Kroon vir 'n Koreaan?

2012-02-04 14:43

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Interessant, is dit nie? Oor die afgelope somervakansie het Motor-Rapport ’n klein 3-silinder-Kia Picanto uit Johannesburg na die Kaap en terug bestuur, asook ’n Hyundai Elantra 1.8 GLS.

Dit alles nou oor dieselfde paaie en roetes, en teen baie dieselfde snelhede – hoewel die Picantotjie waarskynlik ’n bietjie stewiger geboor is, waarby mens ook onmiddellik moet voeg dat hy iedergeval harder met sy klein oondjie sou moes werk net om by ’n Elantra te hou waarvan die enjinkapasiteit amper twee keer groter is: een liter versus 1.8 liter.

Hier’s dan die verbruiksresultate, en dis interessante leesstof: Oor ’n afstand van net-net minder as 3 400 km het die Picantotjie gemiddeld omtrent 7 liter/100 km gesuip en die Elantra so net-net minder as 8 liter/100 km. Laasgenoemde is omtrent 1.5 liter/100 km meer as Hyundai se amptelike verbruiksyfer vir die 1.8 GLS, terwyl die Picanto se ware verbruiksyfer die amptelike een met omtrent 2 liter/100 km oorskrei het – ’n verskil wat mens daaraan kan toeskryf dat die 3-silinder- 1.0 liter-oondjie ekstra hard moes werk om snelhede van 120 - 130 km/h op die oop pad te handhaaf, iets wat die Elantra veel makliker doen.

Vir elke 100 km het die Elantra dus ’n liter petrol meer as die Picanto verbruik – en oor 3 400km Hermanus se kant toe en terug, met ’n bietjie rondry tussendeur, tel dit tot 34 honderde en dus 34 liter op. Teen sowat R10,60 per liter (want die somervakansie was vóór die nuutste belaglike prysverhogings) het die ekstra brandstofkoste presies R360 beloop.

Dis maar min, gemeet teen die voordele van ’n kattebak, ’n veel ruimer kajuit, beter toerusting, baie meer krag en wring (110 kW, 179 Nm versus ........), ’n beter rit en rigtingstabiliteit (laasgenoemde nie net vanweë ’n langer asafstand nie, maar ook vanweë ’n veel beter stuur) plus ’n enjin wat merkbaar makliker, en daarom stiller, op die lang pad werk – nie net omdat hy groter en sterker is nie, maar ook daar die Elantra ’n stil, gladde 4-silinder met ’n 6-gang-handrat bied teenoor die Picanto se effens growwer 3-silinder met ’n 5-gang-handrat, wat beteken dat die Hyundai vinniger teen laer enjintoere kan vorder, wat weer enjingeraas én relatiewe brandstofverbruik bekamp.

Daai laaste rat tel dus op die oop pad, meer as in knoopverkeer.

En laat ons eerlik wees: Dís hoekom mens in die Picanto sou belang stel, as tweede motor wat in die dorp of stad diens doen, terwyl die Elantra maklik as eerste motor ingespan kan word: as gesinswa, sakewa, werk-toe-wa, skooltoe-wa, langpadwa en vakansiewa.

Want kyk, onder daai aangrypende mooi metaalvel skuil ’n enorme groot kattebak. Jy kan hom vól dinge en goeters en koffers pak; Hyundai se volumesyfer is 420 liter.

Die res is ewe prima – hoewel die petroltenk, teen 48,5 liter, ’n entjie kleiner as die segment­standaard van omtrent 55 liter is (soos Golf VI s’n – hoewel mededingende Renaults, Peugeots en Corollas 60 liter hou). Dit beteken ’n reikwydte van omtrent 600 km per tenk vir die Elantra – die maksimum wat oor Desember/Januarie behaal is, was 572 km tussen Beaufort-Wes en Bloemfontein.

En dis genoeg, eerlikwaar, om enige soort strek op die lang pad tussen die Kaap en Johannesburg met gemak te dek, sonder dat jy die heeltyd jou hervulpunte noukeurig moet sit en beplan, soos in die Picantotjie.

Met ’n enkele stop – sê nou maar op Hanover se halfpadmerk – of met ’n enkeltenk van Pretoria na Durban gaan jy ongelukkig nie wegkom nie, terwyl ’n Corolla dit kan doen as jy versigtig ry.

Wat die volgende vraag lewer: Hoeveel keer in jou lewe gaan jy sulke strekke takel? Of hoe dikwels sal jy, in die dorp of stad, ’n ekstra hervulling moet inpas, vergeleke met ’n Corolla of Mégane se verbruikspatroon en -ritme?

En gaan dít jou daarvan weerhou om ’n Elantra aan te skaf?

Want kyk, wat ontwerp betref het Oh Suk-Geun ’n wonderwerk gelewer. Hierdie Elantra lyk of hy ’n R120 000 duurder as sy R220 000 kan kos. Die kajuit is feitlik ewe opwindend en pragtig ontwerp – en dis ergonomies en funksioneel daarby. Standaardtoerusting is ook indrukwekkend. En dan’s daar Hyundai se uitstekende fabriekswaarborg van 5 jaar/150 000 km – die beste in die motorbedryf – om nie van ’n identiese roeswaarborg, asook padbystands­plan te praat nie, plus ’n diensplan van 5 jaar/90?000?km en diensintervalle van 15 000 km.

Tel alles bymekaar en die Elantra lyk na ’n besondere sterk kandidaat vir 2012 se SA Motor van die Jaar-titel, waarvan die beoordeling volgende week plaasvind.

Dít nou as hy Kia se 4-silinder Picanto 1.2 kan klop. Want gemeet aan einste enjin in Hyundai se oulike i10, gaan dáái Picantotjie – ’n Peter Schreyer-ontwerpte 1.2 liter, wat teen R116 000 vir amper die helfte van die Elantra GLS se prys verkoop – gewis ook ’n formidabele aanspraakmaker op die titel wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 224,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.