Roerende gebedsketting op Upington-brug gehou

2011-10-29 15:29

Me. Limikatso Koloi, burgemeester van die //Khara Hais-munisipaliteit, spreek die skare mense op die brug toe. | Foto: Anena Burger

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Gebedsketting is dié week op die Upington-voetgangerbrug gehou vir almal wat al hier selfmoord gepleeg het.

In minder as drie maande het drie mense – twee tienermeisies en ’n man – van die voetbrug gespring en nog ’n man het van die verkeersbrug gespring.

Honderde mense, waaronder raadslede, geestelike leiers, polisie- en brandweerlede, het die gebedsgeleentheid bygewoon.

Mnr. Dirkie Claassen (32) was op 11 Oktober die vierde mens wat in die Oranjerivier na sy dood gespring het. Hy was ernstig siek en kon glo nie meer sy lyding hanteer nie.

Op 1 Augustus het Lizelle Draaier (16) en Ashley Andrews (15) saam na hul dood gespring en op 12 Augustus mnr. Gerrie Steenkamp (39), ’n werklose onderwyser van Loeriesfontein.

Me. Limikatso Koloi, burgemeester van die //Khara Hais-munisipaliteit, het aan KaapRapport gesê die munisipaliteit bespreek tans maatreëls om die brug te beveilig, “maar ons moet begin deur die moraal van die mense te verbeter.

“In die toekoms sal nog sodanige dae gehou word, ook om oor ander probleme te bid.”

Sy het ’n ernstige beroep op die gemeenskap gedoen om te bid.

“Ons moet onder geen illusie wees dat selfmoord nie met jóú kind kan gebeur nie, want net môre kan dit jou familie raak.

“Die Oranjerivier is ons lewensaar. Water is ’n teken van ons lewe, nie van dood nie.”

Sy het ook na die polisie se duikeenheid verwys. “As ek soggens en saans hier oor die brug gery het, het ek hulle in swempakke gesien, besig om te soek.

“Hulle werk lang ure sonder ekstra vergoeding. Gee hulle die erkenning wat hulle toekom.”

Die groot groep het in die middel van die brug ’n gebedsketting gevorm, gevolg deur die roerende gesing van geestelike liedere.

Emosies het hoog geloop terwyl luide smeekgebede na die “Lam van God” uitgeroep is dat Hy die seer van die gemeenskap heel.

* Intussen het ’n 20-jarige man Woensdag vlugtig in die hof op Upington verskyn op ’n aanklag van verkragting.

Dit hou verband met die gebeure op 1 Augustus, toe ’n ooglopend wankelrige en moontlik bedwelmde Lizelle en Ashley hul voorarms met ’n serp aanmekaar gebind en van die brug gespring het. Die tienerlyke is eers op 12 Augustus gevind.

Die klaer in die verkragtingsaak is ’n minderjarige vriendin wat die vorige aand saam met Lizelle en Ashley en minstens twee mans op die Eiland-vakansieoord gekuier het. Dwelms en drank is glo dié aand gebruik.

Die beskuldigde se naam mag nog nie bekend gemaak word nie aangesien hy nog nie op die aanklag gepleit het nie. Hy is uit op borgtog en moet weer op 9 November in die hof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 SX MPV
2005
R 145,995.00

CADILLAC

BLS 2.0T AT
2007
R 179,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.