Koos sedoos: Die dinge wat ’n vrou nóóit vir ’n man moet vra nie...

2011-01-31 05:34

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ek het geweet dit sou die een of ander tyd gebeur.

Vir ’n ruk lank het ek probeer glo dit gebeur net met ander mense, nie met my nie. Maar diep in my hart was daar die knaende onrus en die wete: Die een of ander tyd gaan ook ék my Nuwejaarsvoornemens begin verbreek.

Dit gebeur gewoonlik so in die tweede of derde week van Januarie. Behalwe die ouens wat op Oujaarsaand ophou rook. Hulle krap gewoonlik al op Nuwejaarsoggend rond in asbakkies op soek na stompies om aan te suig nadat hulle die vorige nag vol bravade hulle “laaste” pakkie sigarette in die swembad gegooi en die Creepy Crawly summier daarin verstik het.

Maar ek is mos nie so nie? Ek rook in elk geval al lank nie meer nie (dis ’n ander storie, eintlik ’n jare lange sage, wat ek nie nou wil ophaal nie). Ek verneuk nie my vrou nie (nie omdat ek sulke goeie wilskrag het nie, maar omdat ek op my ouderdom eenvoudig te lui is). My dieet is, behalwe vir ’n effense terugslag oor Kersfees, nog op koers.

Maar ek het vanjaar ’n ander voorneme gehad, ’n werklik dringende voorneme, waarby ek bitter graag wou hou. Dit was die een sonde wat ek nog oorgehou het wat my en ander se lewe versuur het.

Ek is ONGEDULDIG.

Ek toeter vir bestuurders as hulle stadig voor my ry (byvoorbeeld 80 in ’n 60?km/h­sone). Ek strip my m**r as ek nie dadelik die kelnerin se aandag in ’n besige restaurant kan kry nie. Wanneer mense my te lank laat wag, vergeet ek dat ek ’n celebrity is en veronderstel is om ’n voorbeeld te stel (interessant genoeg, wanneer ek my ongeduld wys, dink mense gewoonlik dit is juis ómdat ek dink ek is ’n celebrity; die teendeel is waar).

Ek het sover mooi uitgehou. Ek het niemand aangejaag wat te lank in die badkamer sloer nie. Ek het die kar net een keer gestamp toe iemand nie vinnig genoeg in ’n parkeerterrein padgee voor my nie (maar ek het darem nie hierdie keer my vuiste gebal en gegil nie).

Maar, verlede week in die tou by die Kwikspar op ’n rustige Saterdagoggend, toe lose ek dit.

Ek kon dit nog hanteer toe die vrou voor my twee knoffelbroodjies koop op haar kredietkaart (die OTM buite die winkel was seker stukkend). Maar toe haar kredietkaart NIE WERK NIE, was dit eens te veel. Met groot gebaar pak ek my kruideniersware van die toonbank af terug in die trollie, (laat in die proses my bottel 2%-melk op haar toon val) en beweeg aan na die volgende kasregister, waar ’n bejaarde paartjie pas besig is om hulle laaste items neer te sit.

Groot fout. Op die laaste nippertjie stuur die vrou haar man gou-gou terug in die winkel in om spring onions te gaan haal.

Nou, enige ou getroude vrou behoort te weet jy stuur nie ’n man winkel toe om goed soos spring onions te soek nie.

Brood, ja. Eiers, kaas, die koerant, melk, enigiets wat voor die hand liggend is. Maar jy stuur nóóit jou man winkel toe met ’n lysie wat sê bay leaves, vanilla essence, suurdeeg, kremetart, Parmesan-kaas, greenpeppers of selfs basmati-rys nie. Ons raak verbouereerd wanneer ons gekonfronteer word met sulke uitheemse konsepte.

Ek vra nou wel nie meer vir my vrou stupid vrae soos “Wie’s Basil?” of “Van watter Rosemary’s is sy?” nie, maar moenie van my verwag om te weet hoe lyk pesto of kremetart nie. Ek kan nie eens koolkoppe en blaarslaai uit mekaar ken nie! Selfs asyn en kookolie verwar my soms (en hoekom moet olyfolie spesifiek ekstra-maagdelik wees? Hoekom kry mens dan nie ekstra-vet-jogurt nie?).

Soos ’n vrou se kop nie geprogrammeer is om “links” en “regs” te konseptualiseer nie, so is daar dinge wat vir die gemiddelde mansmens altyd duister sal bly. Ons verstaan byvoorbeeld nie hoe sommige vroue hulle bra’s kan verwyder sonder om hulle bloeses uit te trek nie (hulle doen dit blykbaar deur hulle ore). En ons sal nóóit pickles van mini-komkommers kan onderskei nie. Ons breine kan nie sulke subtiele verskille prosesseer nie.

Nodeloos om te sê, dis toe die ou man terugkeer met leeks pleks van spring onions (wat die verskil ook al is), dat ek na die sigaret-toonbank toe storm en luidkeels weeklaag: “Help! Hulle maak my mal!”

Ek weet dat ek daai oggend my naam weggegooi het, nie net as celebrity nie, maar ook as mens. Maar ek voel steeds: Mens koop nie twee knoffel-broodjies met ’n kredietkaart nie.

Eerder as om berou te hê oor my gebrek aan selfbeheersing, blaas ek nog van woede en ongeduld as ek net aan die insident dink. Hoe dúrf mense so onbedagsaam wees?

Maar nou ja. Eendag is eendag, dan oorwin ek hierdie onaangename karaktertrek finaal. Miskien teen die jaar 2020?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

ERP Developer

JHB - Southern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R240000

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 SX MPV
2005
R 145,995.00

CADILLAC

BLS 2.0T AT
2007
R 179,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.