Hier’s iets aan die kom!

2012-08-19 00:16

Prys Suzuki Kizashi: 2.4 SDLX (sesganghandrat) –?R302 9002.4 SDLX CVT – R317 900

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ons almal ken die karate-houding wat mense inneem as hulle ’n Japannees wil namaak, gevolg deur woorde vol “a’s” en “i’s” en “oe’s” – soos “soeki-jaki” of “Nagasaki”.

Hier’s nog een: Suzuki. Goed, dis ’n ou bekende. Maar wees nou eerlik: die eerste ding waaraan jy dink as jy die naam hoor, is motorfietse.

Nie meer nodig nie. Deesdae kan jy ook maar aan karre dink, en aan meer as net die goedkoop kompakte mini’s en veldbesies waarom Suzuki tot gister en eergister nog aan die motorfront bekend was.

Want kyk, as motorvervaardiger het hierdie Japanse maatskappy ’n algehele gedaanteverwisseling ondergaan, eerstens wat ontwerp en bougehalte betref (kyk maar na die Swift en SX4), maar tweedens ook wat portefeulje betref: die Suzuki Kizashi lig die vervaardiger se visie en posisie tot ’n hele nuwe vlak van mededinging op.
Die Kizashi – wat vroeër vanjaar een van die finaliste in die SA Motor van die Jaar-kompetisie was – staan vierkant in die gesin-en-sake-sedansegment. Dit juis om die Honda Accord, Hyundai Sonata, Mazda6, Volkswagen Passat en Volvo S40 te pak. Die Passat-afgeleide VW CC is sowat R100 000 duurder as die Kizashi; in prys – en ook in konsep – is die CC in ’n heel ander klas. (Maar laat ons net gou herhaal dat die einste CC ’n uitstekende wa is. Hoekom sou mens ’n Audi wil ry as VW waens op hierdie vlak bou?)

Iedergeval, terug na die Kizashi. Hy’s merendeels pragtig, om mee te begin. Daar’s iets van Honda se Acura-weeldemodelle in die stert, asook ’n besliste Alfa-ondertoon wat in die syprofiel en veral die allooiwiele deurskemer. Het Suzuki ’n beter oplossing vir die enjinkap se papperige snoetlyn gevind – en dalk ook ’n skerper kantigheid in die koplig-uitleg – en die Kizashi, klaar aantreklik soos hy is, sou inderdaad ’n pragstuk gewees het, veral met daai twee uitlaatpyp-versierings wat soos futuristiese kanonlope na agter skiet.

Die manier waarop die motor op die pad staan, met wiele wyd geplant en vele bakpanele wat (veral om die wiele) gespierd dy, dui iedergeval op ’n doelgerigtheid, en nie net wat die wa self betref nie. “Kizashi” beteken “iets nuuts wat aan die kom is” in Japannees, en dis duidelik uit dié poging dat die hele Suzuki-maatskappy, en veral die motorgedeelte daarvan, ’n geestesvernuwing ondergaan het.

En hoe. Die Kizashi ding in ’n uiterse taai segment mee, een waar baie mense in ’n posisie is om hulle net daai bietjie te vergryp as dit by geldsake kom. En dan rek hulle – tot die beursie pyn – na ’n Merc, Audi of BMW, terwyl dit maklik sou gewees het om ewe veel krag en meer ruimte en toerusting vir R50 000 tot R80 000 minder te koop.

Soos die Kizashi: 131 kW en 230 Nm uit ’n 2.4 liter-viersilinder is nie baanbrekend nie; die Sonata se 2.4 liter lewer baie dieselfde syfers en is al daarvoor gekritiseer, terwyl die Accord 148 kW en 234 Nm uitskop. Al drie enjins se kragpieke word teen betreklik hoë toere gelewer, maar die Suzuki-bron is dalk net daai fraksie gladder en stiller as selfs die Honda s’n, as jy hulle maksimaal opwen – wat nogal iets sê, want saam met BMW is Honda een van die wêreld se top-enjinbouers.

Die Kizashi-bron kom basies uit die Grand Vitara, maar met ECU-aanpassings en ’n bietjie ekstra afwerking – plus ’n sesde gang in die handratkas – sal jy aangenaam verras wees met die enjin se gewilligheid om glad en maklik tot teen die rooi lyn te toer. Dit onder meer oor tweeling-balanseerstawe, asook veranderlike inlaatklep-tydsberekening, plus ’n maklike handratkas met goeie gang­definisie, al is skuiwe so effe-effe aan die los kant.

