Bejaard? Watwo, sê SA se vinnigstes in aflositem

2011-10-29 15:29




Dekades gelede was hulle walvisjagters in Antarktiese waters.

Deesdae jag die viertal “bejaardes” net goue medaljes op die atletiekbaan. Hulle is pas gekroon as Suid-Afrika se kampioenaflosspan in die ouderdomsgroep 60 tot 69 jaar.

Die ses Blake-broers is volksbesit aan die Weskus.

Drie Blakes is in die aflosspan: Harry (69), Esau (67) en Patrick (62), almal van Langebaan. Mnr. Johannes Muggel (67) van Vredenburg is die vierde spanlid.

Hulle is die Weskus-kampioene en sedert 2007 onoorwonne in die 4 x 100m-aflos.

Die broers het, soos baie jong manne aan die Weskus, vir jare gewerk op walvisbote wat meestal in die Suidpoolgebiede walwisse gejag het voordat hulle ’n vissersbestaan op die Langebaan-strandmeer kom voer het.

Muggel, oorspronklik van Lambertsbaai, het op die Suiderkruis in Las Palmas langs die kus van Noordwes-Afrika gewerk.

In hul huis, sê Patrick, hang slegs goue medaljes. “Ons weet nie hoe silwermedaljes lyk nie.

“Verlede week het ons onder die atlete van agt provinsies uit gehardloop met ’n effens stadige tyd van 1:05 op die Nasionale Goue Spele in Bloemfontein.

“Dié item is altyd ’n hoogtepunt.”

Volgens Esau moes hulle “sommer van die eindstreep af na die wagtende bus hardloop om die Mango-vlug terug Kaap toe te haal.”

Die vier is oudrugbyspelers en was voor 2006 op laerskool laas op die atletiekbaan.

Harry vertel die hardlopery het begin toe hy in 2006 vir die bejaardeklub in die 800m deelgeneem het.

“Dit was ook nie net van hardloop nie. Die afstand was lank, vinnig en die outoppies het gas gegee!

“Toe nooi ek vir Esau om saam die 100m te hardloop.

“Toe dit later goed gaan, soebat ons vir Patrick om saam te hardloop.

“In 2007 sien ons toe vir Johannes hardloop en dink, daai ou moet ons in die span kry.”

Van toe af het dié vier die atletiekbaan aan die brand gehardloop en hulle het al so ver as Richardsbaai in KwaZulu-Natal deelgeneem.

Volgens Patrick het elkeen van hulle al gehardloop nadat hy pas van ’n geskeurde kuitspier herstel het. “Ons leuse is: Niemand verlaat die baan nie, al het jy seergekry of geval. Ons sal wenpaal toe kruip ook.”

Hulle bly fiks deur fietsry, draf en vissersbote roei.

En die “woema” op die atletiekbaan? Dít skryf hulle laggend toe aan ’n “geheime drankie wat ons vinnige vlerke gee”.

Wanneer die Blake-broers nie atletiek beoefen nie, vang hulle vis in die Langebaan-strandmeer. Esau vang wit stompneuse vanuit sy boot, Jona, met ’n handelslisensie. Harry en Patrick trek “groot” harders in.

Harry gaan volgende jaar in die ouderdomsgroep 80 jaar en ouer deelneem, maar sê nog ’n broer, Martin (64), wat nou as ’n sanger by die Boesmanland-kombuisrestaurant op Langebaan optree, sal dalk sy plek in die aflosspan inneem.

Net ingeval hy weier, “bearbei” Harry reeds die vyfde broer, Stanley (57). “Ons sesde broer, Koos (77), is net as bestuurder beskikbaar.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

ERP Developer

JHB - Southern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R240000

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 SX MPV
2005
R 145,995.00

CADILLAC

BLS 2.0T AT
2007
R 179,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.