Kerk verloor duisende

2011-10-22 14:54

Die Verenigende Gereformeerde gemeente Friemersheim het nagenoeg R200?000 in ’n bedrogspul met die kerk se geldsake verloor. | Foto: Jaco Marais

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die gemeente van die Verenigende Gereformeerde kerk (VGK) Friemersheim is geskok en woedend oor die verdwyning van derduisende rande uit die kerk se geldkas.

Die vinger word gewys na die hoof van Friemersheim Primêr, mnr. James Speelman, wat nege jaar lank ook kassier van dié kerk was.

Die kerk het reeds klagte van diefstal en bedrog ingedien. Die saak word deur die Mosselbaaise polisie ondersoek.

Speelman het intussen bedank as kassier en woon nie meer eredienste by nie.

Speelman word daarvan beskuldig dat hy die kerk se geld, wat kollekte, basaargeld, geld wat by geleenthede ingesamel is en tiendes insluit, gesteel het en bedrog gepleeg het deur tjeks te vervals en aan homself uit te maak.

Die leraar van Friemersheim, ds. Pieter van Niekerk, wat dié gemeente al 12 jaar lei, is tevrede met ’n klein salaris en geen byvoordele nie “omdat dit ’n arm gemeente is en daar nooit geld was nie.” Só het hy altans geglo.

Hy sê hulle het eers agtergekom geld is weg toe ’n ouditeur verlede jaar die kerk se boeke nagegaan het.

“Me. Martie Dickson het verlede jaar die finansiële state van die kerk nagegaan en gevind dat R126 191 van 2008 tot 2010 ontvang, maar nie gebank is nie. Speelman, kassier, en mev. Charlotte Williams, ’n lid van die finansiële kommissie, het die kerk se kontant gehanteer.”

Die gemeenteraad het mnr. Willie Wentzel, ’n oudbrigadier van die polisie, gevra om die saak te ondersoek. Wentzel sê by hom is daar geen twyfel oor waar die geld heen is nie.

“Speelman het dit selfs aan my erken. Hy’t nie gesê ‘steel’ nie, maar het woorde gebruik soos ‘geneem’ en ‘nie gebank nie’.”

“Van Niekerk sê Speelman het verantwoordelikheid aanvaar vir die verdwyning van die geld, maar hy wou nie amptelik aanspreeklikheid erken nie.

“Ek het Speelman in Januarie by sy huis besoek. Ek het vir hom gesê hy kan nie verantwoordelikheid neem vir die verdwyning van die geld as ons nie weet wie die geld geneem het nie.

“Hy het toe vir my gesê hy het die geld geneem, maar nie so baie nie. Ek het hom gevra hoeveel geld hy geneem het, maar hy sê hy het nie boek gehou daarvan nie.

“Van Niekerk sê hy het onderneem om self die proses te bestuur indien Speelman saamwerk, omdat hy Speelman se vrou en dogtertjie wou beskerm.

“Hy het Speelman gevra om skriftelik te erken dat hy onregmatig geld geneem het en dat hy dit maandeliks sal terugbetaal. Die gemeenteraad het ingestem om dan nie ’n strafregtelike klag in te dien nie.”

Toe Speelman nie aan die versoek voldoen nie, is besluit om ’n klag by die polisie in te dien. Dis reeds op 6 Februarie gedoen.

Van Niekerk sê hy het Speelman absoluut vertrou met die geldsake van die kerk. “Ek het hom as ’n gemeenskapsleier, leierouderling en skoolhoof gerespekteer. Omdat ek ook ’n werknemer is, het ek dit goed geag dat ek nie tekenregte op die gemeente se tjekrekening het nie.”

Die deposito- en kwitansieboeke van die kerk het spoorloos verdwyn, wat dit moeilik maak om te bepaal hoeveel kontant weggeraak het.

Volgens die kerkraad het Speelman ook nagelaat om die gemeente se jaarlikse posbushuur te betaal, gevolglik is die posbus gesluit en het die kerk se bankstate en tjeks sonder hul toestemming na sy persoonlike posadres gegaan.

Speelman sê dis alles leuens: “Man, dominee lieg, hulle het reguit polisie toe gehardloop sonder om my te nader.

“Dominee het my net een keer kom besoek en nooit weer nie. Ek het erken dat ek foute gemaak het, maar nie dat ek geld gesteel het nie. Met foute bedoel ek dat ons nooit korrek kontrole gehou het op die kerk se boeke nie.”

Speelman sê hy is bereid om ’n gedeelte van die geld wat weg is terug te betaal, “nie omdat ek skuldig is nie, maar omdat ek wil hê die storie moet nou eindig.

“En ek het bedank omdat die kerk my gevra het om te bedank. ’n Ouderling het my sommer op straat voorgekeer en gesê dominee wil hê ek moet bedank. “Wie wil dan nou by ’n kerk bly wat jou nie daar wil hê nie?”

Me. Charlotte Williams sê sy is baie teleurgesteld in en kwaad vir Speelman omdat hy nie die waarheid praat nie: “Hy het vir my gesê om die kerk se geld by my huis te tel en reg te maak sodat hy dit by my kan kom kry om te gaan bank. Ek het maar net gedoen wat vir my gesê is.

“Ek is ’n eerlike mens. Ek wil nie ’n sent van die kerk vat nie, ek gee liewer aan die kerk, al het ek min.”

Die hoofouderling, mnr. Martin Draai, sê: “Ons het Speelman baie kanse gegee om te onderhandel, hom gevra om vergaderings by te woon sodat ons die ding intern kan afhandel, maar hy het nooit opgedaag nie.

“Hy het al sy kanse verspeel.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

ERP Developer

JHB - Southern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R240000

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 SX MPV
2005
R 145,995.00

CADILLAC

BLS 2.0T AT
2007
R 179,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.