Goeie ontwerp tel ook!

2012-10-13 15:38

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Oukei, hier gaan ons: Die Clio III Yahoo! (en dis deel van sy naam, daai uitroepteken) het ’n paar maande gelede plaaslik as Renault se intreevlakmodel gedebuteer, saam met maters Clio III Yahoo! Plus en Clio III Avantage (sonder ’n “d”) – almal met vyf deure.

Nou, die Yahoo! spog met lugversorging, kruisbeheer, ’n sentrale sluitstelsel, voorste kragvensters, kragspieëls, ’n radio/CD, MP3, Bluetooth, 15”-staalvellings, blah-blah-blah...

Die Yahoo! Plus kry 15”-allooie, voorste misligte, leer op die stuurwiel en ratkierie, ’n angel-lugdraadjie, blah-blah-blah...

En die Avantage spog met sensors vir lugversorging, ruitveërs en kopligte, plus 16”-allooie, TomTom-satnav, iPod- en USB-sokke, blah-blah-blah...

En daar het jy dit, dan nie? Nou verstaan jy die Clio in sy geheel. Hou jy van voorkoms en prys, en enige van vier modelle – saam met die 5-gang-Avantage-outo – is joune vir iets tussen R160 000 en R200 000.

Maar wag: Wat van die Kia Rio, Hyundai i20, ensovoorts?

Boeta, trek daai spesifikasie-brosjure nader dat ons vier dinge kan vergelyk: krag, toerusting, waarborg en prys. En laat die kar met die beste toerusting wen – behalwe as krag onredelik laag is, of prys buitensporig hoog.

Want dís tog hoe gekies word, dan nie? Motors het sitkamers op wiele geword. Al wat kort, is ’n TV, ’n kroegyskassie, ’n vistenk, drie eendjies op die dêsh en dalk ’n binnemuurse braaihoekie.

Party vervaardigers het klaar byvoorbeeld ’n keuse van geure in lugstelsels begin loslaat. In Suid-Afrika is so ’n tjop-en-wors-aromatjie met ’n bietjie pietersielie-en-pap om die buiterante alte gepas, veral saam met ’n Nico Nel-ggggappie. Nico gorrel mos ’n “g” as hy ’n “r” om die nek probeer gggyp, nes Ali Bacher “ghrighet” sê, pleks van “cricket”.

So, sal ek jou dan oor die Clio se verpakking inlig? Is dit belangrik om te weet dié Fransmannetjie se agterkajuit bied nogal lekker knie-, been-, kop- en voetruimte, terwyl dit ook meer as ’n knopiespinnekop gaan kos om die bagasiespasie te vul?

Goed, die Clio kom met oppomp-meghêftas, pleks van ’n propperse spaarwiel. Dit wen aan volume. En ondanks gevare op ons paaie (soos swak bestuurders, dronk drommels, gewapende kapers, glasskerwe, rommel, spykers en bloubaadjies) moet mens ook erken dat die frekwensie van pap bande taamlik laag is. So, pomp kan mens seker maar pomp, as dit moet.

Dit dan verpakking, meneer en mevrou. Nog nooit die term gehoor nie? Wel, gaan kyk ’n bietjie in jou kombuiskaste of jy dinge ’n bietjie slimmer en netjieser kan pak vir prima benutting van beskikbare ruimte. Kanse is jy kan – maar nie beter as Honda nie; hulle’s die meesters van verpakking, nes Alfa aartsverloorders is. Funksie in die Giulietta is byvoorbeeld ’n slaaf van voorkoms.

En ja, die Clio kan dalk – veral met sy platbekpadda-roostertjie (wjot jy wjor kry?) – minder elegant of sexy of sjiek as ’n Polo of Fiesta of C3 wees. Maar hy’s gewis prakties en funksioneel; Renault se vorige hoofontwerper, Patrick le Quément, was ’n denkende kêrel.

Kyk byvoorbeeld hoe laag sny die syvensters se voorste punte na benede. Meer – en dieper – glas waarborg beter sig na buite, maar in die Clio se geval beteken dit ook dat Le Quément (groot) syspieëls waarlik laag kon plaas sodat voorinsittendes, en veral die drywer, se lyn van sig skuins na vore bó-oor die kantspieël kan korrel.

