Gemeentes ‘skei’

2010-08-14 17:28

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

 Amper twee jaar nadat die wit en bruin gemeentes van Wynberg in die Kaapse suidelike voorstede ’n geskiedkundige “huwelik” gesluit het, is die twee nou weer van kerkbank en nagmaalbeker geskei.

Destyds is gespog dat die twee gemeentes die pad aanwys vir wit en swart gereformeerde gemeentes reg oor die land.

Deel van die “samesmelting” het behels dat die gemeentes al om die ander Sondag na mekaar se kerke gaan vir eredienste. Die twee kerke is minder as ’n kilometer van mekaar.

Dis egter juis dié oor-en-weer kerktoe-ganery wat aanleiding gegee het tot die ongelukkigheid onder sommige gemeentelede.

Lede van die Verenigde Gereformeerde of “bruin” kerk sê terwyl hulle Sondae getrou die bult opstap om na eredienste in die “wit” NG kerk te gaan luister, woon slegs ’n handjievol wit ledemate die eredienste in die “bruin” kerk by.

“Hulle skenk geld, maar staan nie saam met ons agter die kospotte en basaartafels nie,” sê mev. Anne Ehrenreich, ’n VGK-ouderling.

“Ons wil nie net die witmense se geld sien nie – ons wil hul gesigte sien.”

Ds. Winston Samuels van die VGK Wynberg het die probleme dié week bevestig: “Ons praat nie meer nie. Ons is definitief nie meer op dieselfde bladsy nie; verhoudinge het uitmekaargeval.”

Hy sê daarom het die VGK-kerkraad verlede Saterdag op ’n tydelike moratorium besluit.

“Ons kerkraad is duidelik hieroor: Ons is in ’n krisis. Ons moet introspeksie doen – of ons nog werklik met die proses wil voortgaan.”

Samuels sê hy en sy kerk stem nie saam met die dokumente oor eenwording wat die NGK-leraar, ds. Danie Nel, destyds opgestel het toe die kerke een geword het nie.

“Dit het gebeur toe daar ’n vakante pos in die VGK was en ons kwesbaar was. Ons het géén insae daarin gehad nie. Dis duidelik die VGK en die NGK praat verskillende tale.”

Volgens Samuels is ’n voorstel gemaak dat ’n onafhanklike persoon aangewys word “om die twee gemeentes weer op een bladsy te bring”.

Nel het Vrydag gesê hy is “uit die veld geslaan oor alles. Ons het net ’n brief van hul kerkraad gekry wat sê die VGK Wynberg gaan nie meer saam met ons kerk hou nie. Ook die gesamentlike Sondagskool, wat al vyf jaar so bedryf word, is gestaak.”

Nel sê: “Ons is steeds sterk verbind tot versoening, al wil die VGK nie na ons kerk kom nie. Ons hart is dieselfde. Niks het verander nie.”

Dié twee gemeentes het in Oktober 2008 geskiedenis gemaak met hul “huwelik” wat, soos Nel dit destyds beskryf het, “buite gemeenskap van goedere” gesluit is.

Hulle het toe besluit dat hulle voortaan as die Gesamentlike Gemeente van Wynberg bekend gaan staan.

Die Wynbergse ring het die samesmelting goedgekeur en die twee gemeentes kon selfs ooreenkom om die Belhar-belydenisskrif te aanvaar – een van die groot struikelblokke van kerkeenheid elders.

* Samuels sê hy preek vanoggend uit Eks. 33. “Ons trek nie verder as ons nie seker is God trek saam met ons nie.”

Nel sê sy preek sal vanoggend handel oor die verlore seun wat altyd welkom is om terug huis toe te kom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

ERP Developer

JHB - Southern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R240000

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 SX MPV
2005
R 145,995.00

CADILLAC

BLS 2.0T AT
2007
R 179,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.