Kaapse susters en Stef Bos maak saam musiek

2010-02-13 14:29

Die Februarie-susters van Grabouw is, van links, Esmé Klaaste, Maria Steenkamp, Jane Filander en Debbie Isaacs, saam met die Nederlandse sanger Stef Bos. | Foto: Heinrich von Wielligh/Oude Libertas-amfiteater

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

 

Die Nederlandse sanger Stef Bos noem hul musiek “waaragtig”, sang sonder ’n masker, hart-en-siel-musiek.

Twee jaar gelede, toe hy die sanggroep Februarie-susters – die drie bloedsusters Jane Filander, Maria Steenkamp en Debbie Isaacs en Maria se dogter, Esmé Klaaste – die eerste keer in ’n Grabouwse kerkie gehoor het, was dié “gospelmusiek, in die mooiste Afrikaans, ’n openbaring wat my aan die hart geraak het. Dit het my ontroer, terselfdertyd laat lag. Dis wat waaragtige musiek moet doen.”

Dit was op ’n Sondag, ná ’n vertoning in die amfiteater op die Paul Cluver-wynlandgoed, dat hy op die ingewing van die oomblik besluit het om kerk toe te gaan.

“Daar het ek dié vier hoor sing en gedink hoe lekker dit sou wees om saam met hulle te sing, hul musiek in een van my vertonings te integreer.”

Min het hy geweet dis ook die groep se droom: Om ’n CD te sny.

Volgens Esmé sing die drie susters al van hul kinderjare af saam – op sangaande, begrafnisse, troues en partytjies. In die jare negentig het sy by hulle aangesluit.

Die naam van die groep is gekies omdat drie van die vier in Februarie verjaar.
’n Jaar nadat Bos en die susters mekaar ontmoet het, het hul wens waar geword en het Bos ’n nuwe liedjie, “Gelukkig”, spesiaal geskryf om saam met hulle uit te voer.

Dié liedjie, in ’n mengsel van Nederlands en Afrikaans, is opgeneem op Stef se CD Kloofstraat, wat begin Maart uitgereik word.

“Alles het uiteindelik saamgekom,” sê Bos. “Van die eerste oomblik dat ons saam opgetree het, het alles net eenvoudig gewérk.

“Later, toe ons dit in ’n ateljee op Stellenbosch opneem, was dit vir my mooi dat hulle ook in professionele omstandighede bly wie hulle is: mense wat sing met hart en siel, allesbehalwe kommersialiteit en Idols.”

Volgens Esmé is Bos se klank weer vir hulle besonders, “oor die enkelnote wat hy speel?.?.?. die klank van sy klavier, sy rustige stem. Vir my is sy liedjie ‘Rut’ die heel mooiste.”

In die musiekbedryf, sê Bos, sing baie mense “soos hulle sou wou wees of soos hulle dink die gehoor dit wil hoor.
“Dis oukei, maar ek is liewer vir mense soos die Februaries wat sing sonder masker. Hul ongepoleerde klank maak hul optrede baie meer outentiek. Dis baie meer ontroerend.

“En veral wys dit vir my waaróm ook my eie musiek moet draai.”

Daar is baie ware blues en soul in hul klank, sê Bos. “So iets kan jy nie namaak of suggereer nie, al het jy tegnies ’n formidabele stem. Sommige dinge in die lewe kan jy nie leer nie; jy moet dit lewe.

“Wanneer die Februaries oor iets sing, wéét jy hulle het dit gelewe.
“Daar’s vir my ’n wonderlike verbintenis tussen die bruinmense van die Kaap en ouens soos ek uit Holland. Hulle is onlosmaaklik deel van ons geskiedenis; eintlik ’n vergete deel. Ons is familie van mekaar,” sê Bos.
;?Stef Bos en die Februarie-susters tree op 1 en 5 Maart by die Woordfees op Stellenbosch op. Op 1 Maart bied hulle die program Moedertaal aan (R100) en op 5 Maart is hulle deel van die program Aan Tafel: Soete Groete (R170).
;?Bespreek by Computicket, www. computicket.co.za of 0?083 915 8000.

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.