Die 0-100 km/h-lopie duur in die omgewing van agt sekondes, terwyl die topspoed by 215 km/h draai.

Meer indrukwekkend as die motor se (gemiddelde) versnelwoema, is kwaai ankers; die Kizashi se remskywe word deur Akebono gelewer, dieselfde ouens wat vir stopkrag in Japan se koeëltreine verantwoordelik is. En dan’s daar KYB-dempers wat, saam met die Suzuki se MacPherson-voorvering en onafhanklike vyfskakel-agtervering vir ’n goeie rit en hantering op ’n absorberende instelling (met lekker dik krulvere) sorg; die Kizashi is rats op sy wiele en rol verbasend min deur draaie, gegewe sy ritgehalte.

Wat heelwat in dié verband help, is die motor se uiters rigiede bak. Bouwerk – sowel wat eweredige en nousluitende paneelgapings as ’n totale afwesigheid van krake en gerammel betref – is hoogs indrukwekkend. Met ’n enkele sprong het Suzuki feitlik tot op Honda-vlakke van bougehalte gevorder.

Al hierdie dinge sorg vir ’n aangename, stabiele rit en goeie hantering in die middelklas-gesin-en-sakemotor-segment. Die stuur is boonop goed belaai, wat alom dus neerkom op ’n wa wat – op sovele vlakke – vertroue inboesem.

Selfs die kajuit se sobere uitleg, met net die nodige versiering om goed geplaasde en maklik beheerbare kontroles daai kleine bietjie pizzêz te gee, help om ’n genoeglike atmosfeer te skep. Harde paneelplastieke vertoon effens rof – dis iets wat nog kan verbeter – maar oor die algemeen is al die nodige daar, en alles agtermekaar; die Kizashi-kajuit leef lekker tussen twee stelle aste wat 2,7 meter se ruimte tussen hulle skep waaraan ’n heel bruikbare 461 liter-kattebak aangehaak word, wat weer spasie vir ’n brandstoftenk van 63 liter laat.

Plaas alles in die konteks van goeie toerusting (indien nie so volledig soos die Sonata s’n nie, maar wel met leer, kruisbeheer, ’n sondak, kragstoele, parkeersensors, ses lugsakke, ABS, EBD, ESP en dies meer) en die Kizashi is dalk die motorwêreld se grootste onlangse verrassing. Nie dat hy splinternuut is nie; in sommige oorsese markte is Suzuki se vlagskip al in laat 2009 bekend gestel, terwyl die Kizashi al vir die beste deel van ’n jaar op onse oewers beskikbaar is.

Hier’s egter die punt: die Suzi opereer op ’n vlak wat ’n lang geskiedenis van motorontwikkeling in die middelklas-sedansegment veronderstel. Maar aikôna: hierdie kar het uit die bloute opgedaag – en voor op die wegspringrooster gaan parkeer.

So, as jy gedink het die Hyundai Sonata – merendeels oor sy uitstekende waarde-vir-geld-proposisie – die laaste woord in die middelsedansegment was, moet jy weer dink. Die Kizashi voel meer solied, want hy is ongetwyfeld daai bietjie beter gebou. Sy enjin is dalk nie die kragtigste nie, maar wel op ’n verfyningsvlak wat Duitse produkte s’n uitdaag. Ruimte is nie soos die Passat s’n nie, maar vir ’n vergelykbare koopprys kry jy meer krag en toerusting. Die balans tussen ritgehalte en hantering is ook bobaas.

En die Suzi vang jou oog op ’n warm manier, nie waar nie?

Inderdaad dan, doen die Kizashi sy aanspraak op “iets nuuts wat aan die kom is” gestand.

Behalwe dít: daai iets nuuts is klaar hier.

Nou dus vir die volgende groot Suzuki, oftewel Kizashi-model, moontlik met ’n sterker enjin, plus die volgende klomp “oe’s” en “aah’s” en “i’s” (soos in “eish, ek sê jou wat”) terwyl jou lyf regmaak om karate te kap!


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-15°C Numerous showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 3-24°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-27°C Sunny. Warm. PE: 10-22°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!