Aan die sy van twee SA grótes

2010-04-10 16:48

Mev. Merle Craven en haar seun, adv. Jan Vermeulen.

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

 “Moet asseblief nie voor tienuur hier aankom nie,” sê mev. Merle Craven toe ons die afspraak maak. “Ek speel rolbal.”
Merle (91), die weduwee van twee groot manne in Suid-Afrika se geskiedenis, woon in Huis André van der Walt in Bellville.
Ondanks ’n interessante lewe, een met baie ontberings, is sy bedrywig in dié aftreeoord.

En rolbal is haar passie. Dít en haar liefde vir haar seun, die Bellvillese advokaat Jan Vermeulen, en haar kleinkinders. Haar ander twee kinders is in motorongelukke dood.

Vir ons afspraak is sy netjies uitgevat – nie ’n haartjie uit plek nie, soos dit iemand met jare ondervinding in die modebedryf betaam. Nes ek haar ’n halfeeu gelede leer ken het.

Destyds was sy met speursers. Dirk Vermeulen getroud. Vermeulen was die Kaap se baasspeurder. Hy sou waarskynlik Suid-Afrika se speurhoof kon gewees het, maar het hoër range en meer geld keer op keer van die hand gewys omdat hy nie die Kaap wou verlaat nie.

“Dit was moeilike jare. Jy het nie geweet of dit goeie of slegte nuus was wanneer die telefoon lui of ’n motor skielik voor die deur stilhou nie. Vir Dirk was sy werk alles,” vertel Merle.

Vermeulen se groot deurbraak was toe die moorddossier van Bettie Smit in 1951 op sy lessenaar beland – tien jaar nadat dié 16-jarige skoolmeisie van Namakwaland vermoor is.

Die vermoede was dat sy gesien het hoe drie mans met diamante smokkel, in daardie jare ’n ernstige misdaad.

Vermeulen het ná twee jaar van leidrade opvolg drie mans aangekeer. Hulle is onskuldig bevind omdat van die mense wat lig op die saak sou kon werp, reeds oorlede was.

Nog ’n staaltjie wat Merle vertel, is toe Vermeulen die aartsswendelaar Hermanus van Biljon in hegtenis geneem het. Van Biljon het onder meer ’n renperd van mnr. Harry Oppenheimer uit sy stalle by Milnerton verkoop nadat hy voorgegee het hy’s die perd se eienaar.
Vermeulen het eendag ’n man langs die pad gesien wat besig was om ’n pap band te herstel. Hy het stilgehou, die man genader en, toe hy sien wie dit is, die boeie uitgehaal.
“Ek is so dankbaar ek is gevang. Ek vlug al drie jaar,” was al wat Van Biljon gesê het.
Merle het lank as aankoper by ’n bekende winkelgroep gewerk en moes gereeld modeparades landwyd bywoon. Ná Vermeulen se dood het sy op só ’n geleentheid in Pretoria beland.

Een aand in haar hotel het sy gestruikel en haar enkel lelik geswik. Kapt. Alwyn Burger, ’n bekende in rugbykringe, het op haar afgekom waar sy aan die onderpunt van ’n trap sit.

Toe sy hom van die seer enkel vertel, het hy gesê: “Maar hier is ’n man wat ’n dokter is en baie weet van enkelbeserings.”
Dit was dr. Danie Craven, wat die voet behandel het én die volgende dag navraag gedoen het.

Terug in die Kaap het sy weer ’n oproep ontvang van Craven. “Ek was verbaas dat die geneesheer van Pretoria sou navraag doen oor my enkel.”

Hulle het mekaar weer ontmoet en toe eers het sy besef die geneesheer is Suid-Afrika se beroemdste rugbyman, doktor Danie Craven van Stellenbosch.

Dok Craven en sy eerste vrou was reeds lank van mekaar vervreem en hulle is intussen geskei. Hy en Merle is op 30 Mei 1975 getroud en net daar het haar tweede lewe van snags wakker lê begin.

“Dit was in die jare toe ons uit alle rugby geskop is. Danie het snags tot watter tyd wakker gelê en gehoop daar kom tog ’n oproep dat iewers ’n deur vir ons sou oopgaan om weer rugby te kan speel. Ek het hom so jammer gekry wanneer daardie oproepe nooit gekom het nie.”

Maar Dok het aanhou probeer. “Ek sal nie rus voordat ons weer die Springbokke sien speel nie,” het hy altyd gesê.

“Daardie nag in 1976 toe hy gehoor het dat die All Blacks op pad was, sal ek nooit vergeet nie. Toe die man aan die ander kant van die telefoon sê die All Blacks se vliegtuig is in die lug en niks kan hulle nou meer keer nie, het Danie se beker oorgeloop.”

Dok is dood voordat die Bokke sy wêreldkampioendroom kon verwesenlik.

Jan Vermeulen het in sy studiejare by sy ma en Dok op Stellenbosch gewoon. Hy vertel dat die groot rugbyman tot kort voor sy dood nog onderhoudend kon gesels. “Hy was vlymskerp en sy geheue was verstommend. Hy kon elke wedstryd en insident op die veld in die fynste besonderhede beskryf.”

Jan besoek sy ma gereeld, maar Dinsdae speel sy rolbal?.?.?.

* ?Joe Venter is ’n afgetrede sportjoernalis van Rapport.


Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-21°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Mild. Bfn: 4-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 13-23°C Morning clouds. Mild. PE: 11-23°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!