Hawelose man red meisie uit rivier

2011-11-05 14:54

Mnr. Willem Maree wys na die stukkende relings op die brug waardeur die motor gebars het. Maree het klein Sihle (9), ’n passasier in die motor, gered. By hom is mnr. Albert Qhanqiso, die oom van die tienerseun wat die motor bestuur het. Foto:

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die afgelope maand vra mnr. Willem Maree (54) elke oggend in sy stiltetyd: “Hoekom moes ek my werk verloor, Here? Hoekom moes ek my huis verloor? Hoekom moet ek nou in ’n tent langs die rivier woon?”

Maree sê hy het Maandagoggend vir die eerste keer gewéét. En hy het vrede gehad oor alles in sy lewe.

Want hy het die vorige nag ’n 9-jarige meisie se lewe gered nadat sy en haar tiener-oom in ’n motorongeluk was en die motor in die rivier beland het.

Kwanele Qhanqiso (15) het verlede Sondagaand net voor 22:00 sy ma, me. Margery (Tammy) Qhanqiso, se Kia Picanto sonder haar medewete geneem om na sy suster te gaan.

Hulle almal woon in die Nkqubela-woonbuurt op Robertson.

“Ons krag was af en Kwanele het gesê hy sal ons klere by Hilda se huis gaan stryk. Dis die soort kind wat hy was. Hy het altyd gelag en wou altyd vir almal help.

“Ek het nie eens geweet hy kan bestuur nie. Dit was donker en niemand het gesien hy neem die karsleutels nie,” vertel Qhanqiso.

Toe hy by sy suster se huis aan sy broerskind, Sihle Mokweni (9), sê hulle moes Bonnievale toe ry, was sy nie lus nie.

Toe hy egter sê hy wil vir haar iets gaan wys wat sy nog nooit voorheen gesien het nie, het sy ingestem.

Die oorledene se oom, mnr. Albert Qhanqiso, sê Sihle het mooi vir hulle vertel wat alles gebeur het.

Met KaapRapport se besoek was Sihle baie stil en teruggetrokke en sy het die hele tyd onder haar ouma se arm ingekruip.

“Net toe hulle uit die dorp ry op pad na McGregor het Sihle aan die slaap geraak,” sê mnr. Qhanqiso. “Toe sy wakker word, was die kar reeds onder die water van die Breederivier.”

Volgens Sihle het Kwanele haar uit die motor gehelp en met haar tot by ’n paal in die water geswem, waaraan hy gesê het sy moet vasklou.

Sy laaste woorde aan haar was: “Die kar is afgeskryf. Wat gaan ek vir my ma sê? Ek gaan weg. Bye-bye.”

Sy het hom nooit weer gesien nie.

Maree sê hy het in die tent langs die rivier gelê toe hy die slag hoor.

“Ek het stemme in Xhosa gehoor, maar kon nie die taal verstaan nie. Toe hoor ek ’n seun skree: ‘Get out,’ en kort daarna ’n meisietjie wat om hulp roep: ‘Please, God, come and help me.’”

Maree het na die brug gehardloop en vir me. Kerena Maree en mnr. Pieter Meyer, wat in ’n tent langs syne woon, geskree om te kom help.

“Onder die brug het ek ligte in die water gesien en besef dis ’n kar. Ek het in die water in gehardloop en onder die kar ingeduik, maar ek kon niemand kry nie. Ek het nie my bril opgehad nie, maar gelukkig het Sihle ’n wit baadjie aangehad.

“Ek het in die donker gesien hoe die wit baadjie onder die water verdwyn en dadelik die kind gegryp.”

Op die wal het hy Sihle aan Kerena gegee om in ’n kombers toe te draai.

Maree het weer ingegaan om Kwa¬nele te soek, maar hy kon hom nie vind nie. Die seun se lyk is die volgende oggend om 04:00 uit die water gehaal, enkele meters van die voertuig af.

Qhanqiso en haar familie het die hele nag langs die rivier gewaak tydens die soektog na haar seun. “Dit was baie erg, want ’n mens weet nie waarvoor jy wag nie,” sê sy.

Maree sê dit breek sy hart dat ’n ouer nou ’n kind moet begrawe.

“Nou weet ek egter wat die doel met my lewe was ...”

Mnr. Qhanqiso sê hy gaan die saak nie daar los nie.

“Daardie brug se relings is al van Februarie af stukkend. As die munisipaliteit dit tóé reggemaak het, het Kwanele dalk vandag nog geleef.”


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Java Developer (Team Leader)

JHB - Northern Suburbs
Network IT Bruma
R35000 - R42000

Database Administrator

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 SX MPV
2005
R 145,995.00

CADILLAC

BLS 2.0T AT
2007
R 179,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.