Olé! Kim dans haar pad oop na sukses

2010-01-30 17:00

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

kburger@rapport.co.za

Kim Pretorius was ’n skrale 12 jaar oud toe sy in 2002 vir die eerste keer formele opleiding in Spaanse dans by die La Rosa-dansskool ontvang het.

Sy was toe betrokke by ComArt, ’n gemeenskapsgebaseerde kunsorganisasie in Elsiesrivier wat noue bande met La Rosa het.

Vandag, agt jaar later, is dié 20-jarige Kapenaar nie net ’n professionele danser nie, sy is ook die dansskool se assistent-bemarkingsbeampte.

Verlede jaar het sy die pligte gehanteer van die assistent-bestuurder en produksie-administrateur.

“Ek wil soveel as moontlik van my loopbaan hier maak. Daarom leer ek álle aspekte van die bedryf, nie net die danspassies nie,” vertel sy.

Kim het in Elsiesrivier grootgeword en in 2006 aan die Hoërskool Alexander Sinton in Athlone gematrikuleer met Spaanse dans as ’n vak.

“Op laerskool was ek baie lief vir sport, maar soos ek ouer geraak het, het my fokus meer na dans verskuif.”

Ná skool het sy ’n driejaarprogram aan La Rosa begin volg wat sy reeds ná twee jaar voltooi het. In daardie tyd het sy haar kwalifikasie as Spaanse dans-instrukteur van die Internasionale Spaanse Dansgeselskap ontvang.

Kim was al op die verhoog in Viaje Flamenco (2007), Kutheth’ Ithongo (2007) en Esencias Flamencas (2008).

Sy gee nie net klas by La Rosa nie, maar ook by Zonnebloem Nest, Senior Skool, waar dans as vak aangebied word.

“Ek mag miskien nog baie jonk wees, maar dit keer my nie om álles in te sit as ek oefen nie. Ek gaan voluit in alles wat ek doen.”

Kim is geweldig opgewonde om nou weer deel te wees van Viaje Flamenco.

“Spaanse dans bring uit wie jy regtig is. Jy kan sien wie iemand is deur net na hul dans te kyk. Dis danspassies met soveel emosie. Spaanse dans is méér as net rokke met frilletjies en hande wat beweeg.

“In 2007 was ek net ’n student toe ek in Viaje Flamenco gedans het, nou is ek ’n volwaardige danser.”

Sy sê “viaje” beteken ’n reis – die gehoor word op ’n reis van Spaanse dans geneem.

“Dis die ideale produksie om saam te val met La Rosa se 20ste verjaardag. Dis nie net ’n reis van dans nie, maar ook die reis van La Rosa.”

;Viaje Flamenco is van 17 tot 21 Februarie op die planke by die Kunstekaapteater wanneer die 20ste verjaardag van La Rosa-dansskool gevier word. Kaartjies kos R95. Bespreek by Computicket, 0?083 915 8000.

;KaapRapport gee twee dubbelkaartjies weg na die vertoning van Viaje Flamenco op Vrydag 19 Februarie.

SMS soos volg na 35714:

Flamenco Jou naam & van

Bv.: Flamenco Corlia Swart

Die sluitingsdatum is 8 Februarie om 12:00. Elke SMS kos R3 en deelnemers kan soveel SMS’e stuur as wat hulle wil. Wenners sal telefonies in kennis gestel word.

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TDi Sportline Dsl
2006
R 195,995.00

TOYOTA

RAV4 2.0 4x4 5-dr MY00
1997
R 75,500.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2005
R 99,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.