In die gees van Carlo

2012-01-28 13:35

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sophia Loren het al een gery.

So ook die fliekregisseur Visconti.

Ditto vir Marcello Mastroianni en omtrent die meeste van die ander groot Italiaanse silwerdoekname.

Want jip, in die laat-1950’s en vroeë-1960’s was dit feitlik ’n móét om die een of ander tyd in ’n Fiat 500 gesien te word. Óf dít óf op ’n Vespa.

So, die Cinquecento (soos die 500 op Italiaans genoem is; ’n motortjie wat van 1957 tot 1975 gebou is) was een van die Italiaanse ikone, nes die Topolino (1936-1955) voor hom en nes die Abarth-naam, wat aan sovele motors – maar veral klein Fiats – gekoppel is.

Carlo Abarth, sien, is in 1908 in Oostenryk gebore, maar ná die Tweede Wêreldoorlog het hy hom in Italië gaan vestig waar hy gou-gou ’n naam vir verrigtingspakkette ontwikkel het. Bo- aan die lys was warm Fiat 500’s en 600’s. Amerika was volgende op sy gewildheidslys en kort voor lank het Abarth – met sy beroemde skerpioen-teken – op Le Mans, Sebring en die Nürburgring begin wen.

Die 500 is byvoorbeeld van ’n twee- silinder-bambino tot ’n warmpatat ontwikkel wat 150 km/h kon haal.

Nou, ’n bietjie meer as ’n halfeeu sedert die eerste Abarth Cinquecento, herleef die naam in drie sportiewe va- riante: die 500 Abarth, die 500 Abarth esseesse (wat as “es-es” uitgespreek word) en die Abarth 695 Tributo Ferrari.

Die 500 Abarth is in die gees van Carlo se destydse pogings ontwikkel.

Die karretjie word gedryf deur ’n 16-klep-1,4 liter-turbo-oondjie wat 99 kW en 206 Nm via ’n lekker vyfgang-handrat na die voorwiele stuur; ’n sesde rat, terloops, sou veral op die oop pad kon help. Sy topspoed is 205 km/h en die 0-100 km/h-lopie word in 7,9 sekondes afgestamp; ’n tyd wat gedeeltelik aan die Sport-modus se ooraanjaag-funksie te danke is. ’n Gerobotiseerde MTA- of Dualogic MTA-ratkas is ook beskikbaar.

Die Abarth word op kosmetiese vlak deur ’n spesiale agterbuffer, dubbele uitlaatpype, ’n lugvlerkie, ’n groter lugdam voor, spesiale inlate vir die tussenverkoeler en dies meer – insluitende ’n Abarth-skerpioen op die uitlaatpyp – onderskei.

Binne is daar ook heelwat sportiewe tekens, onder meer aluminiumpedale met rubberknoppies en ’n ratkieriekop, asook ’n handremhefboom in leer.

Meganies word die 500 Abarth onderskei deur wringoordra-beheer, wat die binne-voorwiel deur draaie rem om te sorg dat die beskikbare krag na die buitewiel – met meer greep en traksie – gestuur word. TTC (“torque transfer control”) help ook om stuurtraagheid te beperk.

Die res is wat mens van ’n spesiale Fiat sou verwag: van ABS-remme tot hoë veiligheids- en toerustingvlakke.

Die duurste model in die 500 Abarth-reeks is die 695 Tributo Ferrari met ­Fiat se 1.4 Turbo T-Jet-bron, wat 132 kW lewer. Die Tributo is net met ’n MTA (“manual transmission automated”)-kas beskikbaar en dis net hier waar die konsep in die hek duik: Mens verloor hope tyd in MTA-ratwisseling.

Die karretjie mag andersins met Brembo-remskywe, ’n Record Monza-uitlaatpyp en 17?dm.-allooie toegerus wees, maar die stadige en trae ge-outomatiseerde ratkas mors alles op.

Vir meer as ’n halfmiljoen rand kan jy eerder ’n BMW 1M gaan koop as jy na verrigting soek.

Die beste 500 Abarth is dus die middelmodel, genaamd esseesse – of sê maar net es-es. Die opwarmingspakket daag in ’n krat op sodat Abarth-verrigtingsentra dit vir jou op jou 500 of 500c kan vasskroef. En siedaar, skielik skop die 1,4 liter-turbo’tjie 118 kW en 230 Nm uit. In so ’n ligte kleintjie is dit heelwat krag, maar die lekkerste van alles is dat min daarvan deur die vyfgang-handratkas verlore gaan en die ­esseesse hanteer so lekker rats. Dis veral die indraai en greep op 17 dm.-allooie wat beïndruk.

Synde dat jy omtrent 210 km/h op die snelweg kan haal en die 0-100 km/h-lopie in 7,5 sek. (versus die 695 Tributo se 7 sek. en 225 km/h) is die voordele van die ligter esseesse en sy handratkas baie beslis die prysverskil van amper R300 000 werd.

Pryse:

Fiat 500 Abarth: R230 000;
Esseesse:  R267 000;
695 Tributo Ferrari: R550 000

Goedkoopste oopdakplesier

Kort op die hakke van die wakker, klein 500 Abarth het Fiat die goedkoopste oopdakmotortjie in Suid-Afrika bekend gestel: die 500c 1.2 teen R175 000. Die 500c (die “c” staan vir “cabriolet”) dryf uit ’n 1,2 liter-viersilindertjie (51 kW, 102 Nm) wat 6,4 liter/100 km in die stad suip of 4,3 liter/100 km op die oop pad – alles syfers wat bydra om sy CO 2-uitlate tot 119 kg/km te beperk. En raai wat, die outjie spog met sewe – ja, sewe – lugsakke (insluitende een wat die drywer se knieë beskerm). ABS-remme met EBD is ’n gegewe, asook kragstuur, kragvensters, kragspieëls, lugversorging, radio/CD/MP3-klank plus ’n USB-poort, ’n Blue&Me-handvrystelsel (met Bluetooth-tegnologie), stemherkenning, buitetemperatuursensors, beheerknoppe op die stuurwiel, dagryligte, afstandsluit, 15 dm.-allooie en verchroomde deurhandvatsels. Die dubbellaag-sagtekap kan te alle tye op- of afgeslaan word. Versienings is elke 30 000 km; die waarborg geld 3 jaar/100 000 km en die diensplan 5 jaar/90 000 km; en AA Fleetcare-padbystand geld 12 maande.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior .Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 224,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.