Heling bly Distrik Ses se bejaardes ontwyk

2011-10-29 15:29

Hier, skuins onder Tafelberg, waar duisende mense 45 jaar gelede weens die Groepsgebiedewet uitgesit is, bly alle planne vir die herstel van eienaarskap aan oudinwoners en hul afstammelinge omstrede. JULIAN JANSEN luister na die uiteenlopende menings oor die nuutste ontwikkelingsplan.

Inwoners in twee kampe oor terugtog na nuwe Distrik Ses


’n Restitusieproses is al etlike jare aan die gang om oudinwoners in Distrik Ses te hervestig. ’n Groot deel van die 42ha lê nog braak terwyl wooneenhede hier opgerig word. Altesame 3000 eisers is as begunstigdes geregistreer.

In die eerste fase van die herontwikkeling van Distrik Ses is nege gesinne gehuisves.

In Februarie het pres. Jacob Zuma in die tweede fase van ontwikkeling huissleutels aan 44 begunstigdes oorhandig.

Hy het die “hartverskeurende littekens” van Distrik Ses aan dié van buurte soos Sophiatown (Johannesburg), Umkhumbane (Cato Manor, Durban) en Marabastad (Pretoria) gelyk gestel en gesê die “tyd vir genesing” het aangebreek.

In September is ’n omvattende ontwikkelingsplan van R6,5?miljoen bekend gestel. ’n Taakspan het vergader met me. Helen Zille, Wes-Kaapse premier, en mnr. Ian Niel-son, onderburgemeester van Kaapstad.

Die Distrik Ses- Begunstigde- en Herontwikkelingstrust (DSBRT) asook die ontwikkelaar Target Projects het die vergadering bygewoon. Die tegniese subkomitee van die taakspan vergader sedertdien gereeld.

Sowat 4000 wooneenhede, kommersiële en kantoorruimte gaan gebou word as die ontwikkelingsplan ná ’n proses van openbare deelname finaal goedgekeur word.

Eenhede wat nie aan begunstigdes toegewys word nie, sal aan lede van die publiek verhuur word.

Die mikpunt is dat die ontwikkeling teen 2015 klaar is.

’n Maatskappy wat ingevolge die Maatskappyewet geskep sal word, sal die ontwikkeling van Distrik Ses dryf.

“Opgewonde, maar huiwerig vir die trekslag”

Mev. Esther Cottle (69) is ’n afge-trede verpleegster van Lentegeur wat bitter graag haar “laaste jare in die liefde van my lewe, die Moederstad, wil deurbring. Terug na my wortels. My oorlede ma, Olive Farqhar, het dit nie gemaak nie.”

Sy woon die afgelope 30 jaar getrou dienste van die Anglikaanse kerk St. Mark in Distrik Ses by.

So gou sy verneem het van die beskikbare huise in Distrik Ses het sy van haar huisraad in bokse gepak. Maar, sê Cottle, die voorwaardes waaronder sy ’n huis kan bekom, is vir haar ’n geldelike las.

“My huis is reeds op die huisplanne afgemerk: Stuckerisstr. 18. Ek moet nou R250000 opdok. Waarvoor? Ek verstaan nie – ek is ’n pensioenaris.”

Volgens Cottle het sy nie die geld om haar bestaande huis op te knap sodat sy ’n hoër verkoopprys kan behaal nie.

“Wat van die bejaardes wat nie ’n huis het nie? Hoe en waar gaan hulle die duisende kry?” vra sy.

“Wat van oues wat deur die dwelms en armoede van hul kinders in hul huise vasgevang is? Hoe kom húlle in Distrik Ses?

“Ons ouers het Distrik Ses met hul sweet opgebou, maar ons trek nie nou voordeel daaruit nie.

“Waar is demokrasie? Ek wil hier weg. Ek is steeds nie gewoond aan Mitchells Plain nie.

“Die trust het alles begin. Ek wag nou al 15 jaar. Hulle moet dit nou eindig.”

Cottle het op 24 September (Erfenisdag) haar “stem dik gemaak” toe die Distrik Ses- Bekommerde Grondeisersvereniging (DSCCA) ’n versoekskrif by die parlement afgelewer het.



Mev. Esther Cottle (69) van Lentegeur het van haar huisraad in bokse gepak die dag toe sy hoor sy kan terugtrek Distrik Ses toe. Maar die R250000 wat sy vir ’n huis in fase twee moet betaal, is bo haar vuurmaakplek. | Foto: Edrea Cloete
 


Hokaai! Dis restitusie, nié grondontwikkeling nie


Me. Zarina Allie, voorsitter van die DSCCA, sê sy is ’n “tawwe koekie” en “heeltemal gekant” teen die rigting wat die ontwikkeling van Distrik Ses inslaan.

