Vry om homself te wees

2011-02-26 17:15

Mnr. Darren de Waal glo ander mense behoort glad nie te bepaal watter soort mens jy is nie, elke mens is uniek sonder om eens te probeer. | Foto: Yunus Mohamed

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Spontane persoonlikheid, lang wilde hare en interessante kleredrag: Dís wie Darren de Waal (23) wérklik is.

“Ek voel vry om net myself te wees. Ander mense behoort glad nie te bepaal watter soort mens jy is nie,” sê hy beslis.

De Waal is ’n jong ontwerper wat van die huis af werk. Hy het sy kwalifikasie in klereproduksie aan Northlink-kollege in Bellville verwerf.

Hy glo elke kledingstuk wat hy ontwerp en maak, weerspieël die karakter van die persoon wat dit dra.

“Dit is so ’n cliché om te sê jy wil anders wees, maar die waarheid is dat jy uniek is sonder dat jy eens probeer.

“Jy moet dit net op die regte manier uitbeeld en hoe dan nou beter as deur dit wat jy aantrek?”

De Waal en sy suster, Kayla (18), het by sy grootouers, mev. Hilary (70) en mnr. Stanley Lucas (72), in Fir-grove grootgeword omdat sy ma jare lank in Port Elizabeth gewerk het.

Sy kinderjare hou baie goeie herinneringe in.

“Drome is eindeloos, jy wil enigiets en alles wees en die beste van als is jy het geen verantwoordelikheid nie.”

Dit is egter ook sy kinderjare wat hom aanspoor om nou ’n sukses van sy lewe te maak.

“As kind en tiener was ek vreeslik oorgewig. Die lelike kommentaar van mense het my baie afgesit totdat ek besluit het om my drome te bewaarheid en hulle te wys van watter stoffasie ek gemaak is,” sê hy.

Sy ouma is in dieselfde bedryf, maar sy maak gordyne.

“Ek kon nooit myself sien stikwerk doen nie, maar ek het baie kere my ouma gehelp en ek was altyd verstom as ek die eindproduk sien. Dit was vir my ongelooflik hoe ’n stuk materiaal in so ’n mooi gordyn kon verander,” lag De Waal.

Sy passie vir stylvolle klere het in sy hoërskooljare begin. Hy het altyd bygehou met die nuutste modegiere.

“Ek het alles in kleur en patrone begin sien. Ek het selfs kuns- en beeldhouklasse geloop. Toe weet ek waar my toekoms lê.”

Volgens De Waal is dié bedryf nie altyd maneskyn en rosegeur nie.

“Ja, jy ontmoet grootkoppe en die who’s who, maar om jou naam bekend te stel is baie moeilik. Jou naam is jou klere. Jy moet absoluut alles insit.”

De Waal is seker hy gaan bo uitkom. Hy het reeds aandklere vir die sanger Chad Saaiman gemaak “en wie weet wie is volgende op die celeb-lys?

“My ma is ’n soapie queen en het my na ’n bekende akteur genoem. Miskien het sy geweet haar seun is ’n star in the making!”

Mense wat nie die moeite doen om aantreklik te lyk voordat hulle by die huis uitstap nie, maak hom die josie in.

“Almal het hulle af dae. By die huis dra ek ook ’n T-hemp en pajamabroek, maar genugtig, as ek by die huis uitgaan, laat ek koppe draai.”

De Waal het ook ’n interessante stokperdjie. Hy versamel vreemde munte.

“My oom is ’n danser en toer gedurig. Toe ek jonger was, het hy altyd vir my muntstukke saamgebring van sy reise af en ek was dol daarop.”

De Waal het nie ’n spesifieke rolmodel nie, maar bewonder mense wat ’n sukses maak van hul lewe in weerwil van hul omstandighede.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-18°C Morning clouds. Mild. Pta: 2-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Cool. Bfn: -2-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 11-17°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!