Skatte lê onder lae verf en vernis

2010-12-04 15:50

Mnr. Michael Phillips se droom is om eendag sy eie oudhedewinkel te besit. | Foto: Lizané Louw

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Afgeleefde deure en houtmeubels moenie op hul baadjie getakseer word nie, want ’n mens weet nooit wat jy gaan raakloop wanneer jy begin afskuur en skoonmaak nie.

Só gesels mnr. Michael Phillips (29), restoureerder van oudhede van Robertson.

Hy is nou al 14 jaar by die antieke winkel De Oude Markhuis op die dorp en is welbekend in die Breedevallei.

“Ek het toevallig by die antieke winkel beland, nadat ek eers ná skool in die tuin van die eienaar, Mattheus Kleinhans, gewerk het. Soms het ek hom in die winkel met die skoonmaak van die antieke meubels gehelp en dis waar die gogga my gebyt het om oudhede te restoureer.

“Nadat ek skool klaargemaak het by Langeberg Sekondêr op die dorp het ek heeltyds hier kom werk.

“Houtwerk was in my skooldae ’n vak, maar ons het nie geleer van die restourasie van oudhede nie. As dit miskien ’n onderafdeling van houtwerk was, kon ek nou al gekonfyt gewees het daarin.

“Die lekkerste van restourasie is wanneer jy die lae verf van die deure skoonmaak en jy sien hoe lyk die hout.

“Die verwydering van vernis en verf is amper soos ’n vrou wat saans haar grimering afhaal en jy sien haar natuurlike skoonheid raak. Baie mooi.

“Op die platteland is daar baie ou meubels, deure en vensters uit vervloë se dae.

“Die jonges wat die oudhede by ouers of grootouers erf, stel deesdae net belang in chroom-en-glas goed. Hulle ken nie die waarde van oudhede nie en raak maklik daarvan ontslae. Hulle gebruik dan dié geld om skuldgaatjies toe te stop.

“Die waardevolste deur wat ek skoongemaak het, was ’n deur van geelhout en stinkhout. Die eienaars het die deur agterna na ’n veiling gevat om daar te verkoop.

“Op veilings kry jy ook waardevolle oudhede wat onder stof en verf verberg is, jy moet net weet waarna om te soek.”

Hy hou ook daarvan om die oudhede uitmekaar te haal, en skoon en reg te maak om hul ou glorie terug te kry.

“My droom is om eendag my eie oudhedewinkel te besit, dalk op Worcester, maar beslis in die Breedevallei. Almal ken my hier en weet wat ek met ’n ou deur of venster kan doen.

“Ek sit elke maand so ’n ietsie weg in die bank om my droom te verwesentlik.

“Vandag kan jy nie sê jy het nie werk nie, want solank jy met jou hande kan werk, kan jy jou eie geld maak. Jy moet net jou oë rondgooi en dan sal jy die geleenthede sien.

“Ek gebruik soms van die ou weggooiplanke om kapstokke te maak. Met ’n lagie vernis lyk die kapstok soos ’n nuwe sikspens.

“Afvalstukkies gebruik ek om houtoorbelle of sleutelhouers te maak. Die moontlikhede is legio en my handwerk moet die praatwerk vir my doen.”

Hy is ’n boorling van Ladismith en as hy nie met hout werk nie, kyk hy dokumentêre programme op televisie. Veral dokumentêre programme oor oudhede en die herstel daarvan.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-24°C High level clouds. Mild. Pta: 11-26°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 9-21°C Sunny. Mild. Bfn: 9-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 12-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Chief Internal Auditor

Gauteng
Communicate Specialist Resource
R850 000 - R1 100 000 Per Year

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Specialist Resource
R400 000 - R420 000 Per Year

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Specialist Resource
R600 000 - R680 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!