 9:42:58 AM
Knap geskryf oor 'n besondere mens! En dankie dat jul nie net sy goeie punte vir ons uitstal nie, maar die hele hy - soos hy dit sekerlik sou verkies het.
eksteen 10/5/2009 4:06:36 PM
Ek dink ek sou van jou Pa as mens hou - klink gebalanseerd! Sal meer oor hom wil lees. Groetnis en geniet die herinneringe!
Elsabé 10/8/2009 12:56:17 PM
Sjoe... dit moet heerlik wees om so te kan skryf oor jou Pa! Wat 'n voorreg het julle gehad Louis! Bêre asb dit wat jy hier gesê het vir die kleinkinders!
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Jhb: 18-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-30°C More sun than clouds. Warm. PE: 22-27°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Corporate Governance Manager

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R350,000-450,000 Per Annum Cost To Company

External Audit manager

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R350,000-450,000 Per Annum Cost To Company

Embedded Engineer

Western Cape
Quiglies Solutions

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Passat 1.9 TDi Dsl
2005
R 129,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2009
R 176,989.00

TOYOTA

Corolla 1.6 Professional MY09
2008
R 149,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BANTRY BAY

Single Residential - House R 27 000 000

MORNINGSIDE

Single Residential - House R 16 500 000

UMDLOTI BEACH

Single Residential - House R 6 800 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Vandag se beste aanbod!

Oscars 2010 DVD' s op Uitverkoping

82 Jaar van Uitstaande Rolprente

Casablanca, Titanic, Braveheart, American Beauty, Silence Of The Lambs & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!