Ashley Kriel in rolprent verewig

2011-07-16 16:19

’n Plakkaat ter herdenking van Ashley Kriel se dood. Die foto van die jong aktivis met sy kenmerkende baret is in 1984 op ’n byeenkoms van die United Democratic Front geneem. | verskaf deur die instituut vir geregtigheid en versoening

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die verhaal van die jong vryheidsvegter Ashley Kriel, wat in 1987 deur die veiligheidspolisie doodgeskiet is, word eersdaags in ’n dokumentêre rolprent vertel.

Nadine Cloete (24), die vervaardiger, was maar ’n jaar oud toe die 20-jarige Kriel op 9 Julie met koeëlgate in sy rug sterwend op ’n erf in Albaniestraat, Athlone, gelê het. Die Cloetes het destyds in Montana, naby Athlone, gebly.

Cloete sê sy wou al die jare weet presies wie Ashley Kriel was, dié jong man met die Che Guevara-baret “wat sulke vurige boodskappe kon lewer”.

Sy het in 2008 die jaarlikse Ashley Kriel-gedenkdiens deur die Instituut vir Geregtigheid en Versoening bygewoon. Toe sy daarna beeldmateriaal kry van mnr. Jimi Matthews, ’n televisieregisseur, waar Kriel in Afrikaans mense oor hul regte toespreek, het dit haar diep getref.

“Sy gunstelingkreet, ‘Aksie, kommandant’, het my hoendervleis gegee.”

Die rolprent handel nie oor politieke partye nie, sê sy, maar oor vryheid ten alle koste: ’n jong leier en sy stryd teen onreg, ondanks struikelblokke.

“Ashley se pa, Melvin, is in 1973 vermoor. Mense het net een beeld van die Kaap: tik, dwelms en misdaad. Ashley se voorbeeld leer jong mense dat hulle kan opstaan en weier om by bendes betrokke te wees. Sy woorde was: ‘As ons eers die geveg gewen het, moet ons nog die stryd wen.’

“Ek dink ons lewe nou in só ’n tyd, waar ons die stryd teen ekonomiese probleme moet wen.”

Die Nasionale Rolprent- en Videostigting en die skrywer Zubeida Jaffer, wat in die rolprent uit haar boek Our Generation voorlees, het geld geskenk vir die vervaardiging daarvan.

Dr. David Klatzow, ’n forensiese wetenskaplike, lewer ook sy insette. Hy staan in sy boek Steeped in Blood ’n hoofstuk aan die Kriel-moord af.

Cloete werk nou saam met Kriel se susters, me. Michelle Assure en me. Melanie Adams, en vriende soos mnr. Quentin en me. Debbie Michels en mnr. Gavin Adams. Kriel se ma, Ivy, is in 1995 oorlede.

Cloete hoop dat die fliek met die herdenking van Kriel se dood volgende jaar uitgereik sal kan word.
Assure (46), Ashley se oudste suster, het aan KaapRapport gesê die Kriel-familie is steeds ontevrede dat kapt. Jeffrey Benzien van die polisie se destydse eenheid teen terroriste in 1999 by die Waarheids-en-Versoeningskommissie amnestie gekry het.

“Benzien het nie oop kaarte in die kommissie gespeel nie. Die uitkoms van die nadoodse ondersoek, wat in die apartheidsjare gedoen is, is net so deur die kommissie aanvaar.

“Ons is nog baie ontsteld dat dit in die kommissie uitgekom het dat Ashley se hande agter sy rug geboei was toe hy in die rug geskiet is.”

Assure hoop dat haar broer “in mense se hart sal voortleef” – iets waartoe die rolprent sal bydra.

Meer oor Kriel:
* Lid van die jeugbeweging, burgerlike vereniging en interskoolkongres van Bonteheuwel. Stig die Bonteheuwel- militêre vleuel.
* Deel die verhoog met dr. Allan Boesak, destydse beskermheer van die United Democratic Front, en die vakbondleier Oscar Mpetha.
* Werk vir sakgeld by die dagblad Die Burger se verspreidings- afdeling.
* Sluit by Umkhonto We Sizwe aan en kry in 1985 en 1986 wapen-opleiding in Lesotho.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

ERP Developer

JHB - Southern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R240000

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 SX MPV
2005
R 145,995.00

CADILLAC

BLS 2.0T AT
2007
R 179,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.