Land hou duim vas vir ren-wonderwek

2012-01-14 13:39

Suid-Afrika se bobaas-jaer Giniel de Villiers looi sy Toyota Hilux-bakkie op Peru se stofpaaie.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die F1-kommentator Murray Walker was beroemd – of eintlik berug – vir die aantal kere wat hy jaers voortydig met ’n uitstekende vertoning gelukgewens het. Oomblikke ná Murray se lofliedere het die kommentatorsvloek alte dikwels toegeslaan.

Ons wil nou nie ’n Walker op ­Giniel de Villiers en Duncan Vos trek nie, maar tot en met Vrydagoggend se ter perse gaan het Suid-Afrika se twee bulbestuurders uitstekend gevaar, met De Villiers in die algehele derde plek, en Vos tiende. Watwou, en nóg ’n Toyota Hilux-bakkie, soortgelyk aan ons manne s’n, het sesde gelê in die hande van die Argentyn Lucio Alvarez.

Wat ook al oor die laaste drie dae in Peru gebeur het – of gaan gebeur – sal geen afbreuk doen aan wat die Toyota Imperial-span onder tegniese en taktiese leiding van Glyn Hall vermag het nie. Daar is vooraf gesê dat dit feitlik ’n wonderwerk sou wees as De Villiers en navigator Dirk von Zitzewitz of Vos en navigator Rob Howie onder die eerste vyf eindig.

Beland De Villiers-hulle later vandag op die podium, sou mens dit skaars kon glo. Wen De Villiers se voertuig no. 301 – en teen Vrydag was daar nog ’n skaflike kans dat dit moontlik was – sou mens dit as ’n wonderwerk moes beskou; een van die grootste prestasies agter die wiel van ’n renvoertuig in ’n bittere lang tyd. Juis omdat die Toyotas ’n fraksie van die ontwikkelingstyd en -koste geniet het wat gewoonlik aan topvoertuie bestee word.

Kom ons hou dus duim vas vir daai wonderwerk!

* Lees ook hier.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

ERP Developer

JHB - Southern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R240000

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 224,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.