“Mense moet onthou dis restitusie waarvan ons praat, nié grondontwikkeling nie. Mense het destyds huise en grond verloor. Hulle het gely en ly steeds.

“Nege wooneenhede is al beset, maar sowat 40 staan steeds leeg.

“Hoekom? Dit sê my mense kan nie bekostig om die R250000 te betaal nie. In die eerste fase het mense R60000 betaal; nou is dit meer.

“Die bejaardes moenie belas word met so ’n verhoging nie. Dis nie hul skuld nie.”

Allie sê die vereniging het destyds gevra dat grond beskikbaar gestel word en dat eisers dan self daarop sal bou.

“Ons soek die ou gees van Distrik Ses terug: die ou boustyl, oop ruimtes, parke, speelplek vir kinders, maar wat word nou gedoen? Hoëdigtheidswoonstelle van drie verdiepings – vir bejaardes!

“Wat betref ontwerp word die Kaapse Vlakte net weer na Kaapstad gebring. Só gaan die gees van Distrik Ses nie herwin word nie.

“Al die ontwikkeling vind ook onder Constitutionstraat plaas. Wie gaan die prima grond bokant dié straat kry?

“Die trust sê hulle het met eisers geraadpleeg, maar dit was eerder ’n top down-benadering.

“Ek kry gereeld oproepe van bekommerde eisers. Nou die dag bel ’n vrou: ‘Tietie, het Tietie al gehoor oor wanneer ons kan terugtrek?’ Dit breek my hart.”

“My eie ma, Gadija Ally, se droom is nie bewaarheid nie. Sy is intussen oorlede.

“Die verwagtings is hoog. Baie eisers sit vasgevang in armoede. Dié mense behoort die sakegeleenthede in Distrik Ses te kry.”

Allie sê ondernemings mag nie op restitusiegrond beplan word sonder dat die grondeisers geraadpleeg word nie. “Wys my wanneer, waar die raadpleging gebeur het, Gee my die notules.”

Gaan voort met die ontwikkeling, sê trust

Dr. Anwa Nagia, voorsitter van die DSBRT, het driftig op die optog na die parlement gereageer.

Hy sê alle grondeisers is ten volle oor die restitusie geraadpleeg; “maande se vergaderings” is die hele Wes-Kaap oor gehou.

Hy verduidelik eisers dra by sodat ’n “hoëgehalte-struktuur” gebou word. Infrastruktuur, grond en dienste word verniet voorsien.

Indien die eisers slegs die grond ontvang, sou dit onmoontlik wees om infrastruktuur op te rig.

Hy vermoed “kwaadwilligheid of opsetlike wanbegrip”.

“Die huise is pragtig en op die hoogste peil. Dit sal mense nie verarm nie, liewer die verarming wat hulle gely het, uitskakel.”

Oudinwoners wat nog nie die proses verstaan nie, moet hom bel, sê Nagia.

Hy belowe dat hy met finansiële instellings sal gesels sodat hulle “die hou versag”.

Wat sê die Kaapse stadsraad?


Mnr. Ernest Sonnenberg, burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings, reageer soos volg:

* Die R250 000 is van toepassing op die 114 eenhede van die tweede fase van die ontwikkeling. Dit word gebruik om die tekorte in die boukoste te dek.
Elke eenheid het ’n markwaarde van ongeveer R1miljoen.

Die oprigtingskoste beloop sowat R500?000 en die regeringstoelae R250000 per eenheid.

* Grondeisers van dié fase het ’n ooreenkoms geteken dat hulle die bedrag kan bybring. Eisers wat nie die bedrag kan bybring nie, het die opsie om vir die volgende ontwikkelingsfase te wag. Die derde fase sal moontlik gratis wees, maar dit kan tot drie jaar duur voordat dit ingestel word.

Die direktoraat van menslike nedersettings is reeds besig met die beplanning van dié fase en om die finansieringsmodel te bepaal.

* Die pad vorentoe: Belanghebbendes het die ontwikkelingsraamwerk (OR) in beginsel goedgekeur.

Daar is ook oor die stigting van ’n openbare maatskappy ooreengekom wat die ontwikkeling van Distrik Ses sal dryf.

Besonderhede oor die OR en die maatskappy word tans uitgetrap.

Die tydsraamwerk vir die herontwikkeling is drie jaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Java Developer (Team Leader)

JHB - Northern Suburbs
Network IT Bruma
R35000 - R42000

Database Administrator

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 SX MPV
2005
R 145,995.00

CADILLAC

BLS 2.0T AT
2007
R 179,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.