6 van die (minder) bestes

2013-02-23 23:00

Die 12 finaliste vir 2013 se SA Motor van die Jaar-titel is verlede week in die Pretoria-omgewing deur 29 jurielede van die SA Gilde vir Motorjoernaliste beoordeel. In alfabetiese volgorde lyk die lys so:

1. BMW 320i; 2. Ford Ranger; 3. Hyundai i30; 4. Kia Rio 1.4 TEC; 5. Lexus GS350 EX; 6.?Mercedes-Benz B180 CDI; 7. Nissan Juke 1.6 DIG-T; 8. Opel Meriva 1.4T Cosmo; 9. Porsche Boxster; 10. Range Rover Evoque Si4 Dynamic; 11. Toyota 86; 12. Toyota Yaris 1.5 HSD XS.

Vanjaar se kompetisie het op drie kardinale maniere van voriges verskil: 1. ’n Lys van 12 was die grootste in jare. Gewoonlik is daar net agt tot tien finaliste. 2. Die uitstaande gehalte van die meeste finaliste het dit moeiliker as tevore gemaak om ’n wenner aan te wys. 3. Twee vervaardigers, BMW en Mercedes-Benz, kon nie die motors lewer wat ingeskryf is nie. Albei vervaardigers se kompetisiemotors was met ekstra opsies en toerusting bedeel. Gevolglik het die BMW 320i, asook Benz B180 CDI strafpunte, proporsioneel tot die koste van ekstra items, gekry.

Vandag lewer Rapport verslag oor die swakker helfte van die finaliste-dosyn.

1. Ford Ranger 4x4 3.2-dubbelkajuit-diesel (R457 000):



Bakkies (of dan Bakkies) hoort in ’n skrum, langs Victor Matfield, maar nie in ’n Motor van die Jaar-kompetisie nie. In gesprekke met ander jurielede het nie ’n enkele een die Ranger ’n kat se kans gegee om te wen nie.

Ooreenkomstig die kompetisie se reëls (dat ’n voertuig net as finalis aangewys word as hy ’n redelike kans het om te wen) was dit vooraf duidelik dat die Ranger nie hieraan voldoen nie.

2. Toyota Yaris 1.5 HSD XS (R230 600):



Wiele is maar soos enigiets anders: Dit moet binne konteks gesien en beoordeel word. Toyota se nuwe Yaris-hibried is nie die eerste goeie wa wat ’n bloutjie in die Motor van die Jaar-kompetisie gaan loop nie.

Dit is hoofsaaklik omdat hibriede motors se sterk punt brandstofbesparing in digte, stadige staan-gaan-verkeer is – hulle span batterykrag in om teen kruipsnelhede te vorder. Dis ’n soort aanwending wat nie in die kompetisie getoets word nie.

Inderwaarheid word finaliste redelik hard gery, wat beteken die HSD se petrolenjin word feitlik voltyds ingespan, wat die besparingsvoordeel van suiwer battery-aandrywing negeer.

Toets die HSD dag in en dag uit in stedelike spitsverkeer en sy aansien sal drasties styg.

3. Opel Meriva 1.4T Cosmo (R260 300):



Die Meriva haal die Motor van die Jaar-finalistelys soos klokslag, en dis maklik om te sien hoekom: Die waentjie is slim bedink, goed verpak en uiters funksioneel.

Die FlexSpace-sitplekkonsep (wat die agterbank toelaat om vorentoe en agtertoe te skuif) word in die nuwe Meriva deur agterdeure wat van voor af oopswaai (FlexDoors) aangevul.

Daar’s 32 bêreplekke, en die trog in die waentjie se skouerlyn waarborg ekstra glas in die agterdeure en daarom meer kajuitlig en ’n beter paduitsig uit agtersitplekke.

Daarby spog die 1.4T Cosmo met ’n wakker klein turbo-bron (103 kW, 200 Nm; nes in die Astra).

