Die Grand Canyon van karre

2011-12-10 13:47

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Het jy al ooit die Grand Canyon beleef? Nog nie? Wel, saam met die Victoria-waterval is dit een van die wêreld se twee grootste natuurwonders. Jy kan webwerwe deurlees, die ekwivalent van hoofstukke in die ou dae se Encyclopedia Britannica, oor hoe dit alles deur die eeue heen gevorm is, hoe die Canyon tot so ’n aangrypende mirakel ontwikkel het.

Maar hoe gaan daar ooit weer een gevorm word, nog ’n Grand Canyon?

Maklik. Parkeer ’n Jaguar XKR-S met sy neus effens die lug in, sodat sy vier groot uitlaatpype grond toe mik, en trek die lope oop. Dis ’n klank, daai, wat ’n skeur in die grond gaan blaas. ’n Groot, groot skeur. ’n Grand Canyon van ’n skeur.

Boeta, jy’t in jou lewe nog nie so iets gehoor nie. Die XKR-S blaf en brul met ’n klank wat jou klein, maar ook gesond, laat voel. Dis warm en wollig en woelig op ’n manier wat die borskas vol heuning pomp. En dit kan net goed vir die hart wees, laat staan nog die siel.

Ditto vir die res van hierdie Jaguar, ’n haastige weergawe van die XKR-sportkoepee, wat op sý beurt ’n warm weergawe van die XK is.

Nou, die XK is vroeg in 2006 in die Stellenbosch-omgewing aan die wêreld bekend gestel. Van meet af aan was dit ’n fantastiese kar, veral wat tegnologie betref. Met groot dele van die bak en struktuur uit aluminium is die motor se gewig beperk, wat altyd ’n goeie ding is met hantering en brandstofverbruik. Nie dat destyds se 4.2 liter-V8 suinig met die voggies gewerk het nie, nee. Maar die grootste vaalpunt van die Ford-gebaseerde bron was dat sy asem aan die bopunt van die verrigtingskurwe dun was – hier van 220?km/h se kant het die XK begin sukkel om verdere spoed vinnig op te tel.

Daar was ’n XKR-weergawe ook, ja. En met superaanjaging was hy uiteraard giftig.

En toe daag Coventry se eie 5.0 liter- Generation III-V8 twee jaar gelede op, een wat – met superaanjaging – 375 kW en 625 Nm onder die XKR se enjinkap ontwikkel. Dis einste ’n enjin waarvan ’n nuwe Eaton-superaanjaer daai klassieke huilgeluid van vroeëre Jaguar-super-aanjaers uitgesny het. Laastens is dit ’n bron wat as basis vir die XKR-S se fenomenale verrigting sou dien.

Want kyk, met ’n paar tegniese truuks (soos nuwe uitlaatpyp-argitektuur wat ’n hersiene enjinprogram moontlik gemaak het) het Coventry die XKR-S se verrigting na ’n fantastiese 404 kW en 680 Nm opgestoot, wat beteken dat hierdie Jag – Coventry se kragtigste en vinnigste produksiemotor nog – 300 km/h haal en die 0-100 km/h-lopie in 4,4 sekondes verbrysel.

Terselfdertyd is skakelinge op Jaguar se reeds fantastiese 6-g- ZF-outokas met nóg ’n fraks versnel, die stuurstelsel is met ’n aluminium-kneukel verbeter, die XKR-S se pens lê 10 mm laer, vere is omtrent 30% stywer, agterlangse veergeometrie is aangepas, die motor ry op aktiewe dempers en dryf word via Jag­uar se super-doeltreffende aktiewe ewenaar na die agterwiele versprei. Waar krag normaalweg dus verlore gaan omdat die ewenaar dit na die wiel met die minste traksie pomp (want die proses werk maar nes ’n waterstroom, wat die weg van die minste weerstand volg), sorg ’n aktiewe ewenaar dat krag juis na die wiel met die beste padkontak gekanaliseer word.

Die resultaat is enorme traksie en greep, feitlik in alle omstandighede. Voeg die XKR-S se nuutgevonde stuurgewig by, asook glipbeheer wat die agterwiele vang nog voor hulle kan wegbreek, en hierdie motor is tot geweldige snelhede deur draaie in staat.

Lekkerste van alles is natuurlik om traksiebeheer uit te skakel en die stert skeef te gooi, maar oppas, die Pirelli P Zeros se sagte buiterante sloof redelik gou af.

Oor voorkoms hoef mens nie veel te sê nie. Op sy dag het hoofontwerper Ian Callum Aston Martins ontwerp en die XKR-S se vorm asook verhoudinge tussen neus, kajuit en stert, plus glas en metaal lyk alte bekend; dis klassieke sportkoepee. Beste van alles is dalk die enorme drukvlerk op die agterstewe, die neus se vele sportiewe slierte, teue, inlate en gate – asook die ovaal-rooster wat nes ’n oervis sluk – plus swart-gerookte aluminium-vellings wat die lug soos lemme klief as die voete begin wiel. Einste tref die agterste lugversneller se vier bazooka-uitlate die oog. En herinner die neus se gekromde metaalsnit rondom die rooster nie dalk aan die afhang-tande van ’n sabel-tier nie?

Dit laat die kajuit wat jou gou daaraan herinner dat jy hier met Engelse vakmanskap te doene het. Dis leer en eksotiese metale en kleurgekodeerde stikwerk net waar jy kyk, insluitend leer-oortreksels en -opstopsels wat na glasvesel lyk. Die oorheersende kleure is swart en donkergrys, juis om die intimiderende gevoel en atmosfeer van ’n renkajuit te vestig – iets wat deur ondersteunende renskottels onderstreep word.

Jaguar se draaiknop om ratmodusse (Park, Reverse, Drive, ensovoorts) mee te kies, bly die maklikste en beste in’t bedryf. En genade sy dank draai ratspane saam met die stuurwiel, wat soveel beter is as Ferrari en Bentley s’n wat dit nie doen nie.

Gooi alles bymekaar en die Jaguar XKR-S is waarskynlik die wêreld se formidabelste rytuig. Nie die kragtigste nie. Nie die vinnigste nie. Selfs nie eens die aangrypendste nie; daai eer kom Lamborghini’s en Ferrari’s toe.

Maar die XKR-S is beslis die een met die allermooiste klankbaan as vol, diep, ryk en gesond jou maatstawwe is. Die XKR-S is ook gemaklik, onder sy soort, die wa met die beste ritgehalte.

Die beste motor ter wêreld, dan?

Mmmm. Daar’s niks waaraan ek vinnig kan dink wat hom klop nie. Nie nou nie. En nog nooit voorheen nie.

Die XKR-S is die Grand Canyon van karre, klaar. Hy’s oer, en ewig, en onverstoorbaar, en indrukwekkend, en asembenemend, en verruklik, en hedendaags, en modern, en tydloos – wat alles waarskynlik in een woord opgesom kan word:

Jaguar se XKR-S is, soos die Canyon, groots.

Prys:

Jaguar XKR-S: R1,675 miljoen

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

ERP Developer

JHB - Southern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R240000

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 224,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.