Die Hamer en die Driepuntster

2012-09-22 23:40

Sebastian Vettel en sy Red Bull was vooraf een van die gunstelinge om in vandag se Singapoerse GP te wen, hoewel die meeste van die naweek se aandag op Lewis Hamilton se toekoms gefokus was.| Foto: QuickPic

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Gaan hy bly of gaan hy gly?

Teen die tyd dat u hier lees, het Lewis Hamilton dalk al gesê of hy volgende jaar weer vir McLaren gaan jaag en indien nie, of hy in 2013 in die Mercedes F1-kuip langs Nico Rosberg intrek.

Hamilton het vóór verlede maand se somervakansie laat weet hy en sy bestuurspan, Simon Fuller se XIX Entertainment, sou aan die einde van daai periode ’n antwoord hê. Maar die Belgiese GP te Spa het gekom en gegaan en so ook die Italiaanse ren te Monza, waarna die pers onder die indruk gebring is dat Hamilton sy toekomsplanne tydens hierdie naweek se Singapoerse GP met hom sal deel.

Het Hamilton tussen hierdie skrywe en u lese reeds geroggel en dis goed so. Maar dit sal my allermins verbaas as ons teen vanaand se kant nog g’n de wyser is nie.
Hier’s een teorie vir Die Hamer se getalm: Hy het blykbaar ’n aanbod van £60 miljoen om vir die volgende drie jaar vir Mercedes te jaag. Dit beteken £20 miljoen per jaar, terwyl McLaren hom nou minder wil betaal as die jaarlikse pitte wat hy ingevolge sy huidige kontrak losslaan. Dit beteken dat Hamilton in die orde van £5 miljoen per annum méér by Mercedes sal verdien – en dis ’n hele klompie geld.

Maar nie alles in F1 gaan oor die geld nie. Meen te sê, ’n toevallige miljoen pond hier en daar gaan nou nie eintlik die verskil tussen rykdom en armoede beteken as die basis-salaris genoeg is om private stralers en seiljagte te kan aanskaf nie.

Nee, die syfer op daai kontrak is eerder ’n barometer van ’n jaer se stand en status in die spel: Hoe meer ’n span bereid is om uit te haal hoe hoër die aansien en hoe blinker pôliesj dit die ego.

En dis éíntlik maar die spil van die geldspel.

Nou’s die teorie dat Hamilton vir McLaren in ’n hoek probeer druk; dís hoe hoog Mercedes hom ag en McLaren behoort dieselfde te doen.

Maar daar’s ook ’n stertjie wat met bemarkingsregte te make het.

As Mercedes-jaer kan die Hamilton-beeld nóg nouer met die Benz-ster verstrengel word. McLaren mag Merc se kragbronne gebruik, reg genoeg. Maar vir hoe lank nog?

En so gepraat: In 2014 verander die sport se enjinformule en as fabriekspan sal Mercedes F1 groter insae en insigte in die enjinontwerp kry. As ingenieur het Ross Brawn hom al telkemale bewys, terwyl hy die afgelope twee jaar ’n uiters sterk groep mense om hom vergader het.

Mercedes F1 staan bes moontlik op die drumpel van ’n goue era – en dis die tweede teorie vir Hamilton se getalm: Hy beskou Mercedes as ’n wenspan van die toekoms en het dus klaar vir hulle geteken, maar hy wil dit so lank moontlik geheim hou sodat McLaren hom so lank moontlik sy volle steun in die jaagtog na vanjaar se wêreldtitel gee.

Daar’s wel ook tekens dat Hamilton al ’n tydjie gelede besluit het om na Merc te verkas. Net nou die dag nog het hy die McLaren-telemetrie van ’n kwalifiseringsrondte te Spa getwiet. Dis hoogs geheime inligting wat aan die wêreld, insluitende sy baanvyande, geopenbaar is. Dit doen jy nie as jy beplan om jou kontrak met ’n span te hernu nie. Hamilton het ook redelik stroef ná sy oorwinning te Monza gelyk, iets wat as ’n verdere teken gelees is – hoewel Die Hamer intussen die dood van ’n tante as rede vir sy somber gemoed aangevoer het.

In elk geval is daar nog heelwat bespiegeling, veral wat Mercedes en Ferrari betref.

Gaan Schumacher volgende jaar nog jaag en indien wel, vir wie?

Want as Hamilton na Benz verhuis, sal dit Schumacher wees wat plek moet maak – behalwe as Rosberg op sy beurt na McLaren oorstap.

En wat van Massa by Ferrari?

Wil die Pronkende Perd hom vir nog ’n jaar vertroetel totdat Vettel – volgens hardnekkige gerugte – in 2014 ’n rooi oorpak aantrek? En indien nie Massa nie, wie dan? Want wie sou bereid wees om vir ’n enkele jaar by Maranello diens te doen in die wete dat Vettel hom in 2014 gaan vervang?

Iemand soos Schumacher dalk wat iedergeval teen die einde van 2013 finaal afskeid sal neem? Of iemand wat ’n reputasie wil bou soos Kovaleinen? Dit alles terwyl F1 so ’n komplekse en duur sport is dat Ferrari kwalik kan bekostig om ’n nuweling vir ’n jaar op te lei net om hom weer in die pad te steek – wat Schumacher (en Massa) terug in die prentjie bring.

Intussen het Kimi Räikkönen se bestuur ook met Ferrari gepraat.

En dan’s daar die jonge Sergio Perez, wat met een voet in die Ferrari-vergelyking en met die ander dalk in die McLaren-kamp staan.

’n Groot deel van die sirkus sal weliswaar deur Hamilton se toertjies georkestreer word, maar al weet ons vandag reeds wat Lewis gaan doen, sal daar vir ’n wyle waarskynlik nog onsekerheid oor Schumacher, Massa, Perez, Di Resta en Kovaleinen – en selfs dalk Räikkönen en Hulkenberg – se toekomsplanne heers. Selfs laer af in die orde is jaers soos Senna, Maldonado, Petrov, Glock, Vergne en Ricciardo ook nie veilig nie.

Wat die fokus maar netso wel op vandag se ren kan laat val.

Hamilton in sy vierde sege vanjaar? Of dalk Alonso? Vettel? Button? Webber? Rosberg? Schumacher? Of dalk Räikkönen of Grosjean? Wie weet? Die Red Bull hanteer goed, die Mercedes het fantastiese traksie, die McLaren is ’n goeie pakket ensovoorts.

Een ding is seker: Elke Grand Prix van vandag kan ’n groot skuif in terme van vanjaar se titeluitslag meebring.

Laat die wiele rol!

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 18-24°C High level clouds. Mild. Pta: 12-26°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 10-22°C Sunny. Mild. Bfn: 10-25°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 19-27°C Morning clouds. Mild. PE: 17-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!