En dis ’n baie belangrike kolletjie van die wêreld rondom jou om raak te sien as jy in ’n bewegende motor sit, veral as jy beplan om te draai.

Daarby is die drywers-omgewing rondom die stuurwiel uiters goed bedink: Sprietpunte – en veral klank- en radiobeheer – wat net mooi ter vinger val; ligte en maklike, maar goed gedefinieerde bewegings vir einste spriete; ’n ruim voetholte met ’n voetrus en ordentlik geplaasde pedale; skuins afwerking vir die afhangkonsole se buiterante sodat voorinsittendes se knieë nie teen pynlik skerp hoeke rus nie; eenvoudige, maklik leesbare instrumente; ’n volledige ritrekenaar (wat jou enjin se olievlak bevestig, elke slag as jy wegtrek); ’n slim afdakkie oor die sentrale inligtingskerm om dit te alle tye leesbaar te hou; en materiaal-inlegte net mooi waar elmboë in die deure moet rus.

Die drywersitplek verstel boonop deur ’n wye spektrum, ook wat hoogte betref, maar ongelukkig is die stuurkolom net kantelverstelbaar. Deursakke is ook te nou en plastieke is hard, indien wel geriffel (op die voorpaneel, maar nie in die deure nie).

En ja, dit kan na ’n vervelige lysie klink, meneer en mevrou. Maar dis die slim sy van Renault-ontwerp wat jy eers mis as jy dit níé het nie; goed soos bande met hoë sywalle.

Ry nou die dag die hersiene Kia Soul. Dis ’n stadswaentjie op 17”-wiele met 45-profiel bande! En laat ek jou vertel: Báie vervaardigers trap in hierdie strik, dat voorkoms voorrang bo funksie geniet; die Soul kan met die ekstra absorpsie van ten minste ’n 55-profielband doen. Maar nou moet hy cool lyk, verstaan?

Die Clio Yahoo! Plus ry op 185/60R15-rubber – en die rit is goed; daai 60-profiel tel!

Goed, daar ís leemtes. Die grootste een word deur ’n meganiese afwesigheid – naamlik die gebrek aan ’n sesde rat – veroorsaak. Dat die Yahoo! net 130 km/h op die oop pad haal as die enjin teen 4 000 r.p.m. in toprat toer, beteken dat ’n sesde gang verbruik én enjingeraas sou kon knip.

Die koppelaarpedaal is ook redelik gespanne en ankerwerk – goed soos dit is – se aanvangsbyt is buitensporig skerp.

Renault sukkel ook steeds met die algoritmes van elektriese kragstuur; die draaislag is amper té lig en maklik, die selfsentrerende teenrotasie van die wiel weer té driftig en sterk. En as jy jou linkerhand op die ratkierie hou en jou regtervoet skielik van die versneller lig, sal jy nog ’n bietjie dryflynskok voel; tipies Renault.

Meganies is Guyancourt-produkte in ieder geval robuust, wat onder meer beteken dat Renaults effens onverfynd is, maar lank hou en goeie, eerlike diens – plus ’n waarborg van 5 jr/150 000 km – lewer.

Tog stel mense blykbaar net in voorkoms, krag, toerusting en prys belang – en deesdae ook verbruik. Die Clio 1.6 se amptelike syfer is 6,7 liter/100 km, wat beteken dat jy op so ’n knertsie minder as 8,0 liter/100 km kan reken, afhangende van hoe jy ry, hoe hard jy versnel, hoeveel stadsverkeer, hoeveel snelweg, blah-blah-blah.

Syfers, syfers, syfers – terwyl ’n groot deel van die Renaultjie se krag in ontwerp en verpakking lê. Clio III ís, per slot van sake, deur Patrick le Quément geskape. Maar dít sien jy nie op spesifikasie-brosjures nie.

* Pryse – Renault Clio III 1.6

Yahoo! – R159 900
Yahoo! Plus – R169 900
Yahoo! Avantage – R189 000
Yahoo! Avantage (outo) – R199 000

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C Sunny. Mild. Pta: 12-24°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 11-19°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.