Swaar las smelt weg saam met swaar lyf

2011-05-14 16:30

Me. Amelia van Zyl, soos sy vroeër gelyk het.

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Vrou wat binne ses maande 66 kg afgeskud het, sê dit voel asof sy weer lewe.

Me. Amelia van Zyl (39) van Hermanus wil nou ander inspireer met haar storie en sommer die hele Overberg “aan die beweeg” kry.

“Ek het ’n enorme 139?kg geweeg en vir die eerste keer in ’n lang tyd voel ek asof ek weer lewe!” sê sy.

Van Zyl se suksesresep? ’n Halwe teelepel rooipeper en ’n bietjie heuning opgelos in kookwater, drie maal per dag. Dít het sy gekombineer met ’n gesonde dieet en ’n goeie multivitamine.

“En ek bestee meer tyd aan wat vir my saak maak is.”

Die belangrikste ding wat Van Wyk besef het, is dat baie mense nie hul kos deeglik kou nie.

“Ons sluk net. Maar terwyl ek my lyf bikini-gereed wou kry, het ek geëet asof daar ’n siffie in my keel is. Só het ek minder geëet en gouer vol geraak.”

Die moeilikste was om weg te bly van sout-en-asyn-skyfies.

“Daar was vroeër niks beters as ’n pak skyfies, ’n groot Top Deck-sjokolade en ’n 2 l- Coke nie. Maar dis iets van die verlede. Deesdae vra ek vir sodawater.”



Me. Amelia van Zyl vandag, nadat sy binne ses maande 66 kg afgeskud het. Foto: Mark Reitz






Van Zyl het in George grootgeword en Paarl toe getrek toe sy trou. Op die ouderdom van 25 het sy met die swangerskap van haar jongste seun, André (14), baie gewig opgetel. Tydens die swangerskap het sy ’n hartstilstand gehad weens hartontsteking.

Sy was 14 jaar lank op hartmedisyne. Boonop ly sy ook aan oorerflike hoë cholesterol.

Haar gewig was vir haar ’n struikelblok. “Ek kon niemand in die oë kyk nie. Ek het net nie meer klere gaan koop nie.”
Van Zyl was 19 jaar lank ’n huisvrou en het drie jaar lank vryskutwerk as fotograaf en joernalis vir die Paarl Post gedoen.

In dié posisie het sy presteer. Sy is deur mnr. Tokyo Sexwale, minister van menslike nedersetting, op die SABC2-program Morning Live bedank vir die foto’s wat sy in die Drakenstein-gevangenis in die Paarl geneem het. Sy was die enigste fotograaf wat die geskiedenis van die Nelson Mandela-standbeeld en sy 90ste verjaardagviering vasgevang het.

“Ek het groot hoogtes bereik, maar dit was nie genoeg nie. Ek het my identiteit verloor. Ek het soos ’n dooie mens rondgeloop.”

Van Zyl was lusteloos en ongelukkig in haar huwelik.

“‘Here, kom maak my storm stil.’ Dit was my woorde aan die Here toe ek myself op ’n rots langs die see bevind. Ek het my Bybel in die see gegooi en was op die punt waar my lewe net nie meer draaglik was nie.

“As jy al begin afskeidsbriewe aan geliefdes skryf, moet jy weet daar is groot fout. Toe spring die vraag in my gedagtes: ‘Wat van André’tjie?’ Ek het dadelik besluit om my lewe te verander.”

Sy is verlede jaar van haar man geskei en het begin werk aan haar gesondheid.

“Ek het besef almal soek na ware geluk. Die Amelia wat so geblink het van vet, is nou geskiedenis!”

Sy het twee maande gelede Hermanus toe verhuis.

Nou is sy vuur en vlam om die hele Overberg te betrek by haar eie gewigsverliesplan, wat sy “The Biggest Winner”
noem. Dit word op 1 Junie bekend gestel.

“Ek het my lewe terug, ek het ’n nuwe sienswyse en persoonlikheid. Dis aansteeklik. Ek wil harder werk.

“Ek kan ’n rok dra en as mans kyk, voel ek asof ek 10 antidepressante gedrink het.”

* Dieetkundiges met wie KaapRapport gepraat het, sê daar is geen wetenskaplike bewys dat rooipeper gewigsverlies versnel nie en ag dit nie ’n gesonde manier om gewig te verloor nie.

Vir dié wat gewig wil verloor, word ’n gesonde dieet en genoeg oefening liewer aanbeveel.

“’n Gesonde tempo vir gewigsverlies is 0,5kg tot 1kg ’n week. Om meer gewig per week te verloor, is moontlik, maar word nie aanbeveel nie. In so ’n geval maak mense gebruik van erge beperkings en honger hulle hulle uit, wat later baie nadelig vir hul metabolisme is,” sê me. Desiree van Riet, ’n dieetkundige.

Stadige gewigsverlies, sê sy, is beter. Dit help nie net dat oortollige vetjies afgeskud word nie, maar ook wegbly.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-16°C Rain showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 3-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-10°C Sunny. Cool.
Dbn: 10-18°C More sun than clouds. Cool. PE: 11-18°C Rain early. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!