Haastige skilpadjie

2012-09-09 01:21

Pyse – Fiat 500 Abarth 500 Abarth – R230 000 500 Abarth Esseesse – R267 000

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Jy kon hom ’n besie genoem het, as “besie” nie so sterk aan “kewer” herinner het nie – en ons weet dat daar net een Kewer in die motorwêreld is, en dis Volkswagen s’n.

Noem Fiat se kleine 500 ’n skilpadjie. Dit nou in weerwil van die geskiedenis wat jou in die rigting van die Topolino-konnotasie dwing. Want dáái tyd, sien, ná die Tweede Wêreldoorlog, toe Carlo Abarth sy warm verrigtingspakkette vir klein Italiaanse motors begin ontwikkel het, was Topolino sowel as Cinquecento (wat “500” beteken en op ’n enjingrootte van 500 cc dui) groot name in die volksmond.

En ja, Topolino is Italiaans vir “klein muis”.

Kyk egter nou mooi na die 500. Daar mag dalk iets van ’n muis in hom skuil: die ronde ogies, die sproetsnoet, die chroomstroke wat soos neus­voelers na weerskante van die middelgemonteerde kenteken weglê...

Maar in die groter prentjie tel die plat voorruit en rugkant – wat in motortaal as “vinnige” hoeke bekend staan omdat hulle skuins onder die wind induik of uitvlieg – veel meer tot ’n skilpad se boggelrug op, as tot ’n muis se snoetneus.

So, skilpadjie, dan – as jy bloot van die Fiat 500 praat.

Skroef egter die Abarth-verrigtingspakket op einste Fiat 500 vas, en jy’t allermins met die natuur se stadigste wesentjie op vier bene te doen. Dis eerder ’n geval van haastige hasie wat nou uit die towenaar se hoed verskyn. Die Fiat 500 se 1.4 liter-oondjie ontwikkel byvoorbeeld 74 kW en 131 Nm, wat min of meer die bedryfstandaard vir dié soort enjinkapasiteit is. Die 500 Abarth stoot piek-uitsette na 99 kW en 206 Nm op.

In ’n lyfie van net 10 kg meer as 1.1?ton is dit heelwat woema, genoeg om die 0-100 km/h-lopie na minder as 8 sekondes te knip en topspoed na meer as 200 km/h op te jaag, sonder om ’n petrolvraat van die enjin te maak: In die gekombineerde amptelike verbruiksiklus drink die 500 Abarth minder as 5.5 liter/­100 km, en dít nogal met ’n vyfgang-handratkas; ’n sesde gang sou die verbruiksyfer natuurlik nog verder kon verbeter.

In alledaagse gebruik, met al daai ekstra krag tot jou beskikking – asook die Abarth se lekker keelskoonmaak-grom, amper soos Alfa se vorige geslag onaangejaagde viersilinders, maar sonder die fyn knetter op die buiterante van einste grom – gaan die Abarth heelwat meer as die amptelike syfer suip, dis vir seker. Want hoekom anders sou jy een aanskaf, as jy jouself nie op die pad wou uitleef nie?

Dis punt nommer een: daai ekstra krag. Punt nommer twee is 17”-allooie wat via vet en plat (205/40) Pirelli-rubber op elk van die karretjie se vier hoeke geplant is.
Hier’s dus jou magiese formule: goeie krag (99 kW), wakker woema (’n turbo-aanjaer wat vroeg al wakker skrik, van 2000 toere se kant), bakbeenbalans (’n wiel in elke motorhoek) en stewige vasvat (wye, plat bande).

Al wat nou nog kort, is ’n vinnige aftrap, soos die een wat Mannetjies Roux ’n halwe eeu gelede beroemd gemaak het. (En hoekom, maar hoekom, kan vandag se senters nie systap nie? Logge bulle, hedendaagse nommers 12 en 13; krêshbôl-kragmanne. Ai, die spel het verander; rugby is nou ’n stampkarsport sonder wiele, die een losgemaal ná die ander. Ek het ’n plan vir Heyneke Meyer: Kies drie rofstoeiers as voorry – want deesdae is jou haker ook maar net ’n voorrybul – plus twee slotte; speel Victor en Bakkies tot hulle 50 jaar oud is. Dis vyf uit 15. Uit die orige tien kies jy een Heinrich Brüssow, want daar ís ongelukkig net een Brüssow, en nege Schalk Burgers, solank een van hulle ook kan skop – en siedaar! ’n Wenspan.)

Maar terug na die aftrap. Die Fiat 500 se kort afstand argitektuur is ideaal vir vlytige voetwerk.

Vul die res van die vergelyking met wat jy reeds hierbo het, plus ’n vinnige, direkte stuur, en aitsa! Ratse hantering is jou voorland; die Abarth draai soos ’n laserstraal in.

Goed, die kort asafstand op lae-profieltêkkies (wat uit die aard van die saak min rubber op die sywalle van bande oorlaat om stampe en stote te absorbeer) is inderdaad ’n tweesnydende swaard.

Aan die een kant waarborg dit wakker rigtingveranderinge, maar aan die ander kant beteken dit ook woelige padgedrag op rowwe oppervlakke, veral as die Abarth deur draaie van koers af gebons word – wat kan gebeur as jy waarlik aanstoot.

Die stuur is egter goed belaai – indien met ’n sterk selfsentrerende neiging – terwyl hantering ten opsigte van spoed, invalshoek en lyn aangepas kan word om stuurywer óf stuurtraagheid uit die Abarth los te suiker.

Die karretjie rem soos ’n bul wat vassteek, maar trek beslis nie so reguit soos ’n Alfa as jy in die middel van ’n draai ankers gooi nie.

Eweneens sal die stert na buite trap, selfs as jy net vinnig in ’n draai van die versneller lig.

Nog iets om aan gewoond te raak is die regop sitposisie agter ’n relatiewe groot stuurwiel wat ongelukkig net hoogte-verstelbaar is.

Die bestuurder se voetholte is nie onaardig klein nie, wat plek vir groter pedale as Alfa s’n laat, maar die voet­rus is miniatuur klein en ongemaklik geplaas.

Die ratkierieposisie – op ’n middelkonsole-toring, wat beteken dat die kierie amper op die voorpaneel monteer – is egter puik.

Voorste kopruimte is heel goed, maar agterlangs raak ­dinge beknop.

Die Abarth-kosmetika laat inderdaad die Fiat 500 na ’n skilpadjie op turbokrag lyk. En dis natuurlik presies wat die 500 Abarth is. Want kyk net na
daai agterste lugvlerkie en lugversneller, asook chroompunte wat die uitlaatpype na twee vet bazookas laat lyk. Of die voor-ste lugdam. Of die aluminium­pedale met rubberstoppels. Of die rooi stikwerk op swart sportskottels.

Hy staan in die gees van Carlo, of dan Karl, soos Abarth in Oostenryk gebore is voordat hy Italië as tuiste aangeneem het; die 500 Abarth is ’n wakker rakker, ’n haastige skilpadjie.

Maar luister nou mooi: dis eintlik die Esseesse-weergawe wat jy soek. Met 118 kW tot sy beskikking is hy die wáre towerhasie.

* Pryse
– Fiat 500 Abarth

500 Abarth – R230 000
500 Abarth Esseesse – R267 000

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-24°C Sunny. Mild. Pta: 5-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-18°C Sunny. Mild. Bfn: 2-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-22°C Morning clouds. Mild. PE: 12-26°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!