Moenie bang wees nie, als sal regkom

2011-11-05 14:54

Pieter-Dirk Uys se alter ego, Evita Bezuidenhout.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

So baie mense kyk op na tannie Evita. Wie is jóú rolmodel?

Ek dink amper my ma, Ouma Ossewania Kakebenia Poggenpoel. Sy’s nou 107 jaar oud en baie moeilik. Ons bid maar vir ’n vinnige einde. Maar Mamma het altyd gesê: “Moenie bang wees nie; alles sal regkom.” Ons hoop so.

Jy is nooit bang om jou sê te sê nie. Is daar onderwerpe wat selfs vir jou taboe is?

Seks is altyd die grootste struikelblok. My kleinkinders vra my uit en ek weet nie wat om te vertel nie.

Hulle het ons mos destyds niks vertel nie. Net gesê: “Skat, lê stil met jou oë toe en bid. Ná nege maande sal jy ’n kind ontvang!” Nie so maklik nie ...

Dink jy mense sien jou as ’n moderne Robin Hood?


Liewe aarde, in daardie snaakse groen klere met aaklige hoed en snor? Nee wat, ek is net ek.

Wat dink jy van mans wat vroueklere dra?


Dis vieslik. Dis on-Afrikaans en naar. Maar in ’n demokrasie moet ’n mens maar alles vat soos dit kom.
Ek is bly ek ken niemand wat so liberaal is nie.

Glo jy in reïnkarnasie?


As ek eendag terugkom as ’n rottweiler sal ek jou byt en dan sal jy weet dis waar!

Wie is jou geliefkoosde Springbok-rugbyspeler en hoekom?

Joost (van der Westhuizen) was altyd my groot liefde en is dit steeds vandag, waar hy soveel bystand verdien.

Sal jy ooit botoks of ’n facelift laat doen?

Helen Zille het al die botoks opgebruik. En my face het nie lifts nodig nie – ek is nie ’n gebou nie!

Jy woon op Darling. As jy enige ander naam vir die dorp kon kies, wat sou dit wees?


“Skattie”! En kyk op GPS of Google Earth; in Darling sien jy die Evita Bezuidenhout-boulevard. Nie eens Winnie het een nie!

As jy ’n uitnodiging na Steve Hofmeyr se troue kry en jy gaan, wat sal jy aan die bruidspaar as geskenk gee?


’n Eenrigtingkaartjie na Hawaii.

Ken jy die woorde van Kurt Darren se liedjie Kaptein?


Nee, my skat, maar ek ken die woorde van Nkosi Sikelel’ iAfrika.

Jy het vroeër vanjaar die Special Teddy-toekenning op die Berlynse Internasionale Rolprentfees ontvang vir jou toewyding om MIV/vigs in Suid-Afrikaanse skole te help bekamp. Hoe belangrik is toekennings vir jou?


Daardie derderangse komediant Pieter-Dirk Uys het dit gekry. Moenie met ons deurmekaar raak nie.
Ek self probeer waar ek kan om ouers en oumas/oupas aan te moedig om met hul kinders te praat. Anders gaan ons hulle verloor.

Jy en jou suster, Bambi Kellerman, sit nie langs dieselfde vuur nie. Hoekom nie?


Want sy sal my sommer in daardie vuur stoot uit gulsigheid en naarheid. Sy laat my gril met haar liberale houding teenoor die lewe.
En haar outobiografie, Never Too Naked, wat nou in die winkels is, is skandelik. Ek gaan haar dagvaar!

Dink jy vryheid van spraak is belangrik?


Ek glo in vryheid van spraak. Dis natuurlik na spraak dat vryheid gaan. En ek is genooi om die voorsitter te word van die voorgestelde Mediatribunaal. Soos in die ou dae van PW se sensuur.

Dié is die laaste uitgawe van KaapRapport. Hoe sal jy die koerant onthou?


Ek sal julle mis.

Hoe wil jý eendag onthou word?


’n Liggie in die duisternis van verwagtings.

Waar en saam met wie bring jy Kersfees vanjaar deur?

Met my drie kleinkinders, my seun, De Kock, sy maat, Moff de Bruyn, en hopelik Mimi Coertse.

Wat is jou wens vir Wes-Kapenaars in 2012?

Moenie bang wees nie, alles sal regkom – en Patricia sal ’n muur om jul toilette bou!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

ERP Developer

JHB - Southern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R240000

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 SX MPV
2005
R 145,995.00

CADILLAC

BLS 2.0T AT
2007
R 179,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.