Maar o wee, vir die soort mens wat die Meriva gaan bestuur – mammie, dalk, wat kinders rondry of inkopies doen? – is die stuur te swaar teen lae snelhede en die ratkas se kierieskuiwe net te taai om as lig en maklik beskryf te word. Charisma ontbreek ook, en die waentjie weeg ’n hele 1 430 kg.

4. Mercedes-Benz B180 CDI BlueEfficiency 7G-DCT (R333 000)



Liewe hemel, dis ’n lang naam vir ’n kar; Benz hét hulself oor die jare heen in onhandige model-nomenklatura verstrengel.

Miskien is dit tekenend van ’n maatskappy wat ook op ander vlakke worstel. Tydens die nuwe B-klas se internasionale bekendstelling net meer as ’n jaar gelede het ’n ingenieur gesê die VW Golf was hul teiken. Golf 7 het pas in Suid-Afrika verskyn, en die B-klas kom tweede.

Daar’s verskeie makro-redes, soos gewig, hantering en stuurgevoel, asook prys. Maar daar’s ook mikro-redes, soos die drywer se linkerknie wat teen ’n harde voorpaneelpunt rus. Op die lang pad kan dit pynlik raak. In hul kleiner motors is Stuttgart iedergeval geneig om klankdemping uit die agterste wielnis af te skeep. Só was dit met die eerste C-klas, só is dit met die nuwe B-klas.

Ironies genoeg tel die sportpakket waarmee toetsmotors toegerus is nou op twee maniere teen die B-klas: Die rit is swakker (en rit is wat in ’n B-klas tel, nie hantering nie). Plus strafpunte gaan toegedien word.

5. Nissan Juke 1.6 DIG-T Tekna (met leer; R280 000):



Die Juke word deur ’n regop lyfie in ’n moderne, astrante, jeugdige jas onderskei.

Die Tekna ry, genadiglik, op hoë bandprofiele. Nogtans is ritgehalte aan die ferm kant. ’n Kort asafstand met agterste wringbalkvering asook die behoefte om ’n effe hoër swaartepunt onder beheer te hou, noop vinniger demping op kruisvoertuie (soos die Juke, wat met een been in die luik- en ’n ander in die lewenstylsegment staan). Die ratkas het ook ’n stokkerige skuif wat aan ouer, amper uitgediende meganika herinner, maar die droë krapperigheid wat aanvanklik deel van die skuifgevoel was, is verbeter.

Die Tekna se uitstaande kenmerk is sy waarlike warm 1.6 liter-DIG-T-enjin (Direct Injection Gasoline – Turbo; 140 kW, 240 Nm) wat die voorwiele sommer uit draaie uit laat tol as jy goeie gas gee – met gevolglike wringstuur, natuurlik. ’n Snaakse kombinasie, dan: oorhoopse krag, regop lyfie.

6. Toyota 86 (R334 500):



Die 86 is die ene ru, rowwe, aardse pret op ’n vlak en skaal wat nie eens deur die Porsche Boxster (wat ’n kwartmiljoen meer kos) geëwenaar word nie, en om twee redes: Die Boxster het ’n heel ander, hoogs verfynde, karakter; en die 86 word deur ’n prôperse ou-skool-handratkas bedien, terwyl die Boxster (of ten minste die kompetisie-model) ’n semi-outomatiese dubbelkoppelaarkas inspan. Die een is goed vir wiele tol, die ander nie, hoewel albei motors maklik skuins deur draaie gelooi kan word.

Die tweede helfte van die 86-vergelyking lewer egter ’n diep, donker, een-dimensionele klankbaan en ’n heel raserige kar. Die 86 (147 kW, 206 Nm) is ook nie vreeslik vinnig nie. Op die Gerotek-toetsbaan se hoë-spoed-ovaal het die 86 net-net meer as 200 km/h gehaal, terwyl die Porsche Boxster (as voorbeeld) aan 240?km/h gelek-lek het. En boeta, het die 86 se dryfas soos oorlog gedreun en gedruis!

* ’n Bespreking van Rapport se ses top-kandidate volg volgende week.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.