Kia se klein Rio bekendgestel
2012-04-28 16:45
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Kort op die hakke van Kia se nuwe Optima in die middelsegment van die motormark is die maatskappy se sedan-weergawe van die Rio, in die kleinmotor-segment, vandeesweek hier bekend gestel.
Die Rio-sedan bied vyf modelle: die 1.2 (teen R5 minder as R142 000), die 1.4 (teen R5 minder as R160 000), die 1.4 outomaties (teen R5 minder as R170 000), die 1.4 TEC (teen R5 minder as R174 000) en die 1.4 TEC outomaties (teen R5 minder as R184 000). Pryse sluit ’n 5 jaar/100 000 km-waarborg in, asook ’n 4 jaar/60 000 km-diensplan plus 3 jaar/onbeperkte kilo’s-padbystanddiens in. Die twee enjins lewer onderskeidelik 65 kW en 120 Nm, en 79 kW en 135 Nm.
MotorRapport lewer volgende week volledig oor die nuwe Rio-sedan verslag, maar intussen net dit: Hy’s baie mooi, die 1.4 liter is lewendig en die modelle is goed toegerus.