Evoque gunsteling in Detroit
2012-01-14 13:39
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Land Rover se Range Rover Evoque is op die Detroit- motorskou as die Noord-Amerikaanse “lorrie van die jaar” vir 2012 aangewys. Die Evoque het mededingers soos BMW se X3 en Honda se CR-V in die stof laat byt. Die beoordeling is deur 50 motorjoernaliste van die VSA en Kanada gedoen en hulle het die “lorries” in ses kategorieë beoordeel: innovasie, hantering, verrigting, veiligheid, bestuurderbevrediging en waarde vir geld. Die Evoque se gebalanseerde kombinasie van weelde en vermoë het die deurslag gegee.