En hoor jy die magtige dreuning (van vuvuzelas)?

2010-06-05 18:19

Bruce Copley, pa van die bekende Sharlto Copley van District 9, kan 75 instrumente speel. Die nuutste toevoeging tot sy lys is die vuvuzela waarmee hy een oggend geëksperimenteer het – en toe besef het hy “Nkosi Sikelel' iAfrika” op die vuvuzela gebl

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

 Sokkergees? Watse sokkergees?

’n Week voor die begin van die grootste sporttoernooi wat Suid-Afrika nóg getref het, is daar in Kaapstad se middestad bykans geen teken hiervan nie.

Dis nou behalwe die massiewe, maar eensame Hyundai-vuvuzela-kenteken teen ’n halfgeboude deurpad in die stadskern en die straatverkopers wat fluks sake doen met sokkeraandenkings.

Verder is die enigste tekens van die toernooi ’n vlag of twee op enkele motors, vlagversierings om motors se kantspieëltjies, hier en daar ’n serp met ’n vlagmotief om die koue te keer en ’n paar mense wat Sokker-Vrydag navolg deur op dié dag ’n geel 2010-T-hemp te dra.

In Langstraat – seker die Moederstad se bekendste kuierstraat – trek restauranteienaars skouers op oor die verwagte sakebedrywighede in die komende sokkerweke.

Terry Best, eienaar van een die bekendste kroeë in Langstraat, Bob’s Bistro’s, is nie baie optimisties nie.

“Ek verwag eintlik niks.

“Ek het nog nie genoeg gees in Kapenaars gesien nie; so ons beplan niks groots om mense te lok nie.”

Hy sê hy sal wel ’n grootskerm-televisiestelsel beskikbaar stel, want hy verwag om geld te maak uit die Kapenaars wat die toernooi in kroeë gaan sit en kyk.

“Ek hoop net die publiek weet daarvan, want ons mag nie buite adverteer dat ons grootskerm-TV’s het waarop ons die sokker gaan vertoon nie. Fifa se reëls.”
Hy meen dat die restaurante in Groenpunt, naby die stadion, die grootste wins sal maak.
“Daar is regtig lékker plekke waar jy kan uithang.”
Tog sê restaurateurs in Groenpunt “dis maar net normale sake soos altyd”. Niks besonders nie.
“Alles is nog presies dieselfde. Ons verwag ’n toename in mense, maar dis maar al.

“Ons beplan niks groot vir die toernooi nie, net ’n TV,” sê die eienaar van Bravado!

’n Spesiale webblad (yourworldcup2010.com/things-to-do) vertel presies hoe besoekers kan maak om méér as net sokkerwedstryde by te woon of in ondersteunersparke vuvuzelas te blaas.

Kaapstad is dié plek om te wees, word toeriste uitgenooi, “want as jy moeg is vir Kaapstad, is jy moeg vir die lewe”.

Die streek se wyne staan skouer aan skouer met die beste in die wêreld, word vertel, en staan byna almal reg vir proetoere en internasionale aflewerings.

Die 15 wynroetes van die Kaapse wynlande sit hul beste voetjie voor om wyn en delikatesse te verkoop aan die verwagte stroom buitelanders, word gespog.

Die wynlandgoed Nederburg – die amptelike 2010-wynverskaffer – het ’n ooreenkoms met die sokkerliggaam Fifa onderteken om ’n reeks Suid-Afrikaanse wyne vir die toernooi te produseer.

Dit is ’n cabernet sauvignon, ’n droë rosé en ’n sauvignon blanc van beperkte uitgawe.

Dié wyne is reeds in die internasionale mark bekend gestel – veral in die lande waar daar ’n groot belangstelling in sokker heers.

“Nederburg vier die 2010-sokker” lui die gepaardgaande beklinkreël.

In Suid-Afrika is die reeks pas bekend gestel.

Suid-Afrika se gewildste likeur in die oorsese mark, Amarula, is ook ingesluit in die ooreenkoms met Distell, wat die Nederburg-handelsmerk besit.

* Die brandewynkelder Van Ryn by Stellenbosch verleng spesiaal sy verkoopure;

* Blaauwklippen-wynlandgoed bied ’n “2010-fanfare” van 1 Junie tot 31 Julie, met spesiale aanbiedings;

* Op 11 Junie bied die wynlandgoed Spier ’n reuse-partytjie, “Die afskoppartytjie met tequila en ’n braai”;

* Op 14 Junie, wanneer Italië teen Paraguay speel, bied Spier ’n aandete wat die “kulinêre kuns” van dié twee lande vier.

* Die gewilde Stellenbosch-wynfees, wat gewoonlik in Augustus gehou word, word met ’n hele maand vervroeg (1 tot 5 Julie) “om sokkergeesdriftiges die geleentheid te gee om die magdom kelders van die Stellenbosse wynlande te besoek”.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-16°C Mostly sunny. Cool. Pta: 6-15°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 1-9°C Sunny. Cool. Bfn: -1-11°C Showers early. Morning clouds. Cool.
Dbn: 11-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Refreshingly cool. PE: 9-14°C Rain showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!