’n Ma gee nie moed op nie

2010-01-30 17:05

Charné Botha (20) van Parow kwalifiseer vir ’n kogleêre inplanting. By haar is haar ma, mev. Cheryl Botha.| Foto: Lizané Louw

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

kburger@rapport.co.za

Charné Botha was drie maande oud toe dokters Waardenburg-sindroom by haar diagnoseer.

“My kind is doof – almal het gesê sy sal nooit kan praat nie,” vertel haar ma, mev. Cheryl Botha van Parow.

“Ek het gebid: Here, al sê my kind net eendag ‘Mammie’, sal ek tevrede wees. Vandag is sý die een in ons huis wat die meeste praat!”

Charné en haar familie maak nou planne om geld in te samel nadat sy vir ’n kogleêre inplanting gekwalifiseer het. Die koste van die operasie is R221?000, waarvan hul mediese fonds die helfte sal betaal.

Die Tygerberg-hospitaal het ’n trustfonds in haar naam gestig wat deur die Universiteit van Stellenbosch bestuur word.

“Die inplanting sal my hele lewe verander,” sê Charné opgewonde. “Ek sal onafhanklik kan wees. Mense neem so baie dinge as vanselfsprekend aan, maar ek kan byvoorbeeld nie ’n telefoonoproep maak nie.

“Ek wil ook nie agter raak met my studies nie – as ek eers kan hoor, sal ek makliker bybly.”

Chandré het ’n gehoorapparaat waarmee sy klank kan hoor, maar sy kan nie die geluide of stemme identifiseer nie. Sy maak staat op liplees om te kommunikeer.

Haar gebrek keer haar egter nie om te studeer nie. Sy droom daarvan om ’n biokinetikus te word en studeer sportwetenskap aan die Universiteit van Wes-Kaapland.

“Ek sit heel voor in die klas om die dosent se lippe te kan sien. My vriendin, Laureen Jansen, sit altyd langs my en sy help ook baie.”

Dit was ’n moeilike pad vir die gesin.

“Ek het destyds as kredietkontroleur by Coca-Cola gewerk. Ná ure het ek klasse by die Carel du Toit-sentrum vir gehoorgestremde kinders gekry oor hoe om my kind te leer,” vertel Cheryl. “Hulle het mý geleer om háár te leer.”

Cheryl moes vir Charné leer dat sy ’n stemkas het. Sy het met Charné voor die spieël gesit terwyl Charné die vorms van haar ma se mond moes aanleer terwyl sy praat.

“Ek was nie een dag afwesig by my werk nie,” sê Cheryl.

In 1993 het sy baie siek geraak en dokters het uitgevind sy het net een nier. “Dit het my nie gekeer om my álles vir my kinders te gee nie.”

Cheryl het haar dogter met spraakterapie gehelp totdat sy op sewe jaar skool toe is.

Die Botha-gesin het geleer dat jy niks as vanselfsprekend aanvaar nie. “Ek het ’n paar jaar gelede gesien hoe ’n ma vir haar kind skree om stil te bly. Ek het so gewens my kind kon net ’n geluid maak...”

Cheryl se man, Ivan, is hardhorend, daarom moes sy al die onderrig behartig.

“Ons het niks moeilikheid met ons kinders nie. Ek dank die Here daarvoor,” sê Cheryl.

Charné het ’n tweelingbroer, Chesné, en ’n ouer broer, Scevan (29).

As jy nie vir Charné agter haar boeke kry nie, werk sy by die Cape Storm-winkel in die V&A Waterfront se Kloktoringgebou.

“Ek wil so onafhanklik as moont-lik wees,” sê sy.

Ma en dogter het ’n baie hegte verhouding en Charné sê dis alles aan haar ma te danke dat sy al so ver gekom het.

“Dink wat gaan ek nóg alles kan doen as ek eers kan hoor!